Ou mode terug [boodskap #79906] |
Tue, 01 July 2003 04:36  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die halssnoer metode om geregtigheid te laat geskied is terug.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Doodstraf [boodskap #80170 is 'n antwoord op boodskap #80159] |
Sun, 06 July 2003 18:07   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> Katryn, watter state het nie die doodstraf nie?
Net so vinnige antwoord tussendeur...:-)
Ek kon nie al die state onthou nie, maar 'n vinnige Google soektog
lewer die volgende skakel:
http://www.prodeathpenalty.com/unitedstates.htm#ks
Daarvolgens is dit Alaska, D.C, Hawaii, Iowa, Maine, Massachusetts,
Michigan, Minnesota, North Dakota, Rhode Island, Vermont, West
Virginia en Wisconsin.
Maar dinge verander gereeld, en as daar nuwe goewerneurs ingestem
word, mag die state ook hulle beleid verander. Dalk was die skakel
wat ek gegee het oud of watookal. Sal later meer detail opsoek. Maar
dit is darem 'n beginpunt? :-)
> Ek glo nie enigiemand glo werklik die doodstraf is 'n afskrikmiddel nie.
Nee, volgens wat ek al hier en op ander Afrikaanse groepe gelees het,
glo sommige van die mense in SA (en elders ook) werklik nog dat dit
dien as 'n afskrikmiddel. Baie het dit in presies daardie woorde ook
gesê. Hulle glo dit.
> Mense se maar net dit is om nie die morele moeras te betree dat dit maar net
> wraak is nie.
Goeie punt. Hier in die VSA is dit nogsteeds 'n geweldige
kontroversiële issue - ook natuurlik polities gedryf.
> Dit was nog altyd die VSA se swak punt as dit by menseregte
> kom, veral die "teregstelling" van kinders en die mentally disabled (ek het
> 'n woordeboek bestel, okay?:-)))
Nou hoe gaan ek en die ander nou voel as jy al die woorde ken en in
perfekte Afrikaans en spelling hier kom skryf? Al ooit DAARAAN
gedink??
Oor die swak menseregte in die VSA - ja, dis waarom hier so baie
kontroversie oor die saak is. Dit is ook nie party gebonde nie. Dus
is daar Dems wat vir die doodstraf en daarteen is, en so ook Repugs.
Ek noem maar net die 2 hoofpartye - daar is darem ander politieke
partye ook, maar hulle is nie juis belangrik nie. :-))
|
|
|
Re: Doodstraf [boodskap #80172 is 'n antwoord op boodskap #80170] |
Sun, 06 July 2003 18:23   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:9coggv4gmrqpb9blf0lr9f2d330imio4vi@4ax.com...
>
> Net so vinnige antwoord tussendeur...:-)
> Ek kon nie al die state onthou nie, maar 'n vinnige Google soektog
> lewer die volgende skakel:
> http://www.prodeathpenalty.com/unitedstates.htm#ks
>
> Daarvolgens is dit Alaska, D.C, Hawaii, Iowa, Maine, Massachusetts,
> Michigan, Minnesota, North Dakota, Rhode Island, Vermont, West
> Virginia en Wisconsin.
Dankie (en ook vir die skakel)! Ek het nie besef daar is so baie state wat
nie die doodstraf het nie.
Lorinda
|
|
|
|
|
Re: Ou mode terug [boodskap #80283 is 'n antwoord op boodskap #80146] |
Tue, 08 July 2003 11:28  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moet sê ek stem saam met jou, ongelukkig sien jy mos die mense praat van
statistieke het 'bewys' dat die doodstraf niemand afskrik nie. Nou weet ek
nou nie hoe hulle dit bewys nie, maar ek was darem al in 'n situasie van
lewe en dood as soldaat en glo my vry, ek moet nog een mens vind wat besig
is om droog te maak en jy druk 'n wapen in sy gesig en vertel hom saggies hy
moet nou stop met sy nonsens, en hy doen dit nie! 99,9% van alle mense
keer vir sy lewe en as 'n misdadiger weet hy gaan sy lewe verloor as hy
voortgaan, en hy doen dit steeds, is hy in elk geval so ver heen dat jy hom
nie sal kan rehabiliteer nie. Tot watter nut dien hy die land se
gemeenskap as hy sy lewe lank in 'n tronk slyt? Dit kos net die land 'n
moerse lot geld.
"Glücklich" skryf in boodskap news:G3UNa.4951$VU3.4735@fe02.atl2.webusenet.com...
> Dankie tog ek woon in 'n land waar die doodstraf 'n opsie is. Mense se
> lewens is meer werd hier!
>
|
|
|