Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koeie en ooie  () 1 stem
Koeie en ooie [boodskap #89075] So, 11 Januarie 2004 21:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
?
--
Annette
Re: Koeie en ooie [boodskap #89076 is 'n antwoord op boodskap #89075] So, 11 Januarie 2004 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
> ?

In Engels is 'n koei die vroulike vorm van bul, en ooi die vroulike
vorm van ram. Werk dit nie ook so in Afrikaans nie?
Ek sou dink mens praat bv. van 'n sprinkbokram en nie 'n springbokbul
nie? Of is ek verkeerd?
En gaan jy nou vra wat bepaal dat die mannetjies van sekere diere
bulle en ander ramme is?
;-)
Re: Koeie en ooie [boodskap #89079 is 'n antwoord op boodskap #89075] So, 11 Januarie 2004 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Jan 2004 23:23:57 +0200, "Annette" wrote:

> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
> ?

Ons sal waarskynlik die antwoord daarop nooit weet nie, Annette. Want
die etimologie van beide woorde is al baie oud en het steeds
verskillend van mekaar gewees. Die oudste stamwoord wat ek gevind het
vir "koei" is oud-indies "gaus" en die oudste stamwoord vir "ooi" was,
eweneens in oud-indies, "avi". Iedere indogermaanse taal, waarvan nog
geskrewe bronne bestaan, het altyd die onderskeid gehad tussen sy eie
woorde vir "koei" en sy eie woorde vir "ooi". Koeie en skape word al
lank deur mense geteel, selfs reeds toe die mense nog nie kon skryf
nie.. Dit beteken dat ons voorouers ook nie die etimologie van daardie
woorde het opgeteken nie. Dis wel duidelik dat die woord "koei" steeds
gebruik het gewees vir 'runderagtige soogdiere' en "ooi" was vir
skaapagtige.
(Onder voorbehoud meegedeel, moes hierdie kommentaar iets te maak hê
met Suidafrikaanse toestande wat my nie bekend is nie. Loes&Patrick
sal sensureer.)

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Koeie en ooie [boodskap #89086 is 'n antwoord op boodskap #89075] Ma, 12 Januarie 2004 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"size matters" - Groot koeie en klein ooie?

Moet nou net nie vra watter hoogte/lengte nie.

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:btseu4$5cp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
> ?
> --
> Annette
>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89088 is 'n antwoord op boodskap #89079] Ma, 12 Januarie 2004 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink jy soek in die verkeerde rigting Norbert - dis baie meer aards as
wat jy dink
--
Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:utg300t0q668hjt1shtn58erbhp5p99f1j@4ax.com...
> On Sun, 11 Jan 2004 23:23:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
>> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
>> ?
>
> Ons sal waarskynlik die antwoord daarop nooit weet nie, Annette. Want
> die etimologie van beide woorde is al baie oud en het steeds
> verskillend van mekaar gewees. Die oudste stamwoord wat ek gevind het
> vir "koei" is oud-indies "gaus" en die oudste stamwoord vir "ooi" was,
> eweneens in oud-indies, "avi". Iedere indogermaanse taal, waarvan nog
> geskrewe bronne bestaan, het altyd die onderskeid gehad tussen sy eie
> woorde vir "koei" en sy eie woorde vir "ooi". Koeie en skape word al
> lank deur mense geteel, selfs reeds toe die mense nog nie kon skryf
> nie.. Dit beteken dat ons voorouers ook nie die etimologie van daardie
> woorde het opgeteken nie. Dis wel duidelik dat die woord "koei" steeds
> gebruik het gewees vir 'runderagtige soogdiere' en "ooi" was vir
> skaapagtige.
> (Onder voorbehoud meegedeel, moes hierdie kommentaar iets te maak hê
> met Suidafrikaanse toestande wat my nie bekend is nie. Loes&Patrick
> sal sensureer.)
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Koeie en ooie [boodskap #89091 is 'n antwoord op boodskap #89075] Ma, 12 Januarie 2004 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek weet is dat die groter diere wel 'n bul en 'n koei is en die kleiner
bokke ram en ooi. Die skeiding kom by die waterbok, ek dink. Daar is die
manlike 'n bul en die vroulike 'n ooi.

"Annette" skryf in boodskap news:btseu4$5cp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
> ?
> --
> Annette
>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89092 is 'n antwoord op boodskap #89075] Ma, 12 Januarie 2004 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bloot taal.....niks met die dier self te doene nie. Hulle noem dan 'n rob
'n bul en 'n koei, maar as jy na die ding reg kyk, dan moet dit eintlik 'n
reun en 'n teef gewees het.

"Annette" skryf in boodskap news:btseu4$5cp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
> ?
> --
> Annette
>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89097 is 'n antwoord op boodskap #89091] Ma, 12 Januarie 2004 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wis julle dat die woord "bul" etimologies gesien dieselfde woord is as
"bal" en "bol"? 'n Bul is dus gewoon 'n koei met balle! :-) En daardie
woord is ook verwant met die Griekse woord "phallos".

Norbert (uit Vlaandere)
(Vir Patrick: jy sou dit dalk kan weet: hang in Suid-Afrika 'n bul sy
balle op dieselfde plek as diè van die bulle in Europa?)

On Mon, 12 Jan 2004 08:51:29 +0200, "Suidwester" wrote:

> Wat ek weet is dat die groter diere wel 'n bul en 'n koei is en die kleiner
> bokke ram en ooi. Die skeiding kom by die waterbok, ek dink. Daar is die
> manlike 'n bul en die vroulike 'n ooi.
> "Annette" wrote in message
> news:btseu4$5cp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
>> elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
>> ?
>> --
>> Annette



>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89098 is 'n antwoord op boodskap #89088] Ma, 12 Januarie 2004 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Jan 2004 07:44:18 +0200, "Annette" wrote:

> Ek dink jy soek in die verkeerde rigting Norbert - dis baie meer aards as
> wat jy dink

Oh? Nou, ek sal jou bydrae waardeer, Annette!

Norbert
Re: Koeie en ooie [boodskap #89099 is 'n antwoord op boodskap #89098] Ma, 12 Januarie 2004 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Uit die kalf/lam se bek:
Iemand wat weet het aan my die inligting verskaf, maar soos jy kan sien is
daar uitsonderings op die reel

Bul en koei is groot van bou, bv Koedoe of Beeste. Die koei het 4
spene.

Ram en ooi is kleiner gebou, bv. Rooibok of Skape. Die ooi het 2
spene.

Daar is gevalle waar uitsonderings voorkom, bv. Njala-bul en ooi.
In die geval is die manlike dier groot gebou en die vroulike dier het
slegs 2 spene. Ook in die geval van `n olifant word daar van haar
as `n koei gepraat vanwee haar grootte, alhoewel sy slegs 2 spene het!

Dus, ter opsomming - die manne wat na vroue verwys as 'n koei, weet nie
waarvan hulle praat nie:))
--
Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:5sj4009uhc756eluc05f0gml3qdd8h0r84@4ax.com...
> On Mon, 12 Jan 2004 07:44:18 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek dink jy soek in die verkeerde rigting Norbert - dis baie meer aards as
>> wat jy dink
>
> Oh? Nou, ek sal jou bydrae waardeer, Annette!
>
> Norbert
Re: Koeie en ooie [boodskap #89106 is 'n antwoord op boodskap #89099] Ma, 12 Januarie 2004 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
So as die man sy vrou 'n koei noem, dan het hy vier hande?

Dis nou die vatterige soort.

Ek hou by my lam.

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bttjsf$nra$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Uit die kalf/lam se bek:
> Iemand wat weet het aan my die inligting verskaf, maar soos jy kan sien is
> daar uitsonderings op die reel
>
> Bul en koei is groot van bou, bv Koedoe of Beeste. Die koei het 4
> spene.
>
> Ram en ooi is kleiner gebou, bv. Rooibok of Skape. Die ooi het 2
> spene.
>
> Daar is gevalle waar uitsonderings voorkom, bv. Njala-bul en ooi.
> In die geval is die manlike dier groot gebou en die vroulike dier het
> slegs 2 spene. Ook in die geval van `n olifant word daar van haar
> as `n koei gepraat vanwee haar grootte, alhoewel sy slegs 2 spene het!
>
> Dus, ter opsomming - die manne wat na vroue verwys as 'n koei, weet nie
> waarvan hulle praat nie:))
> --
> Annette
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:5sj4009uhc756eluc05f0gml3qdd8h0r84@4ax.com...
>> On Mon, 12 Jan 2004 07:44:18 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Ek dink jy soek in die verkeerde rigting Norbert - dis baie meer aards as
>>> wat jy dink
>>
>> Oh? Nou, ek sal jou bydrae waardeer, Annette!
>>
>> Norbert
>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89109 is 'n antwoord op boodskap #89106] Ma, 12 Januarie 2004 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis hoekom so baie jong manne rammetjie uitnek is:))
--
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:bttlqr$p5j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So as die man sy vrou 'n koei noem, dan het hy vier hande?
>
> Dis nou die vatterige soort.
>
> Ek hou by my lam.
>
> :-)
>
> TJ
>
> "Annette" wrote in message
> news:bttjsf$nra$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Uit die kalf/lam se bek:
>> Iemand wat weet het aan my die inligting verskaf, maar soos jy kan sien is
>> daar uitsonderings op die reel
>>
>> Bul en koei is groot van bou, bv Koedoe of Beeste. Die koei het 4
>> spene.
>>
>> Ram en ooi is kleiner gebou, bv. Rooibok of Skape. Die ooi het 2
>> spene.
>>
>> Daar is gevalle waar uitsonderings voorkom, bv. Njala-bul en ooi.
>> In die geval is die manlike dier groot gebou en die vroulike dier het
>> slegs 2 spene. Ook in die geval van `n olifant word daar van haar
>> as `n koei gepraat vanwee haar grootte, alhoewel sy slegs 2 spene het!
>>
>> Dus, ter opsomming - die manne wat na vroue verwys as 'n koei, weet nie
>> waarvan hulle praat nie:))
>> --
>> Annette
>> "Sterrenkijker" wrote in message
>> news:5sj4009uhc756eluc05f0gml3qdd8h0r84@4ax.com...
>>> On Mon, 12 Jan 2004 07:44:18 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Ek dink jy soek in die verkeerde rigting Norbert - dis baie meer aards as
>>>> wat jy dink
>>>
>>> Oh? Nou, ek sal jou bydrae waardeer, Annette!
>>>
>>> Norbert
>>
>
Re: Koeie en ooie [boodskap #89124 is 'n antwoord op boodskap #89099] Ma, 12 Januarie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Jan 2004 09:54:15 +0200, "Annette" wrote:

> Uit die kalf/lam se bek:
> Iemand wat weet het aan my die inligting verskaf, maar soos jy kan sien is
> daar uitsonderings op die reel
>
> Bul en koei is groot van bou, bv Koedoe of Beeste. Die koei het 4
> spene.
>
> Ram en ooi is kleiner gebou, bv. Rooibok of Skape. Die ooi het 2
> spene.
>
> Daar is gevalle waar uitsonderings voorkom, bv. Njala-bul en ooi.
> In die geval is die manlike dier groot gebou en die vroulike dier het
> slegs 2 spene. Ook in die geval van `n olifant word daar van haar
> as `n koei gepraat vanwee haar grootte, alhoewel sy slegs 2 spene het!
>
> Dus, ter opsomming - die manne wat na vroue verwys as 'n koei, weet nie
> waarvan hulle praat nie:))

Ah!!! NOU verstaan ek! En jy is natuurlik die enigste een wat weet hoe
die vurk in die steel steek? Grandioos!!

Norbert
Re: Koeie en ooie [boodskap #89126 is 'n antwoord op boodskap #89124] Ma, 12 Januarie 2004 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die vurk in die hef steek.

Ek is nie grandioos nie, net mini-grandioos:))

--
Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:cv55005ueapliib7qhah39uqjshuqchi0u@4ax.com...
> On Mon, 12 Jan 2004 09:54:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Uit die kalf/lam se bek:
>> Iemand wat weet het aan my die inligting verskaf, maar soos jy kan sien is
>> daar uitsonderings op die reel
>>
>> Bul en koei is groot van bou, bv Koedoe of Beeste. Die koei het 4
>> spene.
>>
>> Ram en ooi is kleiner gebou, bv. Rooibok of Skape. Die ooi het 2
>> spene.
>>
>> Daar is gevalle waar uitsonderings voorkom, bv. Njala-bul en ooi.
>> In die geval is die manlike dier groot gebou en die vroulike dier het
>> slegs 2 spene. Ook in die geval van `n olifant word daar van haar
>> as `n koei gepraat vanwee haar grootte, alhoewel sy slegs 2 spene het!
>>
>> Dus, ter opsomming - die manne wat na vroue verwys as 'n koei, weet nie
>> waarvan hulle praat nie:))
>
> Ah!!! NOU verstaan ek! En jy is natuurlik die enigste een wat weet hoe
> die vurk in die steel steek? Grandioos!!
>
> Norbert
Re: Koeie en ooie [boodskap #89144 is 'n antwoord op boodskap #89126] Ma, 12 Januarie 2004 18:25 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Jan 2004 15:26:08 +0200, "Annette" wrote:

> Die vurk in die hef steek.
>
> Ek is nie grandioos nie, net mini-grandioos:))

Hihihihi!!! :-)

Norbert
Vorige onderwerp: Re: 'McVay Files' published by respectable encyclopaedia
Volgende onderwerp: Engelse goodies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:34:52 MGT 2024