Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lugbrug na OZ..?
Lugbrug na OZ..? [boodskap #25103] So, 01 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
André Swart  is tans af-lyn  André Swart
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Twee weke gelede onmoet ek 'n swartman wat van Zimbabwe af kom en vir die
afgelope vyf jaar in ZA werk as hoof van 'n kollege iewers op die
platteland. Goeie akademiese kwalifikasies!

Op my vraag oor hoe dit in Zimbabwe gaan antwoord hy as volg:

"Daar was nog net agteruitgang in Zimbabwe sedert die oorname van die swart
regering. Ek glo nie dat swart mense 'n land behoorlik kan regeer nie. Die
probleem lê by die armoede van die swartmense. Sodra hulle die mag bekom
misbruik hulle dit vir persoonlike gewin met chaos en anargie tot gevolg vir
die res van die bevolking. Suid Afrika is op presies dieselfde pad as
Zimbabwe (en al die ander Afrika state) .

Komende van 'n "geleerde" swartman laat dit my wonder of ek (en jy)
(westerlinge) wat nog in ZA oorgebly het na die "chickenrun", nie dalk
kinderlik-naief is as ons enigsins hoop koester dat daar dalk moontlik iets
anders as chaos en anargie op ons wag hier in ZA?

Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en Afrika
aan sy eie genade oor te laat. Ons kan weer teugkom as "armageddon" hier
verby is, en dalk weer probeer...?
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25124 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi skryf: En met nog meer geleerde swart Suid-Afrikaners
ook wat reken swartmense kan regeer.

En die afgelope paar jaar het ek talle gesien wat goed
regeer

Ja, Ferdi... talle wat goed regeer - soos Nkosazana Zuma,
en soos Mamparalnga se premier - wat is tog sy naam nou
weer? - en soos Peter Mokaba, en soveel meer. Selfs die
heilige Mandela is deur 'n regter as 'n onbetroubare getuie
gebrandmerk.

'n Suid-Afrikaanse matriek beteken nou niks meer nie. Vra
maar die matrieks van Mpumalanga. En enige matriek wat
by 'n unviversiteit soos Tukkies nou ewe skielik
toelatingseksamen moet skryf.

Haal bietjie jou oogklappe af, ou vrind. Luister na die
Afrikaanse en Engelse pers in jou land. Lees
koerantopskrifte wat vertel dat verkragting 'n nasionale
sport geword het in SA.

Kyk hoe het die ANC-regering die land geregeer tot op die
punt waar sy wisselkoers skielik meer as R6 / $1 is. O ja,
en hoeveel miljoen het Mbeki se inhuldiging gekos? In 'n
land wat sukkel om sy eie mense kos te gee?

En wat van Zimbabwe se Mugabe self, wat sy eie land in die
afgrond in goed regeer het? Of wat van Zambie, wie se
geldeenheid teen K2400 / $1 wissel. Dis nou dieselfde
Mugabe wat onluste weens kospryse in sy land met geweld
moet onderdruk. In 'n land wat onder sy regering gevorder
het van kosuitboerder tot kosinvoerder.

Nee wat, my vrind. Jy sal baie meer oortuigend moet wees.
En maak soos Andri sê: praat oor die saak; moenie die
persoon aanval nie. As jy kan.

Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25125 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 1 Aug 1999 12:00:26 +0200, "André Swart"
wrote:
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25126 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "André Swart" ajs...@mweb.co.za

> Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en Afrika
> aan sy eie genade oor te laat.

Nee - net vir jou.
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25127 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 02 Aug 1999 01:49:58 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

"André Swart" ajs...@mweb.co.za
>
>> Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en Afrika
>> aan sy eie genade oor te laat.
>
> Nee - net vir jou.>>

Ja. As hy nog nie uit is nie, kan ek dalk geld stuur om hom te help om
te waai?
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25128 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> "André Swart" ajs...@mweb.co.za
>
>> Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en Afrika
>> aan sy eie genade oor te laat.
>
> Nee - net vir jou.

Hmmmm.........

Quantas adverteer op Afrikaanse radio. In Afrikaans.

Dalk tender hulle vir die "lugbrug" :-)
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25129 is 'n antwoord op boodskap #25103] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
André Swart  is tans af-lyn  André Swart
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ag toe nou Ferdi!

Maak my dag en oortuig my dat daar iewers in ZA iets goeds wag om te
voorskyn te kom.

Jy weerspreek nie die feite nie - jy val net die persoon aan?

Dit help niks om die boodskapdraer te verkwalik as hy 'n slegte boodskap
(die waarheid) bring nie.

André

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:37acad3c.25616100@news.icon.co.za...
> On Sun, 1 Aug 1999 12:00:26 +0200, "André Swart"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25150 is 'n antwoord op boodskap #25103] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Want julle gesprekke het waarskynlik niks met die
> werklikheid te doen nie.

Die werklikheid according to Johan. Nou daar is 'n nagmerrie.

> Jy moet eerder die geleerde mense vra waarom swart mense (veralgemening in
> die
> hele sub-sahara Afrika) dan nie wel goed regeer as hulle kan nie. Waarom
> sien
> jy net verval as jy na die kontinent se spoorwee kyk?

later gee jy 'n (gedeeltelike) antwoord. Waarom die vraag vra? Jy staar jou
so blind in 'n tydskapsule waarvandaan jy ewige en absolute waarhede aflei.
Indien mens jou logika gebruik kan die wit balkans nie goed regeer nie, indien
jy midde-in die eerste en tweede wit stam-oorloë van hierdie eeu geleef het,
het jy net verval gesien, nê; en die wittes was, gedurende die inkwisisie, maar
barbaars en stupid nê; en so kan mens aangaan. Hierdie magtige amerikaanse ryk
mag in 'n paar honderd jaar in ruines lê soos die eens magtige Inkas. Om te sê
dat swartmense nie kan regeer nie - bloot omdat hulle swart is - is rassisties
en so eng soos om, midde-in die donker Europese eeue, te sê dat wittes maar dom
is, geen begrip het van ekonomie en geleerdheid nie, en derhalwe nie kan regeer
nie (maar dan kerm jy en lou mos dat ek "alewig ras bysleep").
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25151 is 'n antwoord op boodskap #25103] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Aug 1999 14:38:50 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Sun, 1 Aug 1999 12:00:26 +0200, "André Swart"
|wrote:
|
|
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25152 is 'n antwoord op boodskap #25103] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

>
> ProPacem wrote in message ...
>>> "André Swart" ajs...@mweb.co.za
>>
>>> Wat van 'n lugbrug na OZ of NZ om al die "palefaces" uit te vlieg en
> Afrika
>>> aan sy eie genade oor te laat.
>>
>> Nee - net vir jou.
>
> Hmmmm.........
>
> Quantas adverteer op Afrikaanse radio. In Afrikaans.
>
> Dalk tender hulle vir die "lugbrug" :-)
>

Hierdie is glo SAL en Quantas se mees winsgewindste roete.

In Perth is reeds gevorder met die daarstel van 'n tydsgleuf vir
Afrikaanse radio uitsendings. Die Oz regering is verplig, as die
getalle daar is, om 'n skool in Afrikaans te subsidieer. Die
"kultuur-kosse" heerlike biltong en Boerewors is reeds hier te kope.
Afrikaans word gepraat by Supermark, Slaghuis, Prokureurs Dokters,
Apteke Eiendoms-agente en vele meer. Die lugbrug bestaan reeds...
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25153 is 'n antwoord op boodskap #25103] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf

> Hmmmm.........
>
> Quantas adverteer op Afrikaanse radio. In Afrikaans.
>
> Dalk tender hulle vir die "lugbrug" :-)
>
Qantas, Leendert, dis Qantas :-) . G'n "u" in die woord nie.
Oorspronklik "Queensland and Northern Territory Aerial Services
(Limited)"

Breinkind van Hudson Fysh en P.J. McGuinness, wat in samewerking met
Alexander Kennedy and Fergus McMaster 'n lugbrug begin het na
Queensland en die Northern Territories platteland rondom 1921. Dis 'n
ongelooflike storie van waagmoed en ondernemings gees, goed genoeg om
later die vaandel van "National Carrier" te kon dra.

Qantas weereens 'n lugbrug? Aangesien Qantas steeds die veiligste
lugredery ter wereld is met geen lugramp op sy rekord nie, kan ek nie
sien hoekom nie.

Vir die vlieg malles soos ek is Qantas se geskiedenis 'n
moet!http://www1.tpgi.com.au/users/lschostl/hostel/qantas.ht m

Alwyn - uit Perth
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25154 is 'n antwoord op boodskap #25103] Di, 03 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 03 Aug 1999 20:51:13 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|later gee jy 'n (gedeeltelike) antwoord. Waarom die vraag vra? Jy staar jou
|so blind in 'n tydskapsule waarvandaan jy ewige en absolute waarhede aflei.
|Indien mens jou logika gebruik kan die wit balkans nie goed regeer nie, indien
|jy midde-in die eerste en tweede wit stam-oorloë van hierdie eeu geleef het,
|het jy net verval gesien, né; en die wittes was, gedurende die inkwisisie, maar
|barbaars en stupid n�; en so kan mens aangaan. Hierdie magtige amerikaanse ryk
|mag in 'n paar honderd jaar in ruines lê soos die eens magtige Inkas.

Jy is heeltemaal reg - die stellings wat ek gemaak het, is tydgebonde, maar dit
is JY wat dit ewige en absolute waarhede noem, nie ek nie. Ek het die fout
gemaak om te aanvaar almal sal ruik ek bedoel dat ons hier praat van die huidige
twee/drie honderd jaar waarin ons ons bevind - my fout. Sorry!

| Om te sê
|dat swartmense nie kan regeer nie - bloot omdat hulle swart is - is rassisties

...nee, hier's jy al weer met die rassisme deurmekaar en ek het die term swart
net gebruik om 'n sekere groep mense te identifiseer. Ek het nie die kleur ooit
gegee as 'n rede waarom hulle nie kan regeer nie. Dit doen JY nou hierbo. Jy
sal sien dat ek in teendeel iewers anders hier gesê het dat ek dink swart
Afrikane slegs die verkeerde staatsbestel beet het en dat hulle onder 'n meer
eie bestel, 'n baie beter job van die regeer van die land sou maak - al is dit
dalk nie so baie prakties nie.

En moenie vir my sê dis rassisties om mense op grond van kleur te identifiseer
nie - jy doen dit self wanneer jy joeself as swart klassifiseer. Velkeleur is
'n harde werklikheid en hoef nie 'n negatiewe konotasie te hê as dit nie vir
vernedering gebruik word nie.

|en so eng soos om, midde-in die donker Europese eeue, te sê dat wittes maar dom
|is, geen begrip het van ekonomie en geleerdheid nie, en derhalwe nie kan regeer
|nie

wat jy hier sê is 100% waar, maar daar het vooruitgang gekom, as jy na die
positiewe sy van die lewe kyk. Maar ek dink ook nie dis nodig om sulke
negatiewe woorde soos dom te gebruik nie. Ek het nie gesê swart mense is dom
nie.

| (maar dan kerm jy en lou mos dat ek "alewig ras bysleep").

Dis seker maar jou reg om dit as 'n gekerm te sien, maar 'n beiteltjie sal seker
ook nooi skerper as hy net altyd op die slypwiel "hum" nie, né.
Re: Lugbrug na OZ..? [boodskap #25178 is 'n antwoord op boodskap #25103] Do, 05 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 03 Aug 1999 20:51:13 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>e...@dot.com (Johan)
|
|>Want julle gesprekke het waarskynlik niks met die
|>werklikheid te doen nie.
|
|Die werklikheid according to Johan. Nou daar is 'n nagmerrie.
|
En JY verkeer onder die indruk dat JY alleen die volle waarheid van
alles weet en kan beoordeel wie die waarheid weet en wie nie!?!?!?
Ek dink so 'n waan kan 'n erger nagmerrie word.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Met apologie aan ProPacem
Volgende onderwerp: Aan REISIGER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 16:07:49 MGT 2024