Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Boshoek" deur KOOS DU PLESSIS
"Boshoek" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61673] Di, 07 Mei 2002 18:53
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Boshoek

In Boshoek se tyd was die wereld
nog wyd
en die oë blink en oop.
Soos die bospaadjies kronkel, waar
katlagters konkel,
het die wereldkaart geloop.

Die hart was nog heel en die vreugde te veel
en die hemel net hierbo;
en by die hardekoolvure, in die middernagure,
kon jy al's wat mooi is, glo.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar huiwer bo die maan.
En my blik is versper,
want dis ligjare ver;
tog dwaal my hart soms nog alleen
met lank-vergete paadjies langs daarheen.

Boshoek se dae was dae sonder vrae,
jy't geweet wat jy wil weet;
so seker, so helder, soos tabak in die kelder,
met die dag se sweet vergeet.
En die volkies se sang kon 'n siel laat verlang.
maar net die Vader weet na wat,
want die lewensintriges, wie lieg of belieg is,
was nog verder as die stad.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar tuimel oor die maan;
en my blik is versper,
want dis ligjare ver,
tog dwaal my hart soms nog, alleen,
met lank-vergete paadjies langs daarheen.
Vorige onderwerp: "As almal vêr is" deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Groet sonder woorde" deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:05:49 MGT 2024