Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)
"Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881) [boodskap #29807] Di, 11 April 2000 00:00
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek lê op my bed, so onrustig -
dis middernag lank al verby,
en ek hoor hoe die nagtlike koelte
deur eike en denne sig sprei.

Dit ruis nes die siltige waters,
wat daar skuif oor die sandige strand,
gehoor deur die wandelaar van verre
wat seewaarts hom haas oor die land.

O nagwind, o nagwind, kom sê my,
wat spreek tog jou ruisende lied?
Vertel jy 'n tyding van liefde?
Breng jy vrede of wee en verdriet?

Dit is my of duisende stemme
van mense reeds lang weggekwyn
vermeng met jou ruisende sugte,
hul eggo van droefheid en pyn.

Die voorsang van duisende wesens
nie-gebore, vertolk my jou sug,
die lied van hul komende weedom
die draag jy so sag deur die lug.

O nagwind, ek hoor maar deurgrond nie
jou klagende, suisende sang -
my harte klop sneller en sneller,
my kinderlik harte word bang!

D. F. Malherbe

------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: "Muskiete-jag" deur A.D. Keet (1888)
Volgende onderwerp: "Homo Erectus" deur LOUIS ESTERHUIZEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 03:58:43 MGT 2024