Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uitvindings
Uitvindings [boodskap #80817] Di, 22 Julie 2003 12:00 na volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
met die verloop van tyd.
Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
as vanselfsprekend...
Re: Uitvindings [boodskap #80820 is 'n antwoord op boodskap #80817] Di, 22 Julie 2003 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie dankie vir die navraag - ek het my nou so pas slap gelag by:
http://www.howtofailinbusinessbook.com/inventionspage.htm

Ek weet nie of dit als net tong in die kies is nie
Annette

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1d2751$0$255$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
> straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
> mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
> met die verloop van tyd.
> Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
> veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
> vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
> as vanselfsprekend...
>
Re: Uitvindings [boodskap #80828 is 'n antwoord op boodskap #80817] Di, 22 Julie 2003 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens wonder watter persentasie van alle uitvindings vind binne die raamwerk
van maatskappye plaas? As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk, is hulle eiendom.
Seker regverdig ook aangesien dit hulle is wat jou salaris betaal?

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1d2751$0$255$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
> straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
> mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
> met die verloop van tyd.
> Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
> veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
> vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
> as vanselfsprekend...
>
Re: Uitvindings [boodskap #80839 is 'n antwoord op boodskap #80820] Di, 22 Julie 2003 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die Year 3000 countdown clock is absoluut uitstekend!! ;-)

"Annette" skryf in boodskap news:bfj9qr$fbmct$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Baie dankie vir die navraag - ek het my nou so pas slap gelag by:
> http://www.howtofailinbusinessbook.com/inventionspage.htm
>
> Ek weet nie of dit als net tong in die kies is nie
> Annette
>
Re: Uitvindings [boodskap #80840 is 'n antwoord op boodskap #80828] Di, 22 Julie 2003 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
> maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
> ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk,

Wees verseker dat dit jou lus om iets te ontwerp totaal sal blus.
Ek het al sulke kontrakte geteken, maar nie daarna eers probeer om iets te
ontwerp nie.
Re: Uitvindings [boodskap #80845 is 'n antwoord op boodskap #80839] Di, 22 Julie 2003 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat my getiekel het is daardie papierklipregmaker wat 3 per uur herstel en
30 000 USD kos;))
Annette

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1d6b44$0$255$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Ek dink die Year 3000 countdown clock is absoluut uitstekend!! ;-)
>
> "Annette" wrote in message
> news:bfj9qr$fbmct$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Baie dankie vir die navraag - ek het my nou so pas slap gelag by:
>> http://www.howtofailinbusinessbook.com/inventionspage.htm
>>
>> Ek weet nie of dit als net tong in die kies is nie
>> Annette
>>
>
Re: Uitvindings [boodskap #80847 is 'n antwoord op boodskap #80840] Di, 22 Julie 2003 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jul 2003 14:38:56 -0400, "Glücklich" wrote:

>> As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
>> maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
>> ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk,
>
> Wees verseker dat dit jou lus om iets te ontwerp totaal sal blus.
> Ek het al sulke kontrakte geteken, maar nie daarna eers probeer om iets te
> ontwerp nie.
>
>

Ek het vir Anglo American GM & Co ltd 'n patent ontwerp.
'n Patent wat eerstens die myngroep honderde duisende rande spaar
op een dag, en tweedens die ambagsmanne en werkers in veel veiliger en
skoner toestande laat werk. Voorts verkort dit 'n spesifieke werk met
sowat drie ure.
Enkele dae later groot gedoe met my foto in 'n koerant, afgeneem
terwyl 'n tjek aan my oorhandig word. Dae later moes ek teken dat
ek besef dat dit hulle eiendom is, omdat ek daardie jare vir die groep
gewerk het. Die tjek wat ek ontvang het, was nie 'n tiende van wat
ek sou gekry het, indien ek dit buite gepanteer het.

Speedy
Re: Uitvindings [boodskap #80852 is 'n antwoord op boodskap #80817] Di, 22 Julie 2003 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
.
> Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
> straat se lewe revolusionêr verander het?

Volgens 'n kenner was die grootste ding wat in die laaste
eeue die mens se lewe totaal revolusioner verander het, die
gebruik van sout en soutoplossings in die mediese praktyk.
Dis eers toe die mens besef dat sout baie kieme doodmaak,
en dit wyd versprei in hospitale gebruik is, dat die sterftesyfer
aan baie siektes drasties afgeneem het. Ek het vir 'n ruk in
'n hospitaal gewerk, en kan daarvan getuig dat, onder die
menige vloeistowwe wat hulle in so 'n hospitaal gebruik, HCL
verreweg die meeste gebruik word.
Daarmee saamgaande is natuurlik die was van hande.
Dit is wat die onlangse SARS epidemie vir ons geleer het. Die
eerste ding wat hulle jou gedwing het om te doen as jy by die
hospitaal en klinieke instap, is om 'n solusie op jou hand te
spuit en jou te vra om jou hande dan te vryf sodat dit jou
hande kan ontsmet.

Gloudina
Re: Uitvindings [boodskap #80864 is 'n antwoord op boodskap #80847] Wo, 23 Julie 2003 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
te kry. Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
nie verkoop nie!

"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:bl8rhvkt7ap0ahfoovnld8dq7b3kbee8in@4ax.com...
> On Tue, 22 Jul 2003 14:38:56 -0400, "Glücklich" wrote:
>
>>> As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
>>> maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
>>> ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk,
>>
>> Wees verseker dat dit jou lus om iets te ontwerp totaal sal blus.
>> Ek het al sulke kontrakte geteken, maar nie daarna eers probeer om iets te
>> ontwerp nie.
>>
>
> Ek het vir Anglo American GM & Co ltd 'n patent ontwerp.
> 'n Patent wat eerstens die myngroep honderde duisende rande spaar
> op een dag, en tweedens die ambagsmanne en werkers in veel veiliger en
> skoner toestande laat werk. Voorts verkort dit 'n spesifieke werk met
> sowat drie ure.
> Enkele dae later groot gedoe met my foto in 'n koerant, afgeneem
> terwyl 'n tjek aan my oorhandig word. Dae later moes ek teken dat
> ek besef dat dit hulle eiendom is, omdat ek daardie jare vir die groep
> gewerk het. Die tjek wat ek ontvang het, was nie 'n tiende van wat
> ek sou gekry het, indien ek dit buite gepanteer het.
>
>
> Speedy
>
Re: Uitvindings [boodskap #80872 is 'n antwoord op boodskap #80852] Wo, 23 Julie 2003 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Daarmee saamgaande is natuurlik die was van hande.
> Dit is wat die onlangse SARS epidemie vir ons geleer het. Die
> eerste ding wat hulle jou gedwing het om te doen as jy by die
> hospitaal en klinieke instap, is om 'n solusie op jou hand te
> spuit en jou te vra om jou hande dan te vryf sodat dit jou
> hande kan ontsmet.
>
> Gloudina

Ek was 3 weke gelede in Taipei vir besigheid en dit was ongelooflik om te
sien tot watter uiterstes hulle gaan om die epidemie te bekamp. Elke
publieke gebou waar jy instap, word jy deur 'n sekuriteitswag met 'n
elektroniese tempartuurmeter 'ge-scan' voor jy toegelaat word om in te gaan.
By my hotel was ek elke keer gevra om eers my hande te ontsmet en is dan
'ge-scan'. Selfs al was ek net gou oor die straat na die 7-11 toe... asof ek
SARS in 'n kwessie van 5 minute sal optel.. ;-)
Nietemin, dit het my meer gerusgestel as wat dit my geirriteer het en die
proses gaan so vinnig dat dit nie regtig 'n mors van tyd was nie.
Re: Uitvindings [boodskap #80890 is 'n antwoord op boodskap #80852] Wo, 23 Julie 2003 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - "om 'n solusie op jou hand te spuit"?
My mediese kennis is maar beperk - ons leke praat van 'n oplossing...
"@rogers.com" wrote in message
news:dSjTa.7436$vz%.6610@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Jottie" wrote in message
> .
>> Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
>> straat se lewe revolusionêr verander het?
>
>
> Volgens 'n kenner was die grootste ding wat in die laaste
> eeue die mens se lewe totaal revolusioner verander het, die
> gebruik van sout en soutoplossings in die mediese praktyk.
> Dis eers toe die mens besef dat sout baie kieme doodmaak,
> en dit wyd versprei in hospitale gebruik is, dat die sterftesyfer
> aan baie siektes drasties afgeneem het. Ek het vir 'n ruk in
> 'n hospitaal gewerk, en kan daarvan getuig dat, onder die
> menige vloeistowwe wat hulle in so 'n hospitaal gebruik, HCL
> verreweg die meeste gebruik word.
> Daarmee saamgaande is natuurlik die was van hande.
> Dit is wat die onlangse SARS epidemie vir ons geleer het. Die
> eerste ding wat hulle jou gedwing het om te doen as jy by die
> hospitaal en klinieke instap, is om 'n solusie op jou hand te
> spuit en jou te vra om jou hande dan te vryf sodat dit jou
> hande kan ontsmet.
>
> Gloudina
>
Re: Uitvindings [boodskap #80900 is 'n antwoord op boodskap #80864] Wo, 23 Julie 2003 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jul 2003 08:14:48 +0100, "Suidwester" wrote:

> Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
> ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
> aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
> omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
> te kry.

Toegegee, maar dit sou ook geld vir die man wat, soos almal, sy klere
oor 'n boomtak gehang het, en toe 'n klerehanger ontwerp het. En die
man wat in die stalle gekyk het hoe koeie gemelk word, en toe 'n
melkmasjien ontwerp het. Net soos hulle, was die Wright broers ook
in die betrokke werksomgewing toe hulle di eeerste motoraangedrewe
vliegtuig ontwerp het. Alle uitvinders (of ten minste die oorgrote
meerderheid) ontwikkel tog 'n nuwe patent uit dit wat vir hulle 'n
bekende veld is.

> Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
> werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
> ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
> as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
> deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
> die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
> mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
> as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
> nie verkoop nie!

> Meeste ontwerpers kan nie verkoop nie!
sê jy. Die geluk wat aan my kant was,
is dat eerstens het ek Anglo American se geld agter my gehad,
en tweedens was dit in 'n veld waar ek in beheer was, terwyl dit
derdens 'n uiters noodsaaklike produk is.

Somtyds dink mens dat die veld vir ontwerpers wyer was
in die ruwer dae, toe daar (meer goed was?) om uit te vind.
Inderwaarheid is die veld baie meer ruim nou, in 'n meer
ontwikkelde tyd. 'n Tyd waarin die yskas wel al ontwerp is,
maar elektronika bring te weeg dat 'n yskas nou ontwerp
kan word om sy inhoud te tel, en verslag te lewer. Nie
werklik vergesog nie.
Saterdag stap ek deur Game en kyk na 'n reeks huis alarms
wat teen 'n plafon geheg word, en skinder as iemand onder dit
deurloop. (Miskien het die ou wat destyds die deurklokkie gemnaak het,
gedink, dit is dit.)

Speedy
Re: Uitvindings [boodskap #80903 is 'n antwoord op boodskap #80872] Wo, 23 Julie 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message

> Ek was 3 weke gelede in Taipei vir besigheid en dit was ongelooflik om te
> sien tot watter uiterstes hulle gaan om die epidemie te bekamp.
> Nietemin, dit het my meer gerusgestel as wat dit my geirriteer het en die
> proses gaan so vinnig dat dit nie regtig 'n mors van tyd was nie.

Ja, of die hande was nou eintlik vir jou kan verhoed van SARS kry,
is nog 'n vraag wat my gedurig gehinder het. Die mense wat SARS
gekry het, het dit hoofsaaklik gekry deur in aanraking te kom met
iemand wat baie siek was daarmee. En jy hoef nie lank met daardie
persoon in aanraking te gekom het nie. Die eerste vlaag van SARS
in Toronto is gebring deur 'n ou Sjinese vroutjie wat blykbaar net
in 'n hysbak met 'n baie siek dokter uit Sjina ( wat SARS pasiente
behandel het) vir 'n paar minute was. Toe sy terug is in Toronto
is sy dood in haar huis, en dis haar seun wat na die hospitaal gekom
gekom het en toe baie mense besmet het voor hy ook dood is in
die hospitaal. Die eerste paar dae het hulle gedink hy is siek aan
tuberkulose en het dus sekere voorbehoedmaatreels getref, maar
dit was nie genoeg teen SARS nie. Hulle het later uitgevind dat
verpleegsters en dokters " moonsuits" moes dra, anders word
hulle nog aangesteek.
Tot dusver is daar nou al twee verpleegsters dood aan
SARS en een verpleegster en dokter is glo ook op pad om te
sterwe. Dit val die longe aan op 'n manier waarop gewone
longontsteking nie werk nie.
Gelukkig het SARS nooit buite Toronto posgevat nie.
Maar dit was ekonomies 'n absolute tragedie. Die toeriste-bedryf
is geknak en dit sal seker jare neem voordat alles weer vergeet
is.

Gloudina
Re: Uitvindings [boodskap #80920 is 'n antwoord op boodskap #80900] Do, 24 Julie 2003 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou oor die groter deel maar verskil net oor die werker wat
vir 'n maatskappy werk. Dit is mos maar so al asof die werker 'n stuk
gereedskap is wat die maatskappy besit? Ek self het 'n paar patente
geregistreer en ek kan jou verseker dat die meeste nuwe idees sneuwel agv
gebrekkige bemarkingvaardighede. Ook natuurlik realiteite, soos
vervaardigingsprosesse van bestaande goete wat reeds die mark besit en wat
hulle net teen groot koste kan verander, ens.

"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:ablthvsrhhjcshj28tn26ohnd8nigi7le6@4ax.com...
> On Wed, 23 Jul 2003 08:14:48 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
>> ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
>> aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
>> omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
>> te kry.
>
> Toegegee, maar dit sou ook geld vir die man wat, soos almal, sy klere
> oor 'n boomtak gehang het, en toe 'n klerehanger ontwerp het. En die
> man wat in die stalle gekyk het hoe koeie gemelk word, en toe 'n
> melkmasjien ontwerp het. Net soos hulle, was die Wright broers ook
> in die betrokke werksomgewing toe hulle di eeerste motoraangedrewe
> vliegtuig ontwerp het. Alle uitvinders (of ten minste die oorgrote
> meerderheid) ontwikkel tog 'n nuwe patent uit dit wat vir hulle 'n
> bekende veld is.
>
>> Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
>> werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
>> ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
>> as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
>> deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
>> die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
>> mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
>> as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
>> nie verkoop nie!
>
>> Meeste ontwerpers kan nie verkoop nie!
> sê jy. Die geluk wat aan my kant was,
> is dat eerstens het ek Anglo American se geld agter my gehad,
> en tweedens was dit in 'n veld waar ek in beheer was, terwyl dit
> derdens 'n uiters noodsaaklike produk is.
>
>
> Somtyds dink mens dat die veld vir ontwerpers wyer was
> in die ruwer dae, toe daar (meer goed was?) om uit te vind.
> Inderwaarheid is die veld baie meer ruim nou, in 'n meer
> ontwikkelde tyd. 'n Tyd waarin die yskas wel al ontwerp is,
> maar elektronika bring te weeg dat 'n yskas nou ontwerp
> kan word om sy inhoud te tel, en verslag te lewer. Nie
> werklik vergesog nie.
> Saterdag stap ek deur Game en kyk na 'n reeks huis alarms
> wat teen 'n plafon geheg word, en skinder as iemand onder dit
> deurloop. (Miskien het die ou wat destyds die deurklokkie gemnaak het,
> gedink, dit is dit.)
>
> Speedy
>
Re: Uitvindings [boodskap #80931 is 'n antwoord op boodskap #80845] Do, 24 Julie 2003 12:52 Na vorige boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink net goed goed 'n verkoopsman moet wees om hierdie soort ding te
verkoop?

> Wat my getiekel het is daardie papierklipregmaker wat 3 per uur herstel en
> 30 000 USD kos;))
> Annette
Vorige onderwerp: Hier is ek ook
Volgende onderwerp: 'n Stille Trots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 05:50:18 MGT 2024