Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Terug na SA?
Terug na SA? [boodskap #38948] |
Mon, 05 February 2001 14:01  |
Poepol
Boodskappe: 4 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Nou goed dan.
My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan na 5
jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier my eie
besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.
Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95 was
die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons besig
om 'n lat vir ons eie gat te pluk?
Opinies asseblief ...
Groete ...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na SA? [boodskap #38987 is 'n antwoord op boodskap #38956] |
Wed, 07 February 2001 12:20   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 05 Feb 2001 15:51:48 GMT, Nospam@this.stage. (Ferdi) wrote:
> On Mon, 5 Feb 2001 15:04:33 -0000, "PDS" wrote:
>
>
>
>
> Ons het dit gehad...... van 1902 tot diep in die jare 30.....
Iemand met kultuurtrots en sentiment met ons volksgeskiedenis sal
nooooooit pro die engelse voel nie. Die engelse wat jy hier
komplimenteer is die spul wat nà goud aan die Rand gevind is, dié land
by die Boere kom afvat het. Die spul wat plaashuise afgebrand het en
vrouens en kinders in konsentrasiekampe mishandel het.
Kon dit nie help om dit te geniet toe my oupa, wat die boereoorlog
meegemaak het, vertel het van die rooinek wat met sy perd by 'n
turksvybos stil gehou het en onder die indruk dat dit perskes is, 'n
klomp voor in sy hemp gegooi het. Weet nie hoe waar die storie is,
maar dit is een van die vertellings wat miskien lekker aangedik is,
want dit is van die khakis vertel.
Ferdi, hou op om popye van jouself te maak. Die engelse het 'n swakker
reputasie as wat ons volk ooit sal hê.
DD
|
|
|
Re: Terug na SA? [boodskap #38989 is 'n antwoord op boodskap #38948] |
Wed, 07 February 2001 13:04   |
Nospam[1]
Boodskappe: 47 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 06 Feb 2001 19:54:54 +0000, Poepol
wrote:
> Ai, my newsreader is tog so stadig ...
>
> Op die nuusgroep - ja ek het 'n sterk gestel; ek ignoreer die abuse.
>
> Natuurlik moet ek my eie mind op maak, ek probeer 'n grooter sample kry as wat ek tans het. My eie familie (platteland huidiglik) sê bly daar. Ander sê, nee wat, die geweld is beter as wat dit was, skaakings is af, ons voel beter, besigheid doen goed, mense ry nuwe karre, ons gaan aan.
>
> Is wat jy sê nog rerig waar in SA. Toe ons weg is (ek is een keer terug, vir 'n week in '98) het dit gelyk asof als net gevat gaan word, skelm, maar dit sou nog gebeur.
>
> As ek toegelaat sal word om uit te vat wat ek sal insit (nie net geld nie!)is my vraag positief beantwoord. Geen waarborge. ;-)
>
> Groete...
Ek sou se: Misdaad is nie meer as wat dit was nie. Dit is dalk nie
soveel minder nie, maar die patrone is moontlik anders.
Die effort van die polisie is ook nie minder nie, indien enigiets is
dit moontlik meer gedetermineerd en planmatig.
Die geveg teen misdaad is 'n lang proses.
Die samelewing het steeds baie armes en baie rykes. Dit is een van die
bronne van misdaad, die gaping.
Die upper classes het meer geld as in 1995. Die hele Rosebank - lyk
dit soms - ry met blink 4x4's .
En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.
Daar is 'n baie groter swart middelklas as in 1995.
Jy sal dit waarskynlik vinnig agterkom in winkelsentrums.
Hulle is net so nice, bedonnerd wat ookal as die Afrikaners en die
Engelse en die Portugese en die Lebanese en wat ookal.
Daar is 'n wyer keuse van kos en klere as in 1995 sou ek se.
Daar is waarskynlik 'n groter selfversekerdheid onder die mense. Die
swartmense is chilled out oor hulle nuwe middelklasheid en die
witmense is chilled out oor die swartmense chilled out is daaroor.
Die downside daarvan is dat daar aan albei kante waarskynlik 'n groter
bereidwilligheid is om die ras tamboer te slaan wanneer gekla word.
In short - die samelewing is stabiel en aan die gang. Die son is great
Johannesburg is grasgroen in die somer die donderweer slaan steeds
modems uit.
Misdaad is steeds met ons.
Johannesburg se middestad is baie skoner as in 1995 en kry al hoe meer
close circuit kamera's om misdaad te probeer vasvat.
Die strip tussen Jhb en Pta sal jou asem wegslaan oor die ontwikkeling
daar sedert 1995.
Gauteng groei elke maand groter.
Dis 'n moeilike keuse dalk vir jou, niemand sal kan se "dis kakker"nie
want dit is nie. Niemand sal ook kan se "al die probleme is opgelos"
nie, want dit is nie.
Basies dieselfde plek dus, met ander woorde stabiel.
Jy gaan weer leer om bewus te wees van jou spasie as jy in die stad
loop. Weer oe agter jou kop groei. Jy gaan weer die refleks aanleer om
die alarm te stel as jy uitgaan. As die selfoon lui, gaan jy dalk vir
'n oomblik jy wonder of dit nie die veiligjheidsmaatskappy is wat se
hulle het probeer inbreek by jou huis nie.
Maar jy gaan in 'n eetplek sit waar 'n goeie bord kos R40 max kos. Die
mense gaan aksente he wat jy ken. Buite gaan dit 'n stil, warm
Hoeveldse aand wees. Daai fluweel soort donkerte wat jy voel op jou
vel.
Later die aand dalk 'n donderstorm en dan die koelte.
Vroeer die aand sal die sonsondergang oor Jhb weereens jou asem
weggeslaan het. Mens raak nooit heeltemal gewoond daaraan nie.
En dan een dag ry jy deur die Karoo en jy wil begin huil dis so mooi.
'n Mens betaal vir alles in die lewe, maar somtyds is wat jy kry die
prys werd.
En o ja, hier is nog issues in die land wat belangrik is. Nie warra
warra nie, Dis werklik belangrik.
|
|
|
|
|
Re: Terug na SA? [boodskap #38998 is 'n antwoord op boodskap #38987] |
Wed, 07 February 2001 21:22   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Die engelse het 'n swakker
> reputasie as wat ons volk ooit sal hê.
Dis nou een van die ou deuntjies wat mens gedurighoor deesdae: "die Engelse
was erger as ons."
Dis asof dit as verskoning moet dien vir die hele
verskriklike menseregte-skending van die laaste
deel van die neëntiende eeu in SA. Daar was
mense-regte skendings deur Engeland hier en daar,
maar oor die algemeen was die Engelse regerings
in die verskillende dele van die wêreld baie meer
verlig as dié van byvoorbeeld die Duitsers, die
Belge, die Portugese en selfs die Franse. Dit is
danksy die organisasies wat Engeland op die Indiese
subkontinent daargestel het, dat Indië vandag 'n
suksesvolle demokrasie is. Danksy die Skotte wat
deel van die Engelse instroming is in Suider Afrika,
het SA 'n hele klomp goeie skole en inrigtings vir
hoër opvoeding geerf. (Ongelukkig is sommige van
die swart inrigtings deur die departement van Bantoe-
Onderwys verniel.)
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39030 is 'n antwoord op boodskap #39029] |
Thu, 08 February 2001 14:44   |
Nospam[1]
Boodskappe: 47 Geregistreer: January 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 8 Feb 2001 16:01:16 +0200, "Voetleuce" wrote:
> Ferdie:
> En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.
>
> Louse:
> Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
> in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee.
>
> Leuce:
> Jong, ek weet nie van gister en vandag nie, maar ek weet die paaie hier in
> Gauteng is baie slegter as daar in die Kaap.>
1. Jy sal sien dat my sin geskryf is net nadat ek verwys het na al die
4x4's in Rosebank. Dit was 'n siniese opmerking op die rykgat-mode om
'n 4x4 te koop en dan by Sandton City te parkeer.
2. In my ondervinding is die paaie in elk geval pretty much dieselfde
as 10 jaar of 15 jaar gelede.
Altans die paaie wat ek ry. Dit is in Jhb. Ooste van Jhb.
Middelstad/Braamfontein. Aucklandpartk-omgewing. Jan Smuts-rylaand na
Randburg, Pad tussen Jhb en Pta.
Pad tussen Jhb en Bloenfontein.
Pad tussen Bloem en PE.
Pad tussen PE en Port Alfred.
Pad tussen PE en Oudtshoorn.
In fact, die pad tussen Jhb en Bloemfontein is 'n paar honderd persent
beter as 15/20 jaar gelede.
Dieselfde vir die snelweg tussen Jhb en Pta.
Die ander is dieselfde.
Die snelweg-stelsel deur/oor Jhb het werk nodig, maar dit is geensins
stukkend of vervalle nie.
Daai pad is, by the way, deur die Jhb stadsraad gebou en word deur
hulle onderhou sover ek weet.
Jhb stadsraad het die afgelope 3 jaar bespaar dat dit klap om uit die
skuld te kom wat die NP en die DP hulle onder meer in gedompel het en
begin nou eers weer kapitaal-besteding doen.
Ek weet baie daarvan op die oomblik want die fokkers het die hele
sypaadjie voor my huis opgegraaf om 'n nuwe elektrisiteitskabeld te le
en het in die proses natuurlik die Telkom-kabel stukkend gegraaf.
Maar dit was ook 'n interessante oefening. Kla die middag en teen die
volgende dag werk die foon vir uitbel. Die volgende oggend werk die
lyn weer 100%.
Die sypaadjie is egter na omtrent drie weke STEEDS 'n sloot en die
grond het reeds twee keer die pad afgespoel met donderstorms. Dit sal
glo nog drie weke neem, maar dan, se die mna, sal ons krag konstant op
220 wees - of so iets. Dit het met die ou konneksies glo gereeld gedip
na 170 volts of iets.
By the way die grawery is 'n privaat-onderneming. Die stadsraad het
die werk uitgekontrakteer.
In die proses is die krag toe ook een middag afegsny. My vrou bel die
stadsraad en vra watdemoergaanaan. Na so 'n uur kom die krag toe weer
aan. Dit blyk dit was die slootmense wat 'n kragkabel die keer
raakgegraaf het. Die man se as jy 'n kragkabel met die pik raakslaan
maak dit net so "POEF!!" en jy kom niks oor nie want die pik se steel
is van hout.
Die stadsraad se mense was toe in elk geval later die middag daar om
te kom verneem wat gaan aan.
Kaapse paaie beter he?
Ek neem aan julle verwys na daai vierbaan-snelweg tussen die strand en
die Kaap waar die vermeerderde hoeveelheid gewapende spietkops nie
daarin kan slaag om aanvalle op motoriste te verhinder nie.
Of praat julle van die ander snelweg, die een deur Belville. Is daar
as nog een die Kaap?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Terug na SA? [boodskap #39041 is 'n antwoord op boodskap #38948] |
Thu, 08 February 2001 22:18   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Gaan weg Gloudina - gaan vêêêêêêêêêêêêêêêêêrrrrrr weg!!!
Daar is 'n sensitiewe ou plekkie in jou ou binnestetjiegeraak, né ou Lou. Al die
energie gesit in daardie 17
kappies! Ek dink jy is ryp vir terapie, ou Lou, of anders
moet jy my 'n rukkie op jou kill file sit. Jou senuwees
sal dit nooit hou nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 22:29:11 UTC 2025
|