Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vliegtuig tref die Empire State gebou
Re: VSA-pryse [boodskap #61729 is 'n antwoord op boodskap #61704] Wo, 08 Mei 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ja, ek wou graag weet. Want ek wou verstaan hoekom jy sê alles
> is goedkoper daar, ek het laaank terug self 'n geleentheid oorweeg
> om in Dallas en Atlanta te gaan woon en werk. Ek onthou nog die
> skok toe ek agtergekom het wat huisvesting daar kos. Ek vermoed
> jy praat relatief tot jou inkomste, maar jy sal sukkel om iemand hier
> te oortuig dat 'n huis van R3 miljoen en 'n huispaaiement van
> R17 000 per maand goedkoper is as wat ons in SA betaal.

Jy is reg. Ek het eintlik na gebruikersgoedere verwys soos enigiets wat
gemassaproduseer word in 'n fabriek toe ek gesê het dinge is goedkoper hier.
Ek weet egter nie of 'n direkte toepassing van die wisselkoers die regte
perspektief gee nie. Dit sou slegs korrek wees as jy Rand verdien terwyl
jou uitgawes in $ is. Die Rand is immers ook vér onder ge-evalueer. 'n
Ander aspek is ook dat daar tipies 'n inverse verband is tussen rentekoers
en huispryse. Met hoë rentekoerse is die pryse laag en vica versa. Aan die
einde van die dag mag jou paaiment dieselfde wees - dis net die proporsie
aan rente en kapitaal wat verskil. Die median huisprys in die VSA is so
130k. Jy kan dieselfde huis in die Midwest koop vir 80k wat jou in San
Jose, CA 540k sal kos. Vraag en aanbod verklaar alles.

> Ek is nie negatief oor jou deel van die wêreld nie, hoor.
> Inteendeel, ek beskou dit as een van die beter plekke op
> ons aardbol om in te woon. Nes Australië. Maar ek
> is ook nie spyt dat ek gekies het om steeds in die mooiste
> Kaap te bly nie.....
Re: Seattle [boodskap #61730 is 'n antwoord op boodskap #61728] Wo, 08 Mei 2002 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

> Mt. Rainier is 4402 m (sien tabel hier onder vir perspektief) hoog

> Cathedral Peak 3004

> Cathkin Peak 3149

> Mont Aux Sources 3282
> Giants Castle 3325
> Champagne Castle 3377

> Kilimanjaro 5895

Ekskuus dat ek nou vra, maar om van Mont-
aux-Sources ens. te praat as net 3282 m
hoog, neem nie in ag die hoogte bo see-
spieël van die voetheuwels nie. Dus, is
Mont-aux-Sources nie baie hoër bo seespieel
as Mt. Rainier nie? Ek vra maar net. Is die
feit dat Everest beskou word as die hoogste
op aarde, nie ook deels as gevolg van die
hoogte bo seespieël van sy voetheuwels nie?

Gloudina
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61734 is 'n antwoord op boodskap #61722] Wo, 08 Mei 2002 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD95A5E.3030202@rogers.com...
> Is die interneringskampe van mense wat asiel
> soek daar in Australië in die verlede ?
Maar dit bestaan dan in SA ook?

> Ons het ook asielsoekers hier in Kanada.
Waarom is daar net asielsoekers in witlande?
Is al die ander lande dan so sleg?
Waarom trek lande met die rojaalste werkloosheidsbetalings die meeste
asielsoekers?
Waarom kan daai mense nie net gewoon na daai lande emmigreer nie?

> Maar ons het nie interneringskampe nie.
Julle het dit bloot nog net nie nodig nie. Kanada is 'n koue afgelee plek
jong.
Asielsoekers neem darem die klimaat ook in ag voor hulle besluit om "asiel"
te gaan soek.
As Oz hulle teveel blok sal Kanada meer gewild onder hulle word.

> Dit was vir my nogal 'n skok toe ek daarvan lees.
Wat is verkeerd met sulke kampe en wat is die alternatief?
Hulle leef dan vanaf die Staat in die kampe net soos hulle oorspronklik wou
doen deur "asiel" te soek?
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61735 is 'n antwoord op boodskap #61722] Wo, 08 Mei 2002 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Hantamkind wrote:
>> Die verlede, die verlede, die verlede. Terwyl jy sinneloos rondwaal tussen
>> die grafstene van apartheid sal ons ander voortbeweeg.

Ek sweer selfs die Aimish is meer oopkop as sy
Re: Seattle [boodskap #61736 is 'n antwoord op boodskap #61730] Wo, 08 Mei 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ekskuus dat ek nou vra, maar om van Mont-
> aux-Sources ens. te praat as net 3282 m
> hoog, neem nie in ag die hoogte bo see-
> spieël van die voetheuwels nie. Dus, is
> Mont-aux-Sources nie baie hoër bo seespieel
> as Mt. Rainier nie? Ek vra maar net. Is die
> feit dat Everest beskou word as die hoogste
> op aarde, nie ook deels as gevolg van die
> hoogte bo seespieël van sy voetheuwels nie?
>
> Gloudina
>
Die hoogtes op 'n kaart word altyd aangegee in terme van hoogte bo
se�spieël. Mont-aux-Sources is 3282 bo seespieël - nie bo die voetheuwels.
Glo my, ek het dit seker al 20 keer geklim in my lewe:) As jy my nie glo
nie, kry vir jou 'n behoorlike kaart met kontoerlyne en bevestig dit self.
Re: VSA-pryse [boodskap #61737 is 'n antwoord op boodskap #61729] Wo, 08 Mei 2002 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

Jy kan dieselfde huis in die Midwest koop vir 80k wat jou in San
> Jose, CA 540k sal kos.

Volgens my seun en skoondogter (wat Suid-Afrikaans is)
sal daardie $540,000 (Amerikaans) vir jou ook maar net
'n baie powere gehuggie koop. Hulle het sopas daar
gekoop en trek in Junie in.

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61742 is 'n antwoord op boodskap #61690] Wo, 08 Mei 2002 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Afro Ozzie" skryf in boodskap news:ab9no3$2odc$1@austar-news.austar.net.au...
> Ek het 2 kinders op skool in Aus. My dogter is slegs in jaar 6 en die ander
> in jaar 12. Ek het geen klagtes oor die kinders nie. Die skool waar hy nou
> is duld geen snert nie. Verlede jaar was daar 'n paar gevalle waar selfone
> weg geraak het en die toe die skuldiges gevang word is hul summier geskors.
> Ek glo ook nie dat die dwelm probleem erger is as in SA nie.

Dit was presies my punt - dat alle lande hulle probleme het. Dit hang ook,
net soos in ander lande, af van waar die kind op skool is en watter tipe
skool dit is. Jy kry slegte skole, en goeie skole. Ek glo die grootste
probleem wat SA kinders en hulle ouers hier het, is die ongekende vryheid
wat hulle het. Dit was een van die dinge wat my die meeste beïndruk het toe
ons hier geland het - vryheid om te sê net wat jy wil, te doen net wat jy
wil en waar jy wil, en veral ook om te lyk net soos jy wil. SA kinders oor
die algemeen is ongewoond aan sulke vryheid, en ook die ouers omdat hulle
self dit nooit geken het nie. Daarom is dit moeilik vir hulle om dit te
hanteer. En dit is aan my gestel deur SA ouers - hulle weet nie hoe om
hulle kinders in dié situasie te hanteer nie.

> Verder is die hooligans meestal die produk van die ouers.

Weereens dieselfde punt wat ek voorheen gemaak het - ouers moet self ook
darem verantwoordelikheid aanvaar, en nie net agteroor sit en die vinger na
andere wys nie.
Re: VSA-pryse [boodskap #61743 is 'n antwoord op boodskap #61737] Wo, 08 Mei 2002 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Volgens my seun en skoondogter (wat Suid-Afrikaans is)
> sal daardie $540,000 (Amerikaans) vir jou ook maar net
> 'n baie powere gehuggie koop. Hulle het sopas daar
> gekoop en trek in Junie in.
>
> Gloudina

Gekoop?! Het jou seun (a) die lottery gewen (b) stock options gelikwideer
(c) sy werkgewer het 'n paar 100k voorgeskiet (d) julle is al jare hier en
het equity opgebou? Ek vra maar net want ek kon nie 'n decent bestaan daar
voer op 'n gewone salaris sonder stock nie...
Re: VSA-pryse [boodskap #61746 is 'n antwoord op boodskap #61743] Wo, 08 Mei 2002 23:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

> Gekoop?! Het jou seun (a) die lottery gewen (b) stock options gelikwideer
> (c) sy werkgewer het 'n paar 100k voorgeskiet (d) julle is al jare hier en
> het equity opgebou? Ek vra maar net want ek kon nie 'n decent bestaan daar
> voer op 'n gewone salaris sonder stock nie...

Wel, hy is Kanadees en dus ingeskakel by die
kredietstruktuur van Noord-Amerika. Hy word
egter ook ge"relocate" deur sy (oorspronklik
Kanadese) maatskappy wat nou al hulle sleutel-
werkers in San Jose wil vestig. Ek dink die
maatskappy voorsien 'n lae rentekoers-lening
vir 'n taamlike groot "down payment" op die
huis. Mens sidder egter oor die prys van die
huis, en dit is nou nie 'n paleis nie, maar
dit het darem 'n swembad. Maatskappye wat
hulle werkers hervestig in 'n ander plek
is baie behulpsaam hier in Noord-Amerika.
Maar daar is onverwagte slegte skokke as jy
van Kanada na die VSA trek. Omdat ons karre
in kilometers is, kan hulle glo nie hulle karre
daarheen neem, tensy hulle bereid is om na 'n
jaar die baie duur proses deur te gaan om dit
in myle te laat omsit nie. (Ek kan nie verstaan
hoekom so 'n proses so duur moet wees nie, maar
dit maak hulle glo baie ongelukkig.)

Gloudina
Re: VSA-pryse [boodskap #61747 is 'n antwoord op boodskap #61746] Do, 09 Mei 2002 00:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Maar daar is onverwagte slegte skokke as jy
> van Kanada na die VSA trek. Omdat ons karre

Ek dink die grootste skok gaan wees die 60 to 70 uur werksweek. As jy
gewoond is aan 'n sub-40 uur werksweek soos in Canada en jy moet skielik 60
tot 70 ure per week werk kan dit nogal 'n skok wees. Ek is seker hy is 'n
"exempt" (of the Fair Labor & Standards Act) employee, so al wat die wet in
California sê is dat jy mag weier om meer as 72 uur per week te werk - dis
nou 12 ure per dag vir 6 dae per week. Dan kry jy ook tipies net 10 dae
verlof per jaar. Natuurlik verdien jy ook baie meer geld....

> in kilometers is, kan hulle glo nie hulle karre
> daarheen neem, tensy hulle bereid is om na 'n
> jaar die baie duur proses deur te gaan om dit
> in myle te laat omsit nie. (Ek kan nie verstaan
> hoekom so 'n proses so duur moet wees nie, maar
> dit maak hulle glo baie ongelukkig.)

Ek kan net dink dis omdat dit 'n legal issue is. Dit is mos erg onwettig om
met 'n kar se speedometer te peuter. Ek het self 'n ex-Kanadese kar gery
(wat my voormalige buurman wat ook van Kanada was vir my gegee het - nogal
'n Nissan 300 ZX twin turbo) . Dit het egter 'n elektroniese speedo gehad
so ek kon in mph of km/h ry deur net 'n knoppie te druk...
Re: VSA-pryse [boodskap #61748 is 'n antwoord op boodskap #61747] Do, 09 Mei 2002 03:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan wrote:

> Ek dink die grootste skok gaan wees die 60 to 70 uur werksweek. As jy
> gewoond is aan 'n sub-40 uur werksweek soos in Canada en jy moet skielik 60
> tot 70 ure per week werk kan dit nogal 'n skok wees.

Moenie vir my laat lag nie. Waar het jy gehoor
van die sub-40 uur werksweek in Kanada? Dit
hang alles af in watter veld jy is, hoeveel
ure jy werk. Ek dink noudat hy SF toe gaan, sal
sy lewe minder gekompliseerd wees en hy sal
miskien meer by die huis wees. Hy sal ook
halfpad nader wees aan die Verre Ooste, waar
hulle chips gemaak word en waar meeste van hulle
kliënte is in Japan en Korea.

Gloudina
Dwelm probleme in SA? [boodskap #61749 is 'n antwoord op boodskap #61742] Do, 09 Mei 2002 03:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "Afro Ozzie" wrote in message
>> Ek glo ook nie dat die dwelm probleem erger is as in SA nie.

> "me & bobby magee"
> Dit was presies my punt - dat alle lande hulle probleme het.
> Ek glo die grootste
> probleem wat SA kinders en hulle ouers hier het, is die ongekende vryheid
> wat hulle het.

Baie goed gestel.
Ek lees vanaand so bietjie deur G63 en Praag se boodskappe, en sien
toe hierdie baie oulike skakel wat iemand daar gepos het:
http://usembassy.state.gov/posts/sf1/wwwhncr1.html

Interessant om te sien dat SA die grootste verbruikers van Mandrax ter
WERELD is. Dat hulle ook onder die voorste lande tel vir marijuana
produksie. 40% verhoging van heroin gebruikers ens. ens.

"South Africa is committed to fighting domestic and international
trafficking in illicit narcotic drugs, but reliable evidence suggests
that the country continues to be an important transit area for cocaine
from South America and heroin from the Far East. The cocaine and
heroin that transits South Africa is destined primarily for domestic
Southern African or European markets. In addition to being a large
producer of cannabis, most of which is consumed in the Southern
African region, South Africa may be the world's largest consumer of
Mandrax. Mandrax, a variant of methaqualone, is the drug of abuse of
choice in South Africa, and its smuggling, primarily from India but
also from China and other sources, is the single most important
money-earner for indigenous South African organized crime groups. In
1997, a study conducted by the South African Police Service found 192
indigenous organized criminal gangs active in all of South Africa.
Ninety-two of these gangs were primarily focused on the international
smuggling of narcotics, with Mandrax the leading drug. "
Re: Dwelm probleme in SA? [boodskap #61759 is 'n antwoord op boodskap #61749] Do, 09 Mei 2002 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hm.., die dwelm probleem sou nêrens groter wees as in SA nie?
Dit wonder my eintlik nie. As ek sien hoeveel mense dit hier op hulle
senuwees kry as ek hier 'n artikel plaas...

Norbert

>
>> "Afro Ozzie" wrote in message
>>> Ek glo ook nie dat die dwelm probleem erger is as in SA nie.
>
Re: VSA-pryse [boodskap #61761 is 'n antwoord op boodskap #61748] Do, 09 Mei 2002 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[2]  is tans af-lyn  pwbotha[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
O nou sien ons hy werk by Simba

skryf in boodskap news:3CD9EC43.9080404@rogers.com...
>
> Jan wrote:
>
>
>> Ek dink die grootste skok gaan wees die 60 to 70 uur werksweek. As jy
>> gewoond is aan 'n sub-40 uur werksweek soos in Canada en jy moet skielik 60
>> tot 70 ure per week werk kan dit nogal 'n skok wees.
>
>
> Moenie vir my laat lag nie. Waar het jy gehoor
> van die sub-40 uur werksweek in Kanada? Dit
> hang alles af in watter veld jy is, hoeveel
> ure jy werk. Ek dink noudat hy SF toe gaan, sal
> sy lewe minder gekompliseerd wees en hy sal
> miskien meer by die huis wees. Hy sal ook
> halfpad nader wees aan die Verre Ooste, waar
> hulle chips gemaak word en waar meeste van hulle
> kliënte is in Japan en Korea.
>
> Gloudina
>
Re: VSA-pryse [boodskap #61768 is 'n antwoord op boodskap #61746] Do, 09 Mei 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dina skryf:
Omdat ons karre
> in kilometers is, kan hulle glo nie hulle karre
> daarheen neem, tensy hulle bereid is om na 'n
> jaar die baie duur proses deur te gaan om dit
> in myle te laat omsit nie. (Ek kan nie verstaan
> hoekom so 'n proses so duur moet wees nie, maar
> dit maak hulle glo baie ongelukkig.)

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom die Amerikaners nognie omgeskakel het
na die metrieke stelsel nie. En hoekom skryf hulle (en programmeer hulle al
hul rekenaar programme met die default ) datum formaat Maand Dag Jaar?

Hulle monetêre stelsel is tog in Dollars en sente wat gebasseer is op die
metrieke stelsel, nie waar nie?

Hantamkind
Re: VSA-pryse [boodskap #61773 is 'n antwoord op boodskap #61761] Do, 09 Mei 2002 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"krokkie" wrote:

> O nou sien ons hy werk by Simba

:-))))) Maar wat is 'n rekenaar chip dan in afrikaans?
Stywetjips [boodskap #61776 is 'n antwoord op boodskap #61773] Do, 09 Mei 2002 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Krokkie
> O nou sien ons hy werk by Simba

Katrysn
:-))))) Maar wat is 'n rekenaar chip dan in afrikaans?

Wouter
Dalk 'n skyfie of 'n vlokkie. Maar as jy seker wil wees jy
word verstaan, dan noem jy hom 'n tjip of 'n chip.

Maar wat is 'n tyre in Engels? :-)
Re: Stywetjips [boodskap #61777 is 'n antwoord op boodskap #61776] Do, 09 Mei 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

>> Krokkie
>> O nou sien ons hy werk by Simba
>
> Katrysn
> :-))))) Maar wat is 'n rekenaar chip dan in afrikaans?
>
> Wouter
> Dalk 'n skyfie of 'n vlokkie. Maar as jy seker wil wees jy
> word verstaan, dan noem jy hom 'n tjip of 'n chip.

Katryn:
'n VLOKKIE?? LOL!!!!
Katrysn??? KATRYSN????????
(Die spasie tussen die "s" en die "n" is maar kleinerig hoor - ek is
gladnie beindruk nie!!)
:-))))))

> Wouter:
> Maar wat is 'n tyre in Engels? :-)

Maar 'n tire natuurlik. Wat dan anners? :-)))
Of moontlik "ancient Phoenician city" ? :-)))
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61779 is 'n antwoord op boodskap #61710] Do, 09 Mei 2002 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD91B12.6080605@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Ek het maar gaan kyk hoe die berg lyk - en al prentjie wat daar is, is van
>> die berg toe onder die sneeu en dan is daar nog wolke ook.
>> So blykbaar dink die ander mense daar in Seattle nie veel van die berg in
>> sonlig nie;))
>
>
> Presies my ondervinding met Vancouver, nie baie
> ver bokant Seattle nie. Ek glo tot vandag toe nog
> nie dat daar berge net agter Vancouver is nie. Vir
> 'n hele week was die ding in die mis.
> Hoekom enigiemand in daardie geweste, beide
> in Kanada en in die VSA wil bly, gaan my verstand
> te bowe. Dit reën, lyk dit vir my, ongeveer aanmekaar
> daar. Hierdie winter het Vancouver selfs sneeu gekry
> voordat ons dit in Ottawa gekry het.

En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.

Jy voel maar taamlik stupid as jy 'n kar daar huur, jou vrek sukkel om die
ding se ligte te probeer afsit nadat jy die sleutel vir die eerste maal
ingesit het, en dan teruggaan toonbank toe om te sê dat daar fout is met die
kar wat hulle vir jou gegee het want sy ligte wil nie af skakel nie. Die
goed is blykbaar gewire om permanent aan te wees. Is dit oral so in Kanada?

Swart Simon
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61780 is 'n antwoord op boodskap #61779] Do, 09 Mei 2002 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" wrote:

> En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.

Is dit nie so oral in die wereld nie?
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61782 is 'n antwoord op boodskap #61779] Do, 09 Mei 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.
>
> Jy voel maar taamlik stupid as jy 'n kar daar huur, jou vrek sukkel om die
> ding se ligte te probeer afsit nadat jy die sleutel vir die eerste maal
> ingesit het, en dan teruggaan toonbank toe om te sê dat daar fout is met die
> kar wat hulle vir jou gegee het want sy ligte wil nie af skakel nie. Die
> goed is blykbaar gewire om permanent aan te wees. Is dit oral so in Kanada?

Ha, ha, ha. Nee, ek dink nie karre is permanent
gewire om die ligte aan te hê nie, maar die
nuutste karre seker wel. Dis nie 'n strafbare
wet nie, maar almal word aangemoedig om dit te
doen. Ek vra gereeld vir my man of die ligte
aan is. Dit is tog baie veiliger.

Gloudina
Re: Stywetjips [boodskap #61785 is 'n antwoord op boodskap #61776] Do, 09 Mei 2002 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom nie net sommer styfies nie?:))
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cda9774.0@news1.mweb.co.za...
>> Krokkie
>> O nou sien ons hy werk by Simba
>
> Katrysn
> :-))))) Maar wat is 'n rekenaar chip dan in afrikaans?
>
> Wouter
> Dalk 'n skyfie of 'n vlokkie. Maar as jy seker wil wees jy
> word verstaan, dan noem jy hom 'n tjip of 'n chip.
>
> Maar wat is 'n tyre in Engels? :-)
>
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61791 is 'n antwoord op boodskap #61780] Do, 09 Mei 2002 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" schreef...
> "Swart Simon" wrote:
>
>> En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.
>
> Is dit nie so oral in die wereld nie?

Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
Kyoto-verdra� wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....

Groete,
Arthur
SSkuus [boodskap #61792 is 'n antwoord op boodskap #61777] Do, 09 Mei 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Katrysn
> :-))))) Maar wat is 'n rekenaar chip dan in afrikaans?

> Wouter
> Dalk 'n skyfie of 'n vlokkie. Maar as jy seker wil wees jy
> word verstaan, dan noem jy hom 'n tjip of 'n chip.

Katryn:
'n VLOKKIE?? LOL!!!!
Katrysn??? KATRYSN????????
(Die spasie tussen die "s" en die "n" is maar kleinerig hoor - ek is
gladnie beindruk nie!!) :-))))))

Woutser
Oukei Streepsmuis, ek vra nederig om verskoning
Sê sommer vir Dansielle ook ek is baie jammer ;-)
Maar Katryn moet dankbaar wees, sy kon Kats-rein gewees het...
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61794 is 'n antwoord op boodskap #61780] Do, 09 Mei 2002 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 09 May 2002 13:33:16 -0400, Katryn wrote:
>
>> En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.
>
> Is dit nie so oral in die wereld nie? :-)))))))) lol
Re: Australië [boodskap #61795 is 'n antwoord op boodskap #61556] Do, 09 Mei 2002 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 05 May 2002 13:25:42 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Dis nou 'n bietjie lank terug, maar ek het
> 'n vriend gehad...
>
> Gloudina
>

wanneer ek dié woorde van die tannie lees
gaan my hart uit na haar. Die res van ons
het steeds vriende. Maar weer gedink is
dit tog 'n uitgemaakte saak dat sy self
die oorsaak is.

DD
Re: Stywetjips [boodskap #61796 is 'n antwoord op boodskap #61785] Do, 09 Mei 2002 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 May 2002 21:01:34 +0200, "Annette" wrote:

> Hoekom nie net sommer styfies nie?:))
> Annette
>
>

is dit stiffies (wat nie floppies is nie)?

DD
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61797 is 'n antwoord op boodskap #61791] Do, 09 Mei 2002 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:

karre daar se kopligte aan.
>
>> Is dit nie so oral in die wereld nie?

>
> Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
> Kyoto-verdraë wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....

Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
die battery self genoeg krag verwek
om die nodige lig te verskaf.

Gloudina
Kopligte en Kyoto [boodskap #61799 is 'n antwoord op boodskap #61797] Do, 09 Mei 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> SS: Al die karre daar se kopligte is aan.

> Katryn: Is dit nie so oral in die wereld nie?

> Arthur: Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
> Kyoto-verdraë wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....

> Gloudina: Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
> die battery self genoeg krag verwek
> om die nodige lig te verskaf.

Katryn: Ek het gehoop iemand sou die vraag vra, want ek het ook
gewonder. Arthur, sal jy asseblief verduidelik? Ek stry nie met jou
nie, want ek neem aan jy weet waarvan jy praat. Maar die logika daar
agter ontgaan my net so bietjie op die oomblik. En dink jy nie dat
die veiligheids aspek moet ook bietjie in rekening gehou word nie?
Ek moet nou eers gaan kosmaak. Sal bietjie daaroor dink terwyl ek
energie mors om warm kos aan die gesin voor te sit op so warm dag. :-)
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61800 is 'n antwoord op boodskap #61797] Do, 09 Mei 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
>  Arthur wrote:
>   karre daar se kopligte  aan.
>>
>>> Is dit nie so oral in die wereld nie?
>>
>>  Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
>>  Kyoto-verdra� wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....
>
>              Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
>              die battery self genoeg krag verwek
>              om die nodige lig te verskaf.

Nee. Om lig te kry is krag nodig. Om krag te kry moet jou dinamo werk. Om
jou dinamo te laat werk is brandstof nodig.

http://www.autoweek.nl/vumdisp.php?ID=791&CAT=Electra%2F electronica

Die veiligheid van die andere padgebruikers gaan die komende eeu miljoene
mense meer laat verdink deur 'n ekstra seespiëlstyging ...

Groete,
Arthur
Re: SSkuus [boodskap #61801 is 'n antwoord op boodskap #61792] Do, 09 Mei 2002 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Woutser
> Oukei Streepsmuis, ek vra nederig om verskoning
> Sê sommer vir Dansielle ook ek is baie jammer ;-)
> Maar Katryn moet dankbaar wees, sy kon Kats-rein gewees het...

:-))))))))))))))))))))
Streepmuis sê groetnis vir Petrus J. Pompdonkie.
Re: Stywetjips [boodskap #61805 is 'n antwoord op boodskap #61796] Do, 09 Mei 2002 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, maar 'n stiffie is nie 'n chip nie.
Simba tjips is styfies.:))
Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:33mlduoeakrnjg7tueino0f9fldtsc5ti3@4ax.com...
> On Thu, 9 May 2002 21:01:34 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Hoekom nie net sommer styfies nie?:))
>> Annette
>>
>
> is dit stiffies (wat nie floppies is nie)?
>
> DD
Re: Kopligte en Kyoto [boodskap #61806 is 'n antwoord op boodskap #61799] Do, 09 Mei 2002 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" schreef...
> Katryn: Ek het gehoop iemand sou die vraag vra, want ek het ook
> gewonder. Arthur, sal jy asseblief verduidelik? Ek stry nie met jou
> nie, want ek neem aan jy weet waarvan jy praat. Maar die logika daar
> agter ontgaan my net so bietjie op die oomblik. En dink jy nie dat
> die veiligheids aspek moet ook bietjie in rekening gehou word nie?

Soos ek al geskrewe het in antwoord op Gloudina se opmerking; as jou lampe
brand verbruik hulle krag. En aangesien die enige bron van krag jou dinamo
is, sal daardie dinamo harder moet werk om jou lig te laat brand. Sonder
krag geen lig nie.

Jou verbruik gaan met ongeveer 3% omhoog. Wanneer jy jou lugreëling aansit
gaan jou verbruik selfs met meer as 14% omhoog.

Groete,
Arthur
Re: SSkuus [boodskap #61807 is 'n antwoord op boodskap #61801] Do, 09 Mei 2002 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Pasop vir Kas-tryn...

"Katryn" skryf in boodskap news:v9nldug91kicsataoaoj04vg4tq2ht60ri@4ax.com...
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>
>> Woutser
>> Oukei Streepsmuis, ek vra nederig om verskoning
>> Sê sommer vir Dansielle ook ek is baie jammer ;-)
>> Maar Katryn moet dankbaar wees, sy kon Kats-rein gewees het...
>
> :-))))))))))))))))))))
> Streepmuis sê groetnis vir Petrus J. Pompdonkie.
>
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61809 is 'n antwoord op boodskap #61800] Do, 09 Mei 2002 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mooi gestel 8ter, van die krag en so aan.
Ek verstaan nie heeltemal daardie verdink ding nie, maar ek is seker jy sal
verduidelik.

Om terug te kom na permanente ligte - ons word heeltyd vertel van globale
verwarming, dus gaan dit ligter en ligter raak, of hoe?:)))
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:abemp4$5r6$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Arthur wrote:
>> karre daar se kopligte aan.
>>>
>>>> Is dit nie so oral in die wereld nie?
>>>
>>> Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan
> die
>>> Kyoto-verdra� wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....
>>
>> Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
>> die battery self genoeg krag verwek
>> om die nodige lig te verskaf.
>
> Nee. Om lig te kry is krag nodig. Om krag te kry moet jou dinamo werk. Om
> jou dinamo te laat werk is brandstof nodig.
>
> http://www.autoweek.nl/vumdisp.php?ID=791&CAT=Electra%2F electronica
>
> Die veiligheid van die andere padgebruikers gaan die komende eeu miljoene
> mense meer laat verdink deur 'n ekstra seespi�lstyging ...
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61810 is 'n antwoord op boodskap #61809] Do, 09 Mei 2002 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Mooi gestel 8ter, van die krag en so aan.
> Ek verstaan nie heeltemal daardie verdink ding nie, maar ek is seker jy sal
> verduidelik.

Watter 'verdink ding' verstaan jy nie heeltemaal nie?

> Om terug te kom na permanente ligte - ons word heeltyd vertel van globale
> verwarming, dus gaan dit ligter en ligter raak, of hoe?:)))

Nee, die broeikaseffek gaan nie die baan van die aarde om die son verander
nie :)

Groete,
Arthur
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61812 is 'n antwoord op boodskap #61809] Do, 09 Mei 2002 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Tot ons almal gloei ja.

"Annette"  skryf in boodskap news:abeo3l$hmbrk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Mooi gestel 8ter, van die krag en so aan.
>  Ek verstaan nie heeltemal daardie verdink ding nie, maar ek is seker jy sal
>  verduidelik.
>
>  Om terug te kom na permanente ligte - ons word heeltyd vertel van globale
>  verwarming, dus gaan dit ligter en ligter raak, of hoe?:)))
>  Annette
>
>  "Arthur"  wrote in message
>  news:abemp4$5r6$1@news.kabelfoon.nl...
>>  Gloudina schreef...
>>>  Arthur wrote:
>>>   karre daar se kopligte  aan.
>>>>
>>>> >Is dit nie so oral in die wereld nie?
>>>>
>>>>  Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
>>>>  Kyoto-verdra� wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....
>>>
>>>              Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
>>>              die battery self genoeg krag verwek
>>>              om die nodige lig te verskaf.
>>
>>  Nee. Om lig te kry is krag nodig. Om krag te kry moet jou dinamo werk. Om
>>  jou dinamo te laat werk is brandstof nodig.
>>
>>   http://www.autoweek.nl/vumdisp.php?ID=791&CAT=Electra%2F electronica
>>
>>  Die veiligheid van die andere padgebruikers gaan die komende eeu miljoene
>>  mense meer laat verdink deur 'n ekstra seespiëlstyging ...
>>
>>  Groete,
>>  Arthur
>>
>
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61813 is 'n antwoord op boodskap #61809] Do, 09 Mei 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
En met die Antie se "voorbrand" gaan dit vinniger gebeur as wat ons dink.

"Annette"  skryf in boodskap news:abeo3l$hmbrk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Mooi gestel 8ter, van die krag en so aan.
>  Ek verstaan nie heeltemal daardie verdink ding nie, maar ek is seker jy sal
>  verduidelik.
>
>  Om terug te kom na permanente ligte - ons word heeltyd vertel van globale
>  verwarming, dus gaan dit ligter en ligter raak, of hoe?:)))
>  Annette
>
>  "Arthur"  wrote in message
>  news:abemp4$5r6$1@news.kabelfoon.nl...
>>  Gloudina schreef...
>>>  Arthur wrote:
>>>   karre daar se kopligte  aan.
>>>>
>>>> >Is dit nie so oral in die wereld nie?
>>>>
>>>>  Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
>>>>  Kyoto-verdra� wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....
>>>
>>>              Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
>>>              die battery self genoeg krag verwek
>>>              om die nodige lig te verskaf.
>>
>>  Nee. Om lig te kry is krag nodig. Om krag te kry moet jou dinamo werk. Om
>>  jou dinamo te laat werk is brandstof nodig.
>>
>>   http://www.autoweek.nl/vumdisp.php?ID=791&CAT=Electra%2F electronica
>>
>>  Die veiligheid van die andere padgebruikers gaan die komende eeu miljoene
>>  mense meer laat verdink deur 'n ekstra seespiëlstyging ...
>>
>>  Groete,
>>  Arthur
>>
>
Re: Kopligte en Kyoto [boodskap #61814 is 'n antwoord op boodskap #61806] Do, 09 Mei 2002 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 May 2002 22:45:14 +0200, "Arthur" wrote:

> "Katryn" schreef...
>> Katryn: Ek het gehoop iemand sou die vraag vra, want ek het ook
>> gewonder. Arthur, sal jy asseblief verduidelik? Ek stry nie met jou
>> nie, want ek neem aan jy weet waarvan jy praat. Maar die logika daar
>> agter ontgaan my net so bietjie op die oomblik. En dink jy nie dat
>> die veiligheids aspek moet ook bietjie in rekening gehou word nie?

Wat Arthur hier sê is logika Danielle
wanneer jy in ag neem dat jy in 'n rit
met ligte aan teen spoed X meer
krag uit die motor put as wanneer jy
teen dieselfde spoed sonder ligte ry.
In die eerste geval moet die motor
aan meer bronne krag lewer en
steeds dieselfde resultaat voorsien.

DD
Re: Stywetjips [boodskap #61817 is 'n antwoord op boodskap #61805] Do, 09 Mei 2002 22:11 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 May 2002 22:43:54 +0200, "Annette" wrote:

> Ja, maar 'n stiffie is nie 'n chip nie.
> Simba tjips is styfies.:))
> Annette
>

'n paar weke gelede het ek na die boonste vloer gegaan
en vir Brenda gehelp met iets waarmee sy op haar rekenaar
gesukkel het. Ek moes iets op haar rekenaar gaan laai.
Terug in my kantoor het ek gesien dat ek nie die stiffie
by my gehad het nie en haar geskakel met 'n:
"het ek my stiffie in jou dryf gelos, Brenda?"
Brenda se antwoord was slegs 'n dawerende lag.
Ek probeer dit nou nog ontsyfer

DD
Vorige onderwerp: Tolpaaie
Volgende onderwerp: Sakkie se Diemersfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 08:19:38 MGT 2024