Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks
Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks [boodskap #87828] Ma, 01 Desember 2003 19:19
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks
(Deur Jakkie Basson)

SOOS verwag, het die Hefer-kommissie se ondersoek na
spioenasiebedrywighede van ANC-voormanne wat glo vir die NP tydens die
vorige bedeling inligting verskaf het, op 'n anti-klimaks uitgeloop.
Daardeur is egter daarin geslaag om die aandag doeltreffend af te rek
van Jacob Zuma, adjunk-president se beweerde betrokkenheid by
onreëlmatigheid, korrupsie en selfverryking by die regime se
skandalige wapentransaksie.

Die kommissie se ondersoek het in frustrasie kennis moes neem van Mo
Shaik se biegtery dat hy geen vaste bewyse kon voorlê dat Bulelani
Ngcuka skuldig is aan spioenasie vir die NP nie. Jacob Zuma, Jackie
Selebi, Penuell Maduna en ander leiersfigure van die ANC is nie eers
gevra om te getuig nie, en het Mac & Mo ook nie toegang verkry tot
regeringsokumente om hul saak te staaf nie. Derhalwe bly die wolk van
betrokkenheid by spioenasiebedrywighede deur ANC-leiers om hul eie
leiersfigure hang, al kon niks konkreets bewys word nie.

Daar het egter tydens die verhoor soveel vingers na Zuma gewys dat dit
totaal onverstaanbaar is waarom hy nie geroep is om te getuig nie. Hy
was in die tagtigerjare die hoof van ANC-intelligensie, wat beteken
dat hy oor inligting beskik het waaroor ander nie beskik het nie.
Nogtans is hy nie geroep nie. Alle politieke kommentators is hieroor
dronk geslaan.

Dit het ook duidelik geblyk dat Mo Shaik alles moontlik in werking
gestel het om Jacob Zuma in sy getuienis te beskerm.

Wat ook tydens die verhoor aan die lig gekom het, is hoe diep die ANC
inderdaad onderling verdeeld is, en hoeveel onderstrominge daar is wat
teen mekaar werk. So blyk dit dat daar alreeds in die begin van die
1980's 'n stryd tussen Zuma en Ngcuka bestaan het dat Shaik dit nodig
gevind het om Zuma teen sekere beskuldigings te beskerm. Op daardie
stadium was Zuma hoof van die ANC se intelligensie-afdeling. Shaik
was een van sy belangrikste handlangers wat ondersoek moes instel wie
uit eie geledere vir die NP-regering spioeneer. Sodoende het hy oor
'n lys van 888 name beskik. Dit het as Projek Bybel bekend gestaan.
Hy het tydens die verhoor voor die Hefer-kommissie nog steeds daaroor
beskik. Dit is ook die lys wat hy aan die joernalis, Ranjeni Munusamy
gegee het en wat op berigte in die pers uitgeloop het. Hy is deur
regter Hefer daarop gewys dat dit onwettig is om oor so 'n lys te
beskik, en dat dit in die argief tuishoort. In die lig daarvan het
Shaik onderneem om dit aan die regter instansie te oorhandig.

Die lys name waaroor hy beskik, is onbetroubaar en ongetoets. Dit
bevat hoofsaaklik name van ANC-lede wat onder verdenking verkeer het.
Shaik het toentertyd 'n afskrif daarvan aan Zuma en Joe Nhlanhla
oorhandig.
Laasgenoemde was ook op 'n stadium intelligensiehoof van die ANC.

Shaik het nou erken dat hy moontlik 'n fout kon gemaak het oor
gevolgtrekkings wat hy oor Ngcuka gemaak het. Hy het selfs die land
om verskoning gevra sou hy die land in die skande gesteek het. Dit is
'n erkenning dat hy geen tasbare bewyse teen Ngcuka het nie, maar dat
daar ook nie bewys kan word dat hy nie betrokke was nie. Die saak is
dus terug na waar dit begin het toe regter Hefer en sy kommissie met
die ondersoek begin het.

Maharaj en Shaik kon dus niks bewys nie, maar insae in die
inligtingsbronne waaruit dit bewys kon word, is ook aan hulle geweier.
En boonop is sleutelgetuies, soos ook Zuma, nie gevra om te getuig
nie.

Wat die spioenasieverhoor betref, wil dit al meer na 'n oefening in
futiliteit blyk te wees.
Maar intussen is die aandag afgetrek van Zuma se beweerde
betrokkenheid by korrupsie in die wapenskandaal.

http://www.hnp.org.za/
Vorige onderwerp: Aanslag op Thabo Mbeki se lewe beplan
Volgende onderwerp: Konsert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 09:25:56 MGT 2024