Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tronk-korrupsie
Tronk-korrupsie [boodskap #64012] Do, 20 Junie 2002 11:50
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die storie van die Grootvleigevangenis kring uit.

Nadat die program vertoon is, en dit aan die lig gekom het dat die tronkhoof
wat die videos laat maak het gestraf gaan word, maar nie die 26 bewaarders
wat hulle aan laakbare gedrag skuldig gemaak het nie, het die volgende
gebeur:
1) Die minister het self ingegryp en die skorsing van die bewaarders gelas.
2) Die 4 gevangenis wat gehelp het om die video te maak is na ander tronke
verplaas
3) Dit het nou vanoggend uitgekom dat die tronkhoof ( in sy verklaring het
onder eed) met skorsing gedreig is - nie omdat hy "onregmatig" die video
laat maak het om die vergrype van die bewaarders bloot te stel nie, maar
omdat hy nie die band - wat op TV vertoon is - vernietig het in opdrag van
sy hoofde nie.

Nou kan mens maar seker net hoop dat die minister die hoofde wat hierdie
skande wou wegsteek en toesmeer ook sal skors.

Annette
Vorige onderwerp: OosKaapse Hospitaalkrisis
Volgende onderwerp: Regstellende Aksie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 21:02:42 MGT 2024