Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Groet sonder woorde" deur KOOS DU PLESSIS
"Groet sonder woorde" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61675] Di, 07 Mei 2002 18:58
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Groet sonder woorde

Laat ons nie praat nie;
die tyd is verby.
Niemand is kwaad nie
en albei is vry.

Kom kyk deur die ruite:
Die nag staan in blom.
Woorde hoort buite,
want hartseer is stom.

Lê jou kop hier teen my skouer;
laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wys en ouer -
eendag sal ons dalk verstaan.

Maar, tot die ryp kraak onder skoene
wat geen
ander haard, of tuiskoms ken,
gun ek my nog visioene van een
wat die hele wêreld wen.

Jy hoor my nie meer nie;
ek sê maar tot siens,
En sal jou nie steur nie;
ek loop ongesiens,
want jy is in oorde
waar drome nog blom.
Ek groet sonder woorde,
want hartseer is stom.
Vorige onderwerp: "Boshoek" deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Koue vuur " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:21:20 MGT 2024