| "Die Kind" deur INGRID JONKER [boodskap #54951] |
Di., 25 Desember 2001 19:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
DIE KIND
Ingrid Jonker
Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots
Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpeville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld
Sonder 'n pas
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Die Kind" deur INGRID JONKER [boodskap #55002 is 'n antwoord op boodskap #54997] |
Vr., 28 Desember 2001 12:35  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Vusi wrote:
> Jy sal egter ook agterkom dat sy ietwat tred verloor het met die werklikhede
> in Suid-Afrika ...
En mens kom agter dat du Plessis ietwat tred
met sy psige en karakter verloor het. Moeg van
voorgee om ander mense te wees, Davie? Besef
jy dat jy nou die nom de plume van 'n
agtergeblewene aanvaar het?
Tant Hessie van Helsdingen-Jung
|
|
|
|