Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leerders??
Leerders?? [boodskap #66040] |
Fri, 06 September 2002 07:45  |
anri schramm[1]
Boodskappe: 35 Geregistreer: August 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Kan iemand my sê wanneer van onderwysers leerders geword het? Ek het
iets verpas hier!
Anri
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66102 is 'n antwoord op boodskap #66101] |
Sun, 08 September 2002 11:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> "Francois Human" wrote in message
>> 'pupils' are now 'lennahs' or 'learners'
>> 'teachers' are known as 'titchas' or 'teachers'
>> So the lennahs go to the school to lenn the dieferent sabdjeks. They make
>> centences like "The ticha told the keeds about dieferent kinds of beds
> that >>fly in the sky.'
En die mees tragiese is dat dieselfde
Francois Human Engels met 'n swaar
Afrikaanse aksent praat EN DIT NIE
AGTERKOM NIE. Een van die belaglikste
dinge wat mens 'n Afrikaner kan hoor
sê, is wanneer hy kla oor ander se
aksente. Wêreld, ek is al meer as dertig
jaar in Kanada en my aksent is nog so
duidelik dat enigiemand met bietjie
ondervinding van aksente weet dat dit
'n Afrikaanse aksent is.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66116 is 'n antwoord op boodskap #66108] |
Sun, 08 September 2002 21:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Daar is 'n duidelike verskil tussen 'n aksent en wanneer die uitspraak van
> woorde verwarrend is.
Watter duidelike verskil? Ek spreek nog
altyd "cork" uit soos die Engelse dit
uitspreek (met 'n baie sagte -r-). Die
mense hier sê "korrk" (eintlik baie
nader aan ons Afrikaanse kurk.) Baie mense
verstaan my nie as ek "cork" so uitspreek
nie. Jy verbeel jou jy is die arbiter van
wat reg of verkeerde uitspraak is in Engels
in SA. En jou eie Engelse uitspraak, wed ek
jou, is nóg tipiese SA Engels, of Oxford
Engels, of Londonse Engels. Jy is hovaardig
oor ander mense se uitspraak. Jy sien die
splinter, maar die balk sien jy nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66146 is 'n antwoord op boodskap #66125] |
Tue, 10 September 2002 01:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Hulle verstaan jou heeltemal, Gloudina, hulle verstaan net nie hoekom
> hulle hulle onderdele uit jou wynbottel moet haal nie.
Jy weet duidelik nie hoe die deursnee Engels-
man "cork" en "cock" uitspreek nie. Die
deursnee Noord-Amerikaner se uitspraak van
laasgenoemde is amper identies met die Engelse
uitspraak.
Dis snaaks hoe gou mens, as jy in Noord-Amerika
kom bly, oorslaan na die lokale uitspraak: dit
het my nie lank geneem voor ek "tomato" en "bath"
soos die Noord-Amerikaners uitgespreek het nie.
Om nou hierdie woorde op die "Engelse manier" uit
te spreek, laat my ril. Maar tog kan ek my nie
kry om oor te slaan na die Amerikaanse manier van
"cork" sê nie. Selfs al weet ek die mense sal
my heelwaarskynlik nie verstaan nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66154 is 'n antwoord op boodskap #66147] |
Tue, 10 September 2002 11:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> ANtie - jou pedantiese houding verraai jou beroep as onderwyseres.
> ANder mense dink wel, en ander mense is nie almal onnosel nie. Ook, jy is
> nie die enigste enetjie wat iets van niks af weet nie ....
Maar, ou Jonas, as jy sit en hovaardig
pontifikeer oor jou mede Suid-Afrikaners
se "aksente" dan staan dit soos 'n paal
bo water dat jy, met jou breë Afrikaanse
aksent, eintlik deel is van die aksent-
industrie wat deesdae onder 'n sekere
soort Afrikaner ontwikkel het. "Hulle"
kan nou nie meer relegeer word tot die
waterdraers en houtkappers nie, maar mens
kan darem nog op "hulle" neersien omdat
"hulle" nie die "regte" aksente het nie.
Maar ek het nuus vir jou, ou Jonas. As
iemand soos Mandela op die wêreldverhoog
praat, aksent en al, dan luister almal.
Gloudina
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66155 is 'n antwoord op boodskap #66150] |
Tue, 10 September 2002 11:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
>> Jy weet duidelik nie hoe die deursnee Engels-
>> man "cork" en "cock" uitspreek nie. Die
>> Gloudina
>
> Plaas jy vir jou 'n sin vir humor ontwikkel, nou kraak jy eerder
> (alweer) my intelligensie af.
>
> Maar ek bly lief vir jou.
'n Stuk humor se fondament moet ferm
in die werklikheid geplaas word, anders
val dit plat op sy gesig. Hoeveel mense
op die nuusgroep, dink jy, het jou
onkundige "grappie" oor die uitspraak van
"cock" in Engels gesnap?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66161 is 'n antwoord op boodskap #66159] |
Tue, 10 September 2002 13:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Fat nou die vondament weg, dan fal die grap op sy gesegde in die bysin....
Thys my ding, ek is bly jy
is terug. Dis nou seker mooi
lente daar waar julle jul
gesegdes in die bysin was.
Ek onthou nog na al die jare
die wit bloeisels in die tuine
terwyl daar nog sneeu op die
Pieke is. Hier by ons vergaan
ons nog van die hitte, al is
dit al veronderstel om herfs
en koeler te wees.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66163 is 'n antwoord op boodskap #66154] |
Tue, 10 September 2002 13:47   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antie - jy is nie eens hier om die aksente aan te hoor nie - en dan neem jy
die leiding met die gesprek - almal is nie dom nie.
Sommige weet wel waarvan hulle praat. En o ja, my Engels Afrikaans, en
Zulu-aksente is nogal nie sleg nie, jy weet...
skryf in boodskap news:3D7DDE06.6050405@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> ANtie - jou pedantiese houding verraai jou beroep as onderwyseres.
>> ANder mense dink wel, en ander mense is nie almal onnosel nie. Ook, jy is
>> nie die enigste enetjie wat iets van niks af weet nie ....
>
> Maar, ou Jonas, as jy sit en hovaardig
> pontifikeer oor jou mede Suid-Afrikaners
> se "aksente" dan staan dit soos 'n paal
> bo water dat jy, met jou breë Afrikaanse
> aksent, eintlik deel is van die aksent-
> industrie wat deesdae onder 'n sekere
> soort Afrikaner ontwikkel het. "Hulle"
> kan nou nie meer relegeer word tot die
> waterdraers en houtkappers nie, maar mens
> kan darem nog op "hulle" neersien omdat
> "hulle" nie die "regte" aksente het nie.
> Maar ek het nuus vir jou, ou Jonas. As
> iemand soos Mandela op die wêreldverhoog
> praat, aksent en al, dan luister almal.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66164 is 'n antwoord op boodskap #66163] |
Tue, 10 September 2002 14:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> En o ja, my Engels Afrikaans
> -aksente is nogal nie sleg nie, jy weet...
Dis wat ons almal dink, ou Jonas, tot
tyd en wyl ons in Piccadilly Circus in
London staan en as ons ons mond oopmaak...
En as ons dertig jaar na ons SA verlaat
het, nog uitgeken word as Suid-Afrikaners
deur enigiemand met bietjie kennis. Dis
daarom dat julle joggies wat so oor
"aksente" praat daar in SA so belaglik
in die oë van die wêreld is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66189 is 'n antwoord op boodskap #66172] |
Wed, 11 September 2002 11:54   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Antie - ek was al daar - ook daar in Toronto. En, ek kan jou verseker dat my
> aksent ten spyt, dit nie lei tot verwarring nie.
> Ek weet waarvan ek praat - ons is nie almal dom en onberese nie....
En wat het met in-Toronto-te-gewees-het,
met die prys van eiers te doen? Jy kla oor
die onverstaanbare aksente van jou mede-
Afrikaners. Dit is wat onder bespreking is.
En was jy in daardie dele van Toronto wat
geheel en al Sjinees is, selfs die tekens
op die geboue? Toronto is glo die mees
kosmopolitiese stad ter wereld. Niemand
bekommer hom oor aksente daar nie. Behalwe
sommige nuut aangekome Suid-Afrikaners wat
nie aan die "Kanadese aksent" gewoond kan
raak nie. Ha, ha.
Gloudina
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66192 is 'n antwoord op boodskap #66182] |
Wed, 11 September 2002 12:07   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Skaam jy jou vir jou herkoms?
>
> Ek het dit nie van jou verwag nie, Gloudina...
Glad nie, Max. Miskien gedurende die
apartheidsdae. Maar nou verkondig ek
dit van die dakke af.
Maar dink jy nie alle Afrikaners hoop
dat hulle 'n "goeie Engelse aksent" het
nie, tot tyd en wyl hulle in die
buiteland uitvind mense weet waarvandaan
jy kom as jy jou mond oopmaak?
Gloudina
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66195 is 'n antwoord op boodskap #66189] |
Wed, 11 September 2002 14:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
@rogers.com wrote:
Jy kla oor
> die onverstaanbare aksente van jou mede-
> Afrikaners. Dit is wat onder bespreking is.
Terwyl ons nou op die onderwerp van Suid-
Afrikaanse aksente is, wil ek praat oor die
Engelse Suid-Afrikaanse aksent. Sover dit my
aangaan, is 'n sekere soort Engelse SA aksent
een van die mees onverstaanbare in SA.
Toe ek op twintig jaar my eerste werk
begin op St. Anne's Anglican School net buite
Pietermaritzburg as Afrikaanse onderwyseres,
toe laat weet ek vir hulle ewe nederig dat
my Engels nou nie te goed is nie en dat hulle
my tog maar moet verskoon. Op die personeel was
daar baie mense uit Engeland. Die vise-prinsipaal
was van Lancashire. Sy stel toe 'n personeellid
aan, wat volgens hulle Afrikaans ken, om vir my die
tou wys te maak die eerste paar dae ( die skool
was nog nie aan die gang nie.) Dit het natuurlik
gou geblyk dat daar geen rede vir bekommernis was
nie en dat ek my baie goed met Engels kon behelp.
Later vra die vise-prinsipaal uit Lancashire vir
my hoe dit gaan, en of ek my "tolk" kan verstaan.
Ek bieg toe dat ek dit soms effens moeilik vind
om haar in Engels te volg, en toe lag die vise-
prinsipaal en sê hulle kan ook nie aldag haar Engels
verstaan nie.
Engelse Suid-Afrikaners in die oostelike dele
van SA praat baie binnesmonds en dan nog baie sag
ook. Ek het dit opgemerk by 'n swaer wat in Noord-
Transvaal grootgeword het. Ek het dit ook nou onlangs
opgemerk by my skoondogter wat in Natal grootgeword
het. Aan die begin het die res van die familie moeite
gehad om haar te volg, maar sy het gou geleer dat sy
effens harder en breër moet praat, anders verstaan die
Kanadese nie vir haar nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66197 is 'n antwoord op boodskap #66195] |
Wed, 11 September 2002 14:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sal nou nie weet nie, want ek het nie 'n oor vir tale nie. Wat ek wel weet
is dat Ian van Devon in Engeland af kom, en volgens my en die mense hier
praat hy nog tipies Devonese. Maar wanneer ons in Exeter gaan kuier, dan
word hy gevra waarvandaan hy kom as hy daar praat.
Hy het dus 'n Britse aksent hier, en 'n SA-engelse aksent daar.
Annette
skryf in boodskap news:3D7F550E.6060108@rogers.com...
>
> @rogers.com wrote:
>
> Jy kla oor
>> die onverstaanbare aksente van jou mede-
>> Afrikaners. Dit is wat onder bespreking is.
>
>
>
> Terwyl ons nou op die onderwerp van Suid-
> Afrikaanse aksente is, wil ek praat oor die
> Engelse Suid-Afrikaanse aksent. Sover dit my
> aangaan, is 'n sekere soort Engelse SA aksent
> een van die mees onverstaanbare in SA.
> Toe ek op twintig jaar my eerste werk
> begin op St. Anne's Anglican School net buite
> Pietermaritzburg as Afrikaanse onderwyseres,
> toe laat weet ek vir hulle ewe nederig dat
> my Engels nou nie te goed is nie en dat hulle
> my tog maar moet verskoon. Op die personeel was
> daar baie mense uit Engeland. Die vise-prinsipaal
> was van Lancashire. Sy stel toe 'n personeellid
> aan, wat volgens hulle Afrikaans ken, om vir my die
> tou wys te maak die eerste paar dae ( die skool
> was nog nie aan die gang nie.) Dit het natuurlik
> gou geblyk dat daar geen rede vir bekommernis was
> nie en dat ek my baie goed met Engels kon behelp.
> Later vra die vise-prinsipaal uit Lancashire vir
> my hoe dit gaan, en of ek my "tolk" kan verstaan.
> Ek bieg toe dat ek dit soms effens moeilik vind
> om haar in Engels te volg, en toe lag die vise-
> prinsipaal en sê hulle kan ook nie aldag haar Engels
> verstaan nie.
> Engelse Suid-Afrikaners in die oostelike dele
> van SA praat baie binnesmonds en dan nog baie sag
> ook. Ek het dit opgemerk by 'n swaer wat in Noord-
> Transvaal grootgeword het. Ek het dit ook nou onlangs
> opgemerk by my skoondogter wat in Natal grootgeword
> het. Aan die begin het die res van die familie moeite
> gehad om haar te volg, maar sy het gou geleer dat sy
> effens harder en breër moet praat, anders verstaan die
> Kanadese nie vir haar nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66198 is 'n antwoord op boodskap #66197] |
Wed, 11 September 2002 16:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
Maar wanneer ons in Exeter gaan kuier, dan
> word hy gevra waarvandaan hy kom as hy daar praat.
> Hy het dus 'n Britse aksent hier, en 'n SA-engelse aksent daar.
Nie alle Engelse Suid-Afrikaners praat
so sag en binnesmonds, so asof hulle 'n
albaster onder hulle tong het nie. Ek dink
nie die Engelse in die Boland praat so nie,
en die Engelse van die Oostelike Provinsie
het ook baie van Afrikaans se ritmes oorge-
neem.
Mens wonder natuurlik wat bedoel word met
" 'n Britse aksent." As jy met enigiemand
uit die Britse Eilande praat, dan kan jy hom
amper onmiddellik plaas volgens sy aksent.
Veral die mense uit Manchester, wat "bath"
uitspreek soos die Amerikaners dit uitspreek,
kan mens amper nie daarvan beskuldig dat hulle
'n Britse aksent het nie. En as jy in Cornwall
kom, dan kan jy amper nie hulle Engels verstaan
nie. Die ouer mense vra dan ook maklik "How is
the weather in England today?"
Al wat ek weet, is dat ek nie hou van die
"Britse aksente" van die omroepers op die BBC
se diens wat ons hier kry nie. Dis veral die
omroepers wat duidelik nie van oorspronklike
British stock is nie, wat hierdie exaggerated
"British accent" het. Ek wonder waar hulle dit
optel?
Ek gaan volgende Sondag na 'n piekniek van
SARA ( South African Rainbow Association) se jaar-
likse piekniek, en dan sal ek die onderwerp van
Engelse SA aksente aanroer, want daar sal genoeg
van hulle wees by die piekniek.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66209 is 'n antwoord op boodskap #66204] |
Thu, 12 September 2002 02:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Francois Human wrote:
> Dit sal jou verbaas hoeveel mense dink ek is Engelssprekend as ek met hulle
> Engels praat.
Dit het niks met die prys van eiers te
doen nie. Baie mense dink dat ek 'n Engelse
aksent het, maar dis hulle onkundigheid wat
dit aanneem. Tensy jy in Engeland grootgeword
het en dus met een of ander Engelse aksent
praat, kan ek jou verseker dat jy met 'n
Afrikaanse aksent Engels praat. Jy wil dit
net nie weet nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Leerders?? [boodskap #66213 is 'n antwoord op boodskap #66209] |
Thu, 12 September 2002 07:22  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nie eintlik nie. As ek Engels probeer praat, dan word ek gevra van waar in
Holland of Frankryk ek vandaan kom.
Ek was ook al gevra van waar in Australië - maar dit was van 'n Australier,
so dit tel nie:))
Annette
skryf in boodskap news:3D8003BB.8010202@rogers.com...
>
> Francois Human wrote:
>
>> Dit sal jou verbaas hoeveel mense dink ek is Engelssprekend as ek met hulle
>> Engels praat.
>
>
> Dit het niks met die prys van eiers te
> doen nie. Baie mense dink dat ek 'n Engelse
> aksent het, maar dis hulle onkundigheid wat
> dit aanneem. Tensy jy in Engeland grootgeword
> het en dus met een of ander Engelse aksent
> praat, kan ek jou verseker dat jy met 'n
> Afrikaanse aksent Engels praat. Jy wil dit
> net nie weet nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:50:31 UTC 2025
|