Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 2 posstukke vir die hele Sondag?
2 posstukke vir die hele Sondag? [boodskap #2486] So, 07 September 2003 18:39 na volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
hello - hello - hello ........ praat harder ek kan nie hoor nie!
Re: 2 posstukke vir die hele Sondag? [boodskap #2488 is 'n antwoord op boodskap #2486] So, 07 September 2003 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> hello - hello - hello ........ praat harder ek kan nie hoor nie!

Tobie, ek kan nie harder skree nie, jou oordromme sal bars..

Lorinda
Re: 2 posstukke vir die hele Sondag? [boodskap #2489 is 'n antwoord op boodskap #2488] Ma, 08 September 2003 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries  is tans af-lyn  Andries
Boodskappe: 97
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
hoe sê?

"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0309071428.35316350@posting.google.com...
> "Tobie" wrote in message news:...
>> hello - hello - hello ........ praat harder ek kan nie hoor nie!
>
> Tobie, ek kan nie harder skree nie, jou oordromme sal bars..
>
> Lorinda
Re: 2 posstukke vir die hele Sondag? [boodskap #2491 is 'n antwoord op boodskap #2486] Ma, 08 September 2003 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andries  is tans af-lyn  Andries
Boodskappe: 97
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
hoe se?

"Tobie" skryf in boodskap news:bjftvc$qsi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> hello - hello - hello ........ praat harder ek kan nie hoor nie!
>
2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2493 is 'n antwoord op boodskap #2488] Di, 09 September 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda weet jy wat. ek kyk nou net hier in my 'drafts' en sien daar lê 'n
brief wat ek nog nie klaar gemaak het nie. Dit is 'n antwoord op jou vraag oor
Kandas se pratery ens. Ek sal dit aan jou persoonlik stuur.
Dit was omtrent stil op die ng's dié naweek. Selfs op die 2 'parrot' groepe waar
ek ook kuier was daar omtrent niks op nie. een of twee verlore posstukke, dis
al. Selfs hier en op scsa, was daar maar min. Ek het baie wat ek blok, maar
hulle is meestal van scs-a. Anyways, hoe was jou naweek? Gaan jy ooit na Helston
in Cornwall? My niggie Ruth woon daar in 12, Thomas street Portleven.
Ek wonder wat van Strepies geword het? Nadat sy die berge / koppe besoek het
is sy skaars. DD, en Anneries sit seker onner'ie brug en kaart speel. Roelie is
seker besig om haar troeteldiere vet te voer :-) Ag nou ja, die somer is om die
draai, die temperature is reeds besig om te begin styg. Die Oos - Kaap se boere
is in die knyp na groot vure en droogte wat hulle diere se voeding verwoes het.
Met ons hier in die Suid - Kaap gaan dit goed, maar tog is die koringoeste
heelwat minder as verlede jaar. Baie groot ongeluk hier by Stilbaai se afdraai
gewees. 8 persone wat in die boubedryf is, is dood in die ongeluk. Die negende
een wat per vliegtuig Kaapstad toe gevlieg is, is later ook oorlede. Hier bo in
die hospitaal by ons lê daar nog 2 persone wat ook in die ongeluk was. 'n
BlikMetWiele bestuur deur 'n Gautenger was ook in die ongeluk betrokke.
Hulle moes baie vinnig gery het in die 90 kpu sone wat tussen Riversdal en
Stilbaai van toepassing is.
Hoe sê die "Arrive Alive" borde langs die N2 pad? "Speed kills" Nog steeds
kry jy mense wat amper 200 kpu ry op dié paaie. Hulle het in die afgelope week
'n bestuurder teen 190 kpu gevang. So 'n bestuurder moet hulle toesluit totdat
sy saak voorkom, want wat gaan hom stop om weer verder te ry teen daardie spoed.
groete vir eers.
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2494 is 'n antwoord op boodskap #2493] Di, 09 September 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bjl379$4v4$1@ctb-nnrp2.saix.net...

Ha Tobie,

> Roelie is
> seker besig om haar troeteldiere vet te voer :-) .

:-))
Ze hebben het zwaar gehad, de dieren hier, want ik ben maar weinig thuis
geweest afgelopen dagen. Terwijl ik mij zaterdag heb volgestopt met lekker
eten op een bruiloft, en mijzelf vetvoerde (straf die daarop staat is extra
sportschool), waren de dieren hier afhankelijk van de goedgunstigheid van de
kinderen. Maar alles leeft hier nog!
Zondag was ik vooral aan het msn'en met mijn broer die hier vlakbij woont
:-). En maandag ben ik ter gelegenheid van ons 26-jarig huwelijk met mijn
echtgenoot naar een tentoonstelling van schilderijen en tekeningen van Hans
Holbein de Jonge geweest. Lekker met de trein naar Den Haag, koffie op een
terras, schilderijen bewonderen (wat kon die man schilderen!), lunch in de
tuin van een restaurant (het was baie mooi weer), nog wat wandelen door de
stad (lang niet zo mooi als mijn eigen Amsterdam :-) ), beetje suffen in de
trein terug, eten koken en 's avonds naar mijn zangclubje en daarna naar het
café. Een topdag!
Dus daarom heb ik jullie verwaarloosd :-p


groeten van Roely
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2500 is 'n antwoord op boodskap #2494] Di, 09 September 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:bjl55h$kncdi$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
> :-))
> Ze hebben het zwaar gehad, de dieren hier, want ik ben maar weinig thuis
> geweest afgelopen dagen. Terwijl ik mij zaterdag heb volgestopt met lekker
> eten op een bruiloft, en mijzelf vetvoerde (straf die daarop staat is extra
> sportschool), waren de dieren hier afhankelijk van de goedgunstigheid van de
> kinderen. Maar alles leeft hier nog!
> Zondag was ik vooral aan het msn'en met mijn broer die hier vlakbij woont
> :-). En maandag ben ik ter gelegenheid van ons 26-jarig huwelijk met mijn
> echtgenoot naar een tentoonstelling van schilderijen en tekeningen van Hans
> Holbein de Jonge geweest. Lekker met de trein naar Den Haag, koffie op een
> terras, schilderijen bewonderen (wat kon die man schilderen!), lunch in de
> tuin van een restaurant (het was baie mooi weer), nog wat wandelen door de
> stad (lang niet zo mooi als mijn eigen Amsterdam :-) ), beetje suffen in de
> trein terug, eten koken en 's avonds naar mijn zangclubje en daarna naar het
> café. Een topdag!
> Dus daarom heb ik jullie verwaarloosd :-p
>
>

Roely! Ek is bly jy is terug, ek dog jou kinders het weer die rekenaar
oorgeneem!
Hoe lank gaan die Holbein die Jongere se uitstalling duur? Ek sou dit nogal
graag wou sien.
Baie geluk met die huweliksherdenking van 26 jaar. Dit klink inderdaad na 'n
baie lekker dag, maar 'n huweliksherdenking van 26 jaar moet natuurlik
behoorlik gevier word.. So, weereens baie geluk, en ons klink 'n glas op die
volgende 26 jaar!

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2501 is 'n antwoord op boodskap #2493] Di, 09 September 2003 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bjl379$4v4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Lorinda weet jy wat. ek kyk nou net hier in my 'drafts' en sien daar lê 'n
> brief wat ek nog nie klaar gemaak het nie. Dit is 'n antwoord op jou vraag oor
> Kandas se pratery ens. Ek sal dit aan jou persoonlik stuur.

Baie dankie Tobie, stuur dit asseblief maar dink ook daaraan om dit op die
nuusgroep te sit, jy skryf so mooi daaroor ek is seker almal sal dit wil
lees.


> Dit was omtrent stil op die ng's dié naweek. Selfs op die 2 'parrot' groepe waar
> ek ook kuier was daar omtrent niks op nie. een of twee verlore posstukke, dis
> al. Selfs hier en op scsa, was daar maar min. Ek het baie wat ek blok, maar
> hulle is meestal van scs-a. Anyways, hoe was jou naweek? Gaan jy ooit na Helston
> in Cornwall? My niggie Ruth woon daar in 12, Thomas street Portleven.

Ek was Vrydagaand teater toe om Anthony Sher se nuwe toneelstuk te sien
(I.D.) oor die dood van Verwoerd. Sher was Tsafendas en Marius Weyers was
Verwoerd. Die stuk is baie goed ontvang hier en ek dink dit het 'n goeie
kans om West End toe te gaan. Marius Weyers het baie maer geword; ek het hom
so twee jaar gelede hier in 'n Fugard stuk gesien, en dit is asof hy heelwat
gekrimp het die laaste paar jaar! Ek was Saterdag en Sondag in Brighton,
waar ek gaste gehad het so dis waarom ek ook redelik stil was. Nie so stil
soos DD nie, maar stillerig :-)) Ek was al in Cornwall, dis baie interessant
en daar is baie mooi plekke. Het jy al by jou niggie kom kuier?

Ek dink Katryn het een of ander verandering ondergaan in die berge, ons sal
moet uitvind wat daar gebeur het:-)) Dalk kan ons subtiel vrae
vra........:-)) Die "ons" is nou eintlik julle, want ek is nie baie subtiel
nie...:-) Oor Andries en DD, wel ons het Andries se alibi hier iewers
gelees, nou sal ons net moet uitvind wat hy bedoel as hy sê hy gaan "plaas"
toe vir die naweek...

> Baie groot ongeluk hier by Stilbaai se afdraai
> gewees. 8 persone wat in die boubedryf is, is dood in die ongeluk. Die negende
> een wat per vliegtuig Kaapstad toe gevlieg is, is later ook oorlede. Hier bo in
> die hospitaal by ons lê daar nog 2 persone wat ook in die ongeluk was. 'n
> BlikMetWiele bestuur deur 'n Gautenger was ook in die ongeluk betrokke.
> Hulle moes baie vinnig gery het in die 90 kpu sone wat tussen Riversdal en
> Stilbaai van toepassing is.

Ag dis 'n groot jammerte oor al die mense wat beseer is. Wat is 'n
"BlikMetWiele"?
Baie motorongelukke is heeltemaal onnodig. Ek besit nie 'n motor hier nie,
ek kom heeltemaal goed reg op public transport. Baie mense hier kla vreeslik
oor die treine, busse ens. maar ek dink die diens is voldoende. Dis nie so
goed soos in sommige van die ander Europese lande nie, maar nog steeds 'n
goeie opsie. Daar is natuurlik ook trein ongelukke, maar dis maar 'n klein
risiko in vergelyking met die getalle wat elke jaar op die paaie sterf.


Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2502 is 'n antwoord op boodskap #2500] Wo, 10 September 2003 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f5e4e02$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Roely" wrote in message
> news:bjl55h$kncdi$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
>> :-). En maandag ben ik ter gelegenheid van ons 26-jarig huwelijk met mijn
>> echtgenoot naar een tentoonstelling van schilderijen en tekeningen van
> Hans
>> Holbein de Jonge geweest. Lekker met de trein naar Den Haag, koffie op een
>> terras, schilderijen bewonderen (wat kon die man schilderen!),>
Roely! Ek is bly jy is terug, ek dog jou kinders het weer die rekenaar
> oorgeneem!

Ha Lorinda! Ze doen wel hun best om op slinkse wijze de hun toegestane tijd
op de pc te overschrijden...:-)

> Hoe lank gaan die Holbein die Jongere se uitstalling duur? Ek sou dit nogal
> graag wou sien.

De tentoonstelling duurt tot medio november 2003. Kijk hier maar even:
http://www.mauritshuis.nl/.

> Baie geluk met die huweliksherdenking van 26 jaar. Dit klink inderdaad na 'n
> baie lekker dag, maar 'n huweliksherdenking van 26 jaar moet natuurlik
> behoorlik gevier word.. So, weereens baie geluk, en ons klink 'n glas op die
> volgende 26 jaar!

Dankie Lorinda vir die goeie wense! Oor 26 jaar is ek 74 jaar oud , so dat
is seker moontlik :-) . En my man is nog een bietjie jonger! (Mannen worden
doorgaans niet zo oud, dus daarom heb ik een jongere getrouwd :-). Sommige
vrouwen doen dat nou net andersom :-)))

Roely
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2506 is 'n antwoord op boodskap #2502] Wo, 10 September 2003 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:bjmneu$jovlb$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...

> Roely! Ek is bly jy is terug, ek dog jou kinders het weer die rekenaar
>> oorgeneem!
>
> Ha Lorinda! Ze doen wel hun best om op slinkse wijze de hun toegestane tijd
> op de pc te overschrijden...:-)

Sleep hulle weg! Sê hulle moet hulle huiswerk gaan doen....:-))


>
> De tentoonstelling duurt tot medio november 2003. Kijk hier maar even:
> http://www.mauritshuis.nl/.

Baie dankie.

> (Mannen worden
> doorgaans niet zo oud, dus daarom heb ik een jongere getrouwd :-). Sommige
> vrouwen doen dat nou net andersom :-)))
>

Ja, maar hulle sal nie maklik 'n 52 jarige huweliksherdenking hê nie!

Lorinda
Re: 2 posstukke vir dinsdag ook!!! [boodskap #2508 is 'n antwoord op boodskap #2506] Do, 11 September 2003 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f5f9505$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Roely" wrote in message
> news:bjmneu$jovlb$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
>
>> Roely! Ek is bly jy is terug, ek dog jou kinders het weer die rekenaar
>>> oorgeneem!
>>
>> Ha Lorinda! Ze doen wel hun best om op slinkse wijze de hun toegestane tijd
>> op de pc te overschrijden...:-)
>
> Sleep hulle weg! Sê hulle moet hulle huiswerk gaan doen....:-))

Kom jij dat alsjeblieft hier zeggen :-)

>> (Mannen worden
>> doorgaans niet zo oud, dus daarom heb ik een jongere getrouwd :-). Sommige
>> vrouwen doen dat nou net andersom :-)))
>>
>
> Ja, maar hulle sal nie maklik 'n 52 jarige huweliksherdenking hê nie!

Ze hebben wel langer profijt van de erfenis ....


Roely
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2509 is 'n antwoord op boodskap #2506] Do, 11 September 2003 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
:-)
---
"Lorinda"
: Ja, maar hulle sal nie maklik 'n 52 jarige huweliksherdenking hê nie!
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2510 is 'n antwoord op boodskap #2502] Do, 11 September 2003 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Roely, ja, baie geluk met die herdenking van die troudag, mag daar vele
gelukkige jare nog wees. Ek sal nie sê "Innige meegevoel nie" ek ken jou nog nie
goed genoeg nie ... heheheh :-)
---

"Roely" skryf in boodskap news:bjmneu$jovlb$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
:
: "Lorinda" wrote in message news:3f5e4e02$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
: >
: > "Roely" wrote in message
: > news:bjl55h$kncdi$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
: > > :-). En maandag ben ik ter gelegenheid van ons 26-jarig huwelijk met mijn
: > > echtgenoot naar een tentoonstelling van schilderijen en tekeningen van Hans
: > > Holbein de Jonge geweest. Lekker met de trein naar Den Haag, koffie op een
: > > terras, schilderijen bewonderen (wat kon die man schilderen!),
: > Roely! Ek is bly jy is terug, ek dog jou kinders het weer die rekenaar
: > oorgeneem!
:
: Ha Lorinda! Ze doen wel hun best om op slinkse wijze de hun toegestane tijd
: op de pc te overschrijden...:-)
:
: > Hoe lank gaan die Holbein die Jongere se uitstalling duur? Ek sou dit nogal
: > graag wou sien.
:
: De tentoonstelling duurt tot medio november 2003. Kijk hier maar even:
: http://www.mauritshuis.nl/.
:
: > Baie geluk met die huweliksherdenking van 26 jaar. Dit klink inderdaad na 'n
: > baie lekker dag, maar 'n huweliksherdenking van 26 jaar moet natuurlik
: > behoorlik gevier word.. So, weereens baie geluk, en ons klink 'n glas op die
: > volgende 26 jaar!
:
: Dankie Lorinda vir die goeie wense! Oor 26 jaar is ek 74 jaar oud , so dat
: is seker moontlik :-) . En my man is nog een bietjie jonger! (Mannen worden
: doorgaans niet zo oud, dus daarom heb ik een jongere getrouwd :-). Sommige
: vrouwen doen dat nou net andersom :-)))
:
: Roely
:
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2511 is 'n antwoord op boodskap #2501] Sa, 13 September 2003 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
. Het jy al by jou niggie kom kuier?
---
nee jong, was nog nooit daar nie, maar wel toe sy nog in Lee Green ( SE 12) naby
Lewisham gebly het, ja, daar gejol in
1970 en so bietjie gekuier in die County of Somerset, naby Taunton oppie kus.
'n Plek met die naam West Quantox Head
:
: Ek dink Katryn het een of ander verandering ondergaan in die berge, ons sal
: moet uitvind wat daar gebeur het:-))
---
hmmm..... 'n oordosis vars lug en bietjie 'sounds of music' innie berge.
---
Dalk kan ons subtiel vrae
: vra........:-)) Die "ons" is nou eintlik julle, want ek is nie baie subtiel
: nie...:-) Oor Andries en DD, wel ons het Andries se alibi hier iewers
: gelees, nou sal ons net moet uitvind wat hy bedoel as hy sê hy gaan "plaas"
: toe vir die naweek...
---
dit kan wees dat hy naweekstraf uitdien of gemeenskapsdiens doen êrens op 'n
plaas :-)
---
: Ag dis 'n groot jammerte oor al die mense wat beseer is. Wat is 'n
: "BlikMetWiele"?
---
BMW
---
: Baie motorongelukke is heeltemaal onnodig. Ek besit nie 'n motor hier nie,
: ek kom heeltemaal goed reg op public transport.
---
Ja die moltreinstelsel is baie goed, ek het by Travalger op geklim en binne 2
minute was ek in Piccadilli Circus ;-)
---
Ek het gereeld saam met my niggie destyds rondgery en sy het 'n Austin Mini
gehad, sy't die senter van London redelik goed geken. Is die Londonaars nog
sulke vriendelike mense wat jou uitnooi om uit die systraat uit te kom in die
hoofstroom in?
Dan het ek ook gaan kuier by die Dr Porfumo se kasteel. Christine Keeler was nie
daar om my te ontvang vir tee nie. In Cambridge het ek gaan vrugte aflaai
met 'n vriend wat bananas vervoer het. Ook in Oxford 'n draai gemaak.
het vir my 'n das loop koop, net om te sê ek was "op" Oxford.
"How now brown cow' :-) Dan het ook in Earls Court 'n
draai gemaak toe die koerante die foto geplaas het van die eerste 'topless'
meisie by die 'motorshow'. Ek moes haar 'chassis' gaan inspekteur.
Natuurlik ook by die South African Club gekuier. Daar
het ek Engelsprekende mense gehoor Afrikaans praat dat my ore seer gekry het,
net om almal te laat verstaan dat hulle vanaf RSA was. In RSA sal jy hulle
natuurlik nie kry dat hulle een woord in Afrikaans sal uiter nie. :-( Dan
ander sondige goed aangevang wat ek nie wil onthou nie.
---
Dis te stil op die ng, wat's aan die gang? Ek sien Katriena is redelik besig op
scsa ....... picking fights, as per usual ..... heheh :-)
Maar wat het van broer DD geword? Andries is stil, maar nou ja, die jong mense
kuier seker maar swaar hier by die ou toppies.
---
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2512 is 'n antwoord op boodskap #2511] Sa, 13 September 2003 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> "Lorinda"
> . Het jy al by jou niggie kom kuier?
> ---
> nee jong, was nog nooit daar nie, maar wel toe sy nog in Lee Green ( SE 12) naby
> Lewisham gebly het, ja, daar gejol in
> 1970

Is dit dan nie tyd dat jy terugkeer na die "scene of the crime" nie? :-))

Lorinda
Re: 2 posstukke vir dinsdag ook!!! [boodskap #2513 is 'n antwoord op boodskap #2508] Sa, 13 September 2003 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
>>
>> Ja, maar hulle sal nie maklik 'n 52 jarige huweliksherdenking hê nie!
>
> Ze hebben wel langer profijt van de erfenis ....
>

:-))) Dis ook weer waar, daarom sal jy maar moet toesien dat hy jou
daarvoor vergoed deur op jou te spandeer gedurende die huwelik..:-)

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2515 is 'n antwoord op boodskap #2511] Sa, 13 September 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> :
> : Ek dink Katryn het een of ander verandering ondergaan in die berge, ons sal
> : moet uitvind wat daar gebeur het:-))
> ---
> hmmm..... 'n oordosis vars lug en bietjie 'sounds of music' innie berge.
> ---

Ek is glad nie lief vir musicals nie, en as ek dit nie mis het nie
Katryn ook nie. Ons het een keer gepraat daaroor dat een van die min
waarvan ons hou "THe Rocky Horror Picture Show" was... So as ons nou
aan "Sound of Music" dink gesing deur Meatloaf, en as daar mense in
fishnet stockings rondgedans het in daai fort in die berge, dan is dit
dalk net moontlik....:-)


> : Ag dis 'n groot jammerte oor al die mense wat beseer is. Wat is 'n
> : "BlikMetWiele"?
> ---
> BMW
> ---

Hmm. Dit was nou baie dof van my....


Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2516 is 'n antwoord op boodskap #2511] Sa, 13 September 2003 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> Dan het ook in Earls Court 'n
> draai gemaak toe die koerante die foto geplaas het van die eerste 'topless'
> meisie by die 'motorshow'. Ek moes haar 'chassis' gaan inspekteur.

Het jy 'n foto van hierdie historiese gebeurtenis? :-)


> Natuurlik ook by die South African Club gekuier. Daar
> het ek Engelsprekende mense gehoor Afrikaans praat dat my ore seer gekry het,
> net om almal te laat verstaan dat hulle vanaf RSA was. In RSA sal jy hulle
> natuurlik nie kry dat hulle een woord in Afrikaans sal uiter nie. :-( Dan
> ander sondige goed aangevang wat ek nie wil onthou nie.
> ---

Dit klink asof jy darem heelwat van Engeland gesien het terwyl jy hier
was. En of dit alles die moeite werd as herhinneringe, selfs die wat
jy onderdruk...:-)


> Dis te stil op die ng, wat's aan die gang? Ek sien Katriena is redelik besig op
> scsa ....... picking fights, as per usual ..... heheh :-)
> Maar wat het van broer DD geword? Andries is stil, maar nou ja, die jong mense
> kuier seker maar swaar hier by die ou toppies.
> ---

Dit gaan mos maar in cycles, partykeer word dit maar so stil. Ek dink
DD is in Durban, hy het mos gesê hy moet soontoe oor die probleme met
huurders daar (wat nou blykbaar opgelos is), maar daar is seker
heelwat om te doen..


Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2517 is 'n antwoord op boodskap #2515] Sa, 13 September 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek is glad nie lief vir musicals nie, en as ek dit nie mis het nie
> Katryn ook nie. Ons het een keer gepraat daaroor dat een van die min
> waarvan ons hou "THe Rocky Horror Picture Show" was... So as ons nou
> aan "Sound of Music" dink gesing deur Meatloaf, en as daar mense in
> fishnet stockings rondgedans het in daai fort in die berge, dan is dit
> dalk net moontlik....:-)

LOL!!! Ai, Lorinda - jy is goed - BAIE goed!!! :-)))
Dink jy Custer was dalk 'n crossdresser? Of was dit dalk Chief
Sitting Bull?
Ze plot thickens....ons gaan nog geskiedenis herskryf - die keer met
die WAARHEID!!!
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2518 is 'n antwoord op boodskap #2512] So, 14 September 2003 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Is dit dan nie tyd dat jy terugkeer na die "scene of the crime" nie? :-))
---
Ag nee wat, ek sal 'old England' onthou soos dit was. Vandag is daar baie 'rules
and regulations' om in te kan inkom, in die 70's was 'n visa nie eers nodig nie.
Enock Powell het daardie tyd sy 'speech' gemaak en gesê
dat Engeland moet strenger maatreels toepas op die inbeweeg van mense. Almal het
geweet hy sinspeel op die Pakistanis. Hy was toe uitgekryt as 'n rassis, ens.
ens. Vandag sien ek dat daar sommer streng maatreels is vir mense wat die land
inkom. Pakistan was soos die RSA destyds en dit was nie nodig vir hulle of ander
'Commonwealth' lande om visas te hê om in te kom nie. So op die ou einde het
hulle toe gedoen wat Powell gesê het. :-)
---
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2519 is 'n antwoord op boodskap #2516] So, 14 September 2003 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: >Dan het ook in Earls Court 'n
: > draai gemaak toe die koerante die foto geplaas het van die eerste 'topless'
: > meisie by die 'motorshow'. Ek moes haar 'chassis' gaan inspekteur.
:
: Het jy 'n foto van hierdie historiese gebeurtenis? :-)
---
Haar 'chassis' het maar dieselfde gelyk as die ander wat ek al in my lewe gesien
het, niks besonders om dit af te geneem het nie. Ek wonder hoe haar 'chassis'
nou na 33 jaar lyk? .... heheh :-)
Nee jong, wat ek wel het is die demonstrasies op Travalger Square waar die ANC
en al hulle ondersteuners betoog het. Ek het gewonder of ek dit nie moet verkoop
aan hulle nie. Alles op Super 8 'movie' film.
---
: Dit klink asof jy darem heelwat van Engeland gesien het terwyl jy hier was. En
of dit alles die moeite werd as herhinneringe, selfs die wat jy onderdruk...:-)
---
Ek sou baie graag meer wou sien maar, ag my geld het op geraak en toe moes ek
terugkom. :-( Ek was nie bereid om 'casual labour' te doen nie. Alhoewel ek 10
pond vir die dag sou verdien het. Ek het na Engeland met die hotelskip SA Vaal
geseil en terug gekom met die TV Fairstar, 'n Italiaanse hotelskip. Daar was
omtrent net Aussies op, waarvan 2 derdes meisies was ..... heheheh.
Ek wou nog altyd Os toe gaan. Ek het elk geval my toe gerus vir die toekoms en
gekwalifiseer as passer en draaier. Daarna het ek getrou en 'the rest is
history' :-)
---
: Dit gaan mos maar in cycles, partykeer word dit maar so stil. Ek dink
: DD is in Durban, hy het mos gesê hy moet soontoe oor die probleme met
: huurders daar (wat nou blykbaar opgelos is), maar daar is seker
: heelwat om te doen..
---
Dis waar, dit kom en gaan, ja hy het iets gepraat van sy huurders, kannie glo
dat jy nie jou huurder kan uitgooi as hy nie uit is na 'n maand kennis nie :-(
---
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2520 is 'n antwoord op boodskap #2517] So, 14 September 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Dink jy Custer was dalk 'n crossdresser? Of was dit dalk Chief
> Sitting Bull?
> Ze plot thickens....ons gaan nog geskiedenis herskryf - die keer met
> die WAARHEID!!!

Katryn, ek dink ons het 'n "hit"!! Dit sal vir jare in die West End
speel, "Custer's last band" :-)

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2521 is 'n antwoord op boodskap #2517] So, 14 September 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Dink jy Custer was dalk 'n crossdresser? Of was dit dalk Chief
> Sitting Bull?
> Ze plot thickens....ons gaan nog geskiedenis herskryf - die keer met
> die WAARHEID!!!

Katryn, ek dink ons het 'n "hit"!! Dit sal vir jare in die West End
speel, "Custer's last band" :-)

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2522 is 'n antwoord op boodskap #2518] So, 14 September 2003 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> So op die ou einde het
> hulle toe gedoen wat Powell gesê het. :-)
> ---

Maar daar het darem niks van die "rivers of blood" deel van sy speech gekom nie...


Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2523 is 'n antwoord op boodskap #2519] So, 14 September 2003 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> Ek het na Engeland met die hotelskip SA Vaal
> geseil en terug gekom met die TV Fairstar, 'n Italiaanse hotelskip. Daar was
> omtrent net Aussies op, waarvan 2 derdes meisies was ..... heheheh.

Wat was die skip se uiteindelike bestemming? As dit Oz was moes jy
dalk nie afgeklim het nie :-)

> Ek wou nog altyd Os toe gaan. Ek het elk geval my toe gerus vir die toekoms en
> gekwalifiseer as passer en draaier. Daarna het ek getrou en 'the rest is
> history' :-)
> ---

Dis nooit te laat nie!

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2526 is 'n antwoord op boodskap #2510] Ma, 15 September 2003 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bjqfnn$3mt$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Roely, ja, baie geluk met die herdenking van die troudag, mag daar vele
> gelukkige jare nog wees. Ek sal nie sê "Innige meegevoel nie" ek ken jou nog nie
> goed genoeg nie ... heheheh :-)
> ---

Tobie hoe lank is jy al getroud? Dalk het jy al gesê maar ek kan nie onthou
nie...

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2527 is 'n antwoord op boodskap #2522] Ma, 15 September 2003 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
nog nie .................
---
"Lorinda"
: Maar daar het darem niks van die "rivers of blood" deel van sy speech gekom
nie...
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2528 is 'n antwoord op boodskap #2523] Ma, 15 September 2003 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
hmmmm .... meskien moes ek maar ge - 'stowaway het ná :-)
---
"Lorinda"
:
: Dis nooit te laat nie!
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2529 is 'n antwoord op boodskap #2526] Ma, 15 September 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
30 jaar :-)
---
"Lorinda"
: Tobie hoe lank is jy al getroud?
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2530 is 'n antwoord op boodskap #2522] Di, 16 September 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Maar daar het darem niks van die "rivers of blood" deel van sy speech gekom
nie...
---
maar vertel my bietjie van daardie gedeelte van sy 'speech'.
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2532 is 'n antwoord op boodskap #2528] Di, 16 September 2003 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bk4tdc$6u5$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> hmmmm .... meskien moes ek maar ge - 'stowaway het ná :-)
> ---

Maar jy kan mos nog steeds Os toe gaan as jy wil? Ek is seker daar is ook
gaaie daar..:-)

Lorinda
Re: 4 posstukke vandag [boodskap #2534 is 'n antwoord op boodskap #2532] Wo, 17 September 2003 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" : Maar jy kan mos nog steeds Os toe gaan as jy wil? Ek is seker daar
is ook
: gaaie daar..:-)
---
wat praat jy nou, die mooiste gaaie kry jy in Os. Al daardie pragtige
verskillende tipe Cockatoos, hmmmm, I can only but dream. Die Black cocky
verkoop in RSA vir om en by R40000 elk Die Leadbeater wil ek nie eers van praat
nie. Dis 'n papegaai paradys daar. As daar so 'n paar honderd Galas vlieg is
hulle 'n pink wolk en soos hulle dan draai is hulle weer wit. Hulle vernietig 'n
mielie of koring land baie gou. Hulle verkoop so R8000 'n paar in RSA. Die boere
daar vergif hulle as hul plaaslike regering instem. Die beste van alles is dat
hulle nie die gaaie mag uitvoer nie. Dis net so goed ons regering sê ons mag nie
mossies uitvoer nie.

hmmmm ek wonder of Elna my sal laat gaan .... nee wag, meskien wil sy onslae
raak van my en sê dan ja :-)
---
Re: 4 posstukke vandag [boodskap #2535 is 'n antwoord op boodskap #2534] Do, 18 September 2003 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bkcp4o$aj6$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> hmmmm ek wonder of Elna my sal laat gaan .... nee wag, meskien wil sy onslae
> raak van my en sê dan ja :-)
> ---
>

Maar sy kan mos saam met jou gaan?!

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2536 is 'n antwoord op boodskap #2530] Do, 18 September 2003 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bkaaeq$bcf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Lorinda"
> : Maar daar het darem niks van die "rivers of blood" deel van sy speech gekom
> nie...
> ---
> maar vertel my bietjie van daardie gedeelte van sy 'speech'.
>

Hy het gesê as die mense van die Indiese sub-kontinent (Indiers, Pakistanis,
ens) toegleaat sou word om hier te bly, en nie terug gestuur word nie, sal
daar uiteindelik riviere van bloed wees. Maar die teenoorgestelde geld op
die oomblik, daar is natuurlik uistonderings, maar mense word oor die
algemeen meer verdraagsaam.

Lorinda
Re: 2 posstukke vir Maandag ook!!! [boodskap #2537 is 'n antwoord op boodskap #2536] Vr, 19 September 2003 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
daaroor is ek bly :-)
---
"Lorinda"
maar mense word oor die
: algemeen meer verdraagsaam.
Re: 2 posstukke vandag [boodskap #2538 is 'n antwoord op boodskap #2535] Vr, 19 September 2003 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
en wie gaan dan na my gaaie kyk? ;-)
---
"Lorinda"
: Maar sy kan mos saam met jou gaan?!
Re: 2 posstukke vandag [boodskap #2541 is 'n antwoord op boodskap #2538] Sa, 20 September 2003 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> en wie gaan dan na my gaaie kyk? ;-)
> ---

Iemand anders! Een of ander gaai persoon... Jy ken mos baie ander
mense wat gaaie aanhou?

Lorinda
Re: posstuk vir vandag [boodskap #2542 is 'n antwoord op boodskap #2541] So, 21 September 2003 06:24 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Iemand anders! Een of ander gaai persoon... Jy ken mos baie ander
: mense wat gaaie aanhou?
---
Môre Lorinda (08:04)
Ja ek ken sommer baie hier in my dorp want baie vra dat ek na hulle gaai moet
kom kyk, of vra raad oor een of ander ding, ek kyk na party mense se gaaie
wanneer hulle op verlof gaan ens ens.
Ek moet egter nog 'n papegaai eienaar ontmoet vir wie ek my voëls sal gee om na
te kyk. Sal jy jou 2 kinders vir aan iemand gee om na te kyk wat een maal in 'n
dag skoon water gee, as hulle onthou. Sal jy jou kinders gee aan iemand wat jou
kinders 'n bak vol lekkers (sonneblom) gee om te eet eenmaal 'n dag. Sal jy
iemand vra om na jou kinders te kyk wat meskien die 'poofs' eenmaal in 'n dag
verwyder, as dit onthou word. Sal jy jou kinders aan iemand gee wat hulle
toesluit in 'n kamer en nooit laat uitkom vir interaksie nie. Jy sien al die
dinge wat die papegaai sou gehad het in die natuur word hom ontneem en jy as sy
eienaar moet so ver as moontlik daardie dinge probeer regstel. Jy sal nooit 100%
daarin slaag nie, maar ek probeer.
Ek dink nie ek het hierdie volgende al ooit op 'n nuusgroep gesit nie, maar het
dit gekry. Op www.nlpr.co.uk word die vrou genoem wat hierdie Ten Commandments
van die gaaie geskryf het.
---
Ten Commandments of Parrot Ownership
- From a parrot's point of view! -

My life is likely to last 10 or more years. Any separation from you will be
painful to me. Remember that before you take me home.
Give me time to understand what you want of me.
Place your trust in me - it's crucial to my well being.
Don't be angry with me for long, and don't lock me up as punishment. You have
your work, your entertainment, and your friends. I have only you.
Talk to me sometimes. Even if I don't understand your words, I do understand
your voice when it's speaking to me.
Be aware that however you treat me, I'll never forget it. Remember before
you hit me that I have a beak that could easily crush the bones of your hand,
but that I choose not to bite you.
Before you scold me for being uncooperative, obstinate, or lazy, ask
yourself if something might be bothering me. Perhaps I'm not getting the right
food, or I've been in the cage too long.
Take care of me when I get old; you too will get old.
Go with me on the last journey. Never say "I can't bear to watch it," or "Let
it happen in my absence." Everything is easier for me if you are there.
Remember that I love you.
---
Vorige onderwerp: Storm Isabel al?
Volgende onderwerp: Herfst
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:59:54 MGT 2024