Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » jy gee die troll kos elaine
jy gee die troll kos elaine [boodskap #78532] |
Fri, 30 May 2003 07:20  |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
elaine een ding wat jy nou maar kan weet is dat daar geen hope in hell
is dat jy met sekere mense op die ng kan redineer nie. ek verwys nou
natuurlik na `n spesifieke expat met die waslap naam. sy/hy/dit het
nog geen konstruktiewe bydrae gelewer tot die ng. spelling en
persoonlikheids ontledings tel nie in my boek nie. trolling is the
name of the game.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78548 is 'n antwoord op boodskap #78545] |
Fri, 30 May 2003 13:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ag jy's reg, maar soms is ek in die bui vir 'n lekker fight, en die expat is
> so maklike target
En jy besef natuurlik nie in die proses
dat jy die "target" is nie. Hoe maklik
dit is om jou oorvereenvoudigde opinies
van alles en nog wat te ontbloot. Hoe
maklik dit is om jou onhandige gebruik
van twee tale in SA te ontbloot. Terloops,
ken jy Frans? In my dae op Stellenbosch
moes mens Frans 1 hê om Engels as hoofvak
te neem, soos jy aangedui het jy by UNISA
gaan doen.
Tant Hessie van La Dauphine
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78551 is 'n antwoord op boodskap #78549] |
Fri, 30 May 2003 14:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Wragtie nê? Ons leef deesdae in 'n verligte eeu, die omies by die varsity
> het besluit Engels en Frans is twee verskillende tale, maar hulle verkies
> dat jy Afrikaans ook neem (as tweede taal), hoewel dit opsioneel is.
Elaine, ek probeer dit nou al solank vir
jou subtiel aan die verstand bring dat mens
dit "nè" spel, maar jy wil nie byt nie.
Tant Hessie van Komaas.
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78552 is 'n antwoord op boodskap #78549] |
Fri, 30 May 2003 14:06   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
maar hulle verkies
> dat jy Afrikaans ook neem (as tweede taal), hoewel dit opsioneel is.
Ek staan verstom Hulle beveel aan dat jy
Afrikaans as tweede taal neem by UNISA,
as jy Engels as hoofvak wil neem? Het
hulle dit letterlik vir jou gesê, dat
"hulle dit aanbeveel"?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78570 is 'n antwoord op boodskap #78562] |
Fri, 30 May 2003 16:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Jong ek weet nie, dan het al my Afrikaanse onderwysers dagga gerook, want
> dis hoe ek geleer is hoe om nê te spel. Ek's nooit daaroor aangespreek of
> verkeed bewys deur een van my onderwysers nie.
Nee, ek twyfel of jou Afrikaanse onderwysers
vir jou so geleer het. Jy verdraai alweer die
waarheid omdat dit jou pas. Net soos met die
stories wat jy en mense soos jy oor "Manto"
versprei.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78587 is 'n antwoord op boodskap #78551] |
Fri, 30 May 2003 18:36   |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 30 May 2003 14:04:01 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Elaine wrote:
>
>> Wragtie nê?
>
> Elaine, ek probeer dit nou al solank vir
> jou subtiel aan die verstand bring
> Tant Hessie van Komaas.
Subtiel:-))))))))) Die raad is uitgenooi om die leun,
dat bouwer enige takt in haar besit, te bespreek.
Sy, subtiel! Maar as jy die muntstuk omdraai, dan
is dit ook sò dat subtiel as 'lustig' of 'slu' beskryf
kan word.
Ãn, ek wag nog vir jou epos adres, gloudina, sodat
jy 'n foto van rég voor Big Ben kan sien.
Speedy
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78589 is 'n antwoord op boodskap #78584] |
Fri, 30 May 2003 19:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> ek's die verkeerde persoon om uit te kak oor die Manto storie. Ek het 'n
> berig uit M&G aangehaal, gaan loop vreet die joernaliste by M&G uit oor
> hulle "onwaarhede" wat hulle verprei.
Nee, jy ( en eerste Annette) het nie 'n
"berig" uit Mail and Guardian aangehaal
nie, maar 'n stuk uit 'n kolom van 'n
ou wat deur M&G betaal word om tong-in-
die-kies stukke te skryf oor alles en
nog wat. Om so 'n ou "aan te haal" as
of hy die waarheid praat, is nie net
uiters belaglik nie, maar onverantwoorde-
lik. Weet jy nie wat die verskil is
tussen 'n stuk ernstige joernalistiek
en 'n skinderkolom nie?
Ek merk op dat Annette doodstil is
oor Manto en die vroulike besnydenis.
Ek kan haar nog respekteer as sy daarop
dui dat sy 'n fout gemaak het en daarvoor
om verskoning vra. Maar omdat sy dit nie
doen nie, het ek respek vir haar opinies
verloor, en begin besef ek dat sy maar ook
deel van die woer-woer industrie is wat
rassiste in SA gebruik om te probeer om
hulle superioriteit teenoor die "swartnerwe"
te bewys.
Ek dink jou napraat van die hele storie
was sommer uit plein dommigheid en nie oor
enige kwade bedoelings nie. Maar dit is tyd
dat jy grootword. En leer om " nè " reg te spel.
Tant Hessie van Riviersonderend
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78593 is 'n antwoord op boodskap #78587] |
Fri, 30 May 2003 19:36   |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 30 May 2003 20:36:29 +0200, Speedy Conzales
wrote:
> On Fri, 30 May 2003 14:04:01 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Subtiel:-))))))))) Die raad is uitgenooi om die leun,
> dat bouwer enige takt in haar besit, te bespreek.
> Sy, subtiel! Maar as jy die muntstuk omdraai, dan
> is dit ook sò dat subtiel as 'lustig' of 'slu' beskryf
> kan word.
>
> Ãn, ek wag nog vir jou epos adres, gloudina, sodat
> jy 'n foto van rég voor Big Ben kan sien.
>
> Speedy
>
>
'n Voorstel: vervang die woord 'lustig:-))) met 'listig'
want so is dit bedoel. Die enigste lustigheid wat bouwer aan die dag
lê, is om die arme kind in Vereeniging (of is dit Van Der Bijl?) te
boelie.
Speedy
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78597 is 'n antwoord op boodskap #78587] |
Fri, 30 May 2003 20:53   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Speedy Conzales" skryf in boodskap news:8m8fdv85obc3g3e8es4552hsijf1ugppkb@4ax.com...
> On Fri, 30 May 2003 14:04:01 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Elaine wrote:
>>
>>> Wragtie nê?
>
>>
>> Elaine, ek probeer dit nou al solank vir
>> jou subtiel aan die verstand bring
>
>> Tant Hessie van Komaas.
>
> Subtiel:-))))))))) Die raad is uitgenooi om die leun,
> dat bouwer enige takt in haar besit, te bespreek.
> Sy, subtiel! Maar as jy die muntstuk omdraai, dan
> is dit ook sê dat subtiel as 'lustig' of 'slu' beskryf
> kan word.
>
> 'n, ek wag nog vir jou epos adres, gloudina, sodat
> jy 'n foto van rég voor Big Ben kan sien.
>
> Speedy
Ag baie dankie :-) Ons kan dan saam daar staan. Soos in twee goed wat vlieg
met een slag.
Lorinda
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78598 is 'n antwoord op boodskap #78589] |
Fri, 30 May 2003 21:17   |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3ED7ACB3.6030905@rogers.com...
> Ek kan haar nog respekteer as sy daarop
> dui dat sy 'n fout gemaak het en daarvoor
> om verskoning vra. Maar omdat sy dit nie
> doen nie, het ek respek vir haar opinies
> verloor, en begin besef ek dat sy maar ook
> deel van die woer-woer industrie is wat
> rassiste in SA gebruik om te probeer om
> hulle superioriteit teenoor die "swartnerwe"
> te bewys.
> Ek dink jou napraat van die hele storie
> was sommer uit plein dommigheid en nie oor
> enige kwade bedoelings nie. Maar dit is tyd
> dat jy grootword. En leer om " ná " reg te spel.
>
En ek wag vir jou Gloudina. Ek het so 'n bietjie gaan oplees in die argiewe,
omdat jou reaksie op my pos na waansinnigheid gelyk het. Terwyl ek daar lees
kry ek toe amper simpatie vir jou. Amper. Tot iets in al jou pos na my begin
deurdring het; dis 'n klas ding is dit nie? Dis waar die Battersea adres
verwysing ens. vandaan kom. Jy verafsku die wat jy as nie van jou stand
beskou nie. Dit het niks met afrikaner kultuur, of spelling of enigiets
anders te doen nie. Hoe ver terug is die ongelettertheid in jou familie? Een
geslag...... Ander mense verwerk die soort ding. Jy se jy het respek vir jou
pa. Ek wonder. Jou probleem met party mense op die nuusgroep en die
neerhalende manier waarop jy met hulle praat is oor iets heeltemaal anders
as hulle "kultuur" (en dis net een voorbeeld). Wat politiek aanbetref stem
ek en jy saam, waar ons definitief verskil is jou snobisme, en die feit dat
jy swart mense in SA as so ver benede jou sien dat hulle nie op jou class
alarm lui nie. Jy het die gewoonte van almal met jou probleem, jou eie mense
ly die meeste onder jou vooroordele. Ek en jy bly nie meer in SA nie.
Niemand daar het ons politieke "hulp" nodig nie, hulle sal dinge self
uitwerk, of hulle sal trek. Kanada toe, of selfs Battersea. Interessant dat
jy so neerhalend praat van Battersea. Die ou borough of Battersea het 'n
baie trotse gesekiedenis weet jy....... Iets te doen met die klasse stryd.
Lorinda (wat veral oor die MBA storie gelag het, met baie goeie rede).
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78599 is 'n antwoord op boodskap #78598] |
Fri, 30 May 2003 21:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Raj wrote:
Terwyl ek daar lees
> kry ek toe amper simpatie vir jou.
Nou, du plessis, kom laat ek vir jou
leer hoe ek weet dit is jy wat as
Lorinda pos. Daar is honderde
forensiese aanduidings, maar hierdie
is een daarvan. Kyk na bostaande sin.
Jy, du plessis, sit nooit 'n komma
tussen twee werkwoorde wat aan
verskillende frases behoort nie.
As jy nou leer om dit te doen,
sal jy al 'n hele entjie op die pad
loop van nie uitgevang te word nie.
Tant Hessie van Umkomaas.
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78600 is 'n antwoord op boodskap #78598] |
Fri, 30 May 2003 21:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Raj wrote:
Jou probleem met party mense op die nuusgroep en die
> neerhalende manier waarop jy met hulle praat is oor iets heeltemaal anders
> as hulle "kultuur"
Jy is reg. Dit het te doen met oneerlikheid,
en somtyds plein domonnoselheid, wat gevaarlik
is. Die gewetenlose manier waarop sommige
witnerwe skaars-bedekte rassistiese aanvalle
maak op die swartes in SA onder die dekmantel
van kritiek is om van op te gooi. En ons het
gesien waartoe hierdie soort ding in SA kan
lei. So, du plessis, wanneer het jy laas 'n
kaffer se voete gewas?
Tant Hessie van Onseepkans
|
|
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78608 is 'n antwoord op boodskap #78600] |
Fri, 30 May 2003 23:05   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En ek sê weer, die M&G se "satiriese" kolom uitgelaat, Manto is gevaarlik.
Enigiemand wat besluite moet neem oor ons gesondheid, wat eers vertel VIGS
is deur Aliens hier geplant, en toe later vertel HIV en VIGS is nie verwant
nie, is gevaarlik vir ons mense. Weet jy hoeveel mense in SA is besmet deur
HIV? Dis nie snaaks nie Gloudina, en dit neem haar nou al amper 5 jaar om
'n besluit te neem oor die regte plan van aksie om dit te bekamp. Tot
dusver het ons nog net verskonings en stupid idees gesien. Dit alleen is
genoeg om haar te vervang deur iemand wat weet wat hulle doen. Dit het niks
met wit of swart te doen nie, kan jy dit nie insien nie? Of is jy so
verblind deur haat vir jou eie witnerf nasie dat jy heeltemal verstok het?
E
wrote:
>
> Jy is reg. Dit het te doen met oneerlikheid,
> en somtyds plein domonnoselheid, wat gevaarlik
> is. Die gewetenlose manier waarop sommige
> witnerwe skaars-bedekte rassistiese aanvalle
> maak op die swartes in SA onder die dekmantel
> van kritiek is om van op te gooi. En ons het
> gesien waartoe hierdie soort ding in SA kan
> lei. So, du plessis, wanneer het jy laas 'n
> kaffer se voete gewas?
>
> Tant Hessie van Onseepkans
>
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78614 is 'n antwoord op boodskap #78606] |
Sat, 31 May 2003 01:49   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> O. Ek sit ook nooit 'n komma tussen twee werkwoorde nie. Hierdie is 'n
> informele groep, ek dink nie ons hoef so te konsentreer op die korrektheid
> van ons skrywe nie. As ek 'n formele brief skryf sal ek meer "korrek" wees,
> maar aangesien ons hier vinnig tik en skryf let meeste van ons nie op of ons
> presies reg is nie. Kom tog oor dit asb. Dit dra nie by tot die gesprekke
> nie, en is niks minder as 'n irritasie nie.
Vireers, Elaine. Moet nou nie in my en
du plessis se sake inmeng nie. Ons het
'n proses van osmose aan die gang. Hy
probeer my beinvloed en ek probeer
hom beinvloed.
Buitendien, Elaine, wie het nou vir
jou aangestel as arbiter van wat op
hierdie nuusgroep mag gebeur. Elkeen
doen sy eie ding.
Bowendien, Elaine, merk jy op dat jy
altyd besig is om jou handelinge goed
te praat. As jy nie kan spel nie, dan
is dit omdat dit nou nie eintlik nodig
is nie. As jy 'n klomp snert oor Manto
verkondig, dan is dit nou omdat dit nie
eintlik nodig is om altyd die waarheid
te praat nie. Word groot.
Tant Hessie van die Knersvlakte
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78615 is 'n antwoord op boodskap #78608] |
Sat, 31 May 2003 02:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> En ek sê weer, die M&G se "satiriese" kolom uitgelaat, Manto is gevaarlik.
> Enigiemand wat besluite moet neem oor ons gesondheid, wat eers vertel VIGS
> is deur Aliens hier geplant, en toe later vertel HIV en VIGS is nie verwant
> nie, is gevaarlik vir ons mense.
En ek sê weer, dis mense soos jy wat so
dom is dat jy nie eers weet dat die aliens-
storie 'n moedswillige stuk snert is wat
heelwaarskynlik ontstaan het in 'n misverstand
oor wat sekere woorde in Engels beteken nie.
Weet jy geheel en al dat die woord "aliens"
gereeld in die VSA gebruik word vir mense
wat nie die reg het om in die VSA te bly nie?
Nou, julle minister van gesondheid is seker
nie die beste een wat julle kan hê nie. Maar
daar moet 'n rede wees dat iemand soos Thabo
Mbeki haar in daardie posisie hou. ( Hy moet
natuurlik sy ministers kies uit mense wat in
verkiesings 'n setel gewen het, want julle
volg, net soos ons in Kanada, die Westminister
model.) Ek dink Thabo Mbeki hou van haar styl,
en sy het hare op haar tande. Ek sy probeer nie
'n populariteits-wedstryd wen nie. Ek sien nou
juis weer hoe sekere joernaliste haar swartsmeer
omdat sy daarop gestaan het dat daar, by 'n
vergadering van Ministers van Gesondheid uit
Afrika, die minister van gesondheid van Zimbabwe
ook teenwoordig moet wees. Wat verwag hulle? Wat
help dit om oor gesondheid in Afrika te praat,
en jy los Zimbabwe uit?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: jy gee die troll kos elaine [boodskap #78820 is 'n antwoord op boodskap #78817] |
Wed, 04 June 2003 19:18  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Speedy" skryf in boodskap news:4gfsdvog2tcfg433ri8tkolrpvmis2mn0s@4ax.com...
>
>
> Ek was vir 'n rukkie glad nie deel van hierdie groep nie.
> Nou, merk ek dat ek wél verteenwoordig was hier:-)
> Dit is die eerste keer wat ek hierdie skrywe's sien.
> Dankie aan my alter ego's wat sorg dat bouwer
> op haar tone bly:-)
>
> Speedy Conzales
Dis 'n plesier. Jou afwesigheid was duidelik te veel om te verdra, toe word
jy skim skielik oral gesien. Veral in die afwesigheid van kommas.
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:07 UTC 2025
|