|
Re: Seattle [boodskap #61730 is 'n antwoord op boodskap #61728] |
Wed, 08 May 2002 18:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Mt. Rainier is 4402 m (sien tabel hier onder vir perspektief) hoog
> Cathedral Peak 3004
> Cathkin Peak 3149
> Mont Aux Sources 3282
> Giants Castle 3325
> Champagne Castle 3377
> Kilimanjaro 5895
Ekskuus dat ek nou vra, maar om van Mont-
aux-Sources ens. te praat as net 3282 m
hoog, neem nie in ag die hoogte bo see-
spieël van die voetheuwels nie. Dus, is
Mont-aux-Sources nie baie hoër bo seespieel
as Mt. Rainier nie? Ek vra maar net. Is die
feit dat Everest beskou word as die hoogste
op aarde, nie ook deels as gevolg van die
hoogte bo seespieël van sy voetheuwels nie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: VSA-pryse [boodskap #61737 is 'n antwoord op boodskap #61729] |
Wed, 08 May 2002 19:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
Jy kan dieselfde huis in die Midwest koop vir 80k wat jou in San
> Jose, CA 540k sal kos.
Volgens my seun en skoondogter (wat Suid-Afrikaans is)
sal daardie $540,000 (Amerikaans) vir jou ook maar net
'n baie powere gehuggie koop. Hulle het sopas daar
gekoop en trek in Junie in.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: VSA-pryse [boodskap #61746 is 'n antwoord op boodskap #61743] |
Wed, 08 May 2002 23:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Gekoop?! Het jou seun (a) die lottery gewen (b) stock options gelikwideer
> (c) sy werkgewer het 'n paar 100k voorgeskiet (d) julle is al jare hier en
> het equity opgebou? Ek vra maar net want ek kon nie 'n decent bestaan daar
> voer op 'n gewone salaris sonder stock nie...
Wel, hy is Kanadees en dus ingeskakel by die
kredietstruktuur van Noord-Amerika. Hy word
egter ook ge"relocate" deur sy (oorspronklik
Kanadese) maatskappy wat nou al hulle sleutel-
werkers in San Jose wil vestig. Ek dink die
maatskappy voorsien 'n lae rentekoers-lening
vir 'n taamlike groot "down payment" op die
huis. Mens sidder egter oor die prys van die
huis, en dit is nou nie 'n paleis nie, maar
dit het darem 'n swembad. Maatskappye wat
hulle werkers hervestig in 'n ander plek
is baie behulpsaam hier in Noord-Amerika.
Maar daar is onverwagte slegte skokke as jy
van Kanada na die VSA trek. Omdat ons karre
in kilometers is, kan hulle glo nie hulle karre
daarheen neem, tensy hulle bereid is om na 'n
jaar die baie duur proses deur te gaan om dit
in myle te laat omsit nie. (Ek kan nie verstaan
hoekom so 'n proses so duur moet wees nie, maar
dit maak hulle glo baie ongelukkig.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: VSA-pryse [boodskap #61748 is 'n antwoord op boodskap #61747] |
Thu, 09 May 2002 03:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jan wrote:
> Ek dink die grootste skok gaan wees die 60 to 70 uur werksweek. As jy
> gewoond is aan 'n sub-40 uur werksweek soos in Canada en jy moet skielik 60
> tot 70 ure per week werk kan dit nogal 'n skok wees.
Moenie vir my laat lag nie. Waar het jy gehoor
van die sub-40 uur werksweek in Kanada? Dit
hang alles af in watter veld jy is, hoeveel
ure jy werk. Ek dink noudat hy SF toe gaan, sal
sy lewe minder gekompliseerd wees en hy sal
miskien meer by die huis wees. Hy sal ook
halfpad nader wees aan die Verre Ooste, waar
hulle chips gemaak word en waar meeste van hulle
kliënte is in Japan en Korea.
Gloudina
|
|
|
Dwelm probleme in SA? [boodskap #61749 is 'n antwoord op boodskap #61742] |
Thu, 09 May 2002 03:44   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "Afro Ozzie" wrote in message
>> Ek glo ook nie dat die dwelm probleem erger is as in SA nie.
> "me & bobby magee"
> Dit was presies my punt - dat alle lande hulle probleme het.
> Ek glo die grootste
> probleem wat SA kinders en hulle ouers hier het, is die ongekende vryheid
> wat hulle het.
Baie goed gestel.
Ek lees vanaand so bietjie deur G63 en Praag se boodskappe, en sien
toe hierdie baie oulike skakel wat iemand daar gepos het:
http://usembassy.state.gov/posts/sf1/wwwhncr1.html
Interessant om te sien dat SA die grootste verbruikers van Mandrax ter
WERELD is. Dat hulle ook onder die voorste lande tel vir marijuana
produksie. 40% verhoging van heroin gebruikers ens. ens.
"South Africa is committed to fighting domestic and international
trafficking in illicit narcotic drugs, but reliable evidence suggests
that the country continues to be an important transit area for cocaine
from South America and heroin from the Far East. The cocaine and
heroin that transits South Africa is destined primarily for domestic
Southern African or European markets. In addition to being a large
producer of cannabis, most of which is consumed in the Southern
African region, South Africa may be the world's largest consumer of
Mandrax. Mandrax, a variant of methaqualone, is the drug of abuse of
choice in South Africa, and its smuggling, primarily from India but
also from China and other sources, is the single most important
money-earner for indigenous South African organized crime groups. In
1997, a study conducted by the South African Police Service found 192
indigenous organized criminal gangs active in all of South Africa.
Ninety-two of these gangs were primarily focused on the international
smuggling of narcotics, with Mandrax the leading drug. "
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61782 is 'n antwoord op boodskap #61779] |
Thu, 09 May 2002 17:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
> En die karre daar se kopligte is almal permanent aan.
>
> Jy voel maar taamlik stupid as jy 'n kar daar huur, jou vrek sukkel om die
> ding se ligte te probeer afsit nadat jy die sleutel vir die eerste maal
> ingesit het, en dan teruggaan toonbank toe om te sê dat daar fout is met die
> kar wat hulle vir jou gegee het want sy ligte wil nie af skakel nie. Die
> goed is blykbaar gewire om permanent aan te wees. Is dit oral so in Kanada?
Ha, ha, ha. Nee, ek dink nie karre is permanent
gewire om die ligte aan te hê nie, maar die
nuutste karre seker wel. Dis nie 'n strafbare
wet nie, maar almal word aangemoedig om dit te
doen. Ek vra gereeld vir my man of die ligte
aan is. Dit is tog baie veiliger.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61797 is 'n antwoord op boodskap #61791] |
Thu, 09 May 2002 20:17   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
karre daar se kopligte aan.
>
>> Is dit nie so oral in die wereld nie?
>
> Nee. Ek neem aan dit gaan ook nie gebeur nie. Nie as ons ooit nog aan die
> Kyoto-verdraë wil gaan voldoen nie. Dit vra 3% meer brandstof ....
Regtig? Ek het nog altyd gedink dat
die battery self genoeg krag verwek
om die nodige lig te verskaf.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|