Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vreemde woorde
Vreemde woorde [boodskap #65636] Ma, 26 Augustus 2002 08:51 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.

Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?

Koot
Re: Vreemde woorde [boodskap #65638 is 'n antwoord op boodskap #65636] Ma, 26 Augustus 2002 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou raai dieselfde kaliber wat 'n woord soos "wans" uitdink! Wat op aarde
sou wans beteken?

Hantam

Koot Pieterse
> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>
> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
>
> Koot
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65639 is 'n antwoord op boodskap #65638] Ma, 26 Augustus 2002 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hoe vra jy my asof ek weet?

Koot

"Globalrider" skryf in boodskap news:eqna9.12019$MC2.33005@news-server.bigpond.net.au...
> Ek sou raai dieselfde kaliber wat 'n woord soos "wans" uitdink! Wat op aarde
> sou wans beteken?
>
> Hantam
>
> Koot Pieterse
>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
>> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
>> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
>> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>>
>> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
>>
>> Koot
>>
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65643 is 'n antwoord op boodskap #65638] Ma, 26 Augustus 2002 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die woord wat my nog altyd van kleinsdag af fassineer is perske.
Annette

"Globalrider" skryf in boodskap news:eqna9.12019$MC2.33005@news-server.bigpond.net.au...
> Ek sou raai dieselfde kaliber wat 'n woord soos "wans" uitdink! Wat op aarde
> sou wans beteken?
>
> Hantam
>
> Koot Pieterse
>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
>> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
>> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
>> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>>
>> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
>>
>> Koot
>>
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65647 is 'n antwoord op boodskap #65636] Ma, 26 Augustus 2002 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" schreef...
> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>
> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?

Haspel is 'n baie ou woord wat ons ook in Nederlands gebruik. Dis 'n rol
waar mens kabels en derglike op rol.

Groete,
Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65648 is 'n antwoord op boodskap #65647] Ma, 26 Augustus 2002 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur" schreef...
> Haspel is 'n baie ou woord wat ons ook in Nederlands gebruik. Dis 'n rol
> waar mens kabels en derglike op rol.

Duitsers gebruik oorigens dieselfde woord.

Ek vermoed die 'spel' deel het 'n relasie met die woord 'spoel'.

Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65652 is 'n antwoord op boodskap #65639] Ma, 26 Augustus 2002 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

> "Globalrider" wrote in message
Wat op> aarde>>sou wans beteken?

Weet jy regtig nie?
Gloudina
Re: Vreemde woorde [boodskap #65653 is 'n antwoord op boodskap #65652] Ma, 26 Augustus 2002 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot Pieterse
> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.

Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?

Gloudina : Weet jy regtig nie?

Wouter
Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .

My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
"wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
nooit teëgekom het nie.

wans: UIT wans uit.
1. Dadelik.
2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
3. Van sy sinne.
4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
dit reent geweldig, baie swaar.

Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
dis vir my onbekend.
Re: Vreemde woorde [boodskap #65658 is 'n antwoord op boodskap #65648] Di, 27 Augustus 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Arthur.

'n Nuutskepping sê partykeer 'n ding raak, maar dis gaaf as daar alreeds 'n
woord in die familietale bestaan.

Koot

"Arthur" skryf in boodskap news:akdj6i$1hru$1@news.kabelfoon.nl...
> "Arthur" schreef...
>> Haspel is 'n baie ou woord wat ons ook in Nederlands gebruik. Dis 'n rol
>> waar mens kabels en derglike op rol.
>
> Duitsers gebruik oorigens dieselfde woord.
>
> Ek vermoed die 'spel' deel het 'n relasie met die woord 'spoel'.
>
> Arthur
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65659 is 'n antwoord op boodskap #65653] Di, 27 Augustus 2002 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter,
Dis hoe ek die term ken. Wat "wans" spesifiek beteken, weet ek glad nie. Ek
het dit verstaan as iets soos proporsie of verhouding.

Wat sê Arthur?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6aad6b.0@news1.mweb.co.za...
> Koot Pieterse
>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.
>
> Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?
>
> Gloudina : Weet jy regtig nie?
>
> Wouter
> Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
> Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
> bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
> onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .
>
> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
> "wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
> nooit teëgekom het nie.
>
> wans: UIT wans uit.
> 1. Dadelik.
> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
> 3. Van sy sinne.
> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
> dit reent geweldig, baie swaar.
>
> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
> dis vir my onbekend.
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65660 is 'n antwoord op boodskap #65643] Di, 27 Augustus 2002 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
En appelkoos? Of is dit net volksetimologie aan die werk met "apricot"?

Ag nee, nou kwel ek my weer oor die woord "apricot"...

Appelkoot

"Annette" skryf in boodskap news:akde2c$1hksao$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die woord wat my nog altyd van kleinsdag af fassineer is perske.
> Annette
>
>
> "Globalrider" wrote in message
> news:eqna9.12019$MC2.33005@news-server.bigpond.net.au...
>> Ek sou raai dieselfde kaliber wat 'n woord soos "wans" uitdink! Wat op
> aarde
>> sou wans beteken?
>>
>> Hantam
>>
>> Koot Pieterse
>>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het
> die
>>> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat
> die
>>> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
>>> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>>>
>>> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65668 is 'n antwoord op boodskap #65653] Di, 27 Augustus 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
> "wans" self nie

> wans: UIT wans uit.
> 1. Dadelik.
> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
> 3. Van sy sinne.
> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
> dit reent geweldig, baie swaar.
>
> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
> dis vir my onbekend.

Ja, nommer drie en vier is vir my ook onbekend.
Ek ken alleen " uit wans uit" en die "wans" daar
het dieselfde etimologiese oorsprong as die
Engelse woord "once." Die betekenis is dus "reg
van die begin af." "Right from the word go."

Gloudina
Re: Vreemde woorde [boodskap #65670 is 'n antwoord op boodskap #65668] Di, 27 Augustus 2002 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is dit die Kaapse "divide", maar daardie gebruik is weer vir my
vreemd - ek het die ander meer teëgekom.

Koot

skryf in boodskap news:3D6B5F39.3020306@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
>> "wans" self nie
>
>
>> wans: UIT wans uit.
>> 1. Dadelik.
>> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
>> 3. Van sy sinne.
>> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
>> dit reent geweldig, baie swaar.
>>
>> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
>> dis vir my onbekend.
>
> Ja, nommer drie en vier is vir my ook onbekend.
> Ek ken alleen " uit wans uit" en die "wans" daar
> het dieselfde etimologiese oorsprong as die
> Engelse woord "once." Die betekenis is dus "reg
> van die begin af." "Right from the word go."
>
> Gloudina
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65678 is 'n antwoord op boodskap #65659] Di, 27 Augustus 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" schreef...
> Dis hoe ek die term ken. Wat "wans" spesifiek beteken, weet ek glad nie. Ek
> het dit verstaan as iets soos proporsie of verhouding.
>
> Wat sê Arthur?

Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
Anglisisme .... at once.

Groete,
Arthur

> "Wouter Plaasvark" wrote...
>> Koot Pieterse
>>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.
>>
>> Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?
>>
>> Gloudina : Weet jy regtig nie?
>>
>> Wouter
>> Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
>> Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
>> bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
>> onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .
>>
>> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
>> "wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
>> nooit teëgekom het nie.
>>
>> wans: UIT wans uit.
>> 1. Dadelik.
>> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
>> 3. Van sy sinne.
>> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
>> dit reent geweldig, baie swaar.
>>
>> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
>> dis vir my onbekend.
>>
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65679 is 'n antwoord op boodskap #65678] Di, 27 Augustus 2002 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur" schreef...
> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
> Anglisisme .... at once.

Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.

Groete,
Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65682 is 'n antwoord op boodskap #65679] Di, 27 Augustus 2002 23:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:

>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>> Anglisisme .... at once.

> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.

Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
spellinge vir dieselfde woord uit die ou
Angel-Saksies of watookal die oorsprong
was van die Engelse "once" en die dialek of
taal op die Europese vasteland wat ook die
woord gehad het maar dit as "wans" gespel
het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
jou van Dale gekyk?

Gloudina
Re: Vreemde woorde [boodskap #65684 is 'n antwoord op boodskap #65682] Wo, 28 Augustus 2002 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur wrote:
>
>>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>>> Anglisisme .... at once.
>
>> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
>
> Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
> Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
> spellinge vir dieselfde woord uit die ou
> Angel-Saksies of watookal die oorsprong
> was van die Engelse "once" en die dialek of
> taal op die Europese vasteland wat ook die
> woord gehad het maar dit as "wans" gespel
> het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
> vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
> jou van Dale gekyk?

Ons het nie 'n woord soos 'wans' nie. Ons gebruik 'eens'. Die Duitsers
gebruik 'einmal'. Ek sien 'n verband tussen 'once', 'eens' en 'einmal'.
'Wans' pas nie daarin nie. Ek is amper seker dit moet 'n Anglisisme wees.

Groete,
Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65686 is 'n antwoord op boodskap #65684] Wo, 28 Augustus 2002 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat van die "wan-" voorvoegsel, soos in wanstaltig? Dit sou die gebruik wat
ek ken in 'n mate verklaar. Daardie oorsprong behoort 'n mens te kan vind.

Koot

"Arthur" skryf in boodskap news:akhlj7$29m6$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Arthur wrote:
>>
>>>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>>>> Anglisisme .... at once.
>>
>>> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
>>
>> Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
>> Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
>> spellinge vir dieselfde woord uit die ou
>> Angel-Saksies of watookal die oorsprong
>> was van die Engelse "once" en die dialek of
>> taal op die Europese vasteland wat ook die
>> woord gehad het maar dit as "wans" gespel
>> het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
>> vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
>> jou van Dale gekyk?
>
> Ons het nie 'n woord soos 'wans' nie. Ons gebruik 'eens'. Die Duitsers
> gebruik 'einmal'. Ek sien 'n verband tussen 'once', 'eens' en 'einmal'.
> 'Wans' pas nie daarin nie. Ek is amper seker dit moet 'n Anglisisme wees.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65710 is 'n antwoord op boodskap #65686] Wo, 28 Augustus 2002 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" schreef...
> Wat van die "wan-" voorvoegsel, soos in wanstaltig? Dit sou die gebruik wat
> ek ken in 'n mate verklaar. Daardie oorsprong behoort 'n mens te kan vind.

My woordeboek sê daar is 'n skeepsterm wan wat 'lek of lekkage' beteken en
daar is die byvoeglike naamwoord wan wat 'verkeerd, schadelijk en nutteloos'
beteken. Maar ek is amper seker die betekenisse 'van sy sinne' en
'deurmekaar of ordeloos' kom van ons woord waanzin.

Groete,
Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65714 is 'n antwoord op boodskap #65682] Wo, 28 Augustus 2002 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterre...[1]  is tans af-lyn  Sterre...[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hallo, elkeen,

Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".
Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
die bekende waarheid vra nie?
Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

"@rogers.com" schreef:

>
> Arthur wrote:
>
>
>>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>>> Anglisisme .... at once.
>
>> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
>
> Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
> Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
> spellinge vir dieselfde woord uit die ou
> Angel-Saksies of watookal die oorsprong
> was van die Engelse "once" en die dialek of
> taal op die Europese vasteland wat ook die
> woord gehad het maar dit as "wans" gespel
> het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
> vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
> jou van Dale gekyk?
>
> Gloudina
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65716 is 'n antwoord op boodskap #65714] Wo, 28 Augustus 2002 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert schreef...
> Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
> wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
> uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
> daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".

Dit het andere deelnemers ook al opgemerk.

> Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
> die bekende waarheid vra nie?

Die verband tussen 'at once' en 'uit wans' is nie noodsaaklik vir enig ieder
uit wans duidlik nie. Baie mense konsentreer net op die spelling van woorde
en kan daardeur soms verbande nie raak sien nie.

> Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.

Ek glo nie mens gebruik die term 'lol' in Afrikaans nie.

Groete,
Arthur
Re: Vreemde woorde [boodskap #65717 is 'n antwoord op boodskap #65716] Wo, 28 Augustus 2002 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee 8ter, ons gebruik wel lol - soos in die liedjie:
ek lol nie met 'n loskop dolla nie.
:))
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:akj4ql$jk0$1@news.kabelfoon.nl...
> Norbert schreef...
>> Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
>> wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
>> uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
>> daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".
>
> Dit het andere deelnemers ook al opgemerk.
>
>> Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
>> die bekende waarheid vra nie?
>
> Die verband tussen 'at once' en 'uit wans' is nie noodsaaklik vir enig ieder
> uit wans duidlik nie. Baie mense konsentreer net op die spelling van woorde
> en kan daardeur soms verbande nie raak sien nie.
>
>> Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.
>
> Ek glo nie mens gebruik die term 'lol' in Afrikaans nie.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Vreemde woorde [boodskap #65719 is 'n antwoord op boodskap #65717] Wo, 28 Augustus 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Nee 8ter, ons gebruik wel lol - soos in die liedjie:
> ek lol nie met 'n loskop dolla nie.
> :))

Ek het nooit van daardie liedjie gehoor nie .... kan jy vir my 'n mp3-tjie
wys?

lol: plezier, pret.

Groete,
8uur!
Re: Vreemde woorde [boodskap #65722 is 'n antwoord op boodskap #65719] Wo, 28 Augustus 2002 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die liedjie se naam is:
Daar's 'n Wind wat Waai.
Miskien is dit beskikbaar op een van die Kaapse Klopse se plate.

Ek kan vir jou die woorde gee as jy belangstel?
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:akj8q2$o4p$1@news.kabelfoon.nl...
> "Annette" schreef...
>> Nee 8ter, ons gebruik wel lol - soos in die liedjie:
>> ek lol nie met 'n loskop dolla nie.
>> :))
>
> Ek het nooit van daardie liedjie gehoor nie .... kan jy vir my 'n mp3-tjie
> wys?
>
> lol: plezier, pret.
>
> Groete,
> 8uur!
>
Re: Vreemde woorde (Norbert die *TROL*) [boodskap #65723 is 'n antwoord op boodskap #65714] Wo, 28 Augustus 2002 20:51 Na vorige boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
NORBERT *die Trol* -
Voeg eens iets zinnigs toe liefje,
kusje
Patrick

In article , *Sterrenkijker*
wrote:
> Hallo, elkeen,
>
> Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
> wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
> uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
> daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".
> Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
> die bekende waarheid vra nie?
> Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
> http://users.skynet.be/strandkruier/index.html
>
>
>
>
> "@rogers.com" schreef:
>
>>
>> Arthur wrote:
>>
>>
>>>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>>>> Anglisisme .... at once.
>>
>>> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
>>
>> Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
>> Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
>> spellinge vir dieselfde woord uit die ou
>> Angel-Saksies of watookal die oorsprong
>> was van die Engelse "once" en die dialek of
>> taal op die Europese vasteland wat ook die
>> woord gehad het maar dit as "wans" gespel
>> het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
>> vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
>> jou van Dale gekyk?
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Vreemde woorde (Norbert die *TROL*)
Volgende onderwerp: Nog vreemde woorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 15:31:58 MGT 2024