Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " koebaai Meneer Chips " deur PREVOT VAN DER MERWE
" koebaai Meneer Chips " deur PREVOT VAN DER MERWE [boodskap #67674] Vr, 18 Oktober 2002 14:52
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

PREVOT VAN DER MERWE (geb. 1952)
koebaai Meneer Chips

vroeër het die skool nog 'n naam gehad
gereken in Afrikanerkringe
maar middel '76
om die een of ander rede
begin gebeur daar vreemde dinge
eers het die eerste rugbyspan
teen 'n Engelse skool verloor
daardie week
skande op skande
is 'n juffrou
op 'n Vrydag
deur 'n prefek in die kunsklas verkrag
en toe begin die kanker rank
die skoolhoof gee hom oor aan die drank
onderwysers dra wapens
leerling loop los
geleidelik
het klas vir klas
van die kampus weggedros
in hulle plek kom daar kabouters
en die kak die klaskamers vol
leerkragte moes opvreet
een vir een
later drie op 'n drol
daai Desember
om my te bevry van die stank
het ook ek
en vir altyd
uit die onderwys bedank
Vorige onderwerp: Hoeveel dae in 'n jaar?
Volgende onderwerp: Die herinstelling van die huisgesin ASB!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:29:28 MGT 2024