Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aanslag op Thabo Mbeki se lewe beplan
Aanslag op Thabo Mbeki se lewe beplan [boodskap #87827] Ma, 01 Desember 2003 19:17
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
28 November 2003
Aanslag op Thabo Mbeki se lewe beplan

(Deur Jakkie Basson)

DIE onthullings dat Uranin Vladimir D Solomon betrokke sou wees by 'n
beplande aanslag op Thabo Mbeki se lewe, en derhalwe in hegtenis
geneem is, het heelwat vrae oor die onderwêreld na vore gebring. 'n
Verslag oor wat skynbaar beplan is, het in die hande van die media
beland.

Solomon het verskeie skuilname gebruik, onder andere Bheki Jacobs, en
dit is glad nie seker dat dit sy ware identiteit is nie. Een deel van
die ondersoek gaan juis daaroor om vas te stel wie hy inderdaad is.
Solomon is verlede Saterdag gearresteer en word aangehou. Hy het
reeds voor die hof verskyn, en die saak is uitgestel.

In die dokument word aangevoer dat die 2004-verkiesing ontwrig moet
word. Wat dit uiters insiggewend maak, is dat dit glad nie verbind
word met enige regse politieke aktiwiteite nie. Dit is baie
klaarblyklik, soos uit die dokument blyk, geïnisieer uit linkse
kringe.

Die name van die persone wat by die komplot betrokke sou wees, word in
die dokument genoem. Dit mag egter nie bekendgemaak word nie.

Daar is in die beplanning vir die sluipmoord op Mbeki daarvoor
voorsiening gemaak dat, met die aanslag op sy lewe, dit so
bewerkstellig moes word dat regses die skuld daarvoor moes kry. Daar
word spesifiek verwys na die moord op Chris Hani in April 1994 waar
mnre Clive Derby-Lewis en Janus Walus skuldig bevind is aan die moord
en tans lewenslange tronkstraf daarvoor uitdien. In die dokument word
vermeld dat infiltreerders by die regses juis poog om van hulle in te
span om die moord vir hulle te pleeg, sodat die skuld op die regses
gepak kan word, en geen vinger na hulle gewys kan word
nie.

Daar word nie onthul wat die redes is waarom Mbeki uit die weg geruim
moet word nie. Dit is egter bekend dat daar voortdurend 'n magstryd
binne die ANC aan die gang is, soos die afgelope tyd met die gebeure
rondom Jacob Zuma aan die lig gekom het. Dit gaan nie net oor sy
beweerde betrokkenheid by die ANC se skandalige wapentransaksie nie,
maar ook die bewerings oor spioenasie vir die vorige NP-bewind. Zuma
self was in die vroeë 1980's hoof van die ANC se
intelligensie-afdeling. Bowendien hou Mbeki nie daarvan dat
andere te populêr mag word nie. Hy het al van 'n hele aantal
politieke teenstanders ontslae geraak deur hulle na die sakewêreld te
verskuif, soos Cyril Ramaphosa en andere. Dit is noodwendig dat
hierdie optrede nie alle ANC-ondersteuners se goedkeuring sal wegdra
nie.

Daar is pas aangekondig dat Mbeki eerste op die ANC se nominasielys
vir die 2004-verkiesing verskyn met Jacob Zuma in die tweede plek.
Daar het egter veral in die begin gereeld berigte verskyn dat in
sekere provinsies Zuma Mbeki ordentlik uitgestof het. In die PWV is,
sonder om die uitslag bekend te maak, Mbeki se naam outomaties in die
eerste plek geplaas met Zuma tweede. Daarna is die ander kandidate se
name alfabeties geplaas met die gevolg dat niemand weet hoe hulle
gevaar het nie.

Dit dui op ernstige woelinge in ANC-geledere wat glad nie besweer is
nie.
Derhalwe kan die vraag gevra word hoe Jacobs se planne inpas in die
huidige politieke situasie binne die ANC, en die verskillende
magstryde wat tans daar aan die gang is.

As die president se lewe in gevaar is, dan is dit reeds 'n aanduiding
dat die omvang en aard daarvan voorwaar uiters onheilspellend is.
Jacobs voer aan dat twee lede van die presidensiële wag geïdentifiseer
is wat die moord moes pleeg. Sy vliegtuig is ook geteiken as 'n
metode om hom te laat verongeluk. Hy is 24 uur per dag dopgehou om sy
presiese bewegings vas te stel. Daar is ook vermeld dat met
verkiesingstyd wanneer hy baie toesprake in die openbaar hou, hy
maklik uitgehaal kon word. Inligting uit sy dagboek vir die
verkiesing is reeds bekom om vas te stel waar hy wanneer sou wees.
Dit beteken dat daar baie binne-inligting oor hom ingewin sou gewees
het.

Dan is daar ook aangevoer dat van hierdie inligting aan regse groepe
deurgegee is sodat hulle uitgelok kon word om die daad te pleeg, en
die skuld op hulle geplaas sou kon word. Die "Boeremag" word nie as
'n moontlikheid genoem nie, aangesien hulle reeds in aanhouding was,
en hulle saak verhoor word. Alles moes in werking gestel word om te
verhoed dat uitgevind word wie werklik agter die planne sit.

Die doel van die komplot behels verder dat instellings soos die
Skerpioene uitgewis moet word, die ANC-leierskap verdeel moet word,
rassetwis tussen die Xhosas en die Zoeloes aangeblaas word en
Suid-Afrika onregeerbaar gemaak word. Deur die 2004-verkiesing verdag
te maak, moet die legitimiteit van die Mbeki-regime onder verdenking
gebring word.

Voorlopig word Solomon aangekla van sameswering om moord te pleeg en
die vervalsing van dokumentasie, soos ID's, paspoorte, ens

http://www.hnp.org.za/
Vorige onderwerp: Wederkoms
Volgende onderwerp: Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 06:49:13 MGT 2024