Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Koue vuur " deur KOOS DU PLESSIS
"Koue vuur " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61691] Wo, 08 Mei 2002 03:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koue vuur
Koos du Plessis

Die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop;
en 'n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop.

Die ryp is 'n vlam om my voete,
maar die koue brand in my bors;
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors.

Net 'n koue hart, tot die moreuur,
drink ek teen die vuur in my kop -
en ek voel dié koue, ek voel dié vuur
vreet my stuk-stuk op.

Daar's te veel met die wêreld gefoeter;
daar's te veel met die mense gemors...
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors.

Net 'n koue hart, tot die moreuur,
drink ek teen die vuur in my kop -
en ek voel dié koue, ek voel dié vuur
vreet my stuk-stuk op.

En die helde, ná al die geploeter,
lê diep in die aarde se kors...
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors.

Met 'n koue hart, tot die môreuur,
drink ek teen die vuur in my kop -
en ek voel dié koue, ek voel dié vuur
vreet my stuk-stuk op.
Vorige onderwerp: "Groet sonder woorde" deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " As jy my kon volg " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:22:47 MGT 2024