Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Namibiese Plase
Namibiese Plase [boodskap #80278] Di, 08 Julie 2003 09:18
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant die naweek in die pers was die storie van 'n joernalis wat
besluit het om op die ingewing van die oomblik 'n gebied te gaan deurry en
self ondervind wat op plase aangaan. Werklik aangaan sonder dat mense
fronte voorhou as hulle weet die pers is in hulle omgewing. Die pad wat hy
gekies het was in die oostelike gebied op die pad tussen Keetmanshoop en
Ko�s [spreek uit kois]. Om 'n lang storie kort te maak, baie van die plase
op die pad is reeds deur die regering uitgekoop [voor en na onafhanklikheid]
en voorheen benadeelde mense is daarop hervestig. 'n Gemiddelde plaas daar
is so ongeveer 6 000 hektaar groot en daarop word so 5 of 6 families
gevestig wat aan elkeen so ongeveer 1 200 hektaar gee. Logies sal mens nou
dink dat elke man op sy plasie gaan bly en voorspoed in die oë kyk?
Wat in die werklikheid gebeur, is dat die regering [beide toe en nou]
gee die mense 5 jaar voor die afbetalings vir die grond begin. 'n Soort
van 'n kans om op die been te kom. Soortgelyk aan wat vroeër jare in
verlate areas gegee is aan boere wat hulle daar wou waag. Die realiteit is
egter dat dit ontsettend moeilik is om in ons droë land te boer. Wat dié
hervestigde mense gedoen het, was om almal by dieselfde veepos waar 'n
waterinstallasie is, saam te koek, elkeen met sy honderd of so boerbokke.
Pak die waterinstallasie op, kan hulle dit nie bekostig om dit te herstel
nie want uit so 'n paar bokke maak jy nie geld nie, jy bestaan net, dan trek
die hele lot van hulle na die volgende pos waar die water nog reg is. So
werk hulle al die poste deur in daai 5 jaar voor die betalings begin. Dan
verhuur hulle die plaas aan 'n kommersiële boer [let wel nie noodwendig 'n
blanke nie!] wat dan net die paaiment van die grond betaal aan die regering
vir die huur en hulle produseer 'n magdom vee vir die SA mark en word
skatryk. Die hervestigdes bly of werk vir die boer of gaan plak by 'n
dorp........PRESIES waar hulle vandag is!
Wat is eintlik bereik? Hulle het 'n produktiewe boer vervang met 'n
klomp mense wat g'n benul het van boerdery nie en vir 5 jaar was daai grond
onproduktief. Uiteindelik is die grond weer terug in blanke [hoofsaaklik]
hande.
Raar, maar waar!
Vorige onderwerp: Geen kommentaar verlang - Dink net hieroor
Volgende onderwerp: Ou mode terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 00:19:30 MGT 2024