Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom Gaye Derby-Lewis?
Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69907] |
Mon, 02 December 2002 15:59  |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bloot omdat sy 'n Derby-Lewis is!Die regering weet nie vir wie hulle jag oor
sekere bommetjies nie...nou probeer hulle 'n 63-jarige "tannie" daaraan
koppel om hulle hekse-jag op andersdenkende Afrikaners legitiem te probeer
maak.Al wat hulle nou bereik het is om daardie andersdenkende Afrikaners
waarby ek myself insluit se
Nasionalisme te laat wakker word.
Dit vat 'n "tante" van Australiese afkoms om ons wakker te maak.
Gabrielle Mavourna Derby-Lewis is 'n vrou wat vir niks
stuit nie.Watookal die liberaliste en kommuniste doen,hierdie land het nie
genoeg tronke om die Afrikaner
se vryheidstrewe te keer of om alle Afrikaners toe te sluit nie. Enige
persoon wat probeer om met Mugabe-styl die
witman se mond aan die Suidpunt van Afrika te snoer sal
bloot die verkeerde ding doen.
Hierdie regering is besig om met vuur te speel.In plaas daarvan om na vrede
te soek waar die Afrikaner deel is van 'n konfederale oplossing...is hulle
besig om te wil oorlog speel teen mense wat vrede nastreef.
Jy soek nie vrede,met 'n konfrontasie-houding nie.
As ons vrede nastreef kom ons soek vreedsame oplossings vir ons land...maar
as daar konfrontasie is,
sien ek swart vir Suid-Afrika!
Soek ons na vrede of soek ons na wind?
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69917 is 'n antwoord op boodskap #69907] |
Mon, 02 December 2002 20:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Paul Van Straaten wrote:
> Bloot omdat sy 'n Derby-Lewis is!Die regering weet nie vir wie hulle jag oor
> sekere bommetjies nie...nou probeer hulle 'n 63-jarige "tannie" daaraan
> koppel om hulle hekse-jag op andersdenkende Afrikaners legitiem te probeer
> maak.Al wat hulle nou bereik het is om daardie andersdenkende Afrikaners
> waarby ek myself insluit se
> Nasionalisme te laat wakker word.
> Dit vat 'n "tante" van Australiese afkoms om ons wakker te maak.
Ek is jammer vir jou as jou helde en
heldinne Derby-Lewisse en Fred Rundles
en Ada Parkers en dié soort snare is.
Want ek kan jou verseker dat die money
trail reg uit Noord-Amerika se white
racists na sulke mense toe loop. Hulle
was slim genoeg om agter te kom dat mens
kan GELD MAAK uit Afrikaners se rassisme
op te sweep. En more fool you.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69924 is 'n antwoord op boodskap #69919] |
Mon, 02 December 2002 22:32   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Dis hoe dit in ons land werk. 'n Kleiner die oortreding hoe groter die
> straf :-)
Ek dink Mevrou Derby-Lewis moet by haar
man en daardie Pool in die tronk gestop
gewees het. Ek dink sy moes in die lig
van haar vorige dade gestraf gewees het.
Sy is nie 'n gewone burger wat 'n klein
oortreding begaan het nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69948 is 'n antwoord op boodskap #69936] |
Tue, 03 December 2002 13:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Die hele storie klink vir my na 'n geval van 'give a dog a bad name'
> en 'n moerse aanval van 'ham-handedness' van die polisie se kant af.
> Asseblief tog, ek is geen Derby-Lewis fan nie (selfs Eugene de Kock
> beskuldig sulke mense van geestesversteurdheid of so-iets) maar ek
> voel sterk daaroor dat die polisie nie meer deesdae Gestapo-tipe
> taktiek moet gebruik nie. En moet nou asseblief nie weer hieroor na
> die verlede verwys nie. Dis lankal verby.
Soos dinge werk, kan ek jou verseker dat
Gaye Derby-Lewis deeglik by die oorspronklike
Hani-moord se beplanning in die prent was.
As een deel van 'n egpaar ontwettige dinge
beplan, selfs beplan om moord te help pleeg,
dan kan jy verseker wees dat sy eggenoot óf
dit baie intens sal teenstaan, of sy sal as
mede-pligtige dit aanmoedig. Gaye Derby-Lewis
moes ook oorspronklik in die tronk gesit gewees
het. Waar sou jy "voortvlugtende" "boeremagte"
gaan soek het? Ek dink jy maak 'n fout om nou
vir Gaye Derby-Lewis te probeer opkom. Sy was
'n nie-Afrikaner wat gehelp het om die Afrikaner
se naam deur haar agterent te sleep.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69952 is 'n antwoord op boodskap #69928] |
Tue, 03 December 2002 14:32   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
Die polisie het haar nie kans gegee om haar lisensie te soek nie -
hier is 'n storie - haar ID boekie was glo soek - maar almal weet tog
dat die nuwe vuurwapenlisensies is nie in die ID boeke nie - so daar
is seker nog 'n storie daar.
Wouter
My vuurwapenlisensies is in my (nuwe tipe) ID-boek en nêrens
anders nie, hoor. As jou bewering reg is, is dit minstens nog nie
volledig geïmplementeer nie, ek was onlangs by 'n bestorwe
boedel of twee betrokke waar die wapenlisensies ook in die
ID-boeke was en niemand het dit bevraagteken nie. Dit word
duidelik nog as geldig aanvaar.
Annette
Daar was glo ou voorlaaiers teen die muur waarvoor daar
nie lisensies was nie.
Wouter
Ek sê nie dis reg nie, maar volgens Die Burger van vandag
was al vyf vuurwapens gelisensieerd, ook die drie antieke
gewere wat permanent uitgestal is. Die polisie het op al vyf
beslag gelê.
Annette
Kyk - as ek bekend is as 'n regse, en my man sit in die
tronk as medepligtige tot 'n politieke moord, dan maak ek
dood seker dat ek oor alle dokumente beskik re vuurwapens,
en dat ek in die eerste plek sorg dat ek weet waar my ID boek
is te alle tye.- maak nie saak hoe sieklik ek is nie.
Die polisie het verkeerd opgetree. Maar as sy praat van 'n
lisensie in 'n ID boek, dan het sy ook oortree.
Walter
Ek is nie so seker van jou laaste opmerking nie, dis hoogstens
'n tegniese oortreding.
Sy sê ook sy is sedert 1993 by geen politiek of regse organisasie
betrokke nie, Annette. Dit klink meer vir my of sy met haar hoër
profiel as 'n voorbeeld gebruik word om linkse anties te paai.
Ek het geen simpatie met Hani se moordenaars nie, ek wens
hulle kon die doodstraf gekry het. Ek het vir Hani ontmoet en
ek dink hy was nie die monster wat dele van die media destyds
van hom probeer maak het nie, hy was eerder een van SA se
groot seuns. 'n Kommunis, ja. Maar een wat vir die land en vir
versoening baie kon beteken het, dis jammer dat hy moes sterf
voor hy sy ware kleure kon wys.
Maar ek kan nie onthou dat mev Derby-Lewis ooit met
daardie moord verbind is nie en om haar na al die jare daaroor
te "harass" is plein onnosel, dit jaag al die regses (ook 'n paar
meer gematigdes) op 'n knop en gee vir dié wat mal genoeg is
om bomme te plant nuwe motivering.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69960 is 'n antwoord op boodskap #69952] |
Tue, 03 December 2002 14:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem saam Wouter - die polisie het verkeerd opgetree. teenoor haar -
veral om nie 'n lasbrief te hê nie, en haar nie kans te gun om haar ID boek
te soek of om die seun se wapen te bevestig nie.
Ek sal bietjie uitvind van die vuurwapenstorie - of daar 'n
oorskakelingstydperk by betrokke is - want almal wat lisensies gehad het
moet mos weer heraansoek doen, en die kaarttipe lisensie word uitgereik -
net soos die nuwe bestuurslisensie
Annette
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3decc0df.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Die polisie het haar nie kans gegee om haar lisensie te soek nie -
> hier is 'n storie - haar ID boekie was glo soek - maar almal weet tog
> dat die nuwe vuurwapenlisensies is nie in die ID boeke nie - so daar
> is seker nog 'n storie daar.
>
> Wouter
> My vuurwapenlisensies is in my (nuwe tipe) ID-boek en nêrens
> anders nie, hoor. As jou bewering reg is, is dit minstens nog nie
> volledig geïmplementeer nie, ek was onlangs by 'n bestorwe
> boedel of twee betrokke waar die wapenlisensies ook in die
> ID-boeke was en niemand het dit bevraagteken nie. Dit word
> duidelik nog as geldig aanvaar.
>
> Annette
> Daar was glo ou voorlaaiers teen die muur waarvoor daar
> nie lisensies was nie.
>
> Wouter
> Ek sê nie dis reg nie, maar volgens Die Burger van vandag
> was al vyf vuurwapens gelisensieerd, ook die drie antieke
> gewere wat permanent uitgestal is. Die polisie het op al vyf
> beslag gelê.
>
> Annette
> Kyk - as ek bekend is as 'n regse, en my man sit in die
> tronk as medepligtige tot 'n politieke moord, dan maak ek
> dood seker dat ek oor alle dokumente beskik re vuurwapens,
> en dat ek in die eerste plek sorg dat ek weet waar my ID boek
> is te alle tye.- maak nie saak hoe sieklik ek is nie.
> Die polisie het verkeerd opgetree. Maar as sy praat van 'n
> lisensie in 'n ID boek, dan het sy ook oortree.
>
> Walter
> Ek is nie so seker van jou laaste opmerking nie, dis hoogstens
> 'n tegniese oortreding.
>
> Sy sê ook sy is sedert 1993 by geen politiek of regse organisasie
> betrokke nie, Annette. Dit klink meer vir my of sy met haar hoër
> profiel as 'n voorbeeld gebruik word om linkse anties te paai.
>
> Ek het geen simpatie met Hani se moordenaars nie, ek wens
> hulle kon die doodstraf gekry het. Ek het vir Hani ontmoet en
> ek dink hy was nie die monster wat dele van die media destyds
> van hom probeer maak het nie, hy was eerder een van SA se
> groot seuns. 'n Kommunis, ja. Maar een wat vir die land en vir
> versoening baie kon beteken het, dis jammer dat hy moes sterf
> voor hy sy ware kleure kon wys.
>
> Maar ek kan nie onthou dat mev Derby-Lewis ooit met
> daardie moord verbind is nie en om haar na al die jare daaroor
> te "harass" is plein onnosel, dit jaag al die regses (ook 'n paar
> meer gematigdes) op 'n knop en gee vir dié wat mal genoeg is
> om bomme te plant nuwe motivering.
>
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69962 is 'n antwoord op boodskap #69928] |
Tue, 03 December 2002 14:53   |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anette,
Jy hoef nie bekend te wees as 'n regse of 'n linkse nie.
Met die Grondwet soos hy deur die mense in beheer geskryf is, moet sekere
voorskrifte gevolg word.Ongeag
hoe ek jou tipeer of jy my tipeer!
Ons almal het mos die reg soos beskryf in die grondwet
"dat ons gelyk is voor die reg".Ons het die reg om op sekere dinge aanspraak
te maak.As dit nie deur diegene wat daardie wette toepas nagekom word
nie...wat dan?
Is ons besig om te verval in die soort "piesang-republiek"
soos in Zims?
As enige persoon wat hierdie onregverdigheid en vernedring teen
mevDerby-Lewis goedgekeur het,en dit is hoog op in die regering,dan is ek
vas oortuig dat ons oppad is na 'n tweede Zims!
"Annette" skryf in boodskap news:ashei8$ra0n8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Righto - meer inligting is nou bekend.
> 1) Daar was geen lasbiref om na wapens te soek nie
> 2) Die polisie sou glo vir mense soek wat wegkruip
> 3) Die polisie het haar nie kans gegee om haar lisensie te soek nie - her is
> 'n storie - haar ID boekie was glo soek - maar almal weet tog dat die nuwe
> vuurwapenlisensies is nie in die ID boeke nie - so daar is seker nog 'n
> storie daar.
> 4) Die polisie het nie haar seun gekontak nie - haar prokureur het glo- en
> daardie saak oor sy waoens en sy lisensies is uitgeklaar.
> 5) Daar was glo ou voorlaaiers teen die muur waarvoor daar nie lisensies was
> nie.
>
> Kyk - as ek bekend is as 'n regse, en my man sit in die tronk as
> medepligtige tot 'n politieke moord, dan maak ek dood seker dat ek oor alle
> dokumente beskik re vuurwapens, en dat ek in die eerste plek sorg dat ek
> weet waar my ID boek is te alle tye.- maak nie saak hoe sieklik ek is nie.
> Die polisie het verkeerd opgetree.
> Maar as sy praat van 'n lisensie in 'n ID boek, dan het sy ook oortree.
>
> Annette
>
>
>
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:asg0p4$d2l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Bloot omdat sy 'n Derby-Lewis is!Die regering weet nie vir wie hulle jag
> oor
>> sekere bommetjies nie...nou probeer hulle 'n 63-jarige "tannie" daaraan
>> koppel om hulle hekse-jag op andersdenkende Afrikaners legitiem te probeer
>> maak.Al wat hulle nou bereik het is om daardie andersdenkende Afrikaners
>> waarby ek myself insluit se
>> Nasionalisme te laat wakker word.
>> Dit vat 'n "tante" van Australiese afkoms om ons wakker te maak.
>> Gabrielle Mavourna Derby-Lewis is 'n vrou wat vir niks
>> stuit nie.Watookal die liberaliste en kommuniste doen,hierdie land het nie
>> genoeg tronke om die Afrikaner
>> se vryheidstrewe te keer of om alle Afrikaners toe te sluit nie. Enige
>> persoon wat probeer om met Mugabe-styl die
>> witman se mond aan die Suidpunt van Afrika te snoer sal
>> bloot die verkeerde ding doen.
>> Hierdie regering is besig om met vuur te speel.In plaas daarvan om na
> vrede
>> te soek waar die Afrikaner deel is van 'n konfederale oplossing...is hulle
>> besig om te wil oorlog speel teen mense wat vrede nastreef.
>> Jy soek nie vrede,met 'n konfrontasie-houding nie.
>> As ons vrede nastreef kom ons soek vreedsame oplossings vir ons
> land...maar
>> as daar konfrontasie is,
>> sien ek swart vir Suid-Afrika!
>> Soek ons na vrede of soek ons na wind?
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69982 is 'n antwoord op boodskap #69962] |
Tue, 03 December 2002 20:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Paul Van Straaten wrote:
> Ons almal het mos die reg soos beskryf in die grondwet
> "dat ons gelyk is voor die reg".Ons het die reg om op sekere dinge aanspraak
> te maak.As dit nie deur diegene wat daardie wette toepas nagekom word
> nie...wat dan?
> Is ons besig om te verval in die soort "piesang-republiek"
> soos in Zims?
Ag, du Plessis, hou op met jou gekwetter
oor Zimbabwe. Jy met jou skynheiligheid,
wat elke kans vat om jou vinger te skud
na die "piesangrepubliek" van Zimbabwe.
Hoekom praat jy nie van die "biltong-
republiek" met sy tien keer meer misdrywe
wat jy en jou makkers in SA in stand gehou
het vir dekades en dekades nie. Jy weet,
dis hierdie soort skynheiligheid wat mens
mislik maak. Ek kan nog iemand respekteer
wat soos 'n man argumenteer, maar hierdie
soort argumente wat agter die rokpante van
"ons konstitusie" sit en gif spoeg, is net
een te veel. En heldersiende Afrikaners,
binne en buite SA, sien dwarsdeur julle.
GLoudina
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69983 is 'n antwoord op boodskap #69975] |
Tue, 03 December 2002 20:46   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ek het mos gesê dit maak nie saak of sy skuldig is of nie. En sy's nie
> aangekla van moord nie, maar van "besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen." Nou vra ek jou weer. Sien julle nie
> 'n wanbalans hier nie? R3000 vir 'n ongelisensieerde vuurwapen en R300 vir
> "medepligtigheid tot moord"?
Enigiemand wat dink dat Gaye Derby-Lewis
oorspronklik vrygespreek is omdat hulle
niks teen haar gehad het nie, is naief.
Mevrou Derby-Lewis, net soos Winnie Mandela,
is aanvanklik vrygespreek omdat die regstelsel,
in die emosioneel-gelaaide atmosfeer van die
vroeë negentigerjare, nie die boot wou skud
meer as wat dit al geskud was met die moord
van Hani en sulke dinge nie. Winnie Mandela
word nou nog nie in Kanada ingelaat nie, omdat
sy 'n kriminele rekord het. Ek wonder of hulle
Mevrou Derby-Lewis hier moet inlaat. Ek kry
koue rillings as ek dink Kanada sal toelaat dat
'n vrou, wat koelbloedig bygesit het dat haar
man en 'n Poolse immigrant sit en konkel hoe
om 'n rasse-oorlog in SA te begin, hier in my
land toegelaat sou word. 'n Joernalis in SA het
vir my vertel dat hy, toe hy hoor van Chris
Hani se dood, begin besef het dat hy en sy
gesin nog voor die einde van daardie dag almal
dood sou kon wees. Hy kon net nie dink dat die
swart mense nie net grootskaals jag op witmense
sou begin maak nie. Maar danksy Retha Harmse en
die mirakel van ubuntu, het die slagting toe nie
gekom nie. Ek dink Afrikaners moet dié mirakel,
saam met die mirakel van Bloedrivier, vier asof
hulle lewens daarvan afhang. En ophou om vir
Gaye Derby-Lewis goed te praat.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #69992 is 'n antwoord op boodskap #69985] |
Wed, 04 December 2002 02:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
Die feit dat sy betrokke
> was by Hani se dood al dan nie is nie ter sprake hier nie. Ek ken die vrou
> nie eers nie, so ek's baie meer objektief as wat die meeste van julle is.
> Totdat sy toegesluit is het ek nie eers geweet daar bestaan so iemand soos
> Gaye Derby-Lewis nie.
Hierdie soort gepraat, waar jy jouself verklaar
as "baie meer objektief," net omdat jy eintlik
onkundig was oor wie Gaye Derby-Lewis is, is
nie alleen naief nie, maar hooghartig en selfs
gevaarlik. Net omdat jy in 'n waas gelewe het
en nie geweet het wat om jou aangaan agt jaar
gelede nie, maak nie nou van jou 'n ekspert nie.
En jy weet duidelik nie wat in die wêreld aangaan
nie. Daar is Frans-Quebecers wat in hulle afwesig-
heid as aandadig van verraad teen die staat verklaar
is, wat die land uit gevlug het, en nou na al die
jare terugkom om hulle tronkstraf uit te dien, sodat
hulle weer wettig in Kanada kan kom bly. Oorspronklik
het hulle gepleit dat hulle dade regverdig was en dat
hulle nie "skuldig" aan enigiets was toe hulle bomme
geplant en mense ontvoer het nie. Enigiemand wat
moord en doodslag en bommeplant beplan, is in 'n kategorie
by hulself. Gaye Derby-Lewis behoort in die vroue-
afdeling van 'n SA tronk te sit. Dat sy nie daar is,
is een van die belaglikhede van die afgelope dekade.
Sy was duidelik 'n medepligtige.
Ek hoop jy weet wie Chris Hani was. Die baie beroemde
Franse filosoof Derrida het spesiaal oor Chris Hani en
die
manier van die sterfte van Chris Hani as kultuurgoed
geskryf.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70007 is 'n antwoord op boodskap #69948] |
Wed, 04 December 2002 06:23   |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
> Soos dinge werk, kan ek jou verseker dat
> Gaye Derby-Lewis deeglik by die oorspronklike
> Hani-moord se beplanning in die prent was.
> As een deel van 'n egpaar ontwettige dinge
> beplan, selfs beplan om moord te help pleeg,
> dan kan jy verseker wees dat sy eggenoot óf
> dit baie intens sal teenstaan, of sy sal as
> mede-pligtige dit aanmoedig.
Lank gelede het jy hier op die ng genoem dat alles wat jou man sê vir
jou gospel is. Gun dit maar vir ander ook.
> Waar sou jy "voortvlugtende" "boeremagte"
> gaan soek het?
Dink jy werklik die polisie het boeremagte daar gaan soek? As dit wel
so was sou dit baie dom van hulle gewees het om teen ses uur die
oggend 'n voordeur oop te skop!
> Ek dink jy maak 'n fout om nou
> vir Gaye Derby-Lewis te probeer opkom.
Ek kom nie vir haar op nie. Ek het dit teen die polisie se manier van
optrede. Good grief, vyftien poliesmanne om 'n vrou van 63 te gaan
aankeer? En dan skop hulle ses uur die oggend haar deur oop?
> Sy was 'n nie-Afrikaner wat gehelp het om die Afrikaner
> se naam deur haar agterent te sleep.
Met die llaste stukkie hierbo stem ek saam, maar jy het geen reg om
daar oorkant te sit en enige Suid-Afrikaner, al is hy of sy nou wel
tweedehands, aan te kla, te verhoor, skuldig te vind en te vonnis nie.
Drom
|
|
|
Re: Hoekom Gaye Derby-Lewis? [boodskap #70012 is 'n antwoord op boodskap #70007] |
Wed, 04 December 2002 06:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit is al bewys dat die meeste internetgebruikers hulle ware karakters ten
toon stel in hierdie medium.
Dus, liewe Drom, dit is hoe en wat die aantie is, en ons kan ongelukkig niks
daaraan doen om van haar 'n beter mens te maak nie:.
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0212032223.49d8e294@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>>
>> Soos dinge werk, kan ek jou verseker dat
>> Gaye Derby-Lewis deeglik by die oorspronklike
>> Hani-moord se beplanning in die prent was.
>> As een deel van 'n egpaar ontwettige dinge
>> beplan, selfs beplan om moord te help pleeg,
>> dan kan jy verseker wees dat sy eggenoot óf
>> dit baie intens sal teenstaan, of sy sal as
>> mede-pligtige dit aanmoedig.
>
> Lank gelede het jy hier op die ng genoem dat alles wat jou man sê vir
> jou gospel is. Gun dit maar vir ander ook.
>
>
>> Waar sou jy "voortvlugtende" "boeremagte"
>> gaan soek het?
>
> Dink jy werklik die polisie het boeremagte daar gaan soek? As dit wel
> so was sou dit baie dom van hulle gewees het om teen ses uur die
> oggend 'n voordeur oop te skop!
>> Ek dink jy maak 'n fout om nou
>> vir Gaye Derby-Lewis te probeer opkom.
>
> Ek kom nie vir haar op nie. Ek het dit teen die polisie se manier van
> optrede. Good grief, vyftien poliesmanne om 'n vrou van 63 te gaan
> aankeer? En dan skop hulle ses uur die oggend haar deur oop?
>
>> Sy was 'n nie-Afrikaner wat gehelp het om die Afrikaner
>> se naam deur haar agterent te sleep.
>
> Met die llaste stukkie hierbo stem ek saam, maar jy het geen reg om
> daar oorkant te sit en enige Suid-Afrikaner, al is hy of sy nou wel
> tweedehands, aan te kla, te verhoor, skuldig te vind en te vonnis nie.
>
> Drom
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:14:11 UTC 2025
|