Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Pieterse
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59636 is 'n antwoord op boodskap #59603] Sa, 06 April 2002 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 11:52:49 +0000 (UTC), "Quintin"
wrote:

> daar is nie 'n
> vinniger manier om my in 'n bedonnerde boerklong te laat omswaai nie.
>
> Dis ek van my seepkassie af
>
> Groenis
>
> Quintin
>

Die res van jou skrywe was nogal heel leesbaar Quintin.
Dankie daarvoor. Slegs dié stukkie waar jy as nuweling
probeer indruk maak neuk alles op boet. Vergeet dit dat
iemand nou gaan probeer om jou nié 'n bedonnerde
boerklong te maak nie. Ons voel vere daarvoor maat.
Jy gaan lekker inskakel en een van ons word en dit
gaan lekker wees om jou stem ook in die aande te
hoor of jy gaan omswaai in 'n bedonnerde boerklong.
Wat dan? Jy stap nie hier in en vertel sommer van
hoe bedonnerd jy kan raak nie. Eerste indrukke tel
en jy sal moet oor probeer want soos reeds gesê voel
ons zero vir jou bedonnerdgeit

Die Veldmuis
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59639 is 'n antwoord op boodskap #59636] Sa, 06 April 2002 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Die Veldmuis"
~~~~~~~~~
Quintin moenie worry oor 'n veldmuis nie, haar trap jy sommer
'splat' plat soos 'n pannekoek. pasop wel vir streepmuis, hy is
erger as die dappermuis, wonner wat van dappermuis geword het?,
sy't altyd so iets mooi te sê.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59656 is 'n antwoord op boodskap #59636] Sa, 06 April 2002 23:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Die Veldmuis" skryf in boodskap news:87huau8ng64q9l5vcm29rkth8imk9tgbog@4ax.com...
> On Sat, 6 Apr 2002 11:52:49 +0000 (UTC), "Quintin"
> wrote:
>
>
>> daar is nie 'n
>> vinniger manier om my in 'n bedonnerde boerklong te laat omswaai nie.
>>
>> Dis ek van my seepkassie af
>>
>> Groenis
>>
>> Quintin
>>
>
>
> Die res van jou skrywe was nogal heel leesbaar Quintin.
> Dankie daarvoor. Slegs dié stukkie waar jy as nuweling
> probeer indruk maak neuk alles op boet. Vergeet dit dat
> iemand nou gaan probeer om jou nié 'n bedonnerde
> boerklong te maak nie. Ons voel vere daarvoor maat.
> Jy gaan lekker inskakel en een van ons word en dit
> gaan lekker wees om jou stem ook in die aande te
> hoor of jy gaan omswaai in 'n bedonnerde boerklong.
> Wat dan? Jy stap nie hier in en vertel sommer van
> hoe bedonnerd jy kan raak nie. Eerste indrukke tel
> en jy sal moet oor probeer want soos reeds gesê voel
> ons zero vir jou bedonnerdgeit
>
> Die Veldmuis
>

Ja nee Veldmuis... dankie vir die vriendelike woorde. Ek voel dat ek sal
inskakel.

Ek wil net gou 'n puntjie opklaar. My opmerking is nie bedoel om te beindruk
nie. Dit was gemaak op 'n stadium waar ek nog nie eens besluit het of ek by
die groep sal inpas of nie.

Die opmerking is eerder gemaak omdat ek baie sterk oor 'n besondere
onderwerp voel (lees maar my pos), en dit onaangenaam bevind wanneer daardie
onderwerp aangeraak word om 'n petty rand-politieke stelling 'punch' te gee.
Ek het dit nog minder geskryf om mense te waarsku dat ek van nature
veglustig is (so jy kan maar met die grootste vertroue gesels).

Ek verstaan as jy (en die res van die NG) vere voel oor hoe bedonnerd ek kan
raak - ek voel trouens dieselfde want dis nou maar die natuur van hierdie
tegnologie. Dis nie hoekom ek hier is nie. As jy van mening is dat dit die
rede is hoekom ek na hierdie NG pos, dan het jy my verkeerd verstaan en ek
hoop dat die volgende dit sal opklaar.:

Die eerste pos wat ek op hierdie nuusgroep gelees het, was 'n gedig oor die
Klein Karoo. Dit was ook die rede vir eerste pos wat ek na die nuusgroep
gemaak het. Gaan lees dit asseblief eerder as 'n eerste indruk. Dit is 'n
troue weergawe van my. En dit nog 'n respons aan @rogers.com ook op die koop
toe. En as sy weer gedigte pos (en ek is seker dat sy sal), dan sal my
respons dieselfde wees, ongeag van wat sy elders pos.

So toe lees ek verder... en dis toe dat ek my wip. Ek besef dat jy vere voel
of ek my gewip het of nie. Ek het nie my gewip omdat dit vir my belangrik is
dat Veldmuis van my moet hou nie, of dat jy moes dink dat ek 'n tuff guy is
nie. Ek geniet die gedigte, (hoes daai vir 'n tuff guy), ek lag my 'n boggel
oor die politieke wensdenkery, ek waardeer die plaaslike nuus. Die mense
klink vriendelik (in teenstelling met wat ek op ander NGs waarneem). En die
is al die redes hoekom ons nog lekker sal kan gesels. Maar daar is 'n
handjievol onderwerpe waaroor ek my sterk sal uitlaat, ongeag of dit op 'n
nuusgroep, 'n publieke debat of waar ook al is. En daai onderwerpe is nie
'rocket science' nie.

Daar gelaat... ons gesels dalk weer. Dit sal 'nice' wees. Maar as jy jou wip
omdat ek my gewip het, dan dalk nie. Ek ken jou nie, jy ken nie vir my nie
en dit sal maar een van daai dinge wees.

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59657 is 'n antwoord op boodskap #59656] Sa, 06 April 2002 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Quintin" skryf in boodskap news:a8nurh$383$1@knossos.btinternet.com...
> Ek geniet die gedigte, (hoes daai vir 'n tuff guy), ek lag my 'n boggel
> oor die politieke wensdenkery, ek waardeer die plaaslike nuus. Die mense
> klink vriendelik (in teenstelling met wat ek op ander NGs waarneem). >
> Daar gelaat... ons gesels dalk weer. Dit sal 'nice' wees. Maar as jy jou wip
> omdat ek my gewip het, dan dalk nie. Ek ken jou nie, jy ken nie vir my nie
> en dit sal maar een van daai dinge wees.
>
> Q

Seg, hom, Q, seg hom - ou Didi het seker alweer aan die verkeerde kant van
die bed geslaap. Vergewe hom maar, so af en toe raak hy helemal besimpeld.
Welkom Hier van Onner af ook. Ons is almal af en toe vriendelik, en almal
af en toe omgekrap - ons steek niks weg hier nie... Ek kom so af en toe op
boontoe om asem te skep, maar ek lees altyd - dis maar moeilik om onderstebo
te lees (as mens aan die onnerkant van die wêreld sit, gaan dinge maar
rof!). Tot volgende keer, Q, hou jou humorsin byderhand - hier is baie
mense om voor te lag. Dis hoekom ek gereeld lees.

Groetnis uit sonnige Brisbane
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59660 is 'n antwoord op boodskap #59656] So, 07 April 2002 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Apr 2002 23:03:13 +0000 (UTC), "Quintin"
wrote:

> "Die Veldmuis" wrote in message

knip

>>> Quintin

knip

>> Die Veldmuis

knip
>
> Q
>

Quintin, ek dink jy moet net hier bly. Ek hou van jou manier van skryf
(nie dat dit werklik saak maak wat my smaak is nie - jy hoor mos hoe
trap die girl in Brisbane my uit:-) en jou tipe humor is nodig hier.
Moet net asseblief nie dieselfde fout maak as Suidwester om te dink
dat Gloudina redeneerbaar is nie, want sy stam van daardie donkies
af wat op die plase met oogklappe geloop het. Haar pa was 'n
apartheidsvark en sy kan dit nou nog nie verwerk nie maar laat
haarself daaroor uit op 'n manier waarop sy keer op keer van haarself
'n totale gek maak.
Jy klink reeds soos een van die familie. Met die tyd sal jy ons leer
ken. Me&BobbyMgee raak ook partykeer lekker moerig met ons en
en weier dan vir 'n paar dae om 'n woord te sê. Ek dink dit is die
stadium waarin Danielle nou is.
Gloudina weer woon blykbaar op een of ander onopgevoede plekkie
naby Pofadder of Put Sonder Water of so iets waar die mense nou eers
begin met die beskawing kennis maak.
Tobie is die kunstige ou tussen ons wat ook die rol van vrederegter
speel somtyds. Kinky sal jy nog agterkom het 'n kink weg.
Inderwaarheid heel gekink maar ek geniet haar kinkslae:-)))

Nog 'n keer, voel welkom.

Die Veldmuis
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59663 is 'n antwoord op boodskap #59656] So, 07 April 2002 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Quinten, ons ry almal wipplank hier een of ander tyd. Maar dankie dat jy ons
gewaarsku het, dan kan ek met jou maak soos met die aantie - solank sy rant
en rave los ek haar uit, sodat sy kan uitwoed, en dan vir 'n rukkie daarna
weer normaal is;)))))
Annette

Quintin skryf in boodskap news:a8nurh$383$1@knossos.btinternet.com...
>
> "Die Veldmuis" wrote in message
> news:87huau8ng64q9l5vcm29rkth8imk9tgbog@4ax.com...
>> On Sat, 6 Apr 2002 11:52:49 +0000 (UTC), "Quintin"
>> wrote:
>>
>>
>>> daar is nie 'n
>>> vinniger manier om my in 'n bedonnerde boerklong te laat omswaai nie.
>>>
>>> Dis ek van my seepkassie af
>>>
>>> Groenis
>>>
>>> Quintin
>>>
>>
>>
>> Die res van jou skrywe was nogal heel leesbaar Quintin.
>> Dankie daarvoor. Slegs dié stukkie waar jy as nuweling
>> probeer indruk maak neuk alles op boet. Vergeet dit dat
>> iemand nou gaan probeer om jou nié 'n bedonnerde
>> boerklong te maak nie. Ons voel vere daarvoor maat.
>> Jy gaan lekker inskakel en een van ons word en dit
>> gaan lekker wees om jou stem ook in die aande te
>> hoor of jy gaan omswaai in 'n bedonnerde boerklong.
>> Wat dan? Jy stap nie hier in en vertel sommer van
>> hoe bedonnerd jy kan raak nie. Eerste indrukke tel
>> en jy sal moet oor probeer want soos reeds gesê voel
>> ons zero vir jou bedonnerdgeit
>>
>> Die Veldmuis
>>
>
> Ja nee Veldmuis... dankie vir die vriendelike woorde. Ek voel dat ek sal
> inskakel.
>
> Ek wil net gou 'n puntjie opklaar. My opmerking is nie bedoel om te beindruk
> nie. Dit was gemaak op 'n stadium waar ek nog nie eens besluit het of ek by
> die groep sal inpas of nie.
>
> Die opmerking is eerder gemaak omdat ek baie sterk oor 'n besondere
> onderwerp voel (lees maar my pos), en dit onaangenaam bevind wanneer daardie
> onderwerp aangeraak word om 'n petty rand-politieke stelling 'punch' te gee.
> Ek het dit nog minder geskryf om mense te waarsku dat ek van nature
> veglustig is (so jy kan maar met die grootste vertroue gesels).
>
> Ek verstaan as jy (en die res van die NG) vere voel oor hoe bedonnerd ek kan
> raak - ek voel trouens dieselfde want dis nou maar die natuur van hierdie
> tegnologie. Dis nie hoekom ek hier is nie. As jy van mening is dat dit die
> rede is hoekom ek na hierdie NG pos, dan het jy my verkeerd verstaan en ek
> hoop dat die volgende dit sal opklaar.:
>
> Die eerste pos wat ek op hierdie nuusgroep gelees het, was 'n gedig oor die
> Klein Karoo. Dit was ook die rede vir eerste pos wat ek na die nuusgroep
> gemaak het. Gaan lees dit asseblief eerder as 'n eerste indruk. Dit is 'n
> troue weergawe van my. En dit nog 'n respons aan @rogers.com ook op die koop
> toe. En as sy weer gedigte pos (en ek is seker dat sy sal), dan sal my
> respons dieselfde wees, ongeag van wat sy elders pos.
>
> So toe lees ek verder... en dis toe dat ek my wip. Ek besef dat jy vere voel
> of ek my gewip het of nie. Ek het nie my gewip omdat dit vir my belangrik is
> dat Veldmuis van my moet hou nie, of dat jy moes dink dat ek 'n tuff guy is
> nie. Ek geniet die gedigte, (hoes daai vir 'n tuff guy), ek lag my 'n boggel
> oor die politieke wensdenkery, ek waardeer die plaaslike nuus. Die mense
> klink vriendelik (in teenstelling met wat ek op ander NGs waarneem). En die
> is al die redes hoekom ons nog lekker sal kan gesels. Maar daar is 'n
> handjievol onderwerpe waaroor ek my sterk sal uitlaat, ongeag of dit op 'n
> nuusgroep, 'n publieke debat of waar ook al is. En daai onderwerpe is nie
> 'rocket science' nie.
>
> Daar gelaat... ons gesels dalk weer. Dit sal 'nice' wees. Maar as jy jou wip
> omdat ek my gewip het, dan dalk nie. Ek ken jou nie, jy ken nie vir my nie
> en dit sal maar een van daai dinge wees.
>
> Q
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59667 is 'n antwoord op boodskap #59663] So, 07 April 2002 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 08:18:30 +0200, "Annette" wrote:

> ......... solank sy rant
> en rave los ek haar uit, sodat sy kan uitwoed, en dan vir 'n rukkie daarna
> weer normaal is;)))))
> Annette
>

MAW sy is somtyds normaal? Poppie...(!)... dit was
'n abnormale stelling!
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59669 is 'n antwoord op boodskap #59609] So, 07 April 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoe lank is jy dan al in Ingeland Quintin? Die Taal is soos bicycle ry
man. As jy dit eers reggekry het dan kan jy dit vir altyd doen.

HK

Quintin
> Dankie Annette... so afgelei. Dink ek sal maar 'n rukkie hier kom 'squat'.
> Lekker om weer Afrikaans te praat (skryf), maar ek voel so 'n bietjie uit
> oefening uit. So as die idiome so reg uit die 80's is en die grammatika
> stink, vergewe maar. Ek bedoel goed.
>
> Quintin
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59674 is 'n antwoord op boodskap #59667] So, 07 April 2002 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Glad nie!! Ek kan goed onthou van toe sy heel normaal van droë perskes
gepraat het een keer:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:gaqvaugi83dc9i39q0dcvluohp6mdv658g@4ax.com...
> On Sun, 7 Apr 2002 08:18:30 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> ......... solank sy rant
>> en rave los ek haar uit, sodat sy kan uitwoed, en dan vir 'n rukkie daarna
>> weer normaal is;)))))
>> Annette
>>
>
>
> MAW sy is somtyds normaal? Poppie...(!)... dit was
> 'n abnormale stelling!
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59680 is 'n antwoord op boodskap #59674] So, 07 April 2002 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 10:53:52 +0200, "Annette" wrote:

> Glad nie!! Ek kan goed onthou van toe sy heel normaal van droë perskes
> gepraat het een keer:))
> Annette
>

Op 'n heel droë manier seker:-)
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59683 is 'n antwoord op boodskap #59680] So, 07 April 2002 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Onmoontlik!! In Kanada is alles en is dit altyd nat:)
Annette

Davie skryf in boodskap news:hc40bukj9s0e2ngv7eu7treug2jb5mc293@4ax.com...
> On Sun, 7 Apr 2002 10:53:52 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Glad nie!! Ek kan goed onthou van toe sy heel normaal van droë perskes
>> gepraat het een keer:))
>> Annette
>>
>
> Op 'n heel droë manier seker:-)
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59687 is 'n antwoord op boodskap #59636] So, 07 April 2002 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie aan almal vir die verwelkoming... dis mos hoe ek dit onthou.

'n Kort opsomming (vir diegene wat wat van sulke goeters hou).

Naam is Quintin van Zyl, alhoewel die ingilse aandring dat dit 'van Zil' is.
Ek is in begin 1997 land uit om ekonomiese redes. Ek woon sedertdien net so
effens wes van London (naby Windsor), soos my Oupa Venter sou se - hier
agter die vyandelike lyne.

As enige iemand direk wil pos, verwyder asseblief die xxx van my addres. Dis
daar om daai ouens wat my van girls_girls_girls.com wil vertel van die spoor
af te gooi. Maar dis nou nie omdat ek nie van girls hou nie. Ek deel net nie
dieselfde smaak in girls as daai ouens nie.

Ek is in IT en as 'n gevolg pos ek soms na die volgende nuusgroepe toe:

microsoft.public.dotnet.languages.csharp
microsoft.public.inetserver.iis
microsoft.public.sqlserver.misc
microsoft.public.sqlserver.programming

Ek se dit om enige iemand die moeite te spaar om 'n Google search te doen.
Die aard van hierdie nuusgroepe is 'n bietjie anders as hier. Daar is nie
veel van 'n groepsgevoel nie. My poste daarheen behels gewoonlik pro bono
konsultasie, maar ek het ook al in die verlede vir die lede 'n tegniese
vraag of twee gevra.

Ek is ook 'n ou 'skydiver' en 'lurk' rondom rec.skydiving en
uk.rec.skydiving. Somtyds wip ek my, en dan pos ek daar :-). Jissie, julle
moet die vlamoorloe van daai ouens sien... laat politieke dialoog van
hierdie NG soos Laerskool Pikmekaar op Pofadder se speelgrond lyk. O ja, ek
stel ook belang in 'scuba diving', maar pos nie juis oor daai onderwerp nie

Somtyds raak ek MOEG (Moerse Ongeinterriseerd En Gatvol - en iemand wat so
voel staan bekend as 'n MOEGOE), en dan stook ek mampoer en braai in die
reen. Boerwors proe nie vir my dieselfde nie en die vleis smaak asof dit in
'n wasmasjien gewas is. Die mampoer is ook heeltemal ondrinkbaar. Gelukkig
bly Castle nou maar eenmaal Castle. As ek dan my oe toemaak, dan klink die
reen nes daar in die Kavango langs die rivier. (Nou moet ek nog net 'n plek
hier vind wat droog genoeg is sodat ek my kan verbeel dat ek op Duin 7 daar
by Swakopmund sit). En wanneer ek so voel, dan doen ek Google searches op
dinge soos die Swartberge en Herman Charles Bosman (en die lys gaan aan en
aan).

Wat die politiek betref... ek weet waarin ek glo en ek weet ook dat ander my
nie maklik anders sal oortuig nie - dis mos immers die definisie van 'n
waarde. As 'n gevolg, aanvaar ek dieselfde van sulke ander en probeer ek as
'n reel nie om my 'brand' aan hulle af te smeer nie. Maar as ek voel dat
die geskiedenis dalk 'n bietjie kortskiet, of die pos eintlik gekruispos
moet word na alt.rec.kakpraat, dan sal ek dalk so se (afhangende of ek die
dag 'n MOEGOE is of nie).

Wel, dis dit... BTW, wat is 'n goeie Afrikaanse term vir 'n 'straw poll'?
Nie belangrik nie, maar vir een of ander rede het dit my die hele nag gepla?

Groetnis

Quintin
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59691 is 'n antwoord op boodskap #59392] So, 07 April 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
> - hoekom hulel uit SA is ('n korporaal wat afrikaans loop en prata het
> voor die TV in Soweto)
>
> Cheers
> Lou
>

Wag 'n bietjie Lou... nou's ek so deurmekaar soos die Paashaas op
Krismisdag. Vertel so 'n bietjie meer?

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59695 is 'n antwoord op boodskap #59691] So, 07 April 2002 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 11:21:56 +0000 (UTC), "Quintin"
wrote:

>> - hoekom hulel uit SA is ('n korporaal wat afrikaans loop en prata het
>> voor die TV in Soweto)

>> Cheers
>> Lou

>
> Wag 'n bietjie Lou... nou's ek so deurmekaar soos die Paashaas op
> Krismisdag. Vertel so 'n bietjie meer?
>
> Q
>

ek lei af dat hulel uit SA 'n korporaal gebruik het wat Afrikaans loop
en prata...
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59698 is 'n antwoord op boodskap #59695] So, 07 April 2002 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:85f0bu0tg4jgra050iq46a9hmv7rvijcui@4ax.com...
> On Sun, 7 Apr 2002 11:21:56 +0000 (UTC), "Quintin"
> wrote:
>
> ek lei af dat hulel uit SA 'n korporaal gebruik het wat Afrikaans loop
> en prata...

Dankie Dave, daar sien ek hom nou.

Q
Moegoes [boodskap #59704 is 'n antwoord op boodskap #59687] So, 07 April 2002 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 10:28:31 +0000 (UTC), "Quintin"
wrote:

> Somtyds raak ek MOEG (Moerse Ongeinterriseerd En Gatvol - en iemand wat so
> voel staan bekend as 'n MOEGOE),

LOL! Dit is nou baie oulik!! Ek is dan definitief baiekeer 'n
MOEGOE.
:-))))
(terloops - ons gebruik baie kere skuilname. Katryn is een van myne
(was Kathryn Janeway - soos Enterprise se kaptein, maar Katryn klink
dalk meer Afrikaans en meer gepas)
Ek hou van Bobby van doer onner se banaming van "Q" vir jou. As jy
eendag 'n skuilnaam wil kies, hoop ek dit is "Q" soos Q van die Q
Continuum . :-))
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59713 is 'n antwoord op boodskap #59687] So, 07 April 2002 15:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Quintin" skryf in boodskap news:...
> Dankie aan almal vir die verwelkoming... dis mos hoe ek dit onthou.
>
> 'n Kort opsomming (vir diegene wat wat van sulke goeters hou). [knip}

KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
is n 'straw pall'?
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59714 is 'n antwoord op boodskap #59713] So, 07 April 2002 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Apr 2002 08:49:04 -0700, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> "Quintin" skryf in boodskap news:...
>> Dankie aan almal vir die verwelkoming... dis mos hoe ek dit onthou.

>> 'n Kort opsomming (vir diegene wat wat van sulke goeters hou). [knip}
>
> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
> is n 'straw pall'?

Kinky, ek vermoed dit kom veral voor in die armer gedeeltes van
Engeland. Jy weet - daai ouens wat nie 'n plasitiek "blowup doll",
kan bekostig nie - dan maak hulle dit maar van strooi om koste te
bespaar.
Strooipop ? [boodskap #59716 is 'n antwoord op boodskap #59714] So, 07 April 2002 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Apr 2002 11:51:08 -0400, Katryn wrote:

>> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
>> is n 'straw pall'?

Maar op 'n meer ernstige noot - ek weet ook nie wat Q bedoel nie. Al
wat ek ken is "straw-man" tipe van argumente. Ek dink dit sal
strooipop argumente wees in Afrikaans, maar ek is geensins seker nie.
Dit is nogal iets wat Gloudina veral baie gebruik - strooipop
argumente. :-)))
Of mens kan ook 'n strooipop vir iemand wees. Elkgeval - ek dink die
Plaasvark sal beter weet.
Re: Moegoes [boodskap #59717 is 'n antwoord op boodskap #59704] So, 07 April 2002 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:3do0bu4qdh8n760tmp3na6umadc7u1uejh@4ax.com...
> On Sun, 7 Apr 2002 10:28:31 +0000 (UTC), "Quintin"
> wrote:
>
> Ek hou van Bobby van doer onner se banaming van "Q" vir jou. As jy
> eendag 'n skuilnaam wil kies, hoop ek dit is "Q" soos Q van die Q
> Continuum . :-))
>
So gese... so gedaan

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59718 is 'n antwoord op boodskap #59713] So, 07 April 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0204070749.66d00fca@posting.google.com...
> "Quintin" skryf in boodskap news:...
> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
> is n 'straw pall'?

Kinky, 'n "poll" is 'n meningsopname (of die poses van 'n verkiesing)... en
'n "straw poll" is 'n informele meningsopname (of proses van 'n
verkiesing)... een wat met strooihalms gedoen word - wie ookal die kortse
ene trek (trek die kortse end, ens). Maar 'n "informele verkiesingsproses"
klink heeltemal te lomp om die aksie te beskryf.

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59720 is 'n antwoord op boodskap #59596] So, 07 April 2002 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Ons was 'n
> week gelede in 'n "snow squall" gevang. Vir omtrent
> twintig minute was daar eenvoudig net 'n "white-out"
> met baie sterk winde. Op die hoofpad kon mens darem
> nog so vaagweg sien, maar toe ons in 'n subdivision
> afdraai en omtrent niks kan sien nie, toe draai ons
> een straat te vroeg af en verdwaal vir omtrent vyftien
> minute in die witgeit, totdat ons deur 'n mirakel die
> begin van die straat kry waarin ons wou wees.

Wraggies weer die "WITTES" se skuld!
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59723 is 'n antwoord op boodskap #59714] So, 07 April 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:tjq0buoibgjt03ihbvhbbk6iu2u5qiu8sq@4ax.com...
> On 7 Apr 2002 08:49:04 -0700, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
>> is n 'straw pall'?
>
> Kinky, ek vermoed dit kom veral voor in die armer gedeeltes van
> Engeland. Jy weet - daai ouens wat nie 'n plasitiek "blowup doll",
> kan bekostig nie - dan maak hulle dit maar van strooi om koste te
> bespaar.
>

Nee Katryn, dis 'n "straw doll". 'n "Straw poll" is amper
dieselfde... al wat verskil is die "doll", maar anders kon hulle 'n tweeling
gewees het.

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59724 is 'n antwoord op boodskap #59714] So, 07 April 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis net die meer kreatiewe knape wat eers moeite doen om eers 'n pop van
strooi aanmekaar te slaan.
Die meeste waarvan ek weet gaan rol sommer net rond in die strooi:))
Annette

Katryn skryf in boodskap news:tjq0buoibgjt03ihbvhbbk6iu2u5qiu8sq@4ax.com...
> On 7 Apr 2002 08:49:04 -0700, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> "Quintin" wrote in message
news:...
>>> Dankie aan almal vir die verwelkoming... dis mos hoe ek dit onthou.
>
>>> 'n Kort opsomming (vir diegene wat wat van sulke goeters hou). [knip}
>>
>> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
>> is n 'straw pall'?
>
> Kinky, ek vermoed dit kom veral voor in die armer gedeeltes van
> Engeland. Jy weet - daai ouens wat nie 'n plasitiek "blowup doll",
> kan bekostig nie - dan maak hulle dit maar van strooi om koste te
> bespaar.
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59727 is 'n antwoord op boodskap #59718] So, 07 April 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Q" schreef...
> "Kinky" wrote...
>> KinkY: Dankie, dit was lekker om jou te 'ontmoet' ! Wat vir n dinge
>> is n 'straw pall'?
>
> Kinky, 'n "poll" is 'n meningsopname (of die poses van 'n verkiesing)... en
> 'n "straw poll" is 'n informele meningsopname (of proses van 'n
> verkiesing)... een wat met strooihalms gedoen word - wie ookal die kortse
> ene trek (trek die kortse end, ens). Maar 'n "informele verkiesingsproses"
> klink heeltemal te lomp om die aksie te beskryf.

Dit klink soos 'n loting.

Arthur
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59728 is 'n antwoord op boodskap #59727] So, 07 April 2002 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a8q19d$kn9$1@news.kabelfoon.nl...
> "Q" schreef...
>> 'n "straw poll" is 'n informele meningsopname (of proses van 'n
>> verkiesing)... een wat met strooihalms gedoen word - wie ookal die kortse
>> ene trek (trek die kortse end, ens). Maar 'n "informele verkiesingsproses"
>> klink heeltemal te lomp om die aksie te beskryf.
>
> Dit klink soos 'n loting.
>
> Arthur
>

Ja, jy's reg... Kan ons dit 'n strooi-loting noem. Dan kry ek dalk vannaand
'n bietjie slaap.

Q
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59729 is 'n antwoord op boodskap #59728] So, 07 April 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Q" schreef...
> Ja, jy's reg... Kan ons dit 'n strooi-loting noem. Dan kry ek dalk vannaand
> 'n bietjie slaap.

In Nederlands noem ons dit 'strootjes trekken'.

Arthur
Re: Moegoes [boodskap #59733 is 'n antwoord op boodskap #59717] So, 07 April 2002 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 7 Apr 2002 16:26:58 +0000 (UTC), "Q" wrote:

>
> "Katryn"

>> Ek hou van Bobby van doer onner se banaming van "Q" vir jou.

Nogal interessant Katryn, hoe Bobby vir meer mense hier name geskep
het.
So by myself dink ek dat Bobby vir sommige mense met 'n grinnik
vernoem het maar dit nie wêreldkundig maak nie:-)))
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59734 is 'n antwoord op boodskap #59728] So, 07 April 2002 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 7 Apr 2002 18:00:41 +0000 (UTC), "Q" wrote:

> Ja, jy's reg... Kan ons dit 'n strooi-loting noem. Dan kry ek dalk vannaand
> 'n bietjie slaap.
>
> Q
>

Waar? Soos Annette sê, in die strooi?
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59735 is 'n antwoord op boodskap #59734] So, 07 April 2002 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee man, anders is hy môre-oggend vol strooi daar tussen die Engelse.

Didi wrote in message >
> Waar? Soos Annette sê, in die strooi?
>
Re: Moegoes [boodskap #59736 is 'n antwoord op boodskap #59733] So, 07 April 2002 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" schreef...


Davie, as ek 'Didi' lees moet ek dink aan die tekenfilmserie 'Dexter's Lab'
.... Ken jy dit?

http://www.cartoonnetwork.com/DEXTER/knowit/ms/char2.html

Groete,
Arthur
Re: Moegoes [boodskap #59745 is 'n antwoord op boodskap #59736] So, 07 April 2002 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 20:36:46 +0200, "Arthur Hagen"
> Davie, as ek 'Didi' lees moet ek dink aan die tekenfilmserie 'Dexter's Lab'
> .... Ken jy dit?

> Groete,
> Arthur
>

Nee maar ek het gou gaan kyk:-)))

DD
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59746 is 'n antwoord op boodskap #59735] So, 07 April 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Apr 2002 20:36:14 +0200, "johanls"
wrote:

>
> Didi wrote in message >
>> Waar? Soos Annette sê, in die strooi?

>> Nee man, anders is hy môre-oggend vol strooi daar tussen die Engelse.

En dan sê hy dis oor ons strooi praat!

DD
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59752 is 'n antwoord op boodskap #59734] So, 07 April 2002 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" skryf in boodskap news:q341buo6eg77nqdb3c4a8vauu7pue9n913@4ax.com...
>
> Waar? Soos Annette sê, in die strooi?
>

Hehehe. Wat kan ek se, ek moet bieg... Annette ken nog nie vir my nie, maar
sy ken duidelik my tipe.

Q
Re: Moegoes [boodskap #59753 is 'n antwoord op boodskap #59745] So, 07 April 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur Hagen"
>> Davie, as ek 'Didi' lees moet ek dink aan die tekenfilmserie 'Dexter's Lab'
>> .... Ken jy dit?
>
> Nee maar ek het gou gaan kyk:-)))

Beteken dit julle het geen Cartoon Network nie? Vreeslik, dan het jy ook nog
nooit Cow & Chicken gesien nie ... hulle is my favoriete :)

Groete,
Arthur
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59755 is 'n antwoord op boodskap #59657] So, 07 April 2002 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee" skryf in boodskap news:ymLr8.30919$uR5.73411@newsfeeds.bigpond.com...
>
> Groetnis uit sonnige Brisbane
>

Bobby, dis nou tyd dat julle baai se vir die son aan daai kant van die aarde
en hom hierheen stuur. Julle het hom nou lank genoeg gehad en ons het hom
hierdie kant nodig. Ons beplan om ons somer op die 27ste Junie te hou
hierdie jaar... tussen 13:00 en 15:00 in die middag. Julle Suidenaars is
natuurlik heel welkom om die kort en informele seremonie te kom bywoon, maar
bring maar 'n sambreeltjie saam, net 'in case'

Q
Re: Moegoes [boodskap #59756 is 'n antwoord op boodskap #59753] So, 07 April 2002 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
, "Arthur Hagen" vra in verstomming:
> Beteken dit julle het geen Cartoon Network nie? Vreeslik, dan het jy ook nog
> nooit Cow & Chicken gesien nie ... hulle is my favoriete :)
>
> Groete,
> Arthur
>

Arthur, met Gloudina in die buurt
wil ek geen ander cartoon verduurt
'n cow mag sy miskien wees
maar chicken is ek nie, ou bees!

DD
Re: Moegoes [boodskap #59761 is 'n antwoord op boodskap #59753] So, 07 April 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurlik sien ons Die Koei hier Arthur:))))))

Oooo, die strokiesprent!! Ja, dis vir my ook verskriklik snaaks - daardie
uier wat so vooruitstrewend is is baie seksie;))))
Annette

Arthur Hagen skryf in boodskap news:a8q82d$te7$1@news.kabelfoon.nl...
> "Davie Davis" schreef...
>> "Arthur Hagen"
>>> Davie, as ek 'Didi' lees moet ek dink aan die tekenfilmserie 'Dexter's Lab'
>>> .... Ken jy dit?
>>
>> Nee maar ek het gou gaan kyk:-)))
>
> Beteken dit julle het geen Cartoon Network nie? Vreeslik, dan het jy ook nog
> nooit Cow & Chicken gesien nie ... hulle is my favoriete :)
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59764 is 'n antwoord op boodskap #59752] So, 07 April 2002 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
It takes one to recognise one lovey:)))
Annette

Q skryf in boodskap news:a8q7rc$4d6$1@helle.btinternet.com...
>
> "Didi" wrote in message
> news:q341buo6eg77nqdb3c4a8vauu7pue9n913@4ax.com...
>>
>> Waar? Soos Annette sê, in die strooi?
>>
>
> Hehehe. Wat kan ek se, ek moet bieg... Annette ken nog nie vir my nie, maar
> sy ken duidelik my tipe.
>
> Q
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59779 is 'n antwoord op boodskap #59755] So, 07 April 2002 21:53 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Q" skryf in boodskap news:a8q8rn$g1q$1@knossos.btinternet.com...
> Bobby, dis nou tyd dat julle baai se vir die son aan daai kant van die aarde
> en hom hierheen stuur. Julle het hom nou lank genoeg gehad en ons het hom
> hierdie kant nodig. Ons beplan om ons somer op die 27ste Junie te hou
> hierdie jaar... tussen 13:00 en 15:00 in die middag. Julle Suidenaars is
> natuurlik heel welkom om die kort en informele seremonie te kom bywoon, maar
> bring maar 'n sambreeltjie saam, net 'in case'

Huh-huh. Ons gee nooit die son weg nie, beautiful one day, perfect the
next. My anner helfte is 'n Pom maar wil dit nie eers erken nie! Nee wat,
daai weer daar oorkant kan julle maar hou - ek besit nie eers 'n
sambreeltjie nie... So thanks but no thanks vir daai uitnodiging.
Vorige onderwerp: Internationaal gerechtshof
Volgende onderwerp: Wat sou jy gedoen het?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:20:51 MGT 2024