Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstellende Aksie?
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63887 is 'n antwoord op boodskap #63860] Ma, 17 Junie 2002 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3d16f18f.7492296@news.is.co.za...

> So by the way, hoekom doen jy nie bietjie navorsing oor Nieu-Seelandse
> emigrasie-syfers nie. Weet jy dit lyk net soos ons s'n?
>
> Wat beteken dit?
>
Dit beteken dat die meeste van die bleddie Kiwi's hier kom woon het - net
immigrante is in NZ oor, 300 000 Kiwi's woon hier in Qld alleen, die res in
Byron Bay in NSW. Self kan hulle nie die slegte weer in NZ hanteer nie.
Ons probeer om van hulle ontslae te raak, het selfs hulle Dole betalings
moeiliker gemaak, maar niks werk nie.

Elke land het sy probleme - miskien in kleiner maat as SA, maar moord,
doodslag en roof is ook maar volop orals. En slegte paaie? Kom kyk maar
hier ook - die slaggate is net so groot as in SA, en hulle vat baaaie lank
om dit te probeer regmaak, en dan hou die fix ook nie lank nie. Aanvaar die
suur saam met die soet, anders sal jy nooit op enige plek gelukkig wees nie.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63904 is 'n antwoord op boodskap #63879] Di, 18 Junie 2002 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat is jou politieke beginsels, "Davie" ?

On Mon, 17 Jun 2002 21:16:09 +0200, Davie Davis wrote:

> On Mon, 17 Jun 2002 14:04:52 GMT, nospam@at.all (Ferdi Greyling)
> wrote:
>
>
>> Rerig?
>> Word mense agteraf vermoor deur die polisie in die naam van RA?
>> Word mense vanwee hul ras op skaal uit woonbuurte met dwang verskuif
>> in die naam van RA?

>> Nee.
>> Dit is dus hoegenaamd nie dieselfde ding nie.

>
> Lees koerante Ferdi Greyling. Weet nie waar jy bly en of
> julle koerante daar kry nie maar indien wel, lees dit. Het jy
> nie geweet dat mense vermoor word en dan nie eens agteraf
> nie? En weet jy nie dat dieselfde polisie wat jy hier probeer verdedig
> somtyds die mense vermoor terwyl hulle die slagoffers se voertuie
> kaap? Ek weet dat jy vra of hulle in die naam van RA vermoor word. Is
> jy dan stupid? Watter verskil maak dit of hulle in die naam van
> regstellende aksie of in die naam van onbeheerde vryheid vermoor word?
> Dit is tog ewe dood. Word mense uit hule woonbuurte verskuif vra jy?
> Dis erger Ferdi!
> Hulle word uit hul loopbane met dwang verskuif wat dan dikwels 'n
> gedwonge verskuiwing uit hul woonbuurt tot gevolg het. .
>
> DD
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63905 is 'n antwoord op boodskap #63865] Di, 18 Junie 2002 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Jun 2002 08:43:25 -0700, "Suidwester"
wrote:

> Oor die RSA......hoeveel geld is gemaak uit Namibië se diamante wat SA
> steeds die alleenreg op het. En wat van ons visbedryf wat onder SA beheer
> gestroop is? Dit is egter nie die punt nie! As daar een swak in sleg
> administrasie is, dan is dit gebrek aan onderhoud en dit is wat nie vandag
> gedoen word nie. Kyk maar daar rondom julle ook rond. Julle paaie gaan
> ook agteruit!

Dat SA Suidwes gestroop het, glo ek jou oor. En ook opgefok het met 'n
oorlog. Dit kan ek sommer self byvoeg.

Die punt wat ek maak, is: as SA destyds regstreeks bygedra het tot die
admninistrasie van Suidwes - en hy het waarskynlik - dan het hope geld
gereeld beskikbaar geraak om infrastruktuur te bou en te onderhou.

Met onafhanklikheid is daardie kraan toegedraai. Namibie het nie 'n
rasende ekonomie wat so 'n verlies aan inkomste van buite kan hanteer
nie.

Die onvermydelike gevolg sal wees dat die infratruktuur agteruit gaan.
Maar dan is die oorsaak moontlik nie "swart onbevoegdheid" nie, maar
eerder die feit dat honderde miljoene nie meer van SA instroom nie.

Hoeveel van die infrastruktuur is bv. nie deur die SAW in stand gehou
vir die oorlogspoging nie.

Ons paaie gaan ook agteruit, ja. Maar ook Australie s'n - lees 'n
bydrae daaroor elders op die groep.

Ons s'n word ook reggemaak.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63906 is 'n antwoord op boodskap #63866] Di, 18 Junie 2002 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Miljoen is 'n duisend duisend.
'n Duisend miljoen is 'n miljard
'n Duisend miljard is 'n biljoen.

On Mon, 17 Jun 2002 17:55:45 +0200, "Arthur" wrote:

> "Suidwester" schreef...
>> die staat moes N$1,5 BILJOEN se skuld afskryf om dit in staat te
>> stel om te kan voortgaan!
>
> Dit doen my wonder, gebruik julle in Afrikaans die term 'biljoen' vir
> 1.000.000.000 of vir 1.000.000.000.000?
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63918 is 'n antwoord op boodskap #63905] Di, 18 Junie 2002 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kom laat ek dit vir jou so stel:   Namibië het drie groot inkomstes:
Diamante, vis en toerisme.   SA het wel die gebied geadministreer en alle
inkomste is na SA toe en uit 'n begroting het SWA geld gekry soos 'n
provinsie.    Naas Rusland het Nam die meeste diamante in die wêreld.   CDM
het alles geoes en die geld is landuit.   Viskonsessies vir die ryk visvelde
van SWA is aan Suid-Afrikaners toegestaan en dié geld is so uit ons hande
uit.  Dan is daar nog Uis se mangaan toe SA geboikot was en hulle nie
mangaan van oorsee af kon kry nie.   Toe hulle dit weer kon kry, toe dump
Iscor Uis net so.....   Dieselfde by Rosh Pinah....en so gaan ons aan.
Weet jy hoeveel wilde diere is deur Suid-Afrikaners doodgeskiet in ons land?
Woestynolifante wat deur BBP's uit Alouette's geskiet is?   Weet jy van hoe
Suid-Angola gestroop is deur die Suid-Afrikaners deur die olifante en
renosters uit te roei asook hardehout bome af te kap.....dis alles met
vragmotors deur SWA gesmokkel om vir Unita se oorlogspoging te betaal.
   Dit alles net om te demonstreer dat SA verplig was om SWA die nodige
infrastruktuur te gee......after all, die oorlog in ons noorde was SA se
apartheidsbeleidoorlog.   Agv ons mense wat 'n buffer gevorm het tussen die
noorde en SA, het Suid-Afrikaners nooit g'n oorlog aan hulle bas gevoel nie!
    Maar, dis die verlede.   Die hede is dat Namibië net 2 miljoen mense
het.   Daar is genoeg inkomste vir die land, mits dit reg geadministreer
word......maak nie saak wie die administrasie doen nie!   Hoe klink N$1,5
biljoen vir jou wat afgeskryf word as verlies op 'n lugdiens wat wanbestuur
word?   'n Presidentiële paleis van oor die 200 miljoen [en dit terwyl die
President 'n heel skaflike woning het].   'n Heldeakker van oor die 70
miljoen.   'n Presidentiële vliegtuig van 90 miljoen.   Presidentiële
konfooie wat daagliks met ligte en sirenes rondjaag waar die man ook al wil
gaan en om en by die 50 mense besig hou.   Wat van dat die regering 'n sterk
affiliasie het met China en dat omtrent alle staatsbouwerk in Namibië deur
die chinese gedoen word?   Dit terwyl ons met 'n werkloosheidsyfer van oor
die 50% sit!   As die manne amptelike motors vir die staat koop dan koop
hulle Chev bakkies wat so duur is dat jy 4 Toyotas vir een Chev sou kon
koop......en soek jy 'n polisieman, dan sê hulle vir jou hulle het nie
voertuie nie!
   So kan ons aangaan.   Die staatsdiens is 6 keer groter as wat dit voor
onafhanklikheid was.   As jy vir my net EEN departement kan bring wat meer
effektief werk as voorheen, dan lek ek jou h.. blinkskoon!    Nou moet jy
mooi luister, vriend.   Ek sê nie dis agv van swart mense in die regering
dat daar soveel wanbestuur is nie.   Wie ook al nou aan bewind is, en dit is
Swapo en ja, 95% van die regeringsamptenare is swartmense, moet die skuld
dra vir die wanbestuur van ons land.   Wie anders?   Dis hulle wat dit doen!
Dis die werklikheid!

"Ferdi Greyling"  skryf in boodskap news:3d132e68.17234457@news.is.co.za...
>  On Mon, 17 Jun 2002 08:43:25 -0700, "Suidwester"
>   wrote:
>
>    SA
>> steeds die alleenreg op het.   En wat van ons visbedryf wat onder SA beheer
>> gestroop is?   Dit is egter nie die punt nie!   As daar een swak in sleg
>> administrasie is, dan is dit gebrek aan onderhoud en dit is wat nie vandag
>> gedoen word nie.   Kyk maar daar rondom julle ook rond.   Julle paaie gaan
>> ook agteruit!
>
>  Dat SA Suidwes gestroop het, glo ek jou oor. En ook opgefok het met 'n
>  oorlog. Dit kan ek sommer self byvoeg.
>
>  Die punt wat ek maak, is: as SA destyds regstreeks bygedra het tot die
>  admninistrasie van Suidwes - en hy het waarskynlik - dan het hope geld
>  gereeld beskikbaar geraak om infrastruktuur te bou en te onderhou.
>
>  Met onafhanklikheid is daardie kraan toegedraai. Namibie het nie 'n
>  rasende ekonomie wat so 'n verlies aan inkomste van buite kan hanteer
>  nie.
>
>  Die onvermydelike gevolg sal wees dat die infratruktuur agteruit gaan.
>  Maar dan is die oorsaak moontlik nie "swart onbevoegdheid" nie, maar
>  eerder die feit dat honderde miljoene nie meer van SA instroom nie.
>
>  Hoeveel van die infrastruktuur is bv. nie deur die SAW in stand gehou
>  vir die oorlogspoging nie.
>
>  Ons paaie gaan ook agteruit, ja. Maar ook Australie s'n - lees 'n
>  bydrae daaroor elders op die groep.
>
>  Ons s'n word ook reggemaak.
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63920 is 'n antwoord op boodskap #63918] Di, 18 Junie 2002 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" schreef...
> Hoe klink N$1,5 biljoen vir jou wat afgeskryf word as verlies
> op 'n lugdiens wat wanbestuur word?

Julle sou daarmee nog 7500 presidensiële paleise kan bou het :)

Groete,
Arthur
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63921 is 'n antwoord op boodskap #63918] Di, 18 Junie 2002 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil my nie uitlaat oor die effektiweit van julle Regering nie,
Suidwester. Maar Ferdi is reg dat julle in elk geval probleme met die
instandhouding van paaie, ens. sou gehad het. Voor julle onafhanklikheid was
die geldstroom van SA na SWA, nie andersom nie, diamante ten spyt.  En dit
was 'n dik stroom, veral tydens die bosoorlog. SA het dit uit eiebelang
gedoen en omdat SWA werklik as 'n vyfde provinsie, 'n deel van SA, bestuur
is. Sonder benadeling of voortrekkery. Ek stem met jou saam, niemand skuld
iets daarvoor nie, dis verby. Dit was in die dae toe SA ook relatiewe
voorspoed ondervind het, grootliks as gevolg van hoë mynboupryse.

Voor en rondom onafhanklikheid is die probleme om Namibië se infrastruktuur
in stand te hou deur baie ekonome uitgewys. Julle persoonlike
inkomstebelasting is 'n druppel in 'n groot droë emmer en die helfte daarvan
kom van staatsamptenare (charging Peter to pay Peter).

Na onafhanklikheid was julle ongelukkig genoeg dat omtrent al julle groot
bedrywe 'n knou gekry het. Uraan, goud en ander mynbou het wêreldwyd
probleme opgetel en julle visbedryf het 'n knock gevat. As gevolg van die
klomp bou-aktiwiteite en ander buitelandse spandering rondom onafhanklikheid
het hierdie probleme nie onmiddelik deurgewerk nie. Maar die uiteinde was
soos voorspel. Die effektiwiteit van julle regering kan bloot die orde van
die probleem beïnvloed, nie die feit dat julle 'n permanente probleem het
dat julle 'n infrastruktuur geërf het wat julle geen kans het om op die
oorspronklike vlak in stand te hou nie.

Maar dit bly 'n baie mooi land. En 'n heerlike plek om te besoek, julle
toeristepotensiaal het geen perke nie..

Wouter

Suidwester  skryf in boodskap news:aenifu$2fdo$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
Kom laat ek dit vir jou so stel:   Namibië het drie groot inkomstes:
Diamante, vis en toerisme.   SA het wel die gebied geadministreer en alle
inkomste is na SA toe en uit 'n begroting het SWA geld gekry soos 'n
provinsie.    Naas Rusland het Nam die meeste diamante in die wêreld.   CDM
het alles geoes en die geld is landuit.   Viskonsessies vir die ryk visvelde
van SWA is aan Suid-Afrikaners toegestaan en dié geld is so uit ons hande
uit.  Dan is daar nog Uis se mangaan toe SA geboikot was en hulle nie
mangaan van oorsee af kon kry nie.   Toe hulle dit weer kon kry, toe dump
Iscor Uis net so.....   Dieselfde by Rosh Pinah....en so gaan ons aan.
Weet jy hoeveel wilde diere is deur Suid-Afrikaners doodgeskiet in ons land?
Woestynolifante wat deur BBP's uit Alouette's geskiet is?   Weet jy van hoe
Suid-Angola gestroop is deur die Suid-Afrikaners deur die olifante en
renosters uit te roei asook hardehout bome af te kap.....dis alles met
vragmotors deur SWA gesmokkel om vir Unita se oorlogspoging te betaal.
   Dit alles net om te demonstreer dat SA verplig was om SWA die nodige
infrastruktuur te gee......after all, die oorlog in ons noorde was SA se
apartheidsbeleidoorlog.   Agv ons mense wat 'n buffer gevorm het tussen die
noorde en SA, het Suid-Afrikaners nooit g'n oorlog aan hulle bas gevoel nie!
    Maar, dis die verlede.   Die hede is dat Namibië net 2 miljoen mense
het.   Daar is genoeg inkomste vir die land, mits dit reg geadministreer
word......maak nie saak wie die administrasie doen nie!   Hoe klink N$1,5
biljoen vir jou wat afgeskryf word as verlies op 'n lugdiens wat wanbestuur
word?   'n Presidentiële paleis van oor die 200 miljoen [en dit terwyl die
President 'n heel skaflike woning het].   'n Heldeakker van oor die 70
miljoen.   'n Presidentiële vliegtuig van 90 miljoen.   Presidentiële
konfooie wat daagliks met ligte en sirenes rondjaag waar die man ook al wil
gaan en om en by die 50 mense besig hou.   Wat van dat die regering 'n sterk
affiliasie het met China en dat omtrent alle staatsbouwerk in Namibië deur
die chinese gedoen word?   Dit terwyl ons met 'n werkloosheidsyfer van oor
die 50% sit!   As die manne amptelike motors vir die staat koop dan koop
hulle Chev bakkies wat so duur is dat jy 4 Toyotas vir een Chev sou kon
koop......en soek jy 'n polisieman, dan sê hulle vir jou hulle het nie
voertuie nie!
   So kan ons aangaan.   Die staatsdiens is 6 keer groter as wat dit voor
onafhanklikheid was.   As jy vir my net EEN departement kan bring wat meer
effektief werk as voorheen, dan lek ek jou h.. blinkskoon!    Nou moet jy
mooi luister, vriend.   Ek sê nie dis agv van swart mense in die regering
dat daar soveel wanbestuur is nie.   Wie ook al nou aan bewind is, en dit is
Swapo en ja, 95% van die regeringsamptenare is swartmense, moet die skuld
dra vir die wanbestuur van ons land.   Wie anders?   Dis hulle wat dit doen!
Dis die werklikheid!

"Ferdi Greyling"  skryf in boodskap news:3d132e68.17234457@news.is.co.za...
>  On Mon, 17 Jun 2002 08:43:25 -0700, "Suidwester"
>   wrote:
>
>    SA
>> steeds die alleenreg op het.   En wat van ons visbedryf wat onder SA beheer
>> gestroop is?   Dit is egter nie die punt nie!   As daar een swak in sleg
>> administrasie is, dan is dit gebrek aan onderhoud en dit is wat nie vandag
>> gedoen word nie.   Kyk maar daar rondom julle ook rond.   Julle paaie gaan
>> ook agteruit!
>
>  Dat SA Suidwes gestroop het, glo ek jou oor. En ook opgefok het met 'n
>  oorlog. Dit kan ek sommer self byvoeg.
>
>  Die punt wat ek maak, is: as SA destyds regstreeks bygedra het tot die
>  admninistrasie van Suidwes - en hy het waarskynlik - dan het hope geld
>  gereeld beskikbaar geraak om infrastruktuur te bou en te onderhou.
>
>  Met onafhanklikheid is daardie kraan toegedraai. Namibie het nie 'n
>  rasende ekonomie wat so 'n verlies aan inkomste van buite kan hanteer
>  nie.
>
>  Die onvermydelike gevolg sal wees dat die infratruktuur agteruit gaan.
>  Maar dan is die oorsaak moontlik nie "swart onbevoegdheid" nie, maar
>  eerder die feit dat honderde miljoene nie meer van SA instroom nie.
>
>  Hoeveel van die infrastruktuur is bv. nie deur die SAW in stand gehou
>  vir die oorlogspoging nie.
>
>  Ons paaie gaan ook agteruit, ja. Maar ook Australie s'n - lees 'n
>  bydrae daaroor elders op die groep.
>
>  Ons s'n word ook reggemaak.
>
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63923 is 'n antwoord op boodskap #63838] Di, 18 Junie 2002 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D0D55EC.2050009@rogers.com...
>
>
>
> Nou, laat ek goed verstaan. Die persoon
> wat die stuk geskryf het hierbo, oor die
> haglike toestand van emigrasie, kom nou
> op met bostaande name. Moenie my laat lag
> nie. Janet Suzman, wat seker nou al taamlik
> oud moet wees, woon seker al dekades en
> dekades in Engeland. Annesu de Vos en haar
> man het na Kanada verhuis, as ek reg onthou,
> gedurende die apartheidsjare omdat hy nie
> diensplig wou doen nie. Ons weet hoekom
> Breyten Breytenbach Parys sy tuiste gemaak
> het. Athol Fugard bly seker erens in Engeland
> om naby die plekke te wees wat sy toneelstukke
> opvoer, of miskien in die VSA. Laurens van der
> Post, nou seker 'n stok ou man (ek sou gedink
> het hy is al dood) is al donkiesjare in Engeland,
> Die enigste een waaroor ek my verbaas is
> André Brink. As hy "die land sou verlaat het"
> sou dit definitief oor die apartheidsdade gewees
> het. Maar het hy nie nou kort gelede nog die
> nuwe Groot Verseboek help saambring nie? Waar
> is hy nou? Miskien 'n puik job aangebied by
> 'n bekende buitelandse universiteit. Maar ek
> is baie baie seker dat hy dit nie gedoen het
> as protes teen regstellende aksie nie.
>
> Gloudina

Jy het natuurlik gelyk, Gloudina. Die name op die lys van die aangehaalde
persoon is nadat ek na gekyk het 'n bietjie fishy op sy beste.Die eerste
gedeelte van die posting is wel interessant en word onderstreep deur
statistieke beskikbaar van statistieke vanuit die staatsdepartemente en
STATS SA. Let wel dat regstellende aksie nie al rede is waarom mense die
land verlaat nie. DIt is wel 'n bydraende faktor.

-Gideon-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63924 is 'n antwoord op boodskap #63873] Di, 18 Junie 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht
news:3d0dd1fa.14040939@news.icon.co.za...
> On Sun, 16 Jun 2002 19:36:15 +0200, "Gids"
> wrote:
>
> Interessante lys, maar haal asseblief die dooies af, naamlik Chris
> Barnard, Lourens van der Post (wat nooit werklik 'n Suid Afrikaner was
> nie - meestal net in sy eie kop en sprokies.).
>
> Verder, baie van die sportsterre is net tuidelike emigrante. Hulle
> doen 'n werk daar met 'n bepaalde leeftyd en het nog huilse en familie
> hier.
>
> Johan Bornman

Lees my antwoord aan Gloudien

-Gideon-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63927 is 'n antwoord op boodskap #63826] Di, 18 Junie 2002 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht
news:3d0cc49c.27625273@news.icon.co.za...
> Op Sun, 16 Jun 2002 08:59:51 +0200, "Raak Gids Nobody 'n klomp goed
> kwyt:
Ander mense het ook al die fout gemaak

>
>> Ek kan heel vinnig aan 'n aantal alternatiewe maniere dink om regstelling te
>> bring - nie een van hulle so maklik soos AA nie.
>
> Interessant, laat ons hoor.

Ek wil nie nou 'n nuwe thread begin nie. Miskien kan ons dit los vir wanneer
ons meer tyd het. Dink maar onder andere aan die sg " New Deal" van Amerika
in die 30s. Die doel was om die ekonomie te stimuleer deur werkskeppings en
werksverskaffingsprogramme. Die beginsel is dat as die regering geld
spandeer aan werksverskaffing in stede van welsyn, jy mense leer visvang
instede van om hulle vis te gee. Dit laat toe vir volgehoue ekonomiese
ontwikkeling omdat dit nie elitisties is en nie net aan die behoeftes van
die reeds geleerdes en reeds rykes voorsien soos werksreserveing onder
andere doen nie.

>> Aan die nder kant is dit 'n sein aan swart mense dat hul maklik senior posisies kan
>> kry sonder om geskik te hoef te wees daarvoor en /of sonder om te
>> kwalifiseer daarvoor - dit is negatief.
>
> Dis onwaar. Ek word elke dag verbaas oor juis die kwalifikasies wat
> van my landsgenote wel het en watse intelligensie daar is. Maar, my
> staaltjies is nie bewys genoeg nie. Verder, ek wil nie probeer bewys
> dat daar wel gekwalifiseerde mense daarbuite is nie maar jou
> vooroordeel uitwys in twee terme: "senior posisies" en "onvoldoende
> kwalifikasie". RA is van toepassing op senior en junior poste en die
> boodskap is beslis nie dat jy nie gewkalifiseer hoef te wees nie maar
> dat jy 'n effense voorsprong gaan kry wat jy met altwee hande moet
> aagngryp en jou bes doen. Dis hierdie laaste punt wat baie witmense
> nie insien nie. Dink 'n bietjie daaroor voordat jy terugskiet.
>
Ek weet uit ervaring in verskeie maatskappye dat jy gelyk het oor die
kwaliteit van vele swart mense. Ek is ook wel deeglik bewus daarvan dat
mense is wat dit aankan. Daar is egter baie besighede wat met 'n token swart
persoon op die direksie en met token swart mense in sekere posisies sit. Dit
is waar die sein vandaan kom aan swart mense. Van die tipe besighede.

>
>> Aan die ander kant is dit ook 'n sein aan blanke Suid-Afrikaners deur die
>> regering. Let wel - ek het nie gesê dat tit 'n sein is aan 60-jarige omies
>> wie die voordeeltrekkers uit die "regstelling " van die Nasionaliste uit die
>> jare 60 was nie - dit het impak op ALLE blankes. Dei sein aan blanke
>> Suid-Afrikaners is dat hul minder werd is as hul swart kolega's en dat hulle
>> nie welkom is in hul eie land nie.
>
> Stem nie saam nie en ek voel nie dat daai sein aan my gegee is nie. In
> maatskappye waar RA goed toegepas word en die emosionele sy van die
> saak aangespreek word, word dit duidelik aan wit kandidate gesê wat
> die byvooroordeel is.

Daar het jy natuurlik 'n sleutel - "In maatskappye waar RA goed toegepas
word"

> Dis iets wat jy filosofies moet aanvat. Miskien
> sal dit help as jy 'n goeie Kalvinis is en aanvaar dat die sondes van
> jou voorvaders drie en vier geslagte gelede vir jou lot
> verantwoordelik is. Miskien kan jy dit op 'n ander manier verwerk maar
> die enigste interpretasie is nie die een wat jy voorstel van "nie
> welkom is in jou eie land nie."
>
Ek verwerk dit goed dankie. Ek vind egter jou Calvinistiese fatalisme so 'n
bietjie uit plek in 'n nuwe land met nuwe, gelyke kanse vir almal.

>
>> Dit is dat ongeag hoe hard jy werk, hoe
>> goed jy is in jou werk of hoeveel waarde jy toevoeg aan die samelewing - jy
>> sal altyd gemeet word aan jou velkleur en benadeel word as gevolg van jou
>> velkleur. Dit is negatief.
>
> Ja dit is moeilik maar soos ek sê, ons moet ons koppe regkry. Dit sal
> regkom. Nie vinnig nie, maar sal regkom. Kyk, vorige geslagte het
> gedurende oorloe" geleef - ons nie. Vorige geslagte het het gebuk
> gegaar onder vreemde aneksasie - ons nie. Sommige het selfs as slawe
> gewerk, ons nie. Ons lot is nie so erg nie.
>
Nou is jy besig om RA weer te vergelyk met die swaarkry van vorige geslagte.
Wat glo jy nou eintlik? Is RA goed of is dit sleg?

>> Die resultaat hiervan is merkbaar in die
>> emigrasiesyfers (amptelik en nie-amptelik) van JONG blanke Suid-Afrikaners
>> wat hulself as kansloos beskou in 'n samelewing wat hul nie 'n kans wil gee
>> nie.
>
> Ek dink jou interpretasie van die emigrasiesyfers is verkeerd. Vandag
> se jongmense het paspoorte wat orals welkom is en reis is goedkoop en
> dus gebruik hulle daai geleentheid om te reis. Jong mense reis, vind
> 'n lekker plek en werk daar vir ses maande - twee jaar. Baie kom
> terug.
Emigrasiesyferes sluit alleen mense in wie aandui dat hulle permanent die
land verlaat en 'n formele proses begin om burgers van 'n ander land te
word. Die 2 jaar werkende vakansie klonge is nie deel van die statistiek
nie.

>
>> Ek sou versigtig wees om dit die nuwe Apartheid te noem, maar as dit
>> bruin is, gevorm is soos 'n wors en stink na stront, gaan ek nie daarin trap
>> nie.
>
> As jy kaalvoet loop moet jy maar altyd jou oe" oophou maar moenie
> Russe onder die bed gaan soek nie.
>
Die Russe wat ek al ontmoet het is nogal gawe mense

>> Wat een van die belangrikste aspekte is in enige maatskappy, is dat dinge
>> in die maatskappy gedoen moet word wat die maatskappy toelaat om te herstel
>> van die foute van die verlede. Om die foute van die verlede te herhaal is
>> nie 'n oplossing nie.
>
> Ek dink nie hulle herhaal foute van die verlede nie. Meeste
> maatskappye was nie daar gewees in die dertigs en veertigs toe
> Afrikaner RA begin het nie. Verder, die metode van die verlede was om
> Engelse uit die staatsdiens te haal en swartmense onderwys en skoling
> te ontneem. Vandag se RA het ander doelwitte. Die twee het relevansie,
> maar kan nie vergelyk word soos jy dit doen nie.
>
Ek dink dat jy my nie goed begryp nie - ek gebruik die konsep maatskappy in
verwysing na die Maatskappy in 'n breër sin. Maatskappye leer uit hulle
foute - miskien is dit tyd vir die Maatskappy (samelewing) om ook te leer
uit die foute van die verlede.

>> Ek begryp dat hierdie saak emosioneel is, maar om
>> dieselfde dinge te pleeg uit wraak val eenvoudig in die kategorie van die
>> uitsprake van dhr Mokaba.
>
> Ek sien baie, baie min wraak in ons samelewing en beslis geen
> institutionele wraak nie. Het jy enige voorbeelde vir my?
>
RA is nie institusionele wraak nie? Hoe verklaar jy dan dat 'n 'n land waar
die konstitusie as een van die bestes ter wêreld beskou word rassisme
toegelaat word onder die dekmantel van "regstelling"? Watter motiewe kan jy
versin daarvoor dat ons in ons klaslose, geslagslose, raslose samelewing
iemand nie in aanmerking kom vir 'n spesifieke pos nie alleen as gevolg van
sy velkleur?

>> Dit gaan nie oor die behoud van die blanke of die
>> behoud van die Afrikaner soos jy probeer impliseer in die res van jou pos
>> nie, dit gaan oor die intelligente herontwikkeling van die land met
>> beskikbare bronne. Om op 'n kunsmatige manier 'n nuwe - helaas sleg
>> voorbereide - elite te vestig los die probleme nie op nie, dit vererger dit
>> net. Die mense wat juis moet voordeel trek uit AA - die armes - trek juis
>> nie voordeel nie. Vir hulle verander niks nie. AA is gefokus op die mense
>> wie al reeds middelklassers is (ironies genoeg die bourgois van Marx) en om
>> hulle omhoog te help in die rangorde van rykes. Dit beteken vir die armes
>> net dat die base nie meer almal wit is nie.
>
> Gideon, gebruik weereens dum-dums on mee te skiet. Dis nie mooi nie.
?????

> Ek verwys na jou gebruik van "helaas sleg voorbereide". Weereens,
> moenie dink hulle (swartmense) is nie voorberei nie. Net omdat hulle
> onsigbaar was tien jaar gelede beteken nie hulle het hulle nie
> binnelands en buitelands voorberei vir hulle terugkoms nie. Verder,
> apartheid is al hoe lank - tien jaar? - afgeskaf en 'n mens kan baie
> leer in tien jaar. Dit het nie gister gebeur nie. Kyk net na jouself,
> is jy dieselfde persoon wat jy tien jaar gelede was. Dit maak my
> eintlik bang, wat het ek in die lasste tien jaar geleer?
>
It's a question of numbers my dear Watson. As jy gelyk het kan RA nou
afgeskaf word want dan is daar mos genoeg swart mense met die regte
kwalifikasies en agtergrond om alles te doen.

> Wat baie mense nie sien in RA nie, is hoe dit ons gemeenskap gaan vorm
> oor die volgende 20 jaar. Toe die Boere die Ingelse en Jode en ander
> "ongewenstes" uitgesmyt het, het die slimmes onder hulle na handel en
> nywerheid gedraai. Hieruit het ons al die bekende entrepreneurs gekry
> wat vandag ryk en suksesvol aftree. Jy kan nie 'n goeie/sterk/slim
> man/vrou ondersit nie.
>
> Ironies genoeg, toe ons die Jode en Ingelse uitgesmyt het en hulle toe
> die land se privaatsektor gestig het (onhou, voordat hulle op die
> scene gekom het, het ons alles van Engeland af ingevoer), het die
> Boere in hulle poskantoor, onderwys en staatsdiensposte aanstoot
> geneem en gesê "die blerrie Jode wil alles he^".
>
> My punt is dat RA dalk vandag se slim jong wit mense gaan dryf na die
> privaatsektor toe en 'n hele nuwe ekonomie gaan stig wat dalk ander
> bevolkingsgroepe gaan onstel oor drie of vier dekades.
>
>

Dit weet ek en glo ek ook. Ek glo dat wat nou met die Afrikaner gebeur goed
is omdat hullle (hopelik) uiteindelik leer dat daat niks vir niks is nie,
en dat die free lunches van die verlede 'n baie duur pryskaartjie het.Dit is
egter nie ter sake in hierdie bespreking nie. My probleem met RA is twe�rly.
Ten is die negatiewe impak van RA te groot is vir die ekonomie om dit as 'n
sinvolle manier van regstelling te probeer gebruik en ten tweede het ek 'n
etiese probleem daarmee dat 'n land gelykheid vir almal proklameer, maar
rassisme institutialiseer.

-Gideon van Zyl-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63929 is 'n antwoord op boodskap #63868] Di, 18 Junie 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020617125633.05135.00000709@mb-fv.news.cs.com...
>> gide...@nospam.home.nl
>
> Gideon, Johan B. en Ferdi het reeds in groot mate uitdrukking gegee aan my
> reaksie op jou poste. Al wat ek wil byvoeg is dat ek nie werksreservering sien
> as gelykstaande aan regstellende aksie nie (selfs nie met Posel se "tacit"
> kwalifikasie nie). Die twee is gefundeer op radikaal verskillende
> uitgangspunte. Waar werksreservering op ideologiese ras-meerderwaardigheid
> geskoei is, is regstellende aksie immers afhanklik van 'n plasing binne die
> diskoers van gelykheid, gelyke kanse, speelvelde, en geleenthede, reparasie, en
> 'n reaksie op die reservering-praktyk. Om die twee gelyk te stel as basies
> dieselfde is manipulerend oneerlik, ten slegste, of naief, ten beste.

Nee, dit is nie. Die basis van kwalifikasie in albei situasies is die van
etnisiteit - by name die kleur van die huid van die persoon wat die teiken
is daarvan.Die tref van onderskeid op basis van "etnisiteit" of velkleur is
rassisme. Dit is onafhanklik van wat jy dit noem.
Gelykheid kan nie geskep word deur 'n proses van ongelykheid nie.
Gelyke kanse is nie gelyk as die kanse van een van die partye ontneem word
nie.
Geleenthede is nie gelyk as die een party se geleenthede ontneem word nie
Reparasie is iets wat geeis word van die wat iemand anders van iets vervreem
het.
As die reaksie op die reserveringspraktyk van die verlede 'n nuwe
reserveringspraktyk is, behandel jy nie elkeen gelyk nie en is jy weer besig
met die ou speletjie.

Verder vind ek jou stelling : "Om die twee gelyk te stel as basies dieselfde
is manipulerend oneerlik, ten slegste, of naief, ten beste." interessant. My
plasing was aan die hand van 'n plasing wat jy geplaas het waarin jy onder
andere die volgende kwytgeraak het " Smaak my dus dat baie van die omies
(apologiee aan Gloudina) wat nou so gal afgaan oor regstellende aksie, hul
posisies aan regstellende aksie te danke het. Hoe ironies."

Dit is ironies dat jy die parallel wat jy self getrek het as "manipulerend
oneerlik, of naief, ten beste" beskryf.

-Gideon-
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #63971 is 'n antwoord op boodskap #63927] Wo, 19 Junie 2002 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Jun 2002 18:17:38 +0200, "Gids" wrote:

> Ek wil nie nou 'n nuwe thread begin nie. Miskien kan ons dit los vir wanneer
> ons meer tyd het. Dink maar onder andere aan die sg " New Deal" van Amerika
> in die 30s. Die doel was om die ekonomie te stimuleer deur werkskeppings en
> werksverskaffingsprogramme. Die beginsel is dat as die regering geld
> spandeer aan werksverskaffing in stede van welsyn, jy mense leer visvang
> instede van om hulle vis te gee. Dit laat toe vir volgehoue ekonomiese
> ontwikkeling omdat dit nie elitisties is en nie net aan die behoeftes van
> die reeds geleerdes en reeds rykes voorsien soos werksreserveing onder
> andere doen nie.>

Dan sal die regering se visie vir die SA samelewing mos moet verander
van 'n mark-gerigte een tot baie meer sosialistiese een?

Onthou dan dat jy die voordele van 'n mark-stelsel (as daar vir jou
sulke voordele is) gaan verloor.

Belasting sal waarskynlik verhoog moet word en meer regulasie sal
ingestel moet word om die nywerheid subtiel weg te dwing van kapitaal
intensief na arbeids intensief, of hoe?

Hoe sal jy daaroor voel?

> Ek weet uit ervaring in verskeie maatskappye dat jy gelyk het oor die
> kwaliteit van vele swart mense. Ek is ook wel deeglik bewus daarvan dat
> mense is wat dit aankan. Daar is egter baie besighede wat met 'n token swart
> persoon op die direksie en met token swart mense in sekere posisies sit. Dit
> is waar die sein vandaan kom aan swart mense. Van die tipe besighede.

Interresante opwerking hier - in die begin jare tagtig het die Rand
Daily Mail in Jhb - en ook die Sunday Times - spefifiek Afrikaanse
joernaliste aangestel omdat die regering Afrikaans was.

Bie mense het groot gelukke daaruit geslaan.

> Daar het jy natuurlik 'n sleutel - "In maatskappye waar RA goed toegepas
> word"

Natuurlik.
Maar die samewing gaan mos altyd half/half wees in terme van
kwaliteit.
Mens moet leef daarmee.

Dit weet ek en glo ek ook. Ek glo dat wat nou met die Afrikaner
gebeur goed
> is omdat hullle (hopelik) uiteindelik leer dat daat niks vir niks is nie,
> en dat die free lunches van die verlede 'n baie duur pryskaartjie het.Dit is
> egter nie ter sake in hierdie bespreking nie. My probleem met RA is tweërly.
> Ten is die negatiewe impak van RA te groot is vir die ekonomie om dit as 'n
> sinvolle manier van regstelling te probeer gebruik

Te groot vir watter ekonomie? Die "wit" ekonomie?
Onthou daar word 'n nuwe middelklas geskep en hulle gaan eersdaags
begin koop.

ten tweede het ek 'n
> etiese probleem daarmee dat 'n land gelykheid vir almal proklameer, maar
> rassisme institutialiseer.>

En andere gaan 'n etiese probleem he as die grondwet gelykheid
proklameer maar 'n minderheid (wittes) het al die rykdom en werk
eerderheid word daarvan uitgesluit.

Onthou dat dit net so 'n geldige "ander kant" is.

Vir my word die kompleksiteit van die twee ewe geldige sieninge
deurgesny deur die werklikheid dat as die wit minderheid die rykes bly
en die swart meerderheid die armes en geen middelklas van wit en swart
ontwikkel in die middel nie, dan is gewelddadige omverwerping van die
regering deur 'n ekstremistiese groep sure as hell ons voorland.

Tyd is daar nie juis nie. Ons het nie drie, vier geslagte om 'n
langsame balans te laat gebeur nie.

Die meerderheid moet NOU oortuig word om in te koop in die gemeenskap.
Hulle moet oortuig word dat vir hulle die moeite werd is om die SA
establishment te behou - en te beskerm teen die Winnies en rowers.

Om daardie rede - onder meer - is Afrikaner RA destyds gedoen. Die
establishment was Engels en die meerderheid (in die dae toe swartes
nie "mense" was nie) was Afrikaans, arm en de moer in.

Swartmense vandag is 'n groter meerderheid as die Afrikaners was, is
baie, baie armer en daar is ernstige woede oor die wanbalans daar.
Re: Regstellende Aksie? [boodskap #64021 is 'n antwoord op boodskap #63929] Do, 20 Junie 2002 13:17 Na vorige boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> "Gids" gide...@nospam.home.nl

> Die basis van kwalifikasie in albei situasies is die van
> etnisiteit - by name die kleur van die huid van die persoon wat die teiken
> is daarvan

Eerstens, Gideon, verwys etnisiteit nie noodwendig (of primer of essensieel) na
"die kleur van die huid" nie - dit is ras. Etnisiteit het meer te doen met
gedeelde geskiedenis, groepsverbondendheid, tradisie, en so meer. DIt
impliseer ook 'n sekere mate van keuse, wat ras ('n konstruk sonder essensiele
referent - 'n mensgemaakte ding wat as biologiese feit geparadeer word) nie
inhou nie.

> Die tref van onderskeid op basis van "etnisiteit" of velkleur is
> rassisme.

Gevolglik, is diskriminasie (nie onderskeid nie) op grond van etnisiteit,
etnosentrisme, en op grond van velkleur rassisme.

> Gelykheid kan nie geskep word deur 'n proses van ongelykheid nie.

Juis - vandaar regstellende aksie. Om die ongelyke matriks van voordeel teen
te werk.

> Gelyke kanse is nie gelyk as die kanse van een van die partye ontneem word
> nie.

Dit is seker die kruks van die argument. DIe mate waartoe jy glo dat kanse
weggeneem word, en ek argumenteer dat so 'n siening by die aansoekvormfase, al
die ongelyke kanse wat die proses voorafgaan uitwis.

> Verder vind ek jou stelling : "Om die twee gelyk te stel as basies dieselfde
> is manipulerend oneerlik, ten slegste, of naief, ten beste." interessant. My
> plasing was aan die hand van 'n plasing wat jy geplaas het waarin jy onder
> andere die volgende kwytgeraak het " Smaak my dus dat baie van die omies
> (apologiee aan Gloudina) wat nou so gal afgaan oor regstellende aksie, hul
> posisies aan regstellende aksie te danke het. Hoe ironies."
>
> Dit is ironies dat jy die parallel wat jy self getrek het as "manipulerend
> oneerlik, of naief, ten beste" beskryf.
>

Maar ek voer dan aan dat die twee nie gelykgestel kan word nie, die presiese
terme van die aangehaalde stukkie hierbo desnieteenstaande, en binne konteks
verstaanbaar. Vandaar, skat ek, jou beskrywing as parrallel. Laastens - ek
waardeer die ewewigtige en respekvolle manier waarop jy jou verskille aan my
gestel het.
Vorige onderwerp: Tronk-korrupsie
Volgende onderwerp: test
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:41:31 MGT 2024