Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrika Renaissance relevant?
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #27861] Vr, 05 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Griet het n.a.v. Prof. Wycliff Ogupu van Ghana se skrywe in 'n
Suid-Afrikaanse koerant die polemiek rondom 'n Afrika wedergeboorte en Pres.
Thabo Mbeki se pleidooi vir 'n Afrika renaissance, aangewakker. Hoe graag
sou ons almal nie dié towerstaffie wat hierdie wonderwerk kan bewerkstellig
in die hande wou kry nie!

In sy totaliteit is hierdie begrip so groots, so majestueus dat dit die
menslike begrip te bowe gaan. Dit is om van te droom. (Vgl. "The great
American Dream")As dit by praktiese implikasie kom, blyk dit 'n perd van 'n
ander kleur te wees. Die fondament vir hierdie ontwikkeling is nog nie eers
gelê nie. Elke reusagtige kultuur het reeds ab ovo die kiemsel van
vernietiging in hom. Die antieke Suid-Amerikaanse kulture het gefaal. So ook
die magtige Romeinse Ryk en die van die Mede en Perse. A.g.v. eietydse
dekadensie is ons eie beskawing aan't wankel. Marx was miskien nader aan die
waarheid toe hy voorspel het dat Westerse ekonomië op selfvernietiging gerig
was. Selfs die magtige USSR het nie rekening gehou met die gelykmakende krag
van die tyd (geskiedenis) nie. Op die vasteland van Afrika is magte en
kragte aan die werk wat nie altyd met 'n oogopslag duidelik is nie. As
geboorte / naissance die onderwerp onder bespreking is, kan konsepsie nie
agterweë gelaat word nie. Wie pa gaan staan, is reeds 'n fiaskonale
onkwantifiseerbare begrip! Kolonialisme het seker die kleinste aanspraak op
vaderskap en tog maak dit m.i. sin om hierdie status quo aan hom toe te ken.
Of sy invloed negatief of positief op die sluimerende Afrika reus gaan wees,
sal ons eers sien as die proses op eie bene begin staan. Geen geboorteproses
is immers sonder pyn nie. Geen ander gene-poel as die indo-Europese het
suid van die Sahara) 'n groter impak op Afrikakulture gehad nie.
Laat maar jou vinger om die maag van Afrika en name soos Liberia
("shattered American dream"), Guinea-Bissau, Guinea, die Ivoorkus, Ghana,
Benin, Nigerië en die bloedige "Belgiese" Kongo gly. Oral is die bloedspoor
van kolonialisme en naakte "pagan African cruelty" 'n pertinente waarheid.
Tyd verberg wonde, maar die letsels verdwyn nooit. As Afrika self op
vaderskap wil aanspraak maak, sal hy eers sy eie impotensie moet afskud
(caundi en procreandi).

Van die faktore wat die Afrika aanspraak negeer, is die volgende:
Die heterogene bevolkingsamestelling en paganistiese waardebestel van die
Afrikaan. (Dit is geensins my bedoeling om rassistiese opmerkings te maak
nie.
Ons het lank genoeg met ons hoed in ons hande gestaan! As gevolg van die
oningeligdheid van 'n groot deel van my bevolkingsgroep, is kennis aangaande
die volgende 'n imperatief.)
In sy boek "The African Giant (The story of a journey)" (Collins, St James's
Place, LONDON 1956) skryf Stuart Cloete van sy gewaarwordinge op 'n reis
deur Afrika. Vir die sensitiewe buite-afrikane is die opvallende wreedheid
of oënskynlike gevoelloosheid, of afwesigheid van empatie teenoor andere, in
die psige van die Afrikaan, opvallend. Antropoloë kon tot vandag nog nie die
mitologie agter baie wrede inisiasie rituele peil nie. Aspekte soos die
besnydenis ritus (manlik en vroulik) kon nog nie verklaar word nie. Ek het
iewers gelees dat die mitologie 'n moontlike verklaring hiervoor gee deur
die volgende legende: Aanvanklik het die vroulike geslag die dominante rol
in die samelewing gespeel. (Vgl. maar die diereryk waar die olifantkoei en
die buffelkoei steeds die kuddeleier is.) Die manlike geslag het hierteen
gerebelleer. As uiterlike vertoon van sy gesag is manlike besnydenis
ingestel deur die verwydering van die laaste teken van 'n vestibule. Die
vroulike onderdanigheid is verseker deur die vroulike besnydenis. Dit is
maar 'n onbewese suggestie van een of ander soeker na die waarheid. As daar
gebrekkige insig deur navorsers openbaar word, is dit grootliks toe te skryf
aan die aversie van die afrikaan om 'n eerlikheid te openbaar as die magie
van sy wese onder bespreking kom. In sy boek
"The Pagan Soul" raak prof. Laubsher aan hierdie inkennigheid van die
afrikaan.
Selfs teenoor sy totum persoon (toordokter) sal hy nie mondelings iets
meedeel nie. Dit word aanvaar dat die meerdere persoon sal aanvoel wat sy
pasiënt se behoeftes is. Hy mags slegs bevestigend antwoord: Kamagu. Van wit
magie is hier nie sprake nie! Die vraag wat gestel moet word is: Gebeur dit
vandag nog in Afrika? Hoekom moet die bok by die begrafnis juis blêr as sy
keel af gesny word? Watter verstoke simboliek is ter sprake in
menseverhoudinge? In die resent-afgelope tyd was daar vele besprekingsgroepe
in 'n poging om juis
gemeenslaplikhede vir 'n "corporate culture" in die moderne bedryfsektor te
vind.
Ons is geleer dat die afrikaan dit as 'n geweldige belediging beskou as hy
'n bobbejaan genoem word. Jy mag ook nie sy salaris met jou linkerhand aan
hom oorhandig nie. Omdat dit vir hom belangrik is. moet jy dit met jou beste
hand doen. Ons soek die antwoorde op hierdie soort realiteite in handboeke.
Dit staan nie daar nie! Die inherente vrees vir 'n slang (selfs 'n
rubber-slang) wat deur vroulike afrikane openbaar word, is vreemd. Eers as
jy die mite van die Nyoka
bestudeer, besef jy die magiese kragte agter hierdie oënskynlike
onsinnigheid.
Selfs die tokkelosie het hiermee te doen. Hy kan homself willekeurig in 'n
slang
of 'n stuk hout verander. Ons lees selfs in die Bybel daarvan dat Moses sy
kierie op die vloer neergegooi het en dit soos Farao se sterrewiggelaars s'n
in slange verander het. Dink aan die skok wat 'n persoon moet ervaar as die
stuk hout wat jy optel skielik in 'n slang verander en die jou dan die
opdrag gee om een van jou geliefdes te gaan vermoor! In die afrika kultuur
is dit nie vreemd om 'n psigiese toestand wat as "twasa" bekend staan, in te
gaan nie. So 'n persoon beskik oor
kragte ( om klippe te laat opstyg, ens.) Dit is 'n feit. Omdat ons
europeane nie die grondbeginsels hiervan verstaan nie, staan ons skepties
(dikwels sinies) teenoor dit wat die empiris nie herhaaldelik in sy
proefbuisie kan bewys nie.
Maar is hierdie aspekte van indo-afrikanisme die bepalende faktor as
loodsbegrip vir 'n naissance? Vir ons wat op grondvlak met die ware afrikaan
moet saamleef, bly dit 'n geslotenheid. Selfs swartes kyk neerhalend toe as
daar in 'n sg. swart drama 'n jong swartman met 'n bos blomme by sy beminde
se huis opdaag. Dit is en bly volksvreemd. As hy 'n leierskapsposisie
beklee, is dit tradisioneel aanvaarbaar dat hy 'n geskenk mag ontvang. Ons
interpreteer dit as omkopery. Omdat ons eie Romeins Hollandse waarbestel
ons denke oorheers, sien ons ons eie onvermoeë om by die afrika paradigma
aan te pas, dikwels te laat raak. Indien van 'n Afrika renaissance gepraat
wil word, moet ons eers hierdie dinge vanuit die boom bekyk. Ek is van
mening dat daar veel eerder na die moontlikheid van voortgesette
kolonialisme ( in 'n ander gedaante - miskien vanuit die Ooste) gekyk moet
word.

Voorts het Afrika net te veel kulture! In Suid-Afrika worstel ons met elf
tale. Hegemonie van een oor die ander lei tot 'n taalstryd waarvoor ek net
eenvoudig nie die energie kan monster nie (Ek weet julle aan my kap!). Van
die sub-kulture praat ek nie eers nie. Kyk maar na die Xhosas. Wat van die
Fingo's en die Pondo's? En die Mshangaans ( die tradisionele "boss boys" in
die myne). In Lesotho bestaan onder die Basotho's stamtwiste wat geen
buitestaander kan verstaan nie. "Faction fighting" onder die Zoeloes key
deesdae 'n IVP/ANC baadjie, maar dit gaan oor veel meer as dit. Vrede!
Vergeef en vergeet maar daarvan.

2. Ander redes vir die afrikaan se onvermoë om van 'n Verenigde Emeritaat
van Afrikastate te praat, is sy militantheid en sy blinde afhanklikheid van
leiersfigure.
Die Mau-Mau beweging is juis op tou gesit nadat 'n plaasboer in Kenia 'n kat
wat gepla het, vankant gemaak het. Die omstanders het die miaau-miaau
doodsgeluide van die kat as ikoon vir hulle vryheidstryd geneem. Verder kan
ons maar net wonder oor watter verwantskap daar tussen die tiervel-kleredrag
van die koninklikes en die gebalsemde katte in die grafte van die faraos
bestaan.
En die seepsteen-voëlgestaltes van die Zimbabweruïnes en die falkoniers van
die ou Egiptenare. Dat ons baie te leer het, staan soos 'n paal bo water.
En as ons nie weet nie, hoe gaan die ouens van oor die water weet?

Dit sou verkeerd wees om alles wat hierbo gesê is negatief in te kleur. Ek
erken die swartman as unieke Godgeskapene. Ons behoort tot die algemene
"Brotherhood of man". Ons bloed is ewe rooi en ons is ewe sensitief as ons
dignitas aangetas word. As dit maar moontlik was om die skeiding tussen
Europa en Afrika soos die Berlynse muur uit die weg te ruim! Fisies is die
begrensing egter van so 'n aard dat dit in 'n amorfenheid verval. Ons gryp
na die grashalms van die onderwys en die sendingakker, maar ons word gestraf
vir een of ander aardsonde wat ook in ons eie mitologie verstrooid geraak
het.

Die jaar van Onse Here 1999 lê in skerwe. Hy moet gou kom. Sy mense het Hom
nodig.

Sela
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #27862 is 'n antwoord op boodskap #27861] Vr, 05 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> . Ander redes vir die afrikaan se onvermoë om van 'n Verenigde Emeritaat
> van Afrikastate te praat, is sy militantheid en sy blinde afhanklikheid van
> leiersfigure.

Nou Barrie, vir iemand wat kom uit die Europese kultuur, waar ons die
afgelopeeeu die monstrositeit van Duitsland onder Hitler gesien het en die
fascistiese
bewegings onder Mussolini en Franco, en die puppet regerings in Frankryk
e.d.m., kan ons wat uit die sogenaamde "Weste" afstam natuurlik nie eintlik
praat nie, kan ons nou? Om nie eens te praat van die monstrositeit van
apartheid wat net moontlik was omdat 'n hele klomp mense met Afrikaanse
name agter 'n klomp apartheidsvarkleiers aangeloop het. As ons na Afrika
en Europa (met sy ekstensie die VSA) die afgelope honderd jaar kyk, wie
was die meeste militant? Die Italiane wat Ethiopia binnegeval het, of die
inwoners self? In SA, was die inheemse Afrikane meer militant as die Britse
hordes wat die subkontinent oorgeneem het. Ek dink jy verkondig mites.

Oor die algemeen het ek egter die stuk wat jy geskryf het, geniet.

Gloudina
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28355 is 'n antwoord op boodskap #27861] Do, 09 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jammer dat ek nou eers hierdie baie interessante stuk raaksien, Barrie.
Dit is voorwaar lekker lees materiaal.

Ja, ek dink die persepsie met wat nou eintlik met 'n Naissance of
Rennaisamce bedoel word is verwarrend.

Ek lees die Renaissance as 'n geboorte in 'n eie ekonomiese reus.
Die meer pro- tradisionele Afrikane wil eerder die Naissance sien, maar die
koloniale invloede, en die voordele wat dit vir Afrikane gebring het, sal
nie weggewens kan word nie, daarom kan daar nie van 'n Naissance gepraat
word nie.

Wat ek wel dink hier bedoel word, is dat die Afrikane weer in opstand kom
teen eksploitasie. Die eggo wat oral weerklink dat Afrika se skuld afgeskryf
moet word, het niks te doen met die lande se onvermoë om skuld te delg nie.
Dit is eerder 'n refleksie op die eksploitasie komponent van die
Afrika-ekonomieë.

Sommige Afrika-leiers is van mening dat daar 1) met die rente-terugbetalings
al tien keer meer leningsdelging geplaas gevind het as die oorspronklike
bedrae van die lening self.
2) dat die grondstowwe en minerale wat deur die groot Vyf in Afrika ontgin
word, en in die groot ekonomieë verwerk word, baie meer fondse uit Afrika
gegenereer het as wat die lenings wat aan Afrika aanvanklik toeken was
regverdig. Hulle voel dat hierdie voordele wat in Afrika geniet is, die
lenings uitkanselleer. ( Die lenings moet dus as geskenke afgeskryf word. Ek
stel dit 'n bietjie lomp hier.)

Die weerstand het ook te doen met die konsep van Afrika as stortingsterrein
vir Europese, Amerikaanse- en Oosterse vervaardigde produkte, waarmee Afrika
se eie produkte nie kan kompeteer nie. Die eksploitasie woed dus maar voort.
Suid-Afrika self het deesdae probleme met hierdie tipe stortings.
Om van die chemiese- en ander afvalprdukte wat in Afrika gedump word nie
eers te praat nie.

Die Renaissance, dink ek, gaan dus oor self voorsienendheid, selfverwerking
van grondstowwe, en minder afhanklikheid van buite om te oorleef - en weer
eens die strewe om van hierdie ekonomiese slawerny te ontkom. Die
verwestering van die Afrikaan geskied ook teen 'n massiewe pas, veral in die
stede.

Kultuur word wereldwyd uitgefaseer as dryfveer agter optredes. Die
hele wereld ver-amerikaans, as 'n mens dit so kan stel. Ek dink die intensie
hier is om byvoorbeeld 'n Afrika-goudbeurs, Afrika-diamantbeurs, ens. te
vestig. Dit behoort 'n drastiese verandering in werksgeleenthede en ander
sosiaal-maatskaplike terreine te hê. Weer eens dink ek dat die verwesterse
Afrikane aktief hieraan sal deelneem.

Dit is ook vir my logies, dat Afrika sê ontwikkel het dat tot die besef
gekom is hoe magtige en ryk kontinent dit eintlik is, wie se inwoners deur
kolonialisme lamgelê is. Produktiwiteit is dus die kern tot enige
grootskaalse oorname van beheer, en is ook die rede waarom daar so gehamer
word op opleiding en kwaliteit arbeid.

In baie Afrika lande, selfs in Suid-Afrika, word al hoe meer druk op groot
maatskappye geplaas om Afrika-direkteure aan te stel. Eienaarskap van
besighede word vir die Afrikane self geoormerk - dit gaan maar oor die
reaktiewe optrede teen eksploitasie. Ek het geen beswaar daarteen nie,
alhoewel ek nie kundig en ingelig genoeg is om 'n sinvolle mening hieroor te
kan lug nie. Of dit kan werk is nie binne by vermoëns om te voorspel nie.

Die hele konsep draai om die afskud van die eksploitasie juk. Die
konsentrasie op die opleiding van studente in die ekonomie op al vlakke, is
miskien baie insiggewend. In baie Afrika lande word ook deesdae van alle
sakemanne verwag om burgers van daardie land te wees, ongeag die herkoms.
Die hele "franchising"-idee word oral in heroorweging geneem. Die beoogde
Renaissance draai dus om die westerse ekonomiese stelsel. In
gemeenskapsontwikkeling word ook by die aanvraag van fondse altyd die vraag
gestel: hoe gaan die plaaslike gemeenskap hierby baatvind. M.a.w: wie gaan
met hierdie ontwikkeling bevoordeel word. Dit is vir my 'n geregverdige
vraag.

Indien die Naissance-idee sinspeel op die behoud van die kulture, soos deur
jou belig, dink ek dat baie Afrikane self nie sal kans sien vir Afrika nie.
Daarom maak die Renaissance vir my meer sin. Mnr. Mbeki het in 'n onlangse
toespraak weer herhaal dat die Afro-Amerikaners moet terugkeer na Afrika om
te kom help met die Renaissance.

Geseënde Kersfees.

Barrie wrote in message
news:7vul85$9io$1@ctb-nnrp1.saix.net...
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28375 is 'n antwoord op boodskap #27861] Vr, 10 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Beste Griet

Ek het lekker gelees aan jou antwoord! Jou logiese uiteensetting van die
Afrika-problematiek en varal die moontlike oplossings van die probleem is
bewys dat dié saak jou na aan die hart lê. M.i. is die kern van die probleem
juis te vinde in Afrika se diversiteit. Die impak van die koloniale era het
Afrika nie oral met dieselfde intensiteit getref nie. Hiermee bedoel ek dat
die legkaart van Afrika nie oral dieselfde kleur het nie. Om Afrika te
verstaan moet die menslike verstand
na die volle spektrum van Afrika se samestelling kyk, en dit is nie moontlik
nie. Dit is nie vir die magtige VSA moontlik om 'n breë Afrika beleid daar
te stel nie - net soos mens nie een sillabus vir graad 1's en graad 12's kan
opstel nie. Afrika is nié 'n homogene entiteit nie. Om van een groot swart
nasionalisme te praat is m.i. 'n paar eeue voortydig. Die geskiedenis bewys
ook dat eenheid (soos in die geval van 'n verenigde Duitsland onder Von Roon
en Bismarck) nie sonder pyn en bloed kan geskied nie. Selfs die VSA moes 'n
burgeroorlog beleef en duisende lewens opoffer vir een sin iewers in 'n
geskrif ..."We hold these truths to be self-evident, that all men are
created equal, that they are edowed by their Creator with certain
inalienable Rights, that among these are Life, Liberty and the pursuit of
Happiness." Mooi woorde, maar kom sê dit vir Afrika.

Miskien is diegene in die buiteland a.g.v. die afstand weg van Afrika, tot
'n meer globale perspektief in staat. In Suid-Afrika bevind die blankes
hulle in 'n situasie waar hulle vir die eerste keer tot die besef gedwing
word dat niks hulle kan "red" nie.
Oumense word op plase vermoor. Daagliks is die koerante vol berigte van
bejaarde vroue wat verkrag word. Omgekeerde apartheid is 'n werklikheid.
Werksgeleenthede word afgeskaal en die gevolg is 'n kontraproduktiewe Bruto
Nasionale Produk. Dit word goedkoper om goedere in te voer (soos jy tereg
gesê het - Afrika word die ashoop vir goedkoop buite-Afrika-vervaardigde
goedere. Enige ekonomiese stelsel berus op land, arbeid, kapitaal en
bedryfsleierskap. Wat "land" betref, is Afrika se natuurlike bronne al reeds
grootliks ge-eksploiteer (Dit is lank reeds nie meer winsgewend om goud uit
die donker dieptes van die aarde te gaan haal nie. Overgeset synde in
Randwaarde is die ongeveer $600 per fyn ons skaars genoeg om produksiekoste
te delg. Om die grond van Afrika vir kleinboere oop te stel, is ook nie
ekonomies haalbaar nie. Om met 'n donkie en 'n eenskaarploeg te probeer
boer, is wensdenkery. Die koöperatiewe stelsel het die blanke boere aan die
gang gehou. Baie van hulle het ook maar net geboer tot die geld op was. Baie
Koöperasies het grond uit bankrot boedels bekom en so grondbaron-status
verwerf. Die Landbank het finansiering aan die boere verskaf, maar die
ekonomiese stelsel in Suid-Afrika het so verander dat gewone handelsbanke
met die steun van die reserwebank grootliks die funksie van die Landbank en
in 'n groot mate die rol van die Bougenootskappe wat vir behuising
verantwoordelik was, oorgeneem het. 'n Prima-rentekoers van 25%+ belas die
voornemende huiseienaar is so 'n mate dat hy hom tot bankrotskap verbind
deur 'n huislening aan te gaan. En hier bedoel ek nie net blankes nie!
Boerdery self het 'n industrie geword waar landbou-implemente en 'n
wetenskaplike kennis van boerderymetodes voorvereistes vir 'n suksesvolle
sakepraktyk is. In die tyd van Harding, Coolidge en Hoover (VSA presidente
voor die Groot Depressie) het kenners positief gewaarsku teen wat hulle
kruipende sosialisme genoem het. Huidige ekonomiese mooipraatjies oor 'n
nuwe ekonomie is SA grens aan dieselfde ding.

En dit bring my by arbeid. Arbeid ( harde hande arbeid) is 'n sensitiewe
saak. Dit verteenwoordig die grondbeginsels van 'n
klassestryd ( nie net hier nie, maar oor die hele wêreld). Drakoniese
arbeidswetgewing noodsaak baie boere om hulle werkers te verminder.
Maatskappye automatiseer en meganiseer en werkloosheid is die gevolg. Hier
by ons in Delportshoop is 90% van ons bevolking werkloos. Dit volg logies
dat misdaad ten hemele gaan styg. Een uit 7 is HIV positief. Al die ander
euwels van armoede soos prostitusie
en drankmisbruik biedêm alle pogings tot hervorming.
Twee jaar gelede was hier een drankwinkel - nou is hier 5 !!
Waarheen, Gehasie?

In my leke eenvoud sien ek net een antwoord vir maatskaplike herstel - en
dit is 'n diktatuur. Afrika verstaan nie die woord dissipline nie. Ander
pessimiste ( soos ek!) praat al spottenderwys van "delusions of adequacy."
'n Paar jaar gelede het 'n joernalis van die Johannesburg Star ( ek meen dit
was Gavin Relly) die volgende gesê: " History tells us that the point at
which civilization shatters is when the bulk of the population ceases to
have respect for the law." Ek het al begin wonder of verkragting werklik in
die Afrika paradigma 'n misdaad is. Is dit nie dalk 'n kultuurmanifestasie
nie? Weer eens is daar net een oplossing en dit is 'n tipe "lynch law".
Soos my Ma vir my gesê het in die kleintyd: "As jy nie wil hoor nie, moet jy
voel." En nou kom hier wetgewing wat ons van ons wapens gaan ontneem - seker
bang ons begin wraak neem as ons dogters verkrag word ( teen 1 elke 27
sekondes loop party seker 'n paar keer deur!).

Nee, ek weet nie meer nie! Afrika is siek. Terminaal siek.
Die aksiomatiese waarheid van die geskiedenis dat alles wat is, alreeds was
en weer sal wees, is Afrika se grootste bedreiging. 'n Nuwe koloniale era lê
voor die deur en hierdie keer sal die koloniste uit die Ooste kom. Om Euro-
en verwesterse Afrikane sover te kry om terug te keer na Afrika
en die leisels oor te neem, is m.i. onmoontlk. Die vraag is:
"Het Afrika die potensiaal om homself te regenereer?"
Ek het empatie met die regering se pogings om te red wat daar te redde is,
maar die kruis van die sg. "lost generation"
is 'n las te swaar om te dra.

Maar nou ja, die slim mense sê daar is plek vir optimiste en pessimiste. Die
optimis het die vliegtuig ontwerp en die pessimis die valskerm.

Die paleontologie bewys dat die mens uit Afrika bodem ontspring het. As die
sirkelgang voltooi word, is dit hier waar hy die begin van sy einde sal
beleef. Maar miskien moet ons minder let op die wette van die natuur en meer
kyk na die wil van die Wetgewer in die natuur. Dit is mos waaroor Kersfees
gaan!

Geseënde Kersfees!

Barrie
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28395 is 'n antwoord op boodskap #27861] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Griet wrote:

> Die riool-waardes wat as moreel geregverdig voorgehou word, is ook afkomstig
> van Amerika.

Kan jy meer spesifiek wees oor watter rioolwaardes jy hier van praat? Kan jymeer
spesifiek vir my aandui die rioolwaardes waarvan jy nie hou nie. Dan kyk
of ons die rioolwaardes waarvan jy praat, nou "afkomstig van Amerika" is.

Gloudina
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28396 is 'n antwoord op boodskap #27861] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Griet wrote:

> Die nuwe wet op die "Uitbreiding van Verblyfskerheidsreg" waarin die plakker
> meer regte as die grondeienaar het kan hierby gevoeg word. Weet jy watter
> ander land in die wereld het soortgelyke wetgewing? Wat my snaar tokkel is
> hoe Suid-Afrika hierdie fundamentele regte wat van grondeienaars weggeneem
> is ( dit sluit erf-eienaars in stede in) goedgekeur gekry het by die VVO? Ek
> hoor nie 'n kraaie geskal hieroor nie. Sosialisme onder 'n dekmantel, en
> waarom word dit stil-stil aanvaar?

Word wakker, my liewe Griet. In Queensland het die Australiese Hof besluitdat
die eerste nasies daar mede-eienaars is van die kroongrond (waarop die
wit Australiese lank al plase het en dit as hulle eie beskou het.) In British
Columbia hier in Kanada is hulle aan die einde van onderhandelings met die
Nisga, om 'n groot deel van die provinsie weer onder die beheer van die
Nisga te plaas. En dit is maar net die begin. Wit plakkers in Vancouver begin
al wonder of dit hulle voorland is, noudat die Kanadese howe begin om na die
wetsimplikasies van ou treaties te kyk, wat in die verlede meedoenloos
verbreek is. Hierdie proses, dink ek, sal in die 21 ste eeu dwarsoor die wereld
in sterkte voortgaan. Die hegemonie van die wit Europese inlopers in ander
mense se lande sal intensifiseer in die 21ste eeu.

Gloudina

>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28397 is 'n antwoord op boodskap #27861] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Griet wrote:

. Amerika het ook niks werklik nuuts ontdek nie.

Nou my liewe Griet, praat jy nou van die "Amerika" van die wit
kolonialiste uit Europa oor die afgelope drie eeue, of sluit jy ook
die Aztecs en die Incas en al die Eerste Nasies van die Amerikas
in? Julle wit kolonialiste daar in Suid-Afrika moet oppas dat wanneer
julle aan "Amerika" dink, julle nie net dink aan die wit kolonialiste
hier in Noord-Amerika nie. As 'n Noord-Amerikaner wat myself
identifiseer met alle inwoners van Noord-Amerika, verkies ek dat
jy met meer respek van "Amerikaners" praat.

Gloudina

>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28398 is 'n antwoord op boodskap #28375] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek wil sommer afskop met 'n paar groot klippe in die donker bos.

Onlangs, in gesprek met 'n Duitse violis het hy die opmerking gemaak dat al
die fundamentele kennis waarop moderne tegnologie berus, afkomstig is uit
die oer-oue Oosterse kulture, en dat alle kennis wat dit vernietig uit
Amerika kom. Interessante stelling as 'n mens 'n bietjie dieper daarin gaan
vroetel. Dink maar aan die kennis van medisyne wat deur die Egiptenare
beskikbaar gestel is. Amerika het ook niks werklik nuuts ontdek nie. Al
hulle vooruitgang berus op die kennis afkomstig van ander lande en die
oer-oue kulture. Dit is slegs verfyn daar.

Die riool-waardes wat as moreel geregverdig voorgehou word, is ook afkomstig
van Amerika. Word dit nie deur Amerikaanse pop-sielkunde, - musiek, en -
films oor die wereld heen versprei nie?

By 'n ander geleentheid het 'n wereld-ekonoom die opmerking gemaak dat die
eerste wereld vernietigende besoedeling bring (oorbenutting van
grondstowwe), en die Derde wereld vernietig deur eroderende woestynskepping
en oorbevolking.

Tussen hierdie twee stellings dink ek dat hierdie eeu seker die mees
verwoestende van alle eeue is. Dit het basies net 'n honderd jaar van
industrialisasie geneem om hierdie planeet finaal 'n nekslag toe te dien.

Jou stelling dat beskawings besig is om in duie te stort is 'n grondige een.
Natuurlik sal baie hare regop staan as die stelling gemaak word dat die
gierigheid van die ryke wat ryker word die kernbeginsel is waarom die wereld
heen spoed na sy einde.

Nog 'n kontroversiële uitlating is dat daar nogtans 'n plek vir plasties en
olie-aangedrewe produkte is. Die wereld bevolking verhinder dat alle mense
natuurlike vesel as kleding gebruik, en diere as vervoermiddel. Daar is nie
meer plek oor om soveel natuurlike produkte vir hierdie doel te produseer
nie.
So kan alle mense nie elkeen 'n stukkie grond besit om selfversorgend te
wees nie. Stede met hoë-digtheid behuising is dus ook 'n realiteit wat nie
weggewens kan word nie.

"We hold these truths to be self-evident, that all men are
> created equal, that they are endowed by their Creator with certain
> inalienable Rights, that among these are Life, Liberty and the pursuit of
> Happiness." Mooi woorde, maar kom sê dit vir Afrika.
>
Daar is wereldwyd geen geluk in armoede, besoedelde lewes en verwoestende
vryheid nie - Rusland is 'n goeie voorbeeld van laasgenoemde.) Altyd maar
die voor- en die nadele aan alles, né

> En dit bring my by arbeid. Arbeid ( harde hande arbeid) is 'n sensitiewe
> saak. Dit verteenwoordig die grondbeginsels van 'n
> klassestryd ( nie net hier nie, maar oor die hele wêreld). Drakoniese
> arbeidswetgewing noodsaak baie boere om hulle werkers te verminder.

Die nuwe wet op die "Uitbreiding van Verblyfskerheidsreg" waarin die plakker
meer regte as die grondeienaar het kan hierby gevoeg word. Weet jy watter
ander land in die wereld het soortgelyke wetgewing? Wat my snaar tokkel is
hoe Suid-Afrika hierdie fundamentele regte wat van grondeienaars weggeneem
is ( dit sluit erf-eienaars in stede in) goedgekeur gekry het by die VVO? Ek
hoor nie 'n kraaie geskal hieroor nie. Sosialisme onder 'n dekmantel, en
waarom word dit stil-stil aanvaar?

> Maatskappye automatiseer en meganiseer en werkloosheid is die gevolg. Hier
> by ons in Delportshoop is 90% van ons bevolking werkloos. Dit volg logies
> dat misdaad ten hemele gaan styg. Een uit 7 is HIV positief. Al die ander
> euwels van armoede soos prostitusie
> en drankmisbruik biedêm alle pogings tot hervorming.
> Twee jaar gelede was hier een drankwinkel - nou is hier 5 !!

In ons dorp is die werkloosheid 80% en stygende, met dieselfde gevolge as
daar by julle. Die impak op 'n kleindorpie is globaal. Ons bordele het met
500% gestyg. Van nul tot 5! Ons het glads nou "pimps" ook.

> In my leke eenvoud sien ek net een antwoord vir maatskaplike herstel - en
> dit is 'n diktatuur. Afrika verstaan nie die woord dissipline nie. Ander
> pessimiste ( soos ek!) praat al spottenderwys van "delusions of adequacy."
> 'n Paar jaar gelede het 'n joernalis van die Johannesburg Star ( ek meen dit
> was Gavin Relly) die volgende gesê: " History tells us that the point at
> which civilization shatters is when the bulk of the population ceases to
> have respect for the law."

Die meer geleerde ghoeroes praat van 'n "sagte diktatuur" wat ons nou moet
kry. Mnr. Mbeki se bestuurstyl is tog geneig om in hierdie rigting te
beweeg. Sosoloë ondersteun hierdie "sagte diktatorskappe" - dit verskil
natuurlik heelwat van die Kommunistiese diktature wat tot onlangs nog in
Oos-Europa en groot dele van Afrika toegepas is.

> Nee, ek weet nie meer nie! Afrika is siek. Terminaal siek.

Die hele westerse wereld is ernstig siek. Hierdie moeg-geleef-sindroom kom
oral voor: jappie-griep seker die bekendste voorteken van verval.
Aggressiewe wedywering is die grootste eienskap van ons beskawing wat besig
is om op sy kop te gaan staan.

> "Het Afrika die potensiaal om homself te regenereer?"
> Ek het empatie met die regering se pogings om te red wat daar te redde is,
> maar die kruis van die sg. "lost generation"
> is 'n las te swaar om te dra.

Nelson Mandela, die "swart Messias" van die wereld, het Suid-Afrika "gered".
Dit is opmerklik dat mnr. Mbeki homself ten doel gestel het om Afrika te
red - miskien 'n poging om uit die skaduwee van mnr. Mandela uit te kom?
Elke nuwe leier bring nuwe toekomsideale.

>
> Maar nou ja, die slim mense sê daar is plek vir optimiste en pessimiste. Die
> optimis het die vliegtuig ontwerp en die pessimis die valskerm.
>

Het jy 'n versameling vliegtuie of valskerms :-D Ek het een vliegtuig - 'n
kleintjie; en een valskerm - 'n grote............:-D

> Die paleontologie bewys dat die mens uit Afrika bodem ontspring het. As die
> sirkelgang voltooi word, is dit hier waar hy die begin van sy einde sal
> beleef. Maar miskien moet ons minder let op die wette van die natuur en meer
> kyk na die wil van die Wetgewer in die natuur. Dit is mos waaroor Kersfees
> gaan!

Die wil van die Wetgewer is so goed verskans in die wetgewing - selfs die
slimmes staan somtyds verbysterd.

'n Storie'tjie vir jou. 'n Wetenskaplike en die Skepper is in gesprek.
Eersgenoemde verklaar dat die wetenskaplike uitvindsels nou die
wetenskaplikes in staat stel om die mens in proefbuise te kan produseer. Die
Skepper se dienste op aarde word nie meer benodig nie.

Die Skepper glimlag en sê: " Nou maar goed, kom ons kyk of dit gedoen kan
word."

" Goed" sê die wetenskaplike, " laat ons elkeen 'n handvol grond optel en
voor begin."

Waarop die Skepper sê: "Ô! ô! Dis mos my grond. Waar is joune?"

Jou algemene kennis maak hierdie 'n leerproses vir my - ja, ek weet jy is 'n
onderwyser, maar jou soort gee my nou nogal respek vir die spesie ( let
wel - 'n aparte specie)............vertel ons hoekom jy dink beskawings
stort in duie, en motiveer......:-)

In my bedryfsveld is hierdie fenomeen al lankal algemene kennis, maar
soortgelyke uitlatings op hierdie nuusgroep is ook in stilte ontvang of
aggressief teengestaan ( uit apatiese oningeligtheid, of moontlik omdat die
rotte resies nog 'n te lekker geleentheid is wat geniet word?)

Jou perspektief mag dalk die probleem uit 'n ander hoek belig.

Groetnis,
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28399 is 'n antwoord op boodskap #28375] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie wrote:

> In Suid-Afrika bevind die blankes
> hulle in 'n situasie waar hulle vir die eerste keer tot die besef gedwing
> word dat niks hulle kan "red" nie.
> . Omgekeerde apartheid is 'n werklikheid.
> Werksgeleenthede word afgeskaal

As jy nou eerlik moet gaan sit en dink, Barrie, hoeveel van diemense om jou wat
blank is, is sonder werk en hoeveel wat sonder
werk is om jou, is nie-blank. Is dit nie maar nog die geval in die
nuwe SA dat meeste wit mense werk, en baie anderskleuriges
nog in die armoede sit nie. Ek dink julle wittes wat so sit en kla
"dat niks hulle kan red nie" se subteks is eintlik, ons het ons mag
verloor. Dit is dus politieke gepraat.

Gloudina
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28400 is 'n antwoord op boodskap #28375] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie wrote:

> Selfs die VSA moes 'n
> burgeroorlog beleef en duisende lewens opoffer vir een sin iewers in 'n
> geskrif ..."We hold these truths to be self-evident, that all men are
> created equal, that they are edowed by their Creator with certain
> inalienable Rights, that among these are Life, Liberty and the pursuit of
> Happiness." Mooi woorde, maar kom sê dit vir Afrika.

Wat bedoel jy met hierdie laaste sin, Barrie? Ek neem aan in die eerstedeel
verwys jy na Amerikaanse Burgeroorlog se oorsaak as die
vrystelling van die slawe? ( Die oorsake van die Amerikaanse Burger-
oorlog is bietjie meer gekompliseerd as dit, maar dit daargelaat.) Maar
wat bedoel jy met "maar kom se dit vir Afrika." En wat bedoel jy
met "Afrika"? Sou jy se dat in die lig van die bogenoemde aanhaling
uit die Amerikaanse Bill of Rights, die burgeroorlog wat in die afgelope
dekades in Suid-Afrika geveg is vir die regte van die nie-blankes
ook geregverdig was?

Gloudina

>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28401 is 'n antwoord op boodskap #28375] Sa, 11 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie wrote:

> In my leke eenvoud sien ek net een antwoord vir maatskaplike herstel - en
> dit is 'n diktatuur. Afrika verstaan nie die woord dissipline nie.
> Weer eens is daar net een oplossing en dit is 'n tipe "lynch law".

Nouja, Barrie, kom ons neem aan dat die huidige regering (demokratiesverkies
deur die hele SA bevolking) na jou luister en oorslaan na 'n
diktatuur. Een van die eerste dinge wat ek (as een van die ministers in
die huidige regering) sou voorstel is dat ons dadelik aandag gee aan
die feit dat meeste wit mense nog op die plase sit en meeste van die
swart mense nog die plakkers is. As ek dus, as minister, diktatoriaal
mag optree, sal ek dadelik 'n dekree uitvaardig en meeste van die wit
mense van die land afskuif sodat die duisende en duisende swart
plakkers 'n heenkome kan vind. Dis nou wat jy voorstaan?

Instede hiervan, as ek reg verstaan, het die huidige regering 'n sisteem
waar hulle wit plase opkoop (teen taamlike goeie pryse) en dit dan
opsny en aan swart grondeienaars verkoop, wat die geld aan die regering
oor die jare moet terugbetaal. My informant is my skoondogter, wat
vertel hoe haar tante 'n baie goeie inkomste het uit hierdie situasie. Sy,
Afrikanervrou, gaan rond en vra boere of hulle wil verkoop en is die
go between tussen die boere en die regering (dis nou in die Vrystaat,
daar in Ficksburg se wereld.) Die boere kry glo goeie pryse. My
skoondogter wys uit dat die enigste mense wat eintlik ly die swart
boere is, wat vir jare moet terugbetaal aan die geld wat die regering
vir hulle leen. Nouja, met die diktatuur wat jy voorstel, sal ons
makliker hierdie probleem kan oplos. Skop die wit donders, wat
in alle geval nog maar net sedert die Groot Trek op grond sit waar
swart mense kon bly voor die tyd, skop hulle af en verdeel die grond
gelykop tussen almal wat daar wil bly. Dis nou wat ek sou doen as
ek diktatoriale mag het in SA. Dis wat ek sou doen as ek diktatoriale
mag het in Kanada en die VSA en Australia en New Zealand, waar
dieselfde toestande ook maar heers.

Gloudina

>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28430 is 'n antwoord op boodskap #28375] So, 12 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote:

> en Bismarck) nie sonder pyn en bloed kan geskied nie. Selfs die VSA moes 'n
> burgeroorlog beleef en duisende lewens opoffer vir een sin iewers in 'n
> geskrif ..."We hold these truths to be self-evident, that all men are
> created equal, that they are edowed by their Creator with certain
> inalienable Rights, that among these are Life, Liberty and the pursuit of
> Happiness." Mooi woorde, maar kom sê dit vir Afrika.

Is dit nie effens onregverdig om Afrika en Amerika te vergelyk nie? Die hele
verwysingsraamwerk en waardestelsel van die twee kontinente het werklik baie min
raakvlakke.

> Miskien is diegene in die buiteland a.g.v. die afstand weg van Afrika, tot
> 'n meer globale perspektief in staat.

Nee, Barrie, ek dink nie so nie. Daar is baie min belangstelling in die
buiteland in Afrika, dis nou van die gewone man op straat. Tel enige boek of
tydskrif op en die kanse is goed dat 'n foto uit Afrika mense sal wys in baie
primitiewe omstandighede en na die tydskrif neergesit is, twyfel of daar werklik
veel dink aan Afrika spandeer word.

Johan
(Met 'n filter wat reisiger en gloudina ignoreer - salige stilte en 'n baie meer
beskaafde nuusgroep.)
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28466 is 'n antwoord op boodskap #28398] Ma, 13 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Griet wrote:

> Ek wil sommer afskop met 'n paar groot klippe in die donker bos.
>
> Die riool-waardes wat as moreel geregverdig voorgehou word, is ook afkomstig
> van Amerika. Word dit nie deur Amerikaanse pop-sielkunde, - musiek, en -
> films oor die wereld heen versprei nie?

Die pop-sielkunde, - musiek, en -films kom ook uit Indie, Europa en Japan en dit
alles word maar te gewillig deur die res van die wereld geabsorbeer. Hoekom is
daar so min weerstand daarteen as dit so sleg sou wees?

Jy maak 'n baie sterk uitspraak met "riool-waardes wat as moreel geregverdig
voorgehou word", maar wat bedoel jy daarmee?

Ons sit gisteraand voor die TV hier in Amerika en daar begin toe 'n fliek oor
Hefner, die eienaar van Playboy, se lewe. Dit sit ons toe aan die praat dat ons
tot op datum in Amerika nog nie een Playboy of enige tydskrif wat in plasties
toegedraai is, op 'n winkelrak gesien het nie. Die gemeenskap waarin ons woon,
vertoon baie min "rioolwaardes" as deel van hulle waardesisteem.

Hulle is oor die algemeen hardwerkend, skoon, netjies, gemeenskapsgerig,
kerkgangend met 'n baie hoë respek vir hulle medemens, se persoon, privaatheid
en siening.

Johan
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28467 is 'n antwoord op boodskap #27861] Ma, 13 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
(Om nie ernstig op te neem nie - asseblief!!!)
(Vir 'n ernstige blik op ons tema, sien asb. gister se Rapport Aktueel p.9
vir die stukkie deur Anton van Niekerk.)

Dagsê

Griet se aanmoediging om my redes vir die val van nasies en kulture te noem
EN te motiveer is 'n opdrag ver bo my vuurmaakplek. Dit sit my verstand in
tru-rat (niks vreemds as mens my ouderdom, kulturele isolasie, geneties
oorgeërfde
negatiewe rassistiese lewensuitkyk, onbelesenheid en dom-onnoselheid a.g.v.
die bloedskandelike ondertrouery van afrikaanse neefs en niggies, in ag neem
nie!).
Of te wel, aldus die vry-algemene Kanadese siening van 'n vrydenke, liberale
Afrikaan wat dit durf waag om sy (wit!!) bek in die teenwoordigheid van
vroumense oop te maak. Kinders word gesien en nie gehoor nie!!!

Paragraaf 1 handel (feitlik!) volledig oor die val die Afrikanernasie. Ou
Ron Hubbard
en sy Scintoloë sê mos die menseras op Aarde is aftammelinge van die
hoog-edele ras van die planeet Theta. Planeet Aarde is 'n strafkolonie vir
die Thetane. Nogal 'n
"sensible" stelling as mens die chaos ( wat jy nie mag raaksien nie!) om jou
waarneem. Theta is een van die plekke waar ou Reisiger nog nie was nie!
(..en hier sê ek al weer die verkeerde ding!) Planeet Aarde is eintlik die
regte naam vir die
Wêreld. In ou Engels (Chaucer) beteken "weor" mens. So kry ons "weorwolves"
(menswolwe). "Old" in Old English, beteken tyd, of tydperk en as ons "weor"
en "old"
saamstel, vorm dit die woordjie wêreld. Die wêreld is net so oud soos die
mens, want dit beteken mos " the Age of man." Dit is nou as jy jouself
veroorloof om die mens as organisme te sien en nie as unieke Godsgeskapene
nie. Die Amerikaanse filosofie het dit juis deesdae so daaroor om bewyse vir
/ teen die bestaan van die Godheid te vind. Ek lees nou die dag die
volgende: As jy 'n roos sien, maar jy kan nie die geur daarvan waarneem
nie, is dit net jou eie skuld. Ons leef in die dampkring van 'n Almagtige
God maar kan a.g.v. ons eie beperkte sensoriese vermoë, Hom nie raaksien
nie. En daarom val die nasies van die wêreld.

Om die val van nasies sinvol te bekyk, moet mens seker poog om 'n
wetenskaplike norm as vertrekpunt te stel. Ek hoor die Ghoeroes praat
deesdae van "po" en nie meer
Archimedespunt nie! Enige vergelykende studie berus op die verskynsel van
ooreenkomste, verskille, en die frekwensie daarvan. (Was dit nou Lazarus of
Kerlinger wat dit aanvanklik gesê het?) En hier kom Johan se stelling te
berde. Dit is ietwat onregverdig om Afrika en Amerika op vergelykende vlak
teenoor mekaar te stel.
Om objektief te wees, moet die ondersoeker homself distansieer van sy
ondersoekveld. Hy mag nie subjektief wees nie. Dit is mos immers waaroor dit
in die wetenskap gaan - maar nou rym iets nie hier nie!! Is die oog en die
teleskoop (of mikroskoop) 'n eenheid? Die een kan tog nie sonder die ander
werk nie - moet mekaar as't ware iewers ontmoet. Solank die oog net nie
blind is, of die teleskoop sonder lense nie!! Die ondersoeker en sy
studieveld vorm dus tog maar 'n kosmiese geheel. Ek weet die ghoeroes baklei
al jare hieroor. Een dag gaan een of ander slim wiskundige bewys dat wat
weerskante van die = staan, nie dieselfde ding is nie.
Die gekonkludeerde resultaat van Amerikaners se navorsing word statisties
kwantifiseer deur wat hulle die lynmetode noem. Kontinentale navorsing berus
weer op
die mediaan-metode. Is twee dinge dieselfde ding? Die een ondersoek 'n
tendens
('n "trend") terwyl die ander poog om 'n kwantifiseerbare werklikheid daar
te stel
( maar ook nie voordat hy 'n standaard afwyking bereken nie!!)

Die Amerikaner (of wie ook al) moet hom dus (analogies?) volkome ( .. is dit
moontlik?) losmaak van sy eie persepsionele verwysingsraamwerk. En hier
word ek eers weer in die rede geval deur iemand. "Baas, kom praat met die
pompie." Ek sal met die pomp gaan "praat." Hoekom pompe altyd op Krismis
kalf, kan ek nou eenmaal nie verstaan nie. En as die man tog net wil leer om
my op my naam te noem!!!

.... my gesprek met die pompie was suksesvol. Beslis meer suksesvol as my
monoloog met die wit skerm voor my!! Ons was by statistiek. 'n Vergelykende
studie
sit dikwels die pot mis deur net na die grootste algemene deler te soek. Die
getal
5040 is deelbaar deur al die syfers van 1 tot 10. Maar so is 2520. Beter nog
:
27720 is deelbaar deur 1 tot 11 (en hier ploeg ek met Hans Walvis se
kallers!!).
Om appels met appels te vergelyk, is seker die ideaal. Maar ons soek
perspektiewe,
hopelik weg van die gewone en die bekende.

Die Amerikaanse seuntjie kom in die Kruger Nasionmale Park. By 'n
stilhouplek klim hy uit die motor en stap met 'n appel in sy hand na 'n
olifant toe. "Jumbo, Jumbo!!" Hehheh! Is dié tragedie Afrika se fout?

Nog 'n storie: Die Amerikaanse meisietjie kom steek haar neus in Afrika se
problematiek. Die "probleem" laat 'n bom in haar nabyheid bars. Die
"probleem" kry amnestie en haar pa sê hy sit sy voet nie weer in Afrika nie.
So is ons toerismebedryf in sy maai in. Elke 8 toeriste skep een permanente
werksgeleentheid. En Afrika is die "loser".

In Suid-Amerika word die "long" van planeet Aarde uitgekap. Maar dis ook die
bleddie boere se skuld. In die Winterberg, Hoggsberg en Katberg word ons
eeue-oue geelhoutbome afgekap. Deur wie? Healdtown, met sy pragtige geelhout
balke en binneversierings, is tot op die grond toe afgebrand. Deur wie?
Watter Afrikaan het vir hom 'n goue bad met goue krane aangeskaf? Ek kan nou
nie meer so goed onthou nie. Sal vir Kol. Mike Hoare moet gaan vra.
Huursoldate is 'n goedkoop en effektiewe metode om nasies te laat val.

In die Kruger Nas. Park is 'n klompie jare gelede begin met "Operasie water
vir Afrika." Die natuur-Ghoeroes het die arme bastergemsbokke wat in die
droogste deel van dié park woon, jammer gekry en waterkrippe gebou. Toe daar
genoeg water was, het die sebras die gebied betrek. Toe daar genoeg sebras
was, het die leeus gekom en besluit dis makliker om bastergemsbokke as
sebras te vang. Die bastergemsbok is vandag op die gevaarlys en die
waterpype en die krippe word afgebreek. Siestog, die arme bastergemsbokke -
nou sit hulle sonder water. Kom ons kyk hoe lank staan Afrika as ons die
koloniale infrastruktuur verwyder. Maar Afrika-analiste sal mos maklik
die regte antwoord ken as jy hulle vra watter soort paaie ons gehad het
voordat ons grondpaaie gehad het. 'n Makliker antwoord is daar nie.
TEERPAAIE!!

Hoe gaan die kleuterversie? - Al die diere van die veld het gekerm en gehuil
toe hoor van die dood van ou oupa uil. Terwyl by diere - 'n olifant kan
definieer word as 'n landskap-argitek (Verskoon tog die koppeltekens. 'n
Koppelteken koppel mos en skei nie noodwendig nie.) Sou ons 'n olifant vat
en in Vaalbos Nasionale Park (24 000 hektaar) loslaat, gaan daar chaos wees.
As hy elke dag drie bome omstoot, gaan moeder natuur nie elke dag drie groot
nuwe bome in die dooies se plek stel nie. Die teenwoordigheid van olifante
in Vaalbos gaan dus die biodiversiteit so biedêm dat Vaabos as entiteit gaan
verdwyn. Die koedoes en die buffels en die bastergemsbokke gaan die lydende
partye wees. Is die blanke kolonis die olifant in Afrika? Of is dit sy groot
pote (sy geld) of sy blote teenwoordigheid wat bots met 'n teenpool? As ons
'n paar van Addo se olifante in Uitenhage se turksvye loslaat, is daar een
van die dae plate en plate nuwe toilette gebou. Voordat iemand my kop afbyt
: Ek weet van 'n plaasgesin wat tot onlangs nie sonder hulle se turksevybos
kon klaarkom nie. Blankes!! maar die oom kon 'n nuwe Merc kontant koop met
die geld wat hy in die trommeltjie onder die bed wegsteek. 'n Afrika-bank en
'n Afrika effektebeurs!! Maar ek hou vol: daar is geen beter geselsplek as
'n two-seater longdrop nie - of leesplek nie, veral met 'n lantern en 'n
Landbouweekblad.

Terwyl by die kultuurfenomeen longdrops. Ek weet ek het dit al iewers gesê,
maar die storie van die hanskameelperdjie in die Kruger bly pragtig.
Veldwagters het die kameelperdjie haweloos in die veld opgetel en huis toe
gebring. Gou het die probleme begin, want ten aanvang al moes daar op die
dak gestaan word met die tietiebottel.
Spoedig was daar nie 'n boom hoog genoeg om hom aan vas te bind nie en 'n
hans loslopende kameelperd kan lastig wees. Hy was te mak om weg te jaag.
Soos die blanke koloniste! Die naam van die kameelperdjie was, heel gepas,
Longdrop.

En op hierdie hoë noot sluit ek.

B.

Johan wrote in message ...
> Barrie wrote:
>
>> en Bismarck) nie sonder pyn en bloed kan geskied nie. Selfs die VSA moes 'n
>> burgeroorlog beleef en duisende lewens opoffer vir een sin iewers in 'n
>> geskrif ..."We hold these truths to be self-evident, that all men are
>> created equal, that they are edowed by their Creator with certain
>> inalienable Rights, that among these are Life, Liberty and the pursuit of
>> Happiness." Mooi woorde, maar kom sê dit vir Afrika.
>
> Is dit nie effens onregverdig om Afrika en Amerika te vergelyk nie? Die hele
> verwysingsraamwerk en waardestelsel van die twee kontinente het werklik baie min
> raakvlakke.
>
>> Miskien is diegene in die buiteland a.g.v. die afstand weg van Afrika, tot
>> 'n meer globale perspektief in staat.
>
> Nee, Barrie, ek dink nie so nie. Daar is baie min belangstelling in die
> buiteland in Afrika, dis nou van die gewone man op straat. Tel enige boek of
> tydskrif op en die kanse is goed dat 'n foto uit Afrika mense sal wys in baie
> primitiewe omstandighede en na die tydskrif neergesit is, twyfel of daar werklik
> veel dink aan Afrika spandeer word.
>
> Johan
> (Met 'n filter wat reisiger en gloudina ignoreer - salige stilte en 'n baie meer
> beskaafde nuusgroep.)
>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28490 is 'n antwoord op boodskap #28467] Di, 14 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Barrie skryf in boodskap news:8332nc$1ra$1@ctb-

> Griet se aanmoediging om my redes vir die val van nasies en kulture te noem
> EN te motiveer is 'n opdrag ver bo my vuurmaakplek. Dit sit my verstand in
> tru-rat (niks vreemds as mens my ouderdom, kulturele isolasie, geneties
> oorgeërfde negatiewe rassistiese lewensuitkyk, onbelesenheid en
dom->onnoselheid a.g.v. die bloedskandelike ondertrouery van afrikaanse
neefs en >niggies, in ag neem nie!).
> Of te wel, aldus die vry-algemene Kanadese siening van 'n vrydenke, liberale
> Afrikaan wat dit durf waag om sy (wit!!) bek in die teenwoordigheid van
> vroumense oop te maak. Kinders word gesien en nie gehoor nie!!!

Ha ha ha ha.....

Wel Barrie, jou genetiese herkoms het nogal 'n baie unieke individu as
eindproduk
:-)

Miskien sal jy dit interessant vind dat jou "menslike observasies baie
ooreenstem met wetenskaplikes wat die veranderde tendense in menslike gedrag
bestudeer.

> Paragraaf 1 handel (feitlik!) volledig oor die val die Afrikanernasie. Ou
> Ron Hubbard
> en sy Scintoloë sê mos die menseras op Aarde is afstammelinge van die
> hoog-edele ras van die planeet Theta. .......

Die Scientologie is een van die voortvloeisel uit 'n eeue-oue konsep /
uitgangspunt wat die basis gevorm het van die Christendom 'n paar eeue
gelede.

Die uitgangspunt was dat die mense se natuurlike neiging tot orde deur die
daarstelling van gedragswette ooreenstem met die "wette van God" waarop die
hele bestaan van die wereld en die Natuur berus. Om hierdie rede kan hierdie
wette van die mens geregverdig word as universele Natuurwette en aanvaar
word as die basis waarop die Skepping funksioneer. Die mens is ook die
enigste lewende wese wat die logika besit om hierdie wette vas te stel en
toe te pas- vogens die vroeere intellektuele.

Ernst Troetlsch (1925) 'n godsiens sosioloog het hierdie konsep wat
aanvanklik in die Stoisynse skool begin is en later oorgeneem is deur St.
Augustine as basis vir die Christelike geloof, opgesom as die individu se
etiese plig om sy lewe so rasioneel te lei dat dit konformeer met die
rasionele orde in die natuur. Die konsep is later weer deur die Protestante
oorgeneem.
Daarom verwerp die Protestante enige ander teorieë romdom orde as dit nie
ooreenstem met hulle logika en hulle verklarings van die orde in die
Skepping nie. Daar word selfs neergesien op enige ander kulture of teorieë
as minderwaardig en nie-logies.

In die 20e eeu, en dis waar die Scientologie inkom, is al hoe meer weg
beweeg van die gedagte dat daar 'n Goddelike orde is waaraan die mens moet
voldoen. Die "wette van God" word ook nou verwerp omdat die mens rasioneel
begin dink - die wetenskaplike verklaring van die Heelal sonder die
inmenging of teenwoordigheid van die bo-natuurlike ( God, in hierdie geval)
"God se wette" staan nou bekend as die wette van die Heelal. Die moderne
beskawing wil alles wetenskaplik verklaar (rasionaliseer) en God as Skepper
finaal uit die mense se logika verwyder.

> Om die val van nasies sinvol te bekyk, moet mens seker poog om 'n
> wetenskaplike norm as vertrekpunt te stel. 'n Vergelykende studie sit
dikwels die pot mis deur net na >die grootste algemene deler te soek. >

Die menslike gedragspatrone, gebaseer op twee belangrike eienskappe, het
beslis bepaalde gegewes wat nooit verander nie. In die mens se strewe na
groepsvorming, of groepsbinding word twee groepe integrasie- faktore
aangetref. Volgens Siegmund Freud word die mens se gedrag deur plesier-soeke
bepaal. Twee kategorieë waarin menslike groepering plaasvind bestaan:

1) die mens se instink wat insluit: bloedverwantskap, seksuele verhoudings,
orgies, feeste, narkotiese middels, alkohol, dans en sing, spele, vrees en
dissipline.

2) opvoeding as voorvereiste: morele waardes, wette en tradisies, geloof of
ideologie, selfdisspline.

Binne hierdie twee norme word 1) 'n Anomie,( anargie) 2) " Gesellschaft"
of 3) Gemeinschaft", gevorm. Die klassifikasie van groeperinge berus in
hierdie geval op die graad van integrasie in die groep en die graad van
morele waardes teenwoordig in elke groepering.

Vir jou van belang is dat Kommunisme, Islam, en die Christendom onder andere
as Gemeinshafts geklasifiseer word, terwyl die Protestantse- en Joodse
gelowe as Gesellshafts geklas word, en groepe soos hippies, as anomieė( of
anargie).

Ek vertel hiervan want dit vorm die agtergrond vir jou stelling van 'n
beskawing wat besig is om te verval.

1) 'n Gemeinshaft word gekenmerk deur volle integrasie, afsondering van
ander mense, toegewydheid, uniformiteit in optrede, kuns, letterkunde, denke
kleredrag, asketisme, die afwesigheid van 'n ekonomie, aggressiwiteit.

Tussen tydperke van oorloë word byvoorbeeld voortgegaan met aggressiewe
optrede teenoor buurlande en slagspreuke soos: "Wie nie vir ons is nie is
teen ons" is algemeen in hierdie tydperk.

Die gemeenskap se belange word bo enige iets anders gestel. Die individu
word getransformeer na 'n " Golem" en familie word verwerp. Streng
dissipline en die aanwesigheid van diktators is algemeen. Hierdie groepering
word ook beskou as die basis waarop die oer-mens begin groepeer het, en word
deur sommige geleerdes as "vulgêr" beskryf! Die algemene uitgangspunt is"
The end justifies the means." Lede wat eers in is, kan nie weer daarvan
ontsnap nie.

'n Goeie voorbeeld van Gemeinschaft is die Jeug-groepering. Die wette van
die embriologie bepaal dat die embrio alle fases van die evolusie voor
geboorte voltooi. Na geboorte beweeg die individu sielkundig van die
Gemeinschaft fase na die Gesellschaft fase.

In die 20e eeu het hierdie ontwikkeling egter op 15-jarige ouderdom tot
stilstand gekom in die Gemeinshaft fase, Voorheen was dit nie so ooglopend
nie a.g.v. die morele beperkinge en streng godsdiens reels wat gegeld het.
Dit het egter verdwyn. Dinge soos tienerswangerskappe, geweld, narkotiese-
misbruik, hoë selfmoord syfer tussen 15 en 19-jarige ouderdom, bende
vorming, ens. het algemeen geword.

Die Israeliese Kubbits-sisteem is ook so 'n groepering wat op 'n idiologie
berus. Die eerste Kibbuts is gestig deur 'n revolusionere jeugdige wat uit
die Tsaristiese Rusland gevlug het na die onsuksesvolle rewolusie en die
onverwerping van Tsaar Nikolaas II se regime in 1905. Groepshuwelike en
sosialistiese idiologieë, ekonomiese gerugsteun deur die destydse Israeliese
regeringshoof David Ben Gurion. Dit het die Kibbutz beweging laat uibrei tot
200 kommunes.

Toe die anti-sosialistiese regering van Menachem Begin die regering later
oorneem het hierdie kommunes finansiële steun verloor en is dit dramatiese
verklein. Die ouer geslag " kubbutz-idealiste" wat die kommunistiese
slagspreuk van " everyone by his abilities to everyone by his needs"
gehandhaaf het, het afgetree, die jongmense, kapitalisties aangedrewe, het
die sisteem verlaat.

2) Die Gesellschaft- groepering is gegrond op kommersialisme, verwerp
asketisme. Die belange van die individu en familie word bo dié van die
gemeenskap gestel. Die Afrika Rennaisance is 'n poging om van die
Gemeinschafts-groeperinge na hierdie groepering oor te gaan.

'3) n Anargaiese groepering se hoofkenmerk is losse groepering van
individue, onstabiel, en nie instaat om lank as groep te oorleef nie. 'n
Ander baie belangrike kenmerk is die afbreek van alle waardes en norme,
kultuur, godsdiensbande en gemeenskapslewe. Gelykheid is die wagwoord.

Die chaos waarvan jy praat is deel van hierdie verskynsel en maak van jou
dus 'n baie nougesette observeerder :-D

Die opbreek van 'n bestaande gemeenskap word gekenmerk deur die vorming van
kleiner groeperinge binne daardie gemeenskap op 'n daaglikse basis. Ons leer
van hierdie nuwe groeperinge en kommunes wanneer iets ongelukkigs gebeur,
byvoorbeeld die "People's Temple wat in 1956 gevorm is deur Jim Jones in
die V.S.A. Hierdie sekte was bekend vir hulle asketisme, masogisme en
sadisme. As iemand die sekte probeer verlaat het, was hulle vermoor. Selfs
die kongreslid, Leo Ryan van Kalifornė wat hulle besoek het is vermoor. Toe
die Amerikaanse owerhede ingryp en die sekte begin vervolg is 'n massa-
selfmoord geskeduleer en uitgevoer. 900 mense het van sianied vergiftiging
gesterf.

'n Voorbeeld van 'n "Gemeinschaft" wat oornag in 'n Anargie verander het is
die politieke gebeure in Rusland met die Perestroika- aksies van Gorbachev.
Voorheen was Rusland 'n baie noue verweefde gemeenskap wat deur streng
wetgewing en beheer ingeperk was. Binne 'n kort tydperk het dit in anargie
verval. Kriminele en politieke "tsotsis" ( sommer stout nou ) het die beheer
van die land oorgeneem terwyl die kleiner lande binne die USSR-groepering
baklei het oor die laaste bietjie beheer oor die voormalige koloniale bates.

Die opbreek van 'n gemeenskap geskied baie stadig en onopsigtelik in meeste
gevalle. Die diskreditering van die voormalige leierskap geskied vinnig -
binne maande na die rewolusie.

Die morele afbreek van 'n gemeenskap geskied oor 'n lang tydperk: twee na
drie geslagte. Alhoewel die afwesigheid van padtekens, die onvermoë om
bestaande dienste instand te hou onmiddelik duidelik is, is dit nie die
belangrikste aksies in die afbreekproses nie. Ironies word hierdie fase deur
die nuwe leiers as " vordering" beskou!

Ongedissiplineerde optrede gee aanleiding tot meer anargie. Anargie word
gekenmerk deur die afwesigheid van wette, beperkinge en morele waardes. Die
lede van die anargaiese groep het geen self dissipline, is hoogs geirriteerd
en baie aggressief.

Die groter gemeenskappe wat deur godsdiens as gemene faktor saamgebind is,
word afgebreek waaruit die kleiner groeperinge soos sektes, vroue bewegings,
nudiste groepe, kinderbeskermings-organisasies, die assosiasies vir die
beskerming van diere, ens. gevorm word. Die sosioloë beskou hierdie tendense
binne 'n gemeenskap as die tekens van verval/anargie wat besig is om te
gebeur.
In sommige lande is dit 'n voorteken van burgeroorloë - ook vryheidsoorloë
genoem!

Die eerste individue wat tot hierdie kleiner-groeperinge oorgaan is dié wat
'n sterk behoefte aan groepering en identifikasie het. Baie van hierdie
groepe is ook nie lojaal teenoor die nuwe regering nie.

'n Interesssante verskynsel is dat sommige Vryheidsoorloë aanleiding gee tot
die oorname van beheer deur naburige state. Daarmee word die anargie sowel
as die soewereine staat prysgegee. Dit het gebeur toe Kommunistiese Vietnam
die onmenslike regime van Pnompeng-bendes in Kambodja beeindig het. Twee
honde baklei oor 'n been............

Oorwinning gaan gepaard met massiewe aksies van terreur teenoor die verslane
party. Waar verskeie partye saamgegroepeer het om mag oor te neem, breek
daar ook gevegte binne hierdie verbondsgroeperinge uit. Trotsky was die hoof
van die Russiese magte toe die Bolsjewieke hulle in 1917 verslaan het.
Daarna voer hy die Rooi Leër aan in die burgeroorlog wat toe uitbreek.
Stalin het hom nogtans verwyder en verban in 1929 na eerstens Ata in die
Kazakstan gebied en toe in 1940 laat vermoor deur die KGB in Mexiko.

Dieselfde situasie het bestaan in Algerië, toe Ben Bella die die Arabiere
gelei het teen die Franse en daarna 20 jaar in die tronk deurgebring het in
sy eie land.

'n Ander belangrike eienskap van Anargie is die aanwesigheid van seks en
geweld. Seks op alle terreine van die samelewing word nie as prokreasie hier
gebruik nie, maar om mense " saam te bind"

Wilde uitbundige geweld is 'n natuurlike komponent van anargie. Dit ontstaan
waar 'n vakuum in die orde en hierargie van die gemeenskap ontstaan het. Die
geweld is ook 'n aggressiewe kompetisie om status binne 'n nuwe hierargie te
verkry.

Daarom is dit insiggewend dat 'n land met 50 televisiekanale, 25 gebruik om
seks uit te saai, en 25 om geweld uit te saai. Sommige gebruik seks en
geweld in kombinasies.

Vergelyk ons hierdie moderne ekshibisionisme met die Griekse tragedie is dit
opmerklik dat daar in laasgenoemde nooit byvoorbeeld geweld op die verhoog
gepleeg is nie, maar dit is gesuggereer. Die moderne teater, wereldwyd
vertoon seksuele omgang, dood, moord, verkragting, en ander misdade in fyn
detail.

Die afbreek van 'n kultuur ( die degradering van 'n gemeenskap soos die
sosioloë dit noem) begin met verwerping van tradisies en godsdiens. Die
groepering wat intellektueel gevorm is - " 2) opvoeding as voorvereiste:
morele waardes, wette en tradisies, geloof of ideologie, selfdisspline"
beweeg nou na die eerste vlak, nl. " (1) die mens se instink wat insluit:
bloedverwantskap, seksuele verhoudings, orgies, feeste, narkotiese middels,
alkohol, dans en sing, spele, vrees en dissipline."

Die plek van rabbis, dominees en priesters word nou ingeneem deur
rocksangers en -kunstenaars. Dit word die gevier met groot feeste en
bankette, en word die "banquet in the time of plague" genoem.

Die mode pas by die verandering aan - militere stewels, slagspreuke op
t-hemde, ens. In die advertensiewese word die vrou in onvroulike situasies
gebruik vir promosies, ens. Die vrou wat eens in die Renaissance en Griekse
skildery nakend geskilder is om hulle skoonheid te besing, word nou
voorgehou as feministies, agressief en deel van die arbeidsmag.

Ek vra om verskoning vir hierdie lang bespreking. Ek hoop dit het vir jou
waarde, Barrie.

As jy belangstel kan ek 'n stuk plaas oor die tekens van die tye waarin ons
leef en die invloed wat dit op die mens se optrede het.

Lekker dag.
____________________________________________________________ _______
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28508 is 'n antwoord op boodskap #28398] Wo, 15 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Griet wrote:

> Nog 'n kontroversiële uitlating is dat daar nogtans 'n plek vir plasties en
> olie-aangedrewe produkte is. Die wereld bevolking verhinder dat alle mense
> natuurlike vesel as kleding gebruik, en diere as vervoermiddel. Daar is nie
> meer plek oor om soveel natuurlike produkte vir hierdie doel te produseer
> nie.

Dis nou 'n interesante een hierdie. Die standpunt van die anti-besoedelaars
teenoor die diereregte en bewaringsmense. En nie so maklik om 'n standpunt oor
die twee sake in te neem as hulle teenoor mekaar gestel word nie. Ek hou nie
van besoedeling nie, dink diere behoort vir kos en lees en hare en melk gebruik
te word en ek hou nie van dieremishandeling nie.

Diere as vervoermiddel? 'n Romantiese droom! En hier waar ek bly, 'n baie koue
een...

Johan
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28513 is 'n antwoord op boodskap #28398] Do, 16 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Griet wrote:

>> Nee, ek weet nie meer nie! Afrika is siek. Terminaal siek.
>
> Die hele westerse wereld is ernstig siek. Hierdie moeg-geleef-sindroom kom
> oral voor: jappie-griep seker die bekendste voorteken van verval.
> Aggressiewe wedywering is die grootste eienskap van ons beskawing wat besig
> is om op sy kop te gaan staan.
>

Is maar 'n kwessie van persepsie. Ek sien nie 'n siek gemeenskap raak vanwaar
ek staan nie. Ek glo daarin om die wereld met 'n positiewe houding te benader -
dis natuurlik makliker in 'n land soos Amerika waar ons nie die heeldag met
negatiewe nuus gebombardeer word nie. Waar ons rustig om Kerstyd kerk toe gaan,
na donker en dan die kar oopgesluit vergeet en nie daaroor stress nie.

Niemand hier kom moeg-geleef voor nie - die gemeenskap waarin ons ons bevind is
rustig en geniet die lewe - hulle help mekaar sodat almal ewe veel die lewe kan
geniet. Elke een word die geleentheid gegun om homself te verbeter. Mense hier
ken nie eers die term yuppie griep nie.

Aggresiewe wedywering? Ek sien nie veel daarvan nie - hier en daar is 'n ou wat
probeer meer liggies om en op sy huis sit as enige iemand anders in die wereld,
maar doen nie te veel kwaad nie.

Nee-wat, ons wereld loop nog mooi met sy voete stewig op die aarde en kop
vierkantig op bree trotse skouers.

Johan
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28556 is 'n antwoord op boodskap #27861] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Barrie wrote:
>
>> In my leke eenvoud sien ek net een antwoord vir maatskaplike herstel - en
>> dit is 'n diktatuur. Afrika verstaan nie die woord dissipline nie.
>> Weer eens is daar net een oplossing en dit is 'n tipe "lynch law".

> Skop die wit donders, wat
> in alle geval nog maar net sedert die Groot Trek op grond sit waar
> swart mense kon bly voor die tyd, skop hulle af en verdeel die grond
> gelykop tussen almal wat daar wil bly. Dis nou wat ek sou doen as
> ek diktatoriale mag het in SA. Dis wat ek sou doen as ek diktatoriale
> mag het in Kanada en die VSA en Australia en New Zealand, waar
> dieselfde toestande ook maar heers.
>

Gloudina ek wil voorstel dat jy onverwyld by Mugabe se regering aansluit
- lyk of hulle en jou redenasie vermoe"e ewe gebrekkig is.
>>
>>
Re: Afrika Renaissance relevant? [boodskap #28557 is 'n antwoord op boodskap #27861] Di, 21 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Griet wrote:
>
>> Die nuwe wet op die "Uitbreiding van Verblyfskerheidsreg" waarin die plakker
>> meer regte as die grondeienaar het kan hierby gevoeg word. Weet jy watter
>> ander land in die wereld het soortgelyke wetgewing? Wat my snaar tokkel is
>> hoe Suid-Afrika hierdie fundamentele regte wat van grondeienaars weggeneem
>> is ( dit sluit erf-eienaars in stede in) goedgekeur gekry het by die VVO? Ek
>> hoor nie 'n kraaie geskal hieroor nie. Sosialisme onder 'n dekmantel, en
>> waarom word dit stil-stil aanvaar?
>
> Word wakker, my liewe Griet. In Queensland het die Australiese Hof besluitdat
> die eerste nasies daar mede-eienaars is van die kroongrond (waarop die
> wit Australiese lank al plase het en dit as hulle eie beskou het.)

Weereens Gloudina praat jy van iers waarvan jy niks eet nie. Die
wetgewing is kortliks dat die grondeienaar nie mense van sy grond kan
afsit as hulle 'n sekere tydperk (belaglik kort IMNSHO) daar gewoon het
nie. Dit het allerhande implikasies - soos waar 'n boer bankrot raak kan
sy familie nou aandring om op die plaas te bly selfs nadat dit op 'n
bankrot vendusie verkoop is. Die wetgewer het met sy polities korrekte
agteroor buigery nooit aan die daatdie kant gedink nie. Gee jou so 'n
wrang glimlag ne? Verder as ek lank genoeg op 'n stuk grond kan plak,
dan mag iemand my nie daar afsit tensy hy vir my alternatiewe
huisvesting het nie. Ek trek volgende week af na die kaap om vir my 'n
view site teen Tafelberg uit te soek. :)
Vorige onderwerp: Re: Nuwejaarsboodskap
Volgende onderwerp: Dankie Sjina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 13:24:02 MGT 2024