Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoeveel dae in 'n jaar?
Hoeveel dae in 'n jaar? [boodskap #67643] Vr, 18 Oktober 2002 04:52 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel dae in SA soos Moeders, Vaders, Kinders, Rooineus, "Casual" dag en
tekkie dag, Hartweek en ander (las asseblief by) en Internasionale dae wat
ons ook in SA vier (vandag is wereld persvryheid dag)?

Daar was ook iets soos toktokkie week (vir kanker?) en vele meer - bestaan
dit nog?

Wie besluit watter dag/datum hierdie dae op val en waar kan 'n mens 'n
volledige lys vind.

Help asseblief met al die name wat jy kan en miskien voltooi ons 'n lys hier
of op 'n webwerf vir almal se genot.

Dankie

TJ
www.artslink.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Re: Hoeveel dae in 'n jaar? [boodskap #67655 is 'n antwoord op boodskap #67643] Vr, 18 Oktober 2002 08:44 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
TJ, ek weet regtig nie wie op die dae en datums besluit nie.
Spoke sit oor naweke plakkate op en Maandae moet ons tot ons skok uitvind,
sonder enige sielkundige voorbereiding, dat dit een of ander week is of dag
is.
Ons is al vuisvoos gedag en geweek:))

Voorverlede week was daar een of ander obskure week waarvan ek hier melding
gemaak het, maar nou kan ek nie onthou wat nie.
Ek sal egter van nou af elke week of dagaankondiging hier doen, en as ek op
die bordjie 'n organisasie se naam sien, sal ek dit ook hier vermeld.

Wat ek wel in my benewelde toestand kan onthou :
Oktobermaand is borskankerbewustheidsmaandmaand ( pienk strikkie)
Ons het ook 'n boomplantdag een of ander tyd.
Vaaltynsdag ( 14/2)
Moedersdag
Vadersdag
Gesinsdag ( openbare vakansiedag - maar dit pas in)
Hartweek ( Wit strikkie )
Die Engelse het 'n poppiedag, maar nie ons nie
Veteranedag ( gewoonlik 'n Sondag in Desember)
HIV-Vigsweek ( Rooi strikkie)
Teringbewustheidsweek
Septemberdag ( almal kry 'n blom)
Rooineusdag
Tekkiedag
Vrouewêreldbiddag
Persvryheidsdag
Sportbeseringsdag ( daar is nie een nie, maar daar behoort een te wees)

Toktokkie is 'n aaneenlopende aksie - ek dink nie daar is 'n dag, week of
maand daarvoor nie.

Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3daf937f$0$18849@hades.is.co.za...
> Hoeveel dae in SA soos Moeders, Vaders, Kinders, Rooineus, "Casual" dag en
> tekkie dag, Hartweek en ander (las asseblief by) en Internasionale dae wat
> ons ook in SA vier (vandag is wereld persvryheid dag)?
>
> Daar was ook iets soos toktokkie week (vir kanker?) en vele meer - bestaan
> dit nog?
>
> Wie besluit watter dag/datum hierdie dae op val en waar kan 'n mens 'n
> volledige lys vind.
>
> Help asseblief met al die name wat jy kan en miskien voltooi ons 'n lys hier
> of op 'n webwerf vir almal se genot.
>
> Dankie
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
>
> ------------------------------------------------------------ ---
>
> Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.
>
> Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA
>
> The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
> Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
>
Vorige onderwerp: Ek soek na die Donkie
Volgende onderwerp: " koebaai Meneer Chips " deur PREVOT VAN DER MERWE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 11:53:02 MGT 2024