Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Willem Krog oorlede
Willem Krog oorlede [boodskap #65239] Do, 01 Augustus 2002 19:17 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Willem Krog wat, soos julle seker weet, die man van die skryfster Dot
Serfontein en die Pa van Antjie Krog was, is onlangs oorlede. 'n
Beriggie uit Kroonnuus (van Kroonstad) in vandag se Volksblad het gesê
hy is Donderdag begrawe, so mens sou aanneem dit was laas Donderdag.

Hy was 'n leier en vooraanstaande boer van Kroonstad en 'n baie
wyd-belese persoon. Sy gunsteling onderwerpe was die geskiedenisse van
die Noord en Noord-Oos Vrystaatse dorpe en genealogie, nie net van die
Krogs nie, maar sommer van enige familie wat hy kon bykom. Hy het
onder andere 'n boekie uitgegee oor die Krogs, Kroghs, en
Krogh-Scheeperse (almal van dieselfde stamvader) vanaf die eerste
Noorweegse Krog wat sy poot hier aan wal gesit het, tot so dertig of
wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
naam ook so teen die einde daarin.

'n Mens waarsonder die wêreld 'n armer plek gaan wees.

Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65247 is 'n antwoord op boodskap #65239] Vr, 02 Augustus 2002 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
..en iemand wat die wêreld 'n ryker plek gemaak het.

Koot

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208011117.7223725c@posting.google.com...
> Willem Krog wat, soos julle seker weet, die man van die skryfster Dot
> Serfontein en die Pa van Antjie Krog was, is onlangs oorlede. 'n
> Beriggie uit Kroonnuus (van Kroonstad) in vandag se Volksblad het gesê
> hy is Donderdag begrawe, so mens sou aanneem dit was laas Donderdag.
>
> Hy was 'n leier en vooraanstaande boer van Kroonstad en 'n baie
> wyd-belese persoon. Sy gunsteling onderwerpe was die geskiedenisse van
> die Noord en Noord-Oos Vrystaatse dorpe en genealogie, nie net van die
> Krogs nie, maar sommer van enige familie wat hy kon bykom. Hy het
> onder andere 'n boekie uitgegee oor die Krogs, Kroghs, en
> Krogh-Scheeperse (almal van dieselfde stamvader) vanaf die eerste
> Noorweegse Krog wat sy poot hier aan wal gesit het, tot so dertig of
> wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
> naam ook so teen die einde daarin.
>
> 'n Mens waarsonder die wêreld 'n armer plek gaan wees.
>
> Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65256 is 'n antwoord op boodskap #65239] Vr, 02 Augustus 2002 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

tot so dertig of
> wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
> naam ook so teen die einde daarin.

As ek dinge reg uitreken, verskyn jou oudste
kind se naam daarin omdat hy/sy getroud is met
'n Krog? (Dis nou as jou naam nie daarin verskyn
nie.)
As jou naam wel daarin verskyn, hoe is jy
verwant aan Antjie Krog? (Ek het haar hier in
Ottawa ontmoet.)
Is jou oudste kind dertig jaar oud? Ek het
jou altyd as jonger geskat.

Tant Hessie Poirot
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65264 is 'n antwoord op boodskap #65256] Vr, 02 Augustus 2002 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...

>
> As ek dinge reg uitreken, verskyn jou oudste
> kind se naam daarin omdat hy/sy getroud is met
> 'n Krog? (Dis nou as jou naam nie daarin verskyn
> nie.)

My naam verskyn ook daarin, net bokant die van my seun, want sien, ek
is die een wat met 'n Krog getroud is.

> As jou naam wel daarin verskyn, hoe is jy
> verwant aan Antjie Krog?

Antjie se pa en my skoonpa was eie neefs, dus het ek self geen direkte
familiebande nie.

> Is jou oudste kind dertig jaar oud? Ek het
> jou altyd as jonger geskat.

As 'n man se stoppelbaard al wit is sê dit seker iets, al is die hare
nog heeltemal donker.

Groete, Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65267 is 'n antwoord op boodskap #65256] Vr, 02 Augustus 2002 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
dis net jammer hy het so 'n gemors van 'n kind
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65271 is 'n antwoord op boodskap #65264] Vr, 02 Augustus 2002 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Antjie se pa en my skoonpa was eie neefs, dus het ek self geen direkte
> familiebande nie.

Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
van Antjie Krog hou nie. Wat dink jy daarvan?

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65273 is 'n antwoord op boodskap #65267] Sa, 03 Augustus 2002 04:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ken jy haar persoonlik koos?
Indien nie, neem ek aan jy grond jou kras veroordeling op die feit dat jy
nie saamstem met haar politieke sienswyse nie?
Annette

message news:aieqr7$31t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> dis net jammer hy het so 'n gemors van 'n kind
>
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65274 is 'n antwoord op boodskap #65271] Sa, 03 Augustus 2002 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Drom wrote:
>
> Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
> van Antjie Krog hou nie.

Ja, dit is so. Kyk maar na die berig net hieronder. Antjie het in 'n
tyd toe die Afrikaners van omtrent alle kante angeval is, in die oë
van die meeste soos sommige trekosse erg skeef begin trek.

Wat dink jy daarvan?

Ek is ook maar net 'n tipiese Afrikaner, maar ek glo ook dat eige
persoon kan sê of skryf wat hy of sy wil. Antjie het obviously geglo
in wat sy sê, al het ek nie met haar saamgestem nie, ten spyte daarvan
dat die aard van my werk van die afgelope 30 jaar my dalk 'n effens
anders insig in baie dinge laat kry het.
Dis vir my asof daar deesdae darem effens "sagter klanke" van haar af
kom.

Groete, Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65276 is 'n antwoord op boodskap #65274] Sa, 03 Augustus 2002 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met die ouderdom kom aanvaarding Drom.
Dink net watter wrede plek die ou wêreld sou wees as ons almal ons jeugdige
driftigheid sou behou.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208022214.71203522@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>> Drom wrote:
>>
>> Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
>> van Antjie Krog hou nie.
>
> Ja, dit is so. Kyk maar na die berig net hieronder. Antjie het in 'n
> tyd toe die Afrikaners van omtrent alle kante angeval is, in die oë
> van die meeste soos sommige trekosse erg skeef begin trek.
>
> Wat dink jy daarvan?
>
> Ek is ook maar net 'n tipiese Afrikaner, maar ek glo ook dat eige
> persoon kan sê of skryf wat hy of sy wil. Antjie het obviously geglo
> in wat sy sê, al het ek nie met haar saamgestem nie, ten spyte daarvan
> dat die aard van my werk van die afgelope 30 jaar my dalk 'n effens
> anders insig in baie dinge laat kry het.
> Dis vir my asof daar deesdae darem effens "sagter klanke" van haar af
> kom.
>
> Groete, Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65277 is 'n antwoord op boodskap #65271] Sa, 03 Augustus 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom dink jy so?
skryf in boodskap news:3D4B037F.6070707@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
>
>> Antjie se pa en my skoonpa was eie neefs, dus het ek self geen direkte
>> familiebande nie.
>
> Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
> van Antjie Krog hou nie. Wat dink jy daarvan?
>
> Gloudina
>
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65281 is 'n antwoord op boodskap #65274] Sa, 03 Augustus 2002 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Wat dink jy daarvan?

Ek is nie verbaas oor die reaksie wat
sy uitlok nie. Ek sou ook aanneem dat
sy baie dinge gesê en gedoen het om
hulle skokwaarde. Dat sy haar geroepe
gevoel het om 'n sekere soort Afrikaner
uit sy hooghartigheid en sy dwaling te
probeer skok. Ek neem aan jy het "Country
of my Skull" gelees?
Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
haar onlangse lesbiese verse. Sover ek kan
uitmaak, is sy (vir die tweede keer?) getroud
met kinders. Ek weet nie of sy dit ook vir
skokwaarde skryf nie, maar hulle irriteer
my effens, nie omdat hulle lesbiese verse
is nie, maar omdat hulle nie dieselfde
kwaliteit het as van haar vorige gedigte
nie.

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65284 is 'n antwoord op boodskap #65281] Sa, 03 Augustus 2002 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek was onder die indruk dat jy die familitjie ken - dis baie duidelik dat jy
hulle nie ken nie....
skryf in boodskap news:3D4BD725.7030708@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
>
>> Wat dink jy daarvan?
>
> Ek is nie verbaas oor die reaksie wat
> sy uitlok nie. Ek sou ook aanneem dat
> sy baie dinge gesê en gedoen het om
> hulle skokwaarde. Dat sy haar geroepe
> gevoel het om 'n sekere soort Afrikaner
> uit sy hooghartigheid en sy dwaling te
> probeer skok. Ek neem aan jy het "Country
> of my Skull" gelees?
> Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
> haar onlangse lesbiese verse. Sover ek kan
> uitmaak, is sy (vir die tweede keer?) getroud
> met kinders. Ek weet nie of sy dit ook vir
> skokwaarde skryf nie, maar hulle irriteer
> my effens, nie omdat hulle lesbiese verse
> is nie, maar omdat hulle nie dieselfde
> kwaliteit het as van haar vorige gedigte
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65286 is 'n antwoord op boodskap #65284] Sa, 03 Augustus 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ek was onder die indruk dat jy die familitjie ken - dis baie duidelik dat jy
> hulle nie ken nie....

En wat het jou daardie indruk gegee?
Ek het Antjie Krog alleen ontmoet toe
sy op 'n boeketoer saam met 'n swart
skrywer hier in Ottawa kom praat het.Ons
"Country of my Skull" is deur haar
geteken.

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65288 is 'n antwoord op boodskap #65274] Sa, 03 Augustus 2002 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Antjie het obviously geglo
> in wat sy sê, al het ek nie met haar saamgestem nie

Wat het sy gesê waarmee jy nie
saamgestem het nie?

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65289 is 'n antwoord op boodskap #65274] Sa, 03 Augustus 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Dis vir my asof daar deesdae darem effens "sagter klanke" van haar af
> kom.

Wat bedoel jy met "sagter
klanke" ?

Gloudina
Getroud met kinders [boodskap #65290 is 'n antwoord op boodskap #65284] So, 04 Augustus 2002 02:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
>> haar onlangse lesbiese verse. Sover ek kan
>> uitmaak, is sy (vir die tweede keer?) getroud
>> met kinders.

Moenie laat enige mens se huweliksstatus jou 'n rat voor die oë draai nie.
Baie lesbiërs trou en het kinders. Hulle bly in fênsie huise en hulle ry
fênsie karre. Die kinders woon duur privaat skole by. Terwyl die pappies op
kantoor sit en swoeg reel hulle tee partyjies en pret in die
jakoesies.Vanaand kry hy 'n bord kos en 'n dop. Sy het 'n hoofpyn (van al
die gin & tonics).

Hy gee nie regtig om nie want daar word nie van hom verwag om romanties te
wees nie. Hy het in elk geval al lankal 'n affair op kantoor aangekoop. 'n
Gesellin is ook beskikbaar net waar en wanneer hy so voel. Boem bam thank
you ma'm sonder al die courtship nonsens. (Sy weet daarvan en natuurlik dra
dit haar goedkeuring weg.) As dit tyd is vir daai formele etes en
partytjies, verskyn sy getrou en elegant aan sy sy. Small price to pay.

Vir haar is dit 'n perfekte wereld, en vir hom ook. Die wereld daar buite
gee een kyk en sit dan genoegsaam terug en se; wat 'n pragtige gesin!
Re: Getroud met kinders [boodskap #65291 is 'n antwoord op boodskap #65290] So, 04 Augustus 2002 02:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Globalrider wrote:

> Moenie laat enige mens se huweliksstatus jou 'n rat voor die oë draai nie.
> Baie lesbiërs trou en het kinders.

Ek deel nie jou sarkastiese sien van sake
nie. Enige paar wat uiteindelik uitvind dat
hulle nie dieselfde predeleksies het nie,
gaan gewoonlik deur diepe waters.
Ek twyfel ook daaraan of Antjie Krog
lesbies is. Ek dink sy skryf hierdie lesbiese
verse om iets te bewys. Ek wil nie
verder ingaan op die redes hoekom ek so
dink nie.
Ek moet egter sê dat ek nie van haar
"lesbiese gedigte" hou nie. Dit laat die
hele ding effens goedkoop voel. Homoseksuele
liefde kan lei tot wonderlike gedigte. Een
baie goeie voorbeeld is I.D. du Plessis, wat
verruklike liefdesverse geskryf het om sy
liefde te verklaar (heelwaarskynlik aan iemand
van Slamse oorsprong.) Ook Leipoldt se liefdes-
verse is heelwaarskynlik aan 'n man gerig.

Gloudina
Re: Getroud met kinders [boodskap #65292 is 'n antwoord op boodskap #65291] So, 04 Augustus 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het geensinds probeer sarkasties wees nie, Dina. Ek het bloot reflekteer
wat aan my vertel is deur lesbiers wat hulself in hierdie posisie bevind.

> Ek deel nie jou sarkastiese sien van sake
> nie.
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65293 is 'n antwoord op boodskap #65288] So, 04 Augustus 2002 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...

> Wat het sy gesê waarmee jy nie
> saamgestem het nie?
>
Antjie is nie maar deesdae opdie radio nie (sy was op 'n tyd
politieke/parlementêre kommentator) en kon nogal op 'n heel kalm
manier baie skerp dinge oor die voriger regering en die Afrikaners
gesê het. My politiek het niks met die saak te make nie, maat ek het
soms gevoel dat sy my as Afrikaner erg te na gekom het, so amper
sonder aansiens des persoon. Ek kan nie spesifieke voorbeelde onthou
nie. Dit was maar net soms my gevoel.

Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65294 is 'n antwoord op boodskap #65289] So, 04 Augustus 2002 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Drom wrote:
>
>
>> Dis vir my asof daar deesdae darem effens "sagter klanke" van haar af
>> kom.
>
> Wat bedoel jy met "sagter
> klanke" ?
>
> Gloudina

Sy praat nie meer oor die radio nie en mens lees ook deesdae maar min
van haar. Tog lyk dit asof sy besef dat dinge nie so goed uitgewerk
het as wat sy gedink het dit sou nie. Soms is daar selfs so sweempie
kritiek.

Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65297 is 'n antwoord op boodskap #65293] So, 04 Augustus 2002 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

maar ek het
> soms gevoel dat sy my as Afrikaner erg te na gekom het, so amper
> sonder aansiens des persoon. Ek kan nie spesifieke voorbeelde onthou
> nie. Dit was maar net soms my gevoel.

My opinie is dat Antjie Krog dit op haar geneem
het om 'n funksie in die liggaam van die Afrikaner-
dom te vervul - om van binne af te begin kritiseer
gedurende 'n periode toe die liggaam van die
Afrikanerdom uit 'n baie korrupte periode uitgekom
het. Ek neem ook aan dat sy baie verontwaardig was
dat haar etniese groep, wat sy baie liefgehad het,
tot sulke dieptes kon daal. Ek weet hoe dit voel
om so "verontwaardig" te voel. Dit is asof jy van
iets besteel is. En ek kan jou verseker dat dit nie
maklik was om in die buiteland te gewees het ,
waar elke jan rap en sy maat jou aangeval het as hulle
maar net hoor dat jy 'n Afrikaner was nie. Omtrent soos
as jy 'n Serbiër was 'n paar jaar gelede.
Hopelik vervul sy nou ook nog dieselfde funksie.
As Suid-Afrikaner het sy die volle reg om te kritiseer
waar daar gekritiseer moet word. En ek neem aan haar
kritiek word in aanmerking geneem. Beide waar sy haar
etniese groep kritiseer, en waar sy die huidige regime
kritiseer.

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65312 is 'n antwoord op boodskap #65297] Ma, 05 Augustus 2002 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nog nooit Antjie se eerlikheid in twyfel getrek nie en glo ook
dat sy daai tyd gesê het wat sy glo. Daarmee het ek geen propleem nie.
Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
geweet/geglo het wat sy sou sê. Daarop wil ek nie kommentaar lewer
nie. Haar kommentaar was altyd goed gelewer, net soms uitermatig
eenogig en dis wat baie mense die harnas in gejaag het.

Toe ek op hierdie ng begin pos het, het ek my voorgeneem om nooit in
enigiets, wat selfs na 'n argument ruik {veral politiek en godsdiens)
deel te neem nie en kyk wat doen ek nou.

Dis nou klaar.

Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65317 is 'n antwoord op boodskap #65312] Ma, 05 Augustus 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai Drom, wat is dit met jou? - Dis deel van ons kultuur om te faait;))
Nietemin - vanoggend by die staatsbib is daar toe 'n pamflet wat my inlig
dat die media nagelaat het om ons algemene publiek genoegsaam in te lig van
die literêre konferensie wat die naweek van 27 Julie by die Baxter
plasgevind het.

Die 100 beste boeke wat uit Afrika geskryf is gedurende die vorige eeu is
aangewys, en Antjie se The Country of my Skull was een van die wenners.
Dit sit nie sommer in enige skrywer se broek nie.

Dus steur ek my nie veel aan mense wat ander mense sommer goedsmoeds as
gemors afmaak net omdat hulle nie met hul sienswyse en manier van doen
saamstem nie - ek neem dan ook vrylik aan dat sulke gemorsbeswaardes ook
gewoonlik nie oor die nodige skryfvermoë beskik om hul saak deeglik en
artikul�r te stel nie.

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208050034.1f1ca376@posting.google.com...
> Ek het nog nooit Antjie se eerlikheid in twyfel getrek nie en glo ook
> dat sy daai tyd gesê het wat sy glo. Daarmee het ek geen propleem nie.
> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê. Daarop wil ek nie kommentaar lewer
> nie. Haar kommentaar was altyd goed gelewer, net soms uitermatig
> eenogig en dis wat baie mense die harnas in gejaag het.
>
> Toe ek op hierdie ng begin pos het, het ek my voorgeneem om nooit in
> enigiets, wat selfs na 'n argument ruik {veral politiek en godsdiens)
> deel te neem nie en kyk wat doen ek nou.
>
> Dis nou klaar.
>
> Drom
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65319 is 'n antwoord op boodskap #65317] Ma, 05 Augustus 2002 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die 100 beste boeke wat uit Afrika geskryf is gedurende die vorige eeu is
> aangewys, en Antjie se The Country of my Skull was een van die wenners.
> Dit sit nie sommer in enige skrywer se broek nie.

As jy nie omgee nie, Annette, sal ek graag
wil verneem watter ander boeke daar op hierdie
lys is. Sluit dit alle genres in en is dit
boeke uit die hele Afrika of net SA?

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65320 is 'n antwoord op boodskap #65312] Ma, 05 Augustus 2002 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê.

Ek is geinteresseerd in hierdie stelling
van jou. Op daardie stadium, toe sy
politieke verslaggewer vir die SAUK was,
en oor die WVK verslag gelewer het, was
die SAUK toe nog ongeveer in die hande
van mense wat deur die ou regime aangestel
was?

Gloudina
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65328 is 'n antwoord op boodskap #65317] Ma, 05 Augustus 2002 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Die 100 beste boeke wat uit Afrika geskryf is gedurende
die vorige eeu is aangewys, en Antjie se The Country of
my Skull was een van die wenners. Dit sit nie sommer in
enige skrywer se broek nie.

Dus steur ek my nie veel aan mense wat ander mense
sommer goedsmoeds as gemors afmaak net omdat hulle
nie met hul sienswyse en manier van doen saamstem nie

Wouter
Ek onthou vir Antjie Krog as iemand wat in haar jong dae (ek
was toe ook jonk) 'n indruk op my gemaak het met verse soos
"there will be love and peace in our beautiful land
when black and white is joined hand in hand"
Miskien idealisties, selfs skokkend in daardie dae, maar
op so 'n manier dat ek daardie rebelse Antjie en van haar
gedigte na dertig of veertig jaar nog onthou.

Ek het meer onlangs die Waarheidkommissie se verrigtinge
aktief gevolg. En ek beskou die Waarheidskommissie as
een van die belangrike dinge wat ons moes doen om by 'n
uiteindelike oplossing en berusting uit te kom. Maar ek het
plek-plek groot probleme met sommige metodes gehad
wat in die proses gevolg is.

En hier onthou ek vir Antjie Samuels. Sy het as amptelike
verslaggewer vir die WVK haar geloofwaardigheid ingeboet
deur ongetoetste getuienis erg eensydig as die absolute
en enigste waarheid aan te bied. Sy het daaropvolgende
teenstrydige getuienis eenvoudig geïgnoreer en nooit
gerapporteer nie. Die onprofessioneelste van
onprofessionele joernalistiek wat ek in my lewe
waargeneem het. Asof haar eie geloofwaardigheid
ondergeskik was aan die wense van die wat haar aangestel het.

Vir daardie Antjie het ek tot vandag geen respek nie, sy
het ook geen geloofwaardigheid in my oë nie. Oor die
digter Antjie Krog voel ek anders, ek het haar ook vroeër
vanjaar ontmoet by die vrystelling van haar Afrikaanse
vertaling van Afrika-gedigte.
Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65329 is 'n antwoord op boodskap #65320] Ma, 05 Augustus 2002 17:07 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom:
> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê.

Gloudina
Op daardie stadium, toe sy
politieke verslaggewer vir die SAUK was,
en oor die WVK verslag gelewer het, was
die SAUK toe nog ongeveer in die hande
van mense wat deur die ou regime aangestel was?

Wouter
Nee, beslis nie. Hulle sou haar nooit aangestel het nie.

Die ou regime is reeds teen die einde van 1994 uit,
dit was seker meer as 'n jaar daarna wat sy oor die
WVK begin rapporteer het.
Vorige onderwerp: Blomtyd
Volgende onderwerp: Kultuurfees by Velddrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 19:01:39 MGT 2024