Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ja, ja, ja vir die doodstraf
ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66017] |
Thu, 05 September 2002 12:55  |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
watter mens in sy/haar regte mind kan nog dink dat moordnaars en
verkragters verdien om te leef. die sestien jarige gestremde meisie is
dood nadat drie hijackers die bussie van die gestremde skool gehijack
het. sy was to blykbaar te stadig om uit te klim toe skiet hulle haar.
doodstraf deur te hang is te genadig vir hulle. bring hulle kerkplein
toe sodat hulle gestenig kan word.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66029 is 'n antwoord op boodskap #66017] |
Thu, 05 September 2002 14:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
Meneer Anton Oosthuizen skryf voor hy kon dink:
> watter mens in sy/haar regte mind kan nog dink dat moordnaars en
> verkragters verdien om te leef. die sestien jarige gestremde meisie is
> dood nadat drie hijackers die bussie van die gestremde skool gehijack
> het. sy was to blykbaar te stadig om uit te klim toe skiet hulle haar.
> doodstraf deur te hang is te genadig vir hulle. bring hulle kerkplein
> toe sodat hulle gestenig kan word.
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Anton, jy het duidelik nog nooit rerig oor die doodstraf gedink nie.
Jy vat maar net elke keer jou ou vooroordele en skommel hulle so 'n
bietjie.
Gaan doen 'n bietjie 'n Google search of David Shepherd - nie die
kunstenaar wat November SA toe kom nie, maar David Shepherd die
"moordenaar."
Laat my weet hoe jy oor David voel.
Johan Bornman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66106 is 'n antwoord op boodskap #66032] |
Sun, 08 September 2002 16:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Fri, 6 Sep 2002 04:25:51 +0200, "Esperanzo Jonas"
Skryf
> Johan
> Wanneer jy met iemand verskil beteken dit nie dat hy/sy nog nie daaroor
> gedink het nie.
> Ek glo dat die doodstraf selektief teruggebring moet word - nie om mense
> dood te maak nie, maar om as 'n effektiewe afskrikmiddel te dien vir die wat
> dit wil doen.
Jonas, jy dink nie voor jy skryf nie. Hoe gaan jy die doodstraf toepas
sonder om mense dood te maak. Hulle vries sodat ons hulle later weer
kan ontdooi as ons die tegnologie het om hulle anders te laat optree?
> Selektief sodat slegs waar daar onomstootlike bewyse bestaan van
> betrokkenheid/medepligtigheid en waar die misdryf vooraf beplan is.
Soos ek vroe"er gevra het, gaan soek op Google vir David Shepherd en
dan fluit jy weer die storie van "onomstootlikheid."
> Ek is sat vir die argument van onskuldige mense wat met die dood gestraf
> is - elkeen wat vermoor is, was onskuldig.
Dus verwerp jy my denke. OK. Maar dink eers 'n bietjie oor jou
redenasie.
Jy is siek vir die argument dat sommige mense gehang/gespuit/geskok
word want almal wat vermoor is was onskuldig....
Dis 'n klassieke non-sequtor.
Johan Bornman
> wrote in message
> news:3d7770a7.32829806@news.icon.co.za...
>> Meneer Anton Oosthuizen skryf voor hy kon dink:
>>> watter mens in sy/haar regte mind kan nog dink dat moordnaars en
>>> verkragters verdien om te leef. die sestien jarige gestremde meisie is
>>> dood nadat drie hijackers die bussie van die gestremde skool gehijack
>>> het. sy was to blykbaar te stadig om uit te klim toe skiet hulle haar.
>>> doodstraf deur te hang is te genadig vir hulle. bring hulle kerkplein
>>> toe sodat hulle gestenig kan word.
>>> Threeships Mcduck
>>> www.mothership.co.za
>> Anton, jy het duidelik nog nooit rerig oor die doodstraf gedink nie.
>> Jy vat maar net elke keer jou ou vooroordele en skommel hulle so 'n
>> bietjie.
>> Gaan doen 'n bietjie 'n Google search of David Shepherd - nie die
>> kunstenaar wat November SA toe kom nie, maar David Shepherd die
>> "moordenaar."
>> Laat my weet hoe jy oor David voel.
>> Johan Bornman
>
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66107 is 'n antwoord op boodskap #66035] |
Sun, 08 September 2002 16:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
Anton Oosthuizen sê:
> ek is seker dat die persentasie 'onskuldiges' baie minder is as die
> skuldiges. dalk nie eers vergelykbaar nie. ek het empatie met sulke
> mense maar moet ons nou die duisend spaar terwille van een?
Anton, die antwoord is ja. Daai een persoon is ook geregtig om sy/haar
lewe. Dit kan, ek, jy of jou kind wees. Dink daaroor.
> dalk, maar
> die feit dat ek moet werk om kos in die mond van `n moordenaar wat `n
> kind vermoor het moet sit is vir my `n bitter pil om te sluk. die
> helfte van die kriminele wat in die tronk sit vandag se naam is
> 'innocence'
Aha....so dit gaan om geld en bitter pille. Jou swaarverwonne
belastinggeld, om presies te wees.
Maak 'n bietjie 'n paar sommetjies en werk uit wat dit kos om alle
moordenaars, vir veertig jaar lank in die tronk te hou. Ek wonder of
dit jou R10 per maand kos.
As jy so ernstig is oor die koste van die moordenaars aanhou (alhoewel
ek tussen die lyne lees van wraak ek bitter pille, wat beteken dat jy
eintlik oog-vir-'n-oog dink) waarom werk aan ander belastings koste
spaar nie. Byvoorbeeld, dink net hoe baie belasting jy gaan spaar as
alle rokers staats en privaat mediese koste geweier word.
Johan Bornman
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
|
|
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66115 is 'n antwoord op boodskap #66113] |
Sun, 08 September 2002 20:27   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis net jammer dat soveel geskenke van God in die eerste plek verkrag word.
Dis is verskriklik jammer dat die geskenke van God mishandel, ondervoed,
verwaarloos of op ashope gelos word, omdat daar weens omstandighede nie vir
die kind gesorg kan word nie.
Dis vreeslik jammer dat die vinger nooit na die draer van die sperm gewys
word wanneer die draer van die geskenk van God, na lang wroeging, besluit om
wel 'n aborsie te laat doen nie.
Dis werklik jammer dat diegene wat so vroom aborsie sonder enige voorbehoud
teenstaan nooit uitvind hoe die Geskenk van God versorg kan/gaan word nie.
Na my mening het geen man, hoe vroom sy beweegredes ook al mag wees, enige
reg om enige uitspraak hoegenaamd oor aborsie te gee nie, want hy sal nooit
in die posisie wees om daardie keuse te moet maak nie.
Annette
"Tobie" skryf in boodskap news:alg8aj$5se$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Arthur
>> Dis 'n moeilike onderwerp. Vir my beteken 'moord' om
> 'n mens te dood. Maar
>> vanaf welke moment is 'n klomp selle nou 'n mens .....
> Hoe dan ook, ek dink
>> dis 'n diskussie waar ons mans beter 'n 'low profile'
> kan hou.
> ---
> Hello Arthur
> Die vroulike eiersel gaan dood as dit nie bevrug word
> nie. Die manlike saad gaan dood as dit nie saamsmelt met
> die vroulike eiersel nie. As die twee verenig is daar
> lewe. Daardie lewe is die selfde lewe wat gedra word
> deur die vrou vir 9 maande binne haar. Dit is dieselfde
> lewe as die baba gebore word. Dit is dieselfde lewe as
> die kind 'n tiener is. Dit is dieselfde lewe as die kind
> 'n grootmens en later 'n senior burger word. Lewe is die
> geskenk van God.
> Groete
> ---
>
|
|
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66143 is 'n antwoord op boodskap #66113] |
Mon, 09 September 2002 20:55   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: July 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" skryf in boodskap news:alg8aj$5se$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Arthur
>> Dis 'n moeilike onderwerp. Vir my beteken 'moord'
om
> 'n mens te dood. Maar
>> vanaf welke moment is 'n klomp selle nou 'n mens
.....
> Hoe dan ook, ek dink
>> dis 'n diskussie waar ons mans beter 'n 'low
profile'
> kan hou.
> ---
> Hello Arthur
> Die vroulike eiersel gaan dood as dit nie bevrug word
> nie. Die manlike saad gaan dood as dit nie saamsmelt met
> die vroulike eiersel nie. As die twee verenig is daar
> lewe. Daardie lewe is die selfde lewe wat gedra word
> deur die vrou vir 9 maande binne haar. Dit is dieselfde
> lewe as die baba gebore word. Dit is dieselfde lewe as
> die kind 'n tiener is. Dit is dieselfde lewe as die kind
> 'n grootmens en later 'n senior burger word. Lewe is die
> geskenk van God.
> Groete
> ---
Ek stem saam met Arthur.
Ek dink nie 'n mens behoort hierdie saak te probeer
beslis op grond van religieuse argumente nie. Dit gaan
nie op nie, en is gewaarborg om bitter verdeeldheid te
saai.
Dink maar aan die Katolieke Kerk se siening oor die
gebruik van voorbehoedmiddels. Vir sover ek weet het
dit ook iets te doen met "dit is God se wil....".
Protestante het blykbaar 'n ander siening daaroor. En
beide groepe beskou die Bybel as die enigste bron van
waarheid. Wie is nou reg?
Volgens my moet 'n mens die kwessie benader op grond
van die algemene gemeenskapsgevoel. 'Moord' behels die
doodmaak van 'n _mens_, en die vraag is dus wanneer,
volgens die algemene gemeenskapsgevoel, 'n bevrugte
eiersel 'n mens in eie reg word. Wanneer 'n eiersel
bevrug word beteken dit nie noodwendig dat daar
onmiddellik 'n nuwe lewe in eie reg tot stand kom nie.
Die lewe is aanvanklik intiem verstrengel met dié van
die moeder, amper so intiem as wat haar pinkie deel is
van haar liggaam. Om te bepaal waar die skeidslyn lê
tussen 'n lewe wat intiem verstrengel is met dié van
die moeder, en 'n mens in eie reg is egter 'n moeilike
saak. Dis waarvoor daar regters is.
En luister na wat vroue sê. In hierdie opsig weet mans
nie eintlik waaroor hulle praat nie.
Swart Simon
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66145 is 'n antwoord op boodskap #66143] |
Tue, 10 September 2002 01:49   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
En luister na wat vroue sê. In hierdie opsig weet mans
> nie eintlik waaroor hulle praat nie.
Mens kry egter net soveel vroue wat teen
aborsie is as dié wat dit wil oorlaat aan
die vrou se besluit. Wat vertel jy vir hulle?
Dit slaan mens egter dronk hoe militant
hierdie "pro-life" mense is in die VSA, waar
hulle sommer maklik dokters wat aborsies
uitvoer, doodskiet. Die moorde word gewoonlik
uitgevoer deur mans.
Gloudina
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf van embrio's [boodskap #66152 is 'n antwoord op boodskap #66143] |
Tue, 10 September 2002 08:02   |
Max[1]
Boodskappe: 240 Geregistreer: February 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Sperm leef ook, en 'n onbevrugte eiersel ook. Daar's dus heeltyd
lewe.
Dis die siel waaroor dit gaan. As iemand tog net kon sê van wanneer
daar 'n siel in die nuwe lewe ontstaan sou mens makliker kon oordeel.
Daar's nou 'n Dokter in België in die nuus omdat hy vir Euro 350 die
mense help om óf seuntjies óf dogtertjies te kry. Die sperms word
Amerika toe gestuur en dan geskei, sodat net XX of net XY spermpies by
die eiersel beland.
Slaagsyfer: 75% vir seuns en 85% vir dogtertjies.
Dink julle dis goed om so met moeder natuur te lol?
Max_________________________________________________________ _________
"Swart Simon" skryf in boodskap news:...
> "Tobie" wrote in message
> news:alg8aj$5se$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> "Arthur
>>> Dis 'n moeilike onderwerp. Vir my beteken 'moord'
> om
> 'n mens te dood. Maar
>>> vanaf welke moment is 'n klomp selle nou 'n mens
> .....
> Hoe dan ook, ek dink
>>> dis 'n diskussie waar ons mans beter 'n 'low
> profile'
>> kan hou.
>> ---
>> Hello Arthur
>> Die vroulike eiersel gaan dood as dit nie bevrug word
>> nie. Die manlike saad gaan dood as dit nie saamsmelt
> met
>> die vroulike eiersel nie. As die twee verenig is daar
>> lewe. Daardie lewe is die selfde lewe wat gedra word
>> deur die vrou vir 9 maande binne haar. Dit is
> dieselfde
>> lewe as die baba gebore word. Dit is dieselfde lewe
> as
>> die kind 'n tiener is. Dit is dieselfde lewe as die
> kind
>> 'n grootmens en later 'n senior burger word. Lewe is
> die
>> geskenk van God.
>> Groete
>> ---
>
>
> Ek stem saam met Arthur.
>
> Ek dink nie 'n mens behoort hierdie saak te probeer
> beslis op grond van religieuse argumente nie. Dit gaan
> nie op nie, en is gewaarborg om bitter verdeeldheid te
> saai.
>
> Dink maar aan die Katolieke Kerk se siening oor die
> gebruik van voorbehoedmiddels. Vir sover ek weet het
> dit ook iets te doen met "dit is God se wil....".
> Protestante het blykbaar 'n ander siening daaroor. En
> beide groepe beskou die Bybel as die enigste bron van
> waarheid. Wie is nou reg?
>
> Volgens my moet 'n mens die kwessie benader op grond
> van die algemene gemeenskapsgevoel. 'Moord' behels die
> doodmaak van 'n _mens_, en die vraag is dus wanneer,
> volgens die algemene gemeenskapsgevoel, 'n bevrugte
> eiersel 'n mens in eie reg word. Wanneer 'n eiersel
> bevrug word beteken dit nie noodwendig dat daar
> onmiddellik 'n nuwe lewe in eie reg tot stand kom nie.
> Die lewe is aanvanklik intiem verstrengel met dié van
> die moeder, amper so intiem as wat haar pinkie deel is
> van haar liggaam. Om te bepaal waar die skeidslyn lê
> tussen 'n lewe wat intiem verstrengel is met dié van
> die moeder, en 'n mens in eie reg is egter 'n moeilike
> saak. Dis waarvoor daar regters is.
>
> En luister na wat vroue sê. In hierdie opsig weet mans
> nie eintlik waaroor hulle praat nie.
>
> Swart Simon
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf van embrio's [boodskap #66153 is 'n antwoord op boodskap #66152] |
Tue, 10 September 2002 08:25   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink dit is okei - want dan sou my een oom nie ses maal probeer het om 'n
seun te kry nie:))
Maar hoekom word die goed VSA toe gestuur? Beteken dit dan dat al daardie
kinders VSA burgers is?
Annette
"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0209100002.723f97e9@posting.google.com...
> 'n Sperm leef ook, en 'n onbevrugte eiersel ook. Daar's dus heeltyd
> lewe.
>
> Dis die siel waaroor dit gaan. As iemand tog net kon sê van wanneer
> daar 'n siel in die nuwe lewe ontstaan sou mens makliker kon oordeel.
>
> Daar's nou 'n Dokter in België in die nuus omdat hy vir Euro 350 die
> mense help om óf seuntjies óf dogtertjies te kry. Die sperms word
> Amerika toe gestuur en dan geskei, sodat net XX of net XY spermpies by
> die eiersel beland.
>
> Slaagsyfer: 75% vir seuns en 85% vir dogtertjies.
>
> Dink julle dis goed om so met moeder natuur te lol?
>
> Max_________________________________________________________ _________
>
> "Swart Simon" wrote in message
news:...
>> "Tobie" wrote in message
>> news:alg8aj$5se$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> "Arthur
>>>> Dis 'n moeilike onderwerp. Vir my beteken 'moord'
>> om
>> 'n mens te dood. Maar
>>>> vanaf welke moment is 'n klomp selle nou 'n mens
>> .....
>> Hoe dan ook, ek dink
>>>> dis 'n diskussie waar ons mans beter 'n 'low
>> profile'
>>> kan hou.
>>> ---
>>> Hello Arthur
>>> Die vroulike eiersel gaan dood as dit nie bevrug word
>>> nie. Die manlike saad gaan dood as dit nie saamsmelt
>> met
>>> die vroulike eiersel nie. As die twee verenig is daar
>>> lewe. Daardie lewe is die selfde lewe wat gedra word
>>> deur die vrou vir 9 maande binne haar. Dit is
>> dieselfde
>>> lewe as die baba gebore word. Dit is dieselfde lewe
>> as
>>> die kind 'n tiener is. Dit is dieselfde lewe as die
>> kind
>>> 'n grootmens en later 'n senior burger word. Lewe is
>> die
>>> geskenk van God.
>>> Groete
>>> ---
>>
>>
>> Ek stem saam met Arthur.
>>
>> Ek dink nie 'n mens behoort hierdie saak te probeer
>> beslis op grond van religieuse argumente nie. Dit gaan
>> nie op nie, en is gewaarborg om bitter verdeeldheid te
>> saai.
>>
>> Dink maar aan die Katolieke Kerk se siening oor die
>> gebruik van voorbehoedmiddels. Vir sover ek weet het
>> dit ook iets te doen met "dit is God se wil....".
>> Protestante het blykbaar 'n ander siening daaroor. En
>> beide groepe beskou die Bybel as die enigste bron van
>> waarheid. Wie is nou reg?
>>
>> Volgens my moet 'n mens die kwessie benader op grond
>> van die algemene gemeenskapsgevoel. 'Moord' behels die
>> doodmaak van 'n _mens_, en die vraag is dus wanneer,
>> volgens die algemene gemeenskapsgevoel, 'n bevrugte
>> eiersel 'n mens in eie reg word. Wanneer 'n eiersel
>> bevrug word beteken dit nie noodwendig dat daar
>> onmiddellik 'n nuwe lewe in eie reg tot stand kom nie.
>> Die lewe is aanvanklik intiem verstrengel met dié van
>> die moeder, amper so intiem as wat haar pinkie deel is
>> van haar liggaam. Om te bepaal waar die skeidslyn lê
>> tussen 'n lewe wat intiem verstrengel is met dié van
>> die moeder, en 'n mens in eie reg is egter 'n moeilike
>> saak. Dis waarvoor daar regters is.
>>
>> En luister na wat vroue sê. In hierdie opsig weet mans
>> nie eintlik waaroor hulle praat nie.
>>
>> Swart Simon
|
|
|
|
Re: ja, ja, ja vir die doodstraf van embrio's [boodskap #66175 is 'n antwoord op boodskap #66152] |
Wed, 11 September 2002 09:11   |
Pieter[2]
Boodskappe: 93 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hulle doen dit hier ook reeds lank. Koste R 8000 (Pta)

Re: ja, ja, ja vir die doodstraf [boodskap #66231 is 'n antwoord op boodskap #66201] |
Fri, 13 September 2002 00:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
> Wat is hulle argumente? Is hulle werklik in die
> meerderheid?
Hulle mag, in die VSA, onder Protestante
nie in die meerderheid wees nie, maar hul
het ook die hele Katolieke hiërargie aan
hulle kant. En ek moet sê, alhoewel ek
offisieel "pro choice" is, ek die Katolieke
Kerk eer vir hulle "pro-life" beginsels.
In die finale analise kan die Katolieke
Kerk geen ander beginsel voorstaan nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:02:30 UTC 2025
|