Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Troue gehou: Wie wil kyk?
Troue gehou: Wie wil kyk? [boodskap #48965] Di, 28 Augustus 2001 10:12 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
van die trouerasie is op
http://communities.msn.co.za/DeWets/thehithcing.msnw?Page=1 beskikbaar vir
die wat wil weet hoe ons gelyk het as ons nie tekkies aan het nie. Daar is
twee bladsye.

Thys oppie Bos
Re: Troue gehou: Wie wil kyk? [boodskap #48966 is 'n antwoord op boodskap #48965] Di, 28 Augustus 2001 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mooi kiekies Thys - mooi dogter ook:))
Annette

--

Thys de Wet skryf in boodskap news:9mfqp5$dt8$1@news.adamastor.ac.za...
> Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
> van die trouerasie is op
> http://communities.msn.co.za/DeWets/thehithcing.msnw?Page=1 beskikbaar vir
> die wat wil weet hoe ons gelyk het as ons nie tekkies aan het nie. Daar is
> twee bladsye.
>
> Thys oppie Bos
>
Re: Troue gehou: Wie wil kyk? [boodskap #49017 is 'n antwoord op boodskap #48965] Wo, 29 Augustus 2001 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Baie mooi foto's. Ek het ook gewonder oor die pa met die mooi dogter...

Shannon

Danielle skryf in boodskap news:hfkootofe2jesm99cbnkf3bnk2m9m0apcs@4ax.com...
> On Tue, 28 Aug 2001 12:12:04 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>> Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
>> van die trouerasie is op
>> http://communities.msn.co.za/DeWets/thehithcing.msnw?Page=1 beskikbaar vir
>> die wat wil weet hoe ons gelyk het as ons nie tekkies aan het nie. Daar is
>> twee bladsye.
>
> BAIE dankie dat jy dit met ons gedeel het, Thys! Dit is pragtig! Sê
> nou net gou vir my wie het jy gehuur om die rol van "Thys" te speel
> vir die foto sessies? :-)))
>
Re: Troue gehou: Wie wil kyk? [boodskap #49021 is 'n antwoord op boodskap #49017] Wo, 29 Augustus 2001 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek't mos haar ma getrou... kort en kragtig.

Thys

"Shannon" skryf in boodskap news:3b8c86cf.0@news1.mweb.co.za...
> Baie mooi foto's. Ek het ook gewonder oor die pa met die mooi dogter...
>
Re: Troue gehou: Wie wil kyk? [boodskap #49042 is 'n antwoord op boodskap #49021] Wo, 29 Augustus 2001 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Shannon:
Baie mooi foto's. Ek het ook gewonder oor die pa met die mooi dogter...

Thys:
Ek't mos haar ma getrou... kort en kragtig.

Rennie
Snaaks, sy lyk nie juis kort of kragtig op die foto's nie :-)

~~~~~~~~

Geluk Thysman, julle lyk almal baie grênd en spiekeries!!
Re: Troue gehou. [boodskap #49098 is 'n antwoord op boodskap #48965] Do, 30 Augustus 2001 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mooi foto-album Thys. Ai, daai troukar, man ek sou wat wou gee om
hom te gery het vir julle. Al my lewe wou ek ook so 'n ou
Citroëntjie gehad het. Netjies. Ek sien jy en ou Leendert is uit
dieselfde era. (As ek nou na die jaarringe kyk.) Wonder of
Leendert se webwerf nog bestaan. Erens in my argiewe het ek 'n
foto van hom. Ek wonder of hy sal omgee as ek sy fototjie hier
plaas.
~~~~~~~~~~~~~
"Thys de Wet wrote
: Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
: van die trouerasie is op
Re: Troue gehou. [boodskap #49335 is 'n antwoord op boodskap #49098] Ma, 03 September 2001 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Watter maatstaf gebruik jy om die jaarring mee te bepaal? Gebrek aan hare
bolangs, of die kleur daarvan?

Ek's nou wel 'n jaar ouer as die kar, maar ek dink ek het meer myle op. Dis
'n '54 Citroen Light 15 Traction Avant.
Die rat hefboom werk jy so deur die "dashboard" voor die passasierskant.
Die rathefboom is darem na regs gebuig om die bestuurder "in beheer" te
plaas. Moes nogal lekker gewees het daai tyd as jy 'n meisie uitgeneem het
met die 'gearlever' so half voor haar... Maar ons sal nou nie daaroor
verder spekuleer nie.
Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
"Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
gevat het...

Thys oppie Bos, waar die Laan ook nie meer parkeeplek het nie.

"Tobie" skryf in boodskap news:9mok35$nr9$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Mooi foto-album Thys. Ai, daai troukar, man ek sou wat wou gee om
> hom te gery het vir julle. Al my lewe wou ek ook so 'n ou
> Citroëntjie gehad het. Netjies. Ek sien jy en ou Leendert is uit
> dieselfde era. (As ek nou na die jaarringe kyk.) Wonder of
> Leendert se webwerf nog bestaan. Erens in my argiewe het ek 'n
> foto van hom. Ek wonder of hy sal omgee as ek sy fototjie hier
> plaas.
> ~~~~~~~~~~~~~
> "Thys de Wet wrote
> : Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
> : van die trouerasie is op
>
Re: Troue gehou. [boodskap #49336 is 'n antwoord op boodskap #49098] Ma, 03 September 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Plaas maar sy foto, dit lok hom dalk uit om weer hier te kom inloer ;) Ek
het juis al gewonder of hy nie maar onder 'n ander naam skryf nie....maar
hier is niemand op die groep wat Gloudina tans met 'n ysterpik aanval nie.
;))

Tobie skryf in boodskap news:9mok35$nr9$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Mooi foto-album Thys. Ai, daai troukar, man ek sou wat wou gee om
> hom te gery het vir julle. Al my lewe wou ek ook so 'n ou
> Citroëntjie gehad het. Netjies. Ek sien jy en ou Leendert is uit
> dieselfde era. (As ek nou na die jaarringe kyk.) Wonder of
> Leendert se webwerf nog bestaan. Erens in my argiewe het ek 'n
> foto van hom. Ek wonder of hy sal omgee as ek sy fototjie hier
> plaas.
> ~~~~~~~~~~~~~
> "Thys de Wet wrote
> : Die duiwe wat so vir mekaar gekoer het op hul troue is terug, en die fotos
> : van die trouerasie is op
>
Re: Troue gehou. [boodskap #49343 is 'n antwoord op boodskap #49336] Ma, 03 September 2001 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Shannon wrote:

> Ek
> het juis al gewonder of hy nie maar onder 'n ander naam skryf nie....maar
> hier is niemand op die groep wat Gloudina tans met 'n ysterpik aanval nie.
>
>> Leendert

Ja, waar is die goeie ou dae.

Gloudina
Re: Troue gehou. [boodskap #49344 is 'n antwoord op boodskap #49098] Ma, 03 September 2001 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wat het van die man met die poel in sy e-posadres geword wat in Namibië
gesit het? Hy het ook lekker bydraes tot die groep gemaak. (so 'n jaar of
wat terug)

skryf in boodskap news:3B937571.7EFB625D@home.com...
> Shannon wrote:
>
>> Ek
>> het juis al gewonder of hy nie maar onder 'n ander naam skryf nie....maar
>> hier is niemand op die groep wat Gloudina tans met 'n ysterpik aanval nie.
>>
>>> Leendert
>
> Ja, waar is die goeie ou dae.

:))) altyd geweet jy het 'n goeie humorsin. (fluister: die ander is net te
toe om dit raak te sien.;)) )

>
> Gloudina
>
Re: Troue gehou. [boodskap #49346 is 'n antwoord op boodskap #49098] Ma, 03 September 2001 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Shannon wrote:

> Wat het van die man met die poel in sy e-posadres geword wat in Namibië
> gesit het? Hy het ook lekker bydraes tot die groep gemaak. (so 'n jaar of
> wat terug)
>

Ek dink jy bedoel Hans de Jager. Hy het in die afgelope paar
maande eenkeer opgekom en gesê hy loer gereeld hier, maar
maak geen bydraes nie. Ek wens ook hy wil weer hier verskyn.

Gloudina
Re: Troue gehou. [boodskap #49591 is 'n antwoord op boodskap #49335] Do, 06 September 2001 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mvd5a$1s3l$1@news.adamastor.ac.za...
: Watter maatstaf gebruik jy om die jaarring mee te bepaal? Gebrek aan hare
: bolangs, of die kleur daarvan?
~~~~~~~~
Thysman ek het 'n vergrootglas, wat die kreukels op die gesig kan
vergroot heelwat oor eenduisend keer, al is die dpi van die
fototjie net 72. Ek
verhoog die dpi net so bietjie en loer weer met die vergrootglas.
Aaah, en sie daar ek lees tenminste 48 jaarringe. Ag nou ja,
daardie klein Citroëntjie is pragtig, en ja, ek weet van die
rathefboom in die 'dash'. Ek was nou wel 6 jaar oud toe hy
uitgekom het, maar familie van my in Wellington het een gehad vir
baie jare en ek het baie saam met Trevor le Roux rondgery.
~~~~~~~~~~~~~~
:
: Ek's nou wel 'n jaar ouer as die kar, maar ek dink ek het meer myle op. Dis
: 'n '54 Citroen Light 15 Traction Avant.
~~~~~~~~~~~~~~
en kon die karretjie nie om 'n draai sit met sy voorwieltrek
nie. In Bainskloof, was daar
was nie 'n kar wat saam met hom deur die draaie kon vleg nie. Die
lomp Britse en Amerikaanse karre se geraamtes het nog vir jare
aan die hange gelê. Meer aan die Wolseley/Ceres kant van
Groenberg as aan
Wellington. Altyd gewonder hoekom, totdat ek uitgevind het dat
daar meer mense daardie kant toe gery het nadat hulle eers by
Nuweland ietsie gedrink het, toe by Klapmuts, toe by Wellington
daar by die Louw's se hotel (Piet die cheeta, was daar aan 'n
ketting vas) net duskant die Hugenote Hoërskool,
en dan natuurlik, Bainskloof Hotel.
Ag kyk waar loop die gedagtes tog. Anyways, ek sou nog graag
daardie karretjie net wou ry. Kon nie sy registrasie nommer sien
nie. Hier in my dorp loop 'n 19voertjek Volla, so 'n songebrande
vaalgryse, wat se
nommer CL 99 is. Die Skelmbossers het ou Jan du Plessis al baie
geld aangebied om daardie Volla te koop net vir die nommer.
~~~~~~~~
: Die rat hefboom werk jy so deur die "dashboard" voor die passasierskant.
: Die rathefboom is darem na regs gebuig om die bestuurder "in beheer" te
: plaas. Moes nogal lekker gewees het daai tyd as jy 'n meisie uitgeneem het
: met die 'gearlever' so half voor haar... Maar ons sal nou nie daaroor
: verder spekuleer nie.
~~~~~~~
Ek het meer van die 'Floorshift' gehou wat latere jare uitgekom
het :-&
~~~~~~~~~
: Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
: waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
: net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
: "Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
: gevat het...
~~~~~~~~~~
het dié vriendin verpleeg? :-)
~~~~~~~~~~
:
: Thys oppie Bos, waar die Laan ook nie meer parkeeplek het nie.
~~~~~~~~~~~~
Ja'k dinge verander, ons jaarringe raak meer en meer, maar binne
bly ons jonk van gees.
Siende dat Leendert nie iets daarteen het as ek sy fototjie plaas
nie, sal ek dit later doen, gee hom nog so 2 dae grasie om sy sê
te sê. :-)
Re: Troue gehou. [boodskap #49659 is 'n antwoord op boodskap #49335] Do, 06 September 2001 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Thys:
Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
"Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
gevat het...

Wouter
Ek ken dit as "Kiss me quick". Dit kom seker maar van Elvis se
treffer van daardie jare
Kiss me quick/Beentjies hoogte [boodskap #49700 is 'n antwoord op boodskap #49659] Vr, 07 September 2001 07:11 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wouter die Plaas Otteriasie
se gedagtes het gedwaal
en sy mond het weer gekwyl
oor die vryplek langs die pad
kom skattie, kies mie kwiek
issie selle plek

maar nou nie meer
dit is nog daar
maar afgesper
oor al die onheiligheid
wat daar in karre
plaasgevind het

Dis nou vir ons vriende duskant (noord)
van die "boerewors gordyn"

Thys nog oppie Bos

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b97cae6.0@news1.mweb.co.za...
> Thys:
> Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
> waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
> net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
> "Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
> gevat het...
>
> Wouter
> Ek ken dit as "Kiss me quick". Dit kom seker maar van Elvis se
> treffer van daardie jare
>
Vorige onderwerp: Brand in Krugerwildtuin
Volgende onderwerp: Vir Sakkie: Karringmelkpoering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 12:59:37 MGT 2024