Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lugbrug na OZ..?
Lugbrug na OZ..? [boodskap #25103] |
Sun, 01 August 1999 00:00  |
André Swart
Boodskappe: 15 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Twee weke gelede onmoet ek 'n swartman wat van Zimbabwe af kom en vir die
afgelope vyf jaar in ZA werk as hoof van 'n kollege iewers op die
platteland. Goeie akademiese kwalifikasies!
Op my vraag oor hoe dit in Zimbabwe gaan antwoord hy as volg:
"Daar was nog net agteruitgang in Zimbabwe sedert die oorname van die swart
regering. Ek glo nie dat swart mense 'n land behoorlik kan regeer nie. Die
probleem lê by die armoede van die swartmense. Sodra hulle die mag bekom
misbruik hulle dit vir persoonlike gewin met chaos en anargie tot gevolg vir
die res van die bevolking. Suid Afrika is op presies dieselfde pad as
Zimbabwe (en al die ander Afrika state) .
Komende van 'n "geleerde" swartman laat dit my wonder of ek (en jy)
(westerlinge) wat nog in ZA oorgebly het na die "chickenrun", nie dalk
kinderlik-naief is as ons enigsins hoop koester dat daar dalk moontlik iets
anders as chaos en anargie op ons wag hier in ZA?
Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en Afrika
aan sy eie genade oor te laat. Ons kan weer teugkom as "armageddon" hier
verby is, en dalk weer probeer...?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25150 is 'n antwoord op boodskap #25103] |
Tue, 03 August 1999 00:00   |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> e...@dot.com (Johan)
> Want julle gesprekke het waarskynlik niks met die
> werklikheid te doen nie.
Die werklikheid according to Johan. Nou daar is 'n nagmerrie.
> Jy moet eerder die geleerde mense vra waarom swart mense (veralgemening in
> die
> hele sub-sahara Afrika) dan nie wel goed regeer as hulle kan nie. Waarom
> sien
> jy net verval as jy na die kontinent se spoorwee kyk?
later gee jy 'n (gedeeltelike) antwoord. Waarom die vraag vra? Jy staar jou
so blind in 'n tydskapsule waarvandaan jy ewige en absolute waarhede aflei.
Indien mens jou logika gebruik kan die wit balkans nie goed regeer nie, indien
jy midde-in die eerste en tweede wit stam-oorloë van hierdie eeu geleef het,
het jy net verval gesien, nê; en die wittes was, gedurende die inkwisisie, maar
barbaars en stupid nê; en so kan mens aangaan. Hierdie magtige amerikaanse ryk
mag in 'n paar honderd jaar in ruines lê soos die eens magtige Inkas. Om te sê
dat swartmense nie kan regeer nie - bloot omdat hulle swart is - is rassisties
en so eng soos om, midde-in die donker Europese eeue, te sê dat wittes maar dom
is, geen begrip het van ekonomie en geleerdheid nie, en derhalwe nie kan regeer
nie (maar dan kerm jy en lou mos dat ek "alewig ras bysleep").
|
|
|
|
|
|
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25154 is 'n antwoord op boodskap #25103] |
Tue, 03 August 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 03 Aug 1999 20:51:13 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|later gee jy 'n (gedeeltelike) antwoord. Waarom die vraag vra? Jy staar jou
|so blind in 'n tydskapsule waarvandaan jy ewige en absolute waarhede aflei.
|Indien mens jou logika gebruik kan die wit balkans nie goed regeer nie, indien
|jy midde-in die eerste en tweede wit stam-oorloë van hierdie eeu geleef het,
|het jy net verval gesien, né; en die wittes was, gedurende die inkwisisie, maar
|barbaars en stupid n�; en so kan mens aangaan. Hierdie magtige amerikaanse ryk
|mag in 'n paar honderd jaar in ruines lê soos die eens magtige Inkas.
Jy is heeltemaal reg - die stellings wat ek gemaak het, is tydgebonde, maar dit
is JY wat dit ewige en absolute waarhede noem, nie ek nie. Ek het die fout
gemaak om te aanvaar almal sal ruik ek bedoel dat ons hier praat van die huidige
twee/drie honderd jaar waarin ons ons bevind - my fout. Sorry!
| Om te sê
|dat swartmense nie kan regeer nie - bloot omdat hulle swart is - is rassisties
...nee, hier's jy al weer met die rassisme deurmekaar en ek het die term swart
net gebruik om 'n sekere groep mense te identifiseer. Ek het nie die kleur ooit
gegee as 'n rede waarom hulle nie kan regeer nie. Dit doen JY nou hierbo. Jy
sal sien dat ek in teendeel iewers anders hier gesê het dat ek dink swart
Afrikane slegs die verkeerde staatsbestel beet het en dat hulle onder 'n meer
eie bestel, 'n baie beter job van die regeer van die land sou maak - al is dit
dalk nie so baie prakties nie.
En moenie vir my sê dis rassisties om mense op grond van kleur te identifiseer
nie - jy doen dit self wanneer jy joeself as swart klassifiseer. Velkeleur is
'n harde werklikheid en hoef nie 'n negatiewe konotasie te hê as dit nie vir
vernedering gebruik word nie.
|en so eng soos om, midde-in die donker Europese eeue, te sê dat wittes maar dom
|is, geen begrip het van ekonomie en geleerdheid nie, en derhalwe nie kan regeer
|nie
wat jy hier sê is 100% waar, maar daar het vooruitgang gekom, as jy na die
positiewe sy van die lewe kyk. Maar ek dink ook nie dis nodig om sulke
negatiewe woorde soos dom te gebruik nie. Ek het nie gesê swart mense is dom
nie.
| (maar dan kerm jy en lou mos dat ek "alewig ras bysleep").
Dis seker maar jou reg om dit as 'n gekerm te sien, maar 'n beiteltjie sal seker
ook nooi skerper as hy net altyd op die slypwiel "hum" nie, né.
|
|
|
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25178 is 'n antwoord op boodskap #25103] |
Thu, 05 August 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 03 Aug 1999 20:51:13 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|>e...@dot.com (Johan)
|
|>Want julle gesprekke het waarskynlik niks met die
|>werklikheid te doen nie.
|
|Die werklikheid according to Johan. Nou daar is 'n nagmerrie.
|
En JY verkeer onder die indruk dat JY alleen die volle waarheid van
alles weet en kan beoordeel wie die waarheid weet en wie nie!?!?!?
Ek dink so 'n waan kan 'n erger nagmerrie word.
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
=|:^)
Johan
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:44:38 UTC 2025
|