Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tolpaaie
Tolpaaie [boodskap #62430] Ma, 20 Mei 2002 19:49 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die twee hoofroetes tussen Pretoria en Johannesburg (N1 Ben Schoeman en R21
Jan Smuts) gaan oor die volgende twee jaar tolpaaie word. Tenders het
vandag oopgemaak. `n Bedrag van R25-00 word gemeld en daar gaan nie vir
enige alternatiewe roetes voorsiening gemaak word nie. Dit beteken `n
daaglikse R50 ekstra vir al die pendelaars, asof die petrolprys nie erg
genoeg is nie. Ek wonder of die ouens wat so besluit het, al ooit in
spitstyd op hierdie twee paaie gery het? Dit is nou sonder hulle verkeers
begeleiding wat jou dwing om vir hulle pad te gee. Ons gaan ook nou van `n
regtige "Stau" kan begin praat. Wel aan die ander kant het een van hulle
seker tog al daar gery en gesien hier lê nog `n nuwe goudmyn vir die
soustrein.
Re: Tolpaaie [boodskap #62451 is 'n antwoord op boodskap #62430] Di, 21 Mei 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Wel aan die ander kant het een van hulle
> seker tog al daar gery en gesien hier lê nog `n nuwe goudmyn vir die
> soustrein.

Johan, jy wat voor jy dertig is twee
doktorsgrade wil hê, maar blykbaar nog
glo maar eerstejaar is as ek reg onthou.
Ek dink jy moet grootword. Ek dink jy moet
bietjie meer ondervinding van die buiteland
kry, nie net op 'n ou klein toeriste-trippie
nie, bygesê. Hier in Kanada word "patronage"
en in die VSA "pork barrel politics" welbekend
en vanselfsprekend geneem. Ek is byna seker
dat jou familie die vorige regime se soustrein
gery het. Jy klink vir my soos die kind en die
kleinkind van Broederbonders. En van wanneer af
is tolpaaie porkbarrel of patronage. Word die
geld nie gebruik om paaie in stand te hou en
nuwes aan te lê nie?

Gloudina
Re: Tolpaaie [boodskap #62457 is 'n antwoord op boodskap #62451] Di, 21 Mei 2002 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Border Lands  is tans af-lyn  Border Lands
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
[snip]
En van wanneer af
> is tolpaaie porkbarrel of patronage. Word die
> geld nie gebruik om paaie in stand te hou en
> nuwes aan te lê nie?
>
> Gloudina

Gloudina,

Daar is al klaar 'n HELSE klomp belasting op petrol om "paaie instand
te hou". Soooooo, wat het hulle met DAAI geld gemaak?
Re: Tolpaaie [boodskap #62592 is 'n antwoord op boodskap #62451] Do, 23 Mei 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
1. Ek sal groot word net soos alle ander mense, ek hoop net dat ek nie soos
jy word nie.
2. Nee, jong ook wat die soustrein betref is jy verkeerd. Ek het nie sulke
hogere familie (of sal ons nou sê sulke lae klas "nasionaliste" in my
familie) nie.
3.. Die deel oor die Broers is sekerlik die ergste wat iemand my nog
beledig het. Maar toe onthou ek jy dink dat die Broederbond `n regse groep
ouens was. Wel glad nie meer nie, deesdae is dit nie meer die Broederbond
nie, maar die Afrikaner Bond. Anties, soos jy mag nou ook daaraan behoort.
Dit was hierdie einste organisasie wat die NG Kerk oopgestel het en die Ou
NP laat verander het, in kort die AB het alles reggekry waarvoor jy sê dat
jy gestry het.
4. Oor die paaie: weereens was jy jare laas hier. Vroeër was dit wet dat
elke tolpad `n alternatiewe roete moet hê, nou nie meer nie. Vroeër het die
tolpaaie aan die regering behoort en is die geld vir instandhouding gebruik,
nou is dit geprivatiseer en behoort aan ministers se
swartbemagtingingsmaatskappye soos TOLCON, ATRC en TRAC. Die regering kry
R1-00 vir elke voertuig wat deur die hekke gaan en die maatskappy die res,
wat hul dan moet gebruik om hul eie pad instand te hou.
Omdat die regering nie meer die tolgeld kry nie, kry hul nou `n sekere
persentasie van petrolverkope vir instandhouding.

wrote
> Ek dink jy moet grootword.... Ek is byna seker
> dat jou familie die vorige regime se soustrein
> gery het. Jy klink vir my soos die kind en die
> kleinkind van Broederbonders... Word die
> geld nie gebruik om paaie in stand te hou en
> nuwes aan te lê nie?
>
Petrolheffing [boodskap #62595 is 'n antwoord op boodskap #62592] Do, 23 Mei 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Omdat die regering nie meer die tolgeld kry nie, kry hul nou `n
sekere persentasie van petrolverkope vir instandhouding.

Wouter
Nee, daardie petrolheffing het 'n bietjie anders ontstaan.
Die aanvanklike heffing, ek dink dit was ongeveer in Barend
du Plessis se tyd, is ingestel om paaie in stand te hou en op
te hef. Dit het met tolpaaie niks te doen gehad nie.

Maar die petrolheffing het skerp toegeneem en het vandag
boggerol met paaie te doen, dit val al vir jare in die algemene
staatsfondse, nes BTW, inkomstebelasting, ens. Dis 'n
gerieflike belasting vir die owerhede, dit is ook een van die
min effektiewe maniere om die mini-taxibedryf te belas.
Re: Petrolheffing [boodskap #62612 is 'n antwoord op boodskap #62595] Do, 23 Mei 2002 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Dis 'n
> gerieflike belasting vir die owerhede, dit is ook een van die
> min effektiewe maniere om die mini-taxibedryf te belas.

Sien, Johan, as jy nou grootword soos Wouter
Plaasvark en iets van Ekonomie weet, dan sal
jy kan saampraat oor die werklike feite.

Tant Hessie die ou gasbag
Re: Tolpaaie [boodskap #62619 is 'n antwoord op boodskap #62592] Do, 23 Mei 2002 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> 2. Nee, jong ook wat die soustrein betref is jy verkeerd. Ek het nie sulke
> hogere familie (of sal ons nou sê sulke lae klas "nasionaliste" in my
> familie) nie.
> 3.. Die deel oor die Broers is sekerlik die ergste wat iemand my nog
> beledig het.

Wel, Johan, die créme de la créme van die
Afrikaner establishment was in die jare
veertig en vyftig en later deel van die
Broederbond. Opperman was 'n Broederbonder.
NP van Wyk Louw was 'n Broederbonder.
Etienne le Roux se pa was 'n Broederbonder.
Enigiemand wat enigsins in die tel was in
Afrikaner-geledere en wat die apartheids-
doktrine aangehang het, was Broederbonders.
Ek kan alleen aanneem dat jy óf nie geweet
het dat van jou voorvaders Broederbonders
was nie, of dat hulle dan aktief teen die
apartheidsregime was. As dit die laaste
geval was, kan ek nie verstaan hoekom jy
so knaend klink asof jy téén die huidige
bedeling is nie.

Gloudina
Re: Tolpaaie [boodskap #62620 is 'n antwoord op boodskap #62592] Do, 23 Mei 2002 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Dit was hierdie einste organisasie wat die NG Kerk oopgestel het en die Ou
> NP laat verander het, in kort die AB het alles reggekry waarvoor jy sê dat

Ag, moet tog nie weer hierdie soort snert
kom opdis nie. Die Broederbonders en hulle
invloed was die oorsaak dat die NG Kerk
skielik "apartheid begin goedkeur" het.
Hulle het nie die NG Kerk "oopgestel" nie.
Hulle het maar net later hulle fout ingesien
en hulle worstelgreep op die NG Kerk losser
gemaak ( dis nou nadat 'n hele klomp van ons
ons van die NG Kerk moes losmaak omdat ou
apartheidsomies onder die dekmantel van die
NG Kerk wou kom vertel dat dit Gods wil is.)
Ek het altyd gewonder of hierdie soort
dwingelandy van die Broederbonders in die
eerste dekades van die regime nie verantwoordelik
was dat Broederbonders soos Opperman meer en meer
begin drink het en later vir jare 'n totale
alkoholis was nie. Mense met enigsins 'n bietjie
van 'n Christelike gemoed en met simpatie vir
hulle swart broeders - hoe kón hulle die dinge
aansien wat gebeur het gedurende byvoorbeeld
P.W. Botha se tyd, en nie sê "Magtag, ek kan
nie toelaat dat hierdie soort ding voortgaan nie."

Gloudina
Re: Petrolheffing [boodskap #62631 is 'n antwoord op boodskap #62595] Do, 23 Mei 2002 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Dit is die toename in die heffing wat ek bedoel het. Daar was nog die ou
Derde-Party-Versekering wat toe ook omtrent in daardie tyd by die petrolprys
gevoeg is.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cecb873.0@news1.mweb.co.za...
> Johan:
> Omdat die regering nie meer die tolgeld kry nie, kry hul nou `n
> sekere persentasie van petrolverkope vir instandhouding.
>
> Wouter
> Nee, daardie petrolheffing het 'n bietjie anders ontstaan.
> Die aanvanklike heffing, ek dink dit was ongeveer in Barend
> du Plessis se tyd, is ingestel om paaie in stand te hou en op
> te hef. Dit het met tolpaaie niks te doen gehad nie.
>
> Maar die petrolheffing het skerp toegeneem en het vandag
> boggerol met paaie te doen, dit val al vir jare in die algemene
> staatsfondse, nes BTW, inkomstebelasting, ens. Dis 'n
> gerieflike belasting vir die owerhede, dit is ook een van die
> min effektiewe maniere om die mini-taxibedryf te belas.
>
Re: Tolpaaie [boodskap #62634 is 'n antwoord op boodskap #62620] Do, 23 Mei 2002 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Ag, moet tog nie weer hierdie soort snert
> kom opdis nie. Die Broederbonders en hulle
> invloed was die oorsaak dat die NG Kerk
> skielik "apartheid begin goedkeur" het.

Johan:
En nou lieg jy darem erg. Die tirannie van Apartheid het lank voor die
Broederbond of die NG Kerk se goedkeuring daarvan bestaan.

Gloudina
> Hulle het nie die NG Kerk "oopgestel" nie.
> Hulle het maar net later hulle fout ingesien
> en hulle worstelgreep op die NG Kerk losser
> gemaak

Johan:
Ook vals, die AB het `n beleidsaanpassing gemaak, maar besit nog dieselfde -
indien nie groter - beheer as voorheen. Die worstelgreep bestaan steeds.

Gloudina:
hoe kón hulle die dinge
> aansien wat gebeur het gedurende byvoorbeeld
> P.W. Botha se tyd, en nie sê "Magtag, ek kan
> nie toelaat dat hierdie soort ding voortgaan nie."
Johan:
Dit was vir my opvallend met die verskyning van die WVK se verslag, dat daar
geen klagtes was uit die tyd van Drs Malan en Verwoerd se regerings nie,
selfs nie oor Vorster nie, maar alles het gegaan oor wandade gedurende die
diktatorskap van PW Botha en FW de Klerk. Dit lyk amper asof die eerste 3
persone al die skuld kry vir wat verkeerd was, terwyl die twee oor wie daar
gekla is `n rustige pensioen het. Dit terwyl iemand soos Eugene de Kock in
die tronk sit oor hulle opdragte wat hy uitgevoer het, nie dat dit hom
verontskuldig nie, maar ek reken hulle kan ook maar betaal vir hulle
aandeel.
Re: Tolpaaie [boodskap #62636 is 'n antwoord op boodskap #62634] Do, 23 Mei 2002 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Dit was vir my opvallend met die verskyning van die WVK se verslag, dat daar
> geen klagtes was uit die tyd van Drs Malan en Verwoerd se regerings nie,
> selfs nie oor Vorster nie, maar alles het gegaan oor wandade gedurende die
> diktatorskap van PW Botha en FW de Klerk. Dit lyk amper asof die eerste 3
> persone al die skuld kry vir wat verkeerd was, terwyl die twee oor wie daar
> gekla is `n rustige pensioen het. Dit terwyl iemand soos Eugene de Kock in
> die tronk sit oor hulle opdragte wat hy uitgevoer het, nie dat dit hom
> verontskuldig nie, maar ek reken hulle kan ook maar betaal vir hulle
> aandeel.

Hier stem ek met jou gedeeltelik saam. P.W.
Botha behoort saam met Milosevitch in Den
Haag te sit.

Gloudina
Re: Tolpaaie [boodskap #62638 is 'n antwoord op boodskap #62636] Do, 23 Mei 2002 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
En ook sy opvolger De Klerk. Maar hy kan mos nou nie aangekla word nie,
want hy het darem die Nobelprys gewen voordat sy moordplanne aan die lig
gekom het.

skryf in boodskap news:3CED6A76.9020102@rogers.com...
>
> johanls wrote:
>
>
>> Dit was vir my opvallend met die verskyning van die WVK se verslag, dat daar
>> geen klagtes was uit die tyd van Drs Malan en Verwoerd se regerings nie,
>> selfs nie oor Vorster nie, maar alles het gegaan oor wandade gedurende die
>> diktatorskap van PW Botha en FW de Klerk. Dit lyk amper asof die eerste 3
>> persone al die skuld kry vir wat verkeerd was, terwyl die twee oor wie daar
>> gekla is `n rustige pensioen het. Dit terwyl iemand soos Eugene de Kock in
>> die tronk sit oor hulle opdragte wat hy uitgevoer het, nie dat dit hom
>> verontskuldig nie, maar ek reken hulle kan ook maar betaal vir hulle
>> aandeel.
>
>
> Hier stem ek met jou gedeeltelik saam. P.W.
> Botha behoort saam met Milosevitch in Den
> Haag te sit.
>
> Gloudina
>
Re: Petrolheffing [boodskap #62662 is 'n antwoord op boodskap #62631] Vr, 24 Mei 2002 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Ons praat van dieselfde heffing, ek dink dit word die
padfondsheffing genoem. Die naam is egter misleidend, dis
'n plein belasting. Dit was aanvanklik bedoel vir paaie, maar
nooit vir tolpaaie nie. Jou stelling daaroor is nie reg nie.

"johanls" skryf in boodskap news:3cedd919$1_2@batman.vip-za.com...
Johan:
Dit is die toename in die heffing wat ek bedoel het. Daar was nog die ou
Derde-Party-Versekering wat toe ook omtrent in daardie tyd by die petrolprys
gevoeg is.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cecb873.0@news1.mweb.co.za...
> Johan:
> Omdat die regering nie meer die tolgeld kry nie, kry hul nou `n
> sekere persentasie van petrolverkope vir instandhouding.
>
> Wouter
> Nee, daardie petrolheffing het 'n bietjie anders ontstaan.
> Die aanvanklike heffing, ek dink dit was ongeveer in Barend
> du Plessis se tyd, is ingestel om paaie in stand te hou en op
> te hef. Dit het met tolpaaie niks te doen gehad nie.
>
> Maar die petrolheffing het skerp toegeneem en het vandag
> boggerol met paaie te doen, dit val al vir jare in die algemene
> staatsfondse, nes BTW, inkomstebelasting, ens. Dis 'n
> gerieflike belasting vir die owerhede, dit is ook een van die
> min effektiewe maniere om die mini-taxibedryf te belas.
>
Re: Tolpaaie [boodskap #62663 is 'n antwoord op boodskap #62619] Vr, 24 Mei 2002 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Om teen die huidige bedeling te wees, maak my nie noodwendig `n voorstaander
van die vorige bedeling nie. Ek kan net nie glo dat dit wat ons nou het die
beste alternatief was vir julle ouer geslag se apartheidstirannie nie. Die
eenheidstaat onder ANC-oorheersing wat "Die Nuwe SA" is, kan nie die
toekomsbestemming van die 11 volke en kultuurgroepe in ons land wees nie
(selfs ons swart koshuismaats kla nou dat daar binne hulle gemeenskappe
onregverdige bevoordeling van sekere etniese groepe teenoor ander is); daar
kan ook NOOIT nog of weer gedroom word van herstel van `n "Blank SA" waar
"die witman" sal "baas wees" nie. Ek hoop van harte dat dit wat ons op die
oomblik in SA het net `n oorgangsfase is wat nie alles sal beduiwel voordat
`n nuwe generasie die leisels oorneem nie.
Uit ons gesprek het dit vir my duidelik geword dat daar `n groot
generasiegaping tussen ons is. Vir jou is daar blykbaar net twee opsies nl.
vir of teen apartheid. Wel ons het apartheid nie geken nie. Ons hoor ons
oupas en oumas vertel van Drs Malan en Verwoerd; ons swart koshuismaats
getuig weer hoe hulle oupas en oumas vertel het van pasdra, die polisie wat
mens in die nag laat vlug het en hoe hulle na 16 Junie 1976 uit die land
uitgevlug het. En weet jy wat doen ons daaroor? Ons lag oor hulle vrees vir
mekaar, terwyl ons saam bekommerd is omdat hulle nog steeds leef en optree
asof ons 30 jaar terug leef. Die gevoel tussen die meeste koshuisinwoners
(wit en swart) is dat ons moet begin aandag gee aan `n volkerepolitiek deur
in `n Volkereberaad te onderhandel oor `n "Basis vir gesamentlike Aksie".
Ons is moeg vir die "Xenophobia" van almal rondom ons en wil saam begin werk
aan iets beters, want dit wat ons het werk nie.
Dalk is ons nog jonk en moet groot word, maar ons hoop dat dit dan beter sal
gaan en wees, as dit wat julle wie altreeds groot is vir ons agtergelaat
het. Jongmense wil trots wees op hul erfenis, maar dit wat julle die laaste
30 jaar vir ons gegee het is `n skande en ons wil dit nie hê nie. Leef
julle maar in jul droomwêreld van die verlede, maar bly net uit ons toekoms
uit. Want die geskiedenis getuig dat julle nie van SA `n sukses kon maak
nie.
dat van jou voorvaders ... of dat hulle dan aktief teen die[/color]
> apartheidsregime was. As dit die laaste
> geval was, kan ek nie verstaan hoekom jy
> so knaend klink asof jy téén die huidige
> bedeling is nie.
Generasie sonder bagasie [boodskap #62666 is 'n antwoord op boodskap #62663] Vr, 24 Mei 2002 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan
.... ons het apartheid nie geken nie. ...... Ons lag oor hulle vrees vir
mekaar,
terwyl ons saam bekommerd is omdat hulle nog steeds leef en optree
asof ons 30 jaar terug leef. Die gevoel tussen die meeste koshuisinwoners
(wit en swart) is dat ons moet begin aandag gee aan `n volkerepolitiek deur
in `n Volkereberaad te onderhandel oor `n "Basis vir gesamentlike Aksie".
Ons is moeg vir die "Xenophobia" van almal rondom ons en wil saam
begin werk aan iets beters, want dit wat ons het werk nie.
Dalk is ons nog jonk en moet groot word, maar ons hoop dat dit dan
beter sal gaan en wees, as dit wat julle wie altreeds groot is vir ons
agtergelaat het. Jongmense wil trots wees op hul erfenis....

Wouter
Julle mag dalk nog jonk wees en het waarskynlik 'n paar dinge om te leer,
maar dis duidelik dit nie juis grootword insluit nie.Ons goeie toekoms lê in
die hande van mense soos julle, sonder die bagasie van die verlede.

Lank lewe die generasie sonder bagasie!
Re: Tolpaaie [boodskap #62667 is 'n antwoord op boodskap #62663] Vr, 24 Mei 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Die
> eenheidstaat onder ANC-oorheersing wat "Die Nuwe SA" is, kan nie die
> toekomsbestemming van die 11 volke en kultuurgroepe in ons land wees nie

Jy word psigies oorheers deur die idee dat
die toekomsbestemming van die 11 "volke en
kultuurgroepe" in SA iets aparts moet wees.
Jy is dus nog maar 'n erfgenaam van die
boerestaat-bantustan-ens.ens. denke, al pleit
jy nou so dat jy van 'n nuwe geslag sonder bagasie
is. Vir iemand soos ek wat van buitekant af na
jou kyk, het jy baie bagasie, baie baie bagasie.
Dis eers wanneer jy nie meer die kleur raaksien
nie, maar byvoorbeeld die kloof tussen arbeid/
kapitalisme verteenwoordig sien, dat jy jou kleur-
bagasie sal verloor.

Gloudina
Re: Tolpaaie [boodskap #62668 is 'n antwoord op boodskap #62663] Vr, 24 Mei 2002 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

Wel ons het apartheid nie geken nie. Ons hoor ons
> oupas en oumas vertel van Drs Malan en Verwoerd; ons swart koshuismaats
> getuig weer hoe hulle oupas en oumas vertel het van pasdra, die polisie wat
> mens in die nag laat vlug het en hoe hulle na 16 Junie 1976 uit die land
> uitgevlug het. En weet jy wat doen ons daaroor? Ons lag oor hulle vrees vir
> mekaar, terwyl ons saam bekommerd is omdat hulle nog steeds leef en optree
> asof ons 30 jaar terug leef. Die gevoel tussen die meeste koshuisinwoners
> (wit en swart) is dat ons moet begin aandag gee aan `n volkerepolitiek deur
> in `n Volkereberaad te onderhandel oor `n "Basis vir gesamentlike Aksie".

Luister, Johan, hoeveel "onse" is op jou pond?
Ek hoor in jou geskryf hierbo die nuwe politiek
van die witvel - jy vra vir 'n "volkerepolitiek."
Wat bedoel jy daarmee. Kom, ek daag jou uit: vertel
ons wat bedoel jy met die "volkerepolitiek."

Gloudina
Re: Tolpaaie [boodskap #62669 is 'n antwoord op boodskap #62663] Vr, 24 Mei 2002 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Dalk is ons nog jonk en moet groot word, maar ons hoop dat dit dan beter sal
> gaan en wees, as dit wat julle wie altreeds groot is vir ons agtergelaat
> het. Jongmense wil trots wees op hul erfenis, maar dit wat julle die laaste
> 30 jaar vir ons gegee het is `n skande en ons wil dit nie hê nie. Leef
> julle maar in jul droomwêreld van die verlede, maar bly net uit ons toekoms
> uit. Want die geskiedenis getuig dat julle nie van SA `n sukses kon maak

Ek sal jou nou maar doop Boetman 11. Dis nou
die soort wat sanik oor die ouer geslag.
En moenie met my praat asof ek een van daardie
apartheidsomies en tannies was nie. Ek was 'n
Afrikaner, maar ek het geweier om te val vir
die "aparte ontwikkeling" storie. Ek het, toe
ek nog in SA was, gaan onderwys gee in "swart"
skole in "swart" gebiede. Ek het intiem in
aanraking gekom met die denke van jong swart
seuns en dogters. Dis daarom dat ek verdag is oor
wat jy vir my vertel van hoe jou "swart koshuis-
maats" dink. Miskien stem hulle, met hulle unieke
beleefdheid, maar net saam as jy sit en kekkel oor
die "volkere-politiek." Maar ek kan jou verseker
dat meeste van daardie swart koshuismaats van jou
'n unitêre staat wil hê. Hulle is siek vir "aparte
ontwikkeling."

Gloudina
Re: Generasie sonder bagasie [boodskap #62699 is 'n antwoord op boodskap #62666] Sa, 25 Mei 2002 04:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Viva Johan en Wouter!!
Annette - een wat wil terug koshuis toe.:))

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cee2646.0@news1.mweb.co.za...
> Johan
> .... ons het apartheid nie geken nie. ...... Ons lag oor hulle vrees vir
> mekaar,
> terwyl ons saam bekommerd is omdat hulle nog steeds leef en optree
> asof ons 30 jaar terug leef. Die gevoel tussen die meeste koshuisinwoners
> (wit en swart) is dat ons moet begin aandag gee aan `n volkerepolitiek deur
> in `n Volkereberaad te onderhandel oor `n "Basis vir gesamentlike Aksie".
> Ons is moeg vir die "Xenophobia" van almal rondom ons en wil saam
> begin werk aan iets beters, want dit wat ons het werk nie.
> Dalk is ons nog jonk en moet groot word, maar ons hoop dat dit dan
> beter sal gaan en wees, as dit wat julle wie altreeds groot is vir ons
> agtergelaat het. Jongmense wil trots wees op hul erfenis....
>
> Wouter
> Julle mag dalk nog jonk wees en het waarskynlik 'n paar dinge om te leer,
> maar dis duidelik dit nie juis grootword insluit nie.Ons goeie toekoms lê in
> die hande van mense soos julle, sonder die bagasie van die verlede.
>
> Lank lewe die generasie sonder bagasie!
>
Re: Tolpaaie [boodskap #62720 is 'n antwoord op boodskap #62620] Sa, 25 Mei 2002 10:28 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
So jy reken mens het 'n rede nodig om baie te drink? Van wanneer af?

HK



Broederbonders in die
> eerste dekades van die regime nie verantwoordelik
> was dat Broederbonders soos Opperman meer en meer
> begin drink het en later vir jare 'n totale
> alkoholis was nie.
Vorige onderwerp: Re: 6 million is a joke
Volgende onderwerp: Vliegtuig tref die Empire State gebou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 20:10:12 MGT 2024