Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Terug na SA?
Terug na SA? [boodskap #38948] Ma, 05 Februarie 2001 14:01 na volgende boodskap
Poepol  is tans af-lyn  Poepol
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Nou goed dan.

My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan na 5
jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier my eie
besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.

Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95 was
die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons besig
om 'n lat vir ons eie gat te pluk?

Opinies asseblief ...

Groete ...
Re: Terug na SA? [boodskap #38951 is 'n antwoord op boodskap #38948] Ma, 05 Februarie 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die wat gekla het in 95 kla nog steeds.
Die lug is nog steeds blou. Die son skyn nog net so lekker. Die ruik van
bamboes en reen of 'n stofpad het ons nog steeds. Die vis is nog lekker, ons
kan nog steeds nuwe motors koop en die winkelrakke is nog vol met 'n wye
verskeidenheid produkte.
Die kuns is om nie na die TV nuus te kyk nie, en die koerante van agter af
te lees.
Annette ( twee weke vanakansie oor kersfees en nuwejaar in Engeland was
genoeg om te weet sy wil nooit ooit weer koud kry oor daardie periode nie)

Poepol wrote in message ...
> Nou goed dan.
>
> My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan na 5
> jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier my eie
> besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.
>
> Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95 was
> die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons besig
> om 'n lat vir ons eie gat te pluk?
>
> Opinies asseblief ...
>
> Groete ...
>
Re: Terug na SA? [boodskap #38953 is 'n antwoord op boodskap #38948] Ma, 05 Februarie 2001 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 5 Feb 2001 14:01:26 -0000, "Poepol" wrote:

> Opinies asseblief ...

Op die nuusgroep? Vra jy dit? Jy het 'n sterk gestel......

Maak jou eie mind op. Daar is geen waarborge in die lewe nie. Jy kry
uit 'n plek in verhouding tot wat jy insit.
Re: Terug na SA? [boodskap #38954 is 'n antwoord op boodskap #38948] Ma, 05 Februarie 2001 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PDS  is tans af-lyn  PDS
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek is ook tans in Engeland.......ek moet se ek mis my familie baie en mis
uit op hulle lewens...en alhoewel ek ook goeie geld verdien hierso....sal ek
nie hier kan "settle" nie. Ek bly maar lief vir my eie land al maak die
regering mens BAIE kere die dinges in !!!!!!!!!!!!!

Die weer is elke dag sif.....en ek geniet SA se weer baie meer !

SA is 'n pragtige land.........imagine ons het SA gehad met Engeland se
regering ! WAT 'n Fees !!!!

Ek sal se - Gaan terug ja - al is dit net vir jou eie familie.
Re: Terug na SA? [boodskap #38956 is 'n antwoord op boodskap #38954] Ma, 05 Februarie 2001 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 5 Feb 2001 15:04:33 -0000, "PDS" wrote:

SA is 'n pragtige land.........imagine ons het SA gehad met Engeland
se
> regering ! WAT 'n Fees !!!!>

Ons het dit gehad...... van 1902 tot diep in die jare 30.....
Re: Terug na SA? [boodskap #38959 is 'n antwoord op boodskap #38948] Ma, 05 Februarie 2001 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As jy weer jou huis 'n tronk wil he, slaap met jou kettie en sien hoe jou
swaarverdiende geld verkwis word deur
onbevoegde ape kom gerus terug. As ek jou keuses gehad het wyk ek eerder uit
na Australie

Krokkie

"Poepol" skryf in boodskap news:95mbki$hul$1@uranium.btinternet.com...
> Nou goed dan.
>
> My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan na 5
> jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier my eie
> besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.
>
> Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95 was
> die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons besig
> om 'n lat vir ons eie gat te pluk?
>
> Opinies asseblief ...
>
> Groete ...
>
Re: Terug na SA? [boodskap #38963 is 'n antwoord op boodskap #38959] Ma, 05 Februarie 2001 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tot tyd en wyl ek of een van my familie lede sneuwel wil ek nêrens elders
bly nie - en het heelwat gesien. Hoe vervelig moet dit wees as jy nie meer
24-uur op jou hoede is nie, ens. Ek is ernstig. 'n Weermag is net sterk in
'n oorlog. 'n Mens word sterk en groei in heidrei situasie. Ek glo in
hierdie land, my land. Ek glo in hierdie land se mense - sonder die geloof
moet ek eerder vrek voor ek vertrek.
Kom assblief terug - kom help die plek werk.

"Krokkie" skryf in boodskap news:3a7ed0db$0$17225@hades.is.co.za...
> As jy weer jou huis 'n tronk wil he, slaap met jou kettie en sien hoe jou
> swaarverdiende geld verkwis word deur
> onbevoegde ape kom gerus terug. As ek jou keuses gehad het wyk ek eerder uit
> na Australie
>
> Krokkie
>
>
>
>
> "Poepol" wrote in message
> news:95mbki$hul$1@uranium.btinternet.com...
>> Nou goed dan.
>>
>> My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan na 5
>> jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier my
> eie
>> besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.
>>
>> Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95 was
>> die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons
> besig
>> om 'n lat vir ons eie gat te pluk?
>>
>> Opinies asseblief ...
>>
>> Groete ...
>>
>
Re: Terug na SA? [boodskap #38965 is 'n antwoord op boodskap #38963] Ma, 05 Februarie 2001 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Al wat n mens daarop kan se is " amen"

Reenen

Vusi skryf in boodskap news:3a7ef582$0$230@helios.is.co.za...
> Tot tyd en wyl ek of een van my familie lede sneuwel wil ek nêrens elders
> bly nie - en het heelwat gesien. Hoe vervelig moet dit wees as jy nie meer
> 24-uur op jou hoede is nie, ens. Ek is ernstig. 'n Weermag is net sterk in
> 'n oorlog. 'n Mens word sterk en groei in heidrei situasie. Ek glo in
> hierdie land, my land. Ek glo in hierdie land se mense - sonder die geloof
> moet ek eerder vrek voor ek vertrek.
> Kom assblief terug - kom help die plek werk.
> "Krokkie" wrote in message
> news:3a7ed0db$0$17225@hades.is.co.za...
>> As jy weer jou huis 'n tronk wil he, slaap met jou kettie en sien hoe jou
>> swaarverdiende geld verkwis word deur
>> onbevoegde ape kom gerus terug. As ek jou keuses gehad het wyk ek eerder
> uit
>> na Australie
>>
>> Krokkie
>>
>>
>>
>>
>> "Poepol" wrote in message
>> news:95mbki$hul$1@uranium.btinternet.com...
>>> Nou goed dan.
>>>
>>> My familie is tans besig om te besluit of ons terug SA toe moet gaan
na
> 5
>>> jaar in Engeland. Grootste rede is my vrou se gesondheid. Ek het hier
my
>> eie
>>> besigheid, doen nogal redelik in die rekenaar wereld.
>>>
>>> Ek self is redelik skrikerig vir die hele ding, toe ons weg is, in '95
> was
>>> die geskittery baie aan die gang met geen einde in sig nie. Nou is ons
>> besig
>>> om 'n lat vir ons eie gat te pluk?
>>>
>>> Opinies asseblief ...
>>>
>>> Groete ...
>>>
>>
>
Re: Terug na SA? [boodskap #38987 is 'n antwoord op boodskap #38956] Wo, 07 Februarie 2001 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 05 Feb 2001 15:51:48 GMT, Nospam@this.stage. (Ferdi) wrote:

> On Mon, 5 Feb 2001 15:04:33 -0000, "PDS" wrote:
>
>
>
>
> Ons het dit gehad...... van 1902 tot diep in die jare 30.....

Iemand met kultuurtrots en sentiment met ons volksgeskiedenis sal
nooooooit pro die engelse voel nie. Die engelse wat jy hier
komplimenteer is die spul wat nà goud aan die Rand gevind is, dié land
by die Boere kom afvat het. Die spul wat plaashuise afgebrand het en
vrouens en kinders in konsentrasiekampe mishandel het.

Kon dit nie help om dit te geniet toe my oupa, wat die boereoorlog
meegemaak het, vertel het van die rooinek wat met sy perd by 'n
turksvybos stil gehou het en onder die indruk dat dit perskes is, 'n
klomp voor in sy hemp gegooi het. Weet nie hoe waar die storie is,
maar dit is een van die vertellings wat miskien lekker aangedik is,
want dit is van die khakis vertel.

Ferdi, hou op om popye van jouself te maak. Die engelse het 'n swakker
reputasie as wat ons volk ooit sal hê.

DD
Re: Terug na SA? [boodskap #38989 is 'n antwoord op boodskap #38948] Wo, 07 Februarie 2001 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 06 Feb 2001 19:54:54 +0000, Poepol
wrote:

> Ai, my newsreader is tog so stadig ...
>
> Op die nuusgroep - ja ek het 'n sterk gestel; ek ignoreer die abuse.
>
> Natuurlik moet ek my eie mind op maak, ek probeer 'n grooter sample kry as wat ek tans het. My eie familie (platteland huidiglik) sê bly daar. Ander sê, nee wat, die geweld is beter as wat dit was, skaakings is af, ons voel beter, besigheid doen goed, mense ry nuwe karre, ons gaan aan.
>
> Is wat jy sê nog rerig waar in SA. Toe ons weg is (ek is een keer terug, vir 'n week in '98) het dit gelyk asof als net gevat gaan word, skelm, maar dit sou nog gebeur.
>
> As ek toegelaat sal word om uit te vat wat ek sal insit (nie net geld nie!)is my vraag positief beantwoord. Geen waarborge. ;-)
>
> Groete...

Ek sou se: Misdaad is nie meer as wat dit was nie. Dit is dalk nie
soveel minder nie, maar die patrone is moontlik anders.
Die effort van die polisie is ook nie minder nie, indien enigiets is
dit moontlik meer gedetermineerd en planmatig.
Die geveg teen misdaad is 'n lang proses.
Die samelewing het steeds baie armes en baie rykes. Dit is een van die
bronne van misdaad, die gaping.
Die upper classes het meer geld as in 1995. Die hele Rosebank - lyk
dit soms - ry met blink 4x4's .
En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.
Daar is 'n baie groter swart middelklas as in 1995.
Jy sal dit waarskynlik vinnig agterkom in winkelsentrums.
Hulle is net so nice, bedonnerd wat ookal as die Afrikaners en die
Engelse en die Portugese en die Lebanese en wat ookal.
Daar is 'n wyer keuse van kos en klere as in 1995 sou ek se.
Daar is waarskynlik 'n groter selfversekerdheid onder die mense. Die
swartmense is chilled out oor hulle nuwe middelklasheid en die
witmense is chilled out oor die swartmense chilled out is daaroor.
Die downside daarvan is dat daar aan albei kante waarskynlik 'n groter
bereidwilligheid is om die ras tamboer te slaan wanneer gekla word.
In short - die samelewing is stabiel en aan die gang. Die son is great
Johannesburg is grasgroen in die somer die donderweer slaan steeds
modems uit.
Misdaad is steeds met ons.
Johannesburg se middestad is baie skoner as in 1995 en kry al hoe meer
close circuit kamera's om misdaad te probeer vasvat.
Die strip tussen Jhb en Pta sal jou asem wegslaan oor die ontwikkeling
daar sedert 1995.
Gauteng groei elke maand groter.

Dis 'n moeilike keuse dalk vir jou, niemand sal kan se "dis kakker"nie
want dit is nie. Niemand sal ook kan se "al die probleme is opgelos"
nie, want dit is nie.

Basies dieselfde plek dus, met ander woorde stabiel.
Jy gaan weer leer om bewus te wees van jou spasie as jy in die stad
loop. Weer oe agter jou kop groei. Jy gaan weer die refleks aanleer om
die alarm te stel as jy uitgaan. As die selfoon lui, gaan jy dalk vir
'n oomblik jy wonder of dit nie die veiligjheidsmaatskappy is wat se
hulle het probeer inbreek by jou huis nie.
Maar jy gaan in 'n eetplek sit waar 'n goeie bord kos R40 max kos. Die
mense gaan aksente he wat jy ken. Buite gaan dit 'n stil, warm
Hoeveldse aand wees. Daai fluweel soort donkerte wat jy voel op jou
vel.
Later die aand dalk 'n donderstorm en dan die koelte.
Vroeer die aand sal die sonsondergang oor Jhb weereens jou asem
weggeslaan het. Mens raak nooit heeltemal gewoond daaraan nie.

En dan een dag ry jy deur die Karoo en jy wil begin huil dis so mooi.

'n Mens betaal vir alles in die lewe, maar somtyds is wat jy kry die
prys werd.

En o ja, hier is nog issues in die land wat belangrik is. Nie warra
warra nie, Dis werklik belangrik.
Re: Terug na SA? [boodskap #38990 is 'n antwoord op boodskap #38987] Wo, 07 Februarie 2001 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 07 Feb 2001 14:20:01 +0200, Davie Davis wrote:

> Ferdi, hou op om popye van jouself te maak. Die engelse het 'n swakker
> reputasie as wat ons volk ooit sal hê.

Die deel:

SA is 'n pragtige land.........imagine ons het SA gehad met Engeland
> se
>> regering ! WAT 'n Fees !!!!>

...is NIE ek nie.

Die opmerking

> Ons het dit gehad...... van 1902 tot diep in die jare 30.....

die deel - met al die implikasies - dit is ek.

>
> DD
Re: Terug na SA? [boodskap #38992 is 'n antwoord op boodskap #38953] Wo, 07 Februarie 2001 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met Ferdi (oppas dit gaan môre sneeu!). As jy met 'n negatiewe
houding hier aankom, gaan jou slegste verwagtinge bewaarheid word. Daar is
'n paar goed wat jy wel moet in aanmerking neem, byv dis dwaas om nie baie
goed vir jou gesin en jou eie veiligheid te sorg nie. En om die hoë
voorkoms van misdaad sonder meer af te maak as niks en dat 'dit sal nie met
my gebeur nie'. Aan die ander kant is dit seker ook nie nodig om paranoïes
te wees nie!

Groete,
Dries

"Ferdi" skryf in boodskap news:3a8ec003.27468697@news.is.co.za...
> On Mon, 5 Feb 2001 14:01:26 -0000, "Poepol" wrote:
>
>
> Op die nuusgroep? Vra jy dit? Jy het 'n sterk gestel......
>
> Maak jou eie mind op. Daar is geen waarborge in die lewe nie. Jy kry
> uit 'n plek in verhouding tot wat jy insit.
>
Re: Terug na SA? [boodskap #38998 is 'n antwoord op boodskap #38987] Wo, 07 Februarie 2001 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Die engelse het 'n swakker
> reputasie as wat ons volk ooit sal hê.

Dis nou een van die ou deuntjies wat mens gedurighoor deesdae: "die Engelse
was erger as ons."
Dis asof dit as verskoning moet dien vir die hele
verskriklike menseregte-skending van die laaste
deel van die neëntiende eeu in SA. Daar was
mense-regte skendings deur Engeland hier en daar,
maar oor die algemeen was die Engelse regerings
in die verskillende dele van die wêreld baie meer
verlig as dié van byvoorbeeld die Duitsers, die
Belge, die Portugese en selfs die Franse. Dit is
danksy die organisasies wat Engeland op die Indiese
subkontinent daargestel het, dat Indië vandag 'n
suksesvolle demokrasie is. Danksy die Skotte wat
deel van die Engelse instroming is in Suider Afrika,
het SA 'n hele klomp goeie skole en inrigtings vir
hoër opvoeding geerf. (Ongelukkig is sommige van
die swart inrigtings deur die departement van Bantoe-
Onderwys verniel.)

Gloudina

>
Re: Terug na SA? [boodskap #39014 is 'n antwoord op boodskap #38948] Do, 08 Februarie 2001 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dieselfde ou kak , Kry gou vir jou 'n Reality check dis nou die jaar 2001

skryf in boodskap news:3A81BD07.1F47F73@home.com...
Dis nou een van die ou deuntjies wat mens gedurighoor deesdae: "die Engelse
was erger as ons."
Dis asof dit as verskoning moet dien vir die hele
verskriklike menseregte-skending van die laaste
deel van die neëntiende eeu in SA. Daar was
mense-regte skendings deur Engeland hier en daar,
maar oor die algemeen was die Engelse regerings
in die verskillende dele van die wêreld baie meer
verlig as dié van byvoorbeeld die Duitsers, die
Belge, die Portugese en selfs die Franse. Dit is
danksy die organisasies wat Engeland op die Indiese
subkontinent daargestel het, dat Indië vandag 'n
suksesvolle demokrasie is. Danksy die Skotte wat
deel van die Engelse instroming is in Suider Afrika,
het SA 'n hele klomp goeie skole en inrigtings vir
hoër opvoeding geerf. (Ongelukkig is sommige van
die swart inrigtings deur die departement van Bantoe-
Onderwys verniel.)

Gloudina

>
Re: Terug na SA? [boodskap #39015 is 'n antwoord op boodskap #38948] Do, 08 Februarie 2001 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Davie Davis wrote:
>
>> Die engelse het 'n swakker
>> reputasie as wat ons volk ooit sal hê.
>
> Dis nou een van die ou deuntjies wat mens gedurighoor deesdae: "die Engelse
> was erger as ons."

Gaan weg Gloudina - gaan vêêêêêêêêêêêêêêÃ
Re: Terug na SA? [boodskap #39019 is 'n antwoord op boodskap #38989] Do, 08 Februarie 2001 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.

Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee. Blykbaar
word die verband tussen goeie vervoer infrastruktuur en ekonomiese groei
nie raak gesien nie.

Al raad wat ek vir terugkeerders kan kan gee is om seker te maak dat jy
'n vaste werks aanbod geteken, op papier het voordat jy terugkom. Ek ken
mense met goeie skills in die rekenaar bedryf wat sukkel om werk te kry.
Verder - ons survive, en soo s Ferdie sê - die son skyn, dit reën darem
genoeg en die kos kom nog op die tafel.
Re: Terug na SA? [boodskap #39022 is 'n antwoord op boodskap #39014] Do, 08 Februarie 2001 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 8 Feb 2001 07:27:54 +0200, "Krokkie" wrote:

> Dieselfde ou kak , Kry gou vir jou 'n Reality check dis nou die
jaar 2001

Krokkie op haar gebruiklike intellektuele "high".
Re: Terug na SA? [boodskap #39024 is 'n antwoord op boodskap #39022] Do, 08 Februarie 2001 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou Internet koordineerdertjie
almal wat sanik so oor die verlede pas so goed in jou kraal.
Terloops het jy al 'n ander haarstyl ? Wannner kry jy weer 'n werkstuk om
jou geld te verdien ?

"Ferdi" skryf in boodskap news:3a8560ac.5829215@news.is.co.za...
> On Thu, 8 Feb 2001 07:27:54 +0200, "Krokkie" wrote:
>
[color=blue]>
Re: Terug na SA? [boodskap #39027 is 'n antwoord op boodskap #38948] Do, 08 Februarie 2001 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Poepol  is tans af-lyn  Poepol
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir jou woorde. Ek waardeer jou tyd.
Persoonlik is ek seker net bang vir die hele storie weer, hoe muure, groot honde, gesluite deure en so aan. But, where there's life, there's hope. Issues kan ek hanteer, despair nie.

As ek terug in Gauteng is koop ek jou 'n Castle. :-)

Thanks

Colin

_______________________________________________
Submitted via WebNewsReader of http://www.interbulletin.com
Complaint against spamming pls. to: abuse @ interbulletin.com
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39029 is 'n antwoord op boodskap #39019] Do, 08 Februarie 2001 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdie:
En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.

Louse:
Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee.

Leuce:
Jong, ek weet nie van gister en vandag nie, maar ek weet die paaie hier in
Gauteng is baie slegter as daar in die Kaap.
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39030 is 'n antwoord op boodskap #39029] Do, 08 Februarie 2001 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 8 Feb 2001 16:01:16 +0200, "Voetleuce" wrote:

> Ferdie:
> En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.
>
> Louse:
> Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
> in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee.
>
> Leuce:
> Jong, ek weet nie van gister en vandag nie, maar ek weet die paaie hier in
> Gauteng is baie slegter as daar in die Kaap.>

1. Jy sal sien dat my sin geskryf is net nadat ek verwys het na al die
4x4's in Rosebank. Dit was 'n siniese opmerking op die rykgat-mode om
'n 4x4 te koop en dan by Sandton City te parkeer.

2. In my ondervinding is die paaie in elk geval pretty much dieselfde
as 10 jaar of 15 jaar gelede.

Altans die paaie wat ek ry. Dit is in Jhb. Ooste van Jhb.
Middelstad/Braamfontein. Aucklandpartk-omgewing. Jan Smuts-rylaand na
Randburg, Pad tussen Jhb en Pta.
Pad tussen Jhb en Bloenfontein.
Pad tussen Bloem en PE.
Pad tussen PE en Port Alfred.
Pad tussen PE en Oudtshoorn.
In fact, die pad tussen Jhb en Bloemfontein is 'n paar honderd persent
beter as 15/20 jaar gelede.
Dieselfde vir die snelweg tussen Jhb en Pta.
Die ander is dieselfde.
Die snelweg-stelsel deur/oor Jhb het werk nodig, maar dit is geensins
stukkend of vervalle nie.
Daai pad is, by the way, deur die Jhb stadsraad gebou en word deur
hulle onderhou sover ek weet.
Jhb stadsraad het die afgelope 3 jaar bespaar dat dit klap om uit die
skuld te kom wat die NP en die DP hulle onder meer in gedompel het en
begin nou eers weer kapitaal-besteding doen.
Ek weet baie daarvan op die oomblik want die fokkers het die hele
sypaadjie voor my huis opgegraaf om 'n nuwe elektrisiteitskabeld te le
en het in die proses natuurlik die Telkom-kabel stukkend gegraaf.
Maar dit was ook 'n interessante oefening. Kla die middag en teen die
volgende dag werk die foon vir uitbel. Die volgende oggend werk die
lyn weer 100%.
Die sypaadjie is egter na omtrent drie weke STEEDS 'n sloot en die
grond het reeds twee keer die pad afgespoel met donderstorms. Dit sal
glo nog drie weke neem, maar dan, se die mna, sal ons krag konstant op
220 wees - of so iets. Dit het met die ou konneksies glo gereeld gedip
na 170 volts of iets.
By the way die grawery is 'n privaat-onderneming. Die stadsraad het
die werk uitgekontrakteer.
In die proses is die krag toe ook een middag afegsny. My vrou bel die
stadsraad en vra watdemoergaanaan. Na so 'n uur kom die krag toe weer
aan. Dit blyk dit was die slootmense wat 'n kragkabel die keer
raakgegraaf het. Die man se as jy 'n kragkabel met die pik raakslaan
maak dit net so "POEF!!" en jy kom niks oor nie want die pik se steel
is van hout.
Die stadsraad se mense was toe in elk geval later die middag daar om
te kom verneem wat gaan aan.

Kaapse paaie beter he?
Ek neem aan julle verwys na daai vierbaan-snelweg tussen die strand en
die Kaap waar die vermeerderde hoeveelheid gewapende spietkops nie
daarin kan slaag om aanvalle op motoriste te verhinder nie.

Of praat julle van die ander snelweg, die een deur Belville. Is daar
as nog een die Kaap?
Re: Terug na SA? [boodskap #39031 is 'n antwoord op boodskap #39024] Do, 08 Februarie 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 8 Feb 2001 11:20:13 +0200, "Krokkie" wrote:

> Ag ou Internet koordineerdertjie
> almal wat sanik so oor die verlede pas so goed in jou kraal.
> Terloops het jy al 'n ander haarstyl ? Wannner kry jy weer 'n werkstuk om
> jou geld te verdien ?

En Krokkie gaan in 'n sulk......

Niks so irriterend soos 'n dom, sulking skakelbord-operatriese nie,
ne?
Re: Terug na SA? [boodskap #39032 is 'n antwoord op boodskap #39019] Do, 08 Februarie 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 08 Feb 2001 09:43:26 +0200, lous wrote:

> Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
> in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee. Blykbaar
> word die verband tussen goeie vervoer infrastruktuur en ekonomiese groei
> nie raak gesien nie.

Sien my antwoord in die ander thread.

Wanneer laas het jy van Johannesburg Bloemfontein toe gery?
Re: Terug na SA? [boodskap #39033 is 'n antwoord op boodskap #38990] Do, 08 Februarie 2001 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Feb 2001 13:25:52 GMT, Nospam@this.stage. (Ferdi) wrote:

>
> Die deel:
>
>
>
> ...is NIE ek nie.
>
> Die opmerking
>
>
> die deel - met al die implikasies - dit is ek.
>

Yes ek is heel bewus daarvan Ferdi, en ek het jou nie verkeerd gelees
nie maar by implikasie het jy die engelse gekoplimenteer omdat jy van
die UNIE jare praat en nie REPUBLIEK jare nie.

O skuus jong... miskien het jy net beaam dat ons SA gehad het met
England se regering. Ek het dit gelees dat jy die "wat 'n Fees' ook
ondersteun! Dit was misleidend. Skuus as jy nie die 'FEES' gedeelte
ondersteun het nie. Dàn hét ek jou verkeerd gelees.

DD
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39037 is 'n antwoord op boodskap #39030] Do, 08 Februarie 2001 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 8 Feb 2001 16:01:16 +0200, "Voetleuce" wrote:
>
> > En die paaie is nog steeds net so goed soos altyd.
>>
>> Louse:
>> Watter paaie ry jy? Ons het mos al hieroor gestry! Ons land se paaie is
>> in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee.
>>
>> Leuce:
>> Jong, ek weet nie van gister en vandag nie, maar ek weet die paaie hier in
>> Gauteng is baie slegter as daar in die Kaap.>
>
>
> 2. In my ondervinding is die paaie in elk geval pretty much dieselfde
> as 10 jaar of 15 jaar gelede.
>

Nou ry bitjie daar na die Noorde - Mpumalanga en Noodelike provinsie
toe. Elke keer as ek daar ry is die gate net meer en dieper. Die pad oor
Roosenekal, rondom Sabie, oppad na Thabazimbi laat jou wens jy het 'n
4x4 :) - maar dit was nie altyd so nie.

Ongelukkig is dit ook so dat die gate nooit oordentlik gelap word nie -
dit word net breer en dieper.

> Die ander is dieselfde.

Gmpf!

> Daai pad is, by the way, deur die Jhb stadsraad gebou en word deur
> hulle onderhou sover ek weet.
> Jhb stadsraad het die afgelope 3 jaar bespaar dat dit klap om uit die
> skuld te kom wat die NP en die DP hulle onder meer in gedompel het en
> begin nou eers weer kapitaal-besteding doen.

En nou gaan hulle R9Miljoen per maand aan gratis water en 'lektrisiteit
bestee ... kyk hoe vinnig is hule terug in die dwang.
Re: Terug na SA? [boodskap #39038 is 'n antwoord op boodskap #39032] Do, 08 Februarie 2001 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 08 Feb 2001 09:43:26 +0200, lous wrote:
>
> paaie is
>> in 'n slegter toestand want minder geld word daaraan bestee. Blykbaar
>> word die verband tussen goeie vervoer infrastruktuur en ekonomiese groei
>> nie raak gesien nie.
>
> Sien my antwoord in die ander thread.
>
> Wanneer laas het jy van Johannesburg Bloemfontein toe gery?

Laas naweek - wanneer het jy laas Thabazimbi toe gery? Sabie toe? Durban
toe?
Re: Terug na SA? [boodskap #39041 is 'n antwoord op boodskap #38948] Do, 08 Februarie 2001 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> Gaan weg Gloudina - gaan vêêêêêêêêêêêêêêêêêrrrrrr weg!!!

Daar is 'n sensitiewe ou plekkie in jou ou binnestetjiegeraak, né ou Lou. Al die
energie gesit in daardie 17
kappies! Ek dink jy is ryp vir terapie, ou Lou, of anders
moet jy my 'n rukkie op jou kill file sit. Jou senuwees
sal dit nooit hou nie.

Gloudina
Re: Terug na SA? [boodskap #39043 is 'n antwoord op boodskap #39031] Vr, 09 Februarie 2001 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Niks so verwaand soos Ferdi die verraaier nie . Kry vir jou 'n real job toe
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39044 is 'n antwoord op boodskap #39030] Vr, 09 Februarie 2001 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdie:
Kaapse paaie beter he?
Of praat julle van die ander snelweg, die een deur Belville. Is daar
as nog een die Kaap?

Leuce:
Eintlik verwys ek na die voorstedelike paaie. Die interstedelike paaie pla
my nie juis nie, want dit breed genoeg om te swerwe en die gate mis te ry.
Maar die Jansberg beleid vir voorstedelike paaie is blykbaar "lap 'n gat met
nat teer" en "herstel 'n pad deur nuwe nat teer bo-oor te gooi, tot so 10 cm
van die sypaadjie af". Al genoem ek ry fiets op daai gruwelike paaie met
die donga's aan die kante?
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39045 is 'n antwoord op boodskap #39037] Vr, 09 Februarie 2001 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 08 Feb 2001 21:58:32 +0200, lous wrote:

En nou gaan hulle R9Miljoen per maand aan gratis water en
'lektrisiteit
> bestee ... kyk hoe vinnig is hule terug in die dwang.

Het jy al in AG Visser se tyd gelewe?
Indien wel, was jy seker die inspirasie vir daai gediggie oor die
boere wat nooit tevrede is nie.

Hier wil die staat vir joiu die eerste 50Kwatt elektrisiteit verniet
gee en jy kla daaroor!

Dis die staat, by the way, nie die Jhb stadsraad nie.
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39046 is 'n antwoord op boodskap #39044] Vr, 09 Februarie 2001 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 9 Feb 2001 08:54:30 +0200, "Voetleuce" wrote:

Leuce:
> Eintlik verwys ek na die voorstedelike paaie. Die interstedelike paaie pla
> my nie juis nie, want dit breed genoeg om te swerwe en die gate mis te ry.
> Maar die Jansberg beleid vir voorstedelike paaie is blykbaar "lap 'n gat met
> nat teer" en "herstel 'n pad deur nuwe nat teer bo-oor te gooi, tot so 10 cm
> van die sypaadjie af". Al genoem ek ry fiets op daai gruwelike paaie met
> die donga's aan die kante?

15 jaar gelede het ek bike gery in Jhb en dit klink maa baie
dieselfde.
Die pad verander egter dramaties as jy van kar na bike toe oorklim,
dis waar.
Re: Terug na SA? [boodskap #39047 is 'n antwoord op boodskap #39033] Vr, 09 Februarie 2001 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 08 Feb 2001 17:12:14 +0200, Davie Davis wrote:

O skuus jong... miskien het jy net beaam dat ons SA gehad het met
> England se regering. Ek het dit gelees dat jy die "wat 'n Fees' ook
> ondersteun! Dit was misleidend. Skuus as jy nie die 'FEES' gedeelte
> ondersteun het nie. Dàn hét ek jou verkeerd gelees.

Indeedyo.
Ek het bedoel: Ja ons het 'n Engelse regering gehad en dit het ons die
prttighede gegee van die Rand Lords, Rhodes, Milner, die paswette,
Native Territories, townships ens. ens. ens.
Re: Terug na SA? [boodskap #39048 is 'n antwoord op boodskap #39043] Vr, 09 Februarie 2001 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 9 Feb 2001 06:49:45 +0200, "Krokkie" wrote:

> Niks so verwaand soos Ferdi die verraaier nie . Kry vir jou 'n real
job toe

Indeed old chap.
Don't consort with you and your sort, I am afraid.
Re: Terug na SA? [boodskap #39049 is 'n antwoord op boodskap #38948] Vr, 09 Februarie 2001 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goeie idee. Terloops het jy toe al vir terapie gegaan soos ek voorgestel
het. Diit sal jou karma heelwat verbeter hoor. Lyk my ek het 'n klein
senuweetjie raakgeboor met my terapie voorstel.

@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> Gaan weg Gloudina - gaan vêêêêêêêêêêêêêêÃ
Re: Terug na SA? [boodskap #39050 is 'n antwoord op boodskap #39038] Vr, 09 Februarie 2001 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 08 Feb 2001 21:59:37 +0200, lous wrote:

>> Wanneer laas het jy van Johannesburg Bloemfontein toe gery?
>
>
> Laas naweek >

Agtergekom dat die pad uiteindelik 'n ordentlike pad is?

wanneer het jy laas Thabazimbi toe gery? Sabie toe? Durban
> toe?

Eerste twee baie lank gelede. Tweede een baie lank laas, maar my
chommie wat elke jaar Durban toe ry, se die pad is goed en waarskynlik
beter as in die verlede.

Hy se jy kry padwerke van tyd tot tyd maar in Duitsland kry mens op
die autobahn ook padwerke van tyd tot tyd. Hy is 'n halwe Duitser.
Re: Terug na SA? [boodskap #39051 is 'n antwoord op boodskap #39047] Vr, 09 Februarie 2001 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Groot askies Ferdi, ek hét jou verkeerd gelees

DD

On Fri, 09 Feb 2001 07:46:59 GMT, Nospam@this.stage. (Ferdi) wrote:

>
> Indeedyo.
> Ek het bedoel: Ja ons het 'n Engelse regering gehad en dit het ons die
> prttighede gegee van die Rand Lords, Rhodes, Milner, die paswette,
> Native Territories, townships ens. ens. ens.
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39052 is 'n antwoord op boodskap #39044] Vr, 09 Februarie 2001 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirk Matthee  is tans af-lyn  Dirk Matthee
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek neem aan jy maak seker net 'n grap.....ja die N1 Johannesburg toe; die N7
Noord Namibië toe en die N2 PE / Durban se kant toe.

Voetleuce wrote:

> Ferdie:
> Kaapse paaie beter he?
> Of praat julle van die ander snelweg, die een deur Belville. Is daar
> as nog een die Kaap?
>
> Leuce:
> Eintlik verwys ek na die voorstedelike paaie. Die interstedelike paaie pla
> my nie juis nie, want dit breed genoeg om te swerwe en die gate mis te ry.
> Maar die Jansberg beleid vir voorstedelike paaie is blykbaar "lap 'n gat met
> nat teer" en "herstel 'n pad deur nuwe nat teer bo-oor te gooi, tot so 10 cm
> van die sypaadjie af". Al genoem ek ry fiets op daai gruwelike paaie met
> die donga's aan die kante?
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39054 is 'n antwoord op boodskap #39052] Vr, 09 Februarie 2001 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirk Matthee  is tans af-lyn  Dirk Matthee
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Nou ja, ek weet nie wie van julle al die N7 op gevat het Noord nie, maar anderkant
Piketberg tot teenaan Piekenierskloof is die pad so sleg; ek ry gereeld op die
skouer van die pad; dit stamp en spring nie so erg as die ryvlak nie.
Het hulle nie juis nou onlangs in die Vrystaat 'n pad afgegradeer omdat dit so
sleg was en al die teer opgetel en dit 'n grondpad gemaak nie?

Dirk Matthee wrote:

> Ek neem aan jy maak seker net 'n grap.....ja die N1 Johannesburg toe; die N7
> Noord Namibië toe en die N2 PE / Durban se kant toe.
>
> Voetleuce wrote:
>
>> Ferdie:
>> Kaapse paaie beter he?
>> Of praat julle van die ander snelweg, die een deur Belville. Is daar
>> as nog een die Kaap?
>>
>> Leuce:
>> Eintlik verwys ek na die voorstedelike paaie. Die interstedelike paaie pla
>> my nie juis nie, want dit breed genoeg om te swerwe en die gate mis te ry.
>> Maar die Jansberg beleid vir voorstedelike paaie is blykbaar "lap 'n gat met
>> nat teer" en "herstel 'n pad deur nuwe nat teer bo-oor te gooi, tot so 10 cm
>> van die sypaadjie af". Al genoem ek ry fiets op daai gruwelike paaie met
>> die donga's aan die kante?
Re: Terug na SA? -- afrit [boodskap #39055 is 'n antwoord op boodskap #39052] Vr, 09 Februarie 2001 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 09 Feb 2001 10:41:19 +0200, Dirk Matthee
wrote:

> Ek neem aan jy maak seker net 'n grap.....ja die N1 Johannesburg toe; die N7
> Noord Namibië toe en die N2 PE / Durban se kant toe.

Johannesburg/Durban/PE se pad is mos maar dieselfde uit die Kaap uit.
Jy kan of deur die Strand ry of daar verby Belville en dan kus langs
of Karoo deur of Klein Karoo deur na al drie bestemmings.

Maar dis nie 'n pad in die Kaap nie.

So daar is steeds maar die twee uit die stad uit en dit klink of daar
dan 'n derde een langs die Weskus op bygekom het?

Maar vurk hy nie maar uit die een verby Bellville nie?
Re: Terug na SA? [boodskap #39057 is 'n antwoord op boodskap #39049] Vr, 09 Februarie 2001 14:29 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 09 Feb 2001 09:49:24 +0200, lous wrote:

> Goeie idee. Terloops het jy toe al vir terapie gegaan soos ek voorgestel
> het. Diit sal jou karma heelwat verbeter hoor. Lyk my ek het 'n klein
> senuweetjie raakgeboor met my terapie voorstel.

Julle is albei in 'n bootjie na karmaland.
Vorige onderwerp: ArtRap by Mike van Graan - 14/02/2001
Volgende onderwerp: Wie weet iets van PRIORA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 21:26:40 MGT 2024