Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstellende Aksie?
Regstellende Aksie? [boodskap #63758] Sa, 15 Junie 2002 18:41 na volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.

Posel skryf dat na bewindsoorname in 1948, "the NP introduced what amounted to
a tacit policy of affirmative action for white Afrikaners". En teen 1959 het
meer as 40 regeringsdepartemente Afrikanerhoofde gehad, met slegs ses
Engelsprekende hoofde. Engelsprekende regeringsamptenare was "discouraged, or
more forcibly prevented from holding office", en in 1976 was slegs sewe uit 146
senior poste in staatsdepartemente "held by people with English surnames".
"Hervorming" was die naam wat die regering gegee het aan die program
waarvolgens Engelsprekende regeringsamptenare (wat, BTW, uitgewyk het na
Rhodesie) "gevra" was om vroeg (55) uit te tree, en plek te maak vir
Afrikaners, veral in die "Department of Native Affairs", waar "liberal"
burokrate vervang was met "more pliable, loyal Afrikaner nationalists".

Smaak my dus dat baie van die omies (apologiee aan Gloudina) wat nou so gal
afgaan oor regstellende aksie, hul posisies aan regstellende aksie te danke
het. Hoe ironies. Maar kom ons kyk verder … kwalifikasies en competence.

Posel skryf dat, gegee die NP se plan om die grootte en omvang van die staat te
vergroot (natuurlik binne werksreservering), dat personeeltekorte gou na vore
getree het. In 1959 was daar 5000 werksopeninge, en teen 1965 skryf omtrent
elke engelse koerant oor "critical shortages" en die "serious shortage of
qualified personnel". In 1966 word 11000 nuwe staatsposte geskep, maar in
daardie selfde jaar bedank 5557, en 6305 nuwe aanstellings word gemaak. Sekere
staatsdepartemente is tot 60% onderbeman (dit was tog mans, so ek skryf nie
onderbepersoon nie), en 'n ondersoek na die omvang van die tekorte "were
themselves held up by staff shortages!". Inland Revenue het 90 oop poste
gehad, Landbou 11 senior poste, Labour vul slegs 59% van die 1853 oop poste, en
so meer, en so meer. Hierdie ideologiese tekort lei dan tot "… an
incompetent civil service", en die Ouditeur-Generaal se dat "…in the past,
the public service only aaccepted the better matriculants; but today we grab
anyone". Die United Party vra Parlement om tog te ondersoek "…cases where
people were transferred into highly technical departments while they had no
knowledge of the department and yet within one or two years they became the
secretary without even knowing details of the technical functioning of the
department". In regsposte is die gebrek aan kwalifikasies "farcical", waar
"… people had been appointed to legal positions without the appropriate
skills, on the understanding that they would register full-time for a B.Juris
degree … yet by 1976, only 153 of 653 posts … were filled by officials with
anything resembling the desired qualifications". Posel lys meer voorbeelde,
maar miskien is Dr. Piet Koornhof en VP MP Marais Steyn se woorde tekenend
genoeg. Koornhof se die staatsdiens is soos 'n skilpad, as jy dit alleeen
laat, loop dit teen sy eie stadige pas, maar as jy dit probeer stoot, stop dit
botweg in sy spoor. En Steyn se die staatsdiens van die dag is 'n dinousour
met 'n groot lyf en 'n ertjie-brein.

Smaak my dus dat die omie-koor bietjie die geskiedenis moet bekyk vir die spoke
wat hulle nou so groeps-gierig wil noem en besweer.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63760 is 'n antwoord op boodskap #63758] Sa, 15 Junie 2002 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die geskiedenis herhaal homself. Net jammer ons leer nie uit die foute
van die verlede nie. Soos jyself elders gesê het: Ons moet "leer uit
ondervinding". Wat jy hier geskryf het bevestig weereens net vir my dat die
regstellende aksie wat ons nou het, in dieselfde klas as apartheidsmisdade
val.

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020615144155.28436.00001347@mb-mh.news.cs.com...
> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.
>
> Posel skryf dat na bewindsoorname in 1948, "the NP introduced what amounted to
> a tacit policy of affirmative action for white Afrikaners". En teen 1959 het
> meer as 40 regeringsdepartemente Afrikanerhoofde gehad, met slegs ses
> Engelsprekende hoofde. Engelsprekende regeringsamptenare was "discouraged, or
> more forcibly prevented from holding office", en in 1976 was slegs sewe uit 146
> senior poste in staatsdepartemente "held by people with English surnames".
> "Hervorming" was die naam wat die regering gegee het aan die program
> waarvolgens Engelsprekende regeringsamptenare (wat, BTW, uitgewyk het na
> Rhodesie) "gevra" was om vroeg (55) uit te tree, en plek te maak vir
> Afrikaners, veral in die "Department of Native Affairs", waar "liberal"
> burokrate vervang was met "more pliable, loyal Afrikaner nationalists".
>
> Smaak my dus dat baie van die omies (apologiee aan Gloudina) wat nou so gal
> afgaan oor regstellende aksie, hul posisies aan regstellende aksie te danke
> het. Hoe ironies. Maar kom ons kyk verder . kwalifikasies en competence.
>
> Posel skryf dat, gegee die NP se plan om die grootte en omvang van die staat te
> vergroot (natuurlik binne werksreservering), dat personeeltekorte gou na vore
> getree het. In 1959 was daar 5000 werksopeninge, en teen 1965 skryf omtrent
> elke engelse koerant oor "critical shortages" en die "serious shortage of
> qualified personnel". In 1966 word 11000 nuwe staatsposte geskep, maar in
> daardie selfde jaar bedank 5557, en 6305 nuwe aanstellings word gemaak. Sekere
> staatsdepartemente is tot 60% onderbeman (dit was tog mans, so ek skryf nie
> onderbepersoon nie), en 'n ondersoek na die omvang van die tekorte "were
> themselves held up by staff shortages!". Inland Revenue het 90 oop poste
> gehad, Landbou 11 senior poste, Labour vul slegs 59% van die 1853 oop poste, en
> so meer, en so meer. Hierdie ideologiese tekort lei dan tot ". an
> incompetent civil service", en die Ouditeur-Generaal se dat ".in the past,
> the public service only aaccepted the better matriculants; but today we grab
> anyone". Die United Party vra Parlement om tog te ondersoek ".cases where
> people were transferred into highly technical departments while they had no
> knowledge of the department and yet within one or two years they became the
> secretary without even knowing details of the technical functioning of the
> department". In regsposte is die gebrek aan kwalifikasies "farcical", waar
> ". people had been appointed to legal positions without the appropriate
> skills, on the understanding that they would register full-time for a B.Juris
> degree . yet by 1976, only 153 of 653 posts . were filled by officials with
> anything resembling the desired qualifications". Posel lys meer voorbeelde,
> maar miskien is Dr. Piet Koornhof en VP MP Marais Steyn se woorde tekenend
> genoeg. Koornhof se die staatsdiens is soos 'n skilpad, as jy dit alleeen
> laat, loop dit teen sy eie stadige pas, maar as jy dit probeer stoot, stop dit
> botweg in sy spoor. En Steyn se die staatsdiens van die dag is 'n dinousour
> met 'n groot lyf en 'n ertjie-brein.
>
> Smaak my dus dat die omie-koor bietjie die geskiedenis moet bekyk vir die spoke
> wat hulle nou so groeps-gierig wil noem en besweer.
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63762 is 'n antwoord op boodskap #63758] Sa, 15 Junie 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020615144155.28436.00001347@mb-mh.news.cs.com...
> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.
.......

Interessant Leswin - ek dink dat die hele job reservation verhaal is bekend
onder die lesers van hierdie groep. Die negatiewe effek daarvan op die
staatsdiens is ook goed gedokumenteerd en goed bekend by die gemiddelde
Suid-Afrikaner. Wat ek egter onrusbarend vind is die onderliggende
implikasie in jou skrywe dat die huidige vlaag van " job reservation"
verdedigbaar is omdat " hulle dit ook gedoen het". Gesien die negatiewe
resultate van hierdie dom beleid van die verlede sou ek tog verwag het dat
die huidige bewindshebbers (wie ons sou kon aanneem redelike, intelligente
en logies denkende indiwidue moet wees) sou probeer het om regstelling op 'n
meer sinvolle manier toe te pas.

-Gideon-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63776 is 'n antwoord op boodskap #63760] Sa, 15 Junie 2002 23:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Ja, die geskiedenis herhaal homself. Net jammer ons leer nie uit die foute
> van die verlede nie. Soos jyself elders gesê het: Ons moet "leer uit
> ondervinding". Wat jy hier geskryf het bevestig weereens net vir my dat die
> regstellende aksie wat ons nou het, in dieselfde klas as apartheidsmisdade
> val.

Ongelukkig, Johan, sien mens regdeur hierdie
argument van jou. Dis net 'n aweregse manier
om die apartheids-skandaal goed te praat.
Gedurende die apartheids-era het 'n subset
van die Afrikaners, naamlik die met Broeder-
bond konneksies, die mag in hande gekry en
die sogenaamde "regstellende" aksies begin
toepas. Die regstellende aksie was dus vir
die voordeel van 'n groep van mense wat
heelwaarskynlik minder as een miljoen getel
het in 'n bevolking van veertig miljoen.
Wat vandag gebeur, is regstellende aksie om
sommige van die poste terug te sit in die
hande van tagtig persent van die bevolking.

Gloudina
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63778 is 'n antwoord op boodskap #63762] So, 16 Junie 2002 01:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

> die huidige bewindshebbers (wie ons sou kon aanneem redelike, intelligente
> en logies denkende indiwidue moet wees) sou probeer het om regstelling op 'n
> meer sinvolle manier toe te pas.

Watter "sinvolle" manier stel jy voor?
As jy 'n bevolking het wat omtrent 80 %
geforseerd agtergeblewenes was, dus
in werklikheid 'n basies nie-blanke
land, en jy moet die situasie regstel,
waar gaan die huidige regime verkeerd
te werk? Ek verbaas my altyd nog hoeveel
veral Afrikaanse name ek sien in die
bevelstrukture van veral die polisie
en die weermag. As jy in enige universiteit
van die land instap, behoort ag uit
elke tien gesigte van die studente en die
professore nie-blank te wees. Is dit so?
Hoeveel is die blanke boere in SA al
verplaas met swart boere? As mens die
huidige regime kan kritiseer, is dit juis
dat hulle nie genoeg landhervorming gedoen
het nie, 'n feit wat die deur oopmaak vir
enige demagoog wat die "agtergeblewenes"
wil opsweep. Ek merk op dat hulle die
Universiteit van Stellenbosch en die een
in Potchefstroom basies as Afrikaanse
universiteite sal laat voortgaan. Ek dink
hulle buig agteroor om die Afrikanergroep
tegemoet te kom. SA is basies nie die land
van die Afrikaner nie. Was nooit nie. Dis
tyd dat die Afrikaners daaraan gewoond raak.
Weet jy, die SA High Commissioner hier
Kanada is 'n wit ou wat uit die apartheids-
dae kom. Hoekom dink jy hy is nou nog, ag
jaar na die oorgang, nog 'n ambassadeur in
diens van SA? Dis omdat die huidige regime baie
meer professioneel te werk gaan as die vorige
een. Ek ken 'n Engelse SA ou hier in Ottawa,
wat buitelandse sake verlaat het in SA toe hy
eendag per abuis sy "file" te siene gekry het,
en daar in groot letters oor sommige bladsye
gedruk was dat hy geen verdere verhogings gaan
kry nie. Hy was oortuig dit was as gevolg van
sy Engelsheid, en het toe na Kanada ge-emigreer.
waar hy nou 'n belangrike pos in ons staatsdiens
beklee.

Gloudina

Gloudina
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63784 is 'n antwoord op boodskap #63778] So, 16 Junie 2002 05:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal herhaal wat ek tydens die vorige bewind(e) ook gesê het. Meriete.
En, jammer vir die ou seksie wat met hulle voete gestem het en weggehardloop
na Kanada en waar ookal, voordat hierdie land nie 'n stelsel het wat probeer
om meriete na te jaag nie, sal ons in hierdie bosekring bly.
skryf in boodskap news:3D0BF054.8000707@rogers.com...
>
> Gids wrote:
>
>> die huidige bewindshebbers (wie ons sou kon aanneem redelike, intelligente
>> en logies denkende indiwidue moet wees) sou probeer het om regstelling op 'n
>> meer sinvolle manier toe te pas.
>
> Watter "sinvolle" manier stel jy voor?
> As jy 'n bevolking het wat omtrent 80 %
> geforseerd agtergeblewenes was, dus
> in werklikheid 'n basies nie-blanke
> land, en jy moet die situasie regstel,
> waar gaan die huidige regime verkeerd
> te werk? Ek verbaas my altyd nog hoeveel
> veral Afrikaanse name ek sien in die
> bevelstrukture van veral die polisie
> en die weermag. As jy in enige universiteit
> van die land instap, behoort ag uit
> elke tien gesigte van die studente en die
> professore nie-blank te wees. Is dit so?
> Hoeveel is die blanke boere in SA al
> verplaas met swart boere? As mens die
> huidige regime kan kritiseer, is dit juis
> dat hulle nie genoeg landhervorming gedoen
> het nie, 'n feit wat die deur oopmaak vir
> enige demagoog wat die "agtergeblewenes"
> wil opsweep. Ek merk op dat hulle die
> Universiteit van Stellenbosch en die een
> in Potchefstroom basies as Afrikaanse
> universiteite sal laat voortgaan. Ek dink
> hulle buig agteroor om die Afrikanergroep
> tegemoet te kom. SA is basies nie die land
> van die Afrikaner nie. Was nooit nie. Dis
> tyd dat die Afrikaners daaraan gewoond raak.
> Weet jy, die SA High Commissioner hier
> Kanada is 'n wit ou wat uit die apartheids-
> dae kom. Hoekom dink jy hy is nou nog, ag
> jaar na die oorgang, nog 'n ambassadeur in
> diens van SA? Dis omdat die huidige regime baie
> meer professioneel te werk gaan as die vorige
> een. Ek ken 'n Engelse SA ou hier in Ottawa,
> wat buitelandse sake verlaat het in SA toe hy
> eendag per abuis sy "file" te siene gekry het,
> en daar in groot letters oor sommige bladsye
> gedruk was dat hy geen verdere verhogings gaan
> kry nie. Hy was oortuig dit was as gevolg van
> sy Engelsheid, en het toe na Kanada ge-emigreer.
> waar hy nou 'n belangrike pos in ons staatsdiens
> beklee.
>
> Gloudina
>
> Gloudina
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63786 is 'n antwoord op boodskap #63778] So, 16 Junie 2002 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D0BF054.8000707@rogers.com...
>
> Watter "sinvolle" manier stel jy voor?
> As jy 'n bevolking het wat omtrent 80 %
> geforseerd agtergeblewenes was, dus
> in werklikheid 'n basies nie-blanke
> land, en jy moet die situasie regstel,
> waar gaan die huidige regime verkeerd
> te werk? Ek verbaas my altyd nog hoeveel
> veral Afrikaanse name ek sien in die
> bevelstrukture van veral die polisie
> en die weermag. As jy in enige universiteit
> van die land instap, behoort ag uit
> elke tien gesigte van die studente en die
> professore nie-blank te wees. Is dit so?
> Hoeveel is die blanke boere in SA al
> verplaas met swart boere? As mens die
> huidige regime kan kritiseer, is dit juis
> dat hulle nie genoeg landhervorming gedoen
> het nie, 'n feit wat die deur oopmaak vir
> enige demagoog wat die "agtergeblewenes"
> wil opsweep. Ek merk op dat hulle die
> Universiteit van Stellenbosch en die een
> in Potchefstroom basies as Afrikaanse
> universiteite sal laat voortgaan. Ek dink
> hulle buig agteroor om die Afrikanergroep
> tegemoet te kom. SA is basies nie die land
> van die Afrikaner nie. Was nooit nie. Dis
> tyd dat die Afrikaners daaraan gewoond raak.
> Weet jy, die SA High Commissioner hier
> Kanada is 'n wit ou wat uit die apartheids-
> dae kom. Hoekom dink jy hy is nou nog, ag
> jaar na die oorgang, nog 'n ambassadeur in
> diens van SA? Dis omdat die huidige regime baie
> meer professioneel te werk gaan as die vorige
> een. Ek ken 'n Engelse SA ou hier in Ottawa,
> wat buitelandse sake verlaat het in SA toe hy
> eendag per abuis sy "file" te siene gekry het,
> en daar in groot letters oor sommige bladsye
> gedruk was dat hy geen verdere verhogings gaan
> kry nie. Hy was oortuig dit was as gevolg van
> sy Engelsheid, en het toe na Kanada ge-emigreer.
> waar hy nou 'n belangrike pos in ons staatsdiens
> beklee.

Gloudina,

Ek kan heel vinnig aan 'n aantal alternatiewe maniere dink om regstelling te
bring - nie een van hulle so maklik soos AA nie. Regstelling soos toegepas
deur die ANC is 'n emosionele saak. Dit het emosionele impak na albei kante.
Aan die een kant is dit 'n duidelike sein na die swart meerderheid dat die
regering besig is om dinge reg te probeer maak - dit is positief. Aan die
ander kant is dit 'n sein aan swart mense dat hul maklik senior posisies kan
kry sonder om geskik te hoef te wees daarvoor en /of sonder om te
kwalifiseer daarvoor - dit is negatief. Dit is die val waarin blankes
Afrikaners ook geval het in die 50s en 60s.
Aan die ander kant is dit ook 'n sein aan blanke Suid-Afrikaners deur die
regering. Let wel - ek het nie gesê dat tit 'n sein is aan 60-jarige omies
wie die voordeeltrekkers uit die "regstelling " van die Nasionaliste uit die
jare 60 was nie - dit het impak op ALLE blankes. Dei sein aan blanke
Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
nie welkom is in hul eie land nie. Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
velkleur. Dit is negatief. Die resultaat hiervan is merkbaar in die
emigrasiesyfers (amptelik en nie-amptelik) van JONG blanke Suid-Afrikaners
wat hulself as kansloos beskou in 'n samelewing wat hul nie 'n kans wil gee
nie. Ek sou versigtig wees om dit die nuwe Apartheid te noem, maar as dit
bruin is, gevorm is soos 'n wors en stink na stront, gaan ek nie daarin trap
nie.

Wat een van die belangrikste aspekte is in enige maatskappy, is dat dinge
in die maatskappy gedoen moet word wat die maatskappy toelaat om te herstel
van die foute van die verlede. Om die foute van die verlede te herhaal is
nie 'n oplossing nie. Ek begryp dat hierdie saak emosioneel is, maar om
dieselfde dinge te pleeg uit wraak val eenvoudig in die kategorie van die
uitsprake van dhr Mokaba . Dit gaan nie oor die behoud van die blanke of die
behoud van die Afrikaner soos jy probeer impliseer in die res van jou pos
nie, dit gaan oor die intelligente herontwikkeling van die land met
beskikbare bronne. Om op 'n kunsmatige manier 'n nuwe - helaas sleg
voorbereide - elite te vestig los die probleme nie op nie, dit vererger dit
net. Die mense wat juis moet voordeel trek uit AA - die armes - trek juis
nie voordeel nie. Vir hulle verander niks nie. AA is gefokus op die mense
wie al reeds middelklassers is (ironies genoeg die bourgois van Marx) en om
hulle omhoog te help in die rangorde van rykes. Dit beteken vir die armes
net dat die base nie meer almal wit is nie.

-Gideon-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63790 is 'n antwoord op boodskap #63760] So, 16 Junie 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Sat, 15 Jun 2002 21:30:56 +0200, "johanls" wie? skryf:

> Wat jy hier geskryf het bevestig weereens net vir my dat die
> regstellende aksie wat ons nou het, in dieselfde klas as apartheidsmisdade
> val.

Hmmm. Ek kan 'n paar aannames hieruit maak. onder andere:

1) Jy dink apartheidmisdadigers het beoog om goed te doen.
2) Regstellende aksie is die werk van misdadigers
3) Regstellende aksie moet tee"gesit word
4) Regstellende aksie, net soos apartheidmisdaad is altwee
onbelangrike sake.
5) Regstellende aksie gaan mense vermoor, verplaas, verkleineer en
uitmakaar skeur
6) Regstellende aksie is deel van een of ander rasse ideologie
7) Mense en organisasies wat regstellende aksie toepas moet hof toe
gesleep word.

Gelukkig skuil jy en skiet snert van agter 'n masker af en jy hoef nie
te veel te dink voordat jy stellings soos die kwytraak nie.

Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63791 is 'n antwoord op boodskap #63784] So, 16 Junie 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Sun, 16 Jun 2002 07:07:24 +0200, "Jonas"
skryf:

> Ek sal herhaal wat ek tydens die vorige bewind(e) ook gesê het. Meriete.
> En, jammer vir die ou seksie wat met hulle voete gestem het en weggehardloop
> na Kanada en waar ookal, voordat hierdie land nie 'n stelsel het wat probeer
> om meriete na te jaag nie, sal ons in hierdie bosekring bly.
> skryf in boodskap news:3D0BF054.8000707@rogers.com...

Kyk Johannes, hierdie ou "meriete" argument is nai"f. Enige
bevordering gaan oor vertroue wat jy in die persoon het om die
volgende ho"er stap te neem. Soms werk dit nie uit nie want die
bevorderde persoon gryp nie die uitdaging aan nie of besef nie wat die
mandaat is nie. Dit gebeur.

Enige regstellende aksie is soos bevordering. Jy sit die persoon in
die pos en hoop en vertrou dat hy/sy die pyp gaan rook. Party rook die
ding, ander nie.

Verduikelik jy asseblief vir hierdie groep hoe jy regstellende aksie
gaan toepas sonder om vertroue in 'n spesifieke groep mense te plaas.
Moet asseblief nie voorbeelde van mislukte RA gebruik om die teendeel
te bewys nie, dan gaan ons niks vorder nie.

Ook, hou asseblief op om mense te kritiseer op die basis van waar
hulle huidiglik bly. Die moderne wereld is 'n internasionale plek waar
mense heen en weer trek vir verskeie redes. Ons is almal vry om dit te
doen en om dit ti kritiseer is 'n teken van selfbejammering.

Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63792 is 'n antwoord op boodskap #63758] So, 16 Junie 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On 15 Jun 2002 18:41:55 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher) wrote:

> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.

Baie interessant. Ongelukking bevestig dit die waarheid in die ou
grappies wat ons altyd gemaak het oor poskantoor werkers (en by
implikasie ander staatsdienswerkers) van ouds.

Dus, institusionele inteling was 'n werklikheid en nie net 'n illusie
wat een of twee PFs (as in permanent force) wat my paaidjie gekruis
het in my gadagtes geskep het nie.

Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63797 is 'n antwoord op boodskap #63791] So, 16 Junie 2002 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3d0c3de5.5127112@news.icon.co.za...

> Ook, hou asseblief op om mense te kritiseer op die basis van waar
> hulle huidiglik bly. Die moderne wereld is 'n internasionale plek waar
> mense heen en weer trek vir verskeie redes. Ons is almal vry om dit te
> doen en om dit ti kritiseer is 'n teken van selfbejammering.
>
> Johan Bornman

Beter kon ek dit self nie gestel het nie. Die gekef van die skoothondjies
hier raak so irriterend dat ek dit soms moet ignoreer in die hoop dat dit
sal weggaan. Jy het nou my indruk bevestig dat jy een van die min
intelligente wesens is wat hier ronddwaal.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63798 is 'n antwoord op boodskap #63791] So, 16 Junie 2002 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoor hoor.
HK

Johan Bornman
> Ook, hou asseblief op om mense te kritiseer op die basis van waar
> hulle huidiglik bly. Die moderne wereld is 'n internasionale plek waar
> mense heen en weer trek vir verskeie redes. Ons is almal vry om dit te
> doen en om dit ti kritiseer is 'n teken van selfbejammering.
>
> Johan Bornman
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63801 is 'n antwoord op boodskap #63784] So, 16 Junie 2002 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ek sal herhaal wat ek tydens die vorige bewind(e) ook gesê het. Meriete.

Ja, ou Jonas. Vertel ons nog een.

Tant Hessie van die Xhosa Nostra.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63809 is 'n antwoord op boodskap #63786] So, 16 Junie 2002 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

sein aan blanke
> Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
> nie welkom is in hul eie land nie. Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
> goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
> sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
> velkleur. Dit is negatief. Die resultaat hiervan is merkbaar in die
> emigrasiesyfers (amptelik en nie-amptelik) van JONG blanke Suid-Afrikaners
> wat hulself as kansloos beskou in 'n samelewing wat hul nie 'n kans wil gee
> nie.

Jou skildering van die toestand hierbo klink
oortuigend, maar ek is nie so seker dat dit
eintlik met die werklikheid strook nie. Wanneer
ek dink aan die volwassenes en jong mense wat
ons in SA ken, dan is dié "wit" mense wat ons
ken wat goed opgelei is, in goeie poste wat
hulle maklik bekom het. Ek dink nou maar net
aan die kinders in my familie en aangetroude
familie. Hulle met die goeie opleiding en die
goeie poste toon ook geen teken dat hulle wil
emigreer nie. Die een wat wel wil emigreer, is
'n seun van een van my swaers wat geen opleiding
na Matriek het nie. Hy was al eenkeer in die
VSA waar hy blykbaar as goedkoop arbeid deur 'n
eks-Suidafrikaner gebruik is in die staalbedryf.
Toe beseer hy sy rug en is hy terug na sy ouers.
Nou wil hy weer buiteland toe gaan, want daar is
dan "geen kanse vir mense soos hy in SA nie."
Sy oom, my man, weier net om vir hom hier in
Kanada "iets" te soek. (Hy is glo bereid om skottel-
goed te was.) My man sê hy behoort eers in iets
opgelei te word, en dan kan hulle weer praat.

Gloudina
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63813 is 'n antwoord op boodskap #63791] So, 16 Junie 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So - basta met meriete?
Jammer my ou - maar dit is maar deel van die westerse wêreld - plekke
waarheen maatjies vinnig verkas het.
En, wanneer jy verwys na die feit dat hulle die hasepad gekies het, dan toon
die manne 'n bepaalde sensitiwiteit. Waarom? Pas die skoen?
wrote in message
news:3d0c3de5.5127112@news.icon.co.za...
> On Sun, 16 Jun 2002 07:07:24 +0200, "Jonas"
> skryf:
>
>> Ek sal herhaal wat ek tydens die vorige bewind(e) ook gesê het. Meriete.
>> En, jammer vir die ou seksie wat met hulle voete gestem het en weggehardloop
>> na Kanada en waar ookal, voordat hierdie land nie 'n stelsel het wat probeer
>> om meriete na te jaag nie, sal ons in hierdie bosekring bly.
>> skryf in boodskap news:3D0BF054.8000707@rogers.com...
>
> Kyk Johannes, hierdie ou "meriete" argument is nai"f. Enige
> bevordering gaan oor vertroue wat jy in die persoon het om die
> volgende ho"er stap te neem. Soms werk dit nie uit nie want die
> bevorderde persoon gryp nie die uitdaging aan nie of besef nie wat die
> mandaat is nie. Dit gebeur.
>
> Enige regstellende aksie is soos bevordering. Jy sit die persoon in
> die pos en hoop en vertrou dat hy/sy die pyp gaan rook. Party rook die
> ding, ander nie.
>
> Verduikelik jy asseblief vir hierdie groep hoe jy regstellende aksie
> gaan toepas sonder om vertroue in 'n spesifieke groep mense te plaas.
> Moet asseblief nie voorbeelde van mislukte RA gebruik om die teendeel
> te bewys nie, dan gaan ons niks vorder nie.
>
> Ook, hou asseblief op om mense te kritiseer op die basis van waar
> hulle huidiglik bly. Die moderne wereld is 'n internasionale plek waar
> mense heen en weer trek vir verskeie redes. Ons is almal vry om dit te
> doen en om dit ti kritiseer is 'n teken van selfbejammering.
>
> Johan Bornman
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63825 is 'n antwoord op boodskap #63809] So, 16 Junie 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D0C73B2.9070101@rogers.com...
>
>
> Jou skildering van die toestand hierbo klink
> oortuigend, maar ek is nie so seker dat dit
> eintlik met die werklikheid strook nie. Wanneer
> ek dink aan die volwassenes en jong mense wat
> ons in SA ken, dan is dié "wit" mense wat ons
> ken wat goed opgelei is, in goeie poste wat
> hulle maklik bekom het. Ek dink nou maar net
> aan die kinders in my familie en aangetroude
> familie. Hulle met die goeie opleiding en die
> goeie poste toon ook geen teken dat hulle wil
> emigreer nie. Die een wat wel wil emigreer, is
> 'n seun van een van my swaers wat geen opleiding
> na Matriek het nie. Hy was al eenkeer in die
> VSA waar hy blykbaar as goedkoop arbeid deur 'n
> eks-Suidafrikaner gebruik is in die staalbedryf.
> Toe beseer hy sy rug en is hy terug na sy ouers.
> Nou wil hy weer buiteland toe gaan, want daar is
> dan "geen kanse vir mense soos hy in SA nie."
> Sy oom, my man, weier net om vir hom hier in
> Kanada "iets" te soek. (Hy is glo bereid om skottel-
> goed te was.) My man sê hy behoort eers in iets
> opgelei te word, en dan kan hulle weer praat.
>
Gloudina,

Jy is helaas besig om uitsonderings te probeer gebruik om 'n reël te skep.

Die eerste stelling is dat jou vriende en familie wat goed opgelei is geen
probleem het in SA met werk nie en nie die land wil verlaat nie en dat die
familie wat nie goed opgelei is nie probleme het met werk en die land wil
verlaat. Ek dink dat jy nie te ver hoef te soek om te sien dat jou standpunt
nie water hou nie. Die "braindrain"waarvan onder andere sy edele Thabo Mbeki
praat is 'n reële bedreiging vir dei Suid-Afrikaanse ekonomie. Die sektore
waarin hierdie fenomeen gemerk kan word is onder andere Onderwys, IT en
Gesondheidsdienste. Dit is almal sektore waarin Suid-Afrika 'n groot tekort
het aan kennis en spesialisme. Ek kan ook subjektiewe argumente gebruik om
die teëdeel te probeer bewys - dit is soos die ou dilemma wat ons gehad het
met die Swellendam verhaal. Ek en jy het kontakte in Swellendam wat vertel
dat dit goed gaan daar, maar Anette en ''n paar ander het weer familie daar
wat vertel dat dit sleg gaan. Dit lei na niks. Kom ons gaan kyk na 'n paar
aanhalings. Gaan na die link http://www.southafricanemigration.com ek haal
aan:

WHO IS LEAVING?
For decades the profile of the typical South African emigrant was that
of a white, educated, English-speaker in his/her 40s and of liberal
anti-National Party-government orientation. By the mid-1990s Afrikaners have
joined the exodus en-masse, and now constitute half of white emigrants.
Black, coloureds and Indians make up about 10% of emigrants. More than 40%
of the Jewish population had left South Africa, and many of the 800,000
people who have or can lay claim to British passports have left.

As in most developing countries, South Africa's emigration phenomenon
is essentially a brain-drain or an exodus of skills. More than half of
emigrants are professionals, semi-professionals, managerial or executives -
these include typically many doctors, lawyers, accountants, engineers, but
their numbers are swelled nowadays by young people with IT skills, teachers,
nurses, farmers and people with certain trade and artisan skills. It is
estimated that more than 20% of South Africa's educated professionals had
already left the country by 2001. This include: 19% of Chartered
Accountants, 45% of Wits medical graduates, half of South African dentists
are also registered or working in the UK, 11% of top management who resign
each year emigrate, 600 nurses applied for UK registration in 1997 alone.

Well-known personalities who have live outside of South Africa include
the following, although many of these did not leave permanently:
Sports stars: Francois Pienaar, Gary Teichman, Tiaan Strauss, Joel
Stransky, Mike Catt, Gerald Bosch, Penny Heyns, Amanda Coetzer, Wayne
Ferreira, Ernie Els, Eddie Barlow, Irene van Dyk, Alan Lamb, Robin Smith,
Basil D'Oliveira and virtually the whole Bafana-Bafana soccer team and
others.
Actors and media personalities: Charlize Theron, Arnold Vosloo,
Sue-Anne Braun, Embeth Davids, Anand Naidoo, Prudence Solomon, Jane Dutton,
Tumi Makgabo, Norma Odendaal, Koos Roets, Sean Taylor, Janet Suzman, Nigel
Hawthorne and Anthony Sher and others.
Authors: Marieta van den Vyver, Annesu de Vos, Breyten Breytenbach,
Athol Fugaard, Andre P. Brink, Christopher Hope, Laurens van der Post and
others.
Doctors: Chris Barnard, Fanus Serfontein, Chris Knott-Graig, Aaron
Klug and others.
Business: Rob Lee, Ben Vosloo, Sol Kerzner, Brent Hoberman, Mark
Shuttleworth, Sir Michael Edwardes, Sir Mark Weinberg, Alistar Morton and
others.
Others: Billie Corbett, Anne Paton. Judge Johan Steyn, Sidney
Lipworth.

Om meer informasie en details te kry oor migrasiepatrone, gaan kyk gerus ook
by Stat SA. Jy kan hul webpage op http://www.statssa.gov.za/ vind.

-Gideon-

>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63826 is 'n antwoord op boodskap #63786] So, 16 Junie 2002 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Op Sun, 16 Jun 2002 08:59:51 +0200, "Raak Gids Nobody 'n klomp goed
kwyt:

> Ek kan heel vinnig aan 'n aantal alternatiewe maniere dink om regstelling te
> bring - nie een van hulle so maklik soos AA nie.

Interessant, laat ons hoor.

> Regstelling soos toegepas
> deur die ANC is 'n emosionele saak. Dit het emosionele impak na albei kante.

Kyk man, RA soos toegepas in Amerika, Engeland of SA is 'n emosionele
saak. Van wat ek al gelees het is daar geen verskil in die emosies
hier of daar nie. Dit IS 'n moeilike saak.

> Aan die een kant is dit 'n duidelike sein na die swart meerderheid dat die
> regering besig is om dinge reg te probeer maak - dit is positief.

Ek stem nog saam...

> Aan die nder kant is dit 'n sein aan swart mense dat hul maklik senior posisies kan
> kry sonder om geskik te hoef te wees daarvoor en /of sonder om te
> kwalifiseer daarvoor - dit is negatief.

Dis onwaar. Ek word elke dag verbaas oor juis die kwalifikasies wat
van my landsgenote wel het en watse intelligensie daar is. Maar, my
staaltjies is nie bewys genoeg nie. Verder, ek wil nie probeer bewys
dat daar wel gekwalifiseerde mense daarbuite is nie maar jou
vooroordeel uitwys in twee terme: "senior posisies" en "onvoldoende
kwalifikasie". RA is van toepassing op senior en junior poste en die
boodskap is beslis nie dat jy nie gewkalifiseer hoef te wees nie maar
dat jy 'n effense voorsprong gaan kry wat jy met altwee hande moet
aagngryp en jou bes doen. Dis hierdie laaste punt wat baie witmense
nie insien nie. Dink 'n bietjie daaroor voordat jy terugskiet.

> Dit is die val waarin blankes
> Afrikaners ook geval het in die 50s en 60s.
Miskien, ek was nie daar nie en ek het beslis niks gelees oor die
emosies wat daarmee gepaard gaan nie.

> Aan die ander kant is dit ook 'n sein aan blanke Suid-Afrikaners deur die
> regering. Let wel - ek het nie gesê dat tit 'n sein is aan 60-jarige omies
> wie die voordeeltrekkers uit die "regstelling " van die Nasionaliste uit die
> jare 60 was nie - dit het impak op ALLE blankes. Dei sein aan blanke
> Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
> nie welkom is in hul eie land nie.

Stem nie saam nie en ek voel nie dat daai sein aan my gegee is nie. In
maatskappye waar RA goed toegepas word en die emosionele sy van die
saak aangespreek word, word dit duidelik aan wit kandidate gesê wat
die byvooroordeel is. Dis iets wat jy filosofies moet aanvat. Miskien
sal dit help as jy 'n goeie Kalvinis is en aanvaar dat die sondes van
jou voorvaders drie en vier geslagte gelede vir jou lot
verantwoordelik is. Miskien kan jy dit op 'n ander manier verwerk maar
die enigste interpretasie is nie die een wat jy voorstel van "nie
welkom is in jou eie land nie."

> Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
> goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
> sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
> velkleur. Dit is negatief.

Ja dit is moeilik maar soos ek sê, ons moet ons koppe regkry. Dit sal
regkom. Nie vinnig nie, maar sal regkom. Kyk, vorige geslagte het
gedurende oorloe" geleef - ons nie. Vorige geslagte het het gebuk
gegaar onder vreemde aneksasie - ons nie. Sommige het selfs as slawe
gewerk, ons nie. Ons lot is nie so erg nie.

> Die resultaat hiervan is merkbaar in die
> emigrasiesyfers (amptelik en nie-amptelik) van JONG blanke Suid-Afrikaners
> wat hulself as kansloos beskou in 'n samelewing wat hul nie 'n kans wil gee
> nie.

Ek dink jou interpretasie van die emigrasiesyfers is verkeerd. Vandag
se jongmense het paspoorte wat orals welkom is en reis is goedkoop en
dus gebruik hulle daai geleentheid om te reis. Jong mense reis, vind
'n lekker plek en werk daar vir ses maande - twee jaar. Baie kom
terug.

> Ek sou versigtig wees om dit die nuwe Apartheid te noem, maar as dit
> bruin is, gevorm is soos 'n wors en stink na stront, gaan ek nie daarin trap
> nie.

As jy kaalvoet loop moet jy maar altyd jou oe" oophou maar moenie
Russe onder die bed gaan soek nie.

> Wat een van die belangrikste aspekte is in enige maatskappy, is dat dinge
> in die maatskappy gedoen moet word wat die maatskappy toelaat om te herstel
> van die foute van die verlede. Om die foute van die verlede te herhaal is
> nie 'n oplossing nie.

Ek dink nie hulle herhaal foute van die verlede nie. Meeste
maatskappye was nie daar gewees in die dertigs en veertigs toe
Afrikaner RA begin het nie. Verder, die metode van die verlede was om
Engelse uit die staatsdiens te haal en swartmense onderwys en skoling
te ontneem. Vandag se RA het ander doelwitte. Die twee het relevansie,
maar kan nie vergelyk word soos jy dit doen nie.

> Ek begryp dat hierdie saak emosioneel is, maar om
> dieselfde dinge te pleeg uit wraak val eenvoudig in die kategorie van die
> uitsprake van dhr Mokaba.

Ek sien baie, baie min wraak in ons samelewing en beslis geen
institutionele wraak nie. Het jy enige voorbeelde vir my?

> Dit gaan nie oor die behoud van die blanke of die
> behoud van die Afrikaner soos jy probeer impliseer in die res van jou pos
> nie, dit gaan oor die intelligente herontwikkeling van die land met
> beskikbare bronne. Om op 'n kunsmatige manier 'n nuwe - helaas sleg
> voorbereide - elite te vestig los die probleme nie op nie, dit vererger dit
> net. Die mense wat juis moet voordeel trek uit AA - die armes - trek juis
> nie voordeel nie. Vir hulle verander niks nie. AA is gefokus op die mense
> wie al reeds middelklassers is (ironies genoeg die bourgois van Marx) en om
> hulle omhoog te help in die rangorde van rykes. Dit beteken vir die armes
> net dat die base nie meer almal wit is nie.

Gideon, gebruik weereens dum-dums on mee te skiet. Dis nie mooi nie.
Ek verwys na jou gebruik van "helaas sleg voorbereide". Weereens,
moenie dink hulle (swartmense) is nie voorberei nie. Net omdat hulle
onsigbaar was tien jaar gelede beteken nie hulle het hulle nie
binnelands en buitelands voorberei vir hulle terugkoms nie. Verder,
apartheid is al hoe lank - tien jaar? - afgeskaf en 'n mens kan baie
leer in tien jaar. Dit het nie gister gebeur nie. Kyk net na jouself,
is jy dieselfde persoon wat jy tien jaar gelede was. Dit maak my
eintlik bang, wat het ek in die lasste tien jaar geleer?

Wat baie mense nie sien in RA nie, is hoe dit ons gemeenskap gaan vorm
oor die volgende 20 jaar. Toe die Boere die Ingelse en Jode en ander
"ongewenstes" uitgesmyt het, het die slimmes onder hulle na handel en
nywerheid gedraai. Hieruit het ons al die bekende entrepreneurs gekry
wat vandag ryk en suksesvol aftree. Jy kan nie 'n goeie/sterk/slim
man/vrou ondersit nie.

Ironies genoeg, toe ons die Jode en Ingelse uitgesmyt het en hulle toe
die land se privaatsektor gestig het (onhou, voordat hulle op die
scene gekom het, het ons alles van Engeland af ingevoer), het die
Boere in hulle poskantoor, onderwys en staatsdiensposte aanstoot
geneem en gesê "die blerrie Jode wil alles he^".

My punt is dat RA dalk vandag se slim jong wit mense gaan dryf na die
privaatsektor toe en 'n hele nuwe ekonomie gaan stig wat dalk ander
bevolkingsgroepe gaan onstel oor drie of vier dekades.

Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63827 is 'n antwoord op boodskap #63813] So, 16 Junie 2002 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Sun, 16 Jun 2002 13:43:10 +0200, "Djonas"
skryf:

> So - basta met meriete?
> Jammer my ou - maar dit is maar deel van die westerse wêreld - plekke
> waarheen maatjies vinnig verkas het.

Ek verstaan nie?

> En, wanneer jy verwys na die feit dat hulle die hasepad gekies het, dan toon
> die manne 'n bepaalde sensitiwiteit. Waarom? Pas die skoen?

Moet asseblief nie woorde in my mond sit nie. Ek het niemand beskuldig
van "hasepad kies nie." Dis jou eie sentiment wat daar deurskyn.

Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63836 is 'n antwoord op boodskap #63809] Ma, 17 Junie 2002 02:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie. Jou siening is weereens so simplisties. Herlei jy alles na so 'n
eenvoudige siening sodat jy dit kan verstaan, of, is dit omdat jy mense 'n
rat voor die oë probeer draai? Ek wonder.
Soos jou siening dat die ANC (Xhosa Nostra) doen wat die Afrikaners in 1948
gedoen het. Maar, jy vra nie hoekom die Afrikaners gedoen het wat hulle in
'48 gedoen het nie. Jy probeer doelbewus die rol van die Britte en die
Engelse wegskryf. En dan die ou klompie wat saam met die Engelse/ Britte in
die katel gekruip het?
'n Halwe waarheid is erger as 'n voldwonge leuen...
skryf in boodskap news:3D0C73B2.9070101@rogers.com...
>
> Gids wrote:
>
> sein aan blanke
>> Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
>> nie welkom is in hul eie land nie. Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
>> goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
>> sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
>> velkleur. Dit is negatief. Die resultaat hiervan is merkbaar in die
>> emigrasiesyfers (amptelik en nie-amptelik) van JONG blanke Suid-Afrikaners
>> wat hulself as kansloos beskou in 'n samelewing wat hul nie 'n kans wil gee
>> nie.
>
>
>
> Jou skildering van die toestand hierbo klink
> oortuigend, maar ek is nie so seker dat dit
> eintlik met die werklikheid strook nie. Wanneer
> ek dink aan die volwassenes en jong mense wat
> ons in SA ken, dan is dié "wit" mense wat ons
> ken wat goed opgelei is, in goeie poste wat
> hulle maklik bekom het. Ek dink nou maar net
> aan die kinders in my familie en aangetroude
> familie. Hulle met die goeie opleiding en die
> goeie poste toon ook geen teken dat hulle wil
> emigreer nie. Die een wat wel wil emigreer, is
> 'n seun van een van my swaers wat geen opleiding
> na Matriek het nie. Hy was al eenkeer in die
> VSA waar hy blykbaar as goedkoop arbeid deur 'n
> eks-Suidafrikaner gebruik is in die staalbedryf.
> Toe beseer hy sy rug en is hy terug na sy ouers.
> Nou wil hy weer buiteland toe gaan, want daar is
> dan "geen kanse vir mense soos hy in SA nie."
> Sy oom, my man, weier net om vir hom hier in
> Kanada "iets" te soek. (Hy is glo bereid om skottel-
> goed te was.) My man sê hy behoort eers in iets
> opgelei te word, en dan kan hulle weer praat.
>
> Gloudina
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63837 is 'n antwoord op boodskap #63825] Ma, 17 Junie 2002 02:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

Die "braindrain" waarvan onder andere sy edele Thabo Mbeki
> praat is 'n reële bedreiging vir dei Suid-Afrikaanse ekonomie.

Gids, moenie die woord "braindrain" vir
'n Kanadees sê nie. Hy word die woord
ongeveer met moedersmelk aan moeders-
knie gevoer. Gedurig moet ons hoor hoe
daar 'n brain drain is vanaf Kanada na
die VSA. Dit gaan maar jaar na jaar aan,
die een dekade in, die ander dekade uit.
Maar nou onlangs begin mens hoor dat
daar mense is wat glo dat daar net soveel
goeie mense in Kanada instroom as wat
daar uitstroom, en dat die totale eind-
effek die land nie vreeslik ongebalanseer
laat nie.
Maar ek glo dat daar op die oomblik
'n brain drain uit SA is. Daar was egter
brain drains uit SA gedurende die apartheids-
dae en voor die apartheidsdae. Toe ek nog
jonk was, het baie jongmense hulle eerste
tog na Europa gemaak en, as hulle onderwys-
opleiding gehad het, in die East End van
London skoolgehou vir 'n jaar of twee.

Gloudina
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63838 is 'n antwoord op boodskap #63825] Ma, 17 Junie 2002 03:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gids wrote:

> WHO IS LEAVING?

Janet Suzman,

Annesu de Vos,

Breyten Breytenbach,
> Athol Fugaard,

Andre P. Brink,

Laurens van der Post and
> others.

Nou, laat ek goed verstaan. Die persoon
wat die stuk geskryf het hierbo, oor die
haglike toestand van emigrasie, kom nou
op met bostaande name. Moenie my laat lag
nie. Janet Suzman, wat seker nou al taamlik
oud moet wees, woon seker al dekades en
dekades in Engeland. Annesu de Vos en haar
man het na Kanada verhuis, as ek reg onthou,
gedurende die apartheidsjare omdat hy nie
diensplig wou doen nie. Ons weet hoekom
Breyten Breytenbach Parys sy tuiste gemaak
het. Athol Fugard bly seker erens in Engeland
om naby die plekke te wees wat sy toneelstukke
opvoer, of miskien in die VSA. Laurens van der
Post, nou seker 'n stok ou man (ek sou gedink
het hy is al dood) is al donkiesjare in Engeland,
Die enigste een waaroor ek my verbaas is
André Brink. As hy "die land sou verlaat het"
sou dit definitief oor die apartheidsdade gewees
het. Maar het hy nie nou kort gelede nog die
nuwe Groot Verseboek help saambring nie? Waar
is hy nou? Miskien 'n puik job aangebied by
'n bekende buitelandse universiteit. Maar ek
is baie baie seker dat hy dit nie gedoen het
as protes teen regstellende aksie nie.

Gloudina
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63841 is 'n antwoord op boodskap #63792] Ma, 17 Junie 2002 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kan ek so iets sê? Meeste van bogenoemde wat ek gelees het, is emosioneel
belaaide argumente vir en teen regstellende aksie. Wat van ons beweeg weg
van die politiek en kyk PRAKTIES na die gevolge van regstellende aksie?
Ons is nou al deur 12 jaar daarvan in Namibië en ons kan seker oor die
gevolge daarvan praat? Laat ek dit kategories stel: Ek het my eie
besigheid en werk vir g'n baas nie. Ek vra ook g'n ander man om my te help
of te versorg nie. Elke stukkie eiendom wat ek het, het ek self die geld
voor gemaak en vir elke ding betaal. As burger van my land en 'n
belastingbetaler, verwag ek om die bes moontlike diens te kry by die
staatsdiens, die dorpsrade, die vervoersisteem, paaie, ens. Ek gee nie om
wat die kleur van die gesig is van die persoon is waarmee ek kontak het nie,
solank hy net in staat is om sy werk ordentlik te doen. Dit is gegrond op
die beginsel dat maak nie saak wat gebeur nie, jou standaarde kan jy nie
laat daal nie......dan boer jy agteruit.
In Namibië kan jy ongelukkig die gevolge van wanbestuur duidelik sien.
Whatever die Suid-Afrikaners polities verkeerd gedoen het in ons land,
hulle't ons gelos met een van die beste infrastrukture in Afrika, naas
Suid-Afrika natuurlik. Ons het 'n winsgewende lugdiens gehad, 'n volledige
treindiens, paaie wat sy gelyke in Afrika nie het nie, 'n telefoonsisteem
wat skrik vir niks en die belangrikste van alles......werkloosheid onder
alle mense was op die minimum.
En nou 12 jaar later? Wel, die paaie word nie eintlik onderhou nie.
Die treindienste wat net so gelos is deur SA met oor die 80
diesellokomotiewe van oor die 1,5M elk en die 'rolling stock' om daarby te
pas, loop omtrent nooit meer nie en minder as 20 van daai lokomotiewe is
oor. Die lugdiens het sy gat gesien nie lank gelede nie en die staat moes
N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te stel om te kan voortgaan!
Stap in enige staatsinstansie se kantore in en die vuil en onversorgde
kantore val jou op. Staatsvoertuie wat voorheen perfek onderhou is, is nou
geroes en onversorg en 'n polisievoertuig wat die anderdag sy enjin gebreek
het in Windhoek, het amper 3 weke op 'n sypaadjie bly staan voor dit
verwyder is.
Van julle hanna-hanna nou al lank oor hierdie storie en my vraag aan
julle is hoeveel van julle beleef werklik die situasie? Dit is so dat daar
mense is wat kla dat swart mense nou verkies word bo blankes, maar oor die
algemeen gee die mense eintlik nie om nie......dis nou net as die bestuur
van die land in bekwame hande is, en dis presies waar die drama begin!
wrote in message
news:3d0c3c2a.4684265@news.icon.co.za...
> On 15 Jun 2002 18:41:55 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher)
> wrote:
>
>> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
>> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
>> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.
>
> Baie interessant. Ongelukking bevestig dit die waarheid in die ou
> grappies wat ons altyd gemaak het oor poskantoor werkers (en by
> implikasie ander staatsdienswerkers) van ouds.
>
> Dus, institusionele inteling was 'n werklikheid en nie net 'n illusie
> wat een of twee PFs (as in permanent force) wat my paaidjie gekruis
> het in my gadagtes geskep het nie.
>
> Johan Bornman
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63846 is 'n antwoord op boodskap #63841] Ma, 17 Junie 2002 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir jou moeite om die saak in perspektief te plaas.
Ek kan nie verstaan waarom sake eers gelos moet word in onbekwame hande om
sodoende 'n krisis te veroorsaak - en dan word daar besluit om bevoege
persone te kry om die saak aan te spreek nie.
In die RSA is daar nou, volgens die Oud. Generaal, vir die derdejaar na
mekaar in drie staatsdepartmente nie voldoende rekords om 'n oudit te doen
nie. Een van die departemente is nogal Justisie. Nêrens sal jy 'n woord van
die staatshoof hoor waarin hy die betrokke minister, Penuel Maduna, voor
stok kry nie.
Ek kan nie onthou dat daar ooit so 'n situasie onder die NP se bewind
plaasgevind het nie.
Ek het ook nie 'n probleem indien vergelykings getref word tussen die
huidige regering en voriges nie, maar dan moet dit ten minste sinvol wees.

"Suidwester" skryf in boodskap news:aek2nn$20q9$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Kan ek so iets sê? Meeste van bogenoemde wat ek gelees het, is emosioneel
> belaaide argumente vir en teen regstellende aksie. Wat van ons beweeg weg
> van die politiek en kyk PRAKTIES na die gevolge van regstellende aksie?
> Ons is nou al deur 12 jaar daarvan in Namibië en ons kan seker oor die
> gevolge daarvan praat? Laat ek dit kategories stel: Ek het my eie
> besigheid en werk vir g'n baas nie. Ek vra ook g'n ander man om my te help
> of te versorg nie. Elke stukkie eiendom wat ek het, het ek self die geld
> voor gemaak en vir elke ding betaal. As burger van my land en 'n
> belastingbetaler, verwag ek om die bes moontlike diens te kry by die
> staatsdiens, die dorpsrade, die vervoersisteem, paaie, ens. Ek gee nie om
> wat die kleur van die gesig is van die persoon is waarmee ek kontak het nie,
> solank hy net in staat is om sy werk ordentlik te doen. Dit is gegrond op
> die beginsel dat maak nie saak wat gebeur nie, jou standaarde kan jy nie
> laat daal nie......dan boer jy agteruit.
> In Namibië kan jy ongelukkig die gevolge van wanbestuur duidelik sien.
> Whatever die Suid-Afrikaners polities verkeerd gedoen het in ons land,
> hulle't ons gelos met een van die beste infrastrukture in Afrika, naas
> Suid-Afrika natuurlik. Ons het 'n winsgewende lugdiens gehad, 'n volledige
> treindiens, paaie wat sy gelyke in Afrika nie het nie, 'n telefoonsisteem
> wat skrik vir niks en die belangrikste van alles......werkloosheid onder
> alle mense was op die minimum.
> En nou 12 jaar later? Wel, die paaie word nie eintlik onderhou nie.
> Die treindienste wat net so gelos is deur SA met oor die 80
> diesellokomotiewe van oor die 1,5M elk en die 'rolling stock' om daarby te
> pas, loop omtrent nooit meer nie en minder as 20 van daai lokomotiewe is
> oor. Die lugdiens het sy gat gesien nie lank gelede nie en die staat moes
> N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te stel om te kan voortgaan!
> Stap in enige staatsinstansie se kantore in en die vuil en onversorgde
> kantore val jou op. Staatsvoertuie wat voorheen perfek onderhou is, is nou
> geroes en onversorg en 'n polisievoertuig wat die anderdag sy enjin gebreek
> het in Windhoek, het amper 3 weke op 'n sypaadjie bly staan voor dit
> verwyder is.
> Van julle hanna-hanna nou al lank oor hierdie storie en my vraag aan
> julle is hoeveel van julle beleef werklik die situasie? Dit is so dat daar
> mense is wat kla dat swart mense nou verkies word bo blankes, maar oor die
> algemeen gee die mense eintlik nie om nie......dis nou net as die bestuur
> van die land in bekwame hande is, en dis presies waar die drama begin!
> wrote in message
> news:3d0c3c2a.4684265@news.icon.co.za...
>> On 15 Jun 2002 18:41:55 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher)
>> wrote:
>>
>>> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die
> Journal of
>>> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se
akademiese
> cachet
>>> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.
>>
>> Baie interessant. Ongelukking bevestig dit die waarheid in die ou
>> grappies wat ons altyd gemaak het oor poskantoor werkers (en by
>> implikasie ander staatsdienswerkers) van ouds.
>>
>> Dus, institusionele inteling was 'n werklikheid en nie net 'n illusie
>> wat een of twee PFs (as in permanent force) wat my paaidjie gekruis
>> het in my gadagtes geskep het nie.
>>
>> Johan Bornman
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63854 is 'n antwoord op boodskap #63758] Ma, 17 Junie 2002 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jun 2002 18:41:55 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher) wrote:

> Smaak my dus dat baie van die omies (apologiee aan Gloudina) wat nou so gal
> afgaan oor regstellende aksie, hul posisies aan regstellende aksie te danke
> het. Hoe ironies. Maar kom ons kyk verder … kwalifikasies en competence.

Inderdaad.

En regstellende aksie werk. Ek weet. Ek is 'n produk van Afrikaanse
regstellende aksie.

Maar 'n produk van Afrikaanse regstellende aksie het ek ook gesien hoe
die hele ding van die spore kan loop as daar verby die punt van
redelikheid aangehou word daarmee - met ander woorde as regstellende
aksie die doelwit raak in plaas van 'n beter en sinryke sosiale
balans.

Gepraat van geld en "hoe sleg dit in SA gaan" - 'n Amerikaanse studie
is pas vrygestel waarin bevind is dat daar in SA 25 000
USDollar-miljoeners is. Dit is bates uitgesluit van eiendom waarin
hulle woon ens.

En dan het ons mos nog " 'n kommunistiese regering" ook!

Peter Sullivan van The Star in Jhb het in die jare 80 'n baie
interressante rubriek in die koerant geskryf rakende regstellende
aksie (toe nie so genoem nie).

Sy oupa het 'n Afrikaanse van gehad, maar was 'n groot SAP. Hy het in
die staatsdiens gewerk waar hy nooit deur die sappe bevorder was nie
oor sy van - ten spyte van die feit dat hy 'n vurige ondersteuner van
die party was.

Na 1948 is hy toe wel bevorder omdat sy van Afrikaans was - hoewel hy
vuur gespoeg het teen die nuwe NP regering.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63855 is 'n antwoord op boodskap #63760] Ma, 17 Junie 2002 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 15 Jun 2002 21:30:56 +0200, "johanls"
wrote:

> Ja, die geskiedenis herhaal homself. Net jammer ons leer nie uit die foute
> van die verlede nie. Soos jyself elders gesê het: Ons moet "leer uit
> ondervinding". Wat jy hier geskryf het bevestig weereens net vir my dat die
> regstellende aksie wat ons nou het, in dieselfde klas as apartheidsmisdade
> val.>

Rerig?
Word mense agteraf vermoor deur die polisie in die naam van RA?
Word mense vanwee hul ras op skaal uit woonbuurte met dwang verskuif
in die naam van RA?

Nee.
Dit is dus hoegenaamd nie dieselfde ding nie.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63856 is 'n antwoord op boodskap #63784] Ma, 17 Junie 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Jun 2002 07:07:24 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek sal herhaal wat ek tydens die vorige bewind(e) ook gesê het.
Meriete.

Fokkit. Jy is so oud dat jy Jan Smuts se bewind ook deurgermaak
het......?

Maar back to the point - so jy was 'n vegter teen apartheid voor 1990?
Vertel meer.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63858 is 'n antwoord op boodskap #63813] Ma, 17 Junie 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Jun 2002 13:43:10 +0200, "Jonas" wrote:

> So - basta met meriete?
> Jammer my ou - maar dit is maar deel van die westerse wêreld

Ek sien.....
Dis dan hoekom George Bush al Clinton se mense uitgeskop het in sy
presidensiele administrasie en sy mense aangestel het.....

Dis ook hoekom 'n mens so maklik na Duitsland toe kan emigreer.

-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63859 is 'n antwoord op boodskap #63786] Ma, 17 Junie 2002 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Jun 2002 08:59:51 +0200, "Gids" wrote:

. Dei sein aan blanke
> Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
> nie welkom is in hul eie land nie.>

Ag kom nou.

Ek is wit en Afrikaans en ek bly in SA en ek lees dit nie so nie.

Besides, hoeveel witmense het hulle werk verloor as gevolg van
regstellende aksie?

Het jy geweet dat terwyl werkloosheid in swart geledere iets soos 30%
is, is dit maar iets soos 6% in wit geledere?

Regstellende aksie - die feit dat top-poste nie meer beskikbaar is nie
- het veral Afrikaners getref. Hoekom?
Omdat hulle in die staats- en semi-staatsektor aan die werk was.
Hoekom?

Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
> goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
> sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
> velkleur. Dit is negatief.

Ja. Maar dit is ook die werklikheid.
Dis is waaruit ons kom.
Dit is steeds om ons.
Dit het die land amper uitmekaar geskeur voor 1990.
Dit kan die land steeds uitmekaar skeur - gaan loop bietjie op 'n
vakansieplek rond oor Kersfees en kyk na die ongekende wit rykdom en
swart armoede - jy sal jou gat afskrik.

(Dink jouself in die posisie van 'n 22 jarige swartman in daai
vakansieplek, wat sal jy doen?)

Dan vra mens dadelik hoe lank kan dit aanhou (en dit raak elke bleddie
jaar meer) voor die onvermydelike gebeur.

So, hoe los jy die probleem op?
So gou as moontlik. Want dis 'n probleem waarvoor daar nie baie tyd is
nie.

Wat stel jy voor moet gedoen word om:
1. Die skewe balans van wit=werk en geld en swart=werkloos en armoede
beter te maak.
2. Die 80% swart inwoners van die land te oortuig dat hulle 'n belang
daarby het om in te koop in die bestaande establishment en dit te
beskerm.

Doen 'n eksperiment - dink jouself in 'n SA waar die swart
ANC-regering wit bevoordeling laat voortgaan - onthou die meeste
opleiding en bekwaamheid is as gevolg van apartheid onder witmense.
En mense stel die aan wat vir hulle bekend is - was nog altyd so en
sal nie maklik verander nie.
Dink nou so 5 jaar vorentoe en stel jou die volgende voor - die senior
polisie- en weermag-mense is omtrent almal wit, die staatsdiens word
deur wittes bestuur, die top-jobs in die staatsdiens en net langs die
staatsdiens is sigbaar bevolk deur wittes.

Wit werkloosheid neem af en swart werkloosheid neem toe.

Nou's daar 'n algemene verkiesing...
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63860 is 'n antwoord op boodskap #63825] Ma, 17 Junie 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 Jun 2002 19:36:15 +0200, "Gids" wrote:

< Well-known personalities who have live outside of South Africa
include
> the following, although many of these did not leave permanently:
> Sports stars: Francois Pienaar, >

Se oor en oor hy kom terug. Is besig om terug te kom.

Gary Teichman, >

Tydelik in Brittanje om geld te maak

Tiaan Strauss, >> Het geemigreer.

Joel >Stransky, >

Is terug in SA na 'n geldmaak-sessie in the UK. Werk nou by M-Net.

Mike Catt, >

Het as jongeling gewaai toe die NP nog aan bewind was. Sy familie is
steeds in PE.

Gerald Bosch, >> Weet nie van hom nie.

Penny Heyns,

Geswot in Kanada en - soos alle swemmers - die beter afrigting gaan
gebruik. As ek dit reg het, is sy terug in Durban.

Amanda Coetzer, Wayne
> Ferreira, >

Speel tennis oorsee

Ernie Els, >

Het nie geemigreer nie. Check die huise wat hy in Haroldsbaai bou.
Woon gerieflikheidshalwe in die VSA vir gholf.

Eddie Barlow, >

Sy vrou is Wallies. Na sy beroerte kon hy nie kop bo water hou in SA
nie toe het hy in Wallis gaan woon saam met sy vrou wat nou by haar
familie is. Hy het ook 'n job in Wallis-krieket gekry. Hy was baie
kwaad omdat hy nie in SA afrigtingsjobs kon kry nie - dit was sy
eerste keuse.

Irene van Dyk, >

Sy het gewaai, ja.

Alan Lamb, Robin Smith,

Albei het in die 80's gewaai omdat hulle nie internasionaal krieket
kon speel nie. Albei is ook halfpad Engels, as ek reg onthou.

> Basil D'Oliveira >

Ha. ha,ha...... die een vertel sy eie verhaal!

and virtually the whole Bafana-Bafana soccer team and
> others.>

Ag kak man. VAN hulle speel oorsee by klubs omdat die geld beter is -
net soos Brasiliaanse, Chileense, Japanese en Koreaanse sokkerspelers.

Actors and media personalities: Charlize Theron, Arnold Vosloo,

Albei Holywood toe, maar se gereeld hulle harte is beslis in SA.

Sue-Anne Braun, Embeth Davids, Anand Naidoo, Prudence Solomon, Jane
Dutton,
> Tumi Makgabo, Norma Odendaal, Koos Roets, Sean Taylor, Janet Suzman, Nigel
> Hawthorne and Anthony Sher and others.

Is van hulle nie al dood nie.....

Authors: Marieta van den Vyver, >

Europese man, het sy nie?

Annesu de Vos,

Gewaai onder apartheid.

Breyten Breytenbach,>

Ha,ha... ja sure, vertel ook sy eie storie, die een.

> Athol Fugaard, >

Dieselfde een wat in SA bly????
Hy was op 'n tydelike geleentheid in die VSA.

Andre P. Brink, >

Jy bedoen die ou wat klas gee by UCT?????

Christopher Hope,

Maar is hy nie 'n Brit was tydelik in SA gewoon het nie??

Laurens van der Post >

Jy bedoel die ou wat in die jare 30 Brittanje toe is??

Doctors: Chris Barnard, >

Ag kak man. Hy het tot sy dood in Kaapstad gebly.

Fanus Serfontein, Chris Knott-Graig, Aaron
> Klug and others.>

Ken net Knott-Craig. Sy broer run Vodacom in SA.

Business: Rob Lee, Ben Vosloo, >

Die ou van Stellenbosch wat die rassistiese uitsprake gemaak het voor
hy Australie toe is?

Sol Kerzner,

"Dollar" Sol? Hy het groot geld uit apartheid gemaak, het hy nie? Toe
hy destyds met die "fake" Amerikaanse aksent gepraat het.

Brent Hoberman, Mark
> Shuttleworth, >

...het nie geemigreer nie. En die grootste gedeelte van sy geld is in
SA bele.

Sir Michael Edwardes, Sir Mark Weinberg, >

"Sirs" heh? Klink Engels vir my. Seker lank gelede al gewaai.

Alistar Morton and others.>

Ken nie hom of "others" nie.

Others: Billie Corbett, >

Ja, ou Billie het ek geken. Hy het 'n florende besigheid in Brittanje
gehad. Het ook 'n Engelse vrou getrou.
Wonder nog altyd oor sy vinnige padgee uit SA.

Anne Paton. >

Sy is natuurlik 'n Brit wat hier kom bly het toe sy met Paton getrou
het.

ge Johan Steyn, Sidney
> Lipworth.

Ken hulle nie.

Die lys klink vir my na 'n redelike desperate sameflansing van so drie
of vier wat werklik gewaai het en 'n moerse klomp name wat sommer
bygevoeg is.

Soos die SA sokker- en rugbyspelers.

As Bafana geemigreer het, sou nie een van hulle vir SA kon speel nie.

So, wie bly?
7 miljoen mense. Die hele Bok-span, die hele Bafana-span (sien bo),
die hele SA krieketspan, 99% van die Afrikaanse skrywres.
Honderdeduisende dokters en tandartse en verpleegster.
Honderdeduisende onderwysers.
Ens. ens.

So by the way, hoekom doen jy nie bietjie navorsing oor Nieu-Seelandse
emigrasie-syfers nie. Weet jy dit lyk net soos ons s'n?

Wat beteken dit?

P.S. Ek werk saam met ten minste twee Britte wat nou hier woon. Op
M-Net is Mike Haysman 'n krieket-kommentator - hy het Australie
verlaat vir SA.
Robert Ardrey het destyds die VSA verlaat vir SA. Een van Dave Brubeck
se seuns ditto en woon nou in Natal. My buurman het Oos-Europa
verlaat vir SA. My kinders is op skool saam met 'n Ierse kind wie
ouers nou in SA woon en talle Chinese wat nou hier woon.

Wat beteken dit?
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63861 is 'n antwoord op boodskap #63837] Ma, 17 Junie 2002 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 02:57:08 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Maar ek glo dat daar op die oomblik
> 'n brain drain uit SA is. Daar was egter
> brain drains uit SA gedurende die apartheids-
> dae en voor die apartheidsdae. Toe ek nog
> jonk was, het baie jongmense hulle eerste
> tog na Europa gemaak en, as hulle onderwys-
> opleiding gehad het, in die East End van
> London skoolgehou vir 'n jaar of twee.>

Terselfdertyd stroom 'n brain drain uit Afrika en die Ooste SA in.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63862 is 'n antwoord op boodskap #63838] Ma, 17 Junie 2002 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 03:20:12 GMT, "@rogers.com" wrote:

> André Brink. As hy "die land sou verlaat het"
> sou dit definitief oor die apartheidsdade gewees
> het. Maar het hy nie nou kort gelede nog die
> nuwe Groot Verseboek help saambring nie? Waar
> is hy nou? Miskien 'n puik job aangebied by
> 'n bekende buitelandse universiteit. Maar ek
> is baie baie seker dat hy dit nie gedoen het
> as protes teen regstellende aksie nie.

VD POst is reeds dood. Janet Suzman ook, dink ek.
Andre Brink gee klas by UCT.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63863 is 'n antwoord op boodskap #63841] Ma, 17 Junie 2002 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 00:21:46 -0700, "Suidwester"
wrote:

> Van julle hanna-hanna nou al lank oor hierdie storie en my vraag aan
> julle is hoeveel van julle beleef werklik die situasie? Dit is so dat daar
> mense is wat kla dat swart mense nou verkies word bo blankes, maar oor die
> algemeen gee die mense eintlik nie om nie......dis nou net as die bestuur
> van die land in bekwame hande is, en dis presies waar die drama begin!
> wrote in message>

RA is nou reeds agt jaar in SA 'n werklikheid so ons kan ook 'n
oordeel fel.

Myne - Diens is talle kere beter as in die verlede. Ander kere nie.

Oor Namibie se paaie ens. Hoeveel geld het SA destyds in Suidwes
gepomp?
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63864 is 'n antwoord op boodskap #63846] Ma, 17 Junie 2002 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 11:21:10 +0200, "Jonas" wrote:

> Baie dankie vir jou moeite om die saak in perspektief te plaas.
> Ek kan nie verstaan waarom sake eers gelos moet word in onbekwame hande om
> sodoende 'n krisis te veroorsaak - en dan word daar besluit om bevoege
> persone te kry om die saak aan te spreek nie.
> In die RSA is daar nou, volgens die Oud. Generaal, vir die derdejaar na
> mekaar in drie staatsdepartmente nie voldoende rekords om 'n oudit te doen
> nie. Een van die departemente is nogal Justisie. Nêrens sal jy 'n woord van
> die staatshoof hoor waarin hy die betrokke minister, Penuel Maduna, voor
> stok kry nie.
> Ek kan nie onthou dat daar ooit so 'n situasie onder die NP se bewind
> plaasgevind het nie.>

He, he.... JY bedoel al daai kakhuise in die veld was op die boeke?

En die Rhoodies se gekonkel ook?

Nee Jonas. Dit was NIE op die boeke nie.

N.S. Snaaks dat mens nerens anders as van jou op die NG oor Justisie
hoor nie?
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63865 is 'n antwoord op boodskap #63863] Ma, 17 Junie 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Oor die RSA......hoeveel geld is gemaak uit Namibië se diamante wat SA
steeds die alleenreg op het. En wat van ons visbedryf wat onder SA beheer
gestroop is? Dit is egter nie die punt nie! As daar een swak in sleg
administrasie is, dan is dit gebrek aan onderhoud en dit is wat nie vandag
gedoen word nie. Kyk maar daar rondom julle ook rond. Julle paaie gaan
ook agteruit!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3d19f8bb.9328952@news.is.co.za...
> On Mon, 17 Jun 2002 00:21:46 -0700, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> vraag aan
>> julle is hoeveel van julle beleef werklik die situasie? Dit is so dat daar
>> mense is wat kla dat swart mense nou verkies word bo blankes, maar oor die
>> algemeen gee die mense eintlik nie om nie......dis nou net as die bestuur
>> van die land in bekwame hande is, en dis presies waar die drama begin!
>> wrote in message>
>
>
> RA is nou reeds agt jaar in SA 'n werklikheid so ons kan ook 'n
> oordeel fel.
>
> Myne - Diens is talle kere beter as in die verlede. Ander kere nie.
>
> Oor Namibie se paaie ens. Hoeveel geld het SA destyds in Suidwes
> gepomp?
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63866 is 'n antwoord op boodskap #63841] Ma, 17 Junie 2002 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" schreef...
> die staat moes N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te
> stel om te kan voortgaan!

Dit doen my wonder, gebruik julle in Afrikaans die term 'biljoen' vir
1.000.000.000 of vir 1.000.000.000.000?

Groete,
Arthur
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63868 is 'n antwoord op boodskap #63786] Ma, 17 Junie 2002 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> gide...@nospam.home.nl

Gideon, Johan B. en Ferdi het reeds in groot mate uitdrukking gegee aan my
reaksie op jou poste. Al wat ek wil byvoeg is dat ek nie werksreservering sien
as gelykstaande aan regstellende aksie nie (selfs nie met Posel se "tacit"
kwalifikasie nie). Die twee is gefundeer op radikaal verskillende
uitgangspunte. Waar werksreservering op ideologiese ras-meerderwaardigheid
geskoei is, is regstellende aksie immers afhanklik van 'n plasing binne die
diskoers van gelykheid, gelyke kanse, speelvelde, en geleenthede, reparasie, en
'n reaksie op die reservering-praktyk. Om die twee gelyk te stel as basies
dieselfde is manipulerend oneerlik, ten slegste, of naief, ten beste.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63870 is 'n antwoord op boodskap #63866] Ma, 17 Junie 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur - dis net die Amerikaners wat verkeerd is.
9 nulle is 'n miljard.
12 nulle is 'n biljoen.
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:ael0rh$1q8r$1@news.kabelfoon.nl...
> "Suidwester" schreef...
>> die staat moes N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te
>> stel om te kan voortgaan!
>
> Dit doen my wonder, gebruik julle in Afrikaans die term 'biljoen' vir
> 1.000.000.000 of vir 1.000.000.000.000?
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63873 is 'n antwoord op boodskap #63825] Ma, 17 Junie 2002 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Sun, 16 Jun 2002 19:36:15 +0200, "Gids" wrote:

Interessante lys, maar haal asseblief die dooies af, naamlik Chris
Barnard, Lourens van der Post (wat nooit werklik 'n Suid Afrikaner was
nie - meestal net in sy eie kop en sprokies.).

Verder, baie van die sportsterre is net tuidelike emigrante. Hulle
doen 'n werk daar met 'n bepaalde leeftyd en het nog huilse en familie
hier.

Johan Bornman

> schreef in bericht news:3D0C73B2.9070101@rogers.com...


>> Jou skildering van die toestand hierbo klink
>> oortuigend, maar ek is nie so seker dat dit
>> eintlik met die werklikheid strook nie. Wanneer
>> ek dink aan die volwassenes en jong mense wat
>> ons in SA ken, dan is dié "wit" mense wat ons
>> ken wat goed opgelei is, in goeie poste wat
>> hulle maklik bekom het. Ek dink nou maar net
>> aan die kinders in my familie en aangetroude
>> familie. Hulle met die goeie opleiding en die
>> goeie poste toon ook geen teken dat hulle wil
>> emigreer nie. Die een wat wel wil emigreer, is
>> 'n seun van een van my swaers wat geen opleiding
>> na Matriek het nie. Hy was al eenkeer in die
>> VSA waar hy blykbaar as goedkoop arbeid deur 'n
>> eks-Suidafrikaner gebruik is in die staalbedryf.
>> Toe beseer hy sy rug en is hy terug na sy ouers.
>> Nou wil hy weer buiteland toe gaan, want daar is
>> dan "geen kanse vir mense soos hy in SA nie."
>> Sy oom, my man, weier net om vir hom hier in
>> Kanada "iets" te soek. (Hy is glo bereid om skottel-
>> goed te was.) My man sê hy behoort eers in iets
>> opgelei te word, en dan kan hulle weer praat.

> Gloudina,
>
> Jy is helaas besig om uitsonderings te probeer gebruik om 'n reël te skep.
>
> Die eerste stelling is dat jou vriende en familie wat goed opgelei is geen
> probleem het in SA met werk nie en nie die land wil verlaat nie en dat die
> familie wat nie goed opgelei is nie probleme het met werk en die land wil
> verlaat. Ek dink dat jy nie te ver hoef te soek om te sien dat jou standpunt
> nie water hou nie. Die "braindrain"waarvan onder andere sy edele Thabo Mbeki
> praat is 'n reële bedreiging vir dei Suid-Afrikaanse ekonomie. Die sektore
> waarin hierdie fenomeen gemerk kan word is onder andere Onderwys, IT en
> Gesondheidsdienste. Dit is almal sektore waarin Suid-Afrika 'n groot tekort
> het aan kennis en spesialisme. Ek kan ook subjektiewe argumente gebruik om
> die teëdeel te probeer bewys - dit is soos die ou dilemma wat ons gehad het
> met die Swellendam verhaal. Ek en jy het kontakte in Swellendam wat vertel
> dat dit goed gaan daar, maar Anette en ''n paar ander het weer familie daar
> wat vertel dat dit sleg gaan. Dit lei na niks. Kom ons gaan kyk na 'n paar
> aanhalings. Gaan na die link http://www.southafricanemigration.com ek haal
> aan:
>
> WHO IS LEAVING?
> For decades the profile of the typical South African emigrant was that
> of a white, educated, English-speaker in his/her 40s and of liberal
> anti-National Party-government orientation. By the mid-1990s Afrikaners have
> joined the exodus en-masse, and now constitute half of white emigrants.
> Black, coloureds and Indians make up about 10% of emigrants. More than 40%
> of the Jewish population had left South Africa, and many of the 800,000
> people who have or can lay claim to British passports have left.
>
> As in most developing countries, South Africa's emigration phenomenon
> is essentially a brain-drain or an exodus of skills. More than half of
> emigrants are professionals, semi-professionals, managerial or executives -
> these include typically many doctors, lawyers, accountants, engineers, but
> their numbers are swelled nowadays by young people with IT skills, teachers,
> nurses, farmers and people with certain trade and artisan skills. It is
> estimated that more than 20% of South Africa's educated professionals had
> already left the country by 2001. This include: 19% of Chartered
> Accountants, 45% of Wits medical graduates, half of South African dentists
> are also registered or working in the UK, 11% of top management who resign
> each year emigrate, 600 nurses applied for UK registration in 1997 alone.
>
> Well-known personalities who have live outside of South Africa include
> the following, although many of these did not leave permanently:
> Sports stars: Francois Pienaar, Gary Teichman, Tiaan Strauss, Joel
> Stransky, Mike Catt, Gerald Bosch, Penny Heyns, Amanda Coetzer, Wayne
> Ferreira, Ernie Els, Eddie Barlow, Irene van Dyk, Alan Lamb, Robin Smith,
> Basil D'Oliveira and virtually the whole Bafana-Bafana soccer team and
> others.
> Actors and media personalities: Charlize Theron, Arnold Vosloo,
> Sue-Anne Braun, Embeth Davids, Anand Naidoo, Prudence Solomon, Jane Dutton,
> Tumi Makgabo, Norma Odendaal, Koos Roets, Sean Taylor, Janet Suzman, Nigel
> Hawthorne and Anthony Sher and others.
> Authors: Marieta van den Vyver, Annesu de Vos, Breyten Breytenbach,
> Athol Fugaard, Andre P. Brink, Christopher Hope, Laurens van der Post and
> others.
> Doctors: Chris Barnard, Fanus Serfontein, Chris Knott-Graig, Aaron
> Klug and others.
> Business: Rob Lee, Ben Vosloo, Sol Kerzner, Brent Hoberman, Mark
> Shuttleworth, Sir Michael Edwardes, Sir Mark Weinberg, Alistar Morton and
> others.
> Others: Billie Corbett, Anne Paton. Judge Johan Steyn, Sidney
> Lipworth.
>
>
>
>
>
> Om meer informasie en details te kry oor migrasiepatrone, gaan kyk gerus ook
> by Stat SA. Jy kan hul webpage op http://www.statssa.gov.za/ vind.
>
> -Gideon-
>
>


>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63879 is 'n antwoord op boodskap #63855] Ma, 17 Junie 2002 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 14:04:52 GMT, nospam@at.all (Ferdi Greyling) wrote:

> Rerig?
> Word mense agteraf vermoor deur die polisie in die naam van RA?
> Word mense vanwee hul ras op skaal uit woonbuurte met dwang verskuif
> in die naam van RA?
>
> Nee.
> Dit is dus hoegenaamd nie dieselfde ding nie.
>

Lees koerante Ferdi Greyling. Weet nie waar jy bly en of
julle koerante daar kry nie maar indien wel, lees dit. Het jy
nie geweet dat mense vermoor word en dan nie eens agteraf
nie? En weet jy nie dat dieselfde polisie wat jy hier probeer verdedig
somtyds die mense vermoor terwyl hulle die slagoffers se voertuie
kaap? Ek weet dat jy vra of hulle in die naam van RA vermoor word. Is
jy dan stupid? Watter verskil maak dit of hulle in die naam van
regstellende aksie of in die naam van onbeheerde vryheid vermoor word?
Dit is tog ewe dood. Word mense uit hule woonbuurte verskuif vra jy?
Dis erger Ferdi!
Hulle word uit hul loopbane met dwang verskuif wat dan dikwels 'n
gedwonge verskuiwing uit hul woonbuurt tot gevolg het. .

DD
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63880 is 'n antwoord op boodskap #63841] Ma, 17 Junie 2002 19:28 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek werk ook vir myself - en ek die mees veeleisende baas. wat ek nog ooit
gehad het.
Wat ek van regstellende aksie weet is waarmee ek te doen kry in die
staatsdiens en in die besigheidsektor.
Daar is baie mense wat agv RA aangestel is en wat uitstekende werk lewer.
Daar is ook baie wat nie die vaagste benul het wat hulle behoort te doen
nie - wat natuurlik soms nie so lekker in die privaatsektor werk nie - want
daar
moet duidelik eers opleiding geskied, en klein firmas het nie tyd en geld
daarvoor nie.
In 'n mate het die instelling van RA vir 'n ekonomiese inspuiting gesorg,
omdat baie mense besluit het om liewer vir hulself te werk, en talle nuwe
idees om handel te dryf en van vervaardiging het die lig gesien die
afgelope 10 jaar.
Die ideale situasie vir almal sal nog steeds wees om die regte kandidaat
vir die regte werk aan te stel, ongeag kleur , geslag of geloof, en sonder
die inmenging van politici - maar dit is Utopia.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:aek2nn$20q9$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Kan ek so iets sê? Meeste van bogenoemde wat ek gelees het, is emosioneel
> belaaide argumente vir en teen regstellende aksie. Wat van ons beweeg weg
> van die politiek en kyk PRAKTIES na die gevolge van regstellende aksie?
> Ons is nou al deur 12 jaar daarvan in Namibië en ons kan seker oor die
> gevolge daarvan praat? Laat ek dit kategories stel: Ek het my eie
> besigheid en werk vir g'n baas nie. Ek vra ook g'n ander man om my te help
> of te versorg nie. Elke stukkie eiendom wat ek het, het ek self die geld
> voor gemaak en vir elke ding betaal. As burger van my land en 'n
> belastingbetaler, verwag ek om die bes moontlike diens te kry by die
> staatsdiens, die dorpsrade, die vervoersisteem, paaie, ens. Ek gee nie om
> wat die kleur van die gesig is van die persoon is waarmee ek kontak het nie,
> solank hy net in staat is om sy werk ordentlik te doen. Dit is gegrond op
> die beginsel dat maak nie saak wat gebeur nie, jou standaarde kan jy nie
> laat daal nie......dan boer jy agteruit.
> In Namibië kan jy ongelukkig die gevolge van wanbestuur duidelik sien.
> Whatever die Suid-Afrikaners polities verkeerd gedoen het in ons land,
> hulle't ons gelos met een van die beste infrastrukture in Afrika, naas
> Suid-Afrika natuurlik. Ons het 'n winsgewende lugdiens gehad, 'n volledige
> treindiens, paaie wat sy gelyke in Afrika nie het nie, 'n telefoonsisteem
> wat skrik vir niks en die belangrikste van alles......werkloosheid onder
> alle mense was op die minimum.
> En nou 12 jaar later? Wel, die paaie word nie eintlik onderhou nie.
> Die treindienste wat net so gelos is deur SA met oor die 80
> diesellokomotiewe van oor die 1,5M elk en die 'rolling stock' om daarby te
> pas, loop omtrent nooit meer nie en minder as 20 van daai lokomotiewe is
> oor. Die lugdiens het sy gat gesien nie lank gelede nie en die staat moes
> N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te stel om te kan voortgaan!
> Stap in enige staatsinstansie se kantore in en die vuil en onversorgde
> kantore val jou op. Staatsvoertuie wat voorheen perfek onderhou is, is nou
> geroes en onversorg en 'n polisievoertuig wat die anderdag sy enjin gebreek
> het in Windhoek, het amper 3 weke op 'n sypaadjie bly staan voor dit
> verwyder is.
> Van julle hanna-hanna nou al lank oor hierdie storie en my vraag aan
> julle is hoeveel van julle beleef werklik die situasie? Dit is so dat daar
> mense is wat kla dat swart mense nou verkies word bo blankes, maar oor die
> algemeen gee die mense eintlik nie om nie......dis nou net as die bestuur
> van die land in bekwame hande is, en dis presies waar die drama begin!
> wrote in message
> news:3d0c3c2a.4684265@news.icon.co.za...
>> On 15 Jun 2002 18:41:55 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher)
>> wrote:
>>
>>> Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die
> Journal of
>>> Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se
akademiese
> cachet
>>> selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.
>>
>> Baie interessant. Ongelukking bevestig dit die waarheid in die ou
>> grappies wat ons altyd gemaak het oor poskantoor werkers (en by
>> implikasie ander staatsdienswerkers) van ouds.
>>
>> Dus, institusionele inteling was 'n werklikheid en nie net 'n illusie
>> wat een of twee PFs (as in permanent force) wat my paaidjie gekruis
>> het in my gadagtes geskep het nie.
>>
>> Johan Bornman
>
Vorige onderwerp: Tronk-korrupsie
Volgende onderwerp: test
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:37:44 MGT 2024