Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Australie
Australie [boodskap #12845] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die nuwe land van melk en heuning! Stel jy belang om te immigreer? Kontak my vir verdere inligting.

Groete

Andre

andr...@cis.co.za
Re: Australië [boodskap #61880 is 'n antwoord op boodskap #12845] Vr, 10 Mei 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 May 2002 21:03:31 +0200, "Tobie" wrote:

> DiDi !! gedra jouself
> ---
> "Dave Du Plessis"
> wrote:

>>> Dis nou 'n bietjie lank terug, maar ek het
>>> 'n vriend gehad...
>>>
>>> Gloudina
>>>

>> wanneer ek dié woorde van die tannie lees
>> gaan my hart uit na haar. Die res van ons
>> het steeds vriende. Maar weer gedink is
>> dit tog 'n uitgemaakte saak dat sy self
>> die oorsaak is.

>> DD
>

LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
om tussen die lyne te lees:-)))))))))

DiDi
Re: Australië [boodskap #61883 is 'n antwoord op boodskap #61880] Vr, 10 Mei 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
;-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
"Dave Du Plessis"
>
>> DiDi !! gedra jouself
>> ---
> LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
> om tussen die lyne te lees:-)))))))))
Re: Australië [boodskap #61899 is 'n antwoord op boodskap #61880] Vr, 10 Mei 2002 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

> LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
> om tussen die lyne te lees:-)))))))))

Jy het die baie baie slegte gewoonte
om anglisistiese frases te gebruik.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee.
Re: Australië [boodskap #61902 is 'n antwoord op boodskap #61899] Vr, 10 Mei 2002 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 May 2002 20:20:57 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Dave Du Plessis wrote:
>
>
>> LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
>> om tussen die lyne te lees:-)))))))))
>
>
> Jy het die baie baie slegte gewoonte
> om anglisistiese frases te gebruik.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkomitee.
>
>
Tant Hessie, wat sal ons tog sonder jou berispings doen!
Maak dit nou nie nét 'n uittrapsessie nie, maar sê ook vir
my hoe ek dit kon uitdruk eie aan Suid Afrika.

met agting
Jou leerling
klein Dawie
Re: Australië [boodskap #61903 is 'n antwoord op boodskap #61880] Vr, 10 Mei 2002 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis" schreef...
> LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
> om tussen die lyne te lees:-)))))))))

Foei Dawie, Gloudina is reg, jou taalgebruik is amper so sleg as jou
gewoontes! Dis nie net die Engelse woordkeus nie, maar ek sien nou selfs dat
jou Afrikaans met Nederlands besmet raak! Fantasties!

In Nederlands praat ons van 'om tusse die reëls deur te lees'; is dit
dieselfde in Afrikaans?

Groete,
Arthur
Tussen die reëls [boodskap #61904 is 'n antwoord op boodskap #61903] Vr, 10 Mei 2002 23:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis"
> ek het die slegte gewoonte om tussen die lyne te lees:-)))))))))

Arthuer
Foei Dawie, Gloudina is reg, jou taalgebruik is amper so sleg as jou
gewoontes! Dis nie net die Engelse woordkeus nie, maar ek sien nou selfs dat
jou Afrikaans met Nederlands besmet raak! Fantasties!
In Nederlands praat ons van 'om tusse die reëls deur te lees'; is dit
dieselfde in Afrikaans?

Wouter
In Afrikaans is dit "tussen die reëls lees". Dit staan in die moderne
frase- en woordeboeke, maar kom relatief min in die spreektaal voor.
Re: Tussen die reëls [boodskap #61930 is 'n antwoord op boodskap #61904] Sa, 11 Mei 2002 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> "Dave Du Plessis"
>> ek het die slegte gewoonte om tussen die lyne te lees:-)))))))))
>
> Wouter
> In Afrikaans is dit "tussen die reëls lees". Dit staan in die moderne
> frase- en woordeboeke, maar kom relatief min in die spreektaal voor.

Oulik, waarom het julle die 'n' in 'tussen' bewaar? Ek het gedink Dawie het
dit fout geskryf en daardie fout aan sy reëlmatige omgang met Nederlands
toegeskryf. Kan mens die 'n' ook hoor as julle 'tussen' sê? Ons skryf die
'n' ook, maar die meeste mense sê net 'tusse'.

Groete,
Arthur
Re: Tussen die reëls [boodskap #61931 is 'n antwoord op boodskap #61930] Sa, 11 Mei 2002 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit. Ek kan nie dink dat
ek iemand al gehoor praat het wat nie die "n" uitspreek nie.

"Arthur" skryf in boodskap news:abiuv6$19ku$1@news.kabelfoon.nl...
> "Wouter Plaasvark" schreef...
>> "Dave Du Plessis"
>>> ek het die slegte gewoonte om tussen die lyne te lees:-)))))))))
>>
>> Wouter
>> In Afrikaans is dit "tussen die reëls lees". Dit staan in die moderne
>> frase- en woordeboeke, maar kom relatief min in die spreektaal voor.
>
> Oulik, waarom het julle die 'n' in 'tussen' bewaar? Ek het gedink Dawie het
> dit fout geskryf en daardie fout aan sy reëlmatige omgang met Nederlands
> toegeskryf. Kan mens die 'n' ook hoor as julle 'tussen' sê? Ons skryf die
> 'n' ook, maar die meeste mense sê net 'tusse'.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Tussen die reëls [boodskap #61932 is 'n antwoord op boodskap #61931] Sa, 11 Mei 2002 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" schreef...
> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit. Ek kan nie dink dat
> ek iemand al gehoor praat het wat nie die "n" uitspreek nie.

In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
'tussen' nie gebeur het nie, in te�ndeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?

> "Arthur" wrote...
>> Oulik, waarom het julle die 'n' in 'tussen' bewaar?
Re: Tussen die reëls [boodskap #61934 is 'n antwoord op boodskap #61932] Sa, 11 Mei 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur" skryf in boodskap news:abj3gp$1e4v$1@news.kabelfoon.nl...
> "johanls" schreef...
>> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit. Ek kan nie dink dat
>> ek iemand al gehoor praat het wat nie die "n" uitspreek nie.
>
> In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
> wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
> 'tussen' nie gebeur het nie, in teendeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
> uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en'
eindig?

Laken, baken, wapen, teken, deken ... Dit is almal woorde wat 'n 's'
meervoud het. Ander woorde, wat in Nederlands op 'en' eindig , soos bv;
'kussen' het in Afrikaans 'ing' gekry : kussing ; toren : toring ; varen :
varing ... Dit is natuurlik almal selfstandige naamwoorde, waar 'tussen' 'n
voorsetsel is.
Dis wel interessant om te sien dat in woorde soos 'ete' wat die 'n' verloor
het, die 'n' weer daar is in saamgestelde woorde soos bv. 'etenstyd'. Of
'oop' (Nl : open)en 'openlik'.

Hilda.
Re: Tussen die reëls [boodskap #61937 is 'n antwoord op boodskap #61932] Sa, 11 Mei 2002 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:

>
> In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
> wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
> 'tussen' nie gebeur het nie, in teëndeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
> uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?

Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
weggelaat word en in Nederlands behou word,
veral in die skryftaal, is byna sonder
uitsondering meervoude.
"Tussen" val nie in hierdie kategorie
nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
foneties in Nederlands uitspreek.

Gloudina
Re: Tussen die reëls [boodskap #61938 is 'n antwoord op boodskap #61937] Sa, 11 Mei 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nie altyd so nie - 'teen' is ook 'n voorsetsel (tegen); 'reën' het
ook die 'n' behou (regen) en daar is seker nog ander. Daar is voorbeelde
waar die 'n' wat nie 'n meervouds-n is nie, behou is en ander waar die 'n'
verdwyn het. Die meervoud-'enne' het almal verdwyn.
Hilda.
schreef in bericht news:3CDD54D5.3050800@rogers.com...
>
> Arthur wrote:
>
>>
>> In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
>> wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
>> 'tussen' nie gebeur het nie, in teendeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
>> uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en'
eindig?
>
> Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
> hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
> weggelaat word en in Nederlands behou word,
> veral in die skryftaal, is byna sonder
> uitsondering meervoude.
> "Tussen" val nie in hierdie kategorie
> nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
> foneties in Nederlands uitspreek.
>
> Gloudina
>
Re: Tussen die reëls [boodskap #61939 is 'n antwoord op boodskap #61937] Sa, 11 Mei 2002 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
> hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
> weggelaat word en in Nederlands behou word,
> veral in die skryftaal, is byna sonder
> uitsondering meervoude.
> "Tussen" val nie in hierdie kategorie
> nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
> foneties in Nederlands uitspreek.

Hier praat ons van appels en pere :)

Ek laat in my taalgebruik byna al die 'n'e aan die eind van woorde wat op
'en' eindig weg. Daar is natuurlik dialekte wat dit nie doen nie.

Ek is nie seker of in ABN die 'n'e eintlik wel uitgespreek moet word nie. Ek
het sojuis 'n quiz op Nederland 1 en 'n programma op die BRT (België) gesien
en in beide het ek geen 'n'e aan die eind van woorde kan hoor nie.

Groete,
Arthur
Re: Tussen die reëls [boodskap #61942 is 'n antwoord op boodskap #61932] Sa, 11 Mei 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 May 2002 14:36:50 +0200, "Arthur" wrote:

> "johanls" schreef...
>> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit.
En Arthur vra:
> Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?
>
>

Ons slaap op 'n laken en gooi môreoggend 'n deken
oor die bed Arthur.

Dave
Re: Tussen die reëls [boodskap #61944 is 'n antwoord op boodskap #61939] Sa, 11 Mei 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 May 2002 19:47:45 +0200, "Arthur" wrote:

>
> Ek laat in my taalgebruik byna al die 'n'e aan die eind van woorde wat op
> 'en' eindig weg. Daar is natuurlik dialekte wat dit nie doen nie.
>
> Groete,
> Arthur
>

Hoor jy Jonas, wat sê Arthur? Dat ons een van die Nederlandse dialekte
is wat die 'n' behou:-)

DD
die bokspromotor
Re: Tussen die reëls [boodskap #61951 is 'n antwoord op boodskap #61939] Sa, 11 Mei 2002 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur, ons normale mense hier praat ook van appels en pere.
Gloudina het weer antieks gepraat:))
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:abjlnr$20lo$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
>> hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
>> weggelaat word en in Nederlands behou word,
>> veral in die skryftaal, is byna sonder
>> uitsondering meervoude.
>> "Tussen" val nie in hierdie kategorie
>> nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
>> foneties in Nederlands uitspreek.
>
> Hier praat ons van appels en pere :)
>
> Ek laat in my taalgebruik byna al die 'n'e aan die eind van woorde wat op
> 'en' eindig weg. Daar is natuurlik dialekte wat dit nie doen nie.
>
> Ek is nie seker of in ABN die 'n'e eintlik wel uitgespreek moet word nie. Ek
> het sojuis 'n quiz op Nederland 1 en 'n programma op die BRT (België) gesien
> en in beide het ek geen 'n'e aan die eind van woorde kan hoor nie.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Tussen die reëls [boodskap #61953 is 'n antwoord op boodskap #61942] Sa, 11 Mei 2002 22:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> "johanls" schreef...
>> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit.

En Arthur vra:
> Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?

Dave
Ons slaap op 'n laken en gooi môreoggend 'n deken
oor die bed Arthur.

Wouter
Ek reken jy teken hiermee 'n skarlaken baken, Dave
Re: Tussen die reëls [boodskap #61985 is 'n antwoord op boodskap #61953] So, 12 Mei 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 May 2002 00:51:47 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>> "johanls" schreef...
>>> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit.
>
> En Arthur vra:
>> Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?
>
> Dave
> Ons slaap op 'n laken en gooi môreoggend 'n deken
> oor die bed Arthur.
>
> Wouter
> Ek reken jy teken hiermee 'n skarlaken baken, Dave
>
>

Eintlik wil Arthur net Afrikaans as nader aan Nederlands bewys as wat
ons wil erken, Wouter. Dis verstommend hoe soveel woorde in Nederlands
met dieselfde laaste twee letters eindig.

Dave
Re: Tussen die reëls [boodskap #61996 is 'n antwoord op boodskap #61985] So, 12 Mei 2002 22:48 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> En Arthur vra:
>> Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?

> Dave
> Ons slaap op 'n laken en gooi môreoggend 'n deken
> oor die bed Arthur.

> Wouter
> Ek reken jy teken hiermee 'n skarlaken baken, Dave

Dave
Eintlik wil Arthur net Afrikaans as nader aan Nederlands bewys
as wat ons wil erken, Wouter. Dis verstommend hoe soveel
woorde in Nederlands met dieselfde laaste twee letters eindig.

Wouter
Ons weet almal die Nederlandse dialek is naby aan Die Taal.
Dis net jammer dis vir so baie van ons steeds onverstaanbaar
;-)
Vorige onderwerp: Nuwe soekenjin
Volgende onderwerp: enige iemand wat my kan help om 'n video te kry?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:42:35 MGT 2024