Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die lakei is ontmasker
Re: Die lakei is ontmasker [boodskap #69311] Ma, 25 November 2002 02:55 na volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Nov 2002 13:03:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ferdi
> ..die reaksie van een van jou kamerade in die Groep op die brief.
> Die reaksie is gepubliseer in Beeld.
>
> Wouter
> Ek het reeds gesê ek stem nie saam met G63 se brief nie, Ferdi.
> Hierdie verdere poging tot disinformasie gaan dus nie af nie.

En ek het mos al vir jou gese ek werk nie vir die veiligheidsdienste
of sulke mense nie, maar steeds gaan jy voort met die insinuerende
manier van antwoord. Ek bewys jou maar net dieselfde komplement.
Antwoord my op wat ek se en nie op die modder wat jy na my gooi nie,
en ek sal dieselfde met jou doen.


> Daar is nie een sin in die brief hier onder wat naastenby met jou
> saamstem soos wat jy beweer het nie, Ferdi. Jy het gesê G63
> het die bomme "halfhartig verwerp". Niemand anders hier onder
> sê dit nie, dis net nog disinformasie van jou kant af.
> Is dit vrywillig of word jy voorgesê?

Sien? Die laaste sin.

So:
Jou lees van die brief is 'n vreemde een. Werk jy volgens 'n deel van
die Groep van 63 se program van skade-beheer of lees jy maar net
selektief?

Kyk na die volgende:

Marais skryf:

1daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
2. [/color]
>
> -------G63-lede kritiseer óók brief aan Mbeki---------
>
> Die Groep van 63 se brief aan pres. Thabo Mbeki oor die verregse
> bomplanters en die vermoedelike gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners het reeds baie negatiewe reaksie ontlok.
> Dat lede van die groep ook krities is oor die brief en hulle selfs
> daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
> My siening as lid van die Groep van 63 is dat die brief inderdaad
> misbruik kan word as 'n apologie vir die gebruik van geweld, hoewel
> dit na alle waarskynlikheid nie so bedoel was nie.
> Terselfdertyd het die brief die gevoel van vervreemding onder
> Afrikaners ongenuanseerd gestel en word 'n eng en uitgediende siening
> van Afrikaners en Afrikaanssprekendes gegee.
> Die leiers van die Groep van 63 en by name die voorsitter, prof. Danie
> Goosen, se hantering van die polemiek is ongetwyfeld net so
> betreurenswaardig soos die brief self. Hulle klou doodgewoon verbete
> aan hul oorspronklike standpunt asof hulle sodoende 'n hero¨ese daad
> verrig.
> Dit is ook betreurenswaardig dat hulle nie blyke daarvan gee dat daar
> lede van die groep is wat hulle nié met die brief vereenselwig nie.
> Een van die belangrikste redes vir die onenigheid in die groep is die
> gebrekkige hantering van die kwessie in verband met konsensus. Die
> leiers van die Groep van 63 het doodgewoon in gebreke gebly om die
> breë ondersteuning van die groep se lede (en selfs adviseurs!) vir die
> sensitiewe saak te verkry. 'n Lid van die groep, Leopold Scholtz, se
> rubriek Groep van 63 én NNP-leier fouteer is 'n sprekende bewys
> hiervan.
> Ek ondersteun Johann Durand se versoek in sy brief Spreekbuis vir die
> enkeles wat oorbly (20 November) dat die georganiseerde Afrikaanse
> kultuurgemeenskap hulle van die Groep van 63 se standpunt distansieer.
> Gelukkig het 'n aantal dit al gedoen. Pogings om vir die belange van
> Afrikaans op te kom, loop inderdaad die gevaar om deur die gewraakte
> brief in die wiele gery te word. Die volgehoue idiosinkratiese
> uitsprake van die leiers van die Groep van 63 verskil toenemend
> van die ideale waarvoor 63 mense in 2000 in Hammanskraal
> bymekaargekom het.
> Johann Lodewyk Marais, Eldorette
>
Wat ek en Ferdi oor G63 behoort te gesê het [boodskap #69344 is 'n antwoord op boodskap #69311] Ma, 25 November 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek het reeds gesê ek stem nie saam met G63 se brief nie, Ferdi.
> Hierdie verdere poging tot disinformasie gaan dus nie af nie.

Ferdi
En ek het mos al vir jou gese ek werk nie vir die veiligheidsdienste
of sulke mense nie, maar steeds gaan jy voort met die insinuerende
manier van antwoord. Ek bewys jou maar net dieselfde komplement.
Antwoord my op wat ek se en nie op die modder wat jy na my gooi
nie, en ek sal dieselfde met jou doen.

Wouter
Oukei, kom ons probeer by feite bly en by wat gesê is. Dalk
kan ons dan bondiger en meer sinvol ooreenkom waaroor ons
verskil en waaroor ons saamstem. Ek dink daar is omtrent
eweveel van albei. Ek sal my bes doen om my van
beskuldigings en insinuasies te weerhou, ons kyk dan of jy dit
ook kan doen.

Feit 1
Ek het geen bande met G63 nie, ek ken net 'n paar van hulle
persoonlik. Ek steun nie hulle agendas nie en weet nie wie is
almal lede nie en hoeveel vann die 63 nog daar is nie. (Ek
dink ook nie dis vreeslik relevant nie.) Maar dié wat ek wel
ken is nie regses nie. Daarom was die gelyktydige
aankondigings dat die polisie en die NIA bande tussen
G63 en die bomplanters gaan ondersoek vir my so belaglik
en buite die normale manier waarop dié veiligheidsdienste
werk dat ek nie kon glo dat daar nie vir 'n ondersoekende
(eintlik enige) joernalis 'n groot klomp rooi ligte sal aangaan
nie. Daarom my vermoede van napraat, pk en gatkruip, 'n
opinie wat ek steeds huldig. Hel, hoekom anders
bevraagteken niemand dit nie?

> Daar is nie een sin in die brief hier onder wat naastenby met jou
> saamstem soos wat jy beweer het nie, Ferdi. Jy het gesê G63
> het die bomme "halfhartig verwerp". Niemand anders hier onder
> sê dit nie

Feit 2
Jy het bostaande gesê. Ek verskil van jou , hulle het dit duidelik
genoeg en by herhaling verwerp, soos ek reeds gelys het. Ons
kan ooreenkom om te verskil, maar die aanhalings wat jy maak
om dit te weerlê oortuig nie. Let wel, ek het nie gesê wat
hulle gesê het was slim, nodig of goed nie. Ek dink dit was
dom. Maar ek het nie verwag hulle sal in sulke gemene spel
van die owerhede vasloop nie, ek het gehoop ons het dit in die
ou SA agtergelaat. En veral teleurgesteld die pers dit nie uitwys
nie. Die twee feite is die kruks van my argument. En net dit.

Ferdi : Marais skryf:
1
Re: Wat ek en Ferdi oor G63 behoort te gesê het [boodskap #69348 is 'n antwoord op boodskap #69344] Ma, 25 November 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Maar ek het nie verwag hulle sal in sulke gemene spel
> van die owerhede vasloop nie

Wouter, kan jy asseblief uitspel wat jy
bedoel onder "sulke gemene spel van die
owerhede."

Gloudina
Re: Wat ek en Ferdi oor G63 behoort te gesê het [boodskap #69350 is 'n antwoord op boodskap #69344] Ma, 25 November 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

>
> -----------Slabbert 'geen 63-raadgewer'---------------
>
> Nov 12 2002 09:45:21:670PM

> Mbeki het Dinsdag aanbeveel dat die Groep van 63 wegbly van regverdigings
> vir die bomaanvalle in Soweto.
>
> "Dit is waar dat daar 'n paar dinosourusse in ons samelewing sal wees,
> insluitend daardie mense wat bomme plant. Dit is 'n oorblyfsel van die
> verlede," het hy in die nasionale raad van provinsies (NRP) gesê.
>
> Hy het LP's geprys wat standpunt ingeneem het teen "diegene wat soek na
> regverdigings" vir bomaanvalle.
>
> "Selfs die Groep van 63 sal groei en ontwikkel. As hulle nie groei en
> ontwikkel nie, sal hulle die weg volg van alle dinosourusse," het Mbeki
> gesê.

Is dit al wat Mbeki oor die saak gesê
het? Ek sou nie dink dat enigiemand dit
sou beskou as iets anders as 'n baie
wyse en bedaarde en staatsmanagtige
opmerking oor 'n saak wat eintlik baie
intens en dringend is ( afrikaners wat
bomme plant.) Waarna verwys jy, Wouter,
wanneer jy van die "reaksie van die
owerhede" praat as haatlik? Tog seker
nie na hierdie opmerking van Mbeki nie?

Gloudina
Die gemene spel [boodskap #69357 is 'n antwoord op boodskap #69350] Ma, 25 November 2002 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Mbeki het Dinsdag aanbeveel dat die Groep van 63 wegbly van regverdigings
> vir die bomaanvalle in Soweto. Hy het LP's geprys wat standpunt ingeneem
> het teen "diegene wat soek na regverdigings" vir bomaanvalle.
> "Selfs die Groep van 63 sal groei en ontwikkel. As hulle nie groei en
> ontwikkel nie, sal hulle die weg volg van alle dinosourusse," het Mbeki
> gesê.

Gloudina
Is dit al wat Mbeki oor die saak gesê
het? Ek sou nie dink dat enigiemand dit
sou beskou as iets anders as 'n baie
wyse en bedaarde en staatsmanagtige
opmerking oor 'n saak wat eintlik baie
intens en dringend is ( afrikaners wat
bomme plant.) Waarna verwys jy, Wouter,
wanneer jy van die "reaksie van die
owerhede" praat as haatlik? Tog seker
nie na hierdie opmerking van Mbeki nie?

Wouter
Ek het nie "haatlik" gebruik nie. Wel gemene spel en disinformasie.

Hierdie opmerkings van Mbeki is net 'n klein ratjie in daardie spel,
dit was duidelik 'n groter georkestreerde oefening. Ek som kortliks
op, uit my geheue en mag dus enkele foute en weglatings maak,
maar dit sal nie die prentjie regtig verander nie.

1. G63 maak 'n verklaring, duidelik is hulle 'n besorgde groep mense
wat vir die land omgee. Maar 'n paar van die individue in daardie
groep het lastigheidswaarde. Hulle het nie net destyds die hel uit
PW gefrustreer nie (toe was hulle pienk liberaliste), maar hulle
kritiseer nou ook bv. Asmal se nuwe onderwysbeleid meedoënloos.
Hulle maak dit baie duidelik dat hulle die geweld afkeur, maar
vra dat die oorsake van die geweld ook aangespreek word,
nie net die simptome nie. Hulle tysberekening laat veel te wense
oor, maar hulle kon nie in hulle wildste drome verwag het dat
hulle in die proses as regse anargiste gebrandmerk kan word nie.

2. Kortbroek van die NNP spring op en kritiseer vir G63. Hy
verf hulle swart en maak asof hulle die geweld ondersteun,
al is die teendeel in al die media gepubliseer.
Van sy adjudante doen dieselfde, hulle moet duidelik hulle
plek in die ANC-alliansieson verdien, al beteken dit dat
hulle voormalige vriende onregverdig moet aanval.
Kortbroek vra ook vir 7 prominentes om hulle van G63
te distansieer. Ses ignoreer hom en een was sy kop oor sy
"koorsigheid." (Niemand behalwe die ANC en sommige
media neem vir Kortbroek ernstig op nie)

3. Mbeki kritiseer G63 in een van die wetgewers en verf hulle
weer as bomsimpatiseerders. Kortbroek en sy onderbroekies
het die pad voorberei, so hy lyk nie te belaglik nie. Gloudina
sien dit selfs as staatmanskap as hy na hulle verwys as diegene
wat.soek na regverdigings vir bomaanvalle. Die punt is
egter dat hulle dit nooit gedoen het nie, hulle het besorgdheid
uitgespreek en gevra dat die oorsake oorweeg moet word
in aksies van die regering. Dit was 'n versoek, en dit pas die
regering duidelik nie om op die meriete daarvan te reageer nie.
Hulle verkies meer kragdadige reaksie.

4. Nou word daar uit owerheidsweë en die pers bespiegel
dat G63 'n soort Sinn Fein front vir die regse aktiviste is.
'n Respektabele vleuel van die militantes. As jy die
G63-mense net effens ken, dan weet jy dis absurd, hulle
is nie daardie soort materiaal nie. Baie van hulle is vrye
liberale denkers, tradisoneel links van die NP.

5. Nou kom daar 'n aankondiging dat die NIA (Nasionale
Intelligensie-Agentskap) en die polisie die verbinding
tussen G63 en die bomplanters gaan ondersoek. Daar
word ook gepraat van 'n skimkabinet van G63's wat
sal oorneem as die regses die mag oorgeneem het.
Dis so belaglik dat 'n mens wil huil.
En dis die HEEL EERSTE KEER wat ek van weet dat
die NIA bekendmaak wat hulle ondersoek. En nogal
voor die tyd ook. Dis 'n gemene politieke spel, dit
brandmerk die G63's as aktiviste en ultraregses, terwyl
hulle 'n belangrike rol in die demokrasie gespeel het
deur intellektuele bydraes en kritiek aan die wetgewer
te lewer. Baie van hulle het think-tanks agter hulle,
dit word nou geëlimineer. Nes soos in die ou SA
waarvan jy verkies het om te vug, Gloudina.

Dis gemene spel. En die koerante kondig dit bloot aan
asof dit 'n baie normale en te verwagte ding is. Dis
patetiese joernalistiek.

Dis dieselfde soort tipe boelietaktiek wat ons in PW se
tyd in plek gehad het. Om jou teenstanders wat lastig is
te intimideer en as vyande van die staat te brandmerk.
Selfs al is al die getuienis gefabriseer en al kom daar
nooit substansie of bewyse nie.

Ek het gedink ons demokrasie is nou baie sterker, maar
'n belangrike rat daarin, die vrye pers, het ons in hierdie
sage in die steek gelaat.

Is dit die begin van 'n nuwe outokrasie? Ek hoop nie so nie,
ek hou nogal daarvan om te kan sê en skryf wat ek dink,
soos wat ek nou doen. Gaan ek ook 'n klop aan my deur
en 'n NIA-ondersoek kry?

Is ons demokrasie 'n bedreigde een?
Re: Die gemene spel [boodskap #69361 is 'n antwoord op boodskap #69357] Ma, 25 November 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> 2. Kortbroek van die NNP spring op en kritiseer vir G63.
> Van sy adjudante doen dieselfde, hulle moet duidelik hulle
> plek in die ANC-alliansieson verdien
> Kortbroek en sy onderbroekies
> het die pad voorberei Gloudina
> sien dit selfs as staatmanskap as hy na hulle verwys as diegene
> wat.soek na regverdigings vir bomaanvalle.

Wouter, ek wil net vir jou daarop wys dat
jy, of jy dit nou opmerk of nie, jouself
benadeel deur jou soort argumenteer en jou
woordkeurse en dies meer. As jy byvoorbeeld
oor "onderbroekies" praat, dan sak jy mos
duidelik af na die level van sommige liggewigte
op hierdie nuusgroep. En hierdie opmerking
"Gloudina sien dit selfs...." Kan jy verduidelik
presies wat jy daar bedoel?
En kan jy nou nie daarby berus dat sekere lede
van G63 wat,glo sonder dat ander lede van die groep
daarvan geweet het, 'n stupid geskrif op 'n stupid
tyd aan die regering gestuur het, 'n stupid fout
gemaak het wat nou Afrikaners torpedeer en Afrikaner
teen Afrikaner opruie. Stupid mense. Afrikaners het
nie hierdie soort nodig nie. Afrikaners het mense
nodig wat sulke respek afdwing van almal, dat die
Afrikaner weer gerespekteer kan word in die oë van
die wêreld.

Gloudina
Re: Die gemene spel [boodskap #69364 is 'n antwoord op boodskap #69361] Ma, 25 November 2002 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Wouter, ek wil net vir jou daarop wys dat
jy, of jy dit nou opmerk of nie, jouself
benadeel deur jou soort argumenteer en jou
woordkeurse en dies meer. As jy byvoorbeeld
oor "onderbroekies" praat, dan sak jy mos
duidelik af na die level van sommige liggewigte
op hierdie nuusgroep.

Wouter
Ja, oukei. Jy is reg. Maar Marthinus en sy NNP irriteer
my mateloos, dis so duidelik en deursigtig dat hulle
na die ANC se pype dans sodat hulle hulle posisies
kan behou en geen ander rede nie. Hierdie is 'n sprekende
voorbeeld, Marthinus het totaal oorboord gegaan in
sy veroordeling, sonder om hom aan feite te steur. Hulle
is die sell-outs van die dekade. En daardie onderbroekies
is so 'n raak beeld, hulle is direk onder kortbroek....
Oukei, ek sal dit los.

Gloudina
En hierdie opmerking "Gloudina sien dit selfs...." Kan jy
verduidelik presies wat jy daar bedoel?

Wouter
Net wat ek sê. Dis duidelik dat ongeag die meriete van wat
hy sê jy geen kritiek op Mbeki gaan hê of oor hom sal
aanvaar nie. Ek dink self hy is heelwat beter as wat sy
beeld by die gemiddelde blanke is, maar sy onlangse
uitsprake, aksies en non-aksies het gemaak dat hy 'n
'n bietjie van 'n grap van SA se beeld gemaak het.

Hy is hier myns insiens deel van 'n baie gevaarlike
speletjie, wat nie goed te praat is nie. Dis 'n potensiële
bedreiging van die demokrasie.

Gloudina
En kan jy nou nie daarby berus dat sekere lede
van G63 wat,glo sonder dat ander lede van die groep
daarvan geweet het, 'n stupid geskrif op 'n stupid
tyd aan die regering gestuur het, 'n stupid fout
gemaak het

Wouter
Jy stel dit te sterk, maar dis basies waar. Maar het hulle
verdien om daarvoor deur die Veiligheidspolisie geïntimideer
te word. Dis waaroor ek protesteer. As jy konsekwent is,
behoort jy ook daardie probleem te hê.

Gloudina
wat nou Afrikaners torpedeer en Afrikaner teen
Afrikaner opruie.

Wouter
Nou verskil ek. Hulle praat nie namens my of Afrikaners nie
- hulle gee dit ook nie voor nie. Hulle het geen mandaat om
namens enige iemand behalwe hulleself te praat nie. Hulle
brief is ook in daardie trant geskryf, hulle praat namens
hulle eie besorgdhede.

Dan Roodt en Praag val gereeld die owerhede op 'n baie
meer militante manier aan, daarmee lewe hulle want hulle
weet hulle kan hom nie in 'n hoek verf waar hy nie hoort
nie. Maar hulle het hier 'n gaping gesien om mense wat
hulle voor bang is met vuil taktiek te diskrediteer.
Dit noem ek gemene spel.
Re: Die gemene spel [boodskap #69369 is 'n antwoord op boodskap #69364] Ma, 25 November 2002 22:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

,> Hy is hier myns insiens deel van 'n baie gevaarlike
> speletjie, wat nie goed te praat is nie. Dis 'n potensiële
> bedreiging van die demokrasie.

Maar Wouter, as daardie opmerkings wat
hy gemaak het oor die dinosaurusse nou
die enigste opmerking is wat hy in die
publiek gemaak het oor die saak, hoe
kan jy dan sy opmerkings sien as 'n
"bedreiging vir die demokrasie"? Sover
ek kan sien, was dit 'n reeks kalmerende
opmerkings, waarmee hy die gewone
Afrikaner laat weet het dat hy nie dink
dat die bomplanters en die G63 represen-
tatief is van die Afrikaner in die straat
nie. Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
die saak as die toppunt van goeie oordeel
aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
gevra is om hom daaroor uit te spreek in
die Parlement, en dus op sy voete moes
gedink het.

Gloudina
Re: Die gemene spel [boodskap #69371 is 'n antwoord op boodskap #69364] Ma, 25 November 2002 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Maar het hulle
> verdien om daarvoor deur die Veiligheidspolisie geïntimideer
> te word. Dis waaroor ek protesteer. As jy konsekwent is,
> behoort jy ook daardie probleem te hê.

Maar IS hulle deur die Veiligheidspolisie
geintimideer? Nerens waar ek oor die saak
lees, word dit aangedui dat die Veiligheids-
polisie by die mense se deure aangeklop het,
hulle ingebring het vir ondervraging, ens.
nie. As ek verkeerd is, help my reg. Was daar
fisiese intimidasie?

Gloudina
Re: Die gemene spel [boodskap #69378 is 'n antwoord op boodskap #69357] Di, 26 November 2002 00:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Nov 2002 08:53:41 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Ek het dit reeds geantwoord. Natuurlik is hulle geïntimideer.
> As jy 'n welmenende brief (en niemand met enige aansien
> het nog hulle bedoelings in twyfel probeer trek nie) aan die
> president rig en jy kry daarvoor 'n aankondiging dat die
> NIA bande tussen jou en bomplanters *gaan* ondersoek,
> dan is dit niks anders as gemene spel en intimidasie nie.

Kom terug in die werklikheid, man. Die brief het verskoning gemaak vir
die bomplanters as sou hulle (konserwatiewe) Afrikaners wees - terwyl
daar in daardie stadium nog GEEN duidelike aanduidings WIE die bomme
geplant het nie!

Moet die president van die land nou vir die groepie se: OK ons sal
almal behalwe julle ondersoek vir die mense wat bomme plant???

Ek sou dink die groepie behoort te gese het: "Ons is goeie burgers.
Ons het niks met die bomme te doen nie, ons gaan met die president
saamwerk. Ons hoop hy ondersoek ons eerste sodat ons ons onskuld aan
hom kan bewys en dan luister hy dalk na ons oor Afrikaans."

En by the way, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar jy verstaan nie die
term "geintimideer deur die veiligheidpolisie" baie goed nie.

Wat daar wel was, was 'n politieke aanval op die groepie. Maar, hel,
die groepie val dan die regering aan! Sekerlik kan hulle leef met 'n
teenaanval wat uit verklarings en woorde bestaan?
Re: Die lakei is ontmasker [boodskap #69406 is 'n antwoord op boodskap #69311] Di, 26 November 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hoekom verlekker jy jou daarin Ferdi ?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3dec8a66.17550748@news.saix.co.za...
> On Mon, 25 Nov 2002 13:03:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
> > ..die reaksie van een van jou kamerade in die Groep op die brief.
>> Die reaksie is gepubliseer in Beeld.
>>
>> Wouter
>> Ek het reeds gesê ek stem nie saam met G63 se brief nie, Ferdi.
>> Hierdie verdere poging tot disinformasie gaan dus nie af nie.
>
> En ek het mos al vir jou gese ek werk nie vir die veiligheidsdienste
> of sulke mense nie, maar steeds gaan jy voort met die insinuerende
> manier van antwoord. Ek bewys jou maar net dieselfde komplement.
> Antwoord my op wat ek se en nie op die modder wat jy na my gooi nie,
> en ek sal dieselfde met jou doen.
>
> Daar is nie een sin in die brief hier onder wat naastenby met jou
>> saamstem soos wat jy beweer het nie, Ferdi. Jy het gesê G63
>> het die bomme "halfhartig verwerp". Niemand anders hier onder
>> sê dit nie, dis net nog disinformasie van jou kant af.
>> Is dit vrywillig of word jy voorgesê?
>
> Sien? Die laaste sin.
>
> So:
> Jou lees van die brief is 'n vreemde een. Werk jy volgens 'n deel van
> die Groep van 63 se program van skade-beheer of lees jy maar net
> selektief?
>
> Kyk na die volgende:
>
> Marais skryf:
>
> 1 selfs >daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
> 2. MISBRUIK KAN WORD AS ]'N APOLOGIE VIR DIE GEBRUIK VAN GEWELD.
>
>
> Leopoldt Scholtz - 'n ander llid van jou groep - skryf in sy rubriek
> in Beeld oor die brief (sy volle rubriek hieronder - sien, ek gee die
> volle bron, nie net een sin soos jy doen nie):
>
> het 'n brief aan pres. Thabo Mbeki geskryf met die strekking dat die
> regering nie bloot die mense wat na bewering onlangs bomme in Soweto
> en Bronkhorstspruit geplant het, strafregtelik moet vervolg nie. Daar
> moet óók aandag gegee word aan die onderliggende oorsake, naamlik die
> gevoelens van vervreemding onder die Afrikaners.
> ....Dink so 'n bietjie terug aan gebeurtenisse soos die
> Kerkstraat-bom, die terreuraanval op die St. James-kerk ensovoorts.
> Toe was daar ook mense wat gesê het, ja, dit was nie reg nie, maar die
> onderliggende oorsake moet tog begryp word.
> Ook toe het daardie mense iets beetgehad. Maar dit het 'n geweldige
> irritasie gewek. Dit het dalk verkeerdelik, maar tog die indruk gewek
> van ja, maar . . . Dit het die indruk gewek van verskonings soek vir
> iets wat afskuwelik was.
> Dít is die fout wat die Groep van 63 begaan het. Hy moes die
> bomontploffings onvoorwaardelik veroordeel en dit daarby gelaat het.
> 'n Maand later kon hy dan in 'n ander konteks op die vervreemding van
> die Afrikaners gewys het. >
>
>
>
> > halfbekook en naïef. Hy spreek juis die opinie en vrees uit dat
>> die oorspronklike brief *misbruik* kan word. Deur jou en
>> ander lakeie van die regering, dus.
>
> Ha, ha...
> Sekerlik kan jy lees?? En verstaan wat jy lees??? Kyk bietjie met wie
> praat hy in sy brief!!!!
>
> betreurenswaardig soos die brief self.>>> - skryf Marais.
>
> Met ander woorde hulle het kak aangejaag deur die bomme te veroordeel
> met 'n voetnota van begrip.
>
> Nou gaan ek my oorspronklike pos vir jou herhaal. Gaan kyk in die
> thread oor die Groep van 63 om dit te bevestig.
>
> Ek het gese : 20) 63 se min of meer hulle het begrip vir die bomplanters.
> Grond word beset - Azapo se hulle het begrip vir die grondbesetters.
> Lyk vir my baie dieselfde soort begrip. Albei sê"die onwettigheid
> moet ons verskoon want die mense wat dit gedoen het, is ons soort
> mense".
>
>
> Dis wat ek gese het. En niks meer of minder nie.
> En wat ek steeds se.
> Lyk my jy het probleme met begrip vandeesweek.
>
>
>
> > die NIA-ondersoek en 'n persepsie van verregses te ondersteun.
>>
>> Maar dit maak steeds nie die lede van G63 verregse
>> simpatiseerders of halfhartige verwerpers van geweld nie.
>> Hulle het geweld baie duidelik verwerp.
>>
>> Jy het ook gesê daar was drie wat in die openbaar met jou
>> saamstem, jy het net een gewys en hy stem nie met jou saam
>> nie. Dis nie eers disinformasie nie, Ferdi, dis sommer net
>> gewoonweg lieg.
>
> Nou moet jy poefies eet.
> As jy Marais se brief ordentlik gelees het (wat jy duidelik nie gedoen
> het nie) sou jy gesien het hy self noem die tweede een - Leopold
> Scholtz. Die derde een is Van Zyl Slabbert wie se verklarings jy
> sekerlik in die koerante gesien het!!!
>
> Dis drie soos ek tel, Wouter. 1. Marais 2. Scholtz 3. Slabbert.
> Drie. 3
>
> So, jou "disinformasie" is toe wiskundige feit geraak!
> Wat maak dit jou?
>
> Afrikaans beter dien
>
> - Leopold Scholtz -
>
>
> Dit is tragies wanneer mense soos die leiers van die NNP en die Groep
> van 63, wat nie werklik teenstanders van mekaar hêóf te wees nie,
> mekaar so in die hare vlieg soos in die laaste tyd gebeur het.
> Foute is aan albei kante begaan. Dalk moet die NNP-leier, mnr.
> Marthinus van Schalkwyk, en die voorsitter van die groep, prof. Danie
> Goosen, hul vermeende verskille oor 'n vriendskaplike koppie koffie
> gaan uitpraat. Die demokrasie in Suid-Afrika, die regte van minderhede
> en die toekoms van Afrikaans is te belangrik dat sake tussen hulle
> moet handuit ruk.
>
> Die eerste fout is deur die Groep van 63 begaan. Die groep het 'n
> brief aan pres. Thabo Mbeki geskryf met die strekking dat die regering
> nie bloot die mense wat na bewering onlangs bomme in Soweto en
> Bronkhorstspruit geplant het, strafregtelik moet vervolg nie. Daar
> moet óók aandag gegee word aan die onderliggende oorsake, naamlik die
> gevoelens van vervreemding onder die Afrikaners.
>
> Dit is so dat baie Afrikaners van die nuwe Suid-Afrika vervreem is.
> Herhaalde navorsing wys baie duidelik dat dit veral gaan oor
> Afrikaans, regstellende aksie en misdaad.
>
> Op sigself is dit ook heeltemal legitiem om daarop te wys. Maar in die
> politiek is dit nie slegs belangrik om die regte dinge te sê nie. Jy
> moet dit ook op die regte tyd sê. En dit was nie nou die regte tyd
> nie.
>
> Dink so 'n bietjie terug aan gebeurtenisse soos die Kerkstraat-bom,
> die terreuraanval op die St. James-kerk ensovoorts. Toe was daar ook
> mense wat gesê het, ja, dit was nie reg nie, maar die onderliggende
> oorsake moet tog begryp word.
>
> Ook toe het daardie mense iets beetgehad. Maar dit het 'n geweldige
> irritasie gewek. Dit het dalk verkeerdelik, maar tog die indruk gewek
> van ja, maar . . . Dit het die indruk gewek van verskonings soek vir
> iets wat afskuwelik was.
>
> Dít is die fout wat die Groep van 63 begaan het. Hy moes die
> bomontploffings onvoorwaardelik veroordeel en dit daarby gelaat het.
> 'n Maand later kon hy dan in 'n ander konteks op die vervreemding van
> die Afrikaners gewys het.
>
> In die Sowetan het 'n verslaggewer 'n staaltjie van opperste onetiese
> joernalistiek gepleeg deur inderdaad die indruk te wek dat die groep
> die geweld probeer verskoon. Oneties ofte nie, die groep het, in alle
> vriendelikheid, daardie deur self oopgemaak.
>
> Toe storm Van Schalkwyk in. Hy het die strekking van die brief totaal
> verdraai deur te beweer die groep het gevra die bomplanters moet nie
> strafregtelik vervolg word nie. Toe die groep hom oor sy feitefout
> betig, moes hy dit dalk maar oorweeg het om verder te swyg. Maar toe
> laat waai hy weer en doen 'n beroep op bekendes soos proff. Hermann
> Giliomee, Lawrence Schlemmer, David Welsh, Johan Degenaar, en drr.
> Frederik van Zyl Slabbert en Dioné Prinsloo om hulle van die groep te
> distansieer.
>
> Wat die meeste toe geweier het. 'n Mens hou nou eenmaal nie daarvan om
> jou in die openbaar deur 'n ander te laat voorsê nie. Net Slabbert het
> so effens weggestaan, maar ook vir Van Schalkwyk 'n kwaai oorveeg
> gegee.
>
> Die affêre word dalk mettertyd as 'n blote storm in 'n glas water
> gesien, maar dit is simptomaties van die oorverhitte gevoelens in die
> huidige opposisiepolitiek.
>
> Dat die NNP en die DA mekaar met modder gooi op 'n manier wat 'n
> slegte smaak in die mond laat, is een ding. Maar dat die partypolitiek
> nou ook organisasies in die burgerlike samelewing betrek wat hoogstens
> aan swak politieke oordeel skuldig is, gaan darem te ver.
>
> Sowel die NNP as die Groep van 63 het 'n spesiale verbintenis met
> Afrikaanssprekendes. Albei probeer om hulle aan die apartheidsverlede
> te ontworstel en 'n regmatige plek vir Afrikaans en sy sprekers te
> beding. Albei aanvaar die liberale veelparty-demokrasie en die
> Grondwet as uitgangspunt. Albei wil binne die paradigma van die nuwe
> Suid-Afrika werk.
>
> Laat daar verskille wees. Dis reg en natuurlik dat dit gebeur. Die dag
> dat almal oor alles saamstem, sal die einde van die demokrasie in die
> land inlui. Laat daar oor die verskille gedebatteer word.
>
> Maar in hemelsnaam, besef tog dat die ooreenkomste groter as die
> verskille is, en dat dit slegs groter vervreemding veroorsaak deur jou
> gespreksgenoot se standpunt te verdraai.
>
> Dit gaan uiteindelik om die toekoms van die demokrasie en die plek van
> Afrikaans daarbinne.
>
> Leopold Scholtz is adjunkredakteur van Die Burger.
>
>
>
>
>
>
>
>>
>>
>> -------G63-lede kritiseer óók brief aan Mbeki---------
>>
>> Die Groep van 63 se brief aan pres. Thabo Mbeki oor die verregse
>> bomplanters en die vermoedelike gevoel van vervreemding onder
>> Afrikaners het reeds baie negatiewe reaksie ontlok.
>> Dat lede van die groep ook krities is oor die brief en hulle selfs
>> daarvan distansieer, is nie wyd bekend nie.
>> My siening as lid van die Groep van 63 is dat die brief inderdaad
>> misbruik kan word as 'n apologie vir die gebruik van geweld, hoewel
>> dit na alle waarskynlikheid nie so bedoel was nie.
>> Terselfdertyd het die brief die gevoel van vervreemding onder
>> Afrikaners ongenuanseerd gestel en word 'n eng en uitgediende siening
>> van Afrikaners en Afrikaanssprekendes gegee.
>> Die leiers van die Groep van 63 en by name die voorsitter, prof. Danie
>> Goosen, se hantering van die polemiek is ongetwyfeld net so
>> betreurenswaardig soos die brief self. Hulle klou doodgewoon verbete
>> aan hul oorspronklike standpunt asof hulle sodoende 'n heroïese daad
>> verrig.
>> Dit is ook betreurenswaardig dat hulle nie blyke daarvan gee dat daar
>> lede van die groep is wat hulle nié met die brief vereenselwig nie.
>> Een van die belangrikste redes vir die onenigheid in die groep is die
>> gebrekkige hantering van die kwessie in verband met konsensus. Die
>> leiers van die Groep van 63 het doodgewoon in gebreke gebly om die
>> breë ondersteuning van die groep se lede (en selfs adviseurs!) vir die
>> sensitiewe saak te verkry. 'n Lid van die groep, Leopold Scholtz, se
>> rubriek Groep van 63 'n NNP-leier fouteer is 'n sprekende bewys
>> hiervan.
>> Ek ondersteun Johann Durand se versoek in sy brief Spreekbuis vir die
>> enkeles wat oorbly (20 November) dat die georganiseerde Afrikaanse
>> kultuurgemeenskap hulle van die Groep van 63 se standpunt distansieer.
>> Gelukkig het 'n aantal dit al gedoen. Pogings om vir die belange van
>> Afrikaans op te kom, loop inderdaad die gevaar om deur die gewraakte
>> brief in die wiele gery te word. Die volgehoue idiosinkratiese
>> uitsprake van die leiers van die Groep van 63 verskil toenemend
>> van die ideale waarvoor 63 mense in 2000 in Hammanskraal
>> bymekaargekom het.
>> Johann Lodewyk Marais, Eldorette
>>
>
Re: Die gemene spel [boodskap #69416 is 'n antwoord op boodskap #69369] Di, 26 November 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Hy is hier myns insiens deel van 'n baie gevaarlike
> speletjie, wat nie goed te praat is nie. Dis 'n potensiële
> bedreiging van die demokrasie.

Gloudina
Maar Wouter, as daardie opmerkings wat
hy gemaak het oor die dinosaurusse nou
die enigste opmerking is wat hy in die
publiek gemaak het oor die saak, hoe
kan jy dan sy opmerkings sien as 'n
"bedreiging vir die demokrasie"?

Wouter
Gaan lees weer die eerste boodskap in hierdie draad.
Dit was deel van 'n georkestreerde proses, waarin
Mbeki se lakeie in die NNP voorgeloop het en
die tafel voorberei het. En Mbeki het gelieg toe hy
na G63 verwys het as mense wat verskonings soek
vir die bomplanters. Dis nie wat hulle gedoen het nie,
dis waar die ANC hulle inmanipuleer om hulle te
diskrediteer, want van hulle is intellektueel lastig.
Dit help nie jy herhaal jou onsin hierbo nie,
dit bly onsin.

Gloudina
Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
die saak as die toppunt van goeie oordeel
aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
gevra is om hom daaroor uit te spreek in
die Parlement, en dus op sy voete moes
gedink het.

Wouter
Moet liewers nie uit Kanada jouself so belaglik maak nie.
Dit was nie in die parlement nie, dit was in 'n ander forum
waar hy dit nie hoef op te gehaal het nie. En dit was
alles vooraf opgesit, moenie laf wees nie. Gaan speel
op jou Kanadese erf, jy het geen idee wat hier gebeur nie.
Re: Die gemene spel [boodskap #69417 is 'n antwoord op boodskap #69371] Di, 26 November 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
Maar het hulle
> verdien om daarvoor deur die Veiligheidspolisie geïntimideer
> te word. Dis waaroor ek protesteer. As jy konsekwent is,
> behoort jy ook daardie probleem te hê.

Gloudina
Maar IS hulle deur die Veiligheidspolisie
geintimideer? Nerens waar ek oor die saak
lees, word dit aangedui dat die Veiligheids-
polisie by die mense se deure aangeklop het,
hulle ingebring het vir ondervraging, ens.
nie. As ek verkeerd is, help my reg. Was daar
fisiese intimidasie?

Wouter
Ek het dit reeds geantwoord. Natuurlik is hulle geïntimideer.
As jy 'n welmenende brief (en niemand met enige aansien
het nog hulle bedoelings in twyfel probeer trek nie) aan die
president rig en jy kry daarvoor 'n aankondiging dat die
NIA bande tussen jou en bomplanters *gaan* ondersoek,
dan is dit niks anders as gemene spel en intimidasie nie.
Re: Die gemene spel [boodskap #69473 is 'n antwoord op boodskap #69416] Di, 26 November 2002 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dit was deel van 'n georkestreerde proses, waarin
> Mbeki se lakeie in die NNP voorgeloop het en
> die tafel voorberei het.

Al wat ek kan sien, Wouter, is dat jy
kwater vir die NNP is as vir ANC. Die
sielkunde van jou reaksies is baie
interessant. Die sielkunde van die hele
nuwe politieke ontwikkelings in SA is
hewig interessant. Dis nie iets wat
julle takhare verwag het, dat julle eie
vlees en bloed in die vorm van Kortbroek
en sy makkers gemene saak maak met die
ouens wat julle voel julle legitiem kan
haat nie. Ek sit hier oorkant die water
en ek skater van die lag, Wouter. Sic
transit gloria mundi.

Tant Hessie, Kanadese Hoë Kommisaris
Derde Republiek
Re: Die gemene spel [boodskap #69474 is 'n antwoord op boodskap #69417] Di, 26 November 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

.
> As jy 'n welmenende brief (en niemand met enige aansien
> het nog hulle bedoelings in twyfel probeer trek nie) aan die
> president rig en jy kry daarvoor 'n aankondiging dat die
> NIA bande tussen jou en bomplanters *gaan* ondersoek,
> dan is dit niks anders as gemene spel en intimidasie nie.

Nee, ek verskil van jou. As hierdie
mense enigsins volwassenes was, sou
hulle moes verwag dat hierdie uiteinde
moontlik was.

Gloudina
Re: Die gemene spel [boodskap #69487 is 'n antwoord op boodskap #69473] Di, 26 November 2002 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> . Ek sit hier oorkant die water
> en ek skater van die lag, Wouter. Sic
> transit gloria mundi.

Ja, glory fades maar veni, vidi, vellcro!
Re: Die gemene spel [boodskap #69494 is 'n antwoord op boodskap #69378] Di, 26 November 2002 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi
Wat daar wel was, was 'n politieke aanval op die groepie.
Maar, hel, die groepie val dan die regering aan! Sekerlik kan
hulle leef met 'n teenaanval wat uit verklarings en woorde bestaan?

Wouter
Dis jou interpretasie, Ferdi. Ek is nie 'n G63-ondersteuner nie,
maar ek het nie 'n aanval op die regering gesien nie, net 'n groep
wat hulle besorgdheid in 'n ope brief deel.
Re: Die gemene spel [boodskap #69496 is 'n antwoord op boodskap #69473] Di, 26 November 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Dit was deel van 'n georkestreerde proses, waarin
> Mbeki se lakeie in die NNP voorgeloop het en
> die tafel voorberei het.

Gloudina
Al wat ek kan sien, Wouter, is dat jy
kwater vir die NNP is as vir ANC. Die
sielkunde van jou reaksies is baie
interessant.

Wouter
Jou sielkunde is maar swak. Ek is glad nie kwaad vir die ANC nie.

Ek dink hulle doen 'n heel goeie jop onder die omstandighede,
beter as wat 'n mens vooraf redelikerwys kon verwag het. Ek
verwys nou veral na die departemente van mense soos Trevor
Manuel (Finansies) en Alec Irwin (Handel & Nywerheid). Ook
na die belangrike politieke rol wat Pres Mbeki in die beskerming
van dié departemente se beleid speel. Maar dit maak my nie blind
vir die ANC of Mbeki se foute nie, daar is heelwat aspekte
waarop hulle kritiek verdien.

Hierdie is een van hulle. Dis maar al.

Jy en Ferdi blaas dit op na 'n baie groter argument as wat dit werd
is met julle blinde aanvaarding van wat die regering sê en doen.
Beskou liewers elke saak op sy meriete. En met 'n tikkie balans.
Re: Die gemene spel [boodskap #69498 is 'n antwoord op boodskap #69474] Di, 26 November 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> As jy 'n welmenende brief (en niemand met enige aansien
> het nog hulle bedoelings in twyfel probeer trek nie) aan die
> president rig en jy kry daarvoor 'n aankondiging dat die
> NIA bande tussen jou en bomplanters *gaan* ondersoek,
> dan is dit niks anders as gemene spel en intimidasie nie.

Gloudina
Nee, ek verskil van jou. As hierdie
mense enigsins volwassenes was, sou
hulle moes verwag dat hierdie uiteinde
moontlik was.

Wouter
Dis goed so, ons verskil dan
Re: Die gemene spel [boodskap #69510 is 'n antwoord op boodskap #69496] Di, 26 November 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek dink hulle doen 'n heel goeie jop onder die omstandighede,

> Jy en Ferdi
> met julle blinde aanvaarding van wat die regering sê en doen.
> Beskou liewers elke saak op sy meriete. En met 'n tikkie balans.

En van wanneer af het ek 'n blinde
aanvaardiging van wat "die regering"
sê en doen. Ek kritiseer vir die ANC
en vir Mbeki gereeld, miskien meer as
wat jy doen, miskien meer radikaal as
wat jy doen.

Gloudina
Re: Die gemene spel [boodskap #69533 is 'n antwoord op boodskap #69510] Wo, 27 November 2002 04:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
En van wanneer af het ek 'n blinde
aanvaardiging van wat "die regering"
sê en doen. Ek kritiseer vir die ANC
en vir Mbeki gereeld, miskien meer as
wat jy doen, miskien meer radikaal as
wat jy doen.

Wouter
Al "kritiek" wat ek nog van jou gesien het was dat hulle te
min kommunisties is, dat hulle blankes te min belas, ens.
Dit beskou ek uit die oogpunt van 'n realis as onderskrywing
en blinde aanvaarding

Is daar enige ander voorbeelde?
Re: Die gemene spel [boodskap #69633 is 'n antwoord op boodskap #69369] Do, 28 November 2002 00:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina oor Mbeki:
Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
die saak as die toppunt van goeie oordeel
aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
gevra is om hom daaroor uit te spreek in
die Parlement, en dus op sy voete moes gedink het.

Wouter
Ek het jou reeds daarop gewys dat hierdie stelling belaglik
is. Ek kan nou 'n bietjie detail byvoeg om dit te staaf.
Mbeki het in die NRP (Nasionale Raad van Provinsies)
gepraat en nie in die nasionale parlement nie. En hy het
die saak aangeroer tydens sy replieksessie. En raai
op wie se inset het hy repliek gelewer? Adriaan van
Niekerk van die NNP, wat duidelik aangesê is om
saam met Kortbroek van Schalkwyk voor te loop.
Daar was geen dringende rede waarom Mbeki
daarop moes repliek lewer nie, hy het dit duidelik
uit vrye wil (lees bepland) gedoen.

Hier is wat Mbeki verbatim gesê het, in Beeld se
berig het hulle die stuk met van Niekerk se naam
weggelaat toe hulle hom gekwoteer het:
"I am quite sure that even the Group 63 referred
to, will, in time, grow and develop. If they do not,
they will go the way of all dinosaurs. But I would
like to hope that these are intelligent people, that
they would indeed, as I was saying, go and develop,
and treat the matter of language in the manner in
which the hon Van Niekerk was indicating."

Wat waarskynlik gebeur het, is dat Van Schalkwyk en
Van Niekerk aangesê is om die opening te skep en dat
Mbeki ten volle voorbereid was om te sê wat hy wou
sê om 'n paar "lastige" individue te neutraliseer.

Dis nie 'n goeie idee om aannames te maak oor wat
gebeur het as jy jou argument daarmee wil bevorder
nie, Gloudina. Veral as jy nie ons opset verstaan nie,
dit wys jou vooroordeel as 'n klakkelose naprater.
Re: Die gemene spel [boodskap #69701 is 'n antwoord op boodskap #69633] Do, 28 November 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3de55fee.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina oor Mbeki:
> Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
> die saak as die toppunt van goeie oordeel
> aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
> gevra is om hom daaroor uit te spreek in
> die Parlement, en dus op sy voete moes gedink het.
>
> Wouter
> Ek het jou reeds daarop gewys dat hierdie stelling belaglik
> is. Ek kan nou 'n bietjie detail byvoeg om dit te staaf.
> Mbeki het in die NRP (Nasionale Raad van Provinsies)
> gepraat en nie in die nasionale parlement nie.

Ag kom nou Wouter! As jy hare wil kloof kloof hulle
dan reg. Die Parlement in Suid-Afrika bestaan per
definisie uit die Nasionale Vergadering en die
Nasionale Raad van Provinsies. So ... entlik is
Gloudina reg. En jy praat deurmekaar.

Swart Simon
Re: Die gemene spel [boodskap #69715 is 'n antwoord op boodskap #69701] Do, 28 November 2002 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina oor Mbeki:
> Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
> die saak as die toppunt van goeie oordeel
> aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
> gevra is om hom daaroor uit te spreek in
> die Parlement, en dus op sy voete moes gedink het.

> Wouter
> Ek het jou reeds daarop gewys dat hierdie stelling belaglik
> is. Ek kan nou 'n bietjie detail byvoeg om dit te staaf.
> Mbeki het in die NRP (Nasionale Raad van Provinsies)
> gepraat en nie in die nasionale parlement nie.

Simon
Ag kom nou Wouter! As jy hare wil kloof kloof hulle
dan reg. Die Parlement in Suid-Afrika bestaan per
definisie uit die Nasionale Vergadering en die
Nasionale Raad van Provinsies. So ... entlik is
Gloudina reg. En jy praat deurmekaar.

Wouter
Oukei, jy wen die harekloof, maar dis ook al. Die punt is dat
daar nie in die NRP dieselfde vraetyd-kultuur bestaan waarna
Gloudina verwys nie. Hulle het minder van 'n saak oor dinge
wat "topical" is, hulle kan net met 'n mandaat van die
provinsies nuwe wetgewing inisieer en ook niks finansieels nie.
Mbeki se aanval in die NRP was bepland en ingeforseer.

En jy reken Gloudina is eintlik reg? So Mbeki is in vraetyd
gevra om daaroor te praat? En hy moes op sy voete dink?
Of is dit deur sy eie stooges opgesit sodat hy daarop repliek
kon lewer? En dis die "toppunt van goeie oordeel"?

En ek praat deurmekaar?
Re: Die gemene spel [boodskap #69763 is 'n antwoord op boodskap #69715] Vr, 29 November 2002 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3de6a466.0@news1.mweb.co.za...
>> Gloudina oor Mbeki:
>> Ek sou sy aangehaalde opmerkings oor
>> die saak as die toppunt van goeie oordeel
>> aandui, aangeneem dat hy heelwaarskynlik
>> gevra is om hom daaroor uit te spreek in
>> die Parlement, en dus op sy voete moes gedink
het.
>
>> Wouter
>> Ek het jou reeds daarop gewys dat hierdie stelling belaglik
>> is. Ek kan nou 'n bietjie detail byvoeg om dit te staaf.
>> Mbeki het in die NRP (Nasionale Raad van Provinsies)
>> gepraat en nie in die nasionale parlement nie.
>
> Simon
> Ag kom nou Wouter! As jy hare wil kloof kloof hulle
> dan reg. Die Parlement in Suid-Afrika bestaan per
> definisie uit die Nasionale Vergadering en die
> Nasionale Raad van Provinsies. So ... entlik is
> Gloudina reg. En jy praat deurmekaar.
>
> Wouter
> Oukei, jy wen die harekloof, maar dis ook al.

Dankie. Dit was ook al punt wat ek wou maak.

Wat is hierdie G63? Is dit 'n nuwe soort van kanon?

Swart Simon
Re: Die gemene spel [boodskap #69764 is 'n antwoord op boodskap #69763] Vr, 29 November 2002 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" wrote:

> Wat is hierdie G63? Is dit 'n nuwe soort van kanon?

Nee, Jonas.
En as sou wees, sou dit met blanks skiet.
Re: Die gemene spel [boodskap #69772 is 'n antwoord op boodskap #69764] Vr, 29 November 2002 17:46 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Nov 2002 11:46:13 -0500, Katryn wrote:

> "Swart Simon" wrote:
>
>> Wat is hierdie G63? Is dit 'n nuwe soort van kanon?
>
> Nee, Jonas.
> En as sou wees, sou dit met blanks skiet.
>

Die BA(L-ANKS) is in jou hande Johnny:-)

DD
Vorige onderwerp: Re: In opvolg - my aanbod aan Davie
Volgende onderwerp: Herrie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:19:42 MGT 2024