Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Uiteindelik Terug
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55780] Sa, 19 Januarie 2002 07:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie nuuts het gebeur Spook!! Dit is 'n nuwe jaar!!

Ja, almal hier in die Kaap is vreeslik vriendelik - vertel die mense van die
walglike detail en van die lekker koue water - tot die nat sand laat my
enkels pyn:))
Maar die seewater is vreeslik verfrissend op 'n baie warm dag - en baie
goeie behandeling die volgende oggend na die vorige dag se gefuif oor die
feesdae;)
Ek het ook 'n onvergeetlike ondervinding Nuwejaarsdag op St Helenabaai
gehad - maar in teenstelling met jou, weier ek om daarop uit te brei:)

Annette

Spook skryf in boodskap news:a2b23m$a6l$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Jis mense
>
> Ek is uiteindelik terug uit die Kaap. Na 'n maand van afwesigheid sien ek
> niks nuuts het gebeur nie.
>
> Die Kaap was lekker, maar die mense by Trekos daar teen die Weskus is
> vriendeliker. My mense dink net die water daar is te koud om in te swem.Sal
> julle later al die walglike detail gee as julle dit natuurlik wil hoor.
>
> Groete
> Spook
>
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55782 is 'n antwoord op boodskap #55780] Sa, 19 Januarie 2002 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 08:24:32 -0800, "Spook" wrote:

> Jis mense
>
> Ek is uiteindelik terug uit die Kaap. Na 'n maand van afwesigheid sien ek
> niks nuuts het gebeur nie.

> Groete
> Spook
>

Die klomp vroumense wat so lief is vir Sepies weet presies wat jy
bedoel Spook
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55787 is 'n antwoord op boodskap #55782] Sa, 19 Januarie 2002 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ja Davie

Dis soos daar by Trek Os, daar gebeur so elke 2 minute niks en dan hou dit
so 'n dag lank aan. Ons het maar die ou gas vrieskassie in gepak net om die
Castles koud te hou en ys te kan hê. Vroulief was nou nie baie ingenome die
eerste paar dae met die toilet geriewe nie, maar sy kan nie kla daar oor nie
want daar is niks om oor te kla nie.

Net jammer die krewe is so uitgeroei, daar is net die wat onner die merk is.
Ek moes toe maar Langebaan toe ry en gaan koop.

Wat kan ek van die Kaap sê ek en die vrou en 'n paar vriende het daar in die
Strand by Voortrekker karavaan park staanplek gekry. Net jammer meeste van
die mense is sulke suurgatte ons sou langer as vier dae daar wou bly, maar
as mens suurgat raak oorDavid Kramer en Worsie Visser se musiek in 'n
karavaan park met 'n eg afrikaanse naam dan loop ek sommer.

Toe het ons 'n huis in Gordonsbaai te huur gekry vir die res van ons
vakansie @ nogals 'n billike prys vir die twee weke.

Ek kon my vergaap het aan die vinnige lekker ry goed wat hulle daar by daai
Rantange Junction het.Ek was erger as 'n meerkat teen die N1 voor kerstyd.
Dit was net vinnig kyk en laat waai. Soveel mooi plekke so min tyd.

Groete
Spook

Die Kaap is nie verniet die mother city nie, dit het gasvryheid van enige
moeder, behalwe natuurlik by Voortrekker karavaan park.
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55788 is 'n antwoord op boodskap #55787] Sa, 19 Januarie 2002 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So Spook, het jy darem die Kobra beleef?:)))
Annette

in message news:a2bnta$kcs$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ja Davie
>
> Dis soos daar by Trek Os, daar gebeur so elke 2 minute niks en dan hou dit
> so 'n dag lank aan. Ons het maar die ou gas vrieskassie in gepak net om die
> Castles koud te hou en ys te kan hê. Vroulief was nou nie baie ingenome die
> eerste paar dae met die toilet geriewe nie, maar sy kan nie kla daar oor nie
> want daar is niks om oor te kla nie.
>
> Net jammer die krewe is so uitgeroei, daar is net die wat onner die merk is.
> Ek moes toe maar Langebaan toe ry en gaan koop.
>
> Wat kan ek van die Kaap sê ek en die vrou en 'n paar vriende het daar in die
> Strand by Voortrekker karavaan park staanplek gekry. Net jammer meeste van
> die mense is sulke suurgatte ons sou langer as vier dae daar wou bly, maar
> as mens suurgat raak oorDavid Kramer en Worsie Visser se musiek in 'n
> karavaan park met 'n eg afrikaanse naam dan loop ek sommer.
>
> Toe het ons 'n huis in Gordonsbaai te huur gekry vir die res van ons
> vakansie @ nogals 'n billike prys vir die twee weke.
>
> Ek kon my vergaap het aan die vinnige lekker ry goed wat hulle daar by daai
> Rantange Junction het.Ek was erger as 'n meerkat teen die N1 voor kerstyd.
> Dit was net vinnig kyk en laat waai. Soveel mooi plekke so min tyd.
>
> Groete
> Spook
>
> Die Kaap is nie verniet die mother city nie, dit het gasvryheid van enige
> moeder, behalwe natuurlik by Voortrekker karavaan park.
>
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55789 is 'n antwoord op boodskap #55788] Sa, 19 Januarie 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ja Annette ek het, ons het in Gordonsbaai so 'n ding met die naam van Bungee
rocket of ball ook gaan ry, dit was so lekker ek het sommer 'n tweede keer
ook gegaan.

Ons het gaan ysskaats een aand daar by Grand Casino. Ek het darem nie gaan
dobbel nie, ek is verby die fase in my lewe waar daar sprake van vinnig ryk
word is. Harde werk is al manier om daar uit te kom en die lekkerste. Want
dan weet jy ten minste waarom jy met vakansie moet gaan.

Spook

"Annette" skryf in boodskap news:a2bo3r$106qiv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> So Spook, het jy darem die Kobra beleef?:)))
> Annette
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55801 is 'n antwoord op boodskap #55782] Sa, 19 Januarie 2002 16:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 12:09:36 +0200, Didi wrote:

> Die klomp vroumense wat so lief is vir Sepies weet presies wat jy
> bedoel Spook

Vrouens wat van sepies hou? Die enigste "sepies" wat meeste vrouens
van hou is die tipe wat jy in badkamers vind, ou dier.

Groete van die feeks van Athene
:-)
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55802 is 'n antwoord op boodskap #55789] Sa, 19 Januarie 2002 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 14:38:52 +0200, "Spook" wrote:

> ek is verby die fase in my lewe waar daar sprake van vinnig ryk
> word is. Harde werk is al manier om daar uit te kom en die lekkerste.

Die heel lekkerste is die dag wanneer jy besef dat "ryk word" nie 'n
prioriteit in die ou lewe is nie.
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55804 is 'n antwoord op boodskap #55787] Sa, 19 Januarie 2002 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 14:09:23 +0200, "Spook" wrote:

> Ja Davie
>

> Dit was net vinnig kyk en laat waai. Soveel mooi plekke so min tyd.
>
> Groete
> Spook
>

Die deel van jou brief het dit laat klink of jy vir 'n rukkie op Durbs
se strand was Spook :-)))
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55806 is 'n antwoord op boodskap #55802] Sa, 19 Januarie 2002 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ja Suzie hoe sê Koos Kombuis arm blankes is warm blankes.

Ek weet nou net nie wat hy eintlik bedoel nie of dit nou arm in die sak en
warm in die hart is nie.

Ek het besluit waarvoor sal ek nou opgaar vir die dag van môre as dit dalk
ook net gesteel kan word of weggevat word.

Groete
Spook

"Mislikking is die geleentheid om oor te begin - intelligenter."
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55807 is 'n antwoord op boodskap #55806] Sa, 19 Januarie 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 20:22:41 +0200, "Spook" wrote:

>
> Ek het besluit waarvoor sal ek nou opgaar vir die dag van môre as dit dalk
> ook net gesteel kan word of weggevat word.

Omdat dit dalk nie gesteel of weggevat sal word nie
(jy soek net 'n rede om alles vandag uit te leef. Jou vrou
moet jou vir die buurman los)
>
> Groete
> Spook
>
> "Mislikking is die geleentheid om oor te begin - intelligenter."

Wat 'n mislike rede om oor te begin
>
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55812 is 'n antwoord op boodskap #55806] Sa, 19 Januarie 2002 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Spook wrote:

>
> "Mislikking is die geleentheid om oor te begin - intelligenter."

Spokerasie, mislik is om naar op jou maag te wees.
Misluk is to fail. Watter een bedoel jy?

Tant Hessie de Meester
Re: Uiteindelik Terug [boodskap #55821 is 'n antwoord op boodskap #55812] So, 20 Januarie 2002 01:56 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Spook wrote:
>
>
>>
>> "Mislikking is die geleentheid om oor te begin - intelligenter."
>
>
> Spokerasie, mislik is om naar op jou maag te wees.
> Misluk is to fail. Watter een bedoel jy?
>
> Tant Hessie de Meester

Hy bedoel altwee, hy is dubbelsinnig, want die misdaad maak hom
mislik, en dan misluk hy ;-)
Vorige onderwerp: Bospos
Volgende onderwerp: Aardse vermaak.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 22:15:24 MGT 2024