Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuut onder die Son
Nuut onder die Son [boodskap #59805] |
Ma., 08 April 2002 07:28  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.
Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.
Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.
Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.
Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.
En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.
In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Paarlmonument [boodskap #59978 is 'n antwoord op boodskap #59943] |
Wo., 10 April 2002 10:56  |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En die Paalmonumant...
"Annette" skryf in boodskap news:a90n8d$601$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien - maar miskien is hulle nog nie so gemaklik met die storie dat hulle
> dit aan die wêreld wil verkondig nie, dan verbloem hulle dit met die
> verkeerde benaming.
> Annette
>
>
> Gids wrote in message
> news:GnQs8.76414$oI.6285638@zwoll1.home.nl...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook
opgewonde
>> kan
>>> raak:)
>>> Annette
>>>
>>>
>> Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...
>>
>> -Gids-
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 12:29:25 UTC 2025
|