Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Homo Erectus" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Homo Erectus" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #29808] Di, 11 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

HOMO ERECTUS
(na die voorbeeld van Nina Cassian)
LOUIS ESTERHUIZEN

Hy kom orent
albei arms omhoog 'n roos
in die een 'n fluit in die ander
Oordadig druk hy die musiek
se sagste murg uit
die buis
Skaars merkbaar
dans hy oor die vloer skets hy
stede
asook tussen swaaikopriete
die rivier se oordrewe
gefluister
As toegif ook nog
die stoomenjin, die vliegtuig
ruimtevaart en kern-
krag

Maar aan die einde
van die vertoning blyk die roos
verlep te wees, die applous
flou

Word hy alleen gelaat
om viervoetig tussen lee bottels
en skille rond te hunker
na die oorblyfsels
van 'n dans
Vorige onderwerp: "Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)
Volgende onderwerp: Re: "Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:59:08 MGT 2024