Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die herinstelling van die huisgesin ASB!!
Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67533] Di, 15 Oktober 2002 15:40 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele losbandigheid
onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread. Ek
glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
deesdae mee te doen het. Natuurlik sal daar mense wees wat met my verskil en
ons postmoderne samelewing sal sê dat dit hulle reg is om van my te verskil,
maar net so is dit my reg om te pleit vir die herinstelling van die
huisgesin. Ja, jy het reg gelees. Ek praat van die herinstelling van die
huisgesin, want volgens my is daar amper glad nie meer so iets soos gesinne
nie. Ons kan die verindividualisering van mense straks as een van die
sterkste kenmerke van die een-en-twintigste-eeuse samelewing beskou.
Verbondendheid aan `n spesifieke groep is besig om in onguns te raak. Elke
mens word gesien as `n enkeling op sy eie, met groot klem op individuele
regte en individuele prestasie. In die plek van die groepsgebondenheid word
individue bloot deel van `n groot massa. Die uiteinde is `n samelewing van
identiteitlose enkelinge in `n massa.
Hierdie ontwikkeling word die duidelikste gesien in wat aan die gebeur is
met huisgesinne.
Pastorale beraders wys daarop dat verbrokkeling van huisgesinne een van die
basiese probleme van ons tyd is. Van `n samehorigheidsgevoel is daar by die
(post?)-moderne huisgesin min sprake. Die huisgesin is vervang deur `n
aantal enkelinge wat as `t ware toevallig binne dieselfde leefruimte
bestaan. Van die "vader"- en "moeder"-figure het daar bitter min oorgebly.
* Die pa is nie meer hoof van ie huis wat leiding en rigting op geestelike
en stoflike gebied gee nie. In die plek daarvan het die pa maar net die
huisgenoot geword wat moet sorg dat daar genoeg geld in die huis is.
* Die ma is nie meer die vaste anker in wie die huisgesin se praktiese en
geloofsbestaan saamtrek nie. Sy is nou maar net die een wat die finansies
moet aanvul deur `n ekstra inkomste te verdien en die een wat die logistieke
reëlings in die huishouding moet tref, soos maaltye en klere wat versorg
moet word.
* Selfs die onderlinge verbondenheid van pa en ma in die huwelik is deur
die gees van individualisme ernstig geknou. Die huwelik begin al meer die
gestalte kry van `n vennootskap van twee individue met gemeenskaplik
belange. Maar binne hierdie vennootskap het elkeen sy/haar eie belange en
eie agenda. As een of albei se individuele behoeftes nie meer deur die
huwelik bevredig word nie, is dit maar net `n kwessie van soek na `n nuwe
vennootskap wat elkeen se behoeftes beter pas.
Die oorsake van hierdie groeiende verindividualisering kan op baie plekke
gesoek word. Sosioloë meen dat televisie een van die groot oorsake is.
Televisie is soos `n gas wat `n mens in jou huis ingenooi het en wat kort
voor lank die hele huishouding oorneem. Die oorname het begin deurdat
televisie gevestigde patrone van die huisgesin versteur het: maaltye moes
verskuif word ter wille van TV-programme; saamkuiertyd van die gesin moes
noodwendig ingekort word om plek te maak vir TV-kyk; selfs huisgodsdiens
moes terugstaan vir goeie televisieprogramme.
Aanvanklik was daar die "troos" van "huisgodsdiens"-programme wat oor
televisie gebeeldsend is. Die programme het egter net lank genoeg gehou om
gesinne af te leer om self hulle huisgodsdiens in stand te hou. Toe
"huisgodsdien"-programme op televisie tot `n einde kom, was die skade klaar
gedoen. Huisgodsdiens was iets van die verlede vir meeste huisgesinne.
Tegelykertyd het huisgesinne ook afgeleer hoe om met mekaar te kommunikeer.
Die huisgesin het saans versplinter in `n aantal enkelinge wat toevallig
maar net na dieselfde televisiestel sit en kyk.
Mettertyd het die televisie se aanhang darem begin afneem en het mense al
minder vasgenael gesit voor die skerm. Maar die skade was klaar gedoen.
Huisgesinne het vergeet wat dit is om as gesin saam te wees. Hulle het bly
voortbestaan as `n versameling van enkelinge.
Die televisie kan egter nie as enigste sondebok uitgesonder word nie. Die
tydsgees van die 21ste eeu is ook teen die huisgesin. Die post-modernisme
met sy oormatige kelm op die menslike subjek (elkeen sien die waarheid op sy
eie manier) het baie bygedra tot die situasie van verindividualisering
waarin elkeen dink en doen soos hy/sy wil. Van `n samehorigheidsgevoel het
daar bitter min oorgebly. `n Pa wat pa en `n ma wat ma vir hulle gesin
probeer wees, word vanuit die feminisme aangestaar byna asof hulle aan `n
halsmisdaad skuldig is, Nee, elkeen moet individu in eie reg wees!
Die prestasiedruk van die samelewing eis ook sy tol. Pa en Ma moet, om die
finansiële eise van ons tyd by te bly, al beter in hulle werk presteer. Dit
beteken al langer ure by die werk en al minder tyd vir hulle huisgesin.
Nie dat die kinders dit aldag agterkom nie, want by die skole word daar
soveel prestasiedruk op kinders geplaas dat die kinders in elk geval selde
tuis is. Daarby gaan tieners gebuk onder geweldige groepsdruk wat van hulle
verg om eerder tyd met maats deur te bring as met die gesin.
In praktyk is die huisgesin besig om `n bedreigde spesie te word.
Die gevolge van die vernietiging van huisgesinne is verdere vernietiging van
die samelewing. Dat ons samelewing ontaard het in `n massa-versameling van
vereensaamde enkelinge is al ou nuus. Vereensaming te midde van `n groot
skare van ewe eensames is die siekte van ons tyd. Die wonderlike "vryheid"
van op jou eie wees, haal baie mense wat van hulle gesinne weggebreek het op
die lang duur in. Dikwels eindig so iemand in depressie en minderwaardige
gevoelens. Die veilige bande van `n huisgesin is immers minder "knellend"
as die betekenisloosheid van maar net op jouself aangewese wees.
Van dissipline binne gesinsverband het daar bitter min oorgebly. Ouers wat
wel dissipline probeer handhaaf, word maklik daarvan beskuldig dat hulle die
individuele regte van hulle kinders aantas. Sielkundiges stem saam dat
kinders die veilige grense van `n goedgedissiplineerde huishouding nodig
het. Daarsonder verval hulle in onsekerheid en kom allerlei
gedragsafwykings na vore.
Hierdie gebrek aan dissipline in die gesin kring uit na die skole, waarin
dissiplinêre optrede al byna `n vergete mite geword het. Uiteindelik,
wanneer die ongedissiplineerde kinders grootword, gee hulle die pas aan in
`n ongedissiplineerde samelewing waarin wet en orde kwalik gehandhaaf kan
word. Daarom is die verval van die huisgesin tegelykertyd die verval van
die samelewing.
Hierteenoor laat God in Sy Woord geen twyfel nie dat Hy die gesin ingestel
het om die grondslag van die samelewing te wees en om tot heil en seën van
almal te dien. Die seën van die huisgesin word digterlik beskrywe in Psalm
128. In Josua 24:15 hoor ons die aangrypende uitroep van Josua namens sy
huisgesin: " Ek en my huis, ons sal die HERE dien." In Psalm 127:1 hoor
ons: "As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan
bou." In 1 Timoteus 3:4 word dit as deug beskou as iemand sy eie huis goed
kan regeer en sy kinders in alle waardigheid in onderdanigheid hou.
Daarom wil ek pleit dat daar ernstig gewerk moet word aan die rehabilitasie
en herstel van die huisgesin as ruggraat van die samelewing.
Die verval het al so ver gevorder dat `n mens moet dink aan heel onder optel
en weer oor begin bou. Dit sal inspanning vra van alle betrokke partye.
*Elke huisgesin kan byvoorbeeld besluit om een aand per week vir gesinsbou
opsy te sit. Laat elkeen `n afspraak maak in sy/haar dagboek vir `n
bepaalde weeksaand wanneer geen lid van die gesin iets mag aan hê nie (nou
nie van hul klere gepraat nie). Daardie aand bly die hele gesin tuis. Die
televisie en die radio word glad nie aangeskakel nie. Die rehabilitasie
vind plaas deurdat die gesin op sulke aande weer moet aanleer om met mekaar
te praat. Maak huisgodsdiens gerus maar weer een van die agendapunte.
*Die pa en ma van die huis kan nog `n ekstra aand van die week net vir hulle
as egpaar opsy sit - nie om saam uit te gaan nie (dit kan soms ook wel),
maar om met mekaar te praat. Egpare het ook al verleer om met mekaar te
praat.
1 Timoteus 5:4 "Die kinders moet leer om teenoor hulle eie huis eerbied te
betoon en hulle ouers te vergoed. Dit is goed en aangenaam voor God."
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67558 is 'n antwoord op boodskap #67533] Wo, 16 Oktober 2002 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit is 'n baie interessante brief. Dis die eerste keer dat ek die kwaal so
mooi raakgevat sien as "individualisering". Dit omvat mooi baie van die
simptome van die siekte, soos ek dit nog nooit raakgesien het nie.

Ek gaan beslis bietjie herkou oor jou brief, Johan.

Koot

"johanls" skryf in boodskap news:3dac3748$0$18850@hades.is.co.za...
> Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele losbandigheid
> onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread. Ek
> glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
> deesdae mee te doen het. Natuurlik sal daar mense wees wat met my verskil en
> ons postmoderne samelewing sal sê dat dit hulle reg is om van my te verskil,
> maar net so is dit my reg om te pleit vir die herinstelling van die
> huisgesin. Ja, jy het reg gelees. Ek praat van die herinstelling van die
> huisgesin, want volgens my is daar amper glad nie meer so iets soos gesinne
> nie. Ons kan die verindividualisering van mense straks as een van die
> sterkste kenmerke van die een-en-twintigste-eeuse samelewing beskou.
> Verbondendheid aan `n spesifieke groep is besig om in onguns te raak. Elke
> mens word gesien as `n enkeling op sy eie, met groot klem op individuele
> regte en individuele prestasie. In die plek van die groepsgebondenheid word
> individue bloot deel van `n groot massa. Die uiteinde is `n samelewing van
> identiteitlose enkelinge in `n massa.
> Hierdie ontwikkeling word die duidelikste gesien in wat aan die gebeur is
> met huisgesinne.
> Pastorale beraders wys daarop dat verbrokkeling van huisgesinne een van die
> basiese probleme van ons tyd is. Van `n samehorigheidsgevoel is daar by die
> (post?)-moderne huisgesin min sprake. Die huisgesin is vervang deur `n
> aantal enkelinge wat as `t ware toevallig binne dieselfde leefruimte
> bestaan. Van die "vader"- en "moeder"-figure het daar bitter min oorgebly.
> * Die pa is nie meer hoof van ie huis wat leiding en rigting op geestelike
> en stoflike gebied gee nie. In die plek daarvan het die pa maar net die
> huisgenoot geword wat moet sorg dat daar genoeg geld in die huis is.
> * Die ma is nie meer die vaste anker in wie die huisgesin se praktiese en
> geloofsbestaan saamtrek nie. Sy is nou maar net die een wat die finansies
> moet aanvul deur `n ekstra inkomste te verdien en die een wat die logistieke
> reëlings in die huishouding moet tref, soos maaltye en klere wat versorg
> moet word.
> * Selfs die onderlinge verbondenheid van pa en ma in die huwelik is deur
> die gees van individualisme ernstig geknou. Die huwelik begin al meer die
> gestalte kry van `n vennootskap van twee individue met gemeenskaplik
> belange. Maar binne hierdie vennootskap het elkeen sy/haar eie belange en
> eie agenda. As een of albei se individuele behoeftes nie meer deur die
> huwelik bevredig word nie, is dit maar net `n kwessie van soek na `n nuwe
> vennootskap wat elkeen se behoeftes beter pas.
> Die oorsake van hierdie groeiende verindividualisering kan op baie plekke
> gesoek word. Sosioloë meen dat televisie een van die groot oorsake is.
> Televisie is soos `n gas wat `n mens in jou huis ingenooi het en wat kort
> voor lank die hele huishouding oorneem. Die oorname het begin deurdat
> televisie gevestigde patrone van die huisgesin versteur het: maaltye moes
> verskuif word ter wille van TV-programme; saamkuiertyd van die gesin moes
> noodwendig ingekort word om plek te maak vir TV-kyk; selfs huisgodsdiens
> moes terugstaan vir goeie televisieprogramme.
> Aanvanklik was daar die "troos" van "huisgodsdiens"-programme wat oor
> televisie gebeeldsend is. Die programme het egter net lank genoeg gehou om
> gesinne af te leer om self hulle huisgodsdiens in stand te hou. Toe
> "huisgodsdien"-programme op televisie tot `n einde kom, was die skade klaar
> gedoen. Huisgodsdiens was iets van die verlede vir meeste huisgesinne.
> Tegelykertyd het huisgesinne ook afgeleer hoe om met mekaar te kommunikeer.
> Die huisgesin het saans versplinter in `n aantal enkelinge wat toevallig
> maar net na dieselfde televisiestel sit en kyk.
> Mettertyd het die televisie se aanhang darem begin afneem en het mense al
> minder vasgenael gesit voor die skerm. Maar die skade was klaar gedoen.
> Huisgesinne het vergeet wat dit is om as gesin saam te wees. Hulle het bly
> voortbestaan as `n versameling van enkelinge.
> Die televisie kan egter nie as enigste sondebok uitgesonder word nie. Die
> tydsgees van die 21ste eeu is ook teen die huisgesin. Die post-modernisme
> met sy oormatige kelm op die menslike subjek (elkeen sien die waarheid op sy
> eie manier) het baie bygedra tot die situasie van verindividualisering
> waarin elkeen dink en doen soos hy/sy wil. Van `n samehorigheidsgevoel het
> daar bitter min oorgebly. `n Pa wat pa en `n ma wat ma vir hulle gesin
> probeer wees, word vanuit die feminisme aangestaar byna asof hulle aan `n
> halsmisdaad skuldig is, Nee, elkeen moet individu in eie reg wees!
> Die prestasiedruk van die samelewing eis ook sy tol. Pa en Ma moet, om die
> finansiële eise van ons tyd by te bly, al beter in hulle werk presteer. Dit
> beteken al langer ure by die werk en al minder tyd vir hulle huisgesin.
> Nie dat die kinders dit aldag agterkom nie, want by die skole word daar
> soveel prestasiedruk op kinders geplaas dat die kinders in elk geval selde
> tuis is. Daarby gaan tieners gebuk onder geweldige groepsdruk wat van hulle
> verg om eerder tyd met maats deur te bring as met die gesin.
> In praktyk is die huisgesin besig om `n bedreigde spesie te word.
> Die gevolge van die vernietiging van huisgesinne is verdere vernietiging van
> die samelewing. Dat ons samelewing ontaard het in `n massa-versameling van
> vereensaamde enkelinge is al ou nuus. Vereensaming te midde van `n groot
> skare van ewe eensames is die siekte van ons tyd. Die wonderlike "vryheid"
> van op jou eie wees, haal baie mense wat van hulle gesinne weggebreek het op
> die lang duur in. Dikwels eindig so iemand in depressie en minderwaardige
> gevoelens. Die veilige bande van `n huisgesin is immers minder "knellend"
> as die betekenisloosheid van maar net op jouself aangewese wees.
> Van dissipline binne gesinsverband het daar bitter min oorgebly. Ouers wat
> wel dissipline probeer handhaaf, word maklik daarvan beskuldig dat hulle die
> individuele regte van hulle kinders aantas. Sielkundiges stem saam dat
> kinders die veilige grense van `n goedgedissiplineerde huishouding nodig
> het. Daarsonder verval hulle in onsekerheid en kom allerlei
> gedragsafwykings na vore.
> Hierdie gebrek aan dissipline in die gesin kring uit na die skole, waarin
> dissiplinêre optrede al byna `n vergete mite geword het. Uiteindelik,
> wanneer die ongedissiplineerde kinders grootword, gee hulle die pas aan in
> `n ongedissiplineerde samelewing waarin wet en orde kwalik gehandhaaf kan
> word. Daarom is die verval van die huisgesin tegelykertyd die verval van
> die samelewing.
> Hierteenoor laat God in Sy Woord geen twyfel nie dat Hy die gesin ingestel
> het om die grondslag van die samelewing te wees en om tot heil en seën van
> almal te dien. Die seën van die huisgesin word digterlik beskrywe in Psalm
> 128. In Josua 24:15 hoor ons die aangrypende uitroep van Josua namens sy
> huisgesin: " Ek en my huis, ons sal die HERE dien." In Psalm 127:1 hoor
> ons: "As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan
> bou." In 1 Timoteus 3:4 word dit as deug beskou as iemand sy eie huis goed
> kan regeer en sy kinders in alle waardigheid in onderdanigheid hou.
> Daarom wil ek pleit dat daar ernstig gewerk moet word aan die rehabilitasie
> en herstel van die huisgesin as ruggraat van die samelewing.
> Die verval het al so ver gevorder dat `n mens moet dink aan heel onder optel
> en weer oor begin bou. Dit sal inspanning vra van alle betrokke partye.
> *Elke huisgesin kan byvoorbeeld besluit om een aand per week vir gesinsbou
> opsy te sit. Laat elkeen `n afspraak maak in sy/haar dagboek vir `n
> bepaalde weeksaand wanneer geen lid van die gesin iets mag aan hê nie (nou
> nie van hul klere gepraat nie). Daardie aand bly die hele gesin tuis. Die
> televisie en die radio word glad nie aangeskakel nie. Die rehabilitasie
> vind plaas deurdat die gesin op sulke aande weer moet aanleer om met mekaar
> te praat. Maak huisgodsdiens gerus maar weer een van die agendapunte.
> *Die pa en ma van die huis kan nog `n ekstra aand van die week net vir hulle
> as egpaar opsy sit - nie om saam uit te gaan nie (dit kan soms ook wel),
> maar om met mekaar te praat. Egpare het ook al verleer om met mekaar te
> praat.
> 1 Timoteus 5:4 "Die kinders moet leer om teenoor hulle eie huis eerbied te
> betoon en hulle ouers te vergoed. Dit is goed en aangenaam voor God."
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67565 is 'n antwoord op boodskap #67533] Wo, 16 Oktober 2002 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
JohanIs, alles wat jy daar sê is lieflik, rein en loflik.
Dankie vir jou moeite met die inset.
Die punt natuurlik is dat jy praat uit die oogpunt van jou ervaringsveld,
wat, kom laat ons nou maar eerlik wees, nie baie jare is nie.

Bewaar hierdie skrywe, en lees dit weer oor dertig jaar. Ek beloof jou, jy
sal jy kop op plekke in ongeloof skud.

Iemand het nie so lank gelede vir my gesê ek kan nie die wiel herontwerp
nie - dus is ek nie verstok in gedagtes nie, en idees spring nog elke liewe
dag op. Ek moet net aanvaar dat daar sekere dinge is wat outomaties
ontwikkel en aangaan, en ek moet my met die beste van my vermoë daarby
aanpas, of nuwe idees uit hierdie nuwe omstandighede formuleer. Mens kan nie
teruggaan nie.

John Major het die slagspreuk : terug na tradisionele famieliewaardes -
gebruik in sy verkiesingsveldtog en selfs ten tye van sy premierskap, terwyl
hy self nie dit gehandhaaf het nie. Dis nou een ding wat mens so met die
jare leer - as 'n politikus met een of ander loflike idee kom, kan mens maar
'n soortgelyke geraamte loop soek.

Hoe dink jy het die huidige los familiekringe ontstaan? - Ek kan nou nie
juis saampraat nie, want ek kom uit die ou tyd en ons familie is nog
besonder familievas.
Mens sien maar hoe dinge gebeur - gewoonlik 'n vader wat te outokraties
optree, en by die eerste geleentheid wat die kind kan wegbreek uit 'n
omgewing waar kinders gesien en nie gehoor mag word nie, word dit gedoen en
gewoonlik gesweer om nooit weer so onderdruk te word deur iemand nie.
'n Moeder wie se roeping in haar lewe is om te sorg dat man en kinders drie
gesonde maaltye per dag kry, word ook later die vinger na gewys as iemand
wat glad nie belang gestel het in die ontwikkeling en die sienswyse van die
kind nie, en gewoonlik oorkompenseer daardie kinders later met hul eie
telge.

So, nee, herinstelling soos wat jy graag wil voorstel is nie prakties
haalbaar nie. Daar is net te veel ander gebeure wat die mense van die huis
be-invloed wat 30 jaar gelede nie daar was nie.
Ek sal selfs so ver gaan om te beweer dat ons in ons jeug glad nie
groepsdruk beleef het nie - maar dit hang van persoonlike ondervinding af,
en vir al wat ek weet is hier mense wat op Potch grootgeword het, en dus wel
aan groepsdruk onderhewig was:))
Ons kan ook nie vergeet dat programme wat op televisie vertoon word wel 'n
invloed het op die denkrigting van mense nie - kinders sowel as ouers.

Net Saterdagoggend by Spier moes ek in ongeloof 'n situasie so reg uit 'n
soapie beleef aan ons tafel. Van te veel TV kyk het hierdie dames aangeneem
dis heeltemal aanvaarbaar om 'n persoonlike vete aan tafel te begin, te
midde van 5 ander wildvreemde mense. Mens kan nie met hulle praat asof hulle
kinders is nie, en vir hulle sê om op te hou nie. Dis nie mooi nie, sien?
Gelukkig vra ek toe die dame langs my van waar sy is - en dit kom toe uit
hulle is 5 vriendinne van Velddrif en omgewing. Manna uit die hemel!! Ek sê
toe dat ek gewonder het waar die mense van die Weskus was wat spesiaal in
die verwelkoming genoem is, en dat my familie in Velddrif nogal onhuts gaan
wees as hulle hoor hoe swak die elite van hulle geweste hulle gedra. Dadelik
hou die rusie toe op . Hulle weet hulle het sosiaal nie reg opgetree nie,
maar hulle het nie eers 'n gedagte daaraan gegee toe hulle begin het nie,
want hulle is te gewoond om dit te sien gebeur, sonder om aangespreek te
word, daagliks op TV, en selfs in blyspele oor die radio, in rolprente en in
die teater.

Ek bepleit dus dat die mense wat in die vermaaklikheidsbedryf meer
sorgsaamheid aan die dag lê, verantwoordelikheid neem vir hul optredes en
keuse van rolle, sodat ons geleidelik terug gaan om wat aanvaarbaar is te
bevorder en dit wat afstootlik is op so 'n wyse af te kraak dat die
kunstenaar self moet kan besef dat so 'n optrede nie bevorderlik vir sy/haar
toekoms en inkomste is nie.
Dis moeilik, maar dit kan gedoen word.
Ek het al so baie ouer kunstenaars ontmoet wat beweer hulle kies hul rolle
nou meer sorgvuldig, want hulle het kinders.
Feit is, dit wat hulle in die verlede gedoen het is nog steeds daar, en die
kinders sal dit tog een of ander tyd sien.

Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3dac3748$0$18850@hades.is.co.za...
> Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele losbandigheid
> onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread. Ek
> glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
> deesdae mee te doen het. Natuurlik sal daar mense wees wat met my verskil en
> ons postmoderne samelewing sal sê dat dit hulle reg is om van my te verskil,
> maar net so is dit my reg om te pleit vir die herinstelling van die
> huisgesin. Ja, jy het reg gelees. Ek praat van die herinstelling van die
> huisgesin, want volgens my is daar amper glad nie meer so iets soos gesinne
> nie. Ons kan die verindividualisering van mense straks as een van die
> sterkste kenmerke van die een-en-twintigste-eeuse samelewing beskou.
> Verbondendheid aan `n spesifieke groep is besig om in onguns te raak. Elke
> mens word gesien as `n enkeling op sy eie, met groot klem op individuele
> regte en individuele prestasie. In die plek van die groepsgebondenheid word
> individue bloot deel van `n groot massa. Die uiteinde is `n samelewing van
> identiteitlose enkelinge in `n massa.
> Hierdie ontwikkeling word die duidelikste gesien in wat aan die gebeur is
> met huisgesinne.
> Pastorale beraders wys daarop dat verbrokkeling van huisgesinne een van die
> basiese probleme van ons tyd is. Van `n samehorigheidsgevoel is daar by die
> (post?)-moderne huisgesin min sprake. Die huisgesin is vervang deur `n
> aantal enkelinge wat as `t ware toevallig binne dieselfde leefruimte
> bestaan. Van die "vader"- en "moeder"-figure het daar bitter min oorgebly.
> * Die pa is nie meer hoof van ie huis wat leiding en rigting op geestelike
> en stoflike gebied gee nie. In die plek daarvan het die pa maar net die
> huisgenoot geword wat moet sorg dat daar genoeg geld in die huis is.
> * Die ma is nie meer die vaste anker in wie die huisgesin se praktiese en
> geloofsbestaan saamtrek nie. Sy is nou maar net die een wat die finansies
> moet aanvul deur `n ekstra inkomste te verdien en die een wat die logistieke
> reëlings in die huishouding moet tref, soos maaltye en klere wat versorg
> moet word.
> * Selfs die onderlinge verbondenheid van pa en ma in die huwelik is deur
> die gees van individualisme ernstig geknou. Die huwelik begin al meer die
> gestalte kry van `n vennootskap van twee individue met gemeenskaplik
> belange. Maar binne hierdie vennootskap het elkeen sy/haar eie belange en
> eie agenda. As een of albei se individuele behoeftes nie meer deur die
> huwelik bevredig word nie, is dit maar net `n kwessie van soek na `n nuwe
> vennootskap wat elkeen se behoeftes beter pas.
> Die oorsake van hierdie groeiende verindividualisering kan op baie plekke
> gesoek word. Sosioloë meen dat televisie een van die groot oorsake is.
> Televisie is soos `n gas wat `n mens in jou huis ingenooi het en wat kort
> voor lank die hele huishouding oorneem. Die oorname het begin deurdat
> televisie gevestigde patrone van die huisgesin versteur het: maaltye moes
> verskuif word ter wille van TV-programme; saamkuiertyd van die gesin moes
> noodwendig ingekort word om plek te maak vir TV-kyk; selfs huisgodsdiens
> moes terugstaan vir goeie televisieprogramme.
> Aanvanklik was daar die "troos" van "huisgodsdiens"-programme wat oor
> televisie gebeeldsend is. Die programme het egter net lank genoeg gehou om
> gesinne af te leer om self hulle huisgodsdiens in stand te hou. Toe
> "huisgodsdien"-programme op televisie tot `n einde kom, was die skade klaar
> gedoen. Huisgodsdiens was iets van die verlede vir meeste huisgesinne.
> Tegelykertyd het huisgesinne ook afgeleer hoe om met mekaar te kommunikeer.
> Die huisgesin het saans versplinter in `n aantal enkelinge wat toevallig
> maar net na dieselfde televisiestel sit en kyk.
> Mettertyd het die televisie se aanhang darem begin afneem en het mense al
> minder vasgenael gesit voor die skerm. Maar die skade was klaar gedoen.
> Huisgesinne het vergeet wat dit is om as gesin saam te wees. Hulle het bly
> voortbestaan as `n versameling van enkelinge.
> Die televisie kan egter nie as enigste sondebok uitgesonder word nie. Die
> tydsgees van die 21ste eeu is ook teen die huisgesin. Die post-modernisme
> met sy oormatige kelm op die menslike subjek (elkeen sien die waarheid op sy
> eie manier) het baie bygedra tot die situasie van verindividualisering
> waarin elkeen dink en doen soos hy/sy wil. Van `n samehorigheidsgevoel het
> daar bitter min oorgebly. `n Pa wat pa en `n ma wat ma vir hulle gesin
> probeer wees, word vanuit die feminisme aangestaar byna asof hulle aan `n
> halsmisdaad skuldig is, Nee, elkeen moet individu in eie reg wees!
> Die prestasiedruk van die samelewing eis ook sy tol. Pa en Ma moet, om die
> finansiële eise van ons tyd by te bly, al beter in hulle werk presteer. Dit
> beteken al langer ure by die werk en al minder tyd vir hulle huisgesin.
> Nie dat die kinders dit aldag agterkom nie, want by die skole word daar
> soveel prestasiedruk op kinders geplaas dat die kinders in elk geval selde
> tuis is. Daarby gaan tieners gebuk onder geweldige groepsdruk wat van hulle
> verg om eerder tyd met maats deur te bring as met die gesin.
> In praktyk is die huisgesin besig om `n bedreigde spesie te word.
> Die gevolge van die vernietiging van huisgesinne is verdere vernietiging van
> die samelewing. Dat ons samelewing ontaard het in `n massa-versameling van
> vereensaamde enkelinge is al ou nuus. Vereensaming te midde van `n groot
> skare van ewe eensames is die siekte van ons tyd. Die wonderlike "vryheid"
> van op jou eie wees, haal baie mense wat van hulle gesinne weggebreek het op
> die lang duur in. Dikwels eindig so iemand in depressie en minderwaardige
> gevoelens. Die veilige bande van `n huisgesin is immers minder "knellend"
> as die betekenisloosheid van maar net op jouself aangewese wees.
> Van dissipline binne gesinsverband het daar bitter min oorgebly. Ouers wat
> wel dissipline probeer handhaaf, word maklik daarvan beskuldig dat hulle die
> individuele regte van hulle kinders aantas. Sielkundiges stem saam dat
> kinders die veilige grense van `n goedgedissiplineerde huishouding nodig
> het. Daarsonder verval hulle in onsekerheid en kom allerlei
> gedragsafwykings na vore.
> Hierdie gebrek aan dissipline in die gesin kring uit na die skole, waarin
> dissiplinêre optrede al byna `n vergete mite geword het. Uiteindelik,
> wanneer die ongedissiplineerde kinders grootword, gee hulle die pas aan in
> `n ongedissiplineerde samelewing waarin wet en orde kwalik gehandhaaf kan
> word. Daarom is die verval van die huisgesin tegelykertyd die verval van
> die samelewing.
> Hierteenoor laat God in Sy Woord geen twyfel nie dat Hy die gesin ingestel
> het om die grondslag van die samelewing te wees en om tot heil en seën van
> almal te dien. Die seën van die huisgesin word digterlik beskrywe in Psalm
> 128. In Josua 24:15 hoor ons die aangrypende uitroep van Josua namens sy
> huisgesin: " Ek en my huis, ons sal die HERE dien." In Psalm 127:1 hoor
> ons: "As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan
> bou." In 1 Timoteus 3:4 word dit as deug beskou as iemand sy eie huis goed
> kan regeer en sy kinders in alle waardigheid in onderdanigheid hou.
> Daarom wil ek pleit dat daar ernstig gewerk moet word aan die rehabilitasie
> en herstel van die huisgesin as ruggraat van die samelewing.
> Die verval het al so ver gevorder dat `n mens moet dink aan heel onder optel
> en weer oor begin bou. Dit sal inspanning vra van alle betrokke partye.
> *Elke huisgesin kan byvoorbeeld besluit om een aand per week vir gesinsbou
> opsy te sit. Laat elkeen `n afspraak maak in sy/haar dagboek vir `n
> bepaalde weeksaand wanneer geen lid van die gesin iets mag aan hê nie (nou
> nie van hul klere gepraat nie). Daardie aand bly die hele gesin tuis. Die
> televisie en die radio word glad nie aangeskakel nie. Die rehabilitasie
> vind plaas deurdat die gesin op sulke aande weer moet aanleer om met mekaar
> te praat. Maak huisgodsdiens gerus maar weer een van die agendapunte.
> *Die pa en ma van die huis kan nog `n ekstra aand van die week net vir hulle
> as egpaar opsy sit - nie om saam uit te gaan nie (dit kan soms ook wel),
> maar om met mekaar te praat. Egpare het ook al verleer om met mekaar te
> praat.
> 1 Timoteus 5:4 "Die kinders moet leer om teenoor hulle eie huis eerbied te
> betoon en hulle ouers te vergoed. Dit is goed en aangenaam voor God."
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67579 is 'n antwoord op boodskap #67533] Wo, 16 Oktober 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Ja, jy het reg gelees. Ek praat van die herinstelling van die
> huisgesin, want volgens my is daar amper glad nie meer so iets soos gesinne
> nie.

Vir 'n Kanadees wat nounet deur ons Thanksgiving
periode gegaan het, waar mense bymekaarkom in
gesinne, en kinders sover as moontlik byeenkom met
hulle ouers en broers en susters en skoongesinne,
klink hierdie soort gepraat maar na 'n deklamering
van 'n sekere soort gewoonlik Protestantse predikant,
wat 'n agenda het.
Ek is ook oud genoeg om te weet dat daar in my
jong dae omtrent net soveel seks onder jong mense was
as vandag. Hulle het net toe meer kondome gebruik, iets
wat in onbruik geraak het toe die pil ingekom het. Daar
was in my jong dae ook maar baie baie "buite-egse" kinders.
Gewoonlik is hulle aangeneem deur die oupa en ouma en
as hulle eie kind grootgemaak, en dies meer.
In die ou dae was daar ook gebroke gesinne en gesinne
wat nie goed gefunksioneer het nie. En baie kinders wat
op sestien die huis verlaat het omdat hulle nie met hulle
ouers kon "klaarkom" nie.
So oppas vir die Afrikaners wat wil kontrolleer wat
"goed" is en wat "aanneembaar" is. Afrikaners moet leer dat
hulle Afrikanerwees nie volgens die resep van die dominees
hoef te wees nie. Dis gewoonlik dieselfde soort dominees
wat 'n paar dekades gelede gepreek het dat "apartheid"
uit die Bybel geregverdig kan word.

Gloudina
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67603 is 'n antwoord op boodskap #67533] Do, 17 Oktober 2002 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:...
> Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele losbandigheid
> onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread. Ek
> glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
> deesdae mee te doen het.

KinkY: ek sien juis gisteraand op Oprah van n gesin wat besluit het
om vir ses maande geen TV te kyk nie. Hulle het die prop uitgetrek en
TV-loosheid het n groot verandering in die gesin te weeg gebring.
Hulle het ook uitgevind dat van hul kinders sukkel met kleuronderskeid
en ander belangrinke dinge van mekaar weet ontdek.

Die vorige aand het ek na n tragiese fliek op TV 1 gekyk met die naam
van "Painfull Secrets" wat ook daaroor gehandel dat gesinslede
bymekaar verbyleef en die uitwerking daarvan op een van die kinders.

Ek plaas dus my stem by hierdie pleidooi!
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67607 is 'n antwoord op boodskap #67565] Do, 17 Oktober 2002 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan nie mooi wat jou en Gloudina se beswaar is nie - is dit
1. dat gesinne nie besig is om uitmekaar te dryf nie; of
2. dat so 'n "uitmekaardryf" nie 'n probleem is nie; of
3. dat televisie nie 'n rol hierin speel nie?

Of is die beswaar dat die stuk impliseer dat gebroke gesinne geen kans het
nie? Dan kan ek die beswaar verstaan, want ek is seker dat sulke gesinne
toegang het tot verskeie "coping"-meganismes waarmee 'n mens kan kompenseer.

Ek beleef dit nogal dat dit vir my kinders 'n groot issue is as hulle weet
"die gesin" kry saam met hulle seer of is saam met hulle bly. Jy moes my
seun se gesig sien as die hele gesin hom op die lughawe kom haal. Of, as
iemand eksamen skryf, te weet dat "pa, ma en die ander kinders" langs hulle
daar op die eksamenbanke sit.

Ek dink iemand wat sonder 'n hegte gesin grootwoord moet vanuit 'n
agterstand van eensaamheid begin waaruit sommiges nooit ontsnap nie en
andere weer sterker uitkom. Ek glo nie dis nodig om die rol van gesinswees
te kleineer omdat 'n politikus dit êrens in sy veldtog gebruik het nie.

Dit is ook iets waaraan 'n mens kan werk. Saam eet, en saam kennis neem van
die ander se skades en vreugdes, bring ons al ver. Al is die beste
televisieprogramme daardie tyd aan die gang.

K

"Annette" skryf in boodskap news:aok6im$nqdq9$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> JohanIs, alles wat jy daar sê is lieflik, rein en loflik.
> Dankie vir jou moeite met die inset.
> Die punt natuurlik is dat jy praat uit die oogpunt van jou ervaringsveld,
> wat, kom laat ons nou maar eerlik wees, nie baie jare is nie.
>
> Bewaar hierdie skrywe, en lees dit weer oor dertig jaar. Ek beloof jou, jy
> sal jy kop op plekke in ongeloof skud.
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67611 is 'n antwoord op boodskap #67603] Do, 17 Oktober 2002 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook vlugtig daardie stukkie gesien. Dit kan werk met kinders wat nog
klein is. Maar die groepsdruk is net te groot wanneer die kinders in die
skool al is.
Tensy jy jou gesin heeltemal wil isoleer, sal die kinders altyd iewers nog
steeds TV sien.

Wat van rolprente - al gaan kyk mens na 'n gesinstekenprent is daar nog
steeds seks en geweld te sien in die voorprente.

Daarom bepleit ek, soos die gas op Oprah, dat die vermaaklikheidsbedryf meer
verantwoordelikheid aan die dag moet lê.
Selfs met die komieks, word daar nooit voor of na die program aan die
kinders verduidelik dat as iemand van 'n krans afval, of met bokgael geskiet
word, dat hy weer sal kan opstaan nie. Hoeveel ouers verduidelik dit aan die
kinders.?

Annette

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0210162157.20cdcea8@posting.google.com...
> "johanls" wrote in message
news:...
>> Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele losbandigheid
>> onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread. Ek
>> glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
>> deesdae mee te doen het.
>
> KinkY: ek sien juis gisteraand op Oprah van n gesin wat besluit het
> om vir ses maande geen TV te kyk nie. Hulle het die prop uitgetrek en
> TV-loosheid het n groot verandering in die gesin te weeg gebring.
> Hulle het ook uitgevind dat van hul kinders sukkel met kleuronderskeid
> en ander belangrinke dinge van mekaar weet ontdek.
>
> Die vorige aand het ek na n tragiese fliek op TV 1 gekyk met die naam
> van "Painfull Secrets" wat ook daaroor gehandel dat gesinslede
> bymekaar verbyleef en die uitwerking daarvan op een van die kinders.
>
> Ek plaas dus my stem by hierdie pleidooi!
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67620 is 'n antwoord op boodskap #67603] Do, 17 Oktober 2002 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kinky wrote:

> Die vorige aand het ek na n tragiese fliek op TV 1 gekyk met die naam
> van "Painfull Secrets" wat ook daaroor gehandel dat gesinslede
> bymekaar verbyleef en die uitwerking daarvan op een van die kinders.
>
> Ek plaas dus my stem by hierdie pleidooi!

Maar dink jy nie dat hierdie toestand vyftig
en honderd jaar gelede ook bestaan het nie?
Dit is juis iets wat verskillend is tussen
vandag en gister se mense. Die pa's van vandag
hier in Kanada veral is so baie meer met hulle
kinders gemoeid en bad hulle en lees vir hulle
en pas hulle op. Daar is natuurlik wanaangepaste
en disfunksionele gesinne nou ook, maar so was dit
in my jongdae en in my ouers se jongdae. Predikante
wat so oor die "familie" preek, moet eers voor hulle
eie deur skoon vee. Dit was 'n bekende feit dat die
familielede van predikante maar somtyds taamlik
losbandig kon wees.

Gloudina
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67621 is 'n antwoord op boodskap #67607] Do, 17 Oktober 2002 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek verstaan nie mooi wat jou en Gloudina se beswaar is nie - is dit
> 1. dat gesinne nie besig is om uitmekaar te dryf nie; of
> 2. dat so 'n "uitmekaardryf" nie 'n probleem is nie; of
> 3. dat televisie nie 'n rol hierin speel nie?

Nee, Koot, jy verstaan verkeerd op al drie punte.
Al wat ons wil sê is dat hierdie mooi sedige gepraat
oor "die gesin" en die gekla oor die hedendaagse
"gesinloosheid" van die maatskappy iets is wat bietjie
na predikant-deklamasies ruik. Hierdie soort gepraat
het ek ook in my jong dae van kansels af gehoor. En
dan soms uit monde van predikante vir wie ek nie
eintlik respek kon hê nie, juis omdat mens na hulle
gesinslewe gekyk het.
My eie ondervinding, en dis nou veral in Kanada, is
dat familielewe nog 'n groot en gesonde rol speel in baie
normale mense se lewens. Ek sou amper sê in Noord-Amerika
word die gesinslewe nog meer op 'n pedestaal gesit as in
Suid-Afrika.
Maar daar is ook baie disfunksionele families. Die
verskil is nou in die moderne tyd dat sulke kinders wat dit
nie meer in hulle huise kan uithou nie, makliker staatshulp
kan kry om op hulle eie te bly. Of dis meer gewoon om op die
strate te bly, waar daar ook sekere vangnette is.

Gloudina
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67626 is 'n antwoord op boodskap #67611] Do, 17 Oktober 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Ek het ook vlugtig daardie stukkie gesien. Dit kan werk met kinders wat nog
> klein is. Maar die groepsdruk is net te groot wanneer die kinders in die
> skool al is.
> Tensy jy jou gesin heeltemal wil isoleer, sal die kinders altyd iewers nog
> steeds TV sien.

KinkY: Ek sou nie my kinders heeltemal isoleer nie, Annette. Ek sou
maar net dat daar beslis beperkinge in die huishouding is. En my doel
sou wees om gesinsbinding te bevorder, nie soseer om hulle van nare
fliek en tonele af weg te hou nie.

Ek reken mens kan ook sinvol TV kyk, soos wat jy hier onder impliseer.

>
> Wat van rolprente - al gaan kyk mens na 'n gesinstekenprent is daar nog
> steeds seks en geweld te sien in die voorprente.
>
> Daarom bepleit ek, soos die gas op Oprah, dat die vermaaklikheidsbedryf meer
> verantwoordelikheid aan die dag moet lê.
> Selfs met die komieks, word daar nooit voor of na die program aan die
> kinders verduidelik dat as iemand van 'n krans afval, of met bokgael geskiet
> word, dat hy weer sal kan opstaan nie. Hoeveel ouers verduidelik dit aan die
> kinders.?
>
> Annette
>
>
> "Kinky" wrote in message
> news:4bb80b32.0210162157.20cdcea8@posting.google.com...
>> "johanls" wrote in message
> news:...
>>> Na aanleiding van Annette se berig uit Sarie oor die seksuele
> losbandigheid
>>> onder jongmense en dan veral skoolkinders plaas ek hierdie nuwe thread.
> Ek
>>> glo persoonlik dat dit die eintlike oorsaak is van baie probleme wat ons
>>> deesdae mee te doen het.
>>
>> KinkY: ek sien juis gisteraand op Oprah van n gesin wat besluit het
>> om vir ses maande geen TV te kyk nie. Hulle het die prop uitgetrek en
>> TV-loosheid het n groot verandering in die gesin te weeg gebring.
>> Hulle het ook uitgevind dat van hul kinders sukkel met kleuronderskeid
>> en ander belangrinke dinge van mekaar weet ontdek.
>>
>> Die vorige aand het ek na n tragiese fliek op TV 1 gekyk met die naam
>> van "Painfull Secrets" wat ook daaroor gehandel dat gesinslede
>> bymekaar verbyleef en die uitwerking daarvan op een van die kinders.
>>
>> Ek plaas dus my stem by hierdie pleidooi!
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67633 is 'n antwoord op boodskap #67603] Do, 17 Oktober 2002 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ek is al sonder tv vanaf Des 1993
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
"Kinky" <
> KinkY: ek sien juis gisteraand op Oprah van n gesin wat besluit het
> om vir ses maande geen TV te kyk nie. Hulle het die prop uitgetrek
-----knip---
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67637 is 'n antwoord op boodskap #67633] Do, 17 Oktober 2002 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> ek is al sonder tv vanaf Des 1993

Gesteel?

:-)))))
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67639 is 'n antwoord op boodskap #67607] Vr, 18 Oktober 2002 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Koot! Koot. Praat jy met my in dieselfde reeltjie as die aantie?:)

Op jou vragies:
Nee, op aldrie.

Die feit is dat ons nie weer die huisgesin sal sien soos wat ons dit as
kinders geken het nie. Vandag se kinders as aan veel meer invloede van buite
(wat ons nie eers gehad het nie) en groepsdruk onderhewig.
Selfs dissipline in die huis en by die skool word nie eers meer toegepas
soos toe ons kinders was nie.
( Voorbeeld - wanneer laas het jy by vriende of familie geëet waar die
kinders aan tafel bly sit het totdat almal klaar was)
Dus, ek het nie verkleinerend gepraat van die huisgesin nie, ek het maar net
getoon dat selfs 'n politikus wat die terugkeer na die ou gesinswaardes as
slagspreuk wil gebruik nie kan slaag nie.

As jy mooi lees sal jy sien ek skiet nie die voorstel af nie - wys net
daarop dat ons die feite van die nuwe soort samelewing moet aanvaar en
haalbare werkbare oplossings vind of probeer vind om tog 'n mate van
gesinslewe daar te stel.

Om TV uit te skakel en huisgodsdiens te hou sal nie werk nie - tensy die
kinders van kleinsaf daarmee grootgeword het.
Wanneer die kind skoolgaande ouderdom bereik, is daar geen manier waarop jy
die kind van TV totaal kan isoleer nie.

Annette

"Koot" skryf in boodskap news:aolr3d$k5t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek verstaan nie mooi wat jou en Gloudina se beswaar is nie - is dit
> 1. dat gesinne nie besig is om uitmekaar te dryf nie; of
> 2. dat so 'n "uitmekaardryf" nie 'n probleem is nie; of
> 3. dat televisie nie 'n rol hierin speel nie?
>
> Of is die beswaar dat die stuk impliseer dat gebroke gesinne geen kans het
> nie? Dan kan ek die beswaar verstaan, want ek is seker dat sulke gesinne
> toegang het tot verskeie "coping"-meganismes waarmee 'n mens kan kompenseer.
>
> Ek beleef dit nogal dat dit vir my kinders 'n groot issue is as hulle weet
> "die gesin" kry saam met hulle seer of is saam met hulle bly. Jy moes my
> seun se gesig sien as die hele gesin hom op die lughawe kom haal. Of, as
> iemand eksamen skryf, te weet dat "pa, ma en die ander kinders" langs hulle
> daar op die eksamenbanke sit.
>
> Ek dink iemand wat sonder 'n hegte gesin grootwoord moet vanuit 'n
> agterstand van eensaamheid begin waaruit sommiges nooit ontsnap nie en
> andere weer sterker uitkom. Ek glo nie dis nodig om die rol van gesinswees
> te kleineer omdat 'n politikus dit êrens in sy veldtog gebruik het nie.
>
> Dit is ook iets waaraan 'n mens kan werk. Saam eet, en saam kennis neem van
> die ander se skades en vreugdes, bring ons al ver. Al is die beste
> televisieprogramme daardie tyd aan die gang.
>
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:aok6im$nqdq9$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> JohanIs, alles wat jy daar sê is lieflik, rein en loflik.
>> Dankie vir jou moeite met die inset.
>> Die punt natuurlik is dat jy praat uit die oogpunt van jou ervaringsveld,
>> wat, kom laat ons nou maar eerlik wees, nie baie jare is nie.
>>
>> Bewaar hierdie skrywe, en lees dit weer oor dertig jaar. Ek beloof jou, jy
>> sal jy kop op plekke in ongeloof skud.
>>
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67645 is 'n antwoord op boodskap #67633] Vr, 18 Oktober 2002 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En hoe verstaan jy dan wat Die Prez sê?:))
Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:aon0fi$sj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ek is al sonder tv vanaf Des 1993
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> "Kinky" > KinkY: ek sien juis gisteraand op Oprah van n gesin wat besluit het
>> om vir ses maande geen TV te kyk nie. Hulle het die prop uitgetrek
> -----knip---
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67646 is 'n antwoord op boodskap #67639] Vr, 18 Oktober 2002 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee goed. Ek het my net verbeel ek het 'n verskriklike geskreeu gehoor van
'n kind wat saam met die badwater uitgegooi is.

Koot

"Annette" skryf in boodskap news:aoo3nn$o5lve$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Haai Koot! Koot. Praat jy met my in dieselfde reeltjie as die aantie?:)
>
> Op jou vragies:
> Nee, op aldrie.
>
> Die feit is dat ons nie weer die huisgesin sal sien soos wat ons dit as
> kinders geken het nie. Vandag se kinders as aan veel meer invloede van buite
> (wat ons nie eers gehad het nie) en groepsdruk onderhewig.
> Selfs dissipline in die huis en by die skool word nie eers meer toegepas
> soos toe ons kinders was nie.
> ( Voorbeeld - wanneer laas het jy by vriende of familie geëet waar die
> kinders aan tafel bly sit het totdat almal klaar was)
> Dus, ek het nie verkleinerend gepraat van die huisgesin nie, ek het maar net
> getoon dat selfs 'n politikus wat die terugkeer na die ou gesinswaardes as
> slagspreuk wil gebruik nie kan slaag nie.
>
> As jy mooi lees sal jy sien ek skiet nie die voorstel af nie - wys net
> daarop dat ons die feite van die nuwe soort samelewing moet aanvaar en
> haalbare werkbare oplossings vind of probeer vind om tog 'n mate van
> gesinslewe daar te stel.
>
> Om TV uit te skakel en huisgodsdiens te hou sal nie werk nie - tensy die
> kinders van kleinsaf daarmee grootgeword het.
> Wanneer die kind skoolgaande ouderdom bereik, is daar geen manier waarop jy
> die kind van TV totaal kan isoleer nie.
>
> Annette
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:aolr3d$k5t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek verstaan nie mooi wat jou en Gloudina se beswaar is nie - is dit
>> 1. dat gesinne nie besig is om uitmekaar te dryf nie; of
>> 2. dat so 'n "uitmekaardryf" nie 'n probleem is nie; of
>> 3. dat televisie nie 'n rol hierin speel nie?
>>
>> Of is die beswaar dat die stuk impliseer dat gebroke gesinne geen kans het
>> nie? Dan kan ek die beswaar verstaan, want ek is seker dat sulke gesinne
>> toegang het tot verskeie "coping"-meganismes waarmee 'n mens kan
> kompenseer.
>>
>> Ek beleef dit nogal dat dit vir my kinders 'n groot issue is as hulle weet
>> "die gesin" kry saam met hulle seer of is saam met hulle bly. Jy moes my
>> seun se gesig sien as die hele gesin hom op die lughawe kom haal. Of, as
>> iemand eksamen skryf, te weet dat "pa, ma en die ander kinders" langs
> hulle
>> daar op die eksamenbanke sit.
>>
>> Ek dink iemand wat sonder 'n hegte gesin grootwoord moet vanuit 'n
>> agterstand van eensaamheid begin waaruit sommiges nooit ontsnap nie en
>> andere weer sterker uitkom. Ek glo nie dis nodig om die rol van gesinswees
>> te kleineer omdat 'n politikus dit êrens in sy veldtog gebruik het nie.
>>
>> Dit is ook iets waaraan 'n mens kan werk. Saam eet, en saam kennis neem
> van
>> die ander se skades en vreugdes, bring ons al ver. Al is die beste
>> televisieprogramme daardie tyd aan die gang.
>>
>> K
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:aok6im$nqdq9$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> JohanIs, alles wat jy daar sê is lieflik, rein en loflik.
>>> Dankie vir jou moeite met die inset.
>>> Die punt natuurlik is dat jy praat uit die oogpunt van jou
> ervaringsveld,
>>> wat, kom laat ons nou maar eerlik wees, nie baie jare is nie.
>>>
>>> Bewaar hierdie skrywe, en lees dit weer oor dertig jaar. Ek beloof
jou,
> jy
>>> sal jy kop op plekke in ongeloof skud.
>>>
>>
>
Re: Die herinstelling van die huisgesin ASB!! [boodskap #67671 is 'n antwoord op boodskap #67639] Vr, 18 Oktober 2002 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Haai Koot! Koot. Praat jy met my in dieselfde reeltjie as die aantie?:)

En wat is verkeerd daarmee? Jy
behoort bevoorreg te wees.

Die Mense van Swellendam.
Re: Die herinstelling van die radio [boodskap #67675 is 'n antwoord op boodskap #67637] Vr, 18 Oktober 2002 18:12 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Katryn"
> Gesteel?
> :-)))))
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
hheheheheh ................ nee, die tv vir my skoonma gegee sodat sy die
hartaanval kan kry :-)
---
Vorige onderwerp: " koebaai Meneer Chips " deur PREVOT VAN DER MERWE
Volgende onderwerp: Re: NO EXCUSE FOR TERROR! NO EXCUSE FOR KILLING!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:33:40 MGT 2024