Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
"Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888) [boodskap #29810] Di, 11 April 2000 00:00
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ou Amsterdam is tog so mooi
Met al sy liggies uitgetooi
In donker, donker nagte.
Dis liggies hier en liggies daar
In lange rye aanmekaar,
Wat flikker in die gragte!

En honderd duisend ogies loer
Op spieëlgladde watervloer
Daar bowe uit die hemel.
Dis liggies hier en liggies daar
En bootjies, wat so saggies vaar,
Dat ligte golfies wemel.

Die liggies zoek mekaar weer op
In water, wat teen walle klop
Op stormachtig' nagte.
So towerachtig, lief en skoon
Is liggies, wat op walle woon
En flonker in die gragte.

A. D. Keet
----------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: Re: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
Volgende onderwerp: "Daar ruis 'n Lied" deur Totius (Jacobus Daniel Du Toit)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:09:55 MGT 2024