Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Hoax e-mail
Hoax e-mail [boodskap #50044] |
Thu, 13 September 2001 14:44  |
Spook
Boodskappe: 76 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek het hierdie stukke van Worldonline af gekry oor die hoax.
Groete
Spook
"Organization is the enemy of improvisation."
SA govt dismisses phoney 'CNN news flash'
[Johannesburg, September 13 ] - The South African government on Thursday
dismissed as "psychological and financial terrorism" an e-mail purporting to
contain a CNN article which claims South Africans were behind Tuesday's
terror attacks in the United States.
Government spokesman, Joel Netshitenzhe, said in a statement that the
message "is simply and utterly a hoax".
The e-mail features several grammatical errors, while the word boycott was
spelt in Afrikaans and Libya was misspelt.
It claimed that US Secretary of State Colin Powell had hinted that the South
African government itself could be involved in the spate of attacks.
It also alleged that video footage at the airport "revealed that at least
three South Africans boarded each fatal plane".
"The subject is still under investigation but sources believe that it has a
strong link to the recent US boikot (sic) of the racism conference held in
the South African city of Durban," the e-mail read.
"CNN information sources disclose to CNN that some of the masterminds might
be in hideaway in South Africa. Strong links has (sic) also been made
between SA and Lybia (sic)."
Netshitenzhe said South African intelligence agencies had contacted their US
counterparts and confirmed that no such statements were made.
"The South African government hopes that the media, both here and abroad,
will handle this piece of psychological and financial terrorism with the
contempt it deserves," he said.
"It should be expected that people with depraved minds might wish to take
advantage of such developments to achieve their own wicked intentions."
Netshitenzhe added that the e-mail was authored "before any statements on
the investigations had been issued by the US government".
[Sapa ]
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50046 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Thu, 13 September 2001 16:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Spook® wrote:
> Ek het hierdie stukke van Worldonline af gekry oor die hoax.
>
> The e-mail features several grammatical errors, while the word boycott was
> spelt in Afrikaans and Libya was misspelt.
>
Nouja, eenie-meenie-minie-mo, is dit nou Frikkie ofDavie Davis wat ons aan die
toon beet het? Albei
spel ewe sleg.
Tant Hessie online
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50049 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Thu, 13 September 2001 18:28   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier is 'n kopie van die e-mail.
Die Afrikaner het blykbaar 'n massiewe "deathwish". Miskien is dit
wensdenkery, maar ek hoop dat ons op 'n stadium sal ophou om dinge te
fabriseer om te probeer bewys dat Suid-Afrika nou eenmaal nie suksesvol kan
wees as daar nie blankes aan bewind is nie :(
Subject: CNN News flash 4255/11/09/2001/23h15
The US-secretary of state, Colin Powell, revealed late last night that
there is a strong possibility that South Africans and possibly the South
African Government might be involved in the terrorism attacks.
Video footage at the airports revealed that at least three South Africans
boarded each fatal plane. The subject is still under investigation but
sources believe that it has a strong link to the recent US boikot of the
racism conference held in the South African city of Durban.
Information gleaned from the hijacked planes' passenger lists have led to
search warrants that the FBI is in the process of or will soon be
executing search warrants in more than one location in South Africa, Florida
and
Canada, including homes and post office boxes, a law enforcement source
told CNN.
"We're looking at South Florida ties to some of the people we're looking
at," the source said. Also, in South Africa, a search will be done on a
location in Durban. CNN information sources disclose to CNN that some of
the masterminds might be in hideaway in South Africa. Strong links has also
been made between SA and Lybia.
Bush late on Tuesday issued a warning to any nation that may be giving
refuge to those responsible for the terrorist attacks. "We will make no
distinction between the terrorists who committed these acts and those who
harbour them," the president said from the Oval Office of the White House as
he promised retaliation.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50173 is 'n antwoord op boodskap #50153] |
Sun, 16 September 2001 09:24   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> Jonas: Persoonlik dink ek, nav die "boikot" dat die berig nie
>> deur 'n Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner geplaas is nie.
> Lou: Boikot/boycott - raai wat is die spelling in Spaans? Reg!
> En die spellinmg portugees? Reg!!
> Wouter: Die twee Spanjaarde of Portugese was toe van Stellenbosch...
> Is nou in die tronk.
DD: Dit is nie verseker dat hulle in die tronk is nie Wouter.
Die nuusberig het slegs gesê dat hulle gearresteer is.
Wouter
'n Mens weet natuurlik nie hoe akkuraat die media rapporteer nie,
maar 'n plaaslike radiostasie het gesê hulle word aangehou, sommige
koerantopskrifte ook.
Kyk bv na die opskrif van die Sunday Times se berig hier onder.
Ek reken wel die tronk is waar hulle hoort, dis nie snaaks om
aandelemarkte en die Rand te destabiliseer met 'n houks nie.
Maar hulle sal seker wel borgtog kan kry.
DD
(en sê nou Jonas is reg - die ou wat hulle gewys het kan tog Porra
of Spaans ((wat byna dieselfde taal is ook)) wees)
Wouter
As hy en Lou reg is, dan is hulle reg, ek het nooit gesê hulle is
verkeerd nie. Maar ek sal effe verbaas wees, die sinskonstruksie
en woordkeuse in dele van die oorspronklike houksberig lyk
vir my na Sewth óffriekin Iengliesj. Dus Engels- of Afrikaanssprekend.
Dit het niks hiermee te doen nie, maar ek ding tog nou aan die
woorde van TS Elliot:
"The cardinal treason, is to be right for the wrong reason" :-)
__________________________________________
http://www.suntimes.co.za/2001/09/16/news/news04.asp
E-mail suspects held
War on America
Police have arrested two brothers in connection with a hoax e-mail
implicating South Africa in this week's US terror attacks.
Chief government spokesman Joel Netshitenzhe said detectives and computer
specialists descended on two homes in Stellenbosch, in the Western Cape, on
Friday night.
The raids took place after an e-mail was sent to thousands of individuals
and organisations in South Africa and other countries, saying that US
Secretary of State Colin Powell had speculated on South African involvement
in the terror attacks. The e-mail said this had been reported in a "CNN news
flash". Analysts said the e-mail was at least partially responsible for the
poor performance of local financial markets.
Netshitenzhe said the National Intelligence Agency had traced the e-mail to
insurance company Sanlam. He said Sanlam had cooperated fully with the
investigation and had made available a stiffy disk, apparently containing
the hoax message. One of the suspects, who works for Sanlam, apparently told
the police on Friday night that he was involved in originating the message.
Sanlam spokesman Pieter Cronje said that the company had suspended an
employee and was investigating the "transgression of our ethical and e-mail
code".
A police spokesman, Senior Superintendent Selby Bokaba, confirmed the
arrests this week but refused to give further information, saying
investigations were at a sensitive stage. The brothers are to appear in
court tomorrow on charges which will be determined by the Directorate of
Public Prosecutions. Said Netshitenzhe: "The implication that this kind of
message caused to the security of the country is immeasurable
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50179 is 'n antwoord op boodskap #50173] |
Sun, 16 September 2001 10:18   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit blyk dat dit twee broers van Stellenbosch was, wat in twee aparte huise
bly.
Een van hulle werk glo by Sanlam.
Ek moet tog uitvind hoeveel Portugese en/of Spanjaarde werk by Sanlam, en
woon in Stellenbosch:))
Annette
>>> Jonas: Persoonlik dink ek, nav die "boikot" dat die berig nie
>>> deur 'n Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner geplaas is nie.
>
>> Lou: Boikot/boycott - raai wat is die spelling in Spaans? Reg!
>> En die spellinmg portugees? Reg!!
>
>> Wouter: Die twee Spanjaarde of Portugese was toe van Stellenbosch...
>> Is nou in die tronk.
>
> DD: Dit is nie verseker dat hulle in die tronk is nie Wouter.
> Die nuusberig het slegs gesê dat hulle gearresteer is.
>
> Wouter
> 'n Mens weet natuurlik nie hoe akkuraat die media rapporteer nie,
> maar 'n plaaslike radiostasie het gesê hulle word aangehou, sommige
> koerantopskrifte ook.
> Kyk bv na die opskrif van die Sunday Times se berig hier onder.
> Ek reken wel die tronk is waar hulle hoort, dis nie snaaks om
> aandelemarkte en die Rand te destabiliseer met 'n houks nie.
> Maar hulle sal seker wel borgtog kan kry.
>
> DD
> (en sê nou Jonas is reg - die ou wat hulle gewys het kan tog Porra
> of Spaans ((wat byna dieselfde taal is ook)) wees)
>
> Wouter
> As hy en Lou reg is, dan is hulle reg, ek het nooit gesê hulle is
> verkeerd nie. Maar ek sal effe verbaas wees, die sinskonstruksie
> en woordkeuse in dele van die oorspronklike houksberig lyk
> vir my na Sewth óffriekin Iengliesj. Dus Engels- of Afrikaanssprekend.
>
> Dit het niks hiermee te doen nie, maar ek ding tog nou aan die
> woorde van TS Elliot:
>
> "The cardinal treason, is to be right for the wrong reason" :-)
>
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50206 is 'n antwoord op boodskap #50179] |
Mon, 17 September 2001 06:47   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
He he Annette - very funny :). So dit was twee kapenaars met 'n sin
snaakse sin vir humor. Wat my laat strip het was daai (*) in nl wat die
optrede van een afrikaans sprekende nou weer as die optrede van alle
afrikaans sprekendes wil tipeer en ons in 'n boks wil druk:
(*) het geskryf:
(*) > 'Die Afrikaner het blykbaar 'n massiewe "deathwish". Miskien is dit
(*) > wensdenkery, maar ek hoop dat ons op 'n stadium sal ophou om dinge te
(*) > fabriseer om te probeer bewys dat Suid-Afrika nou eenmaal nie suksesvol kan
(*) > wees as daar nie blankes aan bewind is nie :(
Duidelik een van daai cases waar na emmigrasie die IK van beide SA en sy
nuwe tuisland gestyg het.
Ook duidelik dat ons regering vergeet dat dit nie net hoaxers is wat die
rand laat daal nie, wetenskaplik ongefundeerde Vigs aansprake,
grondbesettings, stakings, bungled privatisasie ens. speel 'n heelwat
groter rol en laat ons ook nou nie juis geniaal lyk in die oe" van die
wêreld nie!
Annette wrote:
>
> Dit blyk dat dit twee broers van Stellenbosch was, wat in twee aparte huise
> bly.
> Een van hulle werk glo by Sanlam.
> Ek moet tog uitvind hoeveel Portugese en/of Spanjaarde werk by Sanlam, en
> woon in Stellenbosch:))
> Annette
>
>>>> Jonas: Persoonlik dink ek, nav die "boikot" dat die berig nie
>>>> deur 'n Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner geplaas is nie.
>>
>>> Lou: Boikot/boycott - raai wat is die spelling in Spaans? Reg!
>>> En die spellinmg portugees? Reg!!
>>
>>> Wouter: Die twee Spanjaarde of Portugese was toe van Stellenbosch...
>>> Is nou in die tronk.
>>
>> DD: Dit is nie verseker dat hulle in die tronk is nie Wouter.
>> Die nuusberig het slegs gesê dat hulle gearresteer is.
>>
>> Wouter
>> 'n Mens weet natuurlik nie hoe akkuraat die media rapporteer nie,
>> maar 'n plaaslike radiostasie het gesê hulle word aangehou, sommige
>> koerantopskrifte ook.
>> Kyk bv na die opskrif van die Sunday Times se berig hier onder.
>> Ek reken wel die tronk is waar hulle hoort, dis nie snaaks om
>> aandelemarkte en die Rand te destabiliseer met 'n houks nie.
>> Maar hulle sal seker wel borgtog kan kry.
>>
>> DD
>> (en sê nou Jonas is reg - die ou wat hulle gewys het kan tog Porra
>> of Spaans ((wat byna dieselfde taal is ook)) wees)
>>
>> Wouter
>> As hy en Lou reg is, dan is hulle reg, ek het nooit gesê hulle is
>> verkeerd nie. Maar ek sal effe verbaas wees, die sinskonstruksie
>> en woordkeuse in dele van die oorspronklike houksberig lyk
>> vir my na Sewth Ãffriekin Iengliesj. Dus Engels- of Afrikaanssprekend.
>>
>> Dit het niks hiermee te doen nie, maar ek ding tog nou aan die
>> woorde van TS Elliot:
>>
>> "The cardinal treason, is to be right for the wrong reason" :-)
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50228 is 'n antwoord op boodskap #50206] |
Mon, 17 September 2001 11:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Wat my laat strip het was daai (*) in nl wat die
> optrede van een afrikaans sprekende nou weer as die optrede van alle
> afrikaans sprekendes wil tipeer en ons in 'n boks wil druk:
>
> (*) het geskryf:
>
> (*) > 'Die Afrikaner het blykbaar 'n massiewe "deathwish". Miskien is
> dit
> (*) > wensdenkery, maar ek hoop dat ons op 'n stadium sal ophou om dinge
> te
> (*) > fabriseer om te probeer bewys dat Suid-Afrika nou eenmaal nie
> suksesvol kan
> (*) > wees as daar nie blankes aan bewind is nie :(
>
> Duidelik een van daai cases waar na emmigrasie die IK van beide SA en sy
> nuwe tuisland gestyg het.
Ek wil vir jou daarop wys, ou Lou, dat "Gids" 'n Suid-Afrikaneris wat net vir 'n
paar jaar na Nederland gegaan het, en wat, sover
ek kan onthou, oor 'n ruk weer na SA terugkeer. Hy het net soveel
reg as jy om te praat oor die Afrikaner. Hy het ook die ondervinding
van buite die land te wees, en het geleer om julle joggies te haat
wat sy eie land en sy eie taal "poefies" maak ( jou woordgebruik)
deur julle knaende neerbuigende houding oor wat julle sien as 'n
swart regime, ten spyte van die feit dat julle geesgenote en kleur-
genote 'n groter spul poefies daarvan gemaak het.
En ek stel voor dat jy emigrasie reg spel, volgende keer. En
vertel my wanneer jy emigreer, sodat ek kan weet watter land se
IK ook gaan daal.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50231 is 'n antwoord op boodskap #50208] |
Mon, 17 September 2001 11:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> En moet nou nie kom en
> vertel dat alle blanke afrikaans sprekendes nie deur die res van die
> wereld as AFRIKANERS gesien word nie - maak nie saak hoeveel enige
> blanke afrikaans sprekende protesteer nie.
>
> Jy (*), het gepraat van DIE Afrikaner - wat soortgelyk is aan hoe GB sou
> reageer ...
Nee wat, ou Lou, sien jy hoe jy argumenteer. Hier is twee Afrikaners,Gids en
GB, en jy sit en kritiseer vir hulle, bloot omdat hulle durf om
dinge te sê oor hulle eie groep wat nie in jou ou duiwehokkie inpas nie.
Ek stel voor dat dit Afrikaners is soos Gids en ek en menige ander, wat
begin praat oor die dinge wat sommige Afrikaners bedryf, wat sal lei tot
'n eerliker en meer volwasse konsep van wat die Afrikaner is in die
toekoms. Ondertussen, ou Lou, konsentreer op die spelling en die
gesondheid van jou taal en sy taalkonstruksie en sy stilistiek. Jy sal die
Afrikaner 'n groter guns doen daarmee, pleks van teen ander Afrikaners
uitvaar as hulle pleit vir volwassenheid binne die Afrikaner-kring.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50256 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Mon, 17 September 2001 14:29   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Ek wil vir jou daarop wys, ou Lou, dat "Gids" 'n Suid-Afrikaneris wat net vir 'n
> paar jaar na Nederland gegaan het, en wat, sover
> ek kan onthou, oor 'n ruk weer na SA terugkeer.
Dem dan gaan die omgekeerde plaasvind - Ik gaan daal in beide lande.
> Hy het net soveel
> reg as jy om te praat oor die Afrikaner.
>
> Hy het ook die ondervinding
> van buite die land te wees, en het geleer om julle joggies te haat
> wat sy eie land en sy eie taal "poefies" maak ( jou woordgebruik)
> deur julle knaende neerbuigende houding oor wat julle sien as 'n
> swart regime, ten spyte van die feit dat julle geesgenote en kleur-
> genote 'n groter spul poefies daarvan gemaak het.
Duidelik kan jy ook nie lees nie - hy het, omdat twee afikaners 'n dom
grap gemaak het wat duidelik op hulle boemerang - ons almal (dis nou
afrikaans sprekendes) nou daarvan beskuldig dat ons dom en agteraf is en
'n deathwish het. En elke keer as een of ander (*) my in 'n boks wil
klassifiseer met ander idiote raak ek de moer in.
> En ek stel voor dat jy emigrasie reg spel, volgende keer. En
> vertel my wanneer jy emigreer, sodat ek kan weet watter land se
> IK ook gaan daal.
Het Kanada al herstel van jou emmigrasie? Suid Afrika het duidelik :)
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50262 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Mon, 17 September 2001 15:13   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> En moet nou nie kom en
>> vertel dat alle blanke afrikaans sprekendes nie deur die res van die
>> wereld as AFRIKANERS gesien word nie - maak nie saak hoeveel enige
>> blanke afrikaans sprekende protesteer nie.
>>
>> Jy (*), het gepraat van DIE Afrikaner - wat soortgelyk is aan hoe GB sou
>> reageer ...
>
> Nee wat, ou Lou, sien jy hoe jy argumenteer. Hier is twee Afrikaners,Gids en
> GB, en jy sit en kritiseer vir hulle, bloot omdat hulle durf om
> dinge te sê oor hulle eie groep wat nie in jou ou duiwehokkie inpas nie.
OK laat ek my definisie verduidelik - blanke afrikaans sprekendes is
mense wat afrikaans as huistaal het, en hulle word deurgaans as
afrikaners getipeer of hulle daarvan hou of nie. Probeer tog die res
van die thread lees voordat jy inspring - my punt dat afrikaans
sprekendes heelwat verskillende tipes mense is - slimmes dommes, regses
linkses, dikkes dunnes, geleerdes en ongeskooldes, professore
huisvrouens :) ens. net soos alle ander nasies, gaan duidelik heeltemal
by jou verby. Maar dan - jy het altyd maar jou eie agenda in
enige gesprek.
> Ek stel voor dat dit Afrikaners is soos Gids en ek en menige ander, wat
> begin praat oor die dinge wat sommige Afrikaners bedryf, wat sal lei tot
> 'n eerliker en meer volwasse konsep van wat die Afrikaner is in die
> toekoms. Ondertussen, ou Lou, konsentreer op die spelling en die
> gesondheid van jou taal en sy taalkonstruksie en sy stilistiek.Jy sal die
> Afrikaner 'n groter guns doen daarmee, pleks van teen ander Afrikaners
> uitvaar as hulle pleit vir volwassenheid binne die Afrikaner-kring.
>
Jy sal altyd (*)'e onder die Afrikaner, Amerikaner, Duitser, Xhosa ens
kry. Om dus elke keer as een van die groep iets buitengewoons
(slim,dom,onwettig) aanvang, die hele groep as sulks te tipeer is gewoon
idioties. Dus of my spelling, taalkonstruksie en sinsbou nou goed of
sleg is gaan geen jota verskil maak aan die feit dat die tipering van 'n
groep op grond van die optrede van enkelinge nie bewysbaar is nie. Om
almal as bliksoldaatjies te sien wat presies dieselfde optree, dink,
redeneer en reageer vertoon slegs 'n swak kennis van menslike sosiologie
en dra niks by tot jou sogenaamde debat om 'n "eerliker en meer volwasse
konsep van wat die Afrikaner is" te vind nie.
Aangaande jou punt "konsentreer op die spelling en die gesondheid van
jou taal en sy taalkonstruksie en sy stilistiek." :
My kinders kan afrikaans praat - kan joune?
My huistaal is Afrikaans - wat is joune?
Wat is - net so terloops - jou definisie van 'n Afrikaner? Onthou die
Portugees waar ek al my groente by koop kan fantasiese afrikaans praat,
maar hy is duidelik nie 'n Afrikaner nie.
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50266 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Mon, 17 September 2001 17:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Duidelik kan jy ook nie lees nie - hy het, omdat twee afikaners 'n dom
> grap gemaak het wat duidelik op hulle boemerang - ons almal (dis nou
> afrikaans sprekendes) nou daarvan beskuldig dat ons dom en agteraf is en
> 'n deathwish het. En elke keer as een of ander (*) my in 'n boks wil
> klassifiseer met ander idiote raak ek de moer in.
>
Raak die moer in, Lou. Maar dit is duidelik dat daar
baie Afrikaners is en mense met Afrikaner-bloed wat
dik is vir hierdie skorremorrie wat die naam van Afrikaners
swart sneer met hulle agteraf optrede. Vir iemand soos
ek, wat in Noord-Amerika gesit het en die aanvalle van
Jan Rap en sy maat moes verduur omdat 'n klomp
apartheidsvarke die naam van die Afrikaner deur die
modder gesleep het, is hierdie 'n saak wat ons na aan
die hart lê. So hou op met jou kewade-man-gepiep
oor wat Afrikaners en mense met Afrikaner-bloed in hulle
are kan sê en nie kan sê nie en mag sê en nie mag sê oor
wat Afrikaners in SA doen nie. Ons het net soveel reg
om ons opinies uit te spreek as jy, wat baie kontant oor
alles en nog wat sit en pontifikeer.
Gloudina
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50268 is 'n antwoord op boodskap #50206] |
Mon, 17 September 2001 18:33   |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lou" skryf in boodskap news:3BA59C69.A1A113D9@lous.zzn.com...
> Wat my laat strip het was daai (*) in nl wat die
> optrede van een afrikaans sprekende nou weer as die optrede van alle
> afrikaans sprekendes wil tipeer en ons in 'n boks wil druk:
>
> (*) het geskryf:
>
> (*) > 'Die Afrikaner het blykbaar 'n massiewe "deathwish". Miskien is
> dit
> (*) > wensdenkery, maar ek hoop dat ons op 'n stadium sal ophou om dinge
> te
> (*) > fabriseer om te probeer bewys dat Suid-Afrika nou eenmaal nie
> suksesvol kan
> (*) > wees as daar nie blankes aan bewind is nie :(
>
> Duidelik een van daai cases waar na emmigrasie die IK van beide SA en sy
> nuwe tuisland gestyg het.
>
> Ook duidelik dat ons regering vergeet dat dit nie net hoaxers is wat die
> rand laat daal nie, wetenskaplik ongefundeerde Vigs aansprake,
> grondbesettings, stakings, bungled privatisasie ens. speel 'n heelwat
> groter rol en laat ons ook nou nie juis geniaal lyk in die oe" van die
> wêreld nie!
>
>
Die helfte van die snert wat jy kwytraak kan ek jou vergewe, aangesien jy
absoluut geen idee het wie ek is, wat ek doen, waarom ek is waar ek is en
waarom ek doen wat ek doen nie. Die ander helfte kan ek jou vergewe omdat ek
miskien nagelaat het om 'n gedeelte van my frustrasie te belig.
Voor die mail by my aangekom het, het dit die normale roete gevolg wat al
die tipe van mails volg - dit begin by iemand as 'n grap en die stuur dit
deur na die volgende. Dit volg dan so 'n roete deur Sanlam, en die
staatsdiens en Old Mutual en oral waar Afrikaners sulke dinge mooi en edel
vind en gaan dan van daar na die sussie wat in Engeland sit en die ou
skoolpel wat nou in Nederland sit en die ou lover wat nou in San Francisco
sit.
Dit is die Afrikaner vir wie ek de bliksem in is. Die idiote wat onsin
versprei ter wille daarvan om alleen maar 'n punt te probeer bewys.
As jy jou deel voel van daardie groep, skreeu en skel oor veralgemening, dit
pla my nie, want dan is jy die teiken van my woede. As jy nie deel voel van
daardie groep nie, drink 'n Castle namens my, of doen ets anders om van jou
stres ontslae te raak.
Oor die opmerking oor die IK kan ek maar net giggel. Jy weet mos - idiote
kan almal maklik werk kry in die buiteland. Of miskien kan Annette jou
vertel van die frontale lobotomie wat mense moet kry voor hulle kan
kwalifiseer om in ander lande te werk.
-Gids-
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50273 is 'n antwoord op boodskap #50268] |
Mon, 17 September 2001 22:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gids wrote:
> Dit is die Afrikaner vir wie ek de bliksem in is. Die idiote wat onsin
> versprei ter wille daarvan om alleen maar 'n punt te probeer bewys.
>
> Oor die opmerking oor die IK kan ek maar net giggel. Jy weet mos - idiote
> kan almal maklik werk kry in die buiteland. Of miskien kan Annette jou
> vertel van die frontale lobotomie wat mense moet kry voor hulle kan
> kwalifiseer om in ander lande te werk.
>
Gids verwys natuurlik, vir die wat vergeet het, na Annettese opmerking "Daar
het jy dit nou. Wat weet iemand in
Nederland van wat in SA aangaan" toe Gids probeer vertel
het wat sy familie in Swellendam sê oor die toestand van die
Swellendamse hospitaal. Gids het familie in Swellendam.
Gids het toe die opmerking gemaak dat Annette seker dink
dat as mense SA verlaat, hulle 'n verpligte lobotomie ondergaan.
Daar het jy dit nou. Gids het, soos 'n olifant, 'n baie
lang geheue. Tant Hessie het ook 'n lang geheue. Sy sal nie
vergeet hoe Annette haar vriendin, wat in Swellendam woon,
'n leuenaar genoem het nie.
Tant Hessie Oliphant
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50284 is 'n antwoord op boodskap #50268] |
Tue, 18 September 2001 07:06   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy het die Afrikaner as sulks aangespeek en nie die enkelinge wat die
probleem veroorsaak het nie. DIT is die kruks van die saak. Jy het ALLE
AFRIKANERS by jou beskuldinging ingesluit.
Gids wrote:
>
> "Lou" schreef in bericht
> news:3BA59C69.A1A113D9@lous.zzn.com...
>
>
>
> Die helfte van die snert wat jy kwytraak kan ek jou vergewe, aangesien jy
> absoluut geen idee het wie ek is, wat ek doen, waarom ek is waar ek is en
> waarom ek doen wat ek doen nie. Die ander helfte kan ek jou vergewe omdat ek
> miskien nagelaat het om 'n gedeelte van my frustrasie te belig.
>
> Voor die mail by my aangekom het, het dit die normale roete gevolg wat al
> die tipe van mails volg - dit begin by iemand as 'n grap en die stuur dit
> deur na die volgende. Dit volg dan so 'n roete deur Sanlam, en die
> staatsdiens en Old Mutual en oral waar Afrikaners sulke dinge mooi en edel
> vind en gaan dan van daar na die sussie wat in Engeland sit en die ou
> skoolpel wat nou in Nederland sit en die ou lover wat nou in San Francisco
> sit.
> Dit is die Afrikaner vir wie ek de bliksem in is. Die idiote wat onsin
> versprei ter wille daarvan om alleen maar 'n punt te probeer bewys.
Spesifiseer dan jou aanval - nie nodig om die hele WTC plat te skiet as
jy vir die enkele afikaans sprekendes kwaad is nie.
>
> As jy jou deel voel van daardie groep, skreeu en skel oor veralgemening, dit
> pla my nie, want dan is jy die teiken van my woede. As jy nie deel voel van
> daardie groep nie, drink 'n Castle namens my, of doen ets anders om van jou
> stres ontslae te raak.
Drink lankal nie meer castle nie - Windhoek smaak heelwat beter en gee
nie 'n kopseer dievolgende oggend nie.
> Oor die opmerking oor die IK kan ek maar net giggel. Jy weet mos - idiote
> kan almal maklik werk kry in die buiteland. Of miskien kan Annette jou
> vertel van die frontale lobotomie wat mense moet kry voor hulle kan
> kwalifiseer om in ander lande te werk.
>
Die IK opmerking was 'n grappie ... maar humorsin loop mos hand aan hand
met IK.
|
|
|
|
Re: Hoax e-mail [boodskap #50293 is 'n antwoord op boodskap #50044] |
Tue, 18 September 2001 11:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> As jy onthou hoe die thread begin het was dit iemand wat homself
> duidelik nie as Afrikaner beskou nie - wat ons wil klassifiseer op grond
> van die optrede van enkelinge
Nee, Lou. Gids is 'n Afrikaner, sien homself as Afrikaner, spreeksy woede as
Afrikaner uit teen Afrikaners wat sy groep se naam
weer probeer modder maak. Hy het die reg om dit te doen, want
hy IS 'N AFRIKANER. En jy kan maar praat tot jy blou in die
gesig het, maar Afrikaners en mense met Afrikaner-bloed in hulle
are het die reg om te praat.
Gloudina
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:38:44 UTC 2025
|