Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vliegtuig tref die Empire State gebou
Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61349] Wo, 01 Mei 2002 15:00 na volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
28 Julie 1945.

'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
word gedood en elf persone in die gebou.

Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
die nuusgroep stuur.

Hantamkind.
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61354 is 'n antwoord op boodskap #61349] Wo, 01 Mei 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'Witperd' jy kamma vir my stuur, as jy gaan wag vir konsensus op
dié groep gaan jy lank wag. verwyder "_nospam" van my adres en
stuur
dankie byvoorbaat
ekke
~~~~~~~~~~~~
"Hantamkind"
> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
> adres)
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61355 is 'n antwoord op boodskap #61354] Wo, 01 Mei 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" schreef...
> 'Witperd' jy kamma vir my stuur, as jy gaan wag vir konsensus op
> dié groep gaan jy lank wag.

Daar kan mos geen konsensus wees nie; om aanhegsels na hierdie 'non-binairy'
nuusgroep te stuur is strydig met die omgangsvorme wat geld op Usenet
(nettiquette). Die beste manier is om die foto op die Net te plaas en die
verwysing hier te pos.

Groete,
Arthur
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61364 is 'n antwoord op boodskap #61349] Wo, 01 Mei 2002 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis mos nou ou nuus, en hoe hou dit verband met
soc.culture.south-africa.afrikaans?

"Hantamkind" skryf in boodskap news:LfTz8.1196$b5.3852@newsfeeds.bigpond.com...
> 28 Julie 1945.
>
> 'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
> verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
> word gedood en elf persone in die gebou.
>
> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
> adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
> die nuusgroep stuur.
>
> Hantamkind.
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61368 is 'n antwoord op boodskap #61349] Do, 02 Mei 2002 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Stuur die adres van die webplek waar jy dit gekry het - is dit moontlik?

In elk geval - ons het pas besluit dat jy toestemming gegun is - gaan
voort...

"Hantamkind" skryf in boodskap news:LfTz8.1196$b5.3852@newsfeeds.bigpond.com...
> 28 Julie 1945.
>
> 'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
> verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
> word gedood en elf persone in die gebou.
>
> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
> adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
> die nuusgroep stuur.
>
> Hantamkind.
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61388 is 'n antwoord op boodskap #61364] Do, 02 Mei 2002 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jan,

Ek kan nie onthou dat hierdie insident ooit aan die groot klok gehang is met
die gebeure van 11 September in New York nie. Toe ek op die artikel afkom
was dit vir my regtig "nuus", al is dit hoe oud. Hoeveel mense weet daarvan?
Die World Trade Centre was dus nie 'n eerste vir New York nie. Vir my was
dit nuuswaardig, en dis hoekom ek dit na die ng gepos het.

'n Onderwerp soos bv homoseksualiteit was lewendig bespreek op hierdie ng.
Watse verband sou dit hou met soc.culture.south-africa.afrikaans? Die
relevansie daarvan tot die aard van die nuusgroep is nooit bevraagteken nie,
of is dit 'n verkynsel wat slegs onder Afikaans sprekendes voorkom? Hoe hou
godsdiens verband met Afrikaanse kultuur, of is dit net Afikaans sprekendes
wat godsdiens beoefen?

Is die gemenedeler hier nie maar die feit dat ons in Afrikaans kommunikeer
nie?

Vir die wat belangstel gaan kyk maar hier
http://www.planecrashinfo.com/w450728.htm

Hantamkind.

"Jan"
> Dis mos nou ou nuus, en hoe hou dit verband met
soc.culture.south-africa.afrikaans?
>>
> "Hantamkind" wrote in message
> news:LfTz8.1196$b5.3852@newsfeeds.bigpond.com...
>> 28 Julie 1945.
>>
>> 'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
>> verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
>> word gedood en elf persone in die gebou.
>>
>> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
>> adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
>> die nuusgroep stuur.
>>
>> Hantamkind.
>>
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61389 is 'n antwoord op boodskap #61388] Do, 02 Mei 2002 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Hantam - ek het daardie nuusbrokkie baie interessant gevind - en
wonder hoekom dit nooit eers genoem is met die 11/9 debakel nie.

Alles onder die son wat ons hier van praat het iets te doen met kultuur - al
is dit ook net die Afrikaans wat ons gebruik.

Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:3B8A8.1694$b5.6429@newsfeeds.bigpond.com...
> Jan,
>
> Ek kan nie onthou dat hierdie insident ooit aan die groot klok gehang is met
> die gebeure van 11 September in New York nie. Toe ek op die artikel afkom
> was dit vir my regtig "nuus", al is dit hoe oud. Hoeveel mense weet daarvan?
> Die World Trade Centre was dus nie 'n eerste vir New York nie. Vir my was
> dit nuuswaardig, en dis hoekom ek dit na die ng gepos het.
>
> 'n Onderwerp soos bv homoseksualiteit was lewendig bespreek op hierdie ng.
> Watse verband sou dit hou met soc.culture.south-africa.afrikaans? Die
> relevansie daarvan tot die aard van die nuusgroep is nooit bevraagteken nie,
> of is dit 'n verkynsel wat slegs onder Afikaans sprekendes voorkom? Hoe hou
> godsdiens verband met Afrikaanse kultuur, of is dit net Afikaans sprekendes
> wat godsdiens beoefen?
>
> Is die gemenedeler hier nie maar die feit dat ons in Afrikaans kommunikeer
> nie?
>
> Vir die wat belangstel gaan kyk maar hier
> http://www.planecrashinfo.com/w450728.htm
>
> Hantamkind.
>
> "Jan"
>> Dis mos nou ou nuus, en hoe hou dit verband met
> soc.culture.south-africa.afrikaans?
>>>
>> "Hantamkind" wrote in message
>> news:LfTz8.1196$b5.3852@newsfeeds.bigpond.com...
>>> 28 Julie 1945.
>>>
>>> 'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
>>> verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
>>> word gedood en elf persone in die gebou.
>>>
>>> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
>>> adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
>>> die nuusgroep stuur.
>>>
>>> Hantamkind.
>>>
>>
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61429 is 'n antwoord op boodskap #61388] Do, 02 Mei 2002 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam oor die gemene deler. Wat godsdiens en homoseksualiteit
aanbetref kan ek sien dat dit in die breëre sin onder kultuur resorteer.
Wat ons eintlik nodig het is verskeie nuusgroepe volgens onderwerp (soos wat
die nederlandse nuusgroepe (nl.* ) byvoorbeeld ingedeel is). Die probleem
is egter dat die Afrikaanse on-line gemeenskap so klein is dat dit
waarskynlik nie lewensvatbaar sou wees nie.

Is jy in Australië?

"Hantamkind" skryf in boodskap news:3B8A8.1694$b5.6429@newsfeeds.bigpond.com...
> Jan,
>
> Ek kan nie onthou dat hierdie insident ooit aan die groot klok gehang is met
> die gebeure van 11 September in New York nie. Toe ek op die artikel afkom
> was dit vir my regtig "nuus", al is dit hoe oud. Hoeveel mense weet daarvan?
> Die World Trade Centre was dus nie 'n eerste vir New York nie. Vir my was
> dit nuuswaardig, en dis hoekom ek dit na die ng gepos het.
>
> 'n Onderwerp soos bv homoseksualiteit was lewendig bespreek op hierdie ng.
> Watse verband sou dit hou met soc.culture.south-africa.afrikaans? Die
> relevansie daarvan tot die aard van die nuusgroep is nooit bevraagteken nie,
> of is dit 'n verkynsel wat slegs onder Afikaans sprekendes voorkom? Hoe hou
> godsdiens verband met Afrikaanse kultuur, of is dit net Afikaans sprekendes
> wat godsdiens beoefen?
>
> Is die gemenedeler hier nie maar die feit dat ons in Afrikaans kommunikeer
> nie?
>
> Vir die wat belangstel gaan kyk maar hier
> http://www.planecrashinfo.com/w450728.htm
>
> Hantamkind.
>
> "Jan"
>> Dis mos nou ou nuus, en hoe hou dit verband met
> soc.culture.south-africa.afrikaans?
>>>
>> "Hantamkind" wrote in message
>> news:LfTz8.1196$b5.3852@newsfeeds.bigpond.com...
>>> 28 Julie 1945.
>>>
>>> 'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
>>> verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
>>> word gedood en elf persone in die gebou.
>>>
>>> Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
>>> adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
>>> die nuusgroep stuur.
>>>
>>> Hantamkind.
>>>
>>
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61431 is 'n antwoord op boodskap #61389] Do, 02 Mei 2002 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis omdat jy net die Keur lees :)

"Annette" skryf in boodskap news:aar6cg$cpaa7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie Hantam - ek het daardie nuusbrokkie baie interessant gevind - en
> wonder hoekom dit nooit eers genoem is met die 11/9 debakel nie.
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61434 is 'n antwoord op boodskap #61388] Do, 02 Mei 2002 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hantamkind skryf in boodskap news:3B8A8.1694$b5.6429@newsfeeds.bigpond.com...

Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang? Die laaste 20m of so is
heeltemal buite teen die laaste aller dunste stukkie paal. Dis nou
skrikwekkend.
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61435 is 'n antwoord op boodskap #61434] Do, 02 Mei 2002 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 May 2002 21:31:22 +0200, "Kobus Pietersen"

> Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
> Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang?

Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
Engelse hulle rooiligte sò hoog adverteer?

Dave
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61437 is 'n antwoord op boodskap #61435] Do, 02 Mei 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 May 2002 21:35:25 +0200, DD wrote:

> On Thu, 2 May 2002 21:31:22 +0200, "Kobus Pietersen"
>
>> Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
>> Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang?
>
> Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
> Engelse hulle rooiligte sò hoog adverteer?
>
> Dave

Dit is wat gebeur wanneer ek op twee nuusgroepe
gelyk gesels. Engelse beteken natuurlik Yankee Engelse:-)))

Dave
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61438 is 'n antwoord op boodskap #61431] Do, 02 Mei 2002 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee o nee!!! Nie Nog een wat dink ek lees net een tydskrif nie!!:)))
Annette

Jan skryf in boodskap news:w3gA8.7139$MR1.126035@news.webusenet.com...
> Dis omdat jy net die Keur lees :)
>
> "Annette" wrote in message
> news:aar6cg$cpaa7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie Hantam - ek het daardie nuusbrokkie baie interessant gevind - en
>> wonder hoekom dit nooit eers genoem is met die 11/9 debakel nie.
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61439 is 'n antwoord op boodskap #61437] Do, 02 Mei 2002 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie dames het hoë ambisies:)))
Annette

DD skryf in boodskap news:ho53dukh9v87ggc7gb22lipklhb5h57dr9@4ax.com...
> On Thu, 02 May 2002 21:35:25 +0200, DD wrote:
>
>> On Thu, 2 May 2002 21:31:22 +0200, "Kobus Pietersen"
>>
>>> Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
>>> Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang?
>>
>> Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
>> Engelse hulle rooiligte sê hoog adverteer?
>>
>> Dave
>
> Dit is wat gebeur wanneer ek op twee nuusgroepe
> gelyk gesels. Engelse beteken natuurlik Yankee Engelse:-)))
>
> Dave
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61441 is 'n antwoord op boodskap #61439] Do, 02 Mei 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 May 2002 23:05:48 +0200, "Annette" wrote:

> Daardie dames het hoë ambisies:)))
> Annette
>

en so het die oom wat elke ses maande daar uitklim:-)))

DD
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61442 is 'n antwoord op boodskap #61439] Do, 02 Mei 2002 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Klink my hulle is in die wolke.

"Annette" skryf in boodskap news:aas9vg$dbbv4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Daardie dames het hoë ambisies:)))
> Annette
>
> DD wrote in message
> news:ho53dukh9v87ggc7gb22lipklhb5h57dr9@4ax.com...
>> On Thu, 02 May 2002 21:35:25 +0200, DD wrote:
>>
>>> On Thu, 2 May 2002 21:31:22 +0200, "Kobus Pietersen"
>>>
>>>> Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
>>>> Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang?
>>>
>>> Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
>>> Engelse hulle rooiligte sê hoog adverteer?
>>>
>>> Dave
>>
>> Dit is wat gebeur wanneer ek op twee nuusgroepe
>> gelyk gesels. Engelse beteken natuurlik Yankee Engelse:-)))
>>
>> Dave
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61445 is 'n antwoord op boodskap #61434] Do, 02 Mei 2002 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

die rooi bulpie heelbo te vervang

Nou het ek alles gehoor.
Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee en hanskakie-kommissie.
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61447 is 'n antwoord op boodskap #61442] Vr, 03 Mei 2002 02:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien is die oom nie so verskriklik oud nie;)
Annette

johanls skryf in boodskap news:3cd22bdc$1_3@batman.vip-za.com...
> Johan:
> Klink my hulle is in die wolke.
>
> "Annette" wrote in message
> news:aas9vg$dbbv4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Daardie dames het hoë ambisies:)))
>> Annette
>>
>> DD wrote in message
>> news:ho53dukh9v87ggc7gb22lipklhb5h57dr9@4ax.com...
>>> On Thu, 02 May 2002 21:35:25 +0200, DD wrote:
>>>
>>>> On Thu, 2 May 2002 21:31:22 +0200, "Kobus Pietersen"
>>>>
>>>> >Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
>>>> >Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang?
>>>>
>>>> Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
>>>> Engelse hulle rooiligte sê hoog adverteer?
>>>>
>>>> Dave
>>>
>>> Dit is wat gebeur wanneer ek op twee nuusgroepe
>>> gelyk gesels. Engelse beteken natuurlik Yankee Engelse:-)))
>>>
>>> Dave
>>
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61485 is 'n antwoord op boodskap #61429] Vr, 03 Mei 2002 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Yip mate. All the way down under.

"Jan" >
> Is jy in Australië?
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61486 is 'n antwoord op boodskap #61434] Vr, 03 Mei 2002 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek verkies die raam van metaal en glas om my - soos in vliegtuig. Ek kan so
hoog vlieg soos 'n vliegtuig my sou toelaat en ek gee nie 'n duit om oor
turbulansie en al daai lekker dinge nie. Maar ek sal NIE teen daai
toringtjie opklim nie. Vir geen geld in wêreld nie want ek sal nie verder as
die eerste trappie kom nie.

Ek het op my dag "berg geklim" maar het gou uitgevind dat as daai berg hoër
as dertig meter is, dan is ons nie meer vriende nie.

Hantamkind

"Kobus Pietersen" >
> Hantamkind, weet jy daar is 'n oom wat so elke 6 maande opklim in die
> Empire-gebou om die rooi bulpie heelbo te vervang? Die laaste 20m of so is
> heeltemal buite teen die laaste aller dunste stukkie paal. Dis nou
> skrikwekkend.
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61493 is 'n antwoord op boodskap #61485] Vr, 03 Mei 2002 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vertel bietjie hoe vind julle dit?

"Hantamkind" skryf in boodskap news:QawA8.2562$b5.8577@newsfeeds.bigpond.com...
> Yip mate. All the way down under.
>
>
> "Jan" >
>> Is jy in Australië?
>>
>
Australië [boodskap #61527 is 'n antwoord op boodskap #61493] Sa, 04 Mei 2002 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jan vra hoe ondervind ons Australië:

Australië is nie Eutopia nie. Vêr daarvandaan. Maar dis rustig en ons leef
nie meer in vrees nie. Die 18 inbrake wat ons in agt jaar in JHB gehad het
en die rewolwer-teen-die-kop toe ons in 'n motorskaking was is nou net 'n
slegte herhindering.

Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
mense nie. Dwelms is 'n groot probleem.  Maar verder kan mens weer
juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.

Petrol is bekostigbaar (wissel daagliks - enige iets tussen 80 en 98 sent
per liter). Klere is goedkoop en jy kan 'n "standaard" motortjie koop vir so
$16,000 uit die boks.

Die Aussies is s-t-a-d-i-g. More is nog 'n dag en dit is moerse frustrerend.
Niemand ry vinning nie - niemand kan dit bekostig nie want jy het net 12
punte op jou lisensie en as dit zero bereik moet jy voetslaan van daar af.

Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.

Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.

Hantamkind
Re: Australië [boodskap #61529 is 'n antwoord op boodskap #61527] Sa, 04 Mei 2002 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind"  skryf in boodskap news:tKIA8.2829$b5.9693@newsfeeds.bigpond.com...

>  Australië is nie Eutopia nie. Vêr daarvandaan.

Het jy dan Eutopia verwag?  Nie baie realisties nie - daar is nie so 'n plek
in die wêreld nie...  Maar Australië is 'n baie goeie aardse Eutopia.  As jy
nie so dink nie, woon jy in die verkeerde deel van die pragtige land.

>  Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
>  mense nie. Dwelms is 'n groot probleem.

Nou veralgemeen jy darem vreeslik!  Ek is 'n onderwyser en werk daagliks met
die kinders - en daar is net soveel ongedissiplineerdheid onder Aussie
kinders as onder die duisende oud-Suid-Afrikaner kinders wat hier rondloop,
en dié wat ek in SA skole agtergelaat het.  Die ongedissiplineerdheid het
meer te doen met die ouers wat maar die kinders laat aanfoeter soos hulle
wil, as met die feit dat hulle Aussies is.  En ek kan nie glo jy is so naïef
as om te dink dat die dwelmprobleem hier enigsins groter is as in SA nie, of
in Engeland, of in Amerika.

>  Die Aussies is s-t-a-d-i-g. More is nog 'n dag en dit is moerse frustrerend.
>  Niemand ry vinning nie - niemand kan dit bekostig nie want jy het net 12
>  punte op jou lisensie en as dit zero bereik moet jy voetslaan van daar af.

Ek vind geen verskil tussen die Aussies se houding en dié wat ek in
Oos-Londen ondervind het nie.  Net so rustig en kalm.  Vir wat moet mens
altyd haastig wees?  Jy sal baie korter leef en baie meer spanning
ondervind.  En ek nooi jou hartelik uit om hier in die Suid-Ooste te kom
kuier, en weer te sê niemand hier ry vinnig nie!  Veral na jy saam met my in
die V8 was...  Ek het drie verskillende lisensies van drie verskillende
lande, en het nog nooit een punt verloor nie - en soos jy sal uitvind, ry ek
sommer baie vinnig.

>  Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
>  almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.
>
>  Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.

AMEN.  Nou hoekom het die eerste deel van jou boodskap so klaerig geklink?
So amper asof Gloudina reg is, en dat mense wat ná 1994 SA verlaat het,
altyd fout vind met hul nuwe land?
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61530 is 'n antwoord op boodskap #61435] Sa, 04 Mei 2002 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:7253du0sd1tkvatgeb43jgpg10g2s17d5r@4ax.com...

> Kobus, wil jy nou vir ons vertel dat die
> Engelse hulle rooiligte sê hoog adverteer?

Nee Dave, dis eintlik daar sodat vliegtuie kan sien waar die bopunt van die
gebou is, sodat hulle dit ook snags in die middel kan tref.
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61531 is 'n antwoord op boodskap #61445] Sa, 04 Mei 2002 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD1AFE2.9050006@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
> die rooi bulpie heelbo te vervang

> Nou het ek alles gehoor.

Spel mens bulpie eintlik anders?
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61532 is 'n antwoord op boodskap #61486] Sa, 04 Mei 2002 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hantamkind skryf in boodskap news:VgwA8.2567$b5.8826@newsfeeds.bigpond.com...
> Maar ek sal NIE teen daai toringtjie opklim nie.

Ek het hoogtevrees gekry net om te sien hoe hy dit doen.
Toe hulle af grond te wys, val ek amper vooroor deur die TV screen.
Re: Australië [boodskap #61533 is 'n antwoord op boodskap #61527] Sa, 04 Mei 2002 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waar in Australië is julle, Hantamkind?
En hoe lank al?
Ek ken eintlik net vir Melbourne en die ooreenkomste tussen
Kaapstad en Melbourne is opvallend.
Wouter

"Hantamkind"  skryf in boodskap news:tKIA8.2829$b5.9693@newsfeeds.bigpond.com...
Jan vra hoe ondervind ons Australië:

Australië is nie Eutopia nie. Vêr daarvandaan. Maar dis rustig en ons leef
nie meer in vrees nie. Die 18 inbrake wat ons in agt jaar in JHB gehad het
en die rewolwer-teen-die-kop toe ons in 'n motorskaking was is nou net 'n
slegte herhindering.

Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
mense nie. Dwelms is 'n groot probleem.  Maar verder kan mens weer
juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.

Petrol is bekostigbaar (wissel daagliks - enige iets tussen 80 en 98 sent
per liter). Klere is goedkoop en jy kan 'n "standaard" motortjie koop vir so
$16,000 uit die boks.

Die Aussies is s-t-a-d-i-g. More is nog 'n dag en dit is moerse frustrerend.
Niemand ry vinning nie - niemand kan dit bekostig nie want jy het net 12
punte op jou lisensie en as dit zero bereik moet jy voetslaan van daar af.

Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.

Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.

Hantamkind
Re: Australië [boodskap #61534 is 'n antwoord op boodskap #61529] Sa, 04 Mei 2002 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee"
> Het jy dan Eutopia verwag? Nie baie realisties nie - daar is nie so 'n plek
> in die wêreld nie... Maar Australië is 'n baie goeie aardse Eutopia.

HK: Nee Bob, het nooit so gese nie. Ek is te lank in die wêreld mate. Toe jy
die eerste sin gelees het, het jy besluit ek is negatief.

ME:
> Nou veralgemeen jy darem vreeslik! Ek is 'n onderwyser en werk daagliks met
> die kinders - en daar is net soveel ongedissiplineerdheid onder Aussie
> kinders as onder die duisende oud-Suid-Afrikaner kinders wat hier rondloop,
> en dié wat ek in SA skole agtergelaat het. Die ongedissiplineerdheid het
> meer te doen met die ouers wat maar die kinders laat aanfoeter soos hulle
> wil, as met die feit dat hulle Aussies is. En ek kan nie glo jy is so naïef
> as om te dink dat die dwelmprobleem hier enigsins groter is as in SA nie, of
> in Engeland, of in Amerika.

HK:
Weereens, ek het niks van daardie aard te kenne gegee nie. Wys my waar ek
gese het dat Aus DIE grootste dwelmprobleem van alle lande het. Dis net meer
sigbaar in Aus agv die dissipline probleem. 'n Kind sal 'n pil pop hier reg
voor jou in die trein en dit afsluk met wat ookal in daardie bottel is wat
hy vashou. (daai prentjie met die "ete en drinke" met die strepie deur
beteken vir hom niks) Met "Aussie kinders" bedoel ek die kinders in
Australie, nie noodwendig gebore Aussies nie. Immigrante se kinders swig een
na die onder onder die "peer pressure" en word langsamerhand ongehoorsaam en
probleem kinders. Dis 'n bekende feit dat die Aussies nie hulle kinders
tugtig of die roede inle nie.
>
ME:
En ek nooi jou hartelik uit om hier in die Suid-Ooste te kom
> kuier, en weer te sê niemand hier ry vinnig nie! Veral na jy saam met my in
> die V8 was... Ek het drie verskillende lisensies van drie verskillende
> lande, en het nog nooit een punt verloor nie - en soos jy sal uitvind, ry ek
> sommer baie vinnig.

Well good on ye mate. Ek het gladnie gese dis 'n slegte ding dat hulle
stadiger ry nie - net 'n feit genoem. Inteendeel, ek is 'n groot
voorstaander daarvan. Ek het 80 km/h gedoen in 'n sewentig sone en het drie
punte verloor en 'n boete van $100 gekry. Ek het vergeet om geld in die
parkeermeter te gooi. Een punt minus en $50 boete. Ons het ook die yahoo's
hier in Wes Aus wat met hul V8's rondjaag. Het jy al lekker gecruise teen
160 km/h (SA dae) en dan skielik moes spoed verminder na 60 km/h as jy deur
'n dorpie ry? Dis hoe ek gevoel het toe ek praat van s-t-a-d-i-g.
Besigheidsgewys. Een en elke ex-SA besigheidsman wat ek ken kla daaroor.
Daai spoed mis ek want jy kan dit meet in dollars en sente op jou
balanstaat.
>
>> Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.
>
> AMEN. Nou hoekom het die eerste deel van jou boodskap so klaerig geklink?
> So amper asof Gloudina reg is, en dat mense wat ná 1994 SA verlaat het,
> altyd fout vind met hul nuwe land?

Dis eintlik jy wat te vinning na jou pen gegryp het, Bob, en selektief
gelees het. Ek het galdnie gekla nie. Leer jy jou kinders nie om eers die
vraestel deur te lees voor hulle hom begin antwoord nie? Ek het 'n renons in
expats wat hier aanland en die plek so ophemel en te kenne gee dat Suid
Afrika DIE slegste plek is om te bly en dat Aus foutloos is. Sit 'n
posetiewe hoed op, dan gaan lees jy weer my posstuk van gister. Jy gaan 'n
ander boodskap kry.

Ek stem saam - nie Eutopia nie maar dem naby daaraan. Klas verdaag.

Hantamkind
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61536 is 'n antwoord op boodskap #61532] Sa, 04 Mei 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek verbaas my altyd aan die mense met hoogtevrees wat knaend wil vooroor
val:))
Toe die WTC nog bestaan het, was ons op die uitkykvlak op die 111de vloer,
reg rondom met 'n balk, en voor die balk plek vir sit en mooi afkyk - die
vensters het met so 'n paar grade na buite geleun:))
Daar het baaaaaie meer mense agter daardie balkie gestaan en vasklou as die
wat voor gestaan en so skuinsweg vorentoe teen die ruit afgekyk het.;)
Die geel taxi's daar onder het soos dinky toys gelyk.

Annette

"Kobus Pietersen" skryf in boodskap news:ab0bj9$gks$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Hantamkind wrote in message
> news:VgwA8.2567$b5.8826@newsfeeds.bigpond.com...
>> Maar ek sal NIE teen daai toringtjie opklim nie.
>
> Ek het hoogtevrees gekry net om te sien hoe hy dit doen.
> Toe hulle af grond te wys, val ek amper vooroor deur die TV screen.
>
Re: Australië [boodskap #61538 is 'n antwoord op boodskap #61534] Sa, 04 Mei 2002 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was nog self nie in Australië nie, maar ek ken darem 'n paar van hulle -
meestal gebore Aussies.
Hulle is ook maar mense met pense net soos ons;))
Ek is bly Australië is in die Suidelike Halfrond geleë, anders was daar geen
Olimpiese spele, of 'n gereelde stroom van Tenniskampioene,
Bierdrinkampioene, Swemkampioene, Fietsrykampioene, Krieketkampioene en
Rugbykampioene van hierdie kant van die wêreld af nie.

Annette

"Hantamkind" skryf in boodskap news:vdPA8.3008$b5.9256@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "me & bobby magee"
>> Het jy dan Eutopia verwag? Nie baie realisties nie - daar is nie so 'n plek
>> in die wêreld nie... Maar Australië is 'n baie goeie aardse Eutopia.
>
> HK: Nee Bob, het nooit so gese nie. Ek is te lank in die wêreld mate. Toe jy
> die eerste sin gelees het, het jy besluit ek is negatief.
>
> ME:
>> Nou veralgemeen jy darem vreeslik! Ek is 'n onderwyser en werk daagliks met
>> die kinders - en daar is net soveel ongedissiplineerdheid onder Aussie
>> kinders as onder die duisende oud-Suid-Afrikaner kinders wat hier rondloop,
>> en dié wat ek in SA skole agtergelaat het. Die ongedissiplineerdheid het
>> meer te doen met die ouers wat maar die kinders laat aanfoeter soos hulle
>> wil, as met die feit dat hulle Aussies is. En ek kan nie glo jy is so naïef
>> as om te dink dat die dwelmprobleem hier enigsins groter is as in SA nie, of
>> in Engeland, of in Amerika.
>
> HK:
> Weereens, ek het niks van daardie aard te kenne gegee nie. Wys my waar ek
> gese het dat Aus DIE grootste dwelmprobleem van alle lande het. Dis net meer
> sigbaar in Aus agv die dissipline probleem. 'n Kind sal 'n pil pop hier reg
> voor jou in die trein en dit afsluk met wat ookal in daardie bottel is wat
> hy vashou. (daai prentjie met die "ete en drinke" met die strepie deur
> beteken vir hom niks) Met "Aussie kinders" bedoel ek die kinders in
> Australie, nie noodwendig gebore Aussies nie. Immigrante se kinders swig een
> na die onder onder die "peer pressure" en word langsamerhand ongehoorsaam en
> probleem kinders. Dis 'n bekende feit dat die Aussies nie hulle kinders
> tugtig of die roede inle nie.
>>
> ME:
> En ek nooi jou hartelik uit om hier in die Suid-Ooste te kom
>> kuier, en weer te sê niemand hier ry vinnig nie! Veral na jy saam met my in
>> die V8 was... Ek het drie verskillende lisensies van drie verskillende
>> lande, en het nog nooit een punt verloor nie - en soos jy sal uitvind, ry ek
>> sommer baie vinnig.
>
> Well good on ye mate. Ek het gladnie gese dis 'n slegte ding dat hulle
> stadiger ry nie - net 'n feit genoem. Inteendeel, ek is 'n groot
> voorstaander daarvan. Ek het 80 km/h gedoen in 'n sewentig sone en het drie
> punte verloor en 'n boete van $100 gekry. Ek het vergeet om geld in die
> parkeermeter te gooi. Een punt minus en $50 boete. Ons het ook die yahoo's
> hier in Wes Aus wat met hul V8's rondjaag. Het jy al lekker gecruise teen
> 160 km/h (SA dae) en dan skielik moes spoed verminder na 60 km/h as jy deur
> 'n dorpie ry? Dis hoe ek gevoel het toe ek praat van s-t-a-d-i-g.
> Besigheidsgewys. Een en elke ex-SA besigheidsman wat ek ken kla daaroor.
> Daai spoed mis ek want jy kan dit meet in dollars en sente op jou
> balanstaat.
>>
>>> Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.
>>
>> AMEN. Nou hoekom het die eerste deel van jou boodskap so klaerig geklink?
>> So amper asof Gloudina reg is, en dat mense wat ná 1994 SA verlaat het,
>> altyd fout vind met hul nuwe land?
>
> Dis eintlik jy wat te vinning na jou pen gegryp het, Bob, en selektief
> gelees het. Ek het galdnie gekla nie. Leer jy jou kinders nie om eers die
> vraestel deur te lees voor hulle hom begin antwoord nie? Ek het 'n renons in
> expats wat hier aanland en die plek so ophemel en te kenne gee dat Suid
> Afrika DIE slegste plek is om te bly en dat Aus foutloos is. Sit 'n
> posetiewe hoed op, dan gaan lees jy weer my posstuk van gister. Jy gaan 'n
> ander boodskap kry.
>
> Ek stem saam - nie Eutopia nie maar dem naby daaraan. Klas verdaag.
>
> Hantamkind
>
Re: Australië [boodskap #61539 is 'n antwoord op boodskap #61533] Sa, 04 Mei 2002 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, ons bly in Perth, Wes Australië. Ons het in 1998 hierheen gekom.
Behalwe vir Wes Australië, het ons nognie juis kans, tyd of geld gehad om
die res van die vasteland te verken nie. Dis 'n m-o-e-r-s-e groot land, en
dit kos amper net soveel om van Perth na Sydney te vlieg as 'n retoer
kaartjie na SA. En ek sien doodeenvoudig nie kans om van Perth na Sydney toe
te ry in 'n kar nie.

Ons het in 1996 oorgekom op 'n LSD toer (Look, See, and Decide) gereel deur
'n immigrasie agentskap hier in Perth. Ons was Adelaide toe en ook Sydney
toe, maar het toe besluit op Perth. Die lewenskoste "over east" is baie
hoog. Ek weet gladnie hoe lyk Melbourne nie, maar sal dit bitter graag wil
sien en dis defenitief op die agenda. Die Swan Vallei in WA is prokies mooi
met die wingerde in die somer, en so ook Margaret River wat suid gelee is
van Perth. Albany herhinder my nogal aan Kaapstad.

Hantamkind

"Wouter Plaasvark" > Waar in Australië is julle, Hantamkind?
> En hoe lank al?
> Ek ken eintlik net vir Melbourne en die ooreenkomste tussen
> Kaapstad en Melbourne is opvallend.
> Wouter
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61541 is 'n antwoord op boodskap #61536] Sa, 04 Mei 2002 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette, this aint no joke! Jou maag voel asof dit gewigloos raak en dan
gaan daar iets deur jou liggaam wat voel soos 'n elektriese stroom. Jy gryp
na die naaste vaste voorwerp en jou oë sluit motories. En as jou oë weer
oopgaan dan is daai moewiese magneet daar wat jou aftrek ondertoe.
Skrikwekkend.

Wat vir my verbasend is, is dat ek uit 'n vliegtuig se venster ondertoe kan
kyk met absoluut geen sensasie van hoogtevrees nie.

HK.

"Annette"
> Ek verbaas my altyd aan die mense met hoogtevrees wat knaend wil vooroor
> val:))
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61542 is 'n antwoord op boodskap #61541] Sa, 04 Mei 2002 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sou dit wees omdat jy in 'n vliegtuig sit en met jou sykant na die afte
gedraai sit?
Annette

"Hantamkind" skryf in boodskap news:S8QA8.3037$b5.11045@newsfeeds.bigpond.com...
> Annette, this aint no joke! Jou maag voel asof dit gewigloos raak en dan
> gaan daar iets deur jou liggaam wat voel soos 'n elektriese stroom. Jy gryp
> na die naaste vaste voorwerp en jou oë sluit motories. En as jou oë weer
> oopgaan dan is daai moewiese magneet daar wat jou aftrek ondertoe.
> Skrikwekkend.
>
> Wat vir my verbasend is, is dat ek uit 'n vliegtuig se venster ondertoe kan
> kyk met absoluut geen sensasie van hoogtevrees nie.
>
> HK.
>
> "Annette"
>> Ek verbaas my altyd aan die mense met hoogtevrees wat knaend wil vooroor
>> val:))
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61543 is 'n antwoord op boodskap #61542] Sa, 04 Mei 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wie weet? Dalk is dit omdat jy "in motion" is. Die voortwaartse momentum
kompenseer vir die afwaartse neiging. Dunno!

"Annette" skryf in boodskap news:ab0ntm$e7mv0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sou dit wees omdat jy in 'n vliegtuig sit en met jou sykant na die afte
> gedraai sit?
> Annette
>
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61544 is 'n antwoord op boodskap #61543] Sa, 04 Mei 2002 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee ernstig - volgende keer as jy by 'n afgrond staan - draai sywaarts -
daardie aftrekgevoel gaan weg.
Annette

"Hantamkind" skryf in boodskap news:nORA8.3089$b5.11205@newsfeeds.bigpond.com...
> Wie weet? Dalk is dit omdat jy "in motion" is. Die voortwaartse momentum
> kompenseer vir die afwaartse neiging. Dunno!
>
> "Annette" wrote in message
> news:ab0ntm$e7mv0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sou dit wees omdat jy in 'n vliegtuig sit en met jou sykant na die afte
>> gedraai sit?
>> Annette
>>
>
Re: Australië [boodskap #61546 is 'n antwoord op boodskap #61527] Sa, 04 Mei 2002 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
> almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.

Ha,ha,ha. Vertel dit vir die nie-wit mense wat
'n paar dekades gelede nog uit Australië uitgehou
is deur hulle immigrante-reëls wat omtrent daarop
gemik was om Australië "wit" te hou. Gelukkig moes
hulle verander, omdat hulle onder andere ook van
"apartheid" beskuldig is.
Vertel dit aan die inheemse stamme van Australië
wat nog aanhoudend moet aanskou hoe die mag en krag-
strukture in die hande in die setlaars uit Europa
se nageslagte is.
Vertel dit aan die bootmense wat in Australië 'n
heenkome probeer vind en in baie slegte kampe hokgeslaan
word terwyl hulle wag vir prosessering.

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61550 is 'n antwoord op boodskap #61534] So, 05 Mei 2002 03:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:vdPA8.3008$b5.9256@newsfeeds.bigpond.com...

> Toe jy
> die eerste sin gelees het, het jy besluit ek >is negatief.

Nou hoe op aarde weet jy wanneer ek besluit het jy is negatief? Ek het jou
boodskap volledig gelees en die eerste deel van jou boodskap is definitief
negatief. Miskien moet jy self weer gaan lees wat jy geskryf het. En ook
teruggaan na van jou vorige boodskappe oor Australië (waar jy weer gekla het
oor die té vinnige karre hier, en oor die groot dwelmprobleem, en ook gesê
het jy sal sommer dadelik teruggaan na SA as hulle al die probleme kan
oplos), en weer gaan dink of jy nie dalk 'n negatiewe beeld uitdra nie.

> Dis net meer
> sigbaar in Aus agv die dissipline >probleem. 'n Kind sal 'n pil pop hier reg
> voor jou in die trein en dit afsluk met wat >ookal in daardie bottel is wat
> hy vashou.

Self het ek nog nooit so iets gesien nie, en ek hou skool by een van die
rofste hoërskole hier in een van die mees problematiese voorstede, waar
dwelmgebruik wel 'n groot probleem is, en waar mense vasgevang is in derde
gelsag armoede en geweld. Miskien is dit dan wel in Perth 'n meer sigbare
probleem as elders.

> Immigrante se kinders swig een
> na die onder onder die "peer pressure" en >word langsamerhand ongehoorsaam en
> probleem kinders. Dis 'n bekende feit dat >die Aussies nie hulle kinders
> tugtig of die roede inle nie.

Nou praat jy sommer nog groter onsin - "peer pressure" is 'n algemeen
bekende verskynsel die wêreld oor, en daar is net soveel Aussie kinders wat
aan "peer pressure" onderworpe is, as sg. immigrante kinders. As jy dus in
SA gebly het, sou jou kinders nie aan "peer pressure" onderworpe gewees het
nie? Alle tieners is ongehoorsaam en in een of ander stadium
probleemkinders. Gaan vergelyk maar enige Graad 9 student met een in Graad
11. Hulle ontgroei dit wel. Behalwe natuurlik as hulle volmaak is en glad
nie aan die res van die wêreld se swakhede blootgestel word nie... En by
wie is dit 'n bekende feit dat Aussie ouers nie hul kinders tugtig nie?
Onder oud-Suid-Afrikaners wat in hulle "local" die beperkinge van hul nuwe
tuisland sit en bespreek?

> Een en elke ex-SA besigheidsman wat ek >ken kla daaroor.

Ja-nee, ek kan my net die geklaery voorstel... Ek kan nou amper sê, "I rest
my case."

> Dis eintlik jy wat te vinning na jou pen gegryp het, Bob, en selektief
> gelees het.

Soos ek reeds gesê het, ek lees gewoonlik die boodskappe deeglik deur, en as
ek twyfel, sommer weer 'n keer. Soos met joune. En nou het jy net my
indruk verskerp met hierdie tipe emosionele reaksie. Wees realisties en
logies as jy wil argumenteer, sonder om mense aan te val en te beskuldig.

> Ek het 'n renons in
> expats wat hier aanland en die plek so ophemel en te kenne gee dat Suid
> Afrika DIE slegste plek is om te bly en dat Aus foutloos is. Sit 'n
> posetiewe hoed op, dan gaan lees jy weer my posstuk van gister. Jy gaan 'n
> ander boodskap kry.

En soos die meeste mense, het ek 'n hewige afkeer van mense wat allerhande
onsin probeer verkoop as die enigste waarheid. Ek het nie Australië
opgehemel nie, bloot 'n bietjie realisme probeer inbring (blykbaar op jou
vermors), en ek het beslis nog nooit SA afgekraak nie (jy is miskien nog nie
lank genoeg hier om dit te weet nie). Waar het ek al ooit gesê dat SA die
slegste plek is om te bly? Inteendeel. Gaan kyk in die argiewe, en as jy
so iets kan vind, sal ek weer begin aandag gee aan enigiets wat jy sê.

Die argument gaan juis oor die negatiwiteit wat die grrotste deel van jou
oorspronklike boodskap uitstraal, en my houding wat blykbaar volgens jou, te
positief is. Enige iemand wat verwag dat enige plek foutloos is, sal altyd
teleurgesteld wees, en sommer lekker kla oor alles en nog wat. Klink
bekend?

As jy beter ingelig was, sou jy geweet het dat realisme een van my sterk
punte is, en dat ek altyd sal reageer as iemand óf te negatief, óf te
positief is. Want dit is onrealisties. En so terloops, rassisme is baie
lewendig Hier Onder - ek werk elke dag daarmee.
Re: Australië [boodskap #61551 is 'n antwoord op boodskap #61546] So, 05 Mei 2002 03:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ag tog. Sug....

Kom ons probeer weer. My ondervinding is dat die Aussie in die straat hom
nie ophou met rassisme nie. Nou, huidiglik, vandag. Ons lewe vandag, ons
lewe nie in die verlede nie. Ek gee nie 'n flenter om wat 50 jaar gelede
gebeur het nie. Hoekom sal ek, ek kan tog nie 'n jota of 'n titel daaraan
verander nie.

Verder stem ek volmondig met die Aussies saam. Dit het my 'n moewiese lang
tyd gevat om hier in te kom. En baie geld. Ek moes 'n mediese ondersoek
"slaag". Ek moes in die tou staan en my beurt afwag. Daar is duisende wat
dit nie maak nie en die deur gewys word. Onder andere Britte. Witmense. Nou
klim 'n klomp barbare op 'n boot en "demand" 'n plek in Aus. Hulle moere
man. Dit het niks met rassisme uit te waai nie. Hulle is onwettige
immigrante. Of jy nou pienk of pers of geel is - en of jy nou van Kanada of
van Engeland af kom - jy moet 'n visum he voor jy oor die drumpel mag tree.
Dit is 'n norm. Elke land het dit.

Wat verhoed die Abbos om deel te word van die magstruktuur? Ek sal jou se
wat. Dis te lekker om agteroor te sit met bak hande met so
ag-shame-arme-ons, hulle-het-ons-land-gevat houding. Te lekker om te sit en
bier suip van vroeg oggend tot laat aand en op die regering se gevoel te
speel om net meer en meer en meer in te palm. Die grondgebied wat deur die
Abbos geadministreer word is groter as 'n hele paar lande saam. Wys my EEN
ontwikkeling op daai grond.

Ik hebt gesegt. En nou maak ek my voet los uit die Gloudina rassisme
slagyster.

skryf in boodskap news:3CD422F2.6080905@rogers.com...
>
> Hantamkind wrote:
>
>
>> Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
>> almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.
>
> Ha,ha,ha. Vertel dit vir die nie-wit mense wat
> 'n paar dekades gelede nog uit Australië uitgehou
> is deur hulle immigrante-reëls wat omtrent daarop
> gemik was om Australië "wit" te hou. Gelukkig moes
> hulle verander, omdat hulle onder andere ook van
> "apartheid" beskuldig is.
> Vertel dit aan die inheemse stamme van Australië
> wat nog aanhoudend moet aanskou hoe die mag en krag-
> strukture in die hande in die setlaars uit Europa
> se nageslagte is.
> Vertel dit aan die bootmense wat in Australië 'n
> heenkome probeer vind en in baie slegte kampe hokgeslaan
> word terwyl hulle wag vir prosessering.
>
> Gloudina
>
Re: Australië [boodskap #61552 is 'n antwoord op boodskap #61550] So, 05 Mei 2002 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bob, nee OK. Die ding neem nou 'n heel skewe wending. Ek val jou nie aan nie
en ek vra omverskoning as ek daardie indruk geskep het. Weereens - hierdie
medium is nie perfek nie en as ons hieroor sou gesels oor 'n bier dan sou jy
my sieninge beter verstaan het. Mens kan jouself seker beter uitdruk as mens
'n enkele onderwerp vat en daaroor skryf, dan terugaan en dit krities lees
en analiseer met 'n posetiewe hoed op, dan weer met 'n nagatiewe hoed op dan
met 'n neutrale hoed op - en dan aanpassings maak. Baie tydrowend en ek glo
nie een van ons het lus daarvoor nie.

Ek som op om te se dat ek baie, baie lekker bly in Australië, en dat ek nie
sal terugaan SA toe nie terwyl die status quo dieselfde is nie. SA is my
geboorteland en ek het dit hartstogtelik lief, en as omstandighede verander
sal ek dit wel oorweeg. Ek het baie familie en baie vriende daar (wat ook
bitter graag Aus toe wil emigreer maar nie kwalifiseer nie). Ek sit 'n smile
hier in om te wys ek het nie oorgeslaan fight mode toe nie :-)

Ongelukkig het Aus ook sy probleme, en ek is nie blind daarvoor nie. Maar ek
kan daarmee saamleef. (terloops ek het veralgemeen toe ek gepraat het van
mense wat die plek so verskriklik ophemel - nie spesifiek jy nie) Of ons nou
vinning ry en of ons nou stadig ry. Of ons nou rassisme ondervind of nie.
Die dwelmprobleem is miskien hier net meer sigbaar omdat die Aussies die
waagmoed het om die probleem te erken, en probeer om iets daaraan te doen.
(Dit het wel met my gebeur dat ek 'n 14 jarige meisietjie dopgehou het toe
sy 'n pil gepop het op die trein, en vir my gevra het "what the fuck are you
staring at, c.nt?")

Aus is goed vir ons en ons is lief vir die Aussies. As ek nou 15 minute
staan en wag by 'n kroegtoonbank om 'n bier bedien te word terwyl die
kroegmeisietjie 'n storm los gesels met 'n klieent 5 tree verder dan is dit
ook maar olraait. Maar ek kan darem so bietjie bitch daaroor nie waar nie
:-)

Ek begrawe die strydbyl en ek se viva Australia!

Hankamkind.

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:ep1B8.3373$b5.12008@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Hantamkind" wrote in message
> news:vdPA8.3008$b5.9256@newsfeeds.bigpond.com...
>
>> Toe jy
>> die eerste sin gelees het, het jy besluit ek >is negatief.
>
> Nou hoe op aarde weet jy wanneer ek besluit het jy is negatief? Ek het jou
> boodskap volledig gelees en die eerste deel van jou boodskap is definitief
> negatief. Miskien moet jy self weer gaan lees wat jy geskryf het. En ook
> teruggaan na van jou vorige boodskappe oor Australië (waar jy weer gekla het
> oor die té vinnige karre hier, en oor die groot dwelmprobleem, en ook gesê
> het jy sal sommer dadelik teruggaan na SA as hulle al die probleme kan
> oplos), en weer gaan dink of jy nie dalk 'n negatiewe beeld uitdra nie.
>
>> Dis net meer
>> sigbaar in Aus agv die dissipline >probleem. 'n Kind sal 'n pil pop hier reg
>> voor jou in die trein en dit afsluk met wat >ookal in daardie bottel is wat
>> hy vashou.
>
> Self het ek nog nooit so iets gesien nie, en ek hou skool by een van die
> rofste hoërskole hier in een van die mees problematiese voorstede, waar
> dwelmgebruik wel 'n groot probleem is, en waar mense vasgevang is in derde
> gelsag armoede en geweld. Miskien is dit dan wel in Perth 'n meer sigbare
> probleem as elders.
>
>> Immigrante se kinders swig een
>> na die onder onder die "peer pressure" en >word langsamerhand ongehoorsaam en
>> probleem kinders. Dis 'n bekende feit dat >die Aussies nie hulle kinders
>> tugtig of die roede inle nie.
>
> Nou praat jy sommer nog groter onsin - "peer pressure" is 'n algemeen
> bekende verskynsel die wêreld oor, en daar is net soveel Aussie kinders wat
> aan "peer pressure" onderworpe is, as sg. immigrante kinders. As jy dus in
> SA gebly het, sou jou kinders nie aan "peer pressure" onderworpe gewees het
> nie? Alle tieners is ongehoorsaam en in een of ander stadium
> probleemkinders. Gaan vergelyk maar enige Graad 9 student met een in Graad
> 11. Hulle ontgroei dit wel. Behalwe natuurlik as hulle volmaak is en glad
> nie aan die res van die wêreld se swakhede blootgestel word nie... En by
> wie is dit 'n bekende feit dat Aussie ouers nie hul kinders tugtig nie?
> Onder oud-Suid-Afrikaners wat in hulle "local" die beperkinge van hul nuwe
> tuisland sit en bespreek?
>
>> Een en elke ex-SA besigheidsman wat ek >ken kla daaroor.
>
> Ja-nee, ek kan my net die geklaery voorstel... Ek kan nou amper sê, "I rest
> my case."
>
>> Dis eintlik jy wat te vinning na jou pen gegryp het, Bob, en selektief
>> gelees het.
>
> Soos ek reeds gesê het, ek lees gewoonlik die boodskappe deeglik deur, en as
> ek twyfel, sommer weer 'n keer. Soos met joune. En nou het jy net my
> indruk verskerp met hierdie tipe emosionele reaksie. Wees realisties en
> logies as jy wil argumenteer, sonder om mense aan te val en te beskuldig.
>
>> Ek het 'n renons in
>> expats wat hier aanland en die plek so ophemel en te kenne gee dat Suid
>> Afrika DIE slegste plek is om te bly en dat Aus foutloos is. Sit 'n
>> posetiewe hoed op, dan gaan lees jy weer my posstuk van gister. Jy gaan 'n
>> ander boodskap kry.
>
> En soos die meeste mense, het ek 'n hewige afkeer van mense wat allerhande
> onsin probeer verkoop as die enigste waarheid. Ek het nie Australië
> opgehemel nie, bloot 'n bietjie realisme probeer inbring (blykbaar op jou
> vermors), en ek het beslis nog nooit SA afgekraak nie (jy is miskien nog nie
> lank genoeg hier om dit te weet nie). Waar het ek al ooit gesê dat SA die
> slegste plek is om te bly? Inteendeel. Gaan kyk in die argiewe, en as jy
> so iets kan vind, sal ek weer begin aandag gee aan enigiets wat jy sê.
>
> Die argument gaan juis oor die negatiwiteit wat die grrotste deel van jou
> oorspronklike boodskap uitstraal, en my houding wat blykbaar volgens jou, te
> positief is. Enige iemand wat verwag dat enige plek foutloos is, sal altyd
> teleurgesteld wees, en sommer lekker kla oor alles en nog wat. Klink
> bekend?
>
> As jy beter ingelig was, sou jy geweet het dat realisme een van my sterk
> punte is, en dat ek altyd sal reageer as iemand óf te negatief, óf te
> positief is. Want dit is onrealisties. En so terloops, rassisme is baie
> lewendig Hier Onder - ek werk elke dag daarmee.
>
Re: Australië [boodskap #61554 is 'n antwoord op boodskap #61551] So, 05 Mei 2002 11:46 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Wat verhoed die Abbos om deel te word van die magstruktuur? Ek sal jou se
> wat. Dis te lekker om agteroor te sit met bak hande met so
> ag-shame-arme-ons, hulle-het-ons-land-gevat houding. Te lekker om te sit en
> bier suip van vroeg oggend tot laat aand en op die regering se gevoel te
> speel om net meer en meer en meer in te palm. Die grondgebied wat deur die
> Abbos geadministreer word is groter as 'n hele paar lande saam. Wys my EEN
> ontwikkeling op daai grond.

Ai tog. Ons het ook van julle soort hier. Beide
gebore "wit Kanadese" (hulle voorouers het
gewoonlik uit die agterbuurtes van Brittanje
gekom) en immigrante wat praat soos jy oor die
"Abbos" praat. Skaam jy jou nie om so oor hulle
te praat nie? Jy wat 'n gas in hulle land is?
Wie gee jou die reg om so oor ander se kultuur
te praat? En ek kan jou verseker dat omtrent
alles wat jy sê verkeerd is. Daar is net soveel
progressiewe en suksesvolle Australiese Eerste
Nasie individue as julle sogenaamde Australiërs.
Maar dis julle wit-gesig politiek wat gebou is
daarop om die oorspronklike bewoners van die
eiland waarop jy lewe swart te smeer en te
ondermyn. Julle dink dit gee julle 'n reg om
daar op die vet van die land te lewe. Julle
soort is orals. Dié soort het dit in SA probeer,
en kyk watter gemors het hulle daarvan gemaak.
Jy behoort jou te skaam om so neerhalend oor jou
medeburgers te praat.Ek hoop daar is ander
Australiërs, en ook ander immigrante uit SA, wat
anders oor hulle medeburgers praat as jy.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tolpaaie
Volgende onderwerp: Sakkie se Diemersfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:44:46 MGT 2024