Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muskiete-jag" deur A.D. Keet (1888)
"Muskiete-jag" deur A.D. Keet (1888) [boodskap #29805] Di, 11 April 2000 00:00
Alex koster  is tans af-lyn  Alex koster
Boodskappe: 30
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier op my kamermure,
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie
Wees ook nie so keiskeurig nie,
Jy moet tog één dag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie
Al soebat jy nou nog so lang,
Al se jy ook: ek es nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie ....

Hoe sedig sit hy. O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nou gaan die vabond sterwe ....
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
My naam is van der Merwe!

A. D. Keet

-------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Vorige onderwerp: "Kanniebos" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:18:29 MGT 2024