Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Koperkapel " deur LOUIS LEIPOLDT
" Die Koperkapel " deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #55026] So, 30 Desember 2001 16:15
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DIE KOPERKAPEL
Louis Leipoldt

Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
"Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond."
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: "Ek dink
Die reën kom weer vannag."
Maar die geitjie piep: "Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?"
En die wyse steenuil waag sy woord:
"Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed."
Vorige onderwerp: "Die Kind" deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " Gunship Blues " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:45:21 MGT 2024