Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aardse vermaak.
Aardse vermaak. [boodskap #55838] So, 20 Januarie 2002 20:41
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het vanoggend ontbyt by Kaappunt gaan geniet. Baie lekker. Windstil. See
soos 'n groot dam. Bote wat kruis en dwars jaag, nuuskierige robbe en
spelende dolfyne. Mak swart voëls wat met 'n gekrys aandring op roosterbrood
met botter en konfyt;.

Die hoofvertoning het begin na die ontbyt. Ek het net 'n foto van Ian en
Theo geneem by die standbeeld van die bobbejaan met die kleintjie, toe hoor
ek 'n gil in 'n vreemde taal.
Bobbejaan se kind het een van die mense van die Reisende Hotel se pakkie
toebroodjies netjies uit haar hand gegryp net toe sy wou aansit by een van
die buite tafeltjies om dit te geniet.
Sommer gou was haar getroue vriend by om wag te sit en te pose vir die
kliekendes terwyl sy haar ontbyt eet.
Sy moes hom toe natuurlik vir sy werk vergoed.
Hulle klim toe altwee op 'n 4x4 landcruiser se dak wat reg langs my kar
staan.
Soos op 'n verhoog sodat die skare hulle nou mooi kan sien, sien?.
En toe, daar, ten aanskoue van stille verbasing in verskeie tale en
dialekte, gee hulle toe 'n vertoning so kunstig, so oorspronklik, so
blatant, so aards, dat nie een enkele kiekie geneem word nie.

Ek weet nie wat dit met die mense deesdae is nie - ek was al een wat hande
geklap het en encore geskree het:))
By gebrek aan dawerende applous het hulle rustig vir 'n minuut of twee die
wêreld sit en bekyk daar van hulle verhogie af, en toe rustig na 'n GP kar
geloop om te gaan kyk wat in die niksvermoedendes se kattebak is.

Annette
Vorige onderwerp: Re: Uiteindelik Terug
Volgende onderwerp: kla kla kla
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 20:53:18 MGT 2024