Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Lui perde en luiperds ;-)
Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4146] Ma, 08 Maart 2004 00:36 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Mar 2004 13:19:41 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek hoop dis luiperde wat ek sal sien... (veral omdat ek so
> onseker was of die meervoud van luiperd "luiperde" of "Luiperds" is
> :-))

So van perde en lui perde gepraat. Ek het vandag gaan perdry
saam met 'n paar van ons vriende wat Tennessee Walking Horses teel.
Dit is sekerlik die mees wonderlike aangename "smooth" ride, of eerder
"glide", wat mens OOIT kan droom om te hê. Die van julle wat perde
ken, en dalk van perdry hou. Ek wens dat julle net EEN keer in julle
lewens dit kon ervaar. Selfs om te gallop (ek hoop dit is wat canter
is? , is so ongelooflik "smooth", en saggies op en af. Ag, ek wens
ek kon beter verduidelik. Dit is net die mees ongelooflikste ryperde
ooit. Maar dis beter om nie te weet hoe hulle geleer word nie.
Ek dink ek gaan vreeslik seer en styf more wees. Maar dit was net
soooo ongelooflik lekker, dat ek gladnie wou huistoe kom nie. ;-) Dit
was vandag ook 75 grade, so dit was 'n absolute lieflike perfekte blou
hemel dag.
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4148 is 'n antwoord op boodskap #4146] Ma, 08 Maart 2004 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:vden40l9rlidn7ms8dqd9rp2289vo3cml3@4ax.com...
> On 7 Mar 2004 13:19:41 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
> Dit is sekerlik die mees wonderlike aangename "smooth" ride, of eerder
> "glide", wat mens OOIT kan droom om te hê. Die van julle wat perde
> ken, en dalk van perdry hou. Ek wens dat julle net EEN keer in julle
> lewens dit kon ervaar. Selfs om te gallop (ek hoop dit is wat canter
> is? , is so ongelooflik "smooth", en saggies op en af. Ag, ek wens
> ek kon beter verduidelik. Dit is net die mees ongelooflikste ryperde
> ooit. Maar dis beter om nie te weet hoe hulle geleer word nie.
> Ek dink ek gaan vreeslik seer en styf more wees. Maar dit was net
> soooo ongelooflik lekker, dat ek gladnie wou huistoe kom nie. ;-) Dit
> was vandag ook 75 grade, so dit was 'n absolute lieflike perfekte blou
> hemel dag.
>

Wat een heerlijk verhaal om te horen! Daar kan ik nou gewoon jaloers op
worden.......
Ik rijd weliswaar geen paard, maar ik kan me helemaal in jou verplaatsen
Katryn! Hopelijk mag je het vaker meemaken; bak eens een lekkere taart voor
jullie vrienden :-))
Hier schijnt het zonnetje ook af en toe, maar het is maar 3°C = 37°F. Wat
een fantastische temperatuur bij jullie, voor mij ook iets om afgunstig op
te zijn!

Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4150 is 'n antwoord op boodskap #4146] Ma, 08 Maart 2004 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Mar 2004 19:36:52 -0500, Katryn wrote:
> On 7 Mar 2004 13:19:41 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Ek hoop dis luiperde wat ek sal sien... (veral omdat ek so
>> onseker was of die meervoud van luiperd "luiperde" of "Luiperds" is
>> :-))
>
> So van perde en lui perde gepraat. Ek het vandag gaan perdry
> saam met 'n paar van ons vriende wat Tennessee Walking Horses teel.
> Dit is sekerlik die mees wonderlike aangename "smooth" ride, of eerder
> "glide", wat mens OOIT kan droom om te hê. Die van julle wat perde
> ken, en dalk van perdry hou. Ek wens dat julle net EEN keer in julle
> lewens dit kon ervaar.

Katryna... kom ek vertel jou van my grootword dae.
Dae wat ek nie met mense deel nie, omdat ek ietwat
anders as ander kinders groot geword het.

(Ek het op ouderdom 10jr al, die boere in die omgewing se
perde getem. 'Getem' was die woord, want die stiefpa wat
my ingebreek het, het gesê dat 'n 'ingebreekte ' perd 'n
lelike ding is, sò, 'n perd word getem.)

My normale dag was, boeksak van die rug af, saal op die
(Perd s'n) rug, en die res van die dag in die veld, waar die
beeste by weiding dopgehou en versorg was.
Sononder met die koeie na die stalle, en ná  melktyd, en ná 
die kalwers, hoenders en varke, versorg is, terug met die perd
na die veld, vanwaar die res van die vee na die krale gebring is.

Dae, wat met die lees van 'n brief soos jou'e, vars in die
herinneringe lê, maar dae, wat meer somber as helder was.
Dae, wat min strokiespotensiaal gehad het. Al klink dit
soos Trompie en Saartjie drome.

DD
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4151 is 'n antwoord op boodskap #4146] Ma, 08 Maart 2004 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:vden40l9rlidn7ms8dqd9rp2289vo3cml3@4ax.com...
> So van perde en lui perde gepraat. Ek het vandag gaan perdry
> saam met 'n paar van ons vriende wat Tennessee Walking Horses teel.

Dit was baie lekker om van jou dag te lees Katryn, ek hoop jy is nie te styf
nie!

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4152 is 'n antwoord op boodskap #4150] Ma, 08 Maart 2004 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:l6cp409dj5gkjkjdief14rblvhij9u7hd2@4ax.com...
>
> Dae, wat met die lees van 'n brief soos jou'e, vars in die
> herrineringe lê, maar dae, wat meer somber as helder was.
> Dae, wat min strokiespotensiaal gehad het. Al klink dit
> soos Trompie en Saartjie drome.

Was dit meer soos die Swamp Thing?

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4154 is 'n antwoord op boodskap #4150] Ma, 08 Maart 2004 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:l6cp409dj5gkjkjdief14rblvhij9u7hd2@4ax.com...
>
> (Ek het op ouderdom 10jr al, die boere in die omgewing se
> perde getem. 'Getem' was die woord, want die stiefpa wat
> my ingebreek het, het gesê dat 'n 'ingebreekte ' perd 'n
> lelike ding is, sê, 'n perd word getem.)

Waar was die plaas DD?

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4155 is 'n antwoord op boodskap #4154] Ma, 08 Maart 2004 22:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 2004 18:41:56 -0000, "Lorinda" wrote:
>
> "DD" wrote in message
> news:l6cp409dj5gkjkjdief14rblvhij9u7hd2@4ax.com...
>
>>
>> (Ek het op ouderdom 10jr al, die boere in die omgewing se
>> perde getem. 'Getem' was die woord, want die stiefpa wat
>> my ingebreek het, het gesê dat 'n 'ingebreekte ' perd 'n
>> lelike ding is, sò, 'n perd word getem.)
>
> Waar was die plaas DD?
>
> Lorinda
>

710 morg in die Wes Transvaal
ietwat Noord Wes van Carletonville.
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4157 is 'n antwoord op boodskap #4148] Di, 09 Maart 2004 01:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 2004 11:57:22 +0100, "Roely" wrote:

> bak eens een lekkere taart voor jullie vrienden :-))

Jy bedoel hopelik een van daardie spesiale "Marks & Spencer" tipe
terte, nè Roely?
;-)

> Hier schijnt het zonnetje ook af en toe, maar het is maar 3°C = 37°F. Wat
> een fantastische temperatuur bij jullie, voor mij ook iets om afgunstig op
> te zijn!

Moenie te jaloers voel nie. Vandag is alweer koud. ;-)
Ons weer ry so wipplank hierdie tyd van die jaar. Verlede week nog
het ons sowat 3 duim sneeu gehad. En 2 dae later skyn die son vir n
vale. Vandag was dit erg koud, maar die son het darem geskyn, en die
lug was weer pragtig blou. Eintlik klou ek mentally vas aan die koue
weer, want ek dood gewoonlik in die Somers. Dit raak verskriklik warm
en bedompig. Soveel so, dat mens werklik nie buite kan wees vir klang
rukke nie.
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4158 is 'n antwoord op boodskap #4150] Di, 09 Maart 2004 01:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Mar 2004 20:02:00 +0200, DD wrote:

> Katryna... kom ek vertel jou van my grootword dae.
> Dae wat ek nie met mense deel nie, omdat ek ietwat
> anders as ander kinders groot geword het.

Dalk het ek nou alweer teveel tussen die lyne gelees, DD. Maar jou
boodskappie het my nogal hartseer gelaat. Leef daardie stiefpa van
jou nog? Het jy stiefbroers en susters, en was hulle ook "ingebreek"
deur die mansmens?

> (Ek het op ouderdom 10jr al, die boere in die omgewing se
> perde getem. 'Getem' was die woord, want die stiefpa wat
> my ingebreek het, het gesê dat 'n 'ingebreekte ' perd 'n
> lelike ding is, sò, 'n perd word getem.)

En hoe het hy gevoel oor ingebreekte mense? Sy seun?

> My normale dag was, boeksak van die rug af, saal op die
> (Perd s'n) rug, en die res van die dag in die veld, waar die
> beeste by weiding dopgehou en versorg was.
> Sononder met die koeie na die stalle, en nà melktyd, en nà
> die kalwers, hoenders en varke, versorg is, terug met die perd
> na die veld, vanwaar die res van die vee na die krale gebring is.

Dit het dalk alles van jou 'n beter en sterker mens gemaak? Dalk
daarom dat jy soveel meer empatie met ander mense kan hê as baie ander
Suid Afrikaanse mans? Dit was mos nie normaal vir kinders om so hard
te werk nie, DD? Of was dit? Wanneer kon jy jou huiswerk dan doen?
Want jy was seker doodmoeg as jy in die aande by die huis kom? Sal jy
ooit weer wil boer?

> Dae, wat met die lees van 'n brief soos jou'e, vars in die
> herrineringe lê, maar dae, wat meer somber as helder was.
> Dae, wat min strokiespotensiaal gehad het. Al klink dit
> soos Trompie en Saartjie drome.

Ek is jammer, DD.
;-(
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4160 is 'n antwoord op boodskap #4151] Di, 09 Maart 2004 01:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 2004 18:28:22 -0000, "Lorinda" wrote:

> Dit was baie lekker om van jou dag te lees Katryn, ek hoop jy is nie te styf
> nie!

Helaas, ek het nie besef hoe vreeslik onfiks ek op die oomblik is nie.
Ek moet versigtig gaan sit, en moet dit ook goed oordink, want
opstaan is ook nie te maklik nie. Aarde, ek hoop nie dit is 'n
voorskou van hoe dit gaan wees as ek oud is nie. Om te dink dat mens
soveel opsies moet oorweeg om 'n eenvoudige ding soos "sit" te kan
uitvoer.
;-))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4161 is 'n antwoord op boodskap #4158] Di, 09 Maart 2004 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Mar 2004 20:24:51 -0500, Katryn wrote:

> On Mon, 08 Mar 2004 20:02:00 +0200, DD wrote:
>
>> Katryna... kom ek vertel jou van my grootword dae.
>> Dae wat ek nie met mense deel nie, omdat ek ietwat
>> anders as ander kinders groot geword het.
>
> Dalk het ek nou alweer teveel tussen die lyne gelees, DD. Maar jou
> boodskappie het my nogal hartseer gelaat. Leef daardie stiefpa van
> jou nog?

Die ex matroos is op 06 September 1999 aan 'n hartaanval oorlede.
Baie bekende en skatryk sakeman gewees.
Ek het 'n heel indrukwekkende huldeblyk
in die lokale koerant geplaas, onder 'n
naam wat ek as kind genoem was.
Ek is baie bekend in my omgewing.
Die (meeste) dorpenaars en al my kliënte,
het nie geweet dat dit deur my geskryf is nie.

> Het jy stiefbroers en susters, en was hulle ook "ingebreek"
> deur die mansmens?

Moes geskryf het 'probeer inbreek het'.
>
Twee eie broers en drie half susters. Half susters wat baie trots
die huldeblyk laat lamineer het vir hul foto albums, en toe (sedert
1999) verdwyn het.

>> (Ek het op ouderdom 10jr al, die boere in die omgewing se
>> perde getem. 'Getem' was die woord, want die stiefpa wat
>> my ingebreek het, het gesê dat 'n 'ingebreekte ' perd 'n
>> lelike ding is, sò, 'n perd word getem.)
>
> En hoe het hy gevoel oor ingebreekte mense? Sy seun?

uh uh, hy het my as kind altyd voorgestel aan
mense as sy vrou se seun.
>
>> My normale dag was, boeksak van die rug af, saal op die
>> (Perd s'n) rug, en die res van die dag in die veld, waar die
>> beeste by weiding dopgehou en versorg was.
>> Sononder met die koeie na die stalle, en nà melktyd, en nà
>> die kalwers, hoenders en varke, versorg is, terug met die perd
>> na die veld, vanwaar die res van die vee na die krale gebring is.
>
> Dit het dalk alles van jou 'n beter en sterker mens gemaak? Dalk
> daarom dat jy soveel meer empatie met ander mense kan hê as baie ander
> Suid Afrikaanse mans? Dit was mos nie normaal vir kinders om so hard
> te werk nie, DD? Of was dit? Wanneer kon jy jou huiswerk dan doen?

Wanneer al die koeie gemelk is, en al die hoender en varke kos gegee
is, en ek klaar gebad het, was daar tyd vir huiswerk (by kerslig:-)
voor slaaptyd. Ek weet nie of dit normaal was vir kinders nie, maar ek
was vry op Saterdae tussen 1 uur en melktyd, en die hele Sondag
tussen melktye. Korreksie - dit was nie normaal nie. 'n Kind moet tyd
hê om kind te wees.

> Want jy was seker doodmoeg as jy in die aande by die huis kom? Sal jy
> ooit weer wil boer?
>
Nee.

>
> Ek is jammer, DD.
> ;-(

Dankie, maar dit het my taf gemaak.
Dit het my op 'n baie jong ouderdom,
onafhanklik gemaak. Op 21 my
eie huis gehad, en ek kon veg
vir wat ek wou hê, want ek het
hard groot geword.

Dit is gesê in reaksie op wat jy van
perde gesê het. Beskou dié tema
as afgehandel. Ek gaan binne
enkele weke die nuusgroep
verlaat. Tot dan wil ek met
julle saam smile:-)))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4162 is 'n antwoord op boodskap #4161] Di, 09 Maart 2004 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Mar 2004 21:22:17 +0200, DD wrote:

> Ek gaan binne enkele weke die nuusgroep
> verlaat. Tot dan wil ek met
> julle saam smile:-)))

So gemaak. Die saak is afgehandel. ;-)
Maar waarom die nuusgroep verlaat?
Of het jy maar net 'n beter kuierplek gevind?
Jy sal baie gemis word, hoor. Dalk kan jy so af en toe kom hallo sê?
;-(
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4163 is 'n antwoord op boodskap #4162] Di, 09 Maart 2004 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Mar 2004 14:38:27 -0500, Katryn wrote:

> On Tue, 09 Mar 2004 21:22:17 +0200, DD wrote:
>
>> Ek gaan binne enkele weke die nuusgroep
>> verlaat. Tot dan wil ek met
>> julle saam smile:-)))
>
> So gemaak. Die saak is afgehandel. ;-)
> Maar waarom die nuusgroep verlaat?
> Of het jy maar net 'n beter kuierplek gevind?
> Jy sal baie gemis word, hoor. Dalk kan jy so af en toe kom hallo sê?
> ;-(
>

Ek verhuis Danielle. Dit sal dus net tydelik wees,
maar, defnislis sal ek tyd nodig hê daar.
Ek wil 'n badkamer heel oordoen. Kombuis
heel oordoen ens. Okay, ek hoor jou, ek
kan dit in die dag doen:-)
Beter kuierplek sê jy? As kwantiteit die
antwoord sou wees, steek scsaa ons
heeltemal die loef af né:-)
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4164 is 'n antwoord op boodskap #4163] Di, 09 Maart 2004 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:tjas401v68o599kis4fai0ccgsnmttuda0@4ax.com...
> On Tue, 09 Mar 2004 14:38:27 -0500, Katryn
> wrote:
>
>> On Tue, 09 Mar 2004 21:22:17 +0200, DD wrote:
>>
>>> Ek gaan binne enkele weke die nuusgroep
>>> verlaat. Tot dan wil ek met
>>> julle saam smile:-)))
>>
Het was een eye-opener om jouw verhaal over je jeugd te lezen DD! Dank
daarvoor!

Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4165 is 'n antwoord op boodskap #4164] Wo, 10 Maart 2004 04:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>>>
>>>> Ek gaan binne enkele weke die nuusgroep
>>>> verlaat. Tot dan wil ek met
>>>> julle saam smile:-)))
>>>
> Het was een eye-opener om jouw verhaal over je jeugd te lezen DD! Dank
> daarvoor!
>
> Roely

Ek het baie min vertel, Roely. En ek weet nie waarom ek dit vertel het
nie. Daar is dinge wat nie regtig vertelbaar is nie. Soos toe ek as
negejarige kind na die kersboom by sy werk moes gaan. My geskenk
was 'n tennisraket.
Ek het op 'n plaas gewoon. Wat maak ek met 'n tennisraket!
Die ander kinders het die grandste geskenke gekry. Heel bruikbare
geskenke:-)

Die raket het ek omgeruil by dieselfde kersboom, vir 'n daisygun.
Ek het my eie geweer gehad! Ek was sò trots. En hy was woedend.
As hy vir my 'n tennisraket koop, hou ek die tennisraket.

Ek moes die geweer teugruil, vir die raket. En die raket op die plaas
in die buitekamer gaan bêre want dit was onbruibaar:-))) Maar, sy
kollegas het gesien dat hy vir sy stiefseun 'n geskenk koop. En al
die ander kinders by die kersboom het geskenke gekry:-)

Vandag kan ek glimlag oor die dinge, Roely. Wat dit sielkundig
aan my gedoen het, weet ek nie, want ek kan nie sien dat dit
nie een of ander merk sou laat nie. Miskien is dit 'n swakheid
om op die nuusgroep hieroor te praat. Miskien is daar heling
daarin om iets wat in die agterkop as 'n zipfile gesave is,
te unpack:-)))
finis

DD
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4166 is 'n antwoord op boodskap #4160] Wo, 10 Maart 2004 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Helaas, ek het nie besef hoe vreeslik onfiks ek op die oomblik is nie.
> Ek moet versigtig gaan sit, en moet dit ook goed oordink, want
> opstaan is ook nie te maklik nie. Aarde, ek hoop nie dit is 'n
> voorskou van hoe dit gaan wees as ek oud is nie. Om te dink dat mens
> soveel opsies moet oorweeg om 'n eenvoudige ding soos "sit" te kan
> uitvoer.
> ;-))

Dis nie noodwendig onfiksheid nie Katryn, dis dalk net dat jy nie
daardie betrokke spiere baie gebruik nie (ek praat nie van die sit
spiere nie!:-))dit is altyd so as mens van sportsoort verander.

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4167 is 'n antwoord op boodskap #4163] Wo, 10 Maart 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:tjas401v68o599kis4fai0ccgsnmttuda0@4ax.com...
> Beter kuierplek sê jy? As kwantiteit die
> antwoord sou wees, steek scsaa ons
> heeltemal die loef af né:-)
>

Sien Katryn, daar is hy alweer terug by kwantiteit en kwaliteit! Hy was al
die tyd 'n closet Marxis!:-))

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4168 is 'n antwoord op boodskap #4163] Wo, 10 Maart 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:tjas401v68o599kis4fai0ccgsnmttuda0@4ax.com...
>
> Ek verhuis Danielle.


Is dit die verhuising na Durban? Jy gaan seker vir Roodepoort en die
Princess mis :-)

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4170 is 'n antwoord op boodskap #4168] Wo, 10 Maart 2004 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Mar 2004 14:19:56 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:tjas401v68o599kis4fai0ccgsnmttuda0@4ax.com...
>>
>> Ek verhuis Danielle.
>
>
> Is dit die verhuising na Durban? Jy gaan seker vir Roodepoort en die
> Princess mis :-)
>
> Lorinda
>


Roodepoort? Ja, Roodepoort sal ek steeds, maar héélwat minder besoek.
Een van my lokale portefeuljes sal ek behou, wat beteken dat ek steeds
kliënte lokaal sal hê. Ek het baie beleggings vir kliënte wat lokaal
woon, gedoen, en ek het beloof om steeds as adviseur beskikbaar te
wees indien prestasie van 'n spesifieke fonds bevraagteken word, en
nuwe fondse oorweeg moet word.
Maar, ek moet byvoeg dat die grootste winkelsentrum in die
Suidelike Halfrond slegs 24 kilometer van my woonstel af is.
Op Umhlanga Rocks. Jy is al so lank hier weg, weet jy van
die Gateway op Umhlanga Rocks, Lorinda?
http://www.gatewayworld.co.za/

Die Princess? Nee, ek het haar belowe dat sy
nie sò maklik van my ontslae gaan raak nie:-)

DD
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4171 is 'n antwoord op boodskap #4165] Wo, 10 Maart 2004 23:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:6a5t409v10p1asgmgirmljv2trd321a6d6@4ax.com...
>
>
> Vandag kan ek glimlag oor die dinge, Roely. Wat dit sielkundig
> aan my gedoen het, weet ek nie, want ek kan nie sien dat dit
> nie een of ander merk sou laat nie. Miskien is dit 'n swakheid
> om op die nuusgroep hieroor te praat. Miskien is daar heling
> daarin om iets wat in die agterkop as 'n zipfile gesave is,
> te unpack:-)))
> finis
>
> DD
>
>
Vir my is jy 'n heldedigter DD! Een beetje weemoedig heb ik je verhaal
gelezen, maar wat een vindingrijk negenjarig jongetje :-)!
Het is in de psychologie een bekende verwerkingsstrategie, het opschrijven
van wat je dwars zit. Er zijn twee mogelijkheden: de narigheid vergeten (ook
dát kan een mens) en de narigheid opschrijven of vertellen.
Jy is nie meer 'n kind nie, jy het jou 'n eie lewe gemaak. Jy is 'n MAN!

Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4172 is 'n antwoord op boodskap #4166] Wo, 10 Maart 2004 23:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0403100613.11844fc1@posting.google.com...
>
> Dis nie noodwendig onfiksheid nie Katryn, dis dalk net dat jy nie
> daardie betrokke spiere baie gebruik nie (ek praat nie van die sit
> spiere nie!:-))dit is altyd so as mens van sportsoort verander.
>
> Lorinda

Lorinda heeft helemaal gelijk, Katryn! Je lichaam is liever lui dan moe en
gebruikt het liefst zo weinig mogelijk spieren..... Plichtsgetrouw sport ik
drie keer in de week, maar ik heb nog steeds stijve spieren :-) Als ik op
een paard ga zitten, kan ik waarschijnlijk daarna een week niet lopen ;-).
Dus ik ga maar niet op een paard zitten, ik heb een huis met vijf trappen
:-))

Met beterschapsgroeten,
Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4176 is 'n antwoord op boodskap #4172] Do, 11 Maart 2004 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...

>> Dus ik ga maar niet op een paard zitten, ik heb een huis met vijf
trappen
> :-))
>
> Met beterschapsgroeten,
> Roely

Ek het dieselfde gedink.... ek sal maar ook moet wegbly, ek het
lanklaas perd gery, en ek bly in 'n victoriaanse huisie waar jy twee
stelle trappe moet opklim om by die slaapkamers uit te kom - ek sou
daar moes opkruip of op die rusbank slaap (wat darem op die oomblik
leeg is :-))

Lorinda
Re: Lui perde en trappe [boodskap #4178 is 'n antwoord op boodskap #4176] Vr, 12 Maart 2004 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Mar 2004 12:41:51 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> "Roely" wrote :
>
>>> Dus ik ga maar niet op een paard zitten, ik heb een huis met vijf
> trappen
>> :-))
>>
>> Met beterschapsgroeten,
>> Roely
>
> Ek het dieselfde gedink.... ek sal maar ook moet wegbly, ek het
> lanklaas perd gery, en ek bly in 'n victoriaanse huisie waar jy twee
> stelle trappe moet opklim om by die slaapkamers uit te kom - ek sou
> daar moes opkruip of op die rusbank slaap (wat darem op die oomblik
> leeg is :-))

LOL! Dis soooo lekker om met vrouens wat kan verstaan, gesels!! ;-))
Ek het netnou getel , en daar is 13 trappe wat ek moet klim om by die
slaapkamer uit te kom. Ouch!! ;-)
Die ergste is dat daar ook 'n horde trappe is van die garage na die
leefarea/sitkamer/kombuis ens. Ek het my kar van Maandag aand af
sommer reg voor die huis parkeer, sodat ek die trappe kon vermy. My
man het nogal gewonder waarom die kar nie in die garage was
nie....er...;-)
Maar ek voel darem vandag al tonne beter. Al die geklaery het seker
gehelp? ;-))

Terloops, Lorinda. Jou Victoriaanse huisie klink pragtig!! Ek het
nogal gewonder of jy en Roely "apartment" mense was, of in huise
woon. ;-)
Maar vertel nou eers waarom jou rusbank leeg is? Wat het jy gedoen om
van jou gaste ontslae te raak? Het jy dalk die kettingsaag afgewys
een aand laat? Ek wonder maar net....
;-))))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4179 is 'n antwoord op boodskap #4172] Vr, 12 Maart 2004 00:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Mar 2004 00:32:31 +0100, "Roely" wrote:


> Dus ik ga maar niet op een paard zitten, ik heb een huis met vijf trappen
> :-))

Giegie....dankie, Roely. Jy en Lorinda het my baie beter laat voel
oor my "onfikse" lyf. Ek was juis vanoggend weer gym toe, maar het na
10 minute besluit genoeg is genoeg, en toe na die botaniese tuin gery
waar ek o.a 'n heerlike stuk kaaskoek geeet het en koffie gedrink het
saam met selfde vriendin wie se perde ek Sondag so admireer het. Sy
het so "knowingly" gesmaail toe sy sien hoe styf ek nog was, Die
skurk!! ;-))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4180 is 'n antwoord op boodskap #4167] Vr, 12 Maart 2004 00:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Mar 2004 14:17:55 -0000, "Lorinda" wrote:

> "DD" wrote in message

>> Beter kuierplek sê jy? As kwantiteit die
>> antwoord sou wees, steek scsaa ons
>> heeltemal die loef af né:-)
>>
>
> Sien Katryn, daar is hy alweer terug by kwantiteit en kwaliteit! Hy was al
> die tyd 'n closet Marxis!:-))

Ek sien dit, Lorinda. Ek sien!! ;-)))
DD, dink jy nie jy moet maar uit die kas klim nie? Ons weet tog al
laaankal.
Lorinda, ek wou ook al lankal vir jou sê dat ek bespeur
spore van Herzen in sy geskrifte - so asof hy dalk onlangs" My Past
and Thoughts"gelees het? Ons moet dalk so bietjie in die Kolokol gaan
kyk of sy "verhuising" nie dalk dieper betekenisse inhou nie?
;-))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4184 is 'n antwoord op boodskap #4180] Vr, 12 Maart 2004 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Mar 2004 19:13:22 -0500, Katryn wrote:


> Lorinda, ek wou ook al lankal vir jou sê dat ek bespeur
> spore van Herzen in sy geskrifte - so asof hy dalk onlangs" My Past
> and Thoughts"gelees het? Ons moet dalk so bietjie in die Kolokol gaan
> kyk of sy "verhuising" nie dalk dieper betekenisse inhou nie?
> ;-))
>

interessant dat jy van Herzen praat, (en ek wil wil onthou dat " My
Past and Thoughts" sy autobiografie was,) en 'n Rus volg jou op in die
nuusgroep:-)))

DD
The Russians are coming, the russians are coming!! [boodskap #4185 is 'n antwoord op boodskap #4184] Vr, 12 Maart 2004 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Mar 2004 20:21:44 +0200, DD wrote:

> interessant dat jy van Herzen praat, (en ek wil wil onthou dat " My
> Past and Thoughts" sy autobiografie was,)

Nee, het geen idee nie. Lees mos nie
daardie onheilige mense se geskrifte nie!
Phew...
;-)))

> en 'n Rus volg jou op in die
> nuusgroep:-)))

Gie gie gie, en toe die lab verslag terugkom, sê hulle vir my dis
altwee van 'n Roodepoort adres gestuur. Hoe weird is dit??

Katryn McCarthy
Re: The Russians are coming, the russians are coming!! [boodskap #4187 is 'n antwoord op boodskap #4185] Vr, 12 Maart 2004 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Mar 2004 14:55:24 -0500, Katryn wrote:

> On Fri, 12 Mar 2004 20:21:44 +0200, DD wrote:
>
>> interessant dat jy van Herzen praat, (en ek wil wil onthou dat " My
>> Past and Thoughts" sy autobiografie was,)
>
> Nee, het geen idee nie. Lees mos nie
> daardie onheilige mense se geskrifte nie!
> Phew...
> ;-)))
>
>> en 'n Rus volg jou op in die
>> nuusgroep:-)))
>
> Gie gie gie, en toe die lab verslag terugkom, sê hulle vir my dis
> altwee van 'n Roodepoort adres gestuur. Hoe weird is dit??
>
> Katryn McCarthy
>


> Aikôna . Ivula nini?
> Lokhu kuyahlekisa!!
> ;-))


Sh*t...! Kaptein McCarthy, jy spioeneer fyn né:-)))

DanoniemD
Re: The Russians are coming, the russians are coming!! [boodskap #4188 is 'n antwoord op boodskap #4187] Vr, 12 Maart 2004 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Mar 2004 22:19:08 +0200, DD wrote:


> Sh*t...! Kaptein McCarthy, jy spioeneer fyn né:-)))
>
> DanoniemD

LOL! Fyn, my broer, fyn!!
Jy behoort mos nou al te weet!
;-)))
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4191 is 'n antwoord op boodskap #4179] Sa, 13 Maart 2004 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:vfv1501n0aqmjp88blt5fcvvtfapms0rva@4ax.com...
> On Thu, 11 Mar 2004 00:32:31 +0100, "Roely" wrote:
>
>
>> Dus ik ga maar niet op een paard zitten, ik heb een huis met vijf trappen
>> :-))
>
> Giegie....dankie, Roely. Jy en Lorinda het my baie beter laat voel
> oor my "onfikse" lyf. Ek was juis vanoggend weer gym toe, maar het na
> 10 minute besluit genoeg is genoeg, en toe na die botaniese tuin gery
> waar ek o.a 'n heerlike stuk kaaskoek geeet het en koffie gedrink het
> saam met selfde vriendin wie se perde ek Sondag so admireer het.

Bofkont dat je bent! Zomaar in de hortus zitten en heerlijke koek eten ;-)
Wanneer wordt het hier nu eens echt lente?

Sy
> het so "knowingly" gesmaail toe sy sien hoe styf ek nog was, Die
> skurk!! ;-))

Zij moest natuurlijk denken aan haar eigen eerste paardrijlessen :-). Het
leukste vermaak is leedvermaak ;-)

Roely
>
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4195 is 'n antwoord op boodskap #4191] So, 14 Maart 2004 00:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
>
> Bofkont dat je bent!

Wat beteken dit Roely?

Lorinda
Re: Lui perde en trappe [boodskap #4199 is 'n antwoord op boodskap #4178] So, 14 Maart 2004 00:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

> Maar vertel nou eers waarom jou rusbank leeg is? Wat het jy gedoen om
> van jou gaste ontslae te raak? Het jy dalk die kettingsaag afgewys
> een aand laat? Ek wonder maar net....
> ;-))))

Dis seker die stilte voor die Lente storm? :-) Ek het nie van almal
ontslae geraak nie, die kamers is nog vol.. Die rusbank inwoner het my
rusbank vir iemand anders se attic veruil. Maar die kettingsaag idee
sal ek onthou indien dit alles eendag te veel word :-))

Lorinda
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4204 is 'n antwoord op boodskap #4195] So, 14 Maart 2004 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0403131628.168cbc8a@posting.google.com...
> "Roely" wrote in message
news:...
>>
>> Bofkont dat je bent!
>
> Wat beteken dit Roely?
>
> Lorinda

Boffen betekent geluk hebben, en kont is je achtereind :-). You lucky dog!

Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4206 is 'n antwoord op boodskap #4204] So, 14 Maart 2004 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Mar 2004 12:23:57 +0100, "Roely" wrote:

>>
>> Wat beteken dit Roely?
>>
>> Lorinda
>
> Boffen betekent geluk hebben, en kont is je achtereind :-). You lucky dog!
>
> Roely

Dit is n vreeslike oulike woord. Ek hoop ek sal dit onthou. Giegie,
Roely die kont gedeelte is alweer een van daardie woorde wat dalk 'n
ander betekenis in Afrikaans kan hê, maar is nie seker nie. Vir 'n
Engelse oor klink dit alteveel na ...um...wel newwermaaind.
;-)
Oor lente [boodskap #4210 is 'n antwoord op boodskap #4191] So, 14 Maart 2004 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Mar 2004 17:55:36 +0100, "Roely" wrote:

> Bofkont dat je bent! Zomaar in de hortus zitten en heerlijke koek eten ;-)

Giegie, ek is so bly Lorinda het die vraag gevra, want ek het ook
gewonder hoe lyk 'n bofkont. ;-))

> Wanneer wordt het hier nu eens echt lente?

Dit is nogal 'n interessante vraag. Hier is dit al Lente, maar dis
nog nie veronderstel om te wees nie. Die bome staan almal vol
bloeisels (te pragtig), en al die plante is besig om uit te loop. Ons
werk alweer van gister af omtrent elke dag in di etuin om te plant en
onkruid te probeer beheer, en so aan.
Nou die dag het el juis so interessante artikel iewers gelees van die
hommelby wat so vroeg in Engeland uitegkom het, en nie veronderstel
was om al uit te wees nie. Sal kyk of ek dit weer kan kry, en dan vir
julle plaas.

> Zij moest natuurlijk denken aan haar eigen eerste paardrijlessen :-). Het
> leukste vermaak is leedvermaak ;-)

Ja, dit is so waar!! ;-)
Re: Oor lente [boodskap #4216 is 'n antwoord op boodskap #4210] So, 14 Maart 2004 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Dit is nogal 'n interessante vraag. Hier is dit al Lente, maar dis
> nog nie veronderstel om te wees nie. Die bome staan almal vol
> bloeisels (te pragtig), en al die plante is besig om uit te loop.

Die wereld staan hier geel van die daffodille (al daardie f's en
elle.. iets is verkeerd iewers maar ek weet nie wat dit is nie :-))
Hulle groei wild orals soos kosmos in SA.
My tuintjie het meesal kruie in (en daffodille wat self opkom) so
onkruid word nie maklik raakgesien nie...:-)

Lorinda
Re: Oor lente [boodskap #4220 is 'n antwoord op boodskap #4216] So, 14 Maart 2004 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0403141122.10ec624a@posting.google.com...
> Katryn wrote in message
news:...
>>
>> Dit is nogal 'n interessante vraag. Hier is dit al Lente, maar dis
>> nog nie veronderstel om te wees nie. Die bome staan almal vol
>> bloeisels (te pragtig), en al die plante is besig om uit te loop.
>
> Die wereld staan hier geel van die daffodille (al daardie f's en
> elle.. iets is verkeerd iewers maar ek weet nie wat dit is nie :-))
> Hulle groei wild orals soos kosmos in SA.
> My tuintjie het meesal kruie in (en daffodille wat self opkom) so
> onkruid word nie maklik raakgesien nie...:-)
>
> Lorinda

Een poosje geleden was het hier wel warm genoeg om alle bollen (krokussen,
narcissen, sneeuwklokjes, blauwe druifjes) uit te laten komen, maar de
laatste anderhalve week is het koud geweest. Ons tuintje ligt helaas op het
noorden, en ook nog in de schaduw van een buurboom (een grote esdoorn), dus
veel kan er niet bloeien, maar de rododendron staat vol in de knop, de
skimmia vol bloemen, en er bloeit zelfs een afrikaantje :-)) in een
bloembak.
Ik ben allang blij dat ik een tuintje heb, midden in Amsterdam.

Roely
Re: Lui perde en luiperds ;-) [boodskap #4221 is 'n antwoord op boodskap #4204] So, 14 Maart 2004 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
>
> Boffen betekent geluk hebben, en kont is je achtereind :-). You lucky dog!
>
> Roely

Ek is so bly jy is hier om vir ons hierdie woorde te leer; hierdie een
gaan ek beslis onthou!

Lorinda
Re: Oor lente [boodskap #4224 is 'n antwoord op boodskap #4216] Ma, 15 Maart 2004 01:09 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Mar 2004 11:22:43 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> My tuintjie het meesal kruie in (en daffodille wat self opkom) so
> onkruid word nie maklik raakgesien nie...:-)

En moet asseblief NIKS doen met jou onkruid nie. Of het jy al
die antidote gekry vir die duiwesldrek "probleem"?
Vorige onderwerp: Pygocentrus nattereri
Volgende onderwerp: Volstruise
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 10:13:49 MGT 2024