Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konsert
Konsert [boodskap #87775] So, 30 November 2003 19:52 na volgende boodskap
Francois  is tans af-lyn  Francois
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek bly in Ierland waar heelwat konserte is. Laasjaar toe U2 en Bono by Slane
Castle opgetree het, is 80,000 kaartjies binne die eerste vier uur verkoop.
Ek doen in my vryetyd sekuriteits werk by sulke konserte.

Die jaar by Slane was daar 90,000 mense. M&M dieselfde. Op altwee dae het
dit gereen laat dit klap, maar mense staan bankvas.

Ierland met 'n populasie van 4mil en SA met 40mil+. Ek dink Bono sal 'n
stadium volmaak met net een of twee liede hier.

NS: Ek geniet die nuusgroep baie. Lekker breinkos hier in die verte.
Re: Konsert [boodskap #87796 is 'n antwoord op boodskap #87775] Ma, 01 Desember 2003 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy dink regtig U2 sal so baie mense trek? Ek glo nie ons het 'n venue wat
100 000 mense kan vat nie, maar behalwe daarvoor moet jy onthou dat swartes
nie van "wit" musiek hou nie. Wat mense blykbaar nie verstaan nie is dat
hier 200 verskillende soorte kulture is, en elkeen het sy eie smaak in
musiek. By Collective Soul en Bon Jovi was daar net witmense, ek het nie een
swarte gesien nie, wat beteken die moontlike gehoor is dadelik af van 40 mil
na 4 mil. Baie ouer Afrikaanse mense hou bv. nie van ouens soos U2 toe nie,
so daar krimp jou moontlike gehoor met nog 'n paar 100 000. Nog so paar 100
000 hou nie van daai tipe musiek nie en op die einde van die dag sit jy met
'n moontlike gehoor van sê 500 000 - versprei oor die land. Van die 500 000
mense in SA wat van U2 hou kan net 200 000 die kaartjies bekostig - weereens
versprei oor die land.
Onstellend genoeg het Sepultura, binne 'n paar uur uitverkoop en hulle moes
ekstra datums by hulle toer voeg.
Ek vermoed egter iemand soos Eminem, sal sommer baie maklik 100 000 of meer
mense op 'n slag kan trek in hierdie land, ek weet net nie waar hulle 'n
konsert van daai grootte sal hou nie.

E

"Francois" skryf in boodskap news:mUryb.2805$nm6.17238@news.indigo.ie...
> Ek bly in Ierland waar heelwat konserte is. Laasjaar toe U2 en Bono by Slane
> Castle opgetree het, is 80,000 kaartjies binne die eerste vier uur verkoop.
> Ek doen in my vryetyd sekuriteits werk by sulke konserte.
>
> Die jaar by Slane was daar 90,000 mense. M&M dieselfde. Op altwee dae het
> dit gereen laat dit klap, maar mense staan bankvas.
>
> Ierland met 'n populasie van 4mil en SA met 40mil+. Ek dink Bono sal 'n
> stadium volmaak met net een of twee liede hier.
>
> NS: Ek geniet die nuusgroep baie. Lekker breinkos hier in die verte.
>
Re: Konsert [boodskap #87804 is 'n antwoord op boodskap #87796] Ma, 01 Desember 2003 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois  is tans af-lyn  Francois
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
Goed gestel Elaine

Lyk vir my ekt al vergeet hoe 'divers' ons SA se kultuur is. Ek onthou toe
Bon Jovi in 1994 in Durban was, was daar maar so 50 000 mense.Die konsert
het redelik baie bloodstelling hier gekry. En net oor kaarjie koste.... Vir
so 'n tipe konsert betaal jy 65euro vir 'n kaartjie. Dan kom mense van
orals. Meer as die helfte van Ierland se populasie bly in Dublin, en van
Engeland tot hier is die vliegkoste deesdae minder as die kaartjie. En dit
word in die buitelug(!) gehou. Perderesiesbaan of soos by Slane Castle. Ek
dink net om daardie hoeveelheid mense in SA te beheer is 'n groter risiko as
wat dit 'n uitdaging is. Dink maar net aan daardie Ellispark sokker ding. En
dan die spul nog vol drank te stop ook.

Ander vraag.... Wat is Pres Mbeki en sy regering se beleid ivm die Zim
probleem. Die programme wat 'n mens hier sien gee die idee dat sy
ondersteuning vir Mugabe sterk is, en dat hy so half die dikkop van die
statebond probeer uitwerk. Dit kan seker nie goeie nuus hou nie.

F
Re: Konsert [boodskap #87805 is 'n antwoord op boodskap #87796] Ma, 01 Desember 2003 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 1 Dec 2003 12:08:48 +0200, "Elaine" wrote:

> Jy dink regtig U2 sal so baie mense trek? Ek glo nie ons het 'n venue wat
> 100 000 mense kan vat nie, maar behalwe daarvoor moet jy onthou dat swartes
> nie van "wit" musiek hou nie. Wat mense blykbaar nie verstaan nie is dat
> hier 200 verskillende soorte kulture is, en elkeen het sy eie smaak in
> musiek. By Collective Soul en Bon Jovi was daar net witmense, ek het nie een
> swarte gesien nie, wat beteken die moontlike gehoor is dadelik af van 40 mil
> na 4 mil. Baie ouer Afrikaanse mense hou bv. nie van ouens soos U2 toe nie,
> so daar krimp jou moontlike gehoor met nog 'n paar 100 000. Nog so paar 100
> 000 hou nie van daai tipe musiek nie en op die einde van die dag sit jy met
> 'n moontlike gehoor van sê 500 000 - versprei oor die land. Van die 500 000
> mense in SA wat van U2 hou kan net 200 000 die kaartjies bekostig - weereens
> versprei oor die land.
> Onstellend genoeg het Sepultura, binne 'n paar uur uitverkoop en hulle moes
> ekstra datums by hulle toer voeg.
> Ek vermoed egter iemand soos Eminem, sal sommer baie maklik 100 000 of meer
> mense op 'n slag kan trek in hierdie land, ek weet net nie waar hulle 'n
> konsert van daai grootte sal hou nie.
>
> E

Hm.., het ons nou al genoeg gegewens om met die spelreëls van die nuwe
wiskunde (versamelingeleer en deurnsedes) uit te reken hoeveel mense
van SA van alle soorte musiek hou?

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Konsert [boodskap #87809 is 'n antwoord op boodskap #87805] Ma, 01 Desember 2003 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nooit!

"Sterrenkijker" wrote:
>
> Hm.., het ons nou al genoeg gegewens om met die spelreëls van die nuwe
> wiskunde (versamelingeleer en deurnsedes) uit te reken hoeveel mense
> van SA van alle soorte musiek hou?
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
Re: Konsert [boodskap #87810 is 'n antwoord op boodskap #87804] Ma, 01 Desember 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jong ek weet nie meer wat maak Mbeki nie - hy's nooit hier nie. Ek weet ons
Rand het sleg gely onder die hele Zim ding. Ek weet hoe voel ons geagte
minister van buitelandse sake oor Zim. Mugabe is haar all time favourite
hero!

Ek dink die Bon Jovi konsert was in 1995 en daar was 25 000 mense - in elk
geval by die een waar ek was :)

E

"Francois" skryf in boodskap news:wIGyb.2853$nm6.17295@news.indigo.ie...
> Goed gestel Elaine
>
> Lyk vir my ekt al vergeet hoe 'divers' ons SA se kultuur is. Ek onthou toe
> Bon Jovi in 1994 in Durban was, was daar maar so 50 000 mense.Die konsert
> het redelik baie bloodstelling hier gekry. En net oor kaarjie koste.... Vir
> so 'n tipe konsert betaal jy 65euro vir 'n kaartjie. Dan kom mense van
> orals. Meer as die helfte van Ierland se populasie bly in Dublin, en van
> Engeland tot hier is die vliegkoste deesdae minder as die kaartjie. En dit
> word in die buitelug(!) gehou. Perderesiesbaan of soos by Slane Castle. Ek
> dink net om daardie hoeveelheid mense in SA te beheer is 'n groter risiko as
> wat dit 'n uitdaging is. Dink maar net aan daardie Ellispark sokker ding. En
> dan die spul nog vol drank te stop ook.
>
> Ander vraag.... Wat is Pres Mbeki en sy regering se beleid ivm die Zim
> probleem. Die programme wat 'n mens hier sien gee die idee dat sy
> ondersteuning vir Mugabe sterk is, en dat hy so half die dikkop van die
> statebond probeer uitwerk. Dit kan seker nie goeie nuus hou nie.
>
> F
>
Re: Konsert [boodskap #87830 is 'n antwoord op boodskap #87805] Ma, 01 Desember 2003 19:55 Na vorige boodskap
Francois  is tans af-lyn  Francois
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
Norbert, ek is van Belgiese afkoms.

Dink jy ek sal 'n 'ancestral-visa' kan kry? Adriaan Francois De Necker Vogel
Vorige onderwerp: Mac & Mo vertoning stuur af op anti-klimaks
Volgende onderwerp: Dra by
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 15:03:16 MGT 2024