Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
Re: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888) [boodskap #29809] Di, 11 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Die gedig is nie in 1888 geskryf nie. A.D. Keet
is in 1888 gebore en is in 1972 dood.
Gloudina

Alex Koster wrote:

> Ou Amsterdam is tog so mooi
> Met al sy liggies uitgetooi
> In donker, donker nagte.
> Dis liggies hier en liggies daar
> In lange rye aanmekaar,
> Wat flikker in die gragte!
>
> En honderd duisend ogies loer
> Op spieëlgladde watervloer
> Daar bowe uit die hemel.
> Dis liggies hier en liggies daar
> En bootjies, wat so saggies vaar,
> Dat ligte golfies wemel.
>
> Die liggies zoek mekaar weer op
> In water, wat teen walle klop
> Op stormachtig' nagte.
> So towerachtig, lief en skoon
> Is liggies, wat op walle woon
> En flonker in die gragte.
>
> A. D. Keet
> ----------------------
>
> Beste wense
>
> Alex Koster
> Student
> Cambridge, V.K.
>
> www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: "Homo Erectus" deur LOUIS ESTERHUIZEN
Volgende onderwerp: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:35:09 MGT 2024