Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » My Klip in die Bos (ook vir Gloudina)
My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #29986] Wo, 19 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Cuan Kloppers  is tans af-lyn  Cuan Kloppers
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
Vanoggend soos baie ander oggende voor ek by die deur uitstorm op pad werk
toe, "scan" ek weer vinnig oor die beeld wat by my huis afgelewer word se
voorblad. Ek moet opvang oor die nuus want ek was vir effe meer as twee
weke land uit na die Disneyworld in die VSA. Maar anders as ander oggende
haak my oë vas by die hoofberig. Magtig ons is al so gekondisioneer dat ons
aan so baie gewoond geword het, maar met die lees van die inhoud van hierdie
stukkie trek my keel toe. Veral die volgende kan ek in my gadagtes grusaam
sien afspeel, (Beeld: Woensdag 19 April 2000, "Boer veg 3 uur lank vergeefs
teen moordlustige oormag"):

"Hy was in albei bene gewond. Maar hy het bly terugskiet in 'n desperate
poging om te oorleef".

"Die ambulans wat ontbied is, is deur die aanvallers weggejaag. Die polisie
het nooit opgedaag nie. Voor en na die aanval het die polisielede by die
padversperring glo die aanvallers met wapens an al deurgelaat."

"Die aanvallers het op sy lyk toegesak" "dit was die verskriklikste gesig
wat en nog gesien het. Hy was aan flarde" ......

Ek neem nou al meer as 'n jaar "lesend deel" deel aan hierdie nuusgroep en
ek voel dat ek baie van julle nou al "ken". Maar vanaand het ek besluit om
my stilswye te verbreek en ook my "klip in die nuusgroep" te gooi.

Wat 'n soms 'n gesellige nuusgroep kan wees vir alle afrikaans sprekendes en
belangstellendes reg oor die wereld met lekkerluister stories, aktuele
onderwerpe, nuus ensovoorts word deur enkele persone "gekaap" en laat 'n
wrang smaak by 'n mens.

Ja Gloudina, ek praat veral met en van jou (en ek hoop jy lees hierdie
mail). Daar is ook andere van jou "bende" maar veral jou bydraes spreek van
iemand wat nog nie met jouself of jou herkons vrede gemaak het nie. Soms
lewer jy "goeie insette en bydraes maar die meeste kere..... Dit is
ongelukkig so dat verskeie persone al ontrek het van hierdie nuusgroep omdat
hulle sekerlik moeg is van al die verwyte, rassisme-etiketering en
beskuldigings wat hulle deur jou moet dra vir al die sondes van Adam se tyd
af deur ou Jan van Riebeeck, oom Paul Kruger, Hendrik Verwoerd tot by die
hedendaagse Afrikaner.

Jy weet Gloudina, hier in ons reenboougland het ons Afrikaners al volle
sirkel gekom. Ons weet ons is deel van Afrika. Ons weet ons, ons ouers en
ouers se ouers het ook soms liederlike oordeelsfoute in onkunde begaan
sonder om te besin oor die moontlike toekomstigge nagevolge. Hulle het in
hulle konteks en tyd opgetree. Maar ons het onself en hulle vergewe (want
ons skuldlas is reeds deur Jesus betaal). Ons as afrikaners kyk nou
vorentoe en wil 'n bydrae lewer tot die opbou van ons land vir al ons mense.
Dit is tog ons 1994 reënboognasiedroom. Ongelukkig werk dinge nie altyd uit
soos ons (en Madiba) dit wou gehad het nie. Ek verwys hier veral na die
misdaad en omgekeerde diskriminasie wat oor ons spoel. Duidelik het dit wat
in ons buurlande gebeur ook 'n direkte invloed op ons.

Gloudina se regverdiging van die situasie in Zimbabwe is nie net vir my
skokkend nie, maar ook ongevraag. Gloudina, lees asseblief weer die
bo-staande aanhalings uit die koerant oor die moord op die betrokke boer en
vra jouself af of dit hom moes toekom. Ek glo jy is intellegent genoeg, jy
woon tog in Kanada al 34 jaar (sic!), om te besef dit gaan nie hier oor die
teruggee van grond aan ander sogenaamde "werklike grondeienaars" nie, maar
oor 'n politieke fokusverskuiwing weg van die aaklige realiteit van die feit
dat onder Mugabe die land letterlik ekonomies bankrot is (onderandere agv
die oorlog hulp aan sy pêl Kabinda van die Kongo). Hy probeer om sy
diktatorskap en politieke wanbestuur te verbloem en die skuld om die blankes
te pak. As dit nie was vir daardie klompie boere nie sou Zimbabwe al lank al
'n Angola of Ethiopië geword het.

As jy hom steun, steun jy sy blatante haat rassisme en as gevolg van sy
barbaarse volgelinge se dierlike aksies steun jy dus ook hulle aksies.
Maar dis sekerlik heerlik snoessig daar in Kanada, waar jy die tyd kan
verwyl om ons Afrikaners hier te kap met jou verwyte (verskoon my sarkasme).
Die lewe gaan aan hier en dis lekker om van ons vriende en familie te hoor
van reg oor die wêreld - ek sal maar jou "insette" filter. So gun ons ook
die geleentheid om lekker te kan gesels (en verskil) oor dinge wat vir ons
saakmaak sonder om mekaar te ettiketeer of rassisme in alles raak te sien.

Sekerlik sal Gloudina weer vir 'n intellektuele repliek kan lewer, maar
"frankly my dear, I don't give a damn"

Groete
Cuan
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30011 is 'n antwoord op boodskap #29986] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Voorwaar 'n klip in die bos, alhoewel ek dink hy's nie regtig in die bos
ingegooi nie, maar eerder mooi in Gloudina se rigting gemik...

Cuan sê hy's nou al lank aan die "lurk" (sluip?) hier. Ek wonder hoeveel
ander sluipers is hier op die NG, en hoe hulle oor die sake waaroor ons
mekaar so gereeld toetakel voel?

> (Wonder wie my "bende" nou eintlik is. Die professor in Chicago met sy
goeie
(die aanhalings is almal van Gloudina)

Cuan praat van Gloudina se "bende", en ek dink Gloudina het die regte
persone opgenoem (is die persoon uit Suid-VSA dalk Pat?). Die rede is
waarskynlik dat die oorwegende indruk wat ek (en sekerlik ander ook) van die
genoemde persone het, dat hulle amper fanaties "links" voorkom (ek gebruik
die terme "links" en "regs" hier met groot huiwering, by gebrek aan 'n beter
definisie). In s'o 'n mate dat hulle die groep totaal oorheers met hulle
siening. Aan die ander kant het ons die meer "regses" soos Frikkie en
Reenen, Cuan, en ek ook. Duidelik is daar van hulle wat ook fanaties is -
skuim om die mond. Hoekom moet dit egter altyd by "ons" en "hulle"/"links"
en "regs"/"wit" en "swart" bly? Kan ons nooit net verdomp bymekaarstaan en
sê goed, daar was probleme, oorlog, haat, ens. mense uit vliegtuie
gestamp, bomme geplant - AAN ALBEI KANTE! - en sê dit is nou verby, daar's
nou probleme wat net gesamentlik opgelos kan word nie. Dit help tog nie om
net oor-en-weer modder te gooi nie. D'it gaan nie maak dat ek enigiemand
anders se standpunt insien of verstaan nie, nodeloos om te sê nog minder
gaan dit my oortuig dat die ander ou reg is. Eerder gaan dit my oortuig dat
ie ander ou nie 'n argument of standpunt het nie, en nou maar met modder
gooi.

> Cuan, lank gelede het ek besluit dat ek nie sal toelaat dat op hierdie
> nuusgroep
> dieselfde ding sou gebeur wat in SA gedurende die apartheidsregime gebeur het
> nie - dat 'n klomp reaksionere witvelle die oorhand kry oor 'n land wat behoort
> aan al sy inwoners. Ek het my voorgeneem dat ek teen Frikkie en sy "bendes"
> sou veg as hulle dit waag om op hierdie nuusgroep te kom sit en praat van hoe
> agteraf en barbaars hulle landgenote is wat nie "wit" is nie.

Dit is sekerlik 'n goeie idee. Maar hoekom nie eerder teen ALLE vorme van
rassisme en reaksion^ere oormag baklei nie? Sou dit nie beter wees nie? Ek
dink jy sou meer geloofwaardigheid by almal hier h^e. Want dieselfde dinge
gebeur nou nog steeds, in baie gevalle meer ooglopend. Soos ek al voorheen
gesê het, die ANC en sy genote het BAIE goed van die vorige regering
geleer. Jy sê tereg dat die land behoort aan al sy inwoners. Ek verseker
jou dat daar baie mense is wat voel hulle is nie meer welkom in hierdie land
nie, en dat hulle nou 3de-rangse burgers in hul eie land is.

> die swartes is, ek sal uitwys hoe daar moorde gepleeg is op Vlakplaas en ander
> plekke, hoe daar vir elke tien witmense wat in die burgeroorlog dood is, daar
> duisende swartes afgemaai is in die strate deur jong soldate in Caspers wat
> meeste van die tyd Afrikaans gepraat het.

Soos Leendert voorheen, wil ek ook vra: waarop baseer jy jou "duisende"?
Het jy bronne vir jou stawings? Indien wel, sê vir ons dat ons ook kan
gaan kyk. Dit help nie om sulke emosionele hiperbool te gebruik nie -
weereens verswak jy net jou geloofwaardigheid. En om te sê dat die soldate
in die Casspirs "meeste van tyd Afrikaans gepraat het" is bloot spekulasie.
Dienspligtiges is uit Engels- sowel as Afrikaanssprekendes getrek - jy WEET
eenvoudig nie hoeveel was betrokke nie. Of weet jy van iets wat ons nie
weet nie? Daar was ook heelwat swart troepe van beide die Weermag en
Polisie gebruik. Wil jy te kenne gee dat Afrikaanssprekendes meer
moordlustig is as ander mense?

> Jy se ek praat Mugabe goed. In der waarheid haat ek miskien Mugabe meer
> as wat jy hom haat. Maar ek sien ook dat dit Ian Smith is wat dit moontlik
> gemaak

Hoewel dit gedeeltelik waar mag wees, is dit 'n uiters simplistiese
stelling. Die feit bly dat Mugabe die een is wat deur die liberale Weste EN
die sosialistiese Ooste goedgekeur is en aan bewind gestel is. Jy kan nie
sê dat iemand anders wat dalk in/voor 1967 aan bewind geplaas kon gewees
het, beter OF slegter sou gewees het nie. Afrika leer ons dat dinge eerder
slegter as beter gaan... Dit bly maar 'n gerieflike skuiwergat wat almal
gebruik, om te sê dat "Kolonialisme"/"Apartheid" die oorsaak van al Afrika
se probleme is nie. Ek het nou die dag 'n interessante ding gehoor: Joe
Slovo het glo eenkeer gesê dat "Apartheid" en die "Afrikaners" baie
gerieflike sondebokke is om alle euwels teen op te hang, maar dat die
eintlike sondebok(ke) die imperialisme van Europa en die kommersi"ele
kolonisasie wat deur sy besigheidsmense bedryf is. Kan iemand meer lig op
hierdie aanhaling/staaltjie/bewering werp?

> SA aangegaan het.) Jy moet jou sterre dank dat dit nie ook in SA gebeur het
nie.

Die probleem hier is dat die regering NIKS oor die kwessie in Zim sê nie.
Is dit 'n implisiete erkenning dat hulle dit hier ook wil laat gebeur? Of
as dit hier sou gebeur, sal hulle ook die besettings stilswyend goedkeur en
te hel met die boere? En hier was alreeds 'n paar gevalle aangemeld waar
mense soos in Zim sekere plase gaan beset het, soos hulleself erken het, na
voorbeeld van die Zim-"oud"stryders. So dit is 'n al te waarskynlike
werklikheid.

> Het jy al Antjie Krog se boek gelees oor die dinge wat by die Waarheidskommissie
> getuig is.

Of ek (of Cuan) van Antjie Krog hou of nie, is eintlik nie ter sake nie.
Wat wel ter sake is, is dat die "getuienis" by die WVK grootliks ongetoets
(in die juridiese sin) is - enige iemand kon basies beweer wat hy wou, daar
is in bitter min gevalle stawende bewyse of kruisverwysende getuienis van
ander bronne gekry. Party van die WVK se uitsprake, en die Amnestiekomitee
se optredes is, om dit sagkens te stel, d^em vreemd. Dit maak onmiddelik
dat ek (en andere soos ek) 'n groot vraagteken plaas agter elke
uitspraak/opinie wat hom berus op die WVK se werksaamhede.

'n Laaste vraag/stelling, in die algemeen: Presies WAT het
spelling/sinsbou/taalgebruik met enigiets op hierdie NG, of met
intelligensie, of met wit/swart velle, of met die prys van eiers uit te
waai?

Ekwil weer my oproep van daarbo af herhaal: LOS DIE MODDERGOOIERY EN
PROBEER EERDER 'N SINVOLLE GESPREK VOER.

Groete,
Dries Venter
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30012 is 'n antwoord op boodskap #29986] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy het dit net in mooier taal gedoen.

Reenen van Niekerk

Cuan Kloppers skryf in boodskap news:38fe2cfb.0@news1.mweb.co.za...
> Vanoggend soos baie ander oggende voor ek by die deur uitstorm op pad werk
> toe, "scan" ek weer vinnig oor die beeld wat by my huis afgelewer word se
> voorblad. Ek moet opvang oor die nuus want ek was vir effe meer as twee
> weke land uit na die Disneyworld in die VSA. Maar anders as ander oggende
> haak my oë vas by die hoofberig. Magtig ons is al so gekondisioneer dat ons
> aan so baie gewoond geword het, maar met die lees van die inhoud van hierdie
> stukkie trek my keel toe. Veral die volgende kan ek in my gadagtes grusaam
> sien afspeel, (Beeld: Woensdag 19 April 2000, "Boer veg 3 uur lank vergeefs
> teen moordlustige oormag"):
>
> "Hy was in albei bene gewond. Maar hy het bly terugskiet in 'n desperate
> poging om te oorleef".
>
> "Die ambulans wat ontbied is, is deur die aanvallers weggejaag. Die polisie
> het nooit opgedaag nie. Voor en na die aanval het die polisielede by die
> padversperring glo die aanvallers met wapens an al deurgelaat."
>
> "Die aanvallers het op sy lyk toegesak" "dit was die verskriklikste gesig
> wat en nog gesien het. Hy was aan flarde" ......
>
> Ek neem nou al meer as 'n jaar "lesend deel" deel aan hierdie nuusgroep en
> ek voel dat ek baie van julle nou al "ken". Maar vanaand het ek besluit om
> my stilswye te verbreek en ook my "klip in die nuusgroep" te gooi.
>
> Wat 'n soms 'n gesellige nuusgroep kan wees vir alle afrikaans sprekendes en
> belangstellendes reg oor die wereld met lekkerluister stories, aktuele
> onderwerpe, nuus ensovoorts word deur enkele persone "gekaap" en laat 'n
> wrang smaak by 'n mens.
>
> Ja Gloudina, ek praat veral met en van jou (en ek hoop jy lees hierdie
> mail). Daar is ook andere van jou "bende" maar veral jou bydraes spreek van
> iemand wat nog nie met jouself of jou herkons vrede gemaak het nie. Soms
> lewer jy "goeie insette en bydraes maar die meeste kere..... Dit is
> ongelukkig so dat verskeie persone al ontrek het van hierdie nuusgroep omdat
> hulle sekerlik moeg is van al die verwyte, rassisme-etiketering en
> beskuldigings wat hulle deur jou moet dra vir al die sondes van Adam se tyd
> af deur ou Jan van Riebeeck, oom Paul Kruger, Hendrik Verwoerd tot by die
> hedendaagse Afrikaner.
>
> Jy weet Gloudina, hier in ons reenboougland het ons Afrikaners al volle
> sirkel gekom. Ons weet ons is deel van Afrika. Ons weet ons, ons ouers en
> ouers se ouers het ook soms liederlike oordeelsfoute in onkunde begaan
> sonder om te besin oor die moontlike toekomstigge nagevolge. Hulle het in
> hulle konteks en tyd opgetree. Maar ons het onself en hulle vergewe (want
> ons skuldlas is reeds deur Jesus betaal). Ons as afrikaners kyk nou
> vorentoe en wil 'n bydrae lewer tot die opbou van ons land vir al ons mense.
> Dit is tog ons 1994 reënboognasiedroom. Ongelukkig werk dinge nie altyd uit
> soos ons (en Madiba) dit wou gehad het nie. Ek verwys hier veral na die
> misdaad en omgekeerde diskriminasie wat oor ons spoel. Duidelik het dit wat
> in ons buurlande gebeur ook 'n direkte invloed op ons.
>
> Gloudina se regverdiging van die situasie in Zimbabwe is nie net vir my
> skokkend nie, maar ook ongevraag. Gloudina, lees asseblief weer die
> bo-staande aanhalings uit die koerant oor die moord op die betrokke boer en
> vra jouself af of dit hom moes toekom. Ek glo jy is intellegent genoeg, jy
> woon tog in Kanada al 34 jaar (sic!), om te besef dit gaan nie hier oor die
> teruggee van grond aan ander sogenaamde "werklike grondeienaars" nie, maar
> oor 'n politieke fokusverskuiwing weg van die aaklige realiteit van die feit
> dat onder Mugabe die land letterlik ekonomies bankrot is (onderandere agv
> die oorlog hulp aan sy pêl Kabinda van die Kongo). Hy probeer om sy
> diktatorskap en politieke wanbestuur te verbloem en die skuld om die blankes
> te pak. As dit nie was vir daardie klompie boere nie sou Zimbabwe al lank al
> 'n Angola of Ethiopië geword het.
>
> As jy hom steun, steun jy sy blatante haat rassisme en as gevolg van sy
> barbaarse volgelinge se dierlike aksies steun jy dus ook hulle aksies.
> Maar dis sekerlik heerlik snoessig daar in Kanada, waar jy die tyd kan
> verwyl om ons Afrikaners hier te kap met jou verwyte (verskoon my sarkasme).
> Die lewe gaan aan hier en dis lekker om van ons vriende en familie te hoor
> van reg oor die wêreld - ek sal maar jou "insette" filter. So gun ons ook
> die geleentheid om lekker te kan gesels (en verskil) oor dinge wat vir ons
> saakmaak sonder om mekaar te ettiketeer of rassisme in alles raak te sien.
>
> Sekerlik sal Gloudina weer vir 'n intellektuele repliek kan lewer, maar
> "frankly my dear, I don't give a damn"
>
> Groete
> Cuan
>
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30013 is 'n antwoord op boodskap #29986] Do, 20 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Cuan Kloppers wrote:

> Wat 'n soms 'n gesellige nuusgroep kan wees
> word deur enkele persone "gekaap"
>
> Ja Gloudina, ek praat veral met en van jou (en ek hoop jy lees hierdie
> mail). Daar is ook andere van jou "bende" maar veral jou bydraes spreek van
> iemand wat nog nie met jouself of jou herkons vrede gemaak het nie.

Nouja, Cuan, jy mag nou wel beter Afrikaans skryf as die deursnee Phatti
enFrikkie, maar jy gaan ook maar tot die aanval oor. Praat van my en my "bende."

(Wonder wie my "bende" nou eintlik is. Die professor in Chicago met sy goeie
Afrikaans en sy beredeneerde argumente, wie se enigste sonde is dat hy nie van
die velkleur is waarvan Frikkie en Kie hou nie? Of die joernalis in Johannesburg

wat dinge sien soos dit is. Of die dame in die suidelike VSA wat dinge wil
probeer verstaan en opbouende voorstelle maak en dan doodgeskree word
deur die outjies wat die vierkleur wil laat wapper terwyl hulle in verskeie
plekke
in die buiteland sit.) Hoekom wei jy nie meer uit oor my en my "bende" nie.
Jy wys jou hand deur die woord "bende" te gebruik. Hoekom voel jy deur ons
bedreig? Omdat ons soms dinge noem wat jy maar liewer vergeet?
Cuan, lank gelede het ek besluit dat ek nie sal toelaat dat op hierdie
nuusgroep
dieselfde ding sou gebeur wat in SA gedurende die apartheidsregime gebeur het
nie - dat 'n klomp reaksionere witvelle die oorhand kry oor 'n land wat behoort
aan al sy inwoners. Ek het my voorgeneem dat ek teen Frikkie en sy "bendes"
sou veg as hulle dit waag om op hierdie nuusgroep te kom sit en praat van hoe
agteraf en barbaars hulle landgenote is wat nie "wit" is nie. (Let jy op die
ouens
wat vir die swartes bobbejane genoem het, is nou bietjie meer versigtig.) Ek het

my voorgeneem om elke keer wanneer 'n ou, gewoonlik met slegte spelling en
seksuele innuendos, praat van hoe wonderlik die wittes is en hoe wreed en
barbaars
die swartes is, ek sal uitwys hoe daar moorde gepleeg is op Vlakplaas en ander
plekke, hoe daar vir elke tien witmense wat in die burgeroorlog dood is, daar
duisende swartes afgemaai is in die strate deur jong soldate in Caspers wat
meeste
van die tyd Afrikaans gepraat het.
Jy se ek praat Mugabe goed. In der waarheid haat ek miskien Mugabe meer
as wat jy hom haat. Maar ek sien ook dat dit Ian Smith is wat dit moontlik
gemaak
het dat 'n Mugabe uiteindelik aan die helm kom: deur 'n fool's paradise te skep
vir wittes, waar hulle beskerm is in hulle wit laertjie deur die Selous Scouts
(wat
ons nou weet dinge in Rhodesia gedoen het wat miskien nog erger was as wat in
SA aangegaan het.) Jy moet jou sterre dank dat dit nie ook in SA gebeur het nie.

Het jy al Antjie Krog se boek gelees oor die dinge wat by die Waarheidskommissie

getuig is. Nou ek weet jy sal miskien van Antjie Krog ook nie hou nie. Maar,
Cuan,
ons is ook Afrikaners, en jy sal na ons stemme moet luister.

Gloudina
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30031 is 'n antwoord op boodskap #29986] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem.

Riaan skryf in boodskap news:8dmn9f$1tfc$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hierdie is een van die beste skrywes wat ek in 'n lang tyd op die NG gesien
> het.
>
>
>
> Cuan Kloppers wrote in message
> news:38fe2cfb.0@news1.mweb.co.za...
>> Vanoggend soos baie ander oggende voor ek by die deur uitstorm op pad werk
>> toe, "scan" ek weer vinnig oor die beeld wat by my huis afgelewer word se
>> voorblad. Ek moet opvang oor die nuus want ek was vir effe meer as twee
>> weke land uit na die Disneyworld in die VSA. Maar anders as ander oggende
>> haak my oë vas by die hoofberig
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30033 is 'n antwoord op boodskap #29986] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is een van die beste skrywes wat ek in 'n lang tyd op die NG gesien
het.

Cuan Kloppers skryf in boodskap news:38fe2cfb.0@news1.mweb.co.za...
> Vanoggend soos baie ander oggende voor ek by die deur uitstorm op pad werk
> toe, "scan" ek weer vinnig oor die beeld wat by my huis afgelewer word se
> voorblad. Ek moet opvang oor die nuus want ek was vir effe meer as twee
> weke land uit na die Disneyworld in die VSA. Maar anders as ander oggende
> haak my oë vas by die hoofberig. Magtig ons is al so gekondisioneer dat ons
> aan so baie gewoond geword het, maar met die lees van die inhoud van hierdie
> stukkie trek my keel toe. Veral die volgende kan ek in my gadagtes grusaam
> sien afspeel, (Beeld: Woensdag 19 April 2000, "Boer veg 3 uur lank vergeefs
> teen moordlustige oormag"):
>
> "Hy was in albei bene gewond. Maar hy het bly terugskiet in 'n desperate
> poging om te oorleef".
>
> "Die ambulans wat ontbied is, is deur die aanvallers weggejaag. Die polisie
> het nooit opgedaag nie. Voor en na die aanval het die polisielede by die
> padversperring glo die aanvallers met wapens an al deurgelaat."
>
> "Die aanvallers het op sy lyk toegesak" "dit was die verskriklikste gesig
> wat en nog gesien het. Hy was aan flarde" ......
>
> Ek neem nou al meer as 'n jaar "lesend deel" deel aan hierdie nuusgroep en
> ek voel dat ek baie van julle nou al "ken". Maar vanaand het ek besluit om
> my stilswye te verbreek en ook my "klip in die nuusgroep" te gooi.
>
> Wat 'n soms 'n gesellige nuusgroep kan wees vir alle afrikaans sprekendes en
> belangstellendes reg oor die wereld met lekkerluister stories, aktuele
> onderwerpe, nuus ensovoorts word deur enkele persone "gekaap" en laat 'n
> wrang smaak by 'n mens.
>
> Ja Gloudina, ek praat veral met en van jou (en ek hoop jy lees hierdie
> mail). Daar is ook andere van jou "bende" maar veral jou bydraes spreek van
> iemand wat nog nie met jouself of jou herkons vrede gemaak het nie. Soms
> lewer jy "goeie insette en bydraes maar die meeste kere..... Dit is
> ongelukkig so dat verskeie persone al ontrek het van hierdie nuusgroep omdat
> hulle sekerlik moeg is van al die verwyte, rassisme-etiketering en
> beskuldigings wat hulle deur jou moet dra vir al die sondes van Adam se tyd
> af deur ou Jan van Riebeeck, oom Paul Kruger, Hendrik Verwoerd tot by die
> hedendaagse Afrikaner.
>
> Jy weet Gloudina, hier in ons reenboougland het ons Afrikaners al volle
> sirkel gekom. Ons weet ons is deel van Afrika. Ons weet ons, ons ouers en
> ouers se ouers het ook soms liederlike oordeelsfoute in onkunde begaan
> sonder om te besin oor die moontlike toekomstigge nagevolge. Hulle het in
> hulle konteks en tyd opgetree. Maar ons het onself en hulle vergewe (want
> ons skuldlas is reeds deur Jesus betaal). Ons as afrikaners kyk nou
> vorentoe en wil 'n bydrae lewer tot die opbou van ons land vir al ons mense.
> Dit is tog ons 1994 reënboognasiedroom. Ongelukkig werk dinge nie altyd uit
> soos ons (en Madiba) dit wou gehad het nie. Ek verwys hier veral na die
> misdaad en omgekeerde diskriminasie wat oor ons spoel. Duidelik het dit wat
> in ons buurlande gebeur ook 'n direkte invloed op ons.
>
> Gloudina se regverdiging van die situasie in Zimbabwe is nie net vir my
> skokkend nie, maar ook ongevraag. Gloudina, lees asseblief weer die
> bo-staande aanhalings uit die koerant oor die moord op die betrokke boer en
> vra jouself af of dit hom moes toekom. Ek glo jy is intellegent genoeg, jy
> woon tog in Kanada al 34 jaar (sic!), om te besef dit gaan nie hier oor die
> teruggee van grond aan ander sogenaamde "werklike grondeienaars" nie, maar
> oor 'n politieke fokusverskuiwing weg van die aaklige realiteit van die feit
> dat onder Mugabe die land letterlik ekonomies bankrot is (onderandere agv
> die oorlog hulp aan sy pêl Kabinda van die Kongo). Hy probeer om sy
> diktatorskap en politieke wanbestuur te verbloem en die skuld om die blankes
> te pak. As dit nie was vir daardie klompie boere nie sou Zimbabwe al lank al
> 'n Angola of Ethiopië geword het.
>
> As jy hom steun, steun jy sy blatante haat rassisme en as gevolg van sy
> barbaarse volgelinge se dierlike aksies steun jy dus ook hulle aksies.
> Maar dis sekerlik heerlik snoessig daar in Kanada, waar jy die tyd kan
> verwyl om ons Afrikaners hier te kap met jou verwyte (verskoon my sarkasme).
> Die lewe gaan aan hier en dis lekker om van ons vriende en familie te hoor
> van reg oor die wêreld - ek sal maar jou "insette" filter. So gun ons ook
> die geleentheid om lekker te kan gesels (en verskil) oor dinge wat vir ons
> saakmaak sonder om mekaar te ettiketeer of rassisme in alles raak te sien.
>
> Sekerlik sal Gloudina weer vir 'n intellektuele repliek kan lewer, maar
> "frankly my dear, I don't give a damn"
>
> Groete
> Cuan
>
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30034 is 'n antwoord op boodskap #29986] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jy vat bietjie wyd om my nou te beskuldig van moddrgooiery, ek het MY (en
dalk 'n paar ander mense s'n ook) mening oor die WVK gegee. Ek het nie jou
of enige iemand anders aangeval oor julle siening nie - wel gevra dat ons
elkeen mekaar se sienings respekteer. Meer nog, ek het niemand se persoon
probeer swartsmeer nie, of gesê jy moet dink soos ek nie, of gesê jy moet
shut up nie, nie eens by implikasie nie. As jy dan werklik nie aan 'n
gesprek kan of wil deelneem sonder om sulke belaglikhede kwyt te raak nie,
bly dan eerder stil en laat die ander mense praat as hulle wil.

Groete,
Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> Dries Venter wrote:
>
>> Ekwil weer my oproep van daarbo af herhaal: LOS DIE MODDERGOOIERY EN
>> PROBEER EERDER 'N SINVOLLE GESPREK VOER.
>>
>
> Maar weer die tipiese reaksie. Jy beskuldig ander dat hulle
> moddergooi.
> Maar , hopende dat niemand sal merk nie, sit jy al jou
> geliefkoosde opinies in oor die Waarheidskommissie en die
> ANC ensovoorts, ensovoorts. Met ander woorde, "dink
> soos ek of shut up."
> So moddergooier, smeer eers jou vloer glad. In die
> Noordweste gebruik hulle koeimis om lekker stoflose
> vloere te skep. Ek is al so moeg vir al die voorspelbare
> argumente. Ek gaan nou vakansie neem. Tot die volgende
> kleilat-geveg.
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30035 is 'n antwoord op boodskap #29986] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Kak maniere, Tannie. Reenen doen die moeite om sy punt indiepte te
> stel. Ek sien geen "dink soos ek of shut up" van sy kant af nie, maar wel
> van Tannie se kant af.
>

Jy besef natuurlik dat hierdie antwoord aan DRIES gerig
was en nie aan Reenen nie. (Ek ignoreer Reenen al lankal.)
As wetsgeleerde moet jy eers seker van jou feite maak
voordat jy iemand aanval.

Gloudina
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30036 is 'n antwoord op boodskap #30011] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Apr 2000 21:27:27 +0200, "Dries Venter"
wrote:

persone opgenoem (is die persoon uit Suid-VSA dalk Pat?). Die rede is[/color]
> waarskynlik dat die oorwegende indruk wat ek (en sekerlik ander ook) van die
> genoemde persone het, dat hulle amper fanaties "links" voorkom (ek gebruik
> die terme "links" en "regs" hier met groot huiwering, by gebrek aan 'n beter
> definisie). >>

Dit sal jou ook baat om die woord fanaties met versigtigheid te
gebruik.
Terwyl ons daarvan praat, wat beteken die woord vir jou?

siening. >>[/color]

Shame.

En wat is die siening?

En wanneer jy antwoord, onthou om regte voorbeelde te gee. Om dus nie
algemene stellings op die trant van "almal weet" of "jy sal saamstem
dat" en so aan nie.

En wat van die kere dat jy met van hulle saamgestem het? Hmmm? Wat
maak dit van jou. En wat maak dit van hulle?

En is jy dan ook lid van die bende as dit gebeur?

Reenen, Cuan, en ek ook. Duidelik is daar van hulle wat ook fanaties is -[/color]
> skuim om die mond. Hoekom moet dit egter altyd by "ons" en "hulle"/"links"
> en "regs"/"wit" en "swart" bly? Kan ons nooit net verdomp bymekaarstaan en
> sê goed, daar was probleme, oorlog, haat, ens. mense uit vliegtuie
> gestamp, bomme geplant - AAN ALBEI KANTE! - en sê dit is nou verby, daar's
> nou probleme wat net gesamentlik opgelos kan word nie. Dit help tog nie om
> net oor-en-weer modder te gooi nie. D'it gaan nie maak dat ek enigiemand
> anders se standpunt insien of verstaan nie, nodeloos om te sê nog minder
> gaan dit my oortuig dat die ander ou reg is. Eerder gaan dit my oortuig dat
> ie ander ou nie 'n argument of standpunt het nie, en nou maar met modder
> gooi.>>

Lees ek dit reg?
Wil jy "almal" hier ompraat om saam met jou te stem?

Gaan dink bietjie daaroor.

En dan as jy terugkom, se my waar ek ooit mense probeer oorreed het om
saam met my te stem.

Of waar Gloudina, for that matter, dit al gedoen het.

En as jy dit doen en sy (of ek) nie, wie is dan nou met bendes besig?
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30037 is 'n antwoord op boodskap #29986] Vr, 21 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien hier g'n antwoord nie. Tipiese blerrie Amerikaanse onelinertjie.
Daar is argumenteerbare stellings gemaak, en die "antwoord" daarop is om die
kleilat te gooi.

Ek het gedog dat daar nou miskien 'n interessante debat rondom die stellings
sou plaasvind, maar lyk vir my die oppervlakke pas Tannie beter in hierdie
geval. Kak maniere, Tannie. Reenen doen die moeite om sy punt indiepte te
stel. Ek sien geen "dink soos ek of shut up" van sy kant af nie, maar wel
van Tannie se kant af.

Die WVK se "getuienis" is seker op die enigste prakties uitvoerbare metode
ingewin, maar die gewig wat daaraan geheg kan word, word dan verminder. Dis
'n kompromie. Sien? Daar's 'n verdediging vir die WVK wat ook die la�
oortuigingswaarde van die getuienis in ag neem.

Nou waar is die versoening? Dis nou 'n interessante vraag.

(Moenie vergeet nie, dat die pad wat ons gevat het nie die enigste moontlike
een was nie. Elke af en toe dink ek "Wat is die "regte ding" wat 'n mens
moet bowen alles doen?", en ek kry die antwoord, "Sorg vir jouself, en to
hell met die ander". Ek is nie 'n gelowige, nie, so dis 'n verdedigbare
siening. Verbeel jou hierdie geesteskonflik in 'n politikus in die ou
Suid-Afrika: "Ja, dis verkeerd om ander mense to onderdruk, maar doen ons
dit nie dan loop ons die risiko dat ons soos Hitler se Jode behandel gaan
word. Ons het so ver om hierdie pad geloop dat daar geen terugkeer is nie.
Die enigste uitweg is om die onderdrukkingsvlak aanhoudend te verhoog totdat
die laaste stukkie weerstand verkrummel het." Die eerste handeling van
hierdie nie-onmoontlike president sou heelwaarskynlik gewees het om die
politieke gevangenisse vir die haaie te voer, om te verseker dat daar wel
geen terugkeer kon wees nie. En as daar betogings weer was kon hy die Lugmag
ingestuur het om die bomme af te lewer. Alle moontlikhede het voor '94
bestaan, en dat die pad van vrede uit al hierdie verkies is, is 'n te
dikwils vergete versoenende feit. Dis veel makliker om ou wonde oop te krap
as wat dit is, as om op versoening voort te bou.)

skryf in boodskap news:38FF8584.5545710E@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Ekwil weer my oproep van daarbo af herhaal: LOS DIE MODDERGOOIERY EN
>> PROBEER EERDER 'N SINVOLLE GESPREK VOER.
>>
>
> Maar weer die tipiese reaksie. Jy beskuldig ander dat hulle
> moddergooi.
> Maar , hopende dat niemand sal merk nie, sit jy al jou
> geliefkoosde opinies in oor die Waarheidskommissie en die
> ANC ensovoorts, ensovoorts. Met ander woorde, "dink
> soos ek of shut up."
> So moddergooier, smeer eers jou vloer glad. In die
> Noordweste gebruik hulle koeimis om lekker stoflose
> vloere te skep. Ek is al so moeg vir al die voorspelbare
> argumente. Ek gaan nou vakansie neem. Tot die volgende
> kleilat-geveg.
>
> Vonk de Ridder
>
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30059 is 'n antwoord op boodskap #29986] Sa, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek het arme ou Reenen as albatros daai tyd om my nek geslinger, en sy
naam haak so in my verstand. Jammer Dries.

Met nagedagte het ek myself bietjie kras gestel, en ek vra verskoning
daarvoor, maar ek hou nog vol dat Dries geriddeneerde stellings geoffer het
wat meer as blote afjukkery geverg het. Myns insiens was hy heelwat
redeliker as my humeurige (?) opmerking. Daarvoor vra ek nie verskoning nie.

skryf in boodskap news:390067CE.96DAB010@home.com...
> Gary Bartholomew wrote:
>
>> Kak maniere, Tannie. Reenen doen die moeite om sy punt indiepte te
>> stel. Ek sien geen "dink soos ek of shut up" van sy kant af nie, maar wel
>> van Tannie se kant af.
>>
>
> Jy besef natuurlik dat hierdie antwoord aan DRIES gerig
> was en nie aan Reenen nie. (Ek ignoreer Reenen al lankal.)
> As wetsgeleerde moet jy eers seker van jou feite maak
> voordat jy iemand aanval.
>
> Gloudina
>
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30060 is 'n antwoord op boodskap #29986] Sa, 22 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> Dit sal jou ook baat om die woord fanaties met versigtigheid te
> gebruik.
> Terwyl ons daarvan praat, wat beteken die woord vir jou?
>

Ek sal probeer verduidelik (ek sal maar aanneem dat jy nie bloot sarkasties
(siende die "shame" verderaan) probeer wees nie). Ek het my woorde s'o
probeer kies dat die gesprek juis nie in 'n moddergooiery ontaard nie,
vandaar die waarskuwing oor die woorde "links" en "regs", en "amper
fanaties". Soos dit vir my voorkom, sodra 'n mens 'n standpunt verdedig
sonder om werklike beredeneerde argumente of teenargumente op te stel om die
saak te belig, maar eerder die persoon wat se siening van joune verskil
aanval, byv. deur hom allerhande skeldname te gee, of sy spelling/woordbou
aan te val, of deur hom van die groep af te wil jaag of uit die land uit,
grens dit uit aan fanatisisme. En die mense in Cuan se "bende" (nie PAT
nie)doen dit gereeld en hard en duidelik. Iemand soos Phatti gebruik
dieselfde taktiek; hoewel ek dink hy doen dit net om reaksie uit te lok
("troll").

>
> En wanneer jy antwoord, onthou om regte voorbeelde te gee. Om dus nie
> algemene stellings op die trant van "almal weet" of "jy sal saamstem
> dat" en so aan nie.
Gloudina wat sommer gou-gou by is om iemand wat enigsins nie met haar
saamstem nie 'n label te gee soos "apartheidsvark", wat, ten spyte van haar
sigbare misbruik van Afrikaans, tog ander mense aanval oor hulle gebruik,
weereens as sy met hulle verskil. Jyself wat al by meer as een geleenteheid
vir iemand gesê het of te "fokof" en jy het selfs aangebied om sy kaartjie
te help betaal. ProPacem wat baie vinnig is om iemand 'n rassis te noem, en
blank vs swart in byna elke bespreking intrek, al hoort dit nie eens daar
nie.

>
> En wat van die kere dat jy met van hulle saamgestem het? Hmmm? Wat
> maak dit van jou. En wat maak dit van hulle?
Ek wens daar was meer kere wat ek nie noodwendig meer met julle kon saamstem
nie, maar waar ons almal meer beredeneerd oor 'n saak kan praat, en as ons
nog steeds op die einde verskil, dit daar te laat. Ek het so 'n ruk terug
my voorgeneem om op hierdie NG eerder sake te probeer bespreek as om persone
aan te val. Nou kan jy seker tereg vra "Nou wat doen jy dan nou?". Ek
probeer nie met my oorspronklike pos modder te gooi nie, ek probeer
verduidelik wat my sieing daaromtrent is en hoekom ek dink Cuan het die
"bende" sodanig geklassifiseer.

>
> En is jy dan ook lid van die bende as dit gebeur?
>
> > Reenen, Cuan, en ek ook. Duidelik is daar van hulle wat ook fanaties is -
>> skuim om die mond. Hoekom moet dit egter altyd by "ons" en "hulle"/"links"
>> en "regs"/"wit" en "swart" bly? Kan ons nooit net verdomp bymekaarstaan en
>> sê goed, daar was probleme, oorlog, haat, ens. mense uit vliegtuie
>> gestamp, bomme geplant - AAN ALBEI KANTE! - en sê dit is nou verby, daar's
>> nou probleme wat net gesamentlik opgelos kan word nie. Dit help tog nie om
>> net oor-en-weer modder te gooi nie. D'it gaan nie maak dat ek enigiemand
>> anders se standpunt insien of verstaan nie, nodeloos om te sê nog minder
>> gaan dit my oortuig dat die ander ou reg is. Eerder gaan dit my oortuig dat
>> ie ander ou nie 'n argument of standpunt het nie, en nou maar met modder
>> gooi.>>
>
> Lees ek dit reg?
> Wil jy "almal" hier ompraat om saam met jou te stem?
Nee, geensins nie. Wat ek wel sê is dat as iemand my sou uitkryt vir 'n
apartheidsvark of so iets, vanwee 'n spesifieke standpunt wat ek gestel het,
ipv om die standpunt aan te val, gaan daardie persoon my nie enigsins
oortuig dat ek verkeerd is nie. Hy saou my dan eerder verder terugdryf en
oortuig dat ek reg is, maar dat hy geen teenargument het om te lewer nie
vandaar die moddergooiery. Is dit meer dudelik? Die sin het bietjie lank
geword en begin uitrafel. As iemand eerder my STANDPUNT as MY sou aanval,
sal ek te eniger tyd na hom luister. Ek verwag nie hy moet met my saamstem
nie, maar ek wil graag hoor wat hy te sê het oor die saak onder bespreking.
As ons egter na 'n ruk agterkom dat geeneen die ander gaan oortuig dat hy
verkeerd is nie, dan los ons dit daar, maw ons kom ooreen om te verskil. Ek
dink 'n mens noem dit "debat".

>
> Gaan dink bietjie daaroor.
>
> En dan as jy terugkom, se my waar ek ooit mense probeer oorreed het om
> saam met my te stem.
>
> Of waar Gloudina, for that matter, dit al gedoen het.
Presies! Julle probeer in die meeste gevalle nie mense oorreed nie, julle
val hom eerder persoonlik aan. Daar was 'n hele paar keer al waar ons tog
sinvol iets kon bespreek. Die mees onlangse geval was juis oor die
plaasmoorde, selfs tussen my en jou, nadat ons nie meer mekaar in die hare
gevlieg het nie. Hoekom kan daar nie meer sulke besprekings wees nie?

>
> En as jy dit doen en sy (of ek) nie, wie is dan nou met bendes besig?
Ek verstaan nie mooi wat jy hier probeer sê nie. Al wat ek wel nog kan
sê, is dat ek die persone in die "bende" geneem het soos Cuan hulle
opgenoem het. As dit jou sou tevrede stel, kan jy seker die res van ons in
'n ander bende gooi, maar dan's ons weer terug by die "us and them"-begrip,
wat ek dink nie so hoef te wees nie.

Groete,
Dries
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30081 is 'n antwoord op boodskap #29986] So, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> "Dries Venter" vent...@xsinet.co.za
>
>> En die mense in Cuan se "bende" (nie PAT
>> nie)doen dit gereeld en hard en duidelik
>
> Ek dink jy is taamlik bevooroordeeld hier. Ek daag jou uit om die argiewe na
> te gaan vir hierdie gedrag - skeldname, en so meer - en ek wed jou diegene wat
> hul mees geredelik hieraan skuldig maak is allermins "gloudina se bende". Die
> voorbeelde wat jy hierna noem - ferdi se fokof, gloudina se grammatika - kan
> met ten minste 'n twee tot een ratio met name vanuit die "regse koor" vervang
> word.
Dit sal nogal 'n interessante oefening wees. Ek sal gaan kyk wat ek kan
uitkrap. Ek sou aanbeveel dat een van "julle" ook gaan kyk, anders word ek
dalk netnou van nog meer eenogigheid beskuldig. Hoe het jy by die 2:1
verhouding uitgekom? Gutfeel?

>
>> ProPacem wat baie vinnig is om iemand 'n rassis te noem, en
>> blank vs swart in byna elke bespreking intrek, al hoort dit nie eens daar
>> nie.
>
> Maar hier maak jy jou dan juis skuldig aan presies dit wat jy voor my deur l�.
> JY bepaal wat daar hoort of nie; JY bepaal of dit gepas is al dan nie - en
> wanneer ek my aanpas by JOU definisie van wanneer ras gepas is, is ek welkom of
> werk ek saam met jou. In Desember noem ek aan 'n Afrikaner in 'n Kaapse kroeg
> dat ek angstig is om deur sekere dele van die Vrystaat te ry. Hy sê toe vir
> my, my vrees is ongegrond - dit is nie waar of nodig dat regse sentiment my tot
> angs dryf nie. En hierin misken hy MY gevoel - een wat geldig en waar is omdat
> EK dit voel en weet. Insgelyks, wanneer ek ras betrek by 'n bespreking doen ek
> dit omdat EK voel dit van pas is en daar hoort en JY (ek neem aan jy is 'n wit
> man), kan nie 'n uitspraak maak oor die gepastheid daarvan van waar jy sit nie,
> Dries. Jy kan wel van my verskil, maar om te sê dat jou definisie van wat
> gepas is myne moet wees is presies wat gloudina bedoel wanneer sy sê dat jou
> saamwerk na jou rigsnoer bepaal word.
Kom ek gee jou vir eers gelyk. Nou vra ek myself af, daardie bespreking
tussen jou en (ek dink) Alwyn oor die Afrikanerklub in Perth; soos dit vir
my voorgekom het, het jy onmiddelik die raison d'etre van die klub aangeval
omdat hulle kwansuis 'n lewenswyse ens wat teruggryp na Apartheid sou
verkondig en aan die lewe wou hou. Was dit geregverdig? Weereens, my
siening, is dat ras/etnisiteit by jou spesifiek nog 'n geweldige netelige
kwessie is, en dat jy dus dit in elke bespreking sien, hoewel die
oorspronklike posser niks daarvan raaksien of wou inplaas in sy pos nie. Is
ek verkeerd?

>
>> Ek het so 'n ruk terug
>> my voorgeneem om op hierdie NG eerder sake te probeer bespreek as om persone
>> aan te val.
>
> Ek hoop jy hou hierby. Ek sal my bes probeer om dieselfde te doen. En
> alhoewel ek weet dat dit maar 'n flouerige verskoning is, offer ek 'n
> rasionalisering vir my persoonlike aanvalle in die dwase sotheid van regse
> rassisme.
He he, ja en ek het reeds jou oortreding (to Phatti) genoteer - ek gaan nou
'n scoreboard aanhou. ;-) Meer ernstig, dit is moeilik om in hierdie
spesifieke bespreking daaraan te voldoen, want deel van die onderwerp is
juis die persoonlikhede en gevoelens wat tot die bespreking aanleiding gegee
het. Die blote feit dat ons nou alreeds so sit en pontifikeer gee my
alreeds rede tot hoop.

>
>> Julle probeer in die meeste gevalle nie mense oorreed nie, julle
>> val hom eerder persoonlik aan.
>
> Weer eens dink ek jy beskou die data deur selektiewe brille.
>
> Terwyl ek jou sentimente waardeer en respekteer (die behoefte aan debat rondom
> kwessies sonder persoonlike aanval), dink ek tog ook dat sodanige
> rasionalistiese empirisisme wat die kwessie kil en koud bespreek nie heeltemal
> moontlik is nie en dat eksistensiele affek net soveel oorweging verdien, veral
> omdat dit so primêr menslik is om 'n figuur teen 'n emosionele grond te
plaas.
Wow! Gloudina het nou die dag laat blyk dat jy waarskynlik in psigologie of
so-iets doseer. Kan jy dalk hierdie paragraaf in meer alledaagse Afrikaans
omsit? As ek dit reg verstaan, sê jy 'n mens kan nie die menswees uit die
bespreking hou nie, en dat dit natuurlik is om die boodskapper die keel af
te sny. Veral "eksistensi"ele affek" en "rasionalistiese empirisisme" is
soos vir my soos 'n Boeiing - v^e^er bo my kop. Ek sal maar my CP110 en
Delphi-taal moet gaan uithaal. Die program sal lyk soos:
"if opponent.gun.shoot(me)
then begin
self.duck()
self.kill(opponent);
end
else begin
self.grin();
self.gun.shoot(opponent);
self.KickBallsStompFace(opponent);
end;"
In elk geval, dis seker hoe dit op die ou trant sou gegaan het

Groete,
Dries Venter
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30082 is 'n antwoord op boodskap #30060] So, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Dries Venter" vent...@xsinet.co.za

> En die mense in Cuan se "bende" (nie PAT
> nie)doen dit gereeld en hard en duidelik

Ek dink jy is taamlik bevooroordeeld hier. Ek daag jou uit om die argiewe na
te gaan vir hierdie gedrag - skeldname, en so meer - en ek wed jou diegene wat
hul mees geredelik hieraan skuldig maak is allermins "gloudina se bende". Die
voorbeelde wat jy hierna noem - ferdi se fokof, gloudina se grammatika - kan
met ten minste 'n twee tot een ratio met name vanuit die "regse koor" vervang
word.

> ProPacem wat baie vinnig is om iemand 'n rassis te noem, en
> blank vs swart in byna elke bespreking intrek, al hoort dit nie eens daar
> nie.

Maar hier maak jy jou dan juis skuldig aan presies dit wat jy voor my deur lê.
JY bepaal wat daar hoort of nie; JY bepaal of dit gepas is al dan nie - en
wanneer ek my aanpas by JOU definisie van wanneer ras gepas is, is ek welkom of
werk ek saam met jou. In Desember noem ek aan 'n Afrikaner in 'n Kaapse kroeg
dat ek angstig is om deur sekere dele van die Vrystaat te ry. Hy sê toe vir
my, my vrees is ongegrond - dit is nie waar of nodig dat regse sentiment my tot
angs dryf nie. En hierin misken hy MY gevoel - een wat geldig en waar is omdat
EK dit voel en weet. Insgelyks, wanneer ek ras betrek by 'n bespreking doen ek
dit omdat EK voel dit van pas is en daar hoort en JY (ek neem aan jy is 'n wit
man), kan nie 'n uitspraak maak oor die gepastheid daarvan van waar jy sit nie,
Dries. Jy kan wel van my verskil, maar om te sê dat jou definisie van wat
gepas is myne moet wees is presies wat gloudina bedoel wanneer sy sê dat jou
saamwerk na jou rigsnoer bepaal word.

> Ek het so 'n ruk terug
> my voorgeneem om op hierdie NG eerder sake te probeer bespreek as om persone
> aan te val.

Ek hoop jy hou hierby. Ek sal my bes probeer om dieselfde te doen. En
alhoewel ek weet dat dit maar 'n flouerige verskoning is, offer ek 'n
rasionalisering vir my persoonlike aanvalle in die dwase sotheid van regse
rassisme.

> Julle probeer in die meeste gevalle nie mense oorreed nie, julle
> val hom eerder persoonlik aan.

Weer eens dink ek jy beskou die data deur selektiewe brille.

Terwyl ek jou sentimente waardeer en respekteer (die behoefte aan debat rondom
kwessies sonder persoonlike aanval), dink ek tog ook dat sodanige
rasionalistiese empirisisme wat die kwessie kil en koud bespreek nie heeltemal
moontlik is nie en dat eksistensiele affek net soveel oorweging verdien, veral
omdat dit so primêr menslik is om 'n figuur teen 'n emosionele grond te plaas.

leswin
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30083 is 'n antwoord op boodskap #30081] So, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Nou vra ek myself af, daardie bespreking
> tussen jou en (ek dink) Alwyn oor die Afrikanerklub in Perth;

> . Was dit geregverdig? Weereens, my
> siening, is dat ras/etnisiteit by jou spesifiek nog 'n geweldige netelige
> kwessie is, en dat jy dus dit in elke bespreking sien, hoewel die
> oorspronklike posser niks daarvan raaksien of wou inplaas in sy pos nie. Is
> ek verkeerd?
>
>
>
> Wow! Gloudina het nou die dag laat blyk dat jy waarskynlik in psigologie of
> so-iets doseer. Kan jy dalk hierdie paragraaf in meer alledaagse Afrikaans
> omsit? As ek dit reg verstaan,

> Veral "eksistensi"ele affek" en "rasionalistiese empirisisme" is
> soos vir my soos 'n Boeiing - v^e^er bo my kop. Ek sal maar my CP110 en
> Delphi-taal moet gaan uithaal. Die program sal lyk soos:
>
> In elk geval, dis seker hoe dit op die ou trant sou gegaan het
>

Wereld, ek kom nou na al die Paasfeesgaste weg is,
weer by die rekenaar uit. En wie sit en argumenteer
nog al die tyd. Dries, wat nou die dag deklamerend
vir almal vertel het dat hulle nou moet ophou argumenteer.
En behalwe dat jy so voorspelbaar is, Dries, is dit ook
so boooooring. Terloops, dis nie ek wat vertel het wat
Leswin in Chicago doen nie. Dis ou Phatti daar in Dublin.

Gloudina
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30124 is 'n antwoord op boodskap #29986] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> Indien nie, loop so 'n groep gevaar om 'n miopiese mite voort te
> sit wat nie net afrikaans as taal nie, maar ook die wese van 'n afrikaanse
> samelewing onreg aandoen. >>>>>

Dis die crux van die saak. Nie net vir mense wat uitgesluitvoel uit hierdie benepe
determinasie van wie nou eintlik aan
hierdie "Afrikaanse" groep mag behoort nie (blykbaar
almal wit en Afrikaanssprekend.) Maar dit maak my ook
kwaad dat klein groepies mense Afrikaans-wees
en Afrikaner-wees wil determinieer as behorende aan
'n groep enersdenkendes. (Gewoonlik reaksioner,
ontvlugtend aan die nuwe bedeling in SA, reg om
te kritiseer wat vandag in SA gebeur, maar met
opset blind vir wat tien en twintig jaar gelede in SA
gebeur het.) Dis nodig om as Afrikaner en Suid-Afrikaner
te waak teen die kaping van mens se groep deur klein
groepies van reaksionere mense. Selfs al sit hulle in NZ.
Ek ken hulle ook hier in Kanada. En snaaks genoeg, hulle
word baie gou ook kritici van "die Kanadese." Vir hulle
is "die Kanadese" skielik 'n uniforme groep wat hulle kan
kritiseer omdat hulle dit se en dat doen. Maak nou nie
saak dat "die Kanadese" een van die mees multikulturele
groepe in die wereld is nie.

Gloudina
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30125 is 'n antwoord op boodskap #30081] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Dries Venter"

> Nou vra ek myself af, daardie bespreking
> tussen jou en (ek dink) Alwyn oor die Afrikanerklub in Perth; soos dit vir
> my voorgekom het, het jy onmiddelik die raison d'etre van die klub aangeval
> omdat hulle kwansuis 'n lewenswyse ens wat teruggryp na Apartheid sou
> verkondig en aan die lewe wou hou. Was dit geregverdig?

Alhoewel ek huiwerig is om op spesifieke voorbeelde, en veral hierdie een, te
reageer (bloot omdat dit soms die groter beginsel obskuur soos wat mens vasval
in hy't gesê en issie, ek het eintlik gesê, en so meer). Ewenwel, ek het my
oorspronklike pos gaan opsoek en ek plaas dit hier. Ek weet wragtag nie wat
was so "onregverdig" rondom die vrae wat ek in hierdie pos ge-opper het nie -
inderwaarheid was die vrae juis gebore vanuit 'n sorg vir Afrikaans. Nietemin
- hier dan my oorspronklike pos:

>>> Ek dink nie daar is enigiets intrinsiek verkeerd met 'n klub of groep wat
Afrikaans wil bevorder, bestudeer, of bloot net besig nie. Die gevaar, dink
ek, le gesetel in 'n elitisme wat sekere mense uitsluit - of deur die koppeling
van Afrikaans met Afrikaner (in welke geval 'n Afrikaner kultuurgroep meer
gepas is as 'n Afrikaanse groep), of deur 'n groepsgrens wat as ekspat
gedefinieer word, of deur 'n groepskultuur wat organiseer rondom 'n vergryp aan
'n vervloee paradys, en so meer en so meer. Dit val my op, byvoorbeeld, nadat
ek die taamlik saai tuisblad van hierdie groep besoek het, dat al die lede wit
is. Ek weet persoonlik van talle swart suid-afrikaners in nieeu zeeland en ek
wonder tot watter mate hierdie afrikaanses genader is om deel te wees van
hierdie klub, tot watter mate aktiewe bemarkingstrategiee 'n bree inklusiwiteit
vooropstel. Indien nie, loop so 'n groep gevaar om 'n miopiese mite voort te
sit wat nie net afrikaans as taal nie, maar ook die wese van 'n afrikaanse
samelewing onreg aandoen. >>>>>

> my
> siening, is dat ras/etnisiteit by jou spesifiek nog 'n geweldige netelige
> kwessie is, en dat jy dus dit in elke bespreking sien, hoewel die
> oorspronklike posser niks daarvan raaksien of wou inplaas in sy pos nie

Dit is 'n belangrike kwessie, ja, veral omdat ek as swart persoon byna daagliks
herinner word daaraan in die manier waarop mense teenoor my reageer. Sien ek
dit in elke bespreking of lewensinteraksie - nee. En ja, sommige mense sien
wel niks daarvan raak nie, of het nie ras "bedoel" nie - dit wil egter nie sê
dat dit nie daar is nie. Die blote gebruik van die woord onbewuste, die blote
definisie van stereotiepe en vooroordeel voorveronderstel dat daar blinde kolle
is in ons begrip van sekere kwessies.

> Kan jy dalk hierdie paragraaf in meer alledaagse Afrikaans
> omsit?

Jammer, by die herlees daarvan klink dit jargony of selfs pretensieus. Wat ek
probeer sê is dat ek dink die debat wat jy voorhou rondom kwessies vereis dat
mens 'n saak "neutraal", en "wetenskaplik" benader - soort van die kwessie
lossny van jou wese en dit ondersoek op 'n rasionele manier. Tog, die
gevoelsaspek is so essensieel mens, en ek probeer sê dat dit soms nodig is om
soortgelyke gewig te gee aan die emosies rondom 'n kwessie. Apartheid, vir my,
kan nie net koud en op 'n afstand as "kwessie" bespreek word nie - nog minder
rassisme - ek voel, ek word kwaad, ek is teleurgesteld, bang, en ek dink dat
hierdie emosionele ervaringswêreld belangrike insig gee tot 'n voller begrip
van die kwessie. Soms, wil ek voorhou, is dit dan ook terapeuties om net
emosionele stoom af te blaas - katarsis - die lug te suiwer (soos soms in
argumente met ouers of egmaats) vanwaar mens dan kan voortgaan om die fenomeen
te bespreek en te verstaan met meer as net die koue rede.
En ja, ek is terdeë bewus daarvan dat daar ook 'n gevaar hierin gesetel is wat
mense kan wegstoot van mekaar en begrip kan kortwiek.

leswin
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30182 is 'n antwoord op boodskap #29986] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
> Dries Venter wrote:

>> Wow! Gloudina het nou die dag laat blyk dat jy waarskynlik in psigologie of
>> so-iets doseer. Kan jy dalk hierdie paragraaf in meer alledaagse Afrikaans
>> omsit? As ek dit reg verstaan,
>
>> Veral "eksistensi"ele affek" en "rasionalistiese empirisisme" is
>> soos vir my soos 'n Boeiing - v^e^er bo my kop. Ek sal maar my CP110 en
>> Delphi-taal moet gaan uithaal. Die program sal lyk soos:

Gloudina antwoord toe:
> Wereld, ek kom nou na al die Paasfeesgaste weg is,
> weer by die rekenaar uit. En wie sit en argumenteer
> nog al die tyd. Dries, wat nou die dag deklamerend
> vir almal vertel het dat hulle nou moet ophou argumenteer.
> En behalwe dat jy so voorspelbaar is, Dries, is dit ook
> so boooooring. Terloops, dis nie ek wat vertel het wat
> Leswin in Chicago doen nie. Dis ou Phatti daar in Dublin.

'Skuus as ek verkeerd onthou het, maar ek kon sweer dit was jy. Maak nie
r^erig saak in di'e geval nie.

Oor die 'boring' en 'nog steeds argumenteer': Jy hoef dit mos nie te lees
nie. Ek dink dat ek en Leswin nogal 'n redelike oopkop-gesprek hier gehad
het. Ons het ten minste probeer om een of ander gemeenskaplike grond te kry
waarvandaan ons (hopelik) mekaar beter sou kon verstaan.

Jy sê in 'n ander pos op die NG dat mense op hierdie NG geselskap soek. Ek
stem saam, want ek soek definitief nie heeltyd om op die ou trant aan te
gaan van oor-en-weer skreeuery en beledigings rondslinger nie. As jy wil,
sal ek in jou geval 'n uitsondering maak.

DAN SAL ONS HEELTYD SO MOET PRAAT. MET BAIE VLOEKWOORDE TUSSENIN. F*K, K*K,
P*S EN AL DAAI SOORTE VAN DINGE.

Spreek maar net die woord.

Groete,
Dries Venter
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30254 is 'n antwoord op boodskap #29986] Sa, 29 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Gloudina
>
> Daar moet ek met jou verskil.Ek dink Suid Afrika is die mees multikulturele
> land in die wereld.Die verskilende kulture, godsdiens en verskilende nasies
> wat hier saamwoon.
>

Wel, Reenen, was jy al hier en het jy
al die hele Kanada bereis? Ons het
letterlik honderde Eerste Nasies. En
dan is dit ook nog 'n land van immigrante.
Ek dink Toronto word as die "mees
multikulturele stad" in die wereld gesien.
Maar ek dink daardie eer moet eintlik
Montreal toekom. Ek herinner jou weer,
ons Goewerneur-Generaal is 'n vrou
van Chinese oorsprong.

Gloudina
Re: My Klip in die Bos (ook vir Gloudina) [boodskap #30255 is 'n antwoord op boodskap #29986] Sa, 29 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Daar moet ek met jou verskil.Ek dink Suid Afrika is die mees multikulturele
land in die wereld.Die verskilende kulture, godsdiens en verskilende nasies
wat hier saamwoon.

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:3904682B.2AAF291D@home.com...
> ProPacem wrote:
>
>> Indien nie, loop so 'n groep gevaar om 'n miopiese mite voort te
>> sit wat nie net afrikaans as taal nie, maar ook die wese van 'n afrikaanse
>> samelewing onreg aandoen. >>>>>
>
> Dis die crux van die saak. Nie net vir mense wat uitgesluitvoel uit hierdie benepe
> determinasie van wie nou eintlik aan
> hierdie "Afrikaanse" groep mag behoort nie (blykbaar
> almal wit en Afrikaanssprekend.) Maar dit maak my ook
> kwaad dat klein groepies mense Afrikaans-wees
> en Afrikaner-wees wil determinieer as behorende aan
> 'n groep enersdenkendes. (Gewoonlik reaksioner,
> ontvlugtend aan die nuwe bedeling in SA, reg om
> te kritiseer wat vandag in SA gebeur, maar met
> opset blind vir wat tien en twintig jaar gelede in SA
> gebeur het.) Dis nodig om as Afrikaner en Suid-Afrikaner
> te waak teen die kaping van mens se groep deur klein
> groepies van reaksionere mense. Selfs al sit hulle in NZ.
> Ek ken hulle ook hier in Kanada. En snaaks genoeg, hulle
> word baie gou ook kritici van "die Kanadese." Vir hulle
> is "die Kanadese" skielik 'n uniforme groep wat hulle kan
> kritiseer omdat hulle dit se en dat doen. Maak nou nie
> saak dat "die Kanadese" een van die mees multikulturele
> groepe in die wereld is nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Tannie (cont)
Volgende onderwerp: Re: REENEN van Niekerk het 'n groot probleem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:22:55 MGT 2024