Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkragting en miv+ / vigs - advies vir 'n beter toekoms
Verkragting en miv+ / vigs - advies vir 'n beter toekoms [boodskap #28172] Do, 25 November 1999 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral vir die aandag wat geskenk is aan Urine
Terapie, die besoek aan die VSA vir goedkoop medisyne, asook om hierdie
gewraakte siekte Prioriteit Nommer Een aan te teken. Asook die gratis
verskaffing van miv+ / vigs medisyne aan pasiente. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die Farmeseutiese Industrie gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral die rol wat gespeel word
i.v.m. die verskaffing van medisyne, veral hiv+ / vigs medisyne, asook
die infra struktuur wat onderhou word. Asook om medisyne plaaslik te
vervaardig en uit te voer, veral na die VSA, en daardeur werks
geleendhede te skep. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

Insluitend Sielkundiges, Welsyn werkers, Hospitale en Mediese Sentra.
Wil u graag gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook
vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die
Planeet. Veral dat u mekaar ondersteun. Deur om te gee vir die
Vleeslike, Emosionele en Geestelike gesondheid vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en baie pynlik is, is vroue wat
verkrag word, en daardeur die miv+ / vigs siekte opdoen. Asook enigeen
wat miv+ / vigs opdoen, deur enige metode. Behou geloof, hoop en
liefde. Onthou U oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning
te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos
dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor Farmaseutiese vervaardigers wat miv+ / vigs medisyne
produseer, deel die formule / resep met mekaar, om mee te help deur 'n
beter toekoms vir almal te skep. Om te verseker dat hierdie medisyne
beskikbaar gestel word aan diegene wat dit nodig het.

Wil aanbeveel dat miv+ / vigs medisyne gratis aan enige persoon gegee
word wat hierdie siekte onder lyde het. Om hoop in hulle lewe te skep,
dat hulle lewe verleng gaan word. Asook om hulle advies en bystand te
verleen, om hierdie siekte te hanteer.

Vroue wat verkrag is, en verwagtend is as gevolg daarvan, kan hulle
lewe in beheer kry d.m.v. sielkundige hulp en bystands verlening.
Agterna kan hulle besluit of hulle geboorte wil skenk, deur hulle
waarde as vroue te verhoog, en kwaliteit aan hulle lewens te skenk. En
sosiale waarde aan die gemeenskap te verhoog. 'n Paneel kan 'n
sielkundige evaluasie doen, en aanbevelings maak. Waar daar 'n wil is,
is daar 'n weg. Baie sielkundige en motiverings self-help materiaal is
beskikbaar vandag. Alternatiewelik, kan die moeder besluit of 'n
aborsie toegedien moet word.

Die resultate kan asemrowend wees - bowe alle verwagtinge. :) Die vroue
waarvoor ons lief is, en omgee, sal besef die breer gemeenskap gee vir
hulle om. Die geslags oorlog sal verminder. Daardeur sal vroue meer
liefde en ondersteuning aan andere kan gee. En leer om die mense beter
te kan verstaan. Dit sal op sy beurt weer 'n swaai na Regerings
ondersteuning meebring.

Vir die nege maande wat ons moeders ons gedra het - "No charge". Geen
vooitjie om ons te voed, agter ons te kyk, ondersteun, onderhou, ons te
leer, en nog baie meer. Dit is vir u - "no charge". Sal dit hoogstens
waardeer dat Radio Stasies hierdie lied speel - "No Charge".

Hierdie bydrae is geskryf met die hulp van Barbara Streisand se CD
"Higher Ground". Baie dankie vir die pragtige musiek. :)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om Farmaseutiese Produkte te Produseer om die Verstand,
Vlees en Voorspoed van die Persone van ons Paradys, en elders op die
Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou,
sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Dankie Media
Volgende onderwerp: Banke en Geldskieters - advies vir 'n beter toekoms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:13:55 MGT 2024